# Accounting Grade 12 P2 NSC June 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2022-qp-afr/407fcd07-df18-4f47-8172-8346e288203d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P2 NSC June 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2022-qp-afr/407fcd07-df18-4f47-8172-8346e288203d)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 REKENINGKUNDE V2

                                          2022

                                                                         PUNTE: 150

                                                                          TYD: 2 uur

                           Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye,
                      'n formuleblad en 'n 10 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                              2                                    DBE/2022
                                           SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
         beantwoord.

3.       Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

4.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.       Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
         beantwoord.

6.       Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

7.       Indien jy dit verkies, mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat
         aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van
         hierdie formuleblad is NIE verpligtend NIE.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

9.       Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
         beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

       VRAAG                       ONDERWERP                     PUNTE        MINUTE

           1          BTW en Krediteureversoening                   30            20

           2          Kosterekeningkunde                            45            35

           3          Voorraadwaardasie                             35            30

           4          Begrotings                                    40            35

     TOTAAL                                                         150          120

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                 3                                    DBE/2022
                                              SS/NSS

VRAAG 1: BTW EN KREDITEUREVERSOENING                                  (30 punte; 20 minute)

1.1     BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE (BTW)

        Chuckle Handelaars is vir BTW geregistreer, alhoewel die jaarlikse omset
        minder as R1 000 000 is. Die standaard BTW-koers is 15%. Die onderneming
        word deur Chuckles Berry besit.

        GEVRA:

        1.1.1      Gee EEN rede waarom Chuckles besluit het om vir BTW te registreer.               (2)

        1.1.2      Bereken die bedrag BTW wat vir die tweemaandetydperk geëindig
                   30 April 2022 aan SAID betaalbaar is.                                            (9)

        1.1.3      Chuckles gebruik die geld wat vir BTW ingevorder word, om
                   besigheidsuitgawes te betaal. Hy het nie voldoende kontant om die
                   BTW-betalings op die betaaldatum te betaal nie. Wat sal jy aan
                   Chuckles sê? Noem TWEE verskillende/aparte punte.                                (2)

        INLIGTING:

        BTW-verwante transaksies vir die tydperk geëindig 30 April 2022:

         Saldo op 1 April 2022 deur SAID verskuldig                                   R2 600
         Aankope van handelsvoorraad (BTW uitgesluit)                                 59 000
         Kontant- en kredietverkope (BTW ingesluit)                                   87 400
         BTW op onttrekkings van handelsvoorraad deur Chuckles                         1 200
         BTW op terugsendings deur debiteure                                           2 820
         BTW op korting van verskaffers ontvang                                        3 360

1.2     KREDITEUREVERSOENING

        Mani Supermark word deur Mani Bloom besit. Die onderneming koop goedere
        op krediet by Lawes Groothandelaars.

        GEVRA:

        1.2.1      Gebruik die tabel wat in die ANTWOORDEBOEK verskaf is om
                   veranderinge te toon aan die Krediteuregrootboekrekening van
                   Lawes Groothandelaars in die boeke van Mani Supermark en die
                   rekeningstaat ontvang van Lawes Groothandelaars om die verskille wat
                   geïdentifiseer is, in berekening te bring.
                                                                                                    (13)
                   Dui 'n '+' of '–' langs elke bedrag aan.

        1.2.2      Mani voel dat die krediteureklerk nie doeltreffend is in die uitvoering van
                   haar pligte nie.

                      Verskaf bewyse om sy mening te staaf. Gee EEN punt.                          (2)

                      Verduidelik hoe hy hierdie probleem kan oplos.                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                    4                                    DBE/2022
                                                 SS/NSS

        INLIGTING:

        A.             KREDITEUREGROOTBOEK VAN MANI SUPERMARK
                               LAWES GROOTHANDELAARS (KG6)
                                                DEBIET KREDIET                         SALDO
                DATUM     BESONDERHEDE
                                                  R         R                            R
               2022  1 Saldo                                                            41 200
               April 3 Faktuur 3381                         7 800                       49 000
                     8 Debietnota 149                         640                       49 640
                     15 Faktuur BB55                       11 400                       61 040
                     18 Faktuur 3886                       12 800                       73 840
                     24 EFO 425                  14 620                                 59 220
                        Korting ontvang           1 250                                 57 970
                     29 Faktuur 4 243                       9 900                       67 870

        B.   Rekeningstaat van Lawes Groothandelaars ontvang:

                                    LAWES GROOTHANDELAARS
                                           REKENINGSTAAT
               Aan: MANI Supermarket                Kredietlimiet: R45 000
                                                    Rekeningstaatdatum: 26 April 2022
                                                       DEBIET KREDIET        SALDO
                DATUM     BESONDERHEDE
                                                          R            R        R
               2022 28 Saldo                      a/d                         56 200
               Mrt.  30 Kwitansie 376                                 15 000  41 200
                        Kredietnota A11                                  750  40 450
                        Straf vir laat betaling              580              41 030
                        Straf vir laat betaling              580              41 610
               2022  3 Faktuur 3381                       8 700               50 310
               April 9 Kredietnota A32                                   640  49 670
                     18 Faktuur 3886                     14 720               64 390
                     24 Kwitansie 667                                 14 620  49 770
                     25 Kredietnota A88                                3 180  46 590
                                                                                                  ste
               Bepalings: 30 dae. 10%-korting word toegestaan vir betalings ontvang voor die 20
               van elke maand.

               Straf is op agterstallige saldo's van toepassing.

                      + 90 dae               60 dae                30 dae          Lopend
                      R4 380                 R7 050                R14 400        R20 760

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                5                                    DBE/2022
                                             SS/NSS

        C.   'n Vergelyking van die rekeningstaat ontvang van Lawes Groothandelaars
             met die Krediteuregrootboekrekening het die volgende verskille getoon:

             (i)       'n Afslag van R750 vir goedere van minderwaardige gehalte
                       gedurende Maart 2022 ontvang, is aan Mani Supermark toegestaan.
                       Hierdie transaksie is nie deur die boekhouer van Mani Supermark
                       geboekstaaf nie.

             (ii)      Lawes Groothandelaars het per abuis die straf vir laat betaling twee
                       keer op 30 Maart 2022 geboekstaaf. Hulle sal dit op die volgende
                       rekeningstaat regstel.

             (iii)     Die bedrag van Faktuur 3381 op 3 April 2022 is korrek in die
                       Krediteuregrootboekrekening geboekstaaf.

             (iv)      'n Foutiewe inskrywing vir die terugsendings op 8 April 2022 is
                       ontdek.

             (v)       Faktuur BB55 in die Krediteuregrootboekrekening is vir goedere
                       aangekoop by 'n ander verskaffer, Wes Verskaffers.

             (vi)      Faktuur 3886 op die rekeningstaat sluit BTW teen 15% in. Al die
                       goedere op hierdie faktuur was nulkoersprodukte. Lawes
                       Groothandelaars sal dit op die volgende rekeningstaat regstel

             (vii)     Die boekhouer van Mani Supermark het 'n 10%-korting met die
                       betaling van EFO 425 geboekstaaf. Lawes Groothandelaars het
                       aangedui dat hierdie korting nie goedgekeur is nie.

             (viii)    Kredietnota A88 op die rekeningstaat ontvang, het nie op
                       Mani Supermark betrekking nie. Dit sal op die volgende
                       rekeningstaat reggestel word.

             (ix)      Die rekeningstaat word op die 26ste van elke maand ontvang.

                                                                                                 30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                   6                                    DBE/2022
                                                SS/NSS

VRAAG 2: KOSTEREKENINGKUNDE                                             (45 punte; 35 minute)

2.1    STYLISH PAKKE

       Die onderneming, deur Fiona Radebe besit, vervaardig een soort modieuse
       manspak. Die finansiële jaar het op 31 Maart 2022 geëindig.

       GEVRA:

       2.1.1         Bereken die volgende vir die Produksiekostestaat:

                        Direkte materiaalkoste                                                      (6)

                        Direkte arbeidskoste                                                        (6)

                        Fabrieksbokoste                                                             (7)

       2.1.2         Stel die Verkorte Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) op
                     vir die jaar geëindig 31 Maart 2022.                                            (11)

       INLIGTING:

       A.   Grondstofvoorraad:
                 Gedurende die finansiële jaar het die onderneming 12 250 meter
                  materiaal vir die maak van pakke aangekoop: R5 512 500. Dit is veilig in
                  die stoorkamer bewaar.
                 Materiaal is soos volg aan die fabriek uitgereik om die produksieteiken
                  van 3 000 pakke te bereik: 3,2 meter materiaal en 'n toelating van 5%
                  daarvan vir vermorsing benodig om een pak te maak.

       B.   Klaarproduktevoorraad:
                                                    31 Maart 2022          31 Maart 2021
                Klaarprodukte                           R195 000                 R260 000

       C.   Direkte en indirekte arbeidskoste:
                                                             Basiese
                     Werknemer-           Getal                                Totale jaarlikse
                                                         maandelikse salaris
                     beskrywing        werknemers                                  bonus
                                                          per werknemer
                Fabrieksmasjiniste          40                    R9 800             ?
                Fabriekstoesighouers         3                   R17 500          R84 000

                 Die fabrieksmasjiniste is by die vervaardiging van die pakke betrokke.
                 Die verdienste van die toesighouers is as fabrieksbokoste geboekstaaf.
                 Jaarlikse bonusse is aan alle werkers betaal. Die bonusbegroting word
                  tussen die masjiniste en die toesighouers in die verhouding 5 : 2
                  onderskeidelik verdeel.
                 Alle werknemers betaal 1% van hulle bruto verdienste aan die WVF.
                  Die werkgewer dra op 'n R-vir-R-basis tot hierdie fonds by.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                7                                 DBE/2022
                                             SS/NSS

       D.   Die boekhouer het voorlopig die volgende bedrae vir die huidige
            finansiële jaar bereken:

                Fabrieksbokoste                                               R941 500
                Verkoops- en verspreidingskoste                                866 400
                Administrasiekoste                                             532 200

       E.   Die boekhouer het nagelaat om die volgende aansuiwerings te
            boekstaaf toe hy die bedrae getoon in Inligting D hierbo, bereken het:
                 'n Faktuur vir verbruiksgoedere van R59 500 is nie geboekstaaf nie. Die
                  fabriek het 60% hiervan gebruik en die kantoor het die res gebruik.
                 Huur betaal vir die verkoops- en verspreidingsafdeling beloop R186 000.
                  Huur word soos volg volgens vloerspasie verdeel:
                          Fabriek           Verkoop en verspreiding    Administrasie
                          400 m2                   300 m2                100 m2

                 Fabrieksversekering van R31 500 per maand is betaal en korrek
                  geboekstaaf. Die premieverhoging van 8% p.j. was van 1 Januarie 2022
                  van toepassing. Die premies vir Januarie tot Maart 2022 is nog nie
                  betaal of geboekstaaf nie.

       F.   Produksie en verkope:

                 3 000 pakke is gedurende die finansiële jaar teen 'n eenheidskoste van
                  R3 750 vervaardig
                 Totale verkope vir die finansiële jaar beloop R18 104 000.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                              8                                     DBE/2022
                                           SS/NSS

2.2     Eenheidskoste en gelykbreek-analise:

        Fiona besit ook drie ander fabrieke wat onderskeidelik hemde, skoene en dasse
        maak. Hulle finansiële jaar het op 31 Maart 2022 geëindig.

        LET WEL:

            Produksie word gebaseer op bestellings ontvang.
            Die huidige inflasiekoers is tans 6%.

        GEVRA:

        2.2.1      Bereken die gelykbreekpunt vir hemde in 2022.                                 (4)

        2.2.2      Fiona het in nuwe toerusting vir die maak van die skoene belê. Sy weet
                   dat sy 10% op die vaste koste vir skoene bespaar het, maar sy kan nie
                   verstaan waarom die vaste koste per eenheid toegeneem het nie.
                   Verduidelik. Verskaf syfers.                                                  (2)

        2.2.3      Identifiseer die veranderlike koste wat die grootste probleem in ELKE
                   fabriek veroorsaak het. Verskaf syfers. Gee 'n geldige oplossing vir
                   ELKE probleem geïdentifiseer.                                                 (9)

        INLIGTING:

        Die volgende inligting het betrekking op die finansiële jare geëindig 31 Maart:

                                      HEMDE-         SKOEN-                     DAS-
            BESONDERHEDE             FABRIEK        FABRIEK                  FABRIEK
                                   2022    2021   2022    2021             2022      2021
      Vaste koste per eenheid      R94,20 R97,90 R117,90 R97,80            R40,90   R45,80
      Fabrieksbokoste              R45,80 R48,50  R73,10 R62,30            R21,80   R24,00
      Administrasie                R48,40 R49,40  R44,80 R35,50            R19,10   R21,80
      Veranderlike koste per
                                  R246,60 R216,50 R282,40 R256,20        R148,20     R138,50
      eenheid
      Direkte materiaal            R67,90  R66,00 R132,40 R123,50          R48,00     R36,30
      Direkte arbeid              R136,70 R110,00 R105,20  R97,20          R81,10     R80,40
      Verkoop en verspreiding      R42,00  R40,50  R44,80  R35,50          R19,10     R21,80
      Verkoopprys per eenheid     R360,00 R340,00 R460,00 R420,00        R200,00     R200,00
      Eenhede gemaak en
                                  22 000    20 000    15 000    21 200    27 500      24 000
      verkoop
      Gelykbreekpunt               2.2.1    15 855    9 958     12 658    21 713      17 874

                                                                                                  45

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                  9                                    DBE/2022
                                               SS/NSS

VRAAG 3: VOORRAADWAARDASIE                                              (35 punte; 30 minute)
3.1    Voltooi elk van die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) in te vul. Skryf
       slegs die woord(e) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.3) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.
       3.1.1         Die voorraadwaardasiemetode wat aanvaar dat die oudste voorraad
                     eerste verkoop word, is die …-metode.

       3.1.2         Die voorraadstelsel wat gebruik word om die koste van goedere wat by
                     die verkooppunt verkoop word, te boekstaaf, is die …-stelsel.

       3.1.3         Die voorraadwaardasiemetode wat die totale koste van goedere
                     beskikbaar vir verkope, deur die getal eenhede deel, is die …-metode.
                                                                                     (3 x 1)         (3)
3.2    RATO KOOKWARE
       Die onderneming, deur Lerato Klou besit, verkoop een soort kookpot en twee
       gewilde modelle mikrogolfoonde. Die finansiële jaar het op 28 Februarie 2022
       geëindig.
       Die periodieke voorraadstelsel word gebruik.
          Die potte word gewaardeer deur die geweegdegemiddelde-metode te
           gebruik.
          Die mikrogolfoonde word gewaardeer deur die spesifieke identifikasiemetode
           te gebruik.

       GEVRA:
       KOOKPOTTE
       Verwys na Inligting A, B en C.
       3.2.1         Bereken die waarde          van     die   eindvoorraad   van    potte    op
                     28 Februarie 2022.                                                              (4)
       3.2.2         Lerato is onseker oor hoe lank dit gaan neem om die eindvoorraad-
                     potte te verkoop.
                        Verskaf 'n berekening om haar bekommernis uit die weg te ruim.              (3)
                        Verduidelik of die tydperk wat bereken is, aanvaarbaar is, of nie.          (2)
       3.2.3         Bereken die getal vermiste potte.                                               (4)

       MIKROGOLFOONDE
       Verwys na Inligting D.

       3.2.4         Bereken die waarde van die eindvoorraad van mikrogolfoonde.                     (7)
       3.2.5         Lerato beplan om die verkope van die Delta-model te staak.
                     Gee TWEE redes om hierdie besluit te steun en EEN rede teen hierdie
                     besluit. Haal syfers aan.                                                       (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                 10                                   DBE/2022
                                               SS/NSS

       3.2.6         Die interne ouditeur het ontdek dat die getal Swift-mikrogolfoonde wat
                     op 6 Januarie 2022 ontvang is, nie met die getal mikrogolfoonde wat op
                     die betrokke voorraadkaart aangeteken is, ooreenstem nie.

                                             MICRO GROOTHANDELAARS
                                                  AFLEWERINGSNOTA
                         Datum: 6 Januarie 2022
                         Getal eenhede      Besonderhede
                                75          Swift-mikrogolfoonde

                                 RATO KOOKWARE: STOORKAMER-VOORRAADKAART
                                      VOORRAADITEM: SWIFT-MIKROGOLFOONDE
                                Datum       Van verskaffer Na die winkel  Eenhede
                                              ontvang        versend     voorhande
                         1 Maart 2021                                       380
                         31 Julie 2021           700            530         550
                         15 Desember 2021                       420         130
                         6 Januarie 2022          50             15         165

                         Identifiseer die probleem met betrekking tot          die     Swift-
                          mikrogolfoonde op 6 Januarie 2022. Haal syfers aan.                     (2)

                         Noem TWEE interne kontrolemaatreëls wat die interne ouditeur
                          moet implementeer om te verseker dat sulke insidente nie in die
                          toekoms plaasvind nie.                                                  (4)

       INLIGTING:

       A.      Voorraadrekords van kookpotte:

                                                          GETAL     EENHEIDS-     TOTAAL
                                                        KOOKPOTTE     PRYS           R
                   Beginvoorraad (1 Maart 2021)            800                    R224 000
                   Eindvoorraad (28 Februarie 2022)        980                       ?

       B.      Aankope en terugsendings:

                                                          GETAL     EENHEIDS-     TOTAAL
                                                        KOOKPOTTE     PRYS          R
                   Aankope:
                      Mei 2021                            1 500       R320           480 000
                      September 2021                      2 300       R370           851 000
                      Januarie 2022                       1 200       R410           492 000
                   Terugsendings: September 2021          (300)                    (111 000)
                   NETTO AANKOPE                          4 700                    1 712 000

        C.     Verkope en koste van verkope:

                    4 270 eenhede is teen R560 elk verkoop.
                    Koste van verkope is bereken op R1 591 040.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                       11                                DBE/2022
                                     SS/NSS

       D.    Rekord van mikrogolfoonde:

                                                      EENHEIDS-     TOTALE
                                           GETAL
                                MODEL                   PRYS        BEDRAG
                                          EENHEDE
                                                          R             R
               Beginvoorraad    SWIFT          380      2 800        1 064 000
                                DELTA          430      3 200        1 376 000
               Aankope          SWIFT          750      2 800        2 100 000
                                DELTA          600      3 200        1 920 000
               Totale aankope                 1 350                  4 020 000
               Terugsendings    DELTA         120                       384 000
                                SWIFT         965       4 200         4 053 000
               Verkope
                                DELTA         580       5 600         3 248 000
                                SWIFT                                 1 351 000
               Bruto wins
                                DELTA                                 1 392 000

                                                                                       35

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                  12                      DBE/2022
                                SS/NSS

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                 13                                     DBE/2022
                                               SS/NSS

VRAAG 4: BEGROTINGS                                                       (40 punte; 35 minute)
4.1     GLYDIS HANDELAARS
        Inligting word vir die begrote tydperk geëindig 31 Julie 2022 verskaf.
        GEVRA:
        4.1.1         Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Julie 2022.                        (7)
        4.1.2         Bereken die bedrae wat deur (i) tot (iv) in die uittreksel van die
                      Geprojekteerde Staat van Omvattende Inkomste aangedui word.                     (9)
        4.1.3         Bereken:
                         Betalings aan krediteure in Julie 2022                                      (4)
                         Leningsbedrag wat op 1 Julie 2022 betaal sal word                           (4)
        INLIGTING:

        A.      Verkope en aankope:
                                            MEI               JUNIE                JULIE
                    Totale verkope        R962 500           R997 500            R1 015 000

                     Kredietverkope is verantwoordelik vir 60% van totale verkope.
                     Debiteure betaal volgens die volgende neiging:
                      o 40% in die maand van verkope, onderhewig aan 'n 5%-korting
                      o 45% in die maand wat op die maand van verkope volg
                      o 12% twee maande na die maand van verkope
                      o 3% in die derde maand na verkope as oninbaar afgeskryf
                     Die winsopslag is 75% op kosprys.
                     Voorraad word in die maand van verkope vervang. 'n Basisvoorraad
                      word gehandhaaf.
                     80% van voorraad word kontant gekoop.
                     Krediteure word in die tweede maand na die maand van aankope
                      betaal.
        B.      Uittreksel uit die Geprojekteerde Staat van Omvattende Inkomste:
                                                                   JUNIE            JULIE
                    Bruto wins                                      427 500          435 000
                    Kommissie-inkomste                                79 800          (i)
                    Oninbare skulde                                   16 800         (ii)
                    Salarisse en lone                                (iii)           196 980
                    Korting toegestaan                               (iv)              12 180
                    Rente op lening                                     4 550           4 025

        C.      Addisionele inligting:
                     Kommissie-inkomste is 'n vaste persentasie van totale verkope.
                     Alle werknemers sal vanaf 1 Julie 2022 'n 5%-verhoging ontvang.
                     'n Gedeelte van die lening sal op 1 Julie 2022 terugbetaal word. Rente
                      teen 14% p.j. word op die uitstaande saldo op die laaste dag van elke
                      maand betaal.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                14                                   DBE/2022
                                              SS/NSS

4.2     FRAZILA (EDMS.) BPK.
        Die onderneming verkoop gasstowe. Die inligting het betrekking op die tydperk
        April en Mei 2022.

        Peter Pillay, die HUB, het bewus geword van 'n mededinger, Lite Stores, wat 'n
        onderneming in April 2022 geopen het. Hulle verkoop 'n goedkoper model stoof
        slegs vir kontant. Peter kon nie in April op hierdie bedreiging reageer nie.
        Hy het in Mei 2022 sy strategieë verander. Dit het 'n verandering in die
        afleweringsdiens ingesluit. Aflewerings word in April aan Speedy Couriers
        toegeken. Peter het in Mei besluit om dit aan Prime Deliveries toe te ken.

        GEVRA:

        LET WEL:         Verskaf in jou verduidelikings syfers of berekeninge vir al die
                         vrae hieronder.

        4.2.1        Afleweringsuitgawes:

                     Peter het kennis geneem dat die volle begroting vir April 2022 nie
                     gebruik is nie.

                        Verduidelik of Peter met die werklike afleweringskoste in April 2022
                         tevrede moet wees, of nie.                                                (3)

                        Verduidelik of Peter 'n goeie besluit geneem het om die
                         afleweringsdiensverskaffer na Prime Aflewerings te verander, of
                         nie.                                                                      (3)

        4.2.2        Ander strategieë:

                        Behalwe vir die verandering van die afleweringsdiens, identifiseer
                         TWEE ander strategieë wat Peter in Mei 2022 in reaksie op die
                         mededinger geïmplementeer het.                                            (4)

                        Verduidelik hoe hierdie ander strategieë die verkope en die wins
                         geraak het.                                                               (4)

        4.2.3        Kontantsaldo's:

                     Peter is verward oor hoekom die kontantsaldo's nie so goed is nie, ten
                     spyte van die feit dat verkope in Mei 2022 toegeneem het. Verduidelik.        (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                             15                                     DBE/2022
                                           SS/NSS

        INLIGTING:

        A.   Uittreksel uit die Geprojekteerde Inkomstestaat:

                                           APRIL 2022                   MEI 2022
                                       BEGROOT    WERKLIK          BEGROOT    WERKLIK
                 Getal stowe verkoop     750         600             750         900
                 Verkoopprys per
                                        R3 780        R3 780        R3 780           ?
                 stoof
                 Kosprys per stoof      R2 100         R2 100       R2 100         R2 100
                                           R             R             R             R
                 Kontantverkope          1 417 500    1 247 400      1 417 500      958 500
                 Kredietverkope          1 417 500    1 020 600      1 417 500    2 236 500
                 Totale verkope          2 835 000    2 268 000      2 835 000    3 195 000
                 Koste van verkope     (1 575 000)   (1 260 000)   (1 575 000)   (1 890 000)
                 Bruto wins              1 260 000    1 008 000      1 260 000    1 305 000
                                           R             R             R             R
                 Advertensie               120 000      120 000        120 000      192 000
                 Afleweringskoste          425 250      408 240        425 250      319 500

        B.   Uittreksel uit die Kontantbegroting:

                                           APRIL 2022                   MAY 2022
                                       BEGROOT    WERKLIK          BEGROOT    WERKLIK
                                          R           R               R          R
                 Kontantsurplus/
                                          208 000      243 000        220 000    (972 000)
                 -tekort
                 Beginsaldo                77 000       77 000        285 000      320 000
                 Eindsaldo                285 000      320 000        505 000    (652 000)

        C.   Addisionele inligting:

                  Die onderneming begroot om 750 stowe per maand te verkoop.
                  Aankope van voorraad word binne 30 dae betaal.

                                                                                               40

                                                                                 TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
  Rekeningkunde/V2                                                                  DBE/2022
                                            SS/NSS

    GRAAD 12 REKENINGKUNDE-FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

            Bruto wins x 100                              Bruto wins    x 100
             Verkope      1                           Koste van verkope    1

     Netto wins voor belasting x 100                  Netto wins na belasting x 100
              Verkope             1                          Verkope             1

         Bedryfsuitgawes x 100                             Bedryfswins x 100
             Verkope        1                                Verkope      1

        Totale bates : Totale laste                     Bedryfsbates : Bedryfslaste

 (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste        Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

    (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

   Gemiddelde handelsvoorraad x 365                        Koste van verkope            .

        Koste van verkope        1                     Gemiddelde handelsvoorraad

      Gemiddelde debiteure x 365                      Gemiddelde krediteure x 365
        Kredietverkope        1                        Koste van verkope       1

                                                      Netto inkomste na belasting x 100
   Netto inkomste na belasting x 100                   Getal uitgereikte aandele     1
Gemiddelde aandeelhouersbelang    1
                                                                             (*Sien nota hieronder)

              Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
      Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

       Aandeelhouersbelang      x 100                  Dividende vir die jaar   x 100
      Getal uitgereikte aandele    1                  Getal uitgereikte aandele    1

      Tussentydse dividende x 100                          Finale dividende      x 100
      Getal uitgereikte aandele 1                      Getal uitgereikte aandele    1

      Dividende per aandeel x 100                       Dividende vir die jaar   x 100
      Verdienste per aandeel   1                     Netto inkomste na belasting    1

                                    Totale vaste koste                       .

                  Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
NOTA:
* In hierdie geval, indien daar gedurende 'n finansiële jaar 'n verandering in die aantal
  uitgereikte aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.

  Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Accounting P1 May June 2022 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2022-qp-eng/d4065e0c-bb99-4024-84e5-1635126794f0) — Accounting · QP · 2022 · Eng
- [Accounting P1 May June 2022 Answer Book Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2022-answer-book-eng/c02aee4a-9feb-4a3f-93b7-18c217a78d57) — Accounting · Addendum · 2022 · Eng
- [ACCOUNTING P2 GR12 ANSWERBOOK JUNE 2022 Afrikaans Finaal](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-answerbook-june-2022-afrikaans-finaal/67317f0a-c6c2-47b6-bae2-7d594500c14b) — Accounting · Addendum · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 P2 JUNE 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-p2-june-2022-afrikaans-final/8607a9eb-4290-4d74-af8b-7bb6e58e91eb) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 P2 JUNE 2022 English Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-p2-june-2022-english-final/edb5d545-b8d8-4365-b883-b3b3de78130f) — Accounting · Memo · 2022 · Eng
- [ACCOUNTING P2 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/b8060326-1d99-4ab4-b3d0-670339bf9763) — Accounting · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
