# Accounting Grade 12 P2 NSC June 2023 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2023-afr/e1b9d16c-44eb-4637-94a7-aab8c40c0403
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P2 NSC June 2023 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2023-afr/e1b9d16c-44eb-4637-94a7-aab8c40c0403)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                REKENINGKUNDE V2

                                         2023

                                                                         PUNTE: 150

                                                                           TYD: 2 uur

                          Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye,
                     'n formuleblad en 'n 10 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                              2                                    DBE/2023
                                           SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
         beantwoord.

3.       'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie
         vraestel aangeheg.

4.       Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
         beantwoord.

7.       Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

9.       Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
         beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

          VRAAG                       ONDERWERP                     PUNTE        MINUTE

             1         Bankversoening                                  30            25

             2         Voorraadwaardasie                               35            30

             3         Kosterekeningkunde                              45            35

             4         Begrotings                                      40            30

       TOTAAL                                                         150           120

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                   3                      DBE/2023
                                SS/NSS

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                             4                                     DBE/2023
                                          SS/NSS

VRAAG 1: BANKVERSOENING                                          (30 punte; 25 minute)

1.1     Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
        'onwaar' langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.3) in die ANTWOORDEBOEK.

        1.1.1   'n Kredietsaldo op die Bankstaat beteken dat die onderneming 'n
                positiewe saldo in die bank het.

        1.1.2   'n Debietkaart kan gebruik word om kontant by 'n OTM te onttrek.

        1.1.3   'n Bankoortrekking is 'n korttermynlening wat in die besigheid se
                lopende bankrekening oorgeplaas word.                                           (3)

1.2     VIOLET WINKELS

        Die inligting is geneem uit die boek van die onderneming vir April 2023.

           Violet gebruik die amptelike Bankstaat wat op die 25ste van elke maand
            beskikbaar is om die maandelikse versoeningsproses te voltooi.
           Sy gebruik ook haar EFO-transaksierekords (hernommer) om die
            Kontantbetalingsjoernaal te voltooi.

        GEVRA:

        1.2.1   Dateer die totale vir die Kontantontvangste- en Kontantbetalings-
                joernale vir April 2023 op. Gebruik die tabel wat in die
                ANTWOORDEBOEK verskaf word.                                                     (10)

        1.2.2   Bereken die korrekte Bankrekeningsaldo op 30 April 2023.                        (4)

        1.2.3   Stel die Bankversoeningstaat op 30 April 2023 op.                               (9)

        1.2.4   Violet het probleme met die deponering van kontant opgemerk.
                Verduidelik TWEE maatreëls wat sy kan gebruik om hierdie probleme
                op te los.                                                                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                   5                                 DBE/2023
                                                SS/NSS

        INLIGTING:
        A.   Uittreksel uit die Bankversoeningstaat op 31 Maart 2023:
                 Gunstige saldo soos op die Bankstaat                            R12 200
                 Deposito's nie op die Bankstaat nie: 18 Maart 2023               23 600
                                                      28 Maart 2023               37 200
                 Uitstaande EFO's:     EFO 768                                     5 480
                                       EFO 769                                    17 800
                 Gunstige saldo soos op die bankrekening                          49 720

                  Die uitstaande deposito op 18 Maart 2023 het in die Bankstaat van
                   April 2023 verskyn.
                  Die deposito op 28 Maart 2023 het as R22 200 verskyn. 'n Ondersoek
                   het getoon dat die kassiere met die uitstaande bedrag verdwyn het.
                   Daar is besluit om die uitstaande bedrag af te skryf.
                  Albei die EFO's was op die April-bankstaat, maar EFO 768 het met die
                   korrekte bedrag van R4 580 verskyn.
        B.   Die voorlopige totale in die Kontantjoernale voordat die Bankstaat
             ontvang is:
              Kontantontvangstejoernaal: R115 600         Kontantbetalingsjoernaal: R217 800

        C.   Inligting op die Bankstaat van April 2023
             Geeneen van hierdie items was op April se Kontantjoernale ingesluit
             nie:
                 Debietorder: Brylet Munisipaliteit                               R2 880
                 Kontanthanteringsfooie                                            R220
                 Deposito: Y Marigold                                             R8 400
                 Deposito: Bentley Mikrolenings                                  R65 000
                 Kontantonttrekking                                                R740
                 Belegging verval                                                R18 300
                 EFO-transaksiefooie                                               R360
                 EFO-transaksiefooie                                               R360

        D.   Addisionele inligting:
                  Die debietorder aan Brylet Munisipaliteit was vir water en elektrisiteit.
                  Y Marigold, die huurder, het die maandelikse huur gedeponeer.
                  Die deposito van Bentley Mikrolenings het nie betrekking op die
                   onderneming gehad nie. Die bank is van hierdie fout in kennis gestel.
                  Die kontantonttrekking van R740 was vir brandstof vir die eienaar se
                   voertuig.
                  Die EFO-transaksiefooie is foutiewelik op die Bankstaat gedupliseer.
        E.   Die Kontantjoernale het die volgende inskrywings getoon wat nie op
             die Bankstaat van April 2023 verskyn het nie:
                  Deposito van R22 500 op 30 April 2023
                  EFO 883 vir R9 520 vir skryfbehoeftes aangekoop
                  EFO 884 vir R12 530 vir herstelwerk aan geboue
        F.   Bankstaatsaldo op 30 April 2023: R?
                                                                                                   30
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                             6                                   DBE/2023
                                          SS/NSS

VRAAG 2: VOORRAADWAARDASIE                                        (35 punte; 30 minute)

Mandie Jones is die eienaar van TV City wat TV-stelle verkoop en het twee takke
(winkels) in KZN. Die periodieke voorraadstelsel word gebruik. Geen vermiste items is
vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2023 opgeteken nie.

2.1     Howick-tak

        Hierdie tak verkoop Arctic TV-stelle.

        2.1.1   Bereken die waarde van die slotvoorraad van die Arctic TV-stelle op
                28 Februarie 2023 deur die eerste-in-eerste-uit(EIEU)-metode te
                gebruik.                                                                       (5)

        2.1.2   Bereken die voorraadhoudingsperiode (in dae) met gebruik van die
                slotvoorraadsyfer                                                              (3)

                                                        KOSPRYS PER        TOTALE
                ARCTIC TV-STELLE           EENHEDE
                                                          EENHEID          BEDRAG
        Beginvoorraad (1 Maart 2022)              280
        Aankope:                                1 600                       6 310 000
           Mei 2022                               500         R3 800       R1 900 000
           Augustus 2022                          400          3 950        1 580 000
           September 2022                         400          4 000        1 600 000
           Januarie 2023                          300          4 100        1 230 000
        Terugsendings                              60          4 100        (246 000)

        Slotvoorraad: 28 Februarie 2023          270                                    ?
        Koste van verkope                                                  R6 010 000
        Verkope                                 1 550       R5 000         R7 750 000

2.2     Durban-tak

        Hierdie tak verkoop Pacific en Caspian Smart TV-stelle.

        Mandie is bekommerd oor die volgende kwessies:
           Die Caspian Smart TV-stelle kan dalk te duur vir haar klante wees.
           Hoë voorraadvlakke in al haar produkte kan haar besigheid negatief
            beïnvloed.
        Mandie verwag om 1 000 Pacific TV-stelle in die 2023 finansiële jaar te verkoop.
        Sy het daarom die verkoopprys van die Pacific TV-stelle in September
        aangepas en die boekhouer versoek om 'n ontleding van kwartaalverkope en
        voorraadhoudingsperiodes te verskaf.

        Verwys na Inligting A en B.

        2.2.1   Bereken die waarde van die slotvoorraad van die Pacific TV-stelle op
                28 Februarie 2023 deur die spesifieke identifikasiemetode te gebruik.          (4)

        2.2.2   Bereken die bruto wins verdien op die verkope van die nuwe soort
                Caspian Smart TV-stelle.                                                       (3)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                             7                                      DBE/2023
                                          SS/NSS

        2.2.3   Lewer kommentaar op die kwartaalverkope van die Pacific TV-stelle en
                verduidelik of Mandie se aanpassing van die verkoopprys 'n wyse
                besluit was, of nie. Haal syfers of berekeninge aan.                            (4)
        2.2.4       Lewer kommentaar op die voorraadhoudingsperiodes van die Pacific
                     en Caspian TV-stelle.                                                      (4)
                    Verduidelik hoe die verskillende houdingsperiodes die onderneming
                     finansieel beïnvloed.                                                      (4)
                    Verduidelik wat hierdie periodes aandui oor die voorkeure van
                     klante. Haal syfers of berekeninge aan.                                    (4)
        2.2.5   Verskaf TWEE punte van advies aan Mandie oor hoe sy die hoë
                voorraadvlakke van sommige van haar produkte kan regstel sonder om
                pryse vir klante aangebied, verder te verminder.                                (4)
INLIGTING:

A.    Durban-tak-voorraadrekords

       TV-STELLE                           PACIFIC               CASPIAN SMART
       Kosprys                              R9 300                  R10 200
       % winsopslag op kosprys             Wisselend                  60%
                                                  TOTAAL                  TOTAAL
       Voorraadrekords               EENHEDE                   EENHEDE
                                                     (R)                    (R)
       Voorraad op 1 Maart 2022        350        3 255 000
       Aankope                         800        7 440 000       800            8 160 000
         Mei 2022                      400        3 720 000
         Augustus 2022                 400        3 720 000
         September 2022*                                          800         8 160 000
       Verkope                          765        9 408 500      670        10 934 400

      *Die tak het die nuwe Caspian Smart TV-stelle vanaf 1 September 2022 begin
      verkoop.

B.    Kwartaalverkope

      Die boekhouer het die volgende ontleding van kwartaalverkope en voorraad-
      houdingsperiodes aan Mandie verskaf:

                                     PACIFIC                     CASPIAN SMART
         VERKOPE
                                  VERKOOP-
           PER           EEN-                    TOTALE                      TOTALE
        KWARTAAL                    PRYS                       EENHEDE
                         HEDE                   VERKOPE                     VERKOPE
                                   PER TV
       Mrt.–Mei           250       R13 500     R3 375 000        -
       Junie–Aug.         245        13 500      3 307 500        -
       Sep.–Nov.          160        10 300      1 648 000       340         R5 548 800
       Des.–Feb.          110         9 800      1 078 000       330          5 385 600
       Voorraadhou-
                                     184 dae                            71 dae
       dingsperiode
                                                                                                35

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                   8                      DBE/2023
                                SS/NSS

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                  9                                    DBE/2023
                                               SS/NSS

VRAAG 3: KOSTEREKENINGKUNDE                                          (45 punte; 35 minute)

3.1     LADOO VERVAARDIGERS

        Die onderneming vervaardig leerbeursies. Die finansiële jaar het op
        28 Februarie 2023 geëindig.

        GEVRA:

        3.1.1        Verwys na Inligting C.

                     Bereken die fabrieksbokoste.                                                   (8)

        3.1.2        Stel die Produksiekostestaat op 28 Februarie 2023 op.                          (10)

        INLIGTING:

        A.      Goedere-in-bewerking-voorraadsaldo op 1 Maart 2022 was R542 000.

        B.      Besonderhede van die produksiewerkers:

                    Getal werkers                                            40
                    Basiese (normale) loonkoers                          R60 per uur
                    Gewone tyd deur elke werker gewerk                    1 920 ure
                    Oortyd (in totaal)                                   R1 142 000

        C.      Die boekhouer het die fabrieksbokoste op R2 638 600 bereken.

                Die volgende koste is weggelaat en moet nog in berekening gebring
                word:
                     Versekering is 'n vaste maandelikse premie vir die volle finansiële
                      jaar. Die bedrag betaal, R235 950, sluit die premie vir Maart 2023 in.
                      2
                       /3 van hierdie uitgawe is op die fabriek van toepassing.
                     Water en elektrisiteit aan die kantoor toegedeel, was R69 200.
                      Let daarop dat water en elektrisiteit soos volg volgens vloerspasie
                      gedeel word:
                              Fabriek                Verkope                 Kantoor
                              560 m2                 240 m2                  160 m2

                Die volgende inskrywing moet reggestel word:
                Huur van R316 000 is in die fabrieksbokoste opgeteken. Die boekhouer
                het egter die foutiewe verhouding van 2 : 5 : 1 vir Fabriek, Verkope en
                Kantoor gebruik. Die korrekte verhouding is onderskeidelik 5 : 2 : 1.

        D.      Totale primêre koste vir die jaar het R12 500 000 beloop.

        E.      Totale produksie vir die jaar, 33 500 eenhede, is teen 'n koste van
                R475 per eenheid vervaardig.
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                10                                   DBE/2023
                                              SS/NSS

3.2       STYLZ MAKER

          Die onderneming vervaardig ontwerpershemde. Die finansiële jaar eindig
          jaarliks op 30 April. Lez Styles is die eienaar van die onderneming.

          GEVRA:
          LET WEL:      Verskaf bewyse in die vorm van syfers of berekeninge om die
                        kommentaar en verduidelikings hieronder gevra, te ondersteun.
          3.2.1    Gelykbreekpunt, produksie en wins:
                      Doen 'n berekening wat sal bevestig dat die 2023-gelykbreekpunt
                       korrek is.                                                                  (3)
                      Lewer kommentaar op die produksievlak en die gelykbreekpunt vir
                       die afgelope twee jaar. Verduidelik of Lez Styles met die tendense
                       in hierdie resultate en die wins wat hy verdien, tevrede sal wees.
                       Verskaf syfers of berekeninge.                                              (4)

          3.2.2    Vaste koste:
                   Verduidelik waarom Lez nie bekommerd is oor die styging in vaste
                   koste in 2023 tot R6,1 m. nie. Haal syfers aan.                                 (4)
          3.2.3    Verkoops- en verspreidingskoste:
                      Identifiseer hoe die verkoops- en verspreidingskoste in totaal en per
                       eenheid oor die afgelope twee jaar verander het.                            (2)
                      Verduidelik TWEE redes waarom Lez doelbewus hierdie koste wou
                       aanpas.                                                                     (2)

          3.2.4    Direkte materiaal en direkte arbeid: Verwys na Inligting A en C.
                   Lez het spesifieke besluite geneem om die onderneming en hulle
                   produk te verbeter.
                   Verduidelik hoe die besluite wat hy geneem het, die onderneming
                   bevoordeel het deur die volgende te verskaf:
                      TWEE verskillende punte met betrekking tot die grondstowwe                  (6)
                      TWEE verskillende punte met betrekking tot die direkte arbeid               (6)

INLIGTING:
A.    Lez se algemene strategiese besluite geldig vanaf 1 Mei 2023:
         Lez het besluit om die gehalte van die hemde te verbeter om meer
          mededingend te wees en om na kleinhandelaars in ander lande uit te voer.
         Hy het na 'n nuwe verskaffer van die materiaal (grondstowwe) oorgeskakel en
          het 'n paar hoogs geskoolde en kreatiewe werkers in diens geneem om die
          werkers wat bedank of afgetree het, te vervang.
         Fabrieksbokoste vir 2023 het 'n opleidingsprogram vir fabriekswerkers
          (R600 000) en die huur van toerusting met die jongste tegnologie, R1,4 m. per
          jaar, ingesluit.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                              11                                       DBE/2023
                                            SS/NSS

B.   Produksie en koste

                                                  2023                      2022
     Getal eenhede vervaardig en
                                             10 500 hemde                6 500 hemde
     verkoop
     Verkoopprys                                 R1 830                     R1 430
     Gelykbreekpunt                           4 815 hemde                4 267 hemde
                                                 2023                       2022
                                         TOTAAL       PER           TOTAAL       PER
                                                    EENHEID                    EENHEID
                                            R          R               R          R
     VERANDERLIKE KOSTE                  5 916 000       563        3 047 500       469
     Direkte materiaalkoste              3 780 000       360        1 787 500       275
     Direkte arbeidskoste                  936 000        89          960 000       148
     Verkoops- en verspreidingskoste     1 200 000       114          300 000        46
     VASTE KOSTE                         6 100 000           581    4 100 000             631
     Fabrieksbokoste                     5 600 000           533    3 600 000             554
     Administrasiekoste                    500 000            48      500 000              77
     TOTALE PRODUKSIEKOSTE              12 016 000          1 144   7 147 500           1 100

C.   Lez het 'n kort kursus oor bestuursrekeningkunde voltooi om hom in staat te stel
     om maandeliks die produksiekoste meer doeltreffend te ontleed. Hy het die
     volgende produksiekoste ontleed:

     Grondstowwe:                                            2023              2022
     Materiaalkoste per meter                                R200              R110
     Meter materiaal per hemp (vermorsing ingesluit)      1,8 meter         2,5 meter
     Materiaal gebruik in meter                          43 200 meter      44 000 meter

     Direkte werkers:
     Getal direkte werkers                                  12 werkers     15 werkers
     Gemiddelde lone per werker p.j.                         R78 000        R64 000
     Ure per werker per jaar                                 1 920 ure      1 920 ure
     Ure deur alle werkers gewerk                           23 040 ure     28 800 ure
     Gemiddelde getal hemde per werker vervaardig           875 hemde      433 hemde

                                                                                                     45

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                               12                                     DBE/2023
                                             SS/NSS

VRAAG 4: BEGROTINGS                                                  (40 punte; 30 minute)
4.1    Toon die bedrae vir die volgende transaksies in die toepaslike kolomme vir die
       Kontantbegroting en die Geprojekteerde Staat van Omvattende Inkomste in die
       ANTWOORDEBOEK:
       4.1.1       'n Rekenaar wat R26 400 kos, sal op 1 Julie 2023 kontant aangekoop
                   word. Waardevermindering sal R550 per maand beloop.
       4.1.2       'n Vaste deposito van R90 000 sal op 1 Julie 2023 belê word. Rente
                   teen 9% p.j. sal aan die einde van elke maand in die onderneming se
                   bankrekening gedeponeer word.                                                    (6)
4.2    ALICE MEUBILEERDERS (EDMS.) BPK.
       Die inligting het betrekking op die begrotingsperiode eindigende Julie 2023.
       GEVRA:
       4.2.1       Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Julie 2023.                         (7)
       4.2.2       Bereken ontbrekende syfers (i) tot (iii) op die Kontantbegroting verskaf.        (8)
       4.2.3       Werkers se salarisse:
                      Bereken die % verhoging wat werkers in Julie 2023 sal ontvang.               (3)
                      Gee TWEE redes waarom jy dink die werkers behoort met hierdie
                       verhoging tevrede te wees.                                                   (2)
       4.2.4       Advertensies en afleweringsuitgawes: Verwys na Inligting F.
                      Lewer kommentaar op die doeltreffendheid van die advertensies.
                       Verskaf syfers of berekeninge.                                               (4)
                      Alice is tevrede met die beheer oor afleweringsuitgawes. Verskaf
                       syfers of berekeninge om haar gevoel te motiveer.                            (2)
                      Alice is egter bekommerd oor die beheer oor elke voertuig.
                       Identifiseer 'n ander kwessie (probleem) vir ELKE voertuig wat haar
                       kommer bevestig. Verskaf syfers of berekeninge om haar gevoel te
                       motiveer.                                                                    (4)
                      Maak TWEE voorstelle oor hoe Alice die gebruik of doeltreffendheid
                       van die voertuie kan verbeter.                                               (4)
       INLIGTING:
       A.      Verkope en koste van verkope:
                                       APRIL            MEI        JUNIE         JULIE
               Verkope                 1 260 000      1 274 000    1 316 000     1 330 000
               Koste van verkope         900 000        910 000      940 000       950 000

       B.      Kredietverkope beloop 70% van totale verkope. Debiteure betaal volgens
               die volgende neiging:
                  20% betaal in die maand van verkope en ontvang 7,5% korting.
                  55% betaal in die maand wat volg op die maand van verkope.
                  22% betaal twee maande ná die maand van verkope.
                  Die saldo word daarna afgeskryf.
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                 13                                        DBE/2023
                                               SS/NSS

       C.    Verkoopte voorraad word in die maand van verkope vervang. 'n Basis-
             voorraad word gehandhaaf. 80% van voorraad word op krediet aangekoop
             en krediteure word twee maande (60 dae) ná die maand van verkope
             betaal.

       D.    Addisionele inligting:
             Die onderneming beplan om op 30 Junie 2023 'n lening uit te neem. Dit is
             teen 11% p.j. rente met die bank onderhandel, betaalbaar aan die einde
             van elke maand en sal op 31 Julie 2023 begin.
       E.    Uittreksel uit die Kontantbegroting:
                                                              JUNIE 2023           JULIE 2023
                 ONTVANGSTE                                      (R)                  (R)
                 Kontantverkope                                   394 800                    (i)
                 Invorderings van debiteure                       854 952                     ?
                 Kommissie-inkomste                               131 600              133 000
                 Lening: Cheetah Bank                                  (ii)
                 BETALINGS
                 Kontantaankope van voorraad                        188 000             190 000
                 Betalings aan krediteure                           720 000                 (iii)
                 Direkteursgelde (twee direkteure)                   52 000              49 600
                 Salarisse van werkers (drywers ingesluit)          172 000             182 320
                 Advertensies                                        39 480              39 900
                 Afleweringsuitgawes                                 65 800              66 500
                 Verpakkingsmateriaal                                78 960              79 800
                 Rente op lening                                          -               5 500
                 Munisipale dienste
                 Diverse uitgawes

       F.    Advertensies en afleweringsuitgawes:
                  Die onderneming het twee afleweringsvoertuie en bied 'n gratis
                   afleweringsdiens aan klante.
                  Die begroting vir afleweringsuitgawes is op 5% van die begrote verkope
                   vasgestel, op 'n gemiddelde afstand van 2 000 km wat afgelê moet word.
             Werklike en begrote syfers vir Mei 2023:
                                        BEGROOT/                    VOERTUIG        VOERTUIG
                                                        WERKLIK
                                         VERWAG                        1               2
                 Verkope                  1 274 000     1 082 900
                 Advertensies                38 220        36 820
                 Drywers se salarisse        30 000        30 000        15 000          15 000
                 Afleweringsuitgawes         63 700        54 100        35 500          18 600
                     Petrol/Brandstof        47 700        40 000        26 000          14 000
                     Instandhouding          16 000        14 100          9 500           4 600
                 Kilometer afgelê          2 000 km      1 800 km     1 260 km          540 km
                 Datum aangekoop                                    1 Mrt. 2018     1 Mrt. 2022

                                                                                                      40
                                                                                       TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
  Rekeningkunde/V2                                                                                 DBE/2023
                                                    SS/NSS

     GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
                 Bruto wins x 100                                       Bruto wins    x 100
                  Verkope      1                                    Koste van verkope    1
      Netto wins voor belasting x 100                             Netto wins na belasting x 100
               Verkope             1                                     Verkope             1
           Bedryfsuitgawes x 100                                         Bedryfswins x 100
               Verkope        1                                            Verkope      1

           Totale bates : Totale laste                               Bedryfsbates : Bedryfslaste

  (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste                   Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

     (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

    Gemiddelde handelsvoorraad x 365                                   Koste van verkope
         Koste van verkope        1                                Gemiddelde handelsvoorraad
                                (Sien Nota 1 hieronder)

       Gemiddelde debiteure x 365                              Gemiddelde krediteure                x 365
         Kredietverkope        1                                Koste van verkope                      1
                                                                                         (Sien Nota 2 hieronder)
                                                                  Netto inkomste na belasting x 100
   Netto inkomste na belasting x 100                               Getal uitgereikte aandele     1
Gemiddelde aandeelhouersbelang    1
                                                                                         (Sien Nota 3 hieronder)
             Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
     Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

       Aandeelhouersbelang      x 100                              Dividende vir die jaar   x 100
      Getal uitgereikte aandele    1                              Getal uitgereikte aandele    1

       Tussentydse dividende            x 100                          Finale dividende      x 100
      Getal uitgereikte aandele            1                       Getal uitgereikte aandele    1

     Dividende per aandeel x 100                                   Dividende vir die jaar   x 100
     Verdienste per aandeel   1                                 Netto inkomste na belasting    1

                                      Totale vaste koste                                   .

                    Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:    1.    Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar kan gebruik word AS dit in 'n vraag vereis
                  word.
            2.    Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees
                  mits voorraad konstant bly).
            3.    Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is,
                  word die geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik.

  Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ACCOUNTING P2 QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/ef36585e-6840-4d96-9787-09fc66a25ee0) — Accounting · QP · 2023 · Afr
- [ACCOUNTING P2 QP GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-sept-2023-english/eb464289-6949-44e1-9c80-4e527d6a3926) — Accounting · QP · 2023 · Eng
- [2023 KZN Prelim P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p2-qp/8b4c7156-2c8e-45f7-b23c-174fa392a45f) — Accounting · QP · 2023
- [ACCOUNTING P2 GR12 ANSWER BOOK JUNE 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-answer-book-june-2023-english/11493bdc-95ff-4293-b727-2b3a22027be3) — Accounting · Addendum · 2023 · Eng
- [2023 MP Prelim P2 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/2023-mp-prelim-p2-answer-book/cc1d1590-ceb4-4d58-b4f8-408396bc15a9) — Accounting · Addendum · 2023
- [2023 MP Prelim P2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-mp-prelim-p2-memo/8339757f-4c69-4fe5-a4b9-9b18e18257ca) — Accounting · Memo · 2023

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
