# Accounting Grade 12 P2 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2025 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-afr/572f2619-913a-44e2-be51-28639204b25e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P2 NSC June 2025 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-afr/572f2619-913a-44e2-be51-28639204b25e)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NSC June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Accounting P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-mg-afr/62bf3c7c-f1bc-4bd9-878f-67ec5a7a2c38) — Memo · 2025 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                REKENINGKUNDE V2

                                   MEI/JUNIE 2025

                                                                         PUNTE: 150

                                                                           TYD: 2 uur

                          Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye,
                     'n formuleblad en 'n 12 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Rekeningkunde/V2                              2                               DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

 1.       Beantwoord AL die vrae.

 2.       'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
          beantwoord.

 3.       'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
          aangeheg.

 4.       Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

 5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.       Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

 7.       Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

 8.       Skryf netjies en leesbaar.

 9.       Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
          beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.     2025

  VRAAG                       ONDERWERP                                PUNTE         MINUTE

      1        BTW en Krediteure-rekonsiliasie                          30               25

      2        Kosterekeningkunde                                       40               30

      3        Voorraadwaardasie                                        40               30

      4        Begrotings                                               40               35

 TOTAAL                                                                 150             120

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Rekeningkunde/V2                              3                           DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 1: BTW EN KREDITEURE-REKONSILIASIE                             (30 punte, 25 minute)

 1.1    BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE (BTW)

        GEVRA:

        Die inligting het betrekking op Comfort Handelaars vir die BTW-periode geëindig
        31 Januarie 2025. Die BTW-koers is 15%. Karen Botha is die eienaar van die
        besigheid. Die besigheid se gemiddelde verkope is R150 000 per maand.

        GEVRA:

        1.1.1     Bereken die BTW-bedrae in die tabel wat in die ANTWOORDEBOEK
                  verskaf word. Dui die effek aan van ELKE item op die bedrag aan SAID
                  betaalbaar. Toon 'n vermeerdering met 'n '+' en 'n vermindering met 'n '–'.
                  'n Voorbeeld is voltooi.                                                       (10)

        1.1.2     Karen wil haar besigheid as 'n BTW-handelaar deregistreer omdat sy nie by
                  die BTW-sperdatums vir indiening van opgawes kan hou nie.

                  Wat sal jou raad aan Karen wees? Noem EEN punt.                                (2)

        INLIGTING:

        A.   Bedrag verskuldig aan SAID op 1 Januarie 2025, R51 500.

        B.   Transaksies vir Januarie 2025:

                                                        BTW            BTW          BTW-
                  NR.         BESONDERHEDE           UITGESLUIT     INGESLUIT      BEDRAG
                                                         (R)            (R)          (R)
                            Onttrekking van
                Voorbeeld                                   6 000         6 900       900
                            voorraad
                     (i)    Goedere aangekoop                           221 720         ?
                            Kredietnotas aan
                   (ii)                                    12 000                       ?
                            klante uitgereik
                   (iii)    Totale verkope                             *187 795         ?

                            Oninbare skulde
                   (iv)                                                               765
                            afgeskryf

             *Sekere goedere, met 'n totale verkoopprys van R21 275 (BTW ingesluit),
              moes as nulkoersitems opgeteken gewees het.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Rekeningkunde/V2                               4                         DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS Vertroulik

 1.2    KREDITEURE-REKONSILIASIE
        Epson Handelaars het 'n rekeningstaat van 'n krediteur, Canon Verskaffers,
        ontvang. Die saldo op dié staat het nie met die saldo in Canon Verskaffers se
        rekening in die Krediteuregrootboek van Epson Handelaars ooreengestem nie.
        GEVRA:
        1.2.1     Verwys na Inligting A, B en C.
                  Gebruik die tabel verskaf om veranderinge aan te dui van die:
                  •     Krediteuregrootboekrekening in die boeke van Epson Handelaars
                  •     Rekeningstaat ontvang van Canon Verskaffers
                  Skryf die bedrag en dui by elke bedrag 'n vermeerdering (+) of 'n
                  vermindering (-) aan.                                             (14)
        1.2.2     Verwys na Inligting D.
                  Daar is gevind dat Senzo, die aankoopbestuurder, 'n fiktiewe faktuur
                  geteken het wat van Prime Verskaffers ontvang is. Sy seun se
                  bankbesonderhede het op hierdie faktuur verskyn. Die toepaslike betaling
                  is deur die finansiële afdeling gedoen.
                  Behalwe om Senzo af te dank, verskaf:
                  • EEN ander manier waarop teen hom opgetree kan word
                  • EEN voorstel om hierdie probleem in die toekoms te voorkom                  (4)
        INLIGTING:
        A.      Krediteuregrootboek van Epson Handelaars:
                                          CANON VERSKAFFERS (KL9)
                  DATUM          BESONDERHEDE        DEBIET    KREDIET            SALDO
                2025       1    Rekening gelewer                                    69 800
                Maart      6    Faktuur 519                       26 300            96 100
                           8    Debietnota 104         1 600                        94 500
                           14   EFO 310               45 500                        49 000
                                Korting                7 000                        42 000
                           15   Faktuur 202                       13 800            55 800
                           24   Faktuur 567                       20 000            75 800
                           25   Faktuur 594                       17 100            92 900
                           31   Faktuur 610                        9 000           101 900

        B.      Rekeningstaat ontvang van Canon Verskaffers:
                                        CANON VERSKAFFERS
                Epson Handelaars
                Barbertonweg 95                             Datum: 25 Maart 2025
                  DATUM       BESONDERHEDE       DEBIET   KREDIET      SALDO
                 2025    1   Saldo                                      69 800
                 Maart   4 Rente                     400                70 200
                         6 Faktuur 519            23 600                93 800
                         8 Kredietnota 164         1 600                95 400
                         14 Kwitansie 7710                  45 500      49 900
                         24 Faktuur 567           20 000                69 900
                         25 Faktuur 594           19 000                88 900

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Rekeningkunde/V2                             5                          DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

        C.   Verskille opgemerk:

             (i)     Die rente, R400, deur Canon Verskaffers op 4 Maart 2025 op Epson
                     Handelaars se rekening gehef, is korrek.

             (ii)    Faktuur 519 op 6 Maart 2025 was korrek volgens die rekeningstaat wat
                     van Canon Verskaffers ontvang is.

             (iii)   Canon Verskaffers het die terugsendings op 8 Maart 2025 foutiewelik
                     geboekstaaf.

             (iv)    Epson Handelaars het vir korting gekwalifiseer as gevolg van die vroeë
                     betaling van hulle rekening op 14 Maart 2025. Canon Verskaffers het
                     slegs R5 000 korting toegestaan. Hulle het belowe om dit op hulle
                     rekeningstaat vir volgende maand te toon.

             (v)     Faktuur 202, R13 800, is foutiewelik op 15 Maart 2025 in die
                     Krediteuregrootboek-rekening van Canon Verskaffers geboekstaaf. Die
                     faktuur is van 'n ander krediteur, Baron Verskaffers, ontvang.

             (vi)    'n Handelskorting van 10% is op faktuur 594 afgetrek. Canon
                     Verskaffers sal hierdie fout volgende maand regmaak.

             (vii)   Faktuur 610 het nie op Canon Verskaffers se rekeningstaat verskyn nie
                     omdat die transaksie na die staat se datum plaasgevind het.

        D.   Krediteuregrootboek van Epson Handelaars

                                     PRIME VERSKAFFERS (KL24)
                DATUM          BESONDERHEDE       DEBIET     KREDIET              SALDO
               2025   23      Faktuur 481                      18 000              18 000
               Maart  28      EFO 336              18 000                               0

                                                                                                30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Rekeningkunde/V2                              6                               DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 2: KOSTEREKENINGKUNDE                                           (40 punte; 30 minute)
 2.1    Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee is. Skryf slegs die woord
        langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
        2.1.1   Verbruiksgoedere wat in die fabriek             gebruik       word,    word    as
                (direkte/indirekte) materiaal beskou.
        2.1.2   Waardevermindering op fabrieksmasjinerie word as (veranderlike/vaste)
                koste geklassifiseer.
        2.1.3   Lone betaal aan die kantoorskoonmakers word as 'n (verkoops-en
                verspreidings/administrasie)-koste beskou.              (3 x 1)                      (3)
 2.2    WOLLIES SE WINTERHANDSKOENE
        Die besigheid vervaardig winterhandskoene. Die finansiële jaar eindig op
        28 Februarie 2025. Die eienaar van die besigheid is Jerry Classon.
        Die besigheid het geen goedere-in-bewerking-voorraad nie en alle vervaardigde
        items word verkoop.
        GEVRA:
        2.2.1   Verwys na Inligting A.
                Bereken die direkte materiaalkoste vir die jaar geëindig 28 Februarie 2025.          (4)
        2.2.2   Verwys na Inligting B.
                Bereken die korrekte          fabrieksbokoste    vir    die     jaar    geëindig
                28 Februarie 2025.                                                                   (9)
        2.2.3   Bereken die bruto wins verdien vir die jaar geëindig 28 Februarie 2025.              (5)
        2.2.4   Jerry was tevrede met die prestasie gedurende die huidige jaar en beplan
                om produksie met 30% in die volgende finansiële jaar te verhoog. Hy is
                oortuig daarvan dat die vraag sal toeneem as gevolg van veranderende
                weerpatrone.
                •    Lewer kommentaar op die produksievlak en gelykbreekpunte deur die
                     huidige finansiële jaar se resultate met sy plan vir die volgende
                     finansiële jaar te vergelyk. Verskaf TWEE punte, met syfers.                    (4)
                •    Bereken die verhoging in die wins wat Jerry verwag om vanaf die jaar
                     geëindig 28 Februarie 2025 tot die volgende finansiële jaar te verdien.         (5)
        2.2.5   Gee TWEE moontlike redes vir die voorgestelde verhoging in direkte
                arbeidskoste in die volgende finansiële jaar. Haal syfers aan.                       (4)
        2.2.6   Jerry het 'n verhoging van R304 000 vir totale vaste koste geprojekteer.
                •    Verskaf TWEE moontlike uitgawe-items wat hy in ag kon geneem het
                     toe hy sy projeksies gemaak het. Gee 'n verskillende rede vir elke
                     geïdentifiseerde item.                                                          (4)
                •    Verduidelik waarom Jerry nie oor hierdie voorgestelde verhoging in
                     totale vaste koste bekommerd hoef te wees nie. Verskaf EEN punt met
                     syfers.                                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Rekeningkunde/V2                                7                           DBE/Mei/Junie 2025
                                         SS/NSS Vertroulik

        INLIGTING:

        A.   Direkte materiaalkoste:

                                                                     KOSTE         TOTALE
                                                        METER      PER METER       BEDRAG
                                                                       (R)            (R)
             Beginvoorraad                                6 000        55            330 000
             Aankope gedurende die jaar                  24 000        60          1 440 000
             Totaal beskikbaar vir gebruik               30 000         ?          1 770 000
             Eindvoorraad                                 4 000         ?             ?
             Direkte materiaal vir produksie
             uitgereik                                   26 000         ?              ?

             •       Materiaal word na die fabriek oorgedra deur die geweegdegemiddelde-
                     metode te gebruik.
             •       Geen materiaal is vermis of gesteel nie as gevolg van goeie interne
                     beheermaatreëls.

        B.   Fabrieksbokoste:

             Die boekhouer het die fabrieksbokoste as R966 360 bereken. Hy het egter die
             volgende foute gemaak wat reggestel moet word:

             (i)      Die totale telefoonuitgawe van R36 000 is gebruik in plaas daarvan om
                      25% aan die fabriek toe te ken.

             (ii)     Die eindvoorraad van die fabriek se indirekte materiaal is met R2 800 te
                      laag opgegee.

             (iii)    Die boekhouer het die gedeelte van die skoonmaker se loon korrek aan
                      fabrieksbokoste toegeken. Hy het egter nie die 6% p.j.-verhoging, wat
                      op 1 Januarie 2025 in werking getree het, op die skoonmaker se loon in
                      berekening gebring nie. Die skoonmaker verdien R48 000 p.j. en
                      spandeer die helfte van sy werkstyd in die fabriek.

             (iv)     Water en elektrisiteit van R25 600 is aan die fabriek toegeken met
                      gebruik van die verhouding 4 : 3 : 2 vir die fabriek, verkope en kantoor
                      onderskeidelik. Dit moes in die verhouding 5 : 3 : 2 toegeken gewees
                      het.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Rekeningkunde/V2                                8                           DBE/Mei/Junie 2025
                                         SS/NSS Vertroulik

        C.   Werklike en geprojekteerde koste:

                                                                       PLAN VIR VOLGENDE
                                            28 FEBRUARIE 2025
                                                                         FINANSIËLE JAAR
                                           TOTALE     EENHEIDS-        TOTALE     EENHEIDS-
                                           BEDRAG       KOSTE          BEDRAG       KOSTE
                                             (R)      PER PAAR            (R)     PER PAAR
                                                         (R)                         (R)
             Direkte materiaalkoste            ?          ?             1 560 000      30,00
             Direkte arbeidskoste             876 000     21,90         1 300 000      25,00
             Verkoops- en
                                                                         650 000          12,50
             verspreidingskoste
             Totale veranderlike koste                         75,00                      67,50
             Totale vaste koste                                38,00                      35,10

        D.   Ander inligting:

                                                                       PLAN VIR VOLGENDE
                                            28 FEBRUARIE 2025
                                                                        FINANSIËLE JAAR
             Eenhede vervaardig en
                                                 40 000 pare                52 000 pare
             verkoop
             Gelykbreekpunt                      38 000 pare                38 400 pare

             Verkoopprys per paar                 R115,00                    R115,00
             Verkope                             R4 600 000                 R5 980 000

                                                                                                   40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Rekeningkunde/V2                            9                          DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 3: VOORRAADWAARDASIE                                       (40 punte; 30 minute)

 HELEN'S ELEKTRONIKA

 Helen Woods is die eienaar van 'n elektronika-winkel wat 'n verskeidenheid elektroniese
 produkte verkoop. Die finansiële jaar het op 28 Februarie 2025 geëindig. Rekords vir
 oorfone, televisiestelle, stofsuiers en hoëdruk-spuitmasjiene word verskaf.

 OORFONE

 Die eerste-in-eerste-uit(EIEU)-voorraadwaardasiemetode is van toepassing.

 GEVRA:

 3.1     Bereken die waarde van die eindvoorraad op 28 Februarie 2025 deur die
         EIEU-metode te gebruik.                                                              (5)

 3.2     Helen het besluit om in September 2024 van verskaffers te verander nadat sy raad
         by haar suster, die winkelbestuurder, gekry het.

         •   Verskaf TWEE punte wat daarop dui dat haar klante ontevrede is met die
             gehalte van die oorfone van die nuwe verskaffers. Haal syfers aan.               (4)

         •   Watter raad sou jy aan Helen gee oor die verandering van verskaffers in die
             toekoms? Verskaf EEN punt.                                                       (2)

 INLIGTING:

 A.    Voorraadsaldo's van oorfone:

                                                         EENHEIDSPRYS
                                                           (vraggeld          TOTAAL
                                          EENHEDE
                                                            ingesluit)
                                                               (R)               (R)
       1 Maart 2024                           170              145               24 650
       28 Februarie 2025                      350               ?                     ?

 B.    Oorfoon-aankope gedurende die finansiële jaar:

                                                         EENHEIDSPRYS         TOTAAL
                                          EENHEDE
                                                              (R)               (R)
       April 2024                             250            165                  41 250
       Junie 2024                             300            180                  54 000
       September 2024                         380            135                  51 300
       Desember 2024                          320            140                  44 800
       Totale aankope                        1 250                               191 350

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Rekeningkunde/V2                            10                          DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

 C.    Vraggeld op aankope:
       Oorfone word deur Jiffy Vervoer by die winkel afgelewer teen 'n nie-terugbetaalbare
       tarief van R20 per eenheid. Die vraggeld op aankope is nie by Inligting B ingesluit
       nie.
 D.    Terugsendings:
       80 oorfone wat in Desember 2024 gekoop is, is aan die verskaffers teruggestuur,
       R11 200.
 E.    Verkope:
                                                               VERKOOP-
                                                                 PRYS            TOTAAL
                                                 EENHEDE
                                                              PER EENHEID
                                                                   (R)              (R)
       1 Maart 2024 tot 31 Augustus 2024             680          220               149 600
       1 September 2024 tot 28 Februarie 2025        310          220                68 200
                                                     990                            217 800

 TELEVISIESTELLE
 Televisiestelle se voorraad word deur middel van die spesifieke identifikasiemetode
 waardeer. Die besigheid het twee modelle (Quantum en Crystal) vanaf 1 Maart 2024, die
 begin van die finansiële jaar, verkoop. 'n Nuwe TV-model, Limpid, is op 1 Desember 2024
 ingebring om die Quantum-TV-model te vervang.
 GEVRA:
 3.3    Bereken die eindvoorraad van die televisiestelle op 28 Februarie 2025.                  (9)
 3.4    Helen was nie tevrede dat sy 'n gemiddeld van 19 Crystal TV's per maand verkoop
        het nie. Sy is egter bly dat die nuwe Limpid TV's, alhoewel dit 'n hoër verkoopprys
        per eenheid het, teen 'n vinniger tempo as die Crystal TV's verkoop.
        •   Bereken die koste van verkope van die Limpid TV's.                                  (3)
        •   Bereken hoe lank (in dae) dit Helen sal neem om die eindvoorraad van die
            Limpid TV's te verkoop.                                                             (4)
        •   Helen is van mening dat sy die regte besluit geneem het om die Quantum TV's
            met die Limpid TV's te vervang. Gee EEN moontlike rede (met syfers) om haar
            mening te staaf.                                                                    (2)
 3.5    Verwys na inligting D.
        Verduidelik hoe dit 'n positiewe uitwerking op haar besigheid sal hê. Verskaf EEN
        punt.                                                                                   (2)
 INLIGTING:
 A.    Beginvoorraad:
                                                               KOSPRYS           TOTAAL
            DATUM            TV-MODEL            EENHEDE      PER EENHEID
                                                                   (R)              (R)
                              Quantum                123         R4 800             590 400
       1 Maart 2024
                               Crystal                72         R6 500             468 000

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Rekeningkunde/V2                            11                            DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

 B.    Aankope:
                                                            KOSPRYS PER          TOTAAL
          DATUM         TV-MODEL       EENHEDE                EENHEID
                                                                (R)                  (R)
       1 Julie 2024       Crystal            186               R6 500              1 209 000
       1 Des. 2024        Limpid             115               R7 200                828 000

 C.    Verkope vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2025:
                                                          VERKOOPPRYS PER        TOTAAL
                TV-MODEL               EENHEDE                EENHEID
                                                                (R)                  (R)
       Quantum                               105               5 950                 624 750
       Crystal                               225               9 750               2 193 750
       Limpid                                 94               10 500                987 000
       Totale verkope                        424                                   3 805 500

 D.    Skenking van TV-stelle aan plaaslike skole:
       Helen het die onverkoopte Quantum TV's aan plaaslike hoërskole geskenk.
 STOFSUIERS EN HOË-DRUKSPUITMASJIENE
 GEVRA:
 3.6     Stofsuiers:
         • Identifiseer EEN probleem met stofsuiers. Haal syfers aan.
         • Wat sal jou raad wees? Noem EEN punt.                                                 (3)
 3.7     Hoë-drukspuitmasjiene:
         • Verduidelik TWEE goeie besluite wat Helen geneem het ten opsigte van die
           spuitmasjiene. Haal syfers aan.
         • Verduidelik hoe elke besluit die resultate van 28 Februarie 2025 verbeter het.
           Verskaf EEN verskillende punt vir ELKE besluit.                                       (6)
 INLIGTING:
                                       STOFSUIERS               HOË-DRUKSPUITMASJIENE
                                 28 FEB. 2025 29 FEB. 2024      28 FEB. 2025 29 FEB. 2024
 Bruto eenhede verkoop               532          565               704          584
 Getal eenhede kontant
                                     280             360            398             302
 verkoop
 Handelskorting op
                                     5%              5%            10%              5%
 kontantverkope
 Getal eenhede op krediet
                                     230             190            270             240
 verkoop
 Betalingsbeleid vir
                                    90 dae          90 dae        120 dae         150 dae
 kredietverkope
 Rentekoers vir kredietverkope       18%             18%           15%              18%
 Terugsendings deur klante
                                     22               15            36               42
 (foutiewe eenhede)
 % winsopslag                        50%             60%           40%              60%

                                                                                                 40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Rekeningkunde/V2                              12                           DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 4: BEGROTINGS                                                  (40 punte; 35 minute)
 Daisy MacDonald is die eienaar van Canary Winkels wat skoolsakke verkoop. Die inligting
 is van toepassing op die begrotingsperiode geëindig 31 Julie 2025.

 LET WEL:          Waar kommentaar of verduidelikings gevra word, moet jy:
                   • Tendense met syfers aanhaal

 GEVRA:
 4.1       Verduidelik hoe die opstel van 'n Kontantbegroting as 'n bestuursinstrument
           gebruik kan word om die besigheid te help om hulle kontantbronne te bestuur.
           Noem EEN punt.                                                                          (2)
 4.2       Identifiseer TWEE items in die betalingsdeel van hierdie Kontantbegroting wat nie
           in die Geprojekteerde Staat van Omvattende Inkomste sal verskyn nie.                    (2)
 4.3       Voltooi die Krediteurebetalingskedule.                                                  (9)
 4.4       Bereken die ontbrekende syfers (i) tot (iv) in die Kontantbegroting.                    (14)
 4.5       Verwys na Inligting F.
           Bereken die vermindering in vloerspasie (in m2) wat gedurende Julie 2025 gehuur
           word.                                                                                   (5)
 4.6       Verwys na Inligting H.
           'n Nuwe mededinger het gedurende April 2025 in die area ingetrek. Daisy was nie
           van die mededinger bewus nie, en het in April 2025 nie enige stappe gedoen nie.
           4.6.1     Verduidelik die effek van die nuwe mededinger op enige TWEE items in
                     die begrote en werklike inligting vir April 2025. Haal syfers aan.            (4)
           4.6.2     Identifiseer TWEE veranderinge wat Daisy in Mei 2025 geïmplementeer
                     het in reaksie op die nuwe mededinger. Haal syfers aan.                       (4)
 INLIGTING:
 A.    Verkope, aankope van voorraad en koste van verkope:
       •    Totale verkope:
              April 2025               R180 000
              Mei 2025                 R202 500
              Junie 2025                      ?
              Julie 2025               R270 000

       •    40% van verkope is kontant; die res is op krediet.
       •    Die winsopslag is 50% op kosprys.
       •    Voorraad word op 'n maandelikse basis vervang.
       •    20% van aankope is kontant; die res is op krediet.

 B.    Krediteure-betalings:
       Na verwagting sal krediteure soos volg betaal word:
       • 75% word betaal in die maand van aankope om 5%-korting te ontvang.
       • 15% word betaal in die maand na aankope.
       • 10% word betaal in die tweede maand na aankope.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Rekeningkunde/V2                           13                               DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS Vertroulik

 C.   Verkoopassistente se salarisse:

      Al die verkoopassistente verdien dieselfde maandelikse salaris. Hulle sal vanaf
      1 Julie 2025, 5%-verhoging ontvang. Die besigheid het in Junie twee assistente
      gehad en sal 'n addisionele een vanaf 1 Julie 2025, teen dieselfde maandelikse
      salaris as die ander twee na die salarisverhoging, aanstel.

 D.   Lening:
      Deel van die lening sal op 1 Julie 2025 terugbetaal word. Rente van 15% p.j. word
      aan die einde van elke maand betaal en word nie gekapitaliseer nie.

 E.   Voertuig- en afleweringsuitgawes:
      •   Canary Winkels het afleweringsdienste vir die afgelope twee jaar uitkontrakteer
          teen 'n persentasie van verkope.
      •   Die eienaar beplan om 'n afleweringsvoertuig op 31 Julie 2025 te koop. Die
          besigheid sal 'n 10%-deposito op hierdie datum betaal en die uitstaande bedrag
          sal oor 36 maande teen R6 875 per maand vanaf 31 Augustus 2025 afbetaal
          word.

 F.   Huuruitgawes:
      Die besigheid huur 180 m2 van die perseel teen 'n vaste koers per m2. Die
      huuragentskap het die besigheid in kennis gestel van 'n beplande verhoging in die
      huur per m2 vanaf 1 Augustus 2025. Ten einde huur te bespaar, het die eienaar
      besluit om die m2 wat gehuur word vanaf 1 Julie 2025 te verminder.

 G.   Uittreksel uit die Kontantbegroting vir Junie en Julie 2025:
                                                           JUNIE 2025           JULIE 2025
      ONTVANGSTE
                                                              (R)                  (R)
      Kontantverkope                                                                (i)
      Debiteure-invorderings                                  117 450                134 325
      Rente op vaste deposito                                         250                    250
      Vaste deposito verval                                                           30 000
      BETALINGS
      Kontantaankope van voorraad                                                     36 000
      Krediteure-betalings                                    111 300
      Salarisse en lone                                        (ii)                   35 280
      Lening-terugbetalings                                                          (iii)
      Rente op lening                                           3 150                  2 250
      Afleweringsuitgawes                                                             13 500
      Huuruitgawes                                             59 940                 47 952
      Deposito vir voertuig                                                          (iv)
      Advertensies                                                                     24 300
      Diverse uitgawes                                          4 950                   5 100

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Rekeningkunde/V2                         14                              DBE/Mei/Junie 2025
                                   SS/NSS Vertroulik

 H.   Begrote en werklike inligting vir April en Mei 2025:

                                        APRIL 2025                       MEI 2025
                                  BEGROOT        WERKLIK         BEGROOT       WERKLIK
       Eenhede beskikbaar om te
                                      720              540         900              765
       verkoop/reeds verkoop
       Verkoopprys per eenheid       R250          R250           R225            R225

       Totale verkope               R180 000       R135 000       R202 500          R172 125
       Totale aankope               R120 000           R90 000    R135 000          R114 750
       Bruto wins                    R60 000           R45 000     R67 500           R57 375
       Advertensies                   R9 000            R4 500     R18 225           R15 400
       Kommissie                            0                0      R4 050            R3 443
       Afleweringsuitgawes            R7 200            R6 750     R10 125            R8 600

                                                                                               40

                                                                                 TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

### Page 15

Rekeningkunde/V2                                                                       DBE/Mei/Junie 2025
                                                 SS/NSS Vertroulik

       GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
                    Bruto wins x 100                                         Bruto wins    x 100
                     Verkope      1                                      Koste van verkope    1
         Netto wins voor belasting x 100                              Netto wins na belasting x 100
                  Verkope             1                                      Verkope             1
                Bedryfsuitgawes x 100                                        Bedryfswins x 100
                    Verkope        1                                           Verkope      1

                Totale bates : Totale laste                              Bedryfsbates : Bedryfslaste

   (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste                       Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

       (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste
       Gemiddelde handelsvoorraad x 365
            Koste van verkope        1                                     Koste van verkope
                                                                       Gemiddelde handelsvoorraad
                                      (Sien Nota 1 hieronder)
                                                                     Gemiddelde krediteure               x   365
             Gemiddelde debiteure x 365                               Koste van verkope                       1
               Kredietverkope        1
                                                                                            (Sien Nota 2 hieronder)

                                                                      Netto inkomste na belasting x 100
   Netto inkomste na belasting  x 100                                  Getal uitgereikte aandele     1
 Gemiddelde aandeelhouersbelang    1
                                                                                            (Sien Nota 3 hieronder)

               Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings     x 100
       Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde nie-bedryfslaste    1

         Aandeelhouersbelang      x 100                                Dividende vir die jaar   x 100
        Getal uitgereikte aandele    1                                Getal uitgereikte aandele    1

              Tussentydse dividende         x 100                          Finale dividende      x 100
             Getal uitgereikte aandele         1                       Getal uitgereikte aandele    1

       Dividende per aandeel x 100                                      Dividende vir die jaar   x 100
       Verdienste per aandeel   1                                    Netto inkomste na belasting    1

                                         Totale vaste koste                                  .

                       Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET     1.    Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar kan gebruik word as dit in 'n vraag vereis word.
WEL:          365 dae is slegs van toepassing indien dit relevant tot die hele jaar is.
        2.    Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees mits
              voorraad konstant bly).
        3.    Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is, word die
              geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik.

  Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Accounting · Addendum · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-mg-afr/e1d7c729-bd17-40c4-8d22-40a10fe19150) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Grade 12 NSC Accounting P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-june-2024-afrikaans/15cfc713-ee34-47b1-9c9c-29299ee143c2) — Accounting · Memo · 2024 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR12 ANSWERBOOK JUNE 2022 Afrikaans Finaal](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-answerbook-june-2022-afrikaans-finaal/67317f0a-c6c2-47b6-bae2-7d594500c14b) — Accounting · Addendum · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P2 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/4c11fbd4-960d-4f11-8cb5-c00f8f2cb8b5) — Memo · 2025 · Afr
- [2023 MP Prelim P2 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/2023-mp-prelim-p2-answer-book/cc1d1590-ceb4-4d58-b4f8-408396bc15a9) — Addendum · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
