# Accounting Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2021-afr/6fec8993-f2b5-4aac-9ce1-277abdc5ca20
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2021-afr/6fec8993-f2b5-4aac-9ce1-277abdc5ca20)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                REKENINGKUNDE V2

                                   NOVEMBER 2021

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                           Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye,
                      'n formuleblad en 'n 12 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                  2           DBE/November 2021
                                 NSS

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                             3                            DBE/November 2021
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy al die vrae moet
         beantwoord.

3.       Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

4.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.       Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
         beantwoord.

6.       Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

7.       Indien jy dit verkies, mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat
         aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van
         hierdie formuleblad is NIE verpligtend NIE.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

9.       Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
         beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

        VRAAG                         ONDERWERP                      PUNTE        MINUTE

            1         Debiteureversoening en Ouderdomsanalise           30           25

            2         Kosterekeningkunde                                45           35

            3         Begrotings                                        35           30

            4         Voorrade en Vaste Bates                           40           30

       TOTAAL                                                          150          120

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                               4                          DBE/November 2021
                                              NSS

VRAAG 1: DEBITEUREVERSOENING EN OUDERDOMSANALISE
                                             (30 punte; 25 minute)

Zig Zag Handelaars verkoop damesklere op krediet. Debiteure word 'n krediettermyn
van 30 dae toegelaat om hulle rekeninge te vereffen.

GEVRA:

1.1       Verskaf TWEE dokumente wat Zig Zag Handelaars van potensiële debiteure
          sal nodig hê voordat hulle toegelaat sal word om rekeninge oop te maak.                 (2)

1.2       Verwys na Inligting A en B.

          Gebruik die tabel wat in die ANTWOORDEBOEK verskaf word om die
          volgende te bereken:

              Die korrekte eindsaldo van die Debiteurekontrolerekening op
               30 September 2021. Dui veranderinge aan met '+' vir 'n toename, '–' vir 'n
               afname of '0' vir geen verandering nie.                                            (9)

              Die korrekte bedrae verskuldig deur slegs die volgende debiteure:
               -   A Barnes
               -   C Davis
               -   E Foley                                                                        (9)

1.3       Verwys na Inligting C.

          Verduidelik DRIE verskillende probleme wat deur die debiteure-
          ouderdomsanalise uitgelig word. Verskaf in ELKE geval die naam van die
          debiteur en/of die syfer(s).                                                            (6)

1.4       Verwys na Inligting D.

          Verskaf TWEE punte om die interne ouditeur se kommer te ondersteun dat
          Susan se posbeskrywing tot moontlike bedrog kan lei.                                    (4)

INLIGTING:

A.    Saldo's op 30 September 2021 voordat foute en weglatings in Inligting B in
      berekening gebring word:

         Debiteurekontrolerekening: R228 000
         Uittreksel uit die debiteurelys:

                         DEBITEURE                    FOLIO              BEDRAG
              A Barnes                                 D10                  R13 500
              C Davis                                  D23                  R25 000
              E Foley                                  D35                  R18 300

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                5                            DBE/November 2021
                                               NSS

B.   Die volgende foute en weglatings moet in berekening gebring word:

     (i)       'n Faktuur vir R1 750 wat aan A Barnes uitgereik is, is nie in die boeke van
               Zig Zag Handelaars opgeteken nie.

     (ii)      'n Direkte deposito van R2 500 deur E Foley is korrek in die joernaal
               aangeteken, maar foutiewelik in die rekening van E Foges ('n ander
               debiteur) in die Debiteuregrootboek opgeteken.

     (iii)     Die totaal van die Debiteurejoernaal, R62 500, is foutiewelik as R65 200 in
               die Debiteurekontrolerekening geboekstaaf.

     (iv)      Handelsware verkoop aan C Davis, R3 500, is as 'n terugsending van
               goedere hanteer, en in die Debiteure-afslagjoernaal geboekstaaf.

     (v)       R5 200, ontvang van D Klein, 'n debiteur wie se uitstaande saldo ses
               maande gelede afgeskryf is, is in die Kontantontvangste-joernaal as 'n
               ontvangste van 'n debiteur geboekstaaf.

     (vi)      Handelsware wat deur A Barnes teruggestuur is, is in die relevante joernaal
               as R250 in plaas van R700 geboekstaaf en dienooreenkomstig oorgeboek.

     (vii) 'n EFO van R7 850, van E Foley ontvang as gedeeltelike betaling van sy
           rekening, is korrek in die toepaslike joernaal geboekstaaf, maar geen
           inskrywing is in die Debiteuregrootboek gemaak nie.

C.   Die volgende ouderdomsanalise is op 30 September 2021 opgestel:
                   KREDIET-                                                        MEER AS
     DEBITEUR                       SALDO      LOPEND     30 DAE     60 DAE
                     LIMIET                                                         90 DAE
                       R               R          R          R          R              R
     J Blom            52 000         45 000     18 000      7 000     20 000
     Z Phi             22 000         29 000      3 000     26 000
     S Sah             16 000         12 500     12 500
     O Mach             6 000          6 000      2 000                                  4 000
     Ander debiteure                 146 300     55 244     48 192     30 148           12 716

     TOTALE                        R238 800    R90 744    R81 192    R50 148          R16 716
                                     100%        38%        34%        21%             7%

D.   Susan, 'n lid van die verkoopspersoneel, is ook verantwoordelik vir:
            Invordering van kontant by klante wat verkies om op dié manier te betaal
            Ontvangs van teruggestuurde goedere en die uitreik van kredietnotas aan
             klante wat goedere terugbring.

     Die interne ouditeur is nie gelukkig met Susan se posbeskrywing nie aangesien hy
     voel dat dit moontlik bedrog tot gevolg kan hê, wat kan lei tot 'n verlies aan kontant
     en handelsvoorraad.

                                                                                                     30

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                  6                          DBE/November 2021
                                                 NSS

VRAAG 2: KOSTEREKENINGKUNDE                                           (45 punte; 35 minute)

2.1     PRUDY VERVAARDIGERS
        Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2021.
        Die onderneming vervaardig 'n reissak in een styl. Die eienaar is Prudy Sithole.
        GEVRA:
        Voltooi die volgende vir die jaar geëindig 28 Februarie 2021:
        2.1.1        Produksiekostestaat                                                             (10)
        2.1.2        Verkorte Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat)                          (11)
        INLIGTING:
        A.      Voorraadsaldo's:
                                                       28 Februarie 2021     1 Maart 2020
                    Klaarproduktevoorraad                  R96 000             R72 000
                Daar is geen goedere-in-bewerking aan die begin of einde van die jaar
                nie.
        B.      Grondstof aan die fabriek vir produksie uitgereik, R1 494 000.
        C.      Produksielone:
                Inligting onttrek uit die produksielone-rekords:
                        NETTO LONE AAN DIE
                                                             TOTALE AFTREKKINGS
                     PRODUKSIEWERKERS BETAAL
                                R647 400                        22% van bruto lone

        D.      Die boekhouer het die volgende koste bereken vir die jaar geëindig
                28 Februarie 2021:
                    Fabrieksbokoste                             R520 280
                    Verkoops- en verspreidingskoste             R224 960
                    Administrasiekoste                          R187 760
                Hulle het ontdek dat sy nie die volgende in berekening gebring het nie:
                     Die telefoonrekening van R22 400 is foutiewelik na die
                      fabrieksbokoste oorgeboek. Hierdie uitgawe het op die kantoor
                      betrekking.
                     Die volle bedrag vir huuruitgawe, R98 400, is na die fabrieksbokoste
                      oorgeboek. Hierdie uitgawe moes in die verhouding 7 : 2 : 1 tussen die
                      fabrieks-, verkoops- en administrasie-afdelings verdeel geword het.
                     Die versekeringuitgawe van R26 400 is foutiewelik gelykop tussen die
                      fabrieksbokoste en verkoopsafdeling verdeel. 60% van hierdie uitgawe
                      het op die fabriek betrekking en die res is op die verkoopsafdeling van
                      toepassing.
        E.      Verkope:
                Totale verkope vir die jaar beloop R4 433 600.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                7                          DBE/November 2021
                                               NSS

2.2     BEHEER VAN GRONDSTOF

        Nadat die state in VRAAG 2.1 voltooi is, vermoed die interne ouditeur van
        Prudy Vervaardigers dat die grondstof (materiaal) nie in die stoorkamer en die
        fabriek goed beheer word nie.

        2.2.1       Bereken:
                       Die meter materiaal wat uit die stoorkamer vermis word
                       Die meter materiaal wat in die fabriek vermors word

                    Behalwe die installering van kameras, verskaf 'n spesifieke strategie
                    om interne beheer in die stoorkamer en fabriek te verbeter. Noem in
                    ELKE geval 'n ander punt.                                                     (6)

        2.2.2       Bereken die totale koste van materiaal wat verlore en vermors is en
                    verduidelik hoe hierdie verlies wat in die state in VRAAG 2.1 genoem
                    word, getoon moet word.                                                       (3)

        INLIGTING:

        A.      Grondstof (materiaal):

                Materiaal wat vir produksie gebruik word, word vanaf die stoorkamer aan
                die fabriek uitgereik soos benodig. Die rekord van materiaal is soos volg:

                                                             METER      TOTALE BEDRAG
                Grondstof aan fabriek uitgereik              12 450         R1 494 000
                Saldo op 1 Maart 2020                         2 700            324 000
                Aankope van materiaal gedurende die jaar     10 800          1 296 000
                Saldo op 28 Februarie 2021                     850             102 000

        B.      Addisionele inligting:

                   Materiaal word aangekoop teen 'n vaste kosprys van R120 per meter.
                   Dit neem 1,5 meter materiaal om een reissak te maak.
                   7 800 sakke is gedurende die finansiële jaar vervaardig.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                             8                          DBE/November 2021
                                            NSS

2.3     ROSEMARY SE SPEELGOEDFABRIEK

        Hierdie fabriek vervaardig speelgoedteddiebere. Daar is geen goedere-in-
        bewerking-voorraad aan die begin of einde van elke jaar nie. Die finansiële jaar
        eindig op 31 Desember.

        Rosemary het besluit om die probleem van lae winste wat in 2020 behaal is, op
        te los deur 'n paar veranderinge aan te bring om verkope en produksie te
        verbeter.

        GEVRA:

        2.3.1   Verskaf 'n berekening om te bevestig dat die gelykbreekpunt vir die
                2021 finansiële jaar korrek is.                                                   (3)

        2.3.2   Verduidelik waarom Rosemary met die produksievlakke, verkope en
                gelykbreekpunt tevrede is. Haal syfers aan.                                       (4)

        2.3.3   Verduidelik aan Rosemary waarom die vaste koste per eenheid van
                R56,00 tot R45,71 verminder het.                                                  (2)

        2.3.4   Rosemary het doelbewuste besluite geneem rakende die veranderlike
                koste om die onderneming te verbeter.

                Verduidelik die besluite wat sy oor hierdie koste kon geneem het en
                hoe dit 'n positiewe uitwerking op die onderneming kon gehad het.
                Haal syfers aan.                                                                  (6)

        INLIGTING:

                                       31 DESEMBER 2021          31 DESEMBER 2020
                                      BEDRAG     EENHEIDS-      BEDRAG    EENHEIDS-
                                                   KOSTE                    KOSTE
                                          R          R             R          R
         Direkte materiaalkoste          490 000    100,00        320 000    80,00
         Direkte arbeidskoste            274 400     56,00        288 000    72,00
         Verkoop- en verspreidings-
                                         176 400       36,00        96 000         24,00
         koste
         VERANDERLIKE KOSTE              940 800      192,00      704 000        176,00
         Fabrieksbokoste                 160 000       32,65      160 000          40,00
         Administrasiekoste               64 000       13,06       64 000          16,00
         VASTE KOSTE                     224 000       45,71      224 000          56,00

         Verkoopsprys per eenheid              R255                     R240

         Eenhede geproduseer en           4 900 eenhede             4 000 eenhede
         verkoop
         Gelykbreekpunt                   3 556 eenhede             3 500 eenhede

                                                                                                   45

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                  9           DBE/November 2021
                                 NSS

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                10                       DBE/November 2021
                                               NSS

VRAAG 3: BEGROTINGS                                                (35 punte; 30 minute)

Shepstone Handelaars verkoop huishoudelike toebehore vir kontant en op krediet.
Hulle vra ook 'n bedrag om toebehore te herstel, maar slegs vir kontant. Brian Johns is
die eienaar van die onderneming. Die inligting het betrekking op die begrotingstydperk
November 2021 tot Januarie 2022.

GEVRA:
3.1     Bereken die bedrae aangedui deur (a)–(c) op die Debiteure-invorderingskedule
        wat in die ANTWOORDEBOEK verskaf is.                                                       (6)
3.2     Bereken die bedrae aangedui deur (a)–(c) op die Kontantbegroting wat in
        Inligting F verskaf is.                                                                    (9)
3.3     Werkslading van werknemers: Verwys na Inligting G.
        Brian is bekommerd oor die werkslading van sy personeel. Hy beplan om die
        verkoopspersoneel met een persoon te verminder. Die ander
        verkoopspersoneellede is nie met hierdie plan gelukkig nie.
           Verskaf TWEE punte wat Brian aan sy verkoopspersoneel kan verduidelik
            om sy plan te regverdig. Haal syfers aan.                                              (4)
           Verduidelik waarom die herstelpersoneellede nie met hulle werklas tevrede
            is nie. Haal syfers aan.                                                               (3)
           Watter voorstelle kan jy aanbied om die probleem van die werklas van
            personeel op te los? Verskaf TWEE punte.                                               (4)
3.4     Verkoopsneigings: Verwys na Inligting G.
        Lewer kommentaar op die kontant- en kredietverkoopsyfers vir
        November 2021. Verduidelik waarom Brian bekommerd is. Haal syfers aan.                     (3)
3.5     Afwykings: Die begrote en werklike syfers vir November 2021 word verskaf.

        Lewer kommentaar op die beheer van brandstof vir die afleweringsvoertuig en
        die verbruiksgoedere wat vir herstelwerk gebruik is. Haal syfers aan.
                                                        BEGROOT WERKLIK
                                                                               AFWYKING
                                                            R       R
       Verkope                                           798 000 707 000        – 91 000
       Fooi-inkomste                                      32 000  66 000        + 34 000
       Brandstof vir afleweringsvoertuig in bruikhuur     20 800  19 900           – 900
       Verbruiksgoedere vir herstelwerk                    8 000  12 100         + 4 100           (6)

INLIGTING:

A.    Verkope en koste van verkope:
                           September      Oktober       November   Desember      Januarie
                              2021          2021          2021       2021          2022
      Totale verkope        R735 000      R770 000      R798 000   R910 000      R882 000
      Koste van verkope     R420 000      R440 000      R456 000   R520 000      R504 000
B.    Kredietverkope: 40% van totale verkope is op krediet.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                 11                    DBE/November 2021
                                                NSS

C.   Debiteure betaal volgens die volgende neiging:
          30% betaal in die maand van verkope en ontvang 'n 5%-korting.
          45% betaal in die maand wat volg op die maand van verkope.
          22% betaal in die tweede maand wat volg op die maand van verkope.
     Oninbare skulde word in die derde maand in berekening gebring.

D.   Aankope en betaling aan krediteure:
          80% van die voorraad word op krediet aangekoop.
          Voorraad wat verkoop is, word in die maand van verkope vervang.
          Krediteure word twee maande na die aankoopmaand betaal.

E.   Inligting oor spesifieke items uit die Kontantbegroting:
          Huurinkomste sal met ingang van 1 Januarie 2022 met 9% p.j. verhoog word.
          Shepstone Handelaars onderneem gedurende Desember elke jaar spesiale
           en uitgebreide skoonmaak en reiniging. Die uitwerking hiervan is 'n toename
           in die skoonmaakdienstebegroting met 65%, slegs in Desember. Die normale
           maandelikse fooi sal na verwagting van 1 Januarie 2022 met 5% p.j. verhoog.

F.   Uittreksel uit die Kontantbegroting:

         ONTVANGSTE                                      Des. 2021         Jan. 2022
         Kontantverkope                                   R546 000           R529 200
         Fooi-inkomste (herstelwerk)                         38 400             52 200
         Huurinkomste                                            (a)            20 056
         BETALINGS
         Kontantaankope                                     104 000            100 800
         Betalings aan krediteure                           352 000                 (b)
         Verbruiksgoedere (herstelwerk)                       9 600             13 050
         Brandstof                                           21 840             23 930
         Skoonmaakdienste                                    15 510                 (c)
         Salarisse aan verkoopspersoneel                     82 000             87 330
         Lone aan herstelwerkpersoneel                       11 000             11 715
         Advertensies                                        36 400             35 280

G.   Inligting vir November 2021:
         Getal verkoopspersoneel, die drywer ingesluit                 5
         Getal herstelwerkpersoneellede                                2
                                                           BEGROOT           WERKLIK
         Getal klante: Verkope                                230               175
         Getal klante: Herstelwerk                             70               136
         Totale verkope                                    R798 000          R707 000
         Kontantverkope                                     478 800           142 000
         Kredietverkope                                     319 200           565 000
         Bruto wins                                         342 000           303 000
         Fooi-inkomste (slegs kontant)                       32 000            66 000
         Salarisse: Verkoopspersoneel                        82 000            82 000
         Lone: Herstelwerkpersoneel                          11 000            11 000

                                                                                                35
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                               12                       DBE/November 2021
                                              NSS

VRAAG 4: VOORRADE EN VASTE BATES                                (40 punte; 30 minute)

4.1     VOORRADE

        Justime Footwear (Edms.) Bpk. verkoop een soort hardloopskoene. Die
        onderneming gebruik die geweegdegemiddelde-metode om hierdie skoene te
        waardeer. Die periodieke voorraadstelsel word gebruik.

        GEVRA:

        Bereken die volgende op 28 Februarie 2021, die finansiële jaareinde:

        4.1.1        Waarde van die eindvoorraad                                               (7)

        4.1.2        Voorraadomsetsnelheid                                                     (4)

        INLIGTING:

        Die volgende inligting het op die hardloopskoene betrekking.

        A.      Saldo's:
                                          HOEVEELHEID            TOTALE WAARDE
                        DATUM
                                             (PARE)           (VRAGGELD INGESLUIT)
                 1 Maart 2020                  206                       R101 090
                 28 Februarie 2021             420                              ?

        B.      Aankope gedurende die jaar:
                                                        KOSPRYS           TOTALE
                                       GETAL ITEMS
                                                        PER ITEM          BEDRAG
                 Aankope                     2 490                       R2 236 700
                 15 April 2020                560             R820        R459 200
                 20 September 2020           1 120            R900       R1 008 000
                 5 Januarie 2021              810             R950        R769 500

        C.      Vraggeld op aankope:

                'n Vaste koste van R25 per eenheid word vir elke paar hardloopskoene
                wat by die winkel afgelewer word, betaal. Hierdie tarief was gedurende
                die finansiële jaar onveranderd. Dit word nie hierbo ingesluit nie.

        D.      Terugsendings:

                60 paar hardloopskoene uit die aankope vir September 2020 is
                teruggestuur. 'n Terugbetaling van die kosprys is van die verskaffer
                ontvang. Die vraggeld op aankope is nie terugbetaal nie.

        E.      Verkope:

                2 216 eenhede is teen R1 400 elk verkoop, R3 102 400.

                LET WEL: Daar was geen gesteelde items nie.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                13                          DBE/November 2021
                                               NSS

        4.1.3        Justime (Edms.) Bpk. dryf handel in drie soorte skoene. Die tabel
                     hieronder dui die algehele prestasie vir die jaar aan.
                     Die direkteure is tevrede met die bestuur van die hardloopskoene,
                     maar nie met die stewels en sandale nie:
                        Die stewels word ingevoer en Justime (Edms.) Bpk. is die enigste
                         onderneming in die dorp wat hierdie stewels verkoop.
                        Die sandale word plaaslik gemaak en alle mededingers verkoop
                         hulle teen R480 elk.
                     Lewer kommentaar op die voorraadomsetsnelhede vir stewels en
                     sandale en identifiseer die groot probleem met betrekking tot ELKE
                     produk. Haal syfers aan.
                                               HARDLOOP-
                                                                STEWELS        SANDALE
                                                 SKOENE
            Winsopslag-%                             57,3%           80%           331/3%
            Verkoopprys                             R1 400         R2 900           R480
            Gemiddelde kosprys                        R890         R1 610           R360
            Bruto wins per paar                       R510         R1 290           R120
            Totale bruto wins                   R1 130 160     R1 122 300     R1 368 000
            Bestellings van klante ontvang       2 216 paar      870 paar     15 000 paar
            Verkope                              2 216 paar      870 paar     11 400 paar
            Items voorhande teen jaareinde         420 paar      440 paar        150 paar
            Voorraad voorhande teen
                                                          ?     R708 400          R54 000
            jaareinde
            Voorraadomsetsnelheid                         ?        2 keer         76 keer          (6)
4.2     VASTE BATES
        Die volgende inligting het betrekking op die vaste/tasbare bates van Justime
        Footwear (Edms.) Bpk. Die finansiële jaar eindig op 28 Februarie 2021.
        GEVRA:
        4.2.1        Noem DRIE punte van goeie interne kontrole oor roerende vaste
                     bates.                                                                        (3)
        4.2.2        Verwys na Inligting A en B.
                     Bereken die kosprys van grond en geboue wat op 31 Augustus 2020
                     gekoop is.                                                                    (3)
        4.2.3        Verwys na Inligting A en C.
                     Bereken waardevermindering op die voertuig vir die jaar geëindig
                     28 Februarie 2021.                                                            (2)
        4.2.4        Verwys na Inligting A en D.
                     Die onderneming verminder toerusting teen 30% p.j. volgens die
                     verminderdesaldo-metode. Hulle het op 30 November 2020 besluit
                     om 'n fotostaatmasjien vir 'n nuwe model in te ruil.
                        Bereken die verlies op          die   fotostaatmasjien   wat     op
                         30 November 2020 ingeruil is.                                             (6)
                        Bereken waardevermindering op die nuwe fotostaatmasjien en op
                         die oorblywende ou toerusting vir die jaar geëindig 28 Februarie
                         2021.                                                                     (7)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                               14                          DBE/November 2021
                                              NSS

        4.2.5        Die HUB voel dat die grond en geboue ten minste R10 000 000 werd
                     is en wil die syfer in die Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat)
                     dienooreenkomstig aanpas. Verduidelik waarom die ouditeur NIE
                     saamstem NIE.                                                             (2)
        INLIGTING:
        A.      Uittreksel uit die Proefbalanse op 28 Februarie:
                                                                    2021         2020
                                                                     R            R
                 Balansstaatrekeninge-afdeling
                 Grond en geboue                                   6 250 000    5 500 000
                 Voertuig                                            480 000      480 000
                 Opgehoopte waardevermindering op voertuie                 ?      450 000
                 Toerusting                                        2 190 000    2 100 000
                 Opgehoopte waardevermindering op toerusting               ?    1 440 000

        B.      Grond en geboue:

                Glamour Konstruksie het op 31 Augustus 2020, nadat die nuwe
                stoorfasiliteite voltooi is, 'n faktuur verskaf. Die volle faktuurbedrag is
                betaal en teen grond en geboue gedebiteer. Die ouditeur het egter gevind
                dat herstelwerk aan die ou stoorkamer, R60 000, by die faktuur ingesluit
                is. Dit is nie reggestel nie.
        C.      Voertuie:

                Die maatskappy het slegs een voertuig. Die waardeverminderingskoers is
                25% p.j. op kosprys.
        D.      Toerusting:

                'n Fotostaatmasjien is op 30 November 2020 vir R88 000 vir 'n beter
                model ingeruil. Die kosprys van die nuwe model wat op 1 Desember 2020
                afgelewer is, was R410 000. Die vastebate-register het die volgende
                getoon:
                Vastebate-register:
                 Kategorie:                 Fotostaatmasjien
                 Model:                     Clearfont X23
                 Datum aangekoop:           1 Maart 2019
                 Kosprys:                   R320 000
                 Waardevermindering-        30% op verminderdesaldo-metode
                 koers:
                         Datum               Waardevermindering            Drawaarde
                 28 Februarie 2020                R96 000                   R224 000
                 30 November 2020                    ?                         ?

                                                                                               40
                                                                                  TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
  Rekeningkunde/V2                                                          DBE/November 2021
                                                 NSS

    GRAAD 12 REKENINGKUNDE-FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

            Bruto wins x 100                                  Bruto wins    x 100
             Verkope      1                               Koste van verkope    1

     Netto wins voor belasting x 100                      Netto wins na belasting x 100
              Verkope             1                              Verkope             1

         Bedryfsuitgawes x 100                                 Bedryfswins x 100
             Verkope        1                                    Verkope      1

        Totale bates : Totale laste                         Bedryfsbates : Bedryfslaste

 (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste              Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

    (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

   Gemiddelde handelsvoorraad x 365                            Koste van verkope          .

        Koste van verkope        1                         Gemiddelde handelsvoorraad

      Gemiddelde debiteure x 365                          Gemiddelde krediteure x 365
        Kredietverkope        1                            Koste van verkope       1

                                                          Netto inkomste na belasting x 100
   Netto inkomste na belasting        x    100             Getal uitgereikte aandele     1
Gemiddelde aandeelhouersbelang            1
                                                                               (*Sien nota hieronder)

              Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
      Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

       Aandeelhouersbelang      x 100                      Dividende vir die jaar   x 100
      Getal uitgereikte aandele    1                      Getal uitgereikte aandele    1

      Tussentydse dividende x 100                              Finale dividende      x 100
      Getal uitgereikte aandele 1                          Getal uitgereikte aandele    1

      Dividende per aandeel x 100                          Dividende vir die jaar   x 100
      Verdienste per aandeel   1                        Netto inkomste na belasting    1

                                    Totale vaste koste                         .

                  Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
* In hierdie geval, indien daar gedurende 'n finansiële jaar 'n verandering in die aantal
  uitgereikte aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.

  Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Accounting P2 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2020-afr/11a416d1-5a4d-43f5-8e86-04e631d2a55d) — Accounting · QP · 2021 · Afr
- [Accounting P2 QP Nov 2020 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-nov-2020-eng-d/7a7e912d-274c-4600-8f33-8c3e779b6f8e) — Accounting · QP · 2021 · Eng
- [Accounting P2 Nov 2020 ANSBK Eng D REV](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2020-ansbk-eng-d-rev/863967ff-8393-4d36-ac90-75cbdfc8ad7e) — Accounting · QP · 2021 · Eng
- [Accounting P2 Nov 2020 ANSBK isiXhosa ENG D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2020-ansbk-isixhosa-eng-d/4ed6f6c2-dccd-41ab-a7d8-edaae97c4697) — Accounting · QP · 2021 · isiXhosa
- [Accounting P2 Nov 2020 QP Sesotho ENG D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2020-qp-sesotho-eng-d/b8211dab-ac4c-47a0-a24b-ef1b3c8c13a9) — Accounting · QP · 2021 · Sesotho
- [Accounting P1 Nov 2021 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nov-2021-answer-book-afr/4f3e9f53-936c-4ad6-b22c-aebca5401cfe) — Accounting · Addendum · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
