# Accounting Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2023-afr/614b985b-1525-455d-acf0-75c285ab126a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2023-afr/614b985b-1525-455d-acf0-75c285ab126a)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                REKENINGKUNDE V2

                                  NOVEMBER 2023

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                          Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye,
                     'n formuleblad en 'n 11 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2             2          DBE/November 2023
                            NSS

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                               3                           DBE/November 2023
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeuring.

 1.         Beantwoord AL die vrae.

 2.         'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
            beantwoord.

 3.         'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie
            vraestel aangeheg.

 4.         Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

 5.         Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.         Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
            beantwoord.

 7.         Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

 8.         Skryf netjies en leesbaar.

 9.         Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
            beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

      VRAAG                       ONDERWERP                        PUNTE         MINUTE

        1            Rekonsiliasies                                  40             30

        2            Kosterekeningkunde                              35             30

        3            Begrotings                                      40             30

        4            Voorraadwaardasie en Vaste Bates                35             30

   TOTAAL                                                            150            120

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                               4                           DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 1: REKONSILIASIES                                            (40 punte; 30 minute)

1.1     BANKVERSOENING

        Die inligting het betrekking op Mango Handelaars vir Junie 2023. Die besigheid
        gebruik die amptelike bankstaat wat elke maand op die 26ste ontvang word.

        GEVRA:

        1.1.1     Bereken die volgende op 30 Junie 2023:
                     Korrekte totale vir die Kontantjoernale. Gebruik die tabel wat in die
                      ANTWOORDEBOEK voorsien is.                                                  (12)

                     Bankrekeningsaldo in die Algemene Grootboek van die besigheid               (4)

        1.1.2     Stel die Bankversoeningstaat op 30 Junie 2023 op.                               (8)

        1.1.3     Verduidelik TWEE strategieë wat die besigheid kan gebruik om die
                  probleem van kontant wat vermis raak, op te los.                                (4)

        INLIGTING:

        A.      Die Bankversoeningstaat op 31 Mei 2023 het die volgende getoon:

                Gunstige saldo op die Bankstaat                                  R 27 600

                Uitstaande deposito's:
                 18 Mei 2023                                                       30 000
                 30 Mei 2023                                                       18 200

                Uitstaande EFO's:
                 EFO 816 (aan Ace Skryfbehoeftes)                                   7 400
                 EFO 817 (aan Spark Groothandelaars)                               19 300

                Gunstige saldo op die Bankrekening in die Grootboek                 49 100

                LET WEL: Die kassiere het aangemeld dat die kontant wat op 18 Mei
                          gedeponeer moes word, op pad bank toe gesteel is. Hierdie
                          bedrag moet afgeskryf word.

        B.      Totale van die Kontantjoernale op 30 Junie 2023 voordat die
                Bankstaat ontvang is:
                      Kontantontvangstejoernaal              Kontantbetalingsjoernaal
                              R81 300                                R80 620

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                             5                         DBE/November 2023
                                            NSS

        C.   Uittreksel uit die Junie-bankstaat:
                            BESONDERHEDE                    DEBIET        KREDIET
                 Ace Skryfbehoeftes (EFO 816)                  4 700
                 Spark Groothandelaars (EFO 817)              19 300
                 BK Bouers (EFO 792)                           6 200
                 Deposito (30 Mei)                                           18 200
                 Kontantdepositofooi                             320
                 Direkte deposito: G Glen                                    14 600
                 VX Garage (EFO 818)                           3 780
                 Rente                                                           240
                 Transaksiefooie                                 540
                 Transaksiefooie                                 540

                  EFO 816 (aan Ace Skryfbehoeftes) is korrek op die Bankstaat.
                  EFO 792 (aan BK Bouers) is verkeerdelik in die Junie-
                   Kontantontvangste-joernaal (KOJ) geboekstaaf.
                  Die direkte deposito deur G Glen was vir maandelikse huur.
                  EFO 818 (aan VX Garage) was vir herstelwerk aan die maatskappy-
                   voertuig. Die eienaar het nagelaat om die transaksiestrokie aan die
                   boekhouer te oorhandig. Geen inskrywing is in die boeke gemaak nie.
                  Die maandelikse transaksiefooie is op die bankstaat gedupliseer.

        D.   Inskrywings in die Kontantjoernale vir Junie 2023 wat nie met die
             Junie-bankstaat ooreenstem nie:
                  Deposito op 27 Junie: R31 500
                  EFO 944: R9 700
                  EFO 945: R13 300

        E.   Die eienaar het R11 000 by 'n OTM onttrek om lone op 29 Junie 2023 te
             betaal, maar hy het nie die boekhouer hieroor ingelig nie.

        F.   Bankstaatsaldo op 30 Junie 2023: R?

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                 6                           DBE/November 2023
                                                NSS

1.2     KREDITEURE-VERSOENING

        Die inligting het betrekking op SEB Handelaars vir Augustus 2023.

        GEVRA:
        1.2.1       Met inagneming van die foute en weglatings, bereken die korrekte
                    saldo vir die Krediteurekontrolerekening en die Krediteurelys. Dui
                    veranderinge met 'n '+' vir 'n vermeerdering en 'n '–' vir 'n vermindering
                    aan.                                                                       (9)

        1.2.2       SEB Handelaars beplan om op 31 Augustus 2023 die rekening van
                    Phuto Handelaars ten volle te vereffen. Bereken die bedrag wat aan
                    hulle verskuldig is.                                               (3)

        INLIGTING:

        A. Saldo's en totale op 31 Augustus 2023 (voordat die foute en
           weglatings gekorrigeer word)

            Krediteurekontrolerekening-saldo                                      R175 940
            Krediteurelys-totaal in die Krediteuregrootboek                       R186 350

            LYS VAN KREDITEURE
            Phuto Groothandelaars                                                  R64 950
            Planet Verskaffers                                                     R27 200
            Mish Handelaars                                                        R51 800
            Arial Verskaffers                                                      R42 400

        B. Foute en weglatings:

            (i)       Die Krediteure-afslagjoernaal(KAJ)-totaal is R3 600 te laag opgegee.

            (ii)      'n Betaling van R14 250 aan Phuto Groothandelaars is foutiewelik as
                      R15 240 na die Krediteuregrootboek-rekening oorgeboek. Die
                      oorboeking na die Algemene Grootboek was korrek.

            (iii)     'n Faktuur ontvang van Planet Verskaffers, R9 540, en in die
                      Krediteurejoernaal (KJ) geboekstaaf, is foutiewelik na die rekening
                      van Phuto Groothandelaars in die Krediteuregrootboek oorgeboek.

            (iv)      Goedere aan Mish Handelaars teruggestuur, R7 500, en in die KAJ
                      ingeskryf, is na hulle rekening in die Krediteuregrootboek as 'n
                      faktuur oorgeboek.

            (v)       SEB Handelaars het 'n aankoop van R13 280 van Arial Verskaffers
                      in die KJ opgeteken nadat 20%-handelskorting afgetrek is. Arial
                      Verskaffers het hulle egter laat weet dat die handelskorting waarop
                      ooreengekom is, slegs 10% was.

                                                                                                    40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2             7          DBE/November 2023
                            NSS

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                8                           DBE/November 2023
                                               NSS

VRAAG 2: KOSTEREKENINGKUNDE                                       (35 punte; 30 minute)
2.1    T2FIT-VERVAARDIGERS
       Die besigheid, waarvan Mark Fit die eienaar is, vervaardig T-hemde. Die
       finansiële jaar het op 28 Februarie 2023 geëindig.
       GEVRA:
       2.1.1    Verwys na Inligting A.
                Bereken die direkte materiaalkoste.                                                (4)
       2.1.2    Verwys na Inligting B.
                Bereken die fabrieksbokoste vir die jaar deur die tabel in die
                ANTWOORDEBOEK te voltooi.                                                          (7)
       2.1.3    Berei die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2023
                voor.                                                                              (5)
       2.1.4    Bereken die koste van die vermorsing van grondstowwe.                              (4)
       2.1.5    Mark is bekommerd oor die verhoging in die koste van grondstowwe
                gedurende die finansiële jaar. Verskaf TWEE strategieë wat Mark kan
                gebruik om die probleem van vermorsing op te los.                                  (2)
       INLIGTING:
       A.      Voorraadrekords:
               (i) Grondstowwe (materiaal om T-hemde te vervaardig):
                    Materiaal word uit die stoorkamer na die fabriek vir vervaardiging
                      uitgereik.
                    Die geweegdegemiddelde-metode word gebruik om die waarde
                      van die materiaal te bepaal.
                     LET WEL: 1,2 meter materiaal word benodig om een T-hemp te
                              maak.
                     Die volgende inligting is uit die rekords geneem:
                                                                               BEDRAG
                                                                METER
                                                                                  R
                     Voorraadsaldo op 1 Maart 2022               1 600 m          64 800
                     Aankope                                    18 800 m         894 000
                        April 2022                               6 400 m         288 000
                        Augustus 2022                            7 000 m         336 000
                        Januarie 2023                            5 400 m         270 000
                     Beskikbaar vir gebruik                     20 400 m         958 800
                     Grondstowwe aan die fabriek uitgereik      18 900 m               ?
                     Voorraadsaldo op 28 Februarie 2023          1 500 m               ?

               (ii) Goedere-in-bewerkingvoorraad:

                                                             28 Feb. 2023     1 Mrt. 2022
                     Saldo                                       235 500                0

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                  9                          DBE/November 2023
                                                 NSS

       B.      Fabrieksbokoste:

               Die boekhouer het die fabrieksbokoste as R600 000 bereken. Hy het
               egter die volgende foute begaan wat reggestel moet word.

               (i)    Die eindvoorraad van die fabriek se indirekte materiaal, R7 000, is
                      weggelaat.

               (ii)   Die totale water-en-elektrisiteitskoste vir die jaar, R84 000, is in die
                      fabrieksbokoste ingesluit. Dit moet soos volg toegeken word:

                       Kantoor                                  15%
                       Verkoop en verspreiding                  25%
                       Fabriek                                  60%

               (iii) Fabrieksversekering, R45 000, is toegeken volgens die ou
                     verhouding van 3 : 1 : 2 vir die fabriek, verkope en kantoor
                     onderskeidelik. Dit behoort volgens die vloerspasie, soos volg
                     toegeken te word:

                           Fabriek           Verkope           Kantoor
                          1 500 m2           300 m2            600 m2

       C.      Addisionele inligting:

               (i)    Direkte arbeidskoste, R408 600

               (ii)   Getal T-hemde vervaardig, 15 000 eenhede

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                               10                           DBE/November 2023
                                              NSS

2.2    LIGHTING KINGS (EDMS.) BPK.

       Die besigheid vervaardig gloeilampe. Richard Smith, die HUB (hoof-
       uitvoerende beampte), het beplan om die produksiekoste van die Orion-
       gloeilampe te verminder as gevolg van tegnologiese veranderinge en om die
       nuwe Starlet-gloeilampe in omloop te bring deur 'n nuwe fabriek op die been te
       bring.

       GEVRA:

       2.2.1       Doen 'n berekening wat bevestig dat die 2023-gelykbreekpunt van
                   149 145 eenhede vir die Orion-gloeilampe korrek is.             (3)

       2.2.2       Identifiseer en verduidelik TWEE koste-items (met bedrae) wat
                   moontlik tot die toename in die koste van produksie per eenheid
                   bygedra het. Verskaf 'n rede in elke geval. Let op dat die huidige
                   inflasiekoers 7% is.                                               (6)

       2.2.3       Verduidelik of die nuwe Starlet-gloeilampe 'n goeie idee was of nie.
                   Verskaf TWEE punte. Haal syfers aan.                                 (4)

       INLIGTING:

                                                        FABRIEK A            FABRIEK B
                                                          ORION               STARLET
                                                     2023        2022            2023
        Getal eenhede vervaardig en verkoop           163 000    198 860          225 000
        Totale produksiekoste per eenheid              R36,00     R28,54           R49,04
        Gelykbreek-eenhede                            149 145    124 808          122 104

                                                       R           R              R
        Totale verkope                              7 498 000   8 352 120      15 300 000
        Verkoopprys per eenheid                         46,00       42,00           68,00
        Veranderlike koste per eenheid                  26,00       18,10           40,90
            Direkte materiaal                          10,60        10,20           22,50
            Direkte arbeid                             11,20         6,70           14,80
            Verkoop en verspreiding                     4,20         1,20            3,60

        Totale vaste koste                          2 982 900   2 982 900       3 309 000
        Vaste koste per eenheid                         18,30       15,00           14,71
            Fabrieksbokoste                         2 314 600   2 314 600       2 640 700
            Fabrieksbokoste per eenheid                 14,20       11,64           11,74
            Administrasiekoste                        668 300     668 300         668 300
            Administrasiekoste per eenheid               4,10        3,36            2,97

                                                                                                   35

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                               11                         DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 3: BEGROTINGS                                                (40 punte; 30 minute)

Die inligting het betrekking op Sunday Winkels (Edms.) Bpk. Adam Stevens is die
eienaar van die besigheid.
GEVRA:
3.1    Verwys na Inligting B.
       Identifiseer:
          TWEE items wat foutiewelik in die Kontantbegroting ingeskryf is.                       (2)
          TWEE items in die Kontantbegroting wat NIE in 'n Geprojekteerde Staat van
           Omvattende Inkomste sal verskyn NIE.                                                   (2)

3.2    Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Desember 2023.                                (8)

3.3    Verwys na Inligting A en B.
       Bereken die bedrae wat deur (i) tot (iv) aangedui is.                                      (12)

3.4    Verwys na Inligting G (begrote en werklike syfers).
       3.4.1       Om verkope te verhoog, het Adam besluit om die manier waarop
                   verkoopspersone maandeliks betaal word, vanaf 1 November 2023 te
                   verander. Die verkoopspersone het die verandering aanvaar.
                      Verduidelik die veranderinge wat Adam gemaak het.                          (2)
                      Verduidelik waarom sommige verkoopspersone spyt was oor hulle
                       besluit om hierdie veranderinge te aanvaar. Haal syfers aan of toon
                       berekeninge.                                                               (3)
                      Adam is van mening dat die besluit die maatskappy bevoordeel
                       het, terwyl die verkoopsbestuurder, Milly, bekommerd is dat dit nie
                       die maatskappy bevoordeel het nie. Verskaf EEN punt (met syfers
                       of berekeninge) om ELK van hierdie opinies te ondersteun.                  (4)

       3.4.2       Adam is bekommerd oor die stygende huuruitgawes en beplan om die
                   eiendom te koop.
                      Bereken die netto effek van hierdie aankoop op die ontvangste en
                       betalings in die Kontantbegroting.                                         (5)
                      Gee EEN rede waarom Adam besluit het om met hierdie aankoop
                       voort te gaan.                                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                              12                      DBE/November 2023
                                             NSS

INLIGTING:
A.     Uittreksel uit die Geprojekteerde Staat van Omvattende Inkomste:
                                       OKT. 2023     NOV. 2023         DES. 2023
       Verkope                          R1 067 500     R1 085 000        R1 137 500
       Koste van verkope                                (620 000)
       Huuruitgawes                                                            31 640
       Korting toegestaan                                       (i)            13 650
       Waardevermindering                   13 300          13 300             13 300
       Oninbare skulde                      12 000          12 180             10 710
B.     Uittreksel uit die Kontantbegroting wat deur die boekhouer opgestel is:
                                                     NOV. 2023         DES. 2023
       ONTVANGSTE                                        R                R
       Kontantverkope                                  434 000
       Kontant van debiteure                           610 470                    ?
       Rente op spaarrekening                            1 200                  (ii)
       Rente op vaste deposito                           7 500               7 500
       Korting ontvang                                   5 200               6 700

       BETALINGS
       Betalings aan krediteure                          580 000              (iii)
       Salarisse van verkoopspersone                      72 000           72 000
       Huuruitgawe                                           (iv)          31 640
       Afleweringsuitgawes                                43 400           43 400
       Voertuiginstandhouding                             16 800           16 800
       Ouditfooie                                         72 000                 0
       Oninbare skulde                                    12 180                 ?
       Waardevermindering                                 13 300           13 300
C.     Verkope en invordering vanaf debiteure:
       Kredietverkope beloop 60% van die totale verkope.
       Debiteure betaal volgens die volgende tendense:
          40% word ingevorder in die maand van verkope. Hulle ontvang 'n 5%-
           korting.
          50% word ingevorder in die maand wat volg op die maand van verkope.
          8% word ingevorder twee maande ná verkope.
          2% word afgeskryf as oninbaar in die derde maand ná verkope.
D.     Voorraadaankope en betalings aan krediteure:
        Die winsopslag is 75% op kosprys.
        Voorraad word vervang in die maand van verkope. 'n Basisvoorraad word
         gehandhaaf.
        Alle voorraadaankope is op krediet.
        Krediteure word twee maande ná aankope ten volle betaal.
E.     Huuruitgawes sal na verwagting vanaf 1 Desember 2023 met 13% verhoog.
F.     Die spaarrekening sal op 1 Desember 2023 met R84 000 verhoog word. Rente
       teen 4% p.j. word nie gekapitaliseer nie en is aan die einde van elke maand
       ontvangbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                            13                         DBE/November 2023
                                           NSS

G.     Begrote en werklike syfers vir November 2023:

                                                  BEGROOT              WERKLIK
        Gemiddelde getal klante                           480                  640
        Kontantverkope                              R434 000             R341 800
        Kredietverkope                                651 000            1 068 700
        Totale verkope                              1 085 000            1 410 500
        Salarisse: Verkoopspersone                    165 000               20 000
        Kommissie: Verkoopspersone                          0              141 050
        Afleweringsuitgawes                            43 400               79 300

H.     Inligting ten opsigte van die aankoop van die eiendom:

       Adam beplan om die aankoop van die eiendom te finansier deur 'n lening aan
       te gaan en die vaste deposito wat verval, te gebruik.

        Kosprys van die eiendom                                        R 2 500 000
        Vaste deposito wat op 1 Januarie 2024 verval                     1 000 000
        Nuwe lening by BK Bank op 1 Januarie 2024                        1 500 000
        Rente op lening vir Januarie 2024                                   18 750
        Maandelikse instandhouding, eiendomsbelasting en versekering        12 500

                                                                                              40

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
 Rekeningkunde/V2                            14                         DBE/November 2023
                                            NSS

VRAAG 4: VOORRAADWAARDASIE EN VASTE BATES                      (35 punte; 30 minute)

4.1   Kies die korrekte kostebegrippe uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
      slegs die woord(e) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.3) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.
      4.1.1    Die (periodieke/deurlopende) voorraadstelsel boekstaaf die koste van
               goedere wat by die verkooppunt verkoop word.
      4.1.2    Die (eerste-in-eerste-uit/geweegdegemiddelde)-metode is meer geskik
               vir lae-koste-voorraaditems wat op 'n meer gereelde basis aangekoop
               word.
      4.1.3    Die     (eerste-in-eerste-uit/geweegdegemiddelde)-voorraadwaardasie-
               metode sal eindvoorraad teen die mees onlangse voorraadpryse
               waardeer.                                                    (3 x 1)            (3)

4.2   VOORRAADWAARDASIE

      Clearview Elektronika se eienaar is Sipho Cossa. Die besigheid verkoop twee
      drukkermodelle, Hawi en Yama. Die spesifieke identifikasiemetode word gebruik
      om hulle voorraad te waardeer. Hulle finansiële jaar het op 28 Februarie 2023
      geëindig. Goeie interne beheermaatreëls het verseker dat daar geen
      voorraadtekorte was nie.

      GEVRA:

      4.2.1    Bereken die waarde van die eindvoorraad op 28 Februarie 2023. Gebruik
               die spesifieke identifikasiemetode.                                             (6)

      4.2.2    Bereken hoe lank (in dae) dit sal neem om die Hawi-drukkers se
               eindvoorraad te verkoop.                                                        (4)

      4.2.3    Verduidelik of Sipho oor die voorraadhoudingsperiodes van die Hawi- en
               Yama-drukkers bekommerd behoort te wees. Haal syfers aan. Gee
               moontlike redes vir die verskil in voorraadhoudingsperiodes van die twee
               modelle.                                                                        (6)

               INLIGTING:

                 Voorraad-                    Eenhede
                                  Model                      Kosprys        Totaal
                  rekords                    aangekoop
               Beginvoorraad       Hawi          90            R3 800        R342 000
                                                835                         R3 969 950
               Aankope             Hawi         340            R3 800       R1 292 000
                                   Yama         495            R5 410       R2 677 950
               Terugsendings       Hawi          5             R3 800         R19 000

               Drukkerverkope en voorraadhoudingsperiodes:

                                  Eenhede                        Voorraadhoudings-
                      Model                    Verkoopprys
                                  verkoop                             periode
               Hawi                 300               R5 700             ?
               Yama                 430               R7 300          55,2 dae

 Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 Rekeningkunde/V2                              15                        DBE/November 2023
                                              NSS

4.3   VASTE BATES
      Die inligting het betrekking op vaste/tasbare bates van Thembeka (Edms.) Bpk.
      Lee Klou is die HUB. Die finansiële jaar het op 28 Februarie 2023 geëindig.
      4.3.1 Bereken die volgende:
                   Kosprys van voertuie op 1 Maart 2022                                 (3)
                   Inruilwaarde ontvang vir die voertuig wat op 1 Junie 2022 van die
                    hand gesit is                                                        (5)
      4.3.2 Die boekhouer het die waardevermindering van die rekenaars soos volg
            bereken:
            R300 000 x 25% = R75 000
              Verduidelik aan hom waarom sy metode verkeerd is en verskaf 'n
              berekening om jou verduideliking te ondersteun.                            (4)
      4.3.3 Die HUB, Lee Klou, wil die maatskappy se beeld verbeter deur die ou
            rekenaars in Maart 2023 aan 'n plaaslike skool te skenk. Hy beplan ook
            om die sagteware van hierdie rekenaars teen 'n ekstra koste van
            R20 000 op te gradeer. Die aandeelhouers is van mening dat die ou
            rekenaars teen 'n wins verkoop behoort te word.
              Verduidelik TWEE moontlike punte wat die HUB kan aanvoer om sy
              besluit te ondersteun.                                                     (4)
      INLIGTING:
      A.      Waardeverminderingsbeleid:
               Voertuie:  20% p.j. op die verminderdesaldo-metode
               Rekenaars: 25% p.j. op kosprys
      B.      Saldo's:
                                                                  2023        2022
                                                                   R           R
                  Voertuie                                        930 000      ?
                  Rekenaars                                       300 000     300 000
                  Opgehoopte waardevermindering op voertuie        ?          275 000
                  Opgehoopte waardevermindering op rekenaars       ?          262 500
      C.      'n Voertuig is op 1 Junie 2022 ingeruil vir 'n nuwe een wat R260 000
              gekos het. Die uittreksel uit die Vastebateregister toon die volgende:
                  Bate                       Hyundai XL
                  Aankoopdatum:              1 Maart 2020
                  Kosprys:                   R180 000
                  Waardeverminderingkoers:   20% p.j. op die verminderdesaldo-metode
                                                 Waarde-               Opgehoopte
                            Datum
                                               vermindering        waardevermindering
                  28 Februarie 2021              R36 000                 R36 000
                  28 Februarie 2022              R28 800                 R64 800
                  1 Junie 2022                       R?                     R?
              LET WEL: Die wins op die verkoop van hierdie voertuig was R5 560.
                                                                                         35

                                                                             TOTAAL:     150
 Kopiereg voorbehou

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
  Rekeningkunde/V2                                                                     DBE/November 2023
                                                     NSS

     GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
                 Bruto wins x 100                                      Bruto wins    x 100
                  Verkope      1                                   Koste van verkope    1
      Netto wins voor belasting x 100                             Netto wins na belasting x 100
               Verkope             1                                     Verkope             1
           Bedryfsuitgawes x 100                                        Bedryfswins x 100
               Verkope        1                                           Verkope      1

           Totale bates : Totale laste                              Bedryfsbates : Bedryfslaste

  (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste                   Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

     (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

    Gemiddelde handelsvoorraad x 365                                   Koste van verkope
         Koste van verkope        1                                Gemiddelde handelsvoorraad
                                (Sien Nota 1 hieronder)

       Gemiddelde debiteure x 365                              Gemiddelde krediteure               x 365
         Kredietverkope        1                                Koste van verkope                     1
                                                                                         (Sien Nota 2 hieronder)
                                                                  Netto inkomste na belasting x 100
   Netto inkomste na belasting                x    100             Getal uitgereikte aandele     1
Gemiddelde aandeelhouersbelang                1
                                                                                        (Sien Nota 3 hieronder)
             Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
     Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

       Aandeelhouersbelang      x 100                              Dividende vir die jaar   x 100
      Getal uitgereikte aandele    1                              Getal uitgereikte aandele    1

       Tussentydse dividende            x 100                          Finale dividende      x 100
      Getal uitgereikte aandele            1                       Getal uitgereikte aandele    1

     Dividende per aandeel x 100                                  Dividende vir die jaar   x 100
     Verdienste per aandeel   1                                Netto inkomste na belasting    1

                                      Totale vaste koste                                  .

                    Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:    1.    Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar kan gebruik word as dit in 'n vraag vereis
                  word.
            2.    Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees
                  mits voorraad konstant bly).
            3.    Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is,
                  word die geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik.

  Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Accounting P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nov-2023-eng/4c9e315d-40c3-4d80-9775-322ef8d07061) — Accounting · QP · 2023 · Eng
- [ACCOUNTING P2 QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/ef36585e-6840-4d96-9787-09fc66a25ee0) — Accounting · QP · 2023 · Afr
- [ACCOUNTING P2 QP GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-sept-2023-english/eb464289-6949-44e1-9c80-4e527d6a3926) — Accounting · QP · 2023 · Eng
- [2023 KZN Prelim P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p2-qp/8b4c7156-2c8e-45f7-b23c-174fa392a45f) — Accounting · QP · 2023
- [Accounting P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2021-afr/6fec8993-f2b5-4aac-9ce1-277abdc5ca20) — Accounting · QP · 2021 · Afr
- [Accounting P1 Nov 2023 Answer Book Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nov-2023-answer-book-eng/aaeb9a41-12fe-49c2-9ba7-37693926cbd5) — Accounting · Addendum · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
