# Accounting Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2024-afr/9d6e2bc3-b7e8-4ec8-9cc1-ea04f7f53daf
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2024-afr/9d6e2bc3-b7e8-4ec8-9cc1-ea04f7f53daf)

## About this document

Accounting · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                REKENINGKUNDE V2

                                  NOVEMBER 2024

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                          Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye,
                     'n formuleblad en 'n 12 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Rekeningkunde/V2          2           DBE/November 2024
                     NSS Vertroulik

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                      Blaai om asseblief

### Page 3

Rekeningkunde/V2                              3                               DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.   Nov

 1.       Beantwoord AL die vrae.

 2.       'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
          beantwoord.

 3.       'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
          aangeheg.

 4.       Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.

 5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.       Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

 7.       Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

 8.       Skryf netjies en leesbaar.

 9.       Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
          beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

  VRAAG                          ONDERWERP                          PUNTE              MINUTE
      1        Debiteureversoening, Ouderdomsanalise en BTW                 40             35

      2        Voorraadwaardasie                                            35             25

      3        Begrotings                                                   40             35

      4        Kosterekeningkunde                                           35             25

 TOTAAL                                                                     150           120

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Rekeningkunde/V2                              4                           DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

VRAAG 1: DEBITEUREVERSOENING, OUDERDOMSANALISE EN BTW
                                             (40 punte; 35 minute)
1.1   Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar'
      langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
      1.1.1      EFO-betalings deur debiteure moet in die KOJ aangeteken word, slegs
                 nadat 'n bewys van betaling ontvang is of daar 'n inskrywing in die besigheid
                 se bankstaat verskyn.
      1.1.2      Uitset-BTW word as 'n bate beskou.
      1.1.3      BTW op oninbare skulde sal die BTW betaalbaar aan SAID verminder.
                                                                                (3 x 1) (3)
1.2   MATSAMO HANDELAARS
      Die inligting het betrekking op Matsamo Handelaars vir Augustus 2024. Die besigheid
      verkoop goedere vir kontant en op krediet.
      GEVRA:
      1.2.1      Bereken die korrekte saldo van die Debiteurekontrolerekening op
                 31 Augustus 2024. Toon syfers en 'n plus(+)- of minus(–)-teken vir elke
                 verandering. Geen verandering aan die saldo word met (0) aangedui.      (5)
      1.2.2      Voltooi die korrekte Debiteurelys op 31 Augustus 2024. Die voor-
                 aansuiweringsbedrae is reeds ingevul.                            (14)
      INLIGTING:
      A.      Saldo's op 31 Augustus 2024 voordat die foute en weglatings hieronder in
              berekening gebring is:
              (i)  Debiteurekontrolerekeningsaldo in die Algemene Grootboek, R359 100.
              (ii) Lys van debiteuresaldo's volgens die Debiteuregrootboek:
                                      Debiteure                            Bedrag (R)
                      N Naidoo                                                       63 000
                      S Sibiya                                                       69 000
                      V Esterhuizen                                                 114 000
                      J Nyoka                                                        95 700
                      W du Plessis                                                   11 500
                      Totaal                                                        353 200

      B.      Foute en weglatings:
              (i)   Geen inskrywing is vir die kredietverkopefaktuur, uitgereik aan N Naidoo,
                    gemaak nie, R4 500.
              (ii)  Goedere op krediet aan S Sibiya verkoop, R18 000, is foutiewelik na
                    V Esterhuizen se rekening oorgeboek.
              (iii) Die debiteure-afslagkolom in die DAJ is met R11 000 onderbereken.
              (iv)  'n EFO-betaling, R5 700, is deur W du Plessis gemaak. Dit is korrek in die
                    relevante joernaal ingeskryf, maar as R7 500 na sy rekening in die
                    Debiteuregrootboek oorgeboek.
              (v)   Kredietverkope aan V Esterhuizen, R5 200, is foutiewelik in die Debiteure-
                    joernaal as R2 500 geboekstaaf en as sulks na die Debiteurekontrole-
                    rekening en Esterhuizen se rekening in die Debiteuregrootboek oorgeboek.
              (vi)  Goedere deur J Nyoka teruggestuur, R3 450, is na die verkeerde kant van
                    sy rekening in die Debiteuregrootboek oorgeboek.

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Rekeningkunde/V2                             5                            DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

1.3    DEBITEURE-OUDERDOMSONTLEDING

       Die inligting het betrekking op Timo Handelaars. Hulle kredietvoorwaardes is
       60 dae en na verwagting sal ten minste 90% van die debiteure aan hierdie
       voorwaardes voldoen.

       GEVRA:

       1.3.1   Verskaf 'n berekening of syfers wat aandui waarom Timo Handelaars nie
               met die syfers in die Debiteure-ouderdomsontleding tevrede moet wees
               nie.                                                                              (4)

       1.3.2   Verduidelik TWEE stukkies raad wat jy die eienaar sal gee.                        (4)
               LET WEL:        Maksimum korting word aan debiteure verleen wat betyds
                                hulle rekeninge vereffen.
                               Rente word teen die aanvaarbare koers gehef.

       INLIGTING:

       Debiteure-ouderdomsontleding op 31 Augustus 2024:
                       Huidige
            Totaal                   30 dae         60 dae       90 dae           90 +
                        maand
         R240 000      R118 000     R36 000        R38 000      R29 200         R18 800

1.4    BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE
       Die volgende inligting het betrekking op die finansiële rekords van Zaba Winkels
       vir die BTW-periode geëindig 31 Augustus 2024. 15% BTW is van toepassing.
       Sekere items is nulkoersitems.
       GEVRA:
       Ontleed die transaksies onder die opskrifte in die ANTWOORDEBOEK gegee.
       Toon die effek van ELKE antwoord op die bedrag aan SAID betaalbaar. Verwys
       na die voltooide voorbeeld in die ANTWOORDEBOEK.                                          (10)
       INLIGTING:
       Voorbeeld:    Die eienaar het voorraad vir eie gebruik geneem, kosprys R5 200
                     (BTW uitgesluit).
       A.      Ontvang korting van R17 250 wanneer die verskaffer se rekening ten volle
               betaal is.
       B.      Goedere ter waarde van R139 200 (BTW uitgesluit), nulkoersitems van
               R9 200 ingesluit, is op krediet verkoop.
       C.      Koop voorraad op krediet by die verskaffer. Die totaal van die faktuur wat
               ontvang is, is R23 000 (BTW ingesluit). Handelskorting van 10% is
               foutiewelik op die faktuur weggelaat.

                                                                                                 40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Rekeningkunde/V2                                 6                         DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

VRAAG 2: VOORAADWAARDASIE                                         (35 punte; 25 minute)
2.1     SUNGLASS CITY
        Nosisa is die eienaar van Sunglass City, wat een tipe gewilde handelsmerk
        sonbrille verkoop. Die finansiële jaar het op 29 Februarie 2024 geëindig.
        LET WEL:       Waar kommentaar of verduidelikings vereis word, moet jy:
                        Bewerkings, syfers en/of tendense aanhaal
                        Vir ELKE geval 'n verduideliking of 'n rede verskaf

        GEVRA:
        2.1.1 Bereken die geweegde gemiddelde kosprys van EEN sonbril.                            (5)
        2.1.2 Nosisa vermoed dat 'n aantal sonbrille gedurende die jaar gesteel is.
                    Bereken die getal sonbrille wat gesteel is.                                  (4)
                    Bereken die randwaarde van die gesteelde sonbrille deur die
                     geweegdegemiddelde-voorraadwaardasiemetode te gebruik.                       (2)
        2.1.3 Bereken die waarde van die eindvoorraad deur die eerste-in-eerste-uit
              (EIEU)-metode te gebruik.                                                           (5)
        2.1.4 'n Fluitjieblaser het Nosisa ingelig dat Micha (verkoopsassistent) en Jack
              (verskaffer se bestuurder) saamgespan het om sonbrille teen 'n verlaagde
              prys te verkoop. Gedurende 'n ondersoek is vasgestel dat die sonbrille wat
              verkoop is, aan die besigheid gefaktureer is. Nosisa het bevestig dat die
              sonbrille vermis is.
                    Verduidelik hoe Nosisa kon bewys het dat Jack en Micha skuldig is
                     aan die diefstal van die voorraad. Verskaf EEN punt.                         (2)
                    Watter aksie moes teen Micha en Jack geneem word? Verskaf EEN
                     punt vir elke persoon.                                                       (4)
INLIGTING
A.      Voorraadrekords: (een 'eenheid' verwys na een sonbril)
                                                                                TOTAAL
                                                               EENHEDE
                                                                                  (R)
        Beginvoorraad (1 Maart 2023)                              620          1 719 000
        Slotvoorraad (29 Februarie 2024)                          840              ?
B.      Aankope en terugsendings gedurende die finansiële jaar:
                                                            EENHEIDSPRYS        TOTAAL
                                               EENHEDE
                                                                 (R)              (R)
        Mei 2023                                  855          3 200           2 736 000
        Augustus 2023                             800          3 750           3 000 000
        November 2023                             745          4 200           3 129 000
        Desember 2023                             (20)         4 200            (84 000)
        TOTALE                                   2 380                         8 781 000

C.      Verkope:
        2 050 sonbrille, teen R5 600 per sonbril, is gedurende die jaar verkoop.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Rekeningkunde/V2                              7                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

2.2     PROBLEEMOPLOSSING

        Die inligting het betrekking op Slim-Line Boutique, eienaar Mike Ndlela, vir die
        jaar geëindig 29 Februarie 2024. Die besigheid het deur die jaar broeke en
        informele hemde verkoop en formele hemde eers vanaf 1 November 2023
        bygevoeg en verkoop.

        GEVRA:
        2.2.1   Broeke:

                    Bereken die winsopslagpersentasie wat vir broeke behaal is.                 (3)
                    Lewer kommentaar op of die winsopslagpersentasie die besigheid sal
                     bevoordeel of nie.                                                          (2)
        2.2.2   Informele hemde:

                Lewer kommentaar op hoe die terugsending van 120 informele hemde
                die besigheid negatief kan beïnvloed. Verskaf EEN punt.                          (2)
        2.2.3   Formele hemde:

                    Bereken hoe lank (in dae) dit Mike sal neem om die eindvoorraad van
                     die formele hemde te verkoop.                                               (4)

                    Lewer kommentaar op EEN ander punt oor die formele hemde wat
                     Mike kan bekommer.                                                          (2)

        INLIGTING:

                                                                        Hemde
                                                 Broeke
                                                                      (eenhede)
                                               (eenhede)
                                                               Informeel     Formeel
         Beginvoorraad in eenhede                        140         200           0
         Aankope gedurende die jaar                      720       1 300         980
         Eindvoorraad                                    285         100         125
         Terugsendings                                    15         120           0
         Totale eenhede verkoop:                         560       1 280         855
           In-die-winkel                                 344         560         855
           Aanlyn                                        216         720           0

         Voorraadhoudingsperiode                 186 dae         29 dae             ?
         Winsopslagpersentasie per item                ?           55%           25%
         Kosprys per item                          R500           R400          R680
         Koste van verkope                      R280 000       R512 000      R581 400
         Verkoopprys per item                      R920           R620          R850
         Totale kontantverkope in die
                                                R515 200       R793 600      R726 750
         bank gedeponeer

                                                                                                 35

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Rekeningkunde/V2                                 8                         DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

VRAAG 3: BEGROTING                                                  (40 punte; 35 minute)

3.1     Toon die bedrae van die transaksies hieronder in die toepaslike kolomme vir die
        Kontantbegroting en Geprojekteerde Staat van Omvattende Inkomste vir
        Desember 2024 in die ANTWOORDEBOEK.
        Voorbeeld:         Maandelikse versekeringspremie vir Desember 2024, R5 000, sal
                           betaal word.
        3.1.1   Verwagte kontantverkope vir Desember 2024, R132 000. Koste van
                verkope, R101 000.
        3.1.2   Onttrekkings deur die eienaar begroot vir Desember 2024, R40 000. Dit
                sluit R34 000 kontant in en die res is vir handelsware.
        3.1.3   'n Vaste deposito van R245 000 sal op 31 Desember 2024 verval.
                'n Direkte deposito van R264 600 (rente ingesluit) sal op hierdie datum in
                die besigheid se lopende bankrekening gemaak word. Rente is nie
                gekapitaliseer nie.                                                               (6)
3.2     JESARY SUPERSPARES
        Die inligting het betrekking op die begrotingsperiode wat op 31 Desember 2024
        eindig. Bluey Summers is die eienaar van die besigheid.
        GEVRA:
        3.2.1   Krediteure-betalings:
                       Bereken die kredietaankope vir November 2024.                             (4)
                       Voltooi die Krediteure-betalingskedule vir Desember 2024.                 (5)
        3.2.2   Bereken die volgende bedrae:
                (i)        Huuruitgawe vir Desember 2024                                          (2)
                (ii)       Rente op lening vir Desember 2024                                      (4)
                (iii)      Deposito wat op 30 November 2024 betaal moet word vir die nuwe
                           rekenaars wat geïnstalleer is                                          (3)
                (iv)       Versekering vir Desember 2024                                          (3)
                (v)        Salarisse vir November 2024                                            (3)
        3.2.3   Verkoopsbeleid: Verwys na Inligting I.
                Bluey het vanaf Oktober 2024 veranderinge aan die verkoopsbeleid
                gemaak.
                 Verduidelik die verandering wat Bluey aan die verkoopsbeleid gemaak
                  het toe hy sy begroting vir Oktober 2024 opgestel het. Verskaf EEN
                  punt met syfers.                                                                (2)
                 Die werklike kredietverkope was hoër as die begrote kredietverkope
                  vir Oktober 2024. Verduidelik waarom Bluey nie bekommerd hoef te
                  wees nie. Verskaf TWEE punte met syfers.                                        (4)
                 Lewer kommentaar op die beheer oor afleweringsuitgawes en
                  verpakkingsmateriaal vir Oktober 2024. Haal syfers aan.                         (4)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Rekeningkunde/V2                              9                          DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

        INLIGTING:

        A.      Verkope en debiteure-invordering:
                    60% van totale verkope is kontantverkope.

        B.      Voorraadaankope en betalings aan krediteure:
                    Goedere word verkoop teen 'n winsopslag van 25% op kosprys.
                    Handelsvoorraad voorhande word deur maandelikse aankope
                     gehandhaaf.
                    Die besigheid koop handelsware slegs op krediet.
                    Krediteure word soos volg betaal:
                     o   75% in die maand na datum van aankope om vir 3%-korting te
                         kwalifiseer.
                     o   Die uitstaande saldo word in die maand daarna betaal.

        C.      Huuruitgawes:
                    Die besigheid huur 'n sakeperseel in 'n winkelsentrum.
                    Huur sal gedurende Desember 2024 met 6% verhoog word.

        D.      Lening:
                    'n Gedeelte van die lening by Diamond Bank sal op 1 Desember 2024
                     betaal word.
                    Rente teen 14% p.j. word aan die einde van elke maand betaal. Rente
                     word nie gekapitaliseer nie.

        E.      Kantoorrekenaars:
                    Nuwe rekenaars sal geïnstalleer             word   en      sal    vanaf
                     30 November 2024 gebruik word.
                    20%-kontantdeposito moet op 30 November 2024 betaal word.
                    Die saldo sal vanaf 31 Desember 2024 in 36 gelyke maandelikse
                     paaiemente betaal word.

        F.      Versekering:
                    Die huidige maandelikse versekeringspremie op die bestaande
                     rekenaars is R4 500. Hierdie maandelikse premie sal vanaf
                     1 Desember 2024 met 28% verhoog word om addisionele
                     versekeringsdekking vir die nuwe rekenaars te kry.
                    Die hernuwingsperiode vir versekering van ander items sal eers
                     volgende jaar in werking tree.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Rekeningkunde/V2                            10                         DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

        G.      Salarisse:
                     Die besigheid het 9 werknemers wat almal dieselfde maandelikse
                      salaris verdien.
                     5 van die werknemers sal gedurende Desember 2024 'n bonus van
                      70% van hul normale maandelikse salaris ontvang.

        H.      Uittreksel uit die Kontantbegroting vir die periode geëindig
                31 Desember 2024.

                                                              Nov. 2024       Des. 2024
                ONTVANGSTE                                       (R)             (R)
                Kontantverkope                                 103 200        112 200
                Invordering van debiteure
                BETALINGS
                Betalings aan krediteure                       207 012               ?
                Huuruitgawe                                     29 000              (i)
                Salarisse                                           (v)       143 750
                Onttrekkings                                    50 000         50 000
                Leningterugbetaling                                            60 000
                Rente op lening (14% p.j.)                       3 500             (ii)
                Deposito en paaiemente vir nuwe rekenaars          (iii)        9 800
                Versekering                                     17 500            (iv)
        I.      Syfers vir September 2024 (begroot) en Oktober 2024 (begroot en
                werklik):

                                          SEPTEMBER               OKTOBER
                                             2024                   2024
                                           BEGROOT           BEGROOT    WERKLIK
                Getal kliënte                   520            540               729
                Verkope                         R145 000      R160 000         R221 000
                     Kontantverkope                 58 000       96 000            76 000
                     Kredietverkope                 87 000       64 000           145 000
                Bruto wins                         54 375       60 000             82 875
                Afleweringsuitgawes                21 750       24 000             33 150
                Verpakkingsmateriaal               13 050       14 400             26 520

                                                                                                40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Rekeningkunde/V2          11          DBE/November 2024
                     NSS Vertroulik

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                      Blaai om asseblief

### Page 12

Rekeningkunde/V2                               12                           DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

VRAAG 4: KOSTEREKENINGKUNDE                                         (35 punte; 25 minute)

4.1   BLOMPOT-VERVAARDIGERS

      Die besigheid vervaardig groot betonblompotte. Hulle finansiële jaar het op
      29 Februarie 2024 geëindig.

      GEVRA:

      4.1.1    Verwys na Inligting A.
               Bereken die direkte/grondstof-materiaalkoste.                                        (4)

      4.1.2    Verwys na Inligting B.
               Bereken die direkte arbeidskoste.                                                    (7)

      4.1.3    Verwys na Inligting C.
               Voltooi die Fabrieksbokostenota.                                                     (8)

      INLIGTING:

      A.       Direkte/Grondstof-materiaalkoste:
               Die besigheid gebruik 'n hoë gehalte betonmengsel om die potte te maak.

               Vervaardigingsvereistes:
                    4 800 eenhede is gedurende die finansiële jaar vervaardig en verkoop.
                    Elke voltooide pot gebruik 1,4 pakke direkte materiaal (betonmengsel).
                    Die besigheid voorsien 10% van direkte materiaal (betonmengsel) vir
                     vermorsing.
                    Die kosprys van die betonmengsel, R125 per pak, is vir die finansiële
                     jaar gehandhaaf.

      B.       Direkte arbeidskoste:
                    Direkte arbeid begroot vir die jaar het R1 117 200 beloop.
                    Die besigheid het 7 direkte werkers. Daar word van elke werker verwag
                     om 1 680 uur per jaar te werk en almal word dieselfde uurlikse tarief
                     betaal.

               Die volgende items is nog nie geboekstaaf nie:
                    Een werker het op 31 Oktober 2023 bedank. Hierdie werker het nie
                     oortyd gewerk nie.
                    Drie van die direkte werkers is versoek om gedurende die jaar 60 uur
                     elk oortyd te werk. Oortydtarief is 1,6 keer die normale uurlikse tarief.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Rekeningkunde/V2                              13                          DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

      C.       Uittreksel van vooraansuiweringsbedrae op 29 Februarie 2024:

               Die boekhouer het die fabrieksbokoste as R1 132 700 bereken.

               Ander vooraansuiweringsbedrae op 29 Februarie 2024:

                                                                                  R
                   Kantoorsalarisse                                              247 800
                   Advertensies                                                   27 450
                   Huur van verkoopsdepartement-eiendom                           25 200
                   Oninbare skulde                                                18 700

               Aansuiwerings vir fabrieksbokoste:

                    Die klerk se salaris van R9 200 per maand is betaal en as 'n
                     administrasiekoste geboekstaaf. 20% moet aan die kantoor toegeken
                     word en die res aan vervaardiging.

                    Huur van R126 000 is deur die boekhouer volgens die volgende
                     vloeroppervlaktes verdeel en geboekstaaf:

                      TOTAAL            FABRIEK           KANTOOR           VERKOPE
                       600 m2            400 m2             80 m2            120 m2

                    Die jaarlikse huur het egter van die begin van die finansiële jaar tot
                     R157 500 verhoog, omdat die fabriek se grootte vermeerder het. Die
                     boekhouer het nie die verhoogde huur, R157 500, en die veranderde
                     vloeroppervlaktes in ag geneem nie:

                      TOTAAL            FABRIEK           KANTOOR           VERKOPE
                       800 m2            600 m2             80 m2            120 m2

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Rekeningkunde/V2                              14                             DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

4.2   TIMEPIECE VERVAARDIGERS
      Die besigheid vervaardig horlosies. Jabu Tallies is die eienaar van die besigheid.
      Die finansiële jaar het op 31 Augustus 2024 geëindig.

      LET WEL:       Waar kommentaar of verduidelikings vereis word, moet jy:
                        Bewerkings, syfers en/of tendense aanhaal
                        'n Verduideliking of 'n rede vir elke geval gee

      GEVRA:

      4.2.1    Lewer kommentaar op die produksievlak en gelykbreekpunt op
               31 Augustus 2024.                                                                 (4)
      4.2.2    Lewer kommentaar op die bruto wins verdien deur die besigheid en die
               prys wat vir die horlosies gevra is. Verduidelik, na jou mening, of Jabu se
               klante die 2024-prys as redelik beskou het. Verskaf syfers.                       (4)
      4.2.3    Identifiseer die TWEE belangrikste koste wat 'n positiewe uitwerking op die
               verkoopprys kon gehad het. Verskaf in elke geval 'n strategie wat Jabu kon
               implementeer het.                                                                 (4)
      4.2.4    Jabu wil gedurende die volgende finansiële jaar sy wins met R300 000
               verhoog, terwyl die koste behou word. Bereken die prys wat hy klante moet
               vra om 400 ekstra eenhede te kan vervaardig.                                      (4)
      INLIGTING:

                                                    31 Augustus 2024       31 Augustus 2023
                                                           R                      R
        Totale verkope                                    3 712 800          2 880 900
        Bruto wins                                        1 237 600            960 300
        Totale veranderlike koste                         2 748 200          2 217 420
        Totale vaste koste                                1 820 000          1 820 000

                                                          Koste per           Koste per
                                                           eenheid             eenheid
                                                              R                   R
        Veranderlike koste per eenheid                       755                 762
          Direkte materiaalkoste                             450                 520
          Direkte arbeidskoste                               185                 132
          Verkoops-en-verspreidingskoste                     120                 110

                                                          Eenhede             Eenhede
        Getal eenhede vervaardig en verkoop                3 640               2 910
        Gelykbreekpunt                                     6 868               7 983

        Verkoopprys per eenheid                            R1 020               R990

                                                                                                 35

                                                                                   TOTAAL:       150
Kopiereg voorbehou

### Page 15

Rekeningkunde/V2                                                                       DBE/November 2024
                                                 NSS Vertroulik

   GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

             Bruto wins x 100                                           Bruto wins    x 100
              Verkope          1                                    Koste van verkope    1

       Netto wins voor belasting x 100                             Netto wins na belasting x 100
                Verkope             1                                     Verkope             1

           Bedryfsuitgawes x 100                                         Bedryfswins x 100
               Verkope        1                                           Verkope       1

           Totale bates : Totale laste                               Bedryfsbates : Bedryfslaste

 (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste                    Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

   (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

  Gemiddelde handelsvoorraad x 365                                        Koste van verkope
       Koste van verkope        1                                    Gemiddelde handelsvoorraad
                               (Sien Nota 1 hieronder)

        Gemiddelde debiteure x 365                                Gemiddelde krediteure             x   365
          Kredietverkope        1                                  Koste van verkope                     1
                                                                                        (Sien Nota 2 hieronder)

       Netto inkomste na belasting            x 100               Netto inkomste na belasting x 100
   Gemiddelde aandeelhouersbelang                1                 Getal uitgereikte aandele     1
                                                                                        (Sien Nota 3 hieronder)

               Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x                      100
       Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste                         1

        Aandeelhouersbelang      x 100                              Dividende vir die jaar   x 100
       Getal uitgereikte aandele    1                              Getal uitgereikte aandele    1

         Tussentydse dividende           x 100                          Finale dividende      x 100
        Getal uitgereikte aandele           1                       Getal uitgereikte aandele    1

         Dividende per aandeel           x 100                       Dividende vir die jaar   x 100
         Verdienste per aandeel             1                     Netto inkomste na belasting    1

                                      Totale vaste koste                                   .

                    Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET      1. Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar kan gebruik word as dit in 'n vraag vereis word.
WEL:     2. Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees mits
            voorraad konstant bly).
         3. Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is, word die
            geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik.

 Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Accounting P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nov-2024-eng/52756431-9cbf-4cbe-a383-8eea2fee9cc3) — Accounting · QP · 2024 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-june-2024-afrikaans/15cfc713-ee34-47b1-9c9c-29299ee143c2) — Accounting · Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Accounting P2 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-accounting-p2-english-2024-possible-answers/2ac769f4-a38a-4036-9426-9410caa51b2a) — Accounting · Memo · 2024 · Eng
- [ACCOUNTING P2 QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/ef36585e-6840-4d96-9787-09fc66a25ee0) — Accounting · QP · 2023 · Afr
- [ACCOUNTING P2 QP GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-sept-2023-english/eb464289-6949-44e1-9c80-4e527d6a3926) — Accounting · QP · 2023 · Eng
- [2023 KZN Prelim P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p2-qp/8b4c7156-2c8e-45f7-b23c-174fa392a45f) — Accounting · QP · 2023

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
