# Accounting Grade 12 P2 NSC November 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nsc-nov-2020-afr-2/e21a3e56-7f64-40cb-a205-023e5d6cbdc4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P2 NSC November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nsc-nov-2020-afr-2/e21a3e56-7f64-40cb-a205-023e5d6cbdc4)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                REKENINGKUNDE V2

                                 NOVEMBER 2020(2)

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                           Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye,
                      'n formuleblad en 'n 10 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                  2          DBE/November 2020(2)
                                 NSS

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                             3                         DBE/November 2020(2)
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy al die vrae moet
         beantwoord.

3.       Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

4.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.       Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
         beantwoord.

6.       Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

7.       Indien jy dit verkies, mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat
         aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van
         hierdie formuleblad is NIE verpligtend NIE.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

9.       Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
         beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

          VRAAG                       ONDERWERP                     PUNTE        MINUTE

             1         BTW en Krediteureversoening                     25            20

             2         Kosterekeningkunde (Vervaardiging)              50            40

             3         Begrotings                                      40            30

             4         Voorraadwaardasie                               35            30

       TOTAAL                                                         150           120

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                               4                        DBE/November 2020(2)
                                              NSS

VRAAG 1: BTW EN KREDITEUREVERSOENING                             (25 punte; 20 minute)

1.1     BTW

        Amahle Handelaars is vir BTW geregistreer. Die standaard-BTW-koers is 15%.

        GEVRA:

        1.1.1   Bereken die bedrae aangedui deur (a) tot (d) in die tabel hieronder.             (9)

        1.1.2   Die interne ouditeur het uitgevind dat Amahle met elke
                indieningsdatum die bedrag verskuldig aan SAID ten opsigte van BTW,
                onderbetaal het. By nadere ondersoek het Amahle gesê dat sy die geld
                gebruik om besigheidsuitgawes te betaal en dan die betalings later
                aanpas.

                Lewer kommentaar op hierdie praktyk en gee Amahle raad.                          (3)

        INLIGTING:

                                                 BTW          BTW             BTW-
                                              UITGESLUIT   INGESLUIT         BEDRAG
         Fakture van verskaffers ontvang        R78 000      R89 700           (a)
         Korting van verskaffers ontvang        R12 400                        (b)
         Kredietnotas aan kliënte uitgereik                    (c)            R210
         Fakture aan kliënte uitgereik                      R158 700*          (d)

        * Dit sluit verkope van R9 200 in wat teen nulkoers verkoop moes word.
          Die boekhouer het foutiewelik BTW van R1 200 op hierdie goedere
          ingesluit.

1.2     KREDITEUREVERSOENING

        Ekasi Handelaars koop goedere op krediet by Thembeka Verskaffers.

        GEVRA:

        1.2.1   Gebruik die tabel wat verskaf is om veranderinge aan te dui in die:

                    Krediteuregrootboekrekening in die boeke van Ekasi Handelaars
                    Krediteureversoeningstaat op 30 April 2021                                  (9)

        1.2.2   Verwys na Inligting C(c) oor Faktuur 395. Dit het aan die lig gekom dat
                die aankoopbestuurder, Bradley, hierdie goedere vir sy persoonlike
                spysenieringsonderneming geneem het. Die eienaar beskou Bradley
                as 'n gewaardeerde personeellid en beskou dit nie as diefstal nie.

                Wat behoort die eienaar aan Bradley oor hierdie insident te sê?
                Verduidelik TWEE punte.                                                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                5                        DBE/November 2020(2)
                                               NSS

        INLIGTING:

        A.   Krediteuregrootboekrekening in die boeke van Ekasi Handelaars
                                   THEMBEKA VERSKAFFERS (CL6)
                                                 DEBIET     KREDIET                 SALDO
         2021        1    Saldo             a/b                                      R81 000
         April       12   Faktuur 220                          97 200                178 200
                          EFO                       40 500                           137 700
                     18   Debietnota 702            10 300                           127 400
                          Faktuur 289                          49 100                176 500
                          Faktuur 333                          30 000                206 500
                     24   Debietnota 877                        9 700                216 200
                     25   Joernaalbewys 585          6 400                           209 800
                     31   Tjek en korting           92 600                           117 200

        B.   Rekeningstaat van Thembeka Verskaffers

         Ekasi Handelaars
         Krokodilstraat 225                                                     25 April 2021

                                                      DEBIET       KREDIET          SALDO
         2021        1    Saldo                                                      R81 000
         April       12   Faktuur 220                    97 200                      178 200
                          Kwitansie 742                                40 500        137 700
                     18   Kredietnota 791                              13 100        124 600
                          Faktuur 333                    30 000                      154 600
                     22   Faktuur 395                    12 500                      167 100
                     24   Kredietnota 888                               9 700        157 400

        C.   Foute, weglatings en ander inligting:
             (a)      Faktuur 289 is foutiewelik in die rekening van Thembeka Verskaffers
                      in die Krediteuregrootboek aangeteken. Hierdie goedere is by Thami
                      Verskaffers aangekoop.
             (b)      Kredietnota 791 is foutiewelik op die rekeningstaat aangeteken. Dit
                      hou verband met die korrekte inskrywing vir Debietnota 702 in die
                      Krediteuregrootboek.
             (c)      Faktuur 395 op die rekeningstaat was vir goedere wat deur Ekasi
                      Handelaars bestel is.
             (d)      Thembeka Verskaffers het ook goedere op skuld by Ekasi
                      Handelaars gekoop. Ekasi Handelaars het 'n debietsaldo van die
                      Debiteuregrootboek (Joernaalbewys 585) oorgedra. Thembeka
                      Verskaffers sal dit op die volgende maandstaat insluit.
             (e)      Die transaksie op 24 April 2021 is vir goedere wat aan Thembeka
                      Verskaffers teruggestuur is.
             (f)      Die rekeningstaat toon transaksies tot 25 April 2021.
                                                                                                     25

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                      6                       DBE/November 2020(2)
                                                     NSS

VRAAG 2: KOSTEREKENINGKUNDE (VERVAARDIGING)                             (50 punte; 40 minute)

2.1     PERFECT FIT VERVAARDIGERS

        Die onderneming vervaardig formele hemde. Die finansiële jaar eindig
        28 Februarie 2021.

        GEVRA:

        2.1.1        Stel die Produksiekostestaat op.                                                  (14)

        2.1.2        Bereken:
                        Bruto wins verdien met verkoop van hemde                                       (5)
                        Winsopslag-% op hemde behaal                                                   (2)

        INLIGTING:

        A.      Voorraad voorhande:
                                             28 FEBRUARIE 2021            1 MAART 2020
                    Goedere-in-bewerking                   ?                  R230 000
                                           400 hemde, gewaardeer
                                                                       900 hemde teen R380
                    Klaarprodukte            deur EIEU-metode
                                                                            = R342 000
                                                 te gebruik

        B.      Die boekhouer het die koste hieronder bereken. Enkele foute is
                gemaak.
                    Direkte materiaalkoste                       R1 575 000
                    Verkoop- en verspreidingskoste                R385 000
                    Administrasiekoste                            R256 400
                    Direkte arbeidskoste                                  ?
                    Fabrieksbokoste                               R518 800

        C.      Foute en weglatings:
                     Betalings aan Quick Afleweraars, R75 000 vir vraggeld op
                      grondstowwe, is foutiewelik aan verkoop- en verspreidingskoste
                      toegeken.
                     Die   volle   versekeringsbedrag     van    R25 200  is  na    die
                      Administrasiekoste-rekening oorgedra. Tweederdes (2/3) van hierdie
                      uitgawe behoort aan die fabriek toegeken te word.
                     Die Fabriekbokoste-rekening het 'n bedrag van R117 600 vir water en
                      elektrisiteit ingesluit. Die boekhouer het hierdie uitgawe foutiewelik aan
                      fabriek, administrasie en verkoop-en-verspreiding in die verhouding
                      6 : 3 : 1 verdeel. Die korrekte verhouding is 5 : 4 : 1.
        D.      Primêre koste: R2 550 000 (na aansuiwerings)
        E.      Produksie en verkope vir die jaar:
                     7 600 hemde is teen 'n eenheidskoste van R420 elk gemaak.
                     8 100 hemde is vir R4 860 000 verkoop.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                              7                        DBE/November 2020(2)
                                             NSS

2.2     LEATHER VERVAARDIGERS
        Tello Andrews is die eienaar van Leather Vervaardigers. Hulle vervaardig
        leerbeursies en -baadjies. Die finansiële jaar eindig elke jaar op 28/29 Februarie.
        GEVRA:
        BEURSIES
        2.2.1    Bereken die gelykbreekpunt vir beursies vir die jaar geëindig
                 28 Februarie 2021.                                                              (4)
        2.2.2    Lewer kommentaar op die vlak van produksie bereik en die
                 gelykbreekpunt vir beursies vir 2021. Haal syfers aan.                          (4)
        2.2.3    Behalwe inflasie en loonverhogings, gee TWEE ander moontlike redes
                 vir die toename in die direkte arbeidskoste per eenheid vir beursies.           (4)
        2.2.4    Gee TWEE redes vir die vermindering in die direkte materiaalkoste per
                 eenheid vir beursies.                                                           (2)
        BAADJIES
        2.2.5    Alhoewel Tello daarvan bewus was dat die invoer van leer vir die
                 baadjies die direkte materiaalkoste per eenheid sou verhoog, het hy
                 gedink dat dit die kwaliteit van die baadjies sou verhoog.
                    Verduidelik waarom die direkte materiaalkoste per eenheid vir
                     baadjies waarskynlik sou verhoog indien grondstowwe ingevoer sou
                     word. Noem TWEE punte.                                                      (2)
                    Verskaf syfers om te bewys dat Tello reg was oor die uitwerking wat
                     hierdie besluit op die koste van die baadjies sou hê.                       (2)
        2.2.6    Bereken die % toename in die verkoopprys van baadjies.                          (3)
        2.2.7    Verduidelik die impak van die toename in die verkoopprys van baadjies
                 op die verkope en wins. Haal syfers of berekeninge aan.                         (4)
        2.2.8    Tello wil die wins op baadjies met 'n addisionele R250 000 in die
                 volgende finansiële jaar verhoog. Neem aan dat die kostestruktuur
                 dieselfde bly en bereken die totale getal addisionele eenhede wat hy
                 moet vervaardig om hierdie doelwit te bereik.                                   (4)
        INLIGTING:
                                                  BEURSIES                   BAADJIES
                                               2021      2020             2021      2020
Direkte materiaalkoste per eenheid               R100      R125             R360      R180
Direkte arbeidskoste per eenheid                 R135      R105             R280      R240
Verkoop- en verspreidingskoste per eenheid        R20       R30              R60       R45
Totale veranderlike koste per eenheid            R255      R260             R700      R465
Totale vaste koste                           R936 000      R836 000    R1 706 250   R2 000 000

Getal eenhede vervaardig en verkoop           24 000       22 000        3 631         6 350
Gelykbreek- getal eenhede                       ?          20 900        3 750         5 000
Verkoopprys per eenheid                            R295        R300        R1 170          R780

                                                                                                 50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                  8          DBE/November 2020(2)
                                 NSS

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                             9                         DBE/November 2020(2)
                                            NSS

VRAAG 3: BEGROTINGS                                               (40 punte; 30 minute)

Blossom (Edms.) Bpk. verkoop duur damesrokke van 'n hoë gehalte. Hulle herstel ook
rokke vir klante, maar hulle mik om met hierdie diens gelyk te breek.

Klante word toegelaat om rokke vir kontant of op krediet te koop, maar daar word van
hulle verwag om kontant vir alle herstelwerk te betaal.

Die inligting het betrekking op die begrotingsperiode geëindig 31 Mei 2021.

GEVRA:

3.1     Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Maart tot Mei 2021.                        (9)

3.2     Bereken die ontbrekende bedrae aangedui deur (a) tot (d) in die
        Kontantbegroting.                                                                       (14)

3.3     Verwys na Inligting G en H.
        Advertensies:
           Verduidelik die besluite wat die direkteure met betrekking tot die begrote en
            werklike uitgawes vir advertensies in Mei 2021 geneem het. Haal syfers of
            berekeninge aan.                                                                    (4)

           Die direkteure vra jou vir 'n verslag oor die invloed wat die besluite oor
            advertensies werklik op kliënte en verkope in Mei 2021 gehad het.
            - Verskaf TWEE punte wat jy by jou verslag sal insluit. Haal syfers of
               berekeninge aan.                                                                 (4)
            - Verduidelik hoe die afname in die nasionale ekonomie die gemiddelde
               bedrag wat klante in Mei 2021 gespandeer het, gehad het. Haal syfers
               aan.                                                                             (3)

        Verbruiksgoedere:
        Lewer kommentaar daarop of die verbruiksgoedere goed beheer is, of nie.
        Haal syfers of berekeninge aan.                                                         (2)

3.4     Verwys na Inligting F en H.
        Verhuring en klante:
        Die eienaars van die eiendom, Propco Bpk., het die direkteure van Blossom
        Bpk. in kennis gestel van die beplande verhoging in huur met ingang van
        1 April 2021.
        Die direkteure het die eienaars, Propco Bpk., gevra vir 'n vermindering van die
        oppervlakte gehuur vanaf 1 Mei 2021 om op huur te bespaar. Propco Bpk. het
        hierdie versoek goedgekeur. Bereken die vermindering van die oppervlakte
        gehuur (in vierkante meter).                                                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                 10                         DBE/November 2020(2)
                                                NSS

INLIGTING:

A.   Totale verkope en koste van verkope:
                                          MAART                   APRIL               MEI
     Verkope                                R560 000                R630 000           R770 000
     Koste van verkope                       320 000                 360 000            440 000

        Goedere word teen 'n winsopslag van 75% op kosprys verkoop.
        Kredietverkope sal na verwagting 65% van totale verkope wees.

B.   Verwagte debiteure-invordering op die verlede gebaseer:
        40% ingevorder in die maand van verkope, min 6% korting vir vroeë betaling
        50% ingevorder in die maand wat volg op die maand van verkope
        8% ingevorder twee maande na die verkope
        2% as oninvorderbaar beskou twee maande na die verkope

C.   Aankope van voorraad:
        Alle aankope van voorraad is op krediet.
        Handelsvoorraad word in die maand van verkope vervang. 'n Vaste
         voorraadvlak word gehandhaaf.
        Krediteure word ten volle in die maand na aankope van voorraad betaal.

D.   Lening van Janet Bloom:
        Janet Bloom het 'n lening aan die onderneming verskaf teen 'n rentekoers van
         9% p.j. Rente word nie gekapitaliseer nie en een derde van die lening word op
         31 Desember elke jaar aan haar terugbetaal.
        Aangesien die maatskappy steeds kontantvloeiprobleme ervaar het as gevolg
         van die Koronavirus-grendeltyd in 2020, het Janet ingestem om haar lening aan
         die onderneming op 1 April 2021 te verhoog.

E.   Salarisse van verkoopsassistente:
        Die verkoopsassistente verdien almal dieselfde maandelikse salaris.
        Hulle is 'n 5%-verhoging in hulle salarisse met ingang 1 April 2021 belowe.
        Die onderneming het twee verkoopsassistente in Maart in diens geneem en het
         beplan om 'n addisionele assistent vanaf 1 April 2021 aan te stel.

F.   Huur en die aantal klante:
        Die direkteure het 'n perseel in 'n plaaslike winkelsentrum by Propco Bpk.
         bekom, groot genoeg om vir die verwagte aantal klante voorsiening te maak.
        Huur word per vierkante meter volgens die vloeroppervlakte gehef. Die huur het
         vanaf 1 April met 11% p.j. verhoog.
        Die volgende syfers is vir beplanningsdoeleindes gebruik:
                                                      MAART           APRIL            MEI
     Vloeroppervlakte in vierkante meter (m2)          120 m2         120 m2            ?
     Huuruitgawe per m2                                   ?              ?              ?
     Verwagte gemiddelde verkope per klant             R7 000         R7 000         R7 000
     Verwagte aantal klante                           80 klante      90 klante      110 klante

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                  11                      DBE/November 2020(2)
                                                 NSS

G.   Uittreksel uit die Kontantbegroting:
                                                           MAART         APRIL        MEI
     ONTVANGSTE                                               R            R           R
     Kontantverkope                                         196 000       (a)        269 500
     Kontant van debiteure                                  278 369      355 992       ?
     Fooi-inkomste (vir herstelwerk)                         15 000       15 000      15 000
     Lening van Janet Bloom (sien Inligting D)                            (b)

     BETALINGS
     Betalings aan krediteure                               220 000      320 000     360 000
     Salarisse van verkoopsassistente (sien Inligting E)     22 400       (c)          ?
     Lone van herstelpersoneel                                9 000       10 000      10 000
     Verbruiksgoedere (vir herstelwerk)                       4 200        4 200       4 200
     Rente op lening                                          1 365        2 625       2 625
     Huuruitgawe (sien Inligting F)                          (d)          39 960      39 960
     Advertensies                                            10 000       12 000      30 000
     Ouditfooie                                                                       60 000

H.   Vergelyking van begrote syfers met werklike syfers vir Mei 2021:

                                                            BEGROOT            WERKLIKE
      Aantal klante                                         110 klante         135 klante
                                                                R                   R
      Verkope                                                    770 000             690 000
      Fooi-inkomste (hersteldienste)                              15 000              21 000
      Advertensies                                                30 000              42 000
      Verbruiksgoedere (vir herstelwerk)                           4 200               5 520
      Lone (vir herstelpersoneel)                                 12 000              18 000
      Ouditfooie                                                  60 000              48 000
      Huuruitgawe                                                 39 960              31 968
      Salarisse (winkelassistente)                                35 280              37 044
      Afleweringsuitgawes                                          6 930               4 850
      Verpakkingsmateriaal                                        19 250              13 480

                                                                                                   40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                               12                    DBE/November 2020(2)
                                              NSS

VRAAG 4: VOORRAADWAARDASIE                                        (35 punte; 30 minute)

4.1     Gee EEN woord/term vir elk van die volgende stellings. Skryf slegs die woord/
        term langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                         periodieke stelsel; EIEU; deurlopende stelsel;
                          spesifieke identifikasie; geweegde gemiddeld

        4.1.1   Dié metode is die geskikste vir goedkoop goedere wat gereeld
                aangekoop word.
        4.1.2   Die eindvoorraadsaldo word aangeteken teen die mees onlangse pryse
                betaal.
        4.1.3   Individuele voorraaditems word teen die kosprys op die aankoopfaktuur
                gewaardeer.
        4.1.4   Die koste van verkope word vir elke verkooptransaksie geboekstaaf.
                                                                               (4 x 1)         (4)

4.2     LOTUS BYKOMSTIGHEDE

        Die eienaar is Alex Lotus. Die onderneming gebruik die eerste-in-eerste-uit-
        metode om gaslampe te waardeer. Hulle het besluit om ook gasstowe te
        verkoop, aangesien hulle 'n aanvraag as gevolg van toenemende beurtkrag
        verwag. Die spesifieke identifikasiemetode word gebruik om hierdie stowe te
        waardeer.
        Die finansiële jaareinde elke jaar is 30 April.

        GEVRA:
        4.2.1   Bereken die volgende vir die gaslampe op 30 April 2021:
                    Waarde van eindvoorraad (volgens EIEU)                                    (6)
                    Voorraadhoudingstydperk in dae (gebruik eindvoorraad)                     (6)
        4.2.2   Alex vermoed dat die gaslampvoorraad nie goed beheer word nie.
                Bereken die aantal gaslampe wat vermis word.                                   (4)
        4.2.3   'n Ondersoek het aan die lig gebring dat Alex se broer (in diens van die
                winkel) gaslampe bestel deur die onderneming se bestelstelsel te
                gebruik, en dit dan privaat aan sy vriende verkoop.
                Wat moet Alex aan sy broer sê wanneer hy hierdie aangeleentheid
                hanteer? Verskaf TWEE punte.                                                   (4)
        4.2.4   Bereken die waarde van die eindvoorraad vir gasstowe                   op
                30 April 2021 (met gebruik van die spesifieke identifikasiemetode).            (5)
        4.2.5   Alex dink dat hy die verkoop van gasstowe moet staak aangesien dit
                likiditeitsprobleme veroorsaak en die winste laag is.
                    Verskaf syfers om sy mening te staaf.                                     (2)
                    Verduidelik TWEE punte om hom te oortuig om NIE handel in
                     gasstowe te staak NIE.                                                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                 13                     DBE/November 2020(2)
                                                NSS

        INLIGTING:

        A.   VOORRAADREKORDS VIR GASLAMPE:

                                                                  EENHEIDS-
                                                                                BEDRAG
                                                      EENHEDE       PRYS
                                                                                  (R)
                                                                     (R)
                 Voorraadsaldo op 1 Mei 2020             230                     R12 650

                 Aankope gedurende die jaar:           2 750                    R193 500
                       Julie 2020                        650         R60          39 000
                       September 2020                    800         R68          54 400
                       Januarie 2021                   1 100         R75          82 500
                       Maart 2021                        220         R80          17 600
                 Terugsendings (van Maart 2021)           40           ?               ?
                 Beskikbaar vir verkope                2 940

                 Voorraadsaldo: 30 April 2021            270           ?               ?

                 Totale verkope                        2 180        R140        R305 200
             c

        B.   VOORRAADREKORDS VIR GASSTOWE:

             AANKOPE:
                     MAAND             MODEL          EENHEDE     EENHEIDS-     BEDRAG
                                                                    PRYS
                 Augustus 2020         B-LITE           80              R495      R39 600
                                       B-LITE            80             R495      R39 600
                 Oktober 2020
                                       SMART            100             R700      R70 000
                                       B-LITE           120             R495      R59 400
                 Februarie 2021
                                       SMART             60             R700      R42 000

             VERKOPE:
                    MODEL         EENHEDE VERKOOP            VERKOOPPRYS       BEDRAG
                 B-LITE                 132                          R790        R104 280
                 SMART                   54                          R980         R52 920

             BRUTO WINS EN WINSOPSLAG:
                    MODEL         KOSTE VAN VERKOPE           BRUTO WINS      WINSOPSLAG
                 B-LITE                       R65 340              R38 940        60%
                 SMART                        R37 800              R15 120        40%

                                                                                               35

                                                                                 TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
  Rekeningkunde/V2                                                        DBE/November 2020(2)
                                                 NSS

    GRAAD 12 REKENINGKUNDE-FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

            Bruto wins x 100                                  Bruto wins    x 100
             Verkope      1                               Koste van verkope    1

     Netto wins voor belasting x 100                      Netto wins na belasting x 100
              Verkope             1                              Verkope             1

         Bedryfsuitgawes x 100                                 Bedryfswins x 100
             Verkope        1                                    Verkope      1

        Totale bates : Totale laste                         Bedryfsbates : Bedryfslaste

 (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste              Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

    (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

   Gemiddelde handelsvoorraad x 365                            Koste van verkope          .

        Koste van verkope        1                         Gemiddelde handelsvoorraad

      Gemiddelde debiteure x 365                          Gemiddelde krediteure x 365
        Kredietverkope        1                            Koste van verkope       1

                                                          Netto inkomste na belasting x 100
   Netto inkomste na belasting        x    100             Getal uitgereikte aandele     1
Gemiddelde aandeelhouersbelang            1
                                                                               (*Sien nota hieronder)

              Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
      Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

       Aandeelhouersbelang      x 100                      Dividende vir die jaar   x 100
      Getal uitgereikte aandele    1                      Getal uitgereikte aandele    1

      Tussentydse dividende x 100                              Finale dividende      x 100
      Getal uitgereikte aandele 1                          Getal uitgereikte aandele    1

      Dividende per aandeel x 100                          Dividende vir die jaar   x 100
      Verdienste per aandeel   1                        Netto inkomste na belasting    1

                                    Totale vaste koste                         .

                  Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
* In hierdie geval, indien daar gedurende 'n finansiële jaar 'n verandering in die aantal
  uitgereikte aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.

  Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Accounting P2 NSC Nov 2020 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nsc-nov-2020-answer-book-afr-2/4cac0f65-ae9d-4da2-b413-d8c18d44450a) — Accounting · Addendum · 2020 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR12 QP SEPT2020 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-qp-sept2020-english/f03e0db8-e54a-430c-a3c1-424aaa129fde) — Accounting · QP · 2020 · Eng
- [2020 FS Prelim P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/2020-fs-prelim-p2-qp/f66a906e-8a2e-4240-912b-36ffdeca9056) — Accounting · QP · 2020
- [Grade 12 NSC Accounting P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [KZN 2020 June P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/kzn-2020-june-p2-qp/aebab627-a5be-4328-8b2b-aee3f80cce83) — Accounting · QP · 2020
- [Accounting P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2021-afr/6fec8993-f2b5-4aac-9ce1-277abdc5ca20) — Accounting · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
