# Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

> Grade 11 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2025 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr11-nov-2025-afr-watermark/c1345715-0e44-4f64-9844-4e1a4ca18c22
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/accounting) › [Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr11-nov-2025-afr-watermark/c1345715-0e44-4f64-9844-4e1a4ca18c22)

## About this document

Accounting · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2025. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 11

                            NOVEMBER 2025

                        REKENINGKUNDE V2

PUNTE:     150

TYD:       2 uur

            Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitend ŉ formuleblad
                vir finansiële aanwysers en ŉ 11-bladsy antwoordeboek.

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                   REKENINGKUNDE V2                       (EC/NOVEMBER 2025)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.     Beantwoord AL die vrae.

2.     ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word voorsien waarin jy ALLE vrae moet
       beantwoord.

3.     ŉ Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
       aangeheg.

4.     Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

5.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.     Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

7.     ALLE bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van toepassing.

8.     Skryf netjies en leesbaar.

9.     Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer jy die vraestel
       beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

                                                                                TYD
     VRAAG                       ONDERWERP                      PUNTE
                                                                              (MINUTE)
       1        Periodieke Stelsel, BTW en Vaste Bates                35           30
       2        Begrotings                                            35           30

       3        Kosterekeningkunde                                    40           30

       4        Rekonsiliasies                                        40           30

    TOTAAL                                                        150             120

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2025)                   REKENINGKUNDE V2                                            3

 VRAAG 1: PERIODIEKE STELSEL, BTW EN VASTE BATES
                                                                       (35 punte; 30 minute)

 1.1    PERIODIEKE STELSEL
        Kies die antwoord uit die opsies gegee. Skryf slegs die letter (A‒D) langs die
        vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
        1.1.5 B.

        1.1.1    Wat word gebruik om die hoeveelheid voorraad aan die einde van die
                 finansiële jaar te bepaal?

                 A    Fakture van aankope
                 B    Fisiese voorraadopname
                 C    Kasregisterrolle
                 D    Debiteuregrootboek

        1.1.2    ŉ Besigheid het die volgende inligting aan die einde van die jaar:
                 • Beginvoorraad              R30 000
                 • Aankope                  R120    000
                 • Terugsendings              R10 000
                 • Slotvoorraad               R25 000

                 Bereken die koste van verkope:

                 A    R185 000
                 B    R100 000
                 C    R135 000
                 D    R115 000

        1.1.3    Wat is die effek van ŉ fisiese voorraadverlies in die periodieke
                 voorraadstelsel?

                 A    Dit word as ŉ bate aangeteken
                 B    Dit verhoog die eindvoorraad
                 C    Dit verminder die eindvoorraad
                 D    Dit verhoog die verkoopsyfers

        1.1.4    Watter van die volgende is NIE ŉ voordeel van die periodieke
                 voorraadstelsel NIE?

                 A    Minder administrasie
                 B    Goedkoop om te gebruik
                 C    Eenvoudige rekords
                 D    Toegang tot daaglikse voorraadinligting                   (4 x 1)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                   REKENINGKUNDE V2                        (EC/NOVEMBER 2025)

1.2   BTW

      INLIGTING:

      Siyanda Handelaars is ŉ BTW-geregistreerde besigheid. Die BTW-koers is
      15%. Die volgende transaksies het in Mei 2025 plaasgevind:

      (i)     Kontantverkope van goedere: R11 500 (BTW ingesluit)

      (ii)    Kredietaankope van goedere: R6 900 (BTW uitgesluit)

      (iii)   Aankoop van ŉ motor vir die eienaar se persoonlike gebruik: R450 000
              (BTW ingesluit)

      (iv)    Betaal vir herstelwerk aan die afleweringsvoertuig: BTW: R225

      GEVRA:

      1.2.1    Bereken die BTW-bedrag ingesluit in die kontantverkope.                    (2)

      1.2.2    Bereken die inset-BTW wat Siyanda Handelaars mag eis.                      (3)

      1.2.3    Waarom kan BTW nie op die aankoop van die voertuig geëis word nie?         (2)

      1.2.4    Gee EEN rede waarom dit vir ŉ besigheid belangrik is om behoorlike
               BTW-rekords te hou.                                                        (2)

      1.2.5    Verduidelik EEN voordeel en EEN nadeel om ŉ BTW-geregistreerde
               besigheid te wees.                                                         (2)

1.3   BATEVERKOPE

      Die inligting het betrekking op VIC Handelaars vir die finansiële jaar geëindig
      31 Augustus 2025.

      GEVRA:

      1.3.1    Bereken die totale waardevermindering afgeskryf op voertuie vir die
               finansiële jaar geëindig 31 Augustus 2025.                                 (9)

      1.3.2    Voltooi die volgende rekeninge in die Algemene Grootboek vir die
               finansiële jaar. Die rekeninge moet op 31 Augustus 2025
               afgesluit/balanseer word.

               (i)    Voertuie                                                            (5)

               (ii)   Bateverkope                                                         (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2025)                REKENINGKUNDE V2                                           5

        INLIGTING:

        Saldo’s op 1 September 2024:
        Voertuie                                        R940 000
        Opgehoopte waardevermindering op voertuie       R430 000

        Waardevermindering op voertuie word bereken teen 20% p.j. op kosprys.

        Transaksies gedurende die finansiële jaar:

        1 Maart 2025    ŉ Ou voertuig is vir R98 000 verkoop en betaling is per EFO
                        ontvang. Die voertuig is oorspronklik op 1 September 2021
                        vir R400 000 gekoop.

        30 Junie 2025   ŉ Nuwe voertuig is aangekoop. 20% van die kosprys is aan
                        Kwano Motors betaal en die balans sal in ses maandelikse
                        paaiemente van R30 500 elk betaal word.

        31 Aug 2025     Maak voorsiening vir waardevermindering vir die 2025
                        finansiële jaar.

                                                                                      35

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                 REKENINGKUNDE V2                        (EC/NOVEMBER 2025)

VRAAG 2: BEGROTING                                                 (35 punte; 30 minute)
2.1 PASITEMS
     Kies die antwoord uit KOLOM B wat by die frase in KOLOM A pas. Skryf slegs
     die letter (A‒G) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.5) in die
     ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.6 H.

                   KOLOM A                                 KOLOM B
     2.1.1   Hierdie item is ŉ nie-kontant/ A     Projekteer verwagte inkomstes en
             toegerekende uitgawe                 verwagte uitgawes sodat areas
                                                  van kommer geïdentifiseer kan
                                                  word
     2.1.2   Geprojekteerde Staat van        B    Finansiële bestuurder
             Omvattende Inkomste
     2.1.3   Hierdie item sal in die         C    Toon verwagte kontantontvang-
             kontantbegroting verskyn,            stes en verwagte kontant-
             maar nie in die Geprojek-            betalings
             teerde Staat van Omvattende
             Inkomste nie
     2.1.4   Kontantbegroting                D    Koop ŉ voertuig op krediet
     2.1.5   Verantwoordelik vir die         E    Waardevermindering
             voorbereiding van ŉ
             kontantbegroting
                                             F    Kontantonttrekkings deur eienaar
                                             G    Menslike Hulpbronbestuurder
                                                                           (5 x 1)        (5)
2.2 CHW HANDELAARS
     Jy word voorsien van die Kontantbegroting van CHW Handelaars vir die drie
     maande geëindig 31 Augustus 2025.
     GEVRA:
     2.2.1   VERWYS NA INLIGTING A EN B
             Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Junie tot Augustus 2025.        (6)
     2.2.2   Bereken die syfers gemerk A tot F in die Kontantbegroting.                 (15)
     2.2.3   VERWYS NA INLIGTING D
             SALARISSE:
             (i) Bereken die persentasie verhoging wat in Julie 2025 aan
                 werknemers gegee is.                                                     (2)

             (ii)    ŉ Werknemer is nie tevrede met die verhoging nie. Hy is van
                     mening dat die R35 000 wat die besigheid beplan om aan
                     personeelopleiding te spandeer, eerder gebruik moet word om
                     werknemers se maandelikse salarisse te verhoog. Verduidelik
                     waarom personeelopleiding noodsaaklik vir die besigheid is.          (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2025)                   REKENINGKUNDE V2                                           7

               LENING:
               (iii) Rente op die lening word nie gekapitaliseer nie. Bereken die
                     leningsaldo op 1 September 2025.                                      (1)

               ADVERTENSIES:
               (iv) Die werklike bedrag in Augustus 2025 aan advertensies bestee is
                    R3 000. Verduidelik EEN moontlike gevolg van die besluit om
                    minder as die begrote bedrag van R5 000 te spandeer.                   (2)

               BANKKOSTE:
               (v) Die eienaar is bekommerd oor die voortdurende toename in
                   bankkoste. Stel EEN manier voor waarop hulle bankkoste kan
                   verminder.                                                              (2)

     INLIGTING:

     A.    Verkope en Koste van Verkope
           • Totale verkope word as volg beraam:
                    JUNIE 2025           JULIE 2025             AUGUSTUS 2025
                     R220 000             R182 000                 R176 000

           •    60% van verkope is vir kontant.

           •    ŉ Winsopslag van 25% op kosprys word op alle verkope gehef.

     B.    Debiteure Invordering
           • CHW Handelaars gee debiteure 30 dae om alle verskuldigde bedrae
             te vereffen.

           • Debiteure se betalingstendense op vorige inligting gebaseer:
              45% betaal in die maand van verkope om 5% afslag te ontvang
              35% betaal in die maand na die verkope
              15% betaal in die tweede maand na die verkope
              Die oorblywende bedrag word in die derde maand na die verkope
               afgeskryf

     C.    Aankope
           • ŉ Vaste basisvoorraad word te alle tye gehandhaaf. Voorraad binne
             die maand verkoop, word in dieselfde maand vervang.

           • 35% van aankope is op krediet, met die res wat kontant gekoop word.

           • Krediteure word twee maande na die aankoopdatum ten volle betaal.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                                REKENINGKUNDE V2                     (EC/NOVEMBER 2025)

     D.   Uittreksel uit die Kontantbegroting vir die drie maande geëindig
          31 Augustus 2025
                                         JUNIE          JULIE      AUGUSTUS
          Ontvangstes                     487 980        235 000              ?
          Kontantverkope                    C            109 200        105 600
          Invordering van debiteure              ?             ?              ?
          Verbandlening:                    D
          BBA Bank (8% p.j.)
          Huurinkomste                           ?             ?              ?

          Betalings                       321 580      333 800                 ?
          Kontantaankope van                    ?       E
          voorraad
          Betaling aan krediteure               ?            ?               F
          Rente betaal op lening                         2 100               ?
          Terugbetaling van lening                                      25 000
          Salarisse en lone                65 000       69 875          69 875
          Bankkoste                         3 500        4 000           4 330
          Advertensies                      5 000        5 000           5 000
          Personeelopleiding                                            35 000
          Diverse uitgawes                      ?            ?               ?

          Surplus/tekort vir die maand     166 400    (98 800)                 ?
          Openingsaldo van bank          (103 000)     A                       ?
          Sluitingsaldo van bank            63 400     B                       ?

                                                                                   35

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2025)                     REKENINGKUNDE V2                                          9

VRAAG 3: KOSTEREKENINGKUNDE                                         (40 punte; 30 minute)

3.1   POPSICLE VERVAARDIGERS

      GEVRA:

      Jy word voorsien van inligting uit die rekeningkundige rekords van Popsicle
      Vervaardigers, ŉ besigheid wat verskillende gegeurde roomyse vervaardig.

      3.1.1 Bereken die grondstowwe vir produksie uitgereik in 2025.                       (6)

      3.1.2 Voltooi die volgende rekeninge in die Algemene Grootboek:

              (a)    Fabrieksbokoste                                                     (13)

              (b)    Goedere-in-bewerkingvoorraad                                          (7)

      3.1.3 Bereken die koste van verkope vir die jaar geëindig
            30 September 2025.                                                             (4)

      INLIGTING:

        A.    Die volgende saldo’s verskyn in die boeke van Popsicle Vervaardigers:

                                                      2025               2024
                                                     30 Sept             1 Okt
              Direkte materiaal/Grondstof
              voorraad                                R24 000               R55 000
              Goedere-in-bewerkingvoorraad            R78 000               R41 000
              Klaarprodukte                          R188 000              R210 000
              Indirekte materiaalvoorraad              R6 500                R5 800

        B.    Transaksies vir die jaar:

              Grondstowwe gedurende die jaar aangekoop                     R740 000
              Vervoerkoste op grondstowwe aangekoop                           18 900
              Invoerbelasting op grondstowwe                                   3 900
              Fabrieksonderhoud betaal                                        72 400
              Advertensies betaal                                             18 700
              Water en elektrisiteit betaal                                 ?
              Huur betaal                                                   196 000
              Indirekte materiaal aangekoop                                   37 000
              Diverse uitgawes betaal                                         13 200
              Salaris: Fabrieksvoorman                                        66 000
              Salaris: Kantoorassistent                                       73 500

        C.    Addisionele inligting:

                1.   Die totale direkte arbeidskoste vir die jaar beloop R784 000.

                2.   Ingesluit in die bedrag vir grondstowwe is goedere wat nie bestel
                     is nie en dus aan die verskaffers terugbesorg is, R5 000.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                                 REKENINGKUNDE V2                         (EC/NOVEMBER 2025)

               3.     Diverse uitgawes moet in die verhouding 3 : 2 : 1 aan die
                      fabriek, verkoopsafdeling en kantoor toegeken word.

               4.     Huur moet tussen die drie             departemente     volgens
                      vloeroppervlakte verdeel word:

                      • Fabriek: 400 vierkante meter
                      • Verkope: 220 vierkante meter
                      • Kantoor: 380 vierkante meter

               5.     Waardevermindering vir die jaar:
                      • Fabrieksmasjienerie: R21 450
                      • Kantoortoerusting: R13 400

               6.     50% van Water en Elektrisiteit is verkeerdelik aan die fabriek
                      toegeken, R78 400. Die korrekte toewysing is:
                      • Fabriek: 70%
                      • Kantoor: 15%
                      • Verkope: 15%

      3.2     BERRY NOK VERVAARDIGERS

              Berry Nok Vervaardigers vervaardig selfoonomhulsels. Die inligting
              hieronder is geneem uit hul rekords vir die finansiële jaar geëindig
              30 September 2025.

              GEVRA:

              3.2.1   Bereken die gelykbreekpunt vir die finansiële jaar geëindig
                      30 September 2025.                                                  (4)

              3.2.2   Dink jy Berry Nok behoort tevrede te wees met die
                      gelykbreekpunt? Haal die aantal eenhede waarop ŉ wins
                      gemaak word in jou verduideliking aan.                              (4)

              3.2.3   Direkte materiaalkoste per eenheid het gedaal. Behalwe vir die
                      goedkoper verskaffer, noem TWEE moontlike redes vir die
                      afname.                                                             (2)

              INLIGTING:
                                                   EENHEIDSKOSTE
                                       30 Sept 2025        30 Sept 2024
              Vaste koste                  R47                 R50
              Veranderlike koste           R126                R132
              Verkoopprys                  R220                R210

                                                    AANTAL EENHEDE
              Vervaardig en
              verkoop                    23 600                24 960
              Gelykbreek                  ?                    16 000

                                                                                          40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2025)                     REKENINGKUNDE V2                                       11

VRAAG 4: REKONSILIASIES                                                (40 punte; 30 minute)

4.1    REKONSILIASIE BEGRIPPE

       Kies die mees gepaste woord(e) uit die opsies tussen hakies. Skryf SLEGS
       die korrekte woord(e) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.4) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       4.1.1      Bankkoste word gewoonlik in die (Kontantontvangstejoernaal /
                  Kontantbetalingsjoernaal) aangeteken.

       4.1.2      ŉ Fout op die bankstaat moet in die (Kontantjoernaal / Algemene
                  Grootboek / Bankversoeningstaat) reggestel word.

       4.1.3      ŉ Gunstige banksaldo word as ŉ (debiet / krediet) in die Bankstaat
                  getoon.

       4.1.4      ŉ Te groot betaling aan ŉ krediteur sal tot ŉ (debiet / krediet / nul)
                  saldo in die Krediteuregrootboek lei.                         (4 x 1)      (4)

4.2    BANKREKONSILIASIE

       Die inligting het betrekking op John Bakers.

       GEVRA:

       4.2.1      Toon veranderinge in die Kontantjoernale vir Julie 2025.                 (10)

       4.2.2      Bereken die korrekte saldo van die Bankrekening op 31 Julie 2025.          (4)

       4.2.3      Stel die Bankversoeningstaat op 31 Julie 2025 op.                          (7)

       4.2.4      Verwys na Inligting D:

                  Gee EEN moontlike gevolg vir die besigheid as diefstal soos hierdie
                  onopgemerk sou voortduur.                                                  (2)

       INLIGTING:

       A.      Inligting uit die Bankversoeningstaat wat op 30 Junie 2025 opgestel is:
               Ongunstige saldo volgens Bankstaat                            R18 500
               Deposito in die Kontantjoernaal, maar nie op die                48 400
               Bankstaat van Junie 2025 nie
               EFO’s aangeteken in die KBJ Nr. 715                             19 500
                                              Nr. 780                          16 850
               Ongunstige saldo van die Bankrekening in die Groot-
               boek                                                             6 450

               LET WEL:
               Die deposito en EFO Nr. 715 verskyn op die Julie-bankstaat.
               EFO Nr. 780 verskyn op die Julie-bankstaat as R14 850. Die bankstaat
               is korrek.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                                 REKENINGKUNDE V2                         (EC/NOVEMBER 2025)

      B.    Voorlopige totale van Kontantjoernale op 31 Julie 2025 voor ontvangs
            van die Julie-bankstaat per e-pos van die bank:

            - Kontantontvangstejoernaal (KOJ): R75 620

            - Kontantbetalingsjoernaal (KBJ): R74 890

      C.    Inligting uit die Bankstaat van Julie 2025 wat nie in die kontantjoernale
            van Julie aangeteken is nie:
                                                         Debiet          Krediet
            EFO (Debteur: J Joubert)                                        R31 350
            Debietorder (GSP Versekeraars)                R9 750
            Debietorder (GSP Versekeraars)                R9 750
            EFO (Clear View – herstelwerk aan             R2 975
            vensters)
            Rente                                           R150
            Internet bankfooie                              R800

            LET WEL:     Die bank het die debietorder vir versekering verkeerdelik
                         gedupliseer. Dit sal in Augustus 2025 reggestel word.

      D.    Inskrywings vir deposito’s in die Julie-KOJ wat nie met die Julie-
            bankstaat ooreenstem nie:
            - R25 870 op 30 Julie 2025
            - R42 400 op 31 Julie 2025. Die Bankstaat toon dit as R32 400. ŉ
               Ondersoek het aan die lig gebring dat die kontantstrokies R42 400
               beloop, maar slegs R32 400 is gedeponeer. Die kassier het verdwyn.
               Die tekort moet afgeskryf word.

      E.    Inskrywings in die Julie-KBJ wat nie op die Julie-bankstaat verskyn nie:
            - EFO Nr. 880 (Austin, die eienaar, vir privaatgebruik) 29 Julie 2025,
               R8 900
            - EFO Nr. 889 (Jannas Verskaffers) 31 Julie 2025, R9 000

      F.    Bankstaat se saldo op 31 Julie 2025 is die balanserende bedrag.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2025)                    REKENINGKUNDE V2                                        13

4.3    KREDITEURE

       GEVRA:

       4.3.1     Stel die saldo’s van die krediteure in die Krediteuregrootboek reg.         (5)

       4.3.2     Gebruik die inligting wat verskaf word om die korrekte saldo volgens
                 die staat wat van Phoenix Verskaffers ontvang is, te bereken.               (4)

       4.3.3     Identifiseer TWEE moontlike gevolge wat ŉ besigheid kan ondervind
                 as sy krediteure nie betyds betaal word nie.                                (2)

       4.3.4     Beskryf EEN manier waarop tegnologie ŉ besigheid kan help om
                 akkurate en opgedateerde krediteure-rekords te handhaaf.                    (2)

       INLIGTING:

       A.      Uittreksel uit die Krediteuregrootboek van ABC Handelaars op
               31 Mei 2025:

               KREDITEUR                SALDO
               Phoenix Verskaffers      R17 250 Kt
               Zahn Handelaars          R12 450 Dt
               Lara Groothandelaars      R8 950 Kt

       B.      AANSUIWERINGS:

            •     ŉ Betaling van R12 500 aan Phoenix Verskaffers is verkeerdelik na
                  Zahn Handelaars oorgeboek.
            •     ŉ Faktuur vir R13 500 van Zahn Handelaars is nie aangeteken nie.
            •     ŉ Betaling van R1 500 aan Lara Groothandelaars is as aankope
                  aangeteken.

       C.      Rekeningstaat van Phoenix Verskaffers op 31 Mei 2025:
               Saldo: R10 850
               Die volgende verskille moet nog in ag geneem word:
               ŉ Betaling van R5 000 op 30 Mei 2025 verskyn nie op die staat nie.
               Phoenix Verskaffers het rente van R100 gehef wat as ŉ betaling ontvang
               op die staat aangeteken is.
               ŉ Faktuur vir R1 300, gedateer 31 Mei 2025, is verkeerdelik twee keer op
               die staat aangeteken.

                                                                                            40

                                                                              TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 14

14                             REKENINGKUNDE V2                          (EC/NOVEMBER2025)

      GRAAD 11 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD

     Bruto wins x 100           Bruto wins x 100               Netto wins      x 100
       Verkope    1           Koste van verkope 1               Verkope           1

       Bedryfsuitgawes x      100                    Bedryfswins   x     100
          Verkope              1                       Verkope            1

 Totale verdienste van vennoot x 100                    Netto wins x       100
 Vennoot se gemiddelde ekwiteit   1             Gemiddelde eienaarsekwiteit 1

       Bedryfsbates: Bedryfslaste            (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste

 (Handels- en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste

      Gemiddelde debiteure x 365                  Gemiddelde krediteure x 365
        Kredietverkope        1                     Kredietaankope         1

 Gemiddelde voorraad x 365 of 12                       Koste van verkope
  Koste van verkope     1      1                      Gemiddelde voorraad

     Nie-bedryfslaste: Eienaarsekwiteit             Totale bates: Totale laste

                                    Totale vaste koste                  .
                 Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid

Kopiereg voorbehou
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/7aa479bf-34d0-4240-934b-67a2f33e2597) — Accounting · Memo · 2025 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-afr-watermark/a92dc10a-0d2e-42d6-9cd3-ff78b0e78afe) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2023-afrikaans-d/e318f486-dc9d-4af4-a66a-7f94a80f4e52) — Accounting · QP · 2023 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2023-afrikaans/bbf140b1-3c15-44cd-86a1-4a4ce39bb9de) — Accounting · QP · 2023 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2023-afrikaans-watermark/a2d9376b-5342-490a-8a04-b73e930d98f4) — Accounting · QP · 2023 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2023 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2023-english/f476ab04-a9d8-48f8-8d61-d147a95b251f) — Accounting · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 11 Accounting

- [GR11 Accounting Practice exam November Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-practice-exam-november-paper-1/a786fffb-f00d-472f-a62b-80f038063c5b) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-nov2025-afrikaans-watermark/6daad69c-e558-4d79-9945-bdcc57c797b8) — Addendum · 2025 · Afr
- [LP Accounting Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-11-march-2025-qp-and-memo/e029a6c5-e494-4ee4-85f6-bf55d1d8442b) — QP + Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2024 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2024-eng-watermark/c09eb350-5d2d-4070-8df4-25ece70dc7de) — Memo · 2024 · Eng
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWERBOOK NOVEMBER 2023 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answerbook-november-2023-afrikaans-final/48a9c62d-44fe-4bcf-b849-66228902a934) — Addendum · 2023 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR11 MEMO NOVEMBER 2023 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-memo-november-2023-english-watermark-1/49899c38-504c-42fb-972e-2181fa910731) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
