# Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-2022-afrikaans/18ae7c67-e5c7-4a60-b190-25906ec8c262
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-2022-afrikaans/18ae7c67-e5c7-4a60-b190-25906ec8c262)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ACCOUNTING P2 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/b8060326-1d99-4ab4-b3d0-670339bf9763) — Memo · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2022

                   REKENINGKUNDE V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, insluitend
                  ŉ formuleblad en ŉ 9-bladsye antwoordeboek.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   REKENINGKUNDE V2                         (EC/SEPTEMBER 2022)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

 1.   Beantwoord AL die vrae.

 2.   ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord.

 3.   Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

 4.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 5.   Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

 6.   ALLE bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van toepassing.

 7.   Indien jy dit verkies, mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat aan die einde
      van hierdie vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van hierdie formuleblad is NIE
      verpligtend NIE.

 8.   Skryf netjies en duidelik.

 9.   Gebruik die inligting in die tabel as riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer
      om NIE daarvan af te wyk NIE.

           VRAAG                     ONDERWERP                      PUNTE          MINUTE

               1        Voorraadwaardasie en BTW                       35              30

               2        Rekonsiliasies                                 35              30

               3        Kosteberekeninge                               40              30

               4        Begroting                                      40              30

        TOTAAL                                                         150            120

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                  REKENINGKUNDE V2                                              3

 VRAAG 1: VOORRAADWAARDASIE EN BTW                              (35 punte; 30 minute)

 1.1    VOORRAADWAARDASIE
        Debra Handelaars verkoop elektriese waaiers. Die eienaar van die besigheid
        is Deb Fisher. Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig
        30 April 2022.
        Die periodieke voorraadstelsel en die eerste-in-eerste-uit-metode (EIEU)
        word gebruik om die waarde van die waaiers in voorraad te bepaal.
        GEVRA:
        1.1.1    Bereken die volgende vir die jaar geëindig 30 April 2022:
                 •     Waarde van slotvoorraad                                               (5)
                 •     Koste van verkope                                                     (6)
        1.1.2    Deb is bekommerd oor die verkope en die winsgewendheid.
                 •     Bereken die gemiddelde voorraadhoudingsperiode (in dae).              (5)
                 •     Lewer kommentaar op grond van jou bevindings of sy bekommerd
                       moet wees of nie.                                                     (2)
        1.1.3    Deb wil oorskakel na die geweegde gemiddelde metode om die
                 waarde van die elektriese waaiers te bepaal aangesien sy voel dit kan
                 die winsgewendheid verbeter. Lewer kommentaar op hierdie voorstel.
                 Verskaf TWEE punte.                                                         (4)
        INLIGTING:
        A.       Voorraad van elektriese waaiers:
                                                      EENHEDE           TOTAAL (R)
                 1 Mei 2021                             330                 79 200
                 30 April 2022                          470                      ?
        B.       Aankope van elektriese waaiers gedurende die jaar:
                                                      EENHEIDS-           TOTAAL
                        MAAND          EENHEDE        KOSTE (R)             (R)
                 Julie 2021                 250           250                 62 500
                 September 2021             350           260                 91 000
                 Desember 2021              500           275                137 500
                 Februarie 2022             300           285                 85 500
                      TOTAAL               1 400                             376 500
        C.       Ses (6) elektriese waaiers van die Desember 2021-aankope, met ŉ
                 totale koste van R1 650, is as pryse in ŉ advertensieveldtog gebruik.
        D.       Tien (10) beskadigde waaiers van die Februarie 2022-aankope is aan
                 verskaffers teruggestuur. Die totale koste is as terugbetaling ontvang.
        E.       Verkope:
                 Elektriese waaiers word teen ŉ vaste prys van R425 elk, verkoop. Die
                 totale verkope het R528 700 beloop.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  REKENINGKUNDE V2                         (EC/SEPTEMBER 2022)

1.2   BTW

      B-Line Verskaffers is vir BTW geregistreer. Die standaardkoers van 15% is van
      toepassing. Die eienaar van die besigheid is Brenda Fazile.

      GEVRA:

      1.2.1    Bereken die bedrag betaalbaar aan SAID vir BTW vir die twee maande
               BTW-periode geëindig 30 Junie 2022.                                        (9)

      1.2.2    Brenda het met ŉ verskaffer onderhandel om haar van ŉ faktuur vir
               aankope van R120 000 te voorsien, alhoewel die werklike aankope
               R30 000 was.

               Wat sal jy, as ŉ senior bestuurder, vir Brenda sê in verband met hierdie
               transaksie? Verskaf TWEE punte.                                            (4)

      INLIGTING:

      A.      Die saldo deur SAID verskuldig op 1 Junie 2022 was R3 800.

      B.      BTW-bedrae geneem uit die rekords vir Junie 2022:

                                                                   BTW BEDRAG
                                                                        R
              Totale verkope                                              142 500
              Totale aankope van voorraad                                  86 100
              Korting ontvang van verskaffers                               3 750
              Goedere deur debiteure teruggestuur                           1 260
              Verkoop van ou toerusting                                     6 000
              Goedere deur eienaar geneem vir eie gebruik                   1 125
              Oninbare skuld ingevorder                                       540

                                                                                          35

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                  REKENINGKUNDE V2                                              5

 VRAAG 2: REKONSILIASIES                                          (35 punte; 30 minute)
 BANKREKONSILIASIE

 2.1    Dui aan of elk van die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs
        ‘waar’ of ‘onwaar’ teenoor elke nommer (2.1.1 tot 2.1.3) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.
        2.1.1     Kontantonttrekkingsfooie en rente op oortokke bank op ŉ bankstaat,
                  word as bankkoste in die Kontantbetalingsjoernaal aangeteken.
        2.1.2     ŉ Kredietsaldo op die bankstaat dui op ŉ gunstige saldo vir die
                  besigheid.
        2.1.3     Dit is nie nodig om ŉ bankrekonsiliasiestaat voor te berei nie aangesien
                  die bankstaat altyd die korrekte banksaldo sal aantoon.                          (3)
 2.2    AMADEV WINKELS
        Die inligting het betrekking op Julie 2022. Die offisiële bankstaat wat gebruik
        word om rekonsiliasies te doen, word op die 25ste van elke maand aan die
        besigheid ge-epos.
        GEVRA:
        2.2.1     Bring die totale van die KOJ en KBJ op datum in die tabel wat voorsien
                  word en bereken die korrekte saldo van die bankrekening in die
                  Algemene Grootboek op 31 Julie 2022. Toon ALLE bewerkings.                       (9)
        2.2.2     Voltooi die Bankrekonsiliasiestaat op 31 Julie 2022.                             (8)
        2.2.3     Verwys na INLIGTING D: Deposito van R22 500 op 20 Julie 2022.
                  Verduidelik waarom die rekenmeester oor hierdie deposito bekommerd
                  moet wees. Verskaf EEN punt.                                                     (2)
        INLIGTING:
        A.      Die bankrekening in die Algemene Grootboek toon ŉ gunstige saldo van
                R21 800 op 1 Julie 2022.
        B.      Voordat vergelykings/inspeksie van die Julie-bankstaat gedoen is, was die
                voorlopige totale van die Julie-joernale: KOJ: R116 400 en KBJ: R132 500.
        C.      Bankkoste op die Julie-bankstaat, maar nie in die joernaal nie, R1 150.
        D.      ŉ Deposito gedateer 20 Julie 2022, verskyn nie op die bankstaat nie,
                R22 500.
        E.      ŉ Deposito gedateer 29 Julie 2022 verskyn nie op die bankstaat nie,
                R12 700.
        F.      ŉ EFO van ŉ debiteur ontvang, verskyn korrek op die bankstaat as R5 300,
                maar is verkeerdelik as R3 500 in die joernaal opgeskryf.
        G.      Die debietorder vir selfoondata, R1 840, is nie in die betrokke joernaal
                aangeteken nie. Dit is ook verkeerdelik, dubbeld aangeteken op die Julie-
                bankstaat.
        H.      EFO 778, gedateer 31 Julie, is nie op die bankstaat aangeteken nie,
                R6 200.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  REKENINGKUNDE V2                          (EC/SEPTEMBER 2022)

        I.   Huur ontvang op 30 Julie, R9 200, is in die joernaal aangeteken vanaf ŉ
             bewys van betaling van die huurder ontvang. Dit verskyn egter nie op die
             bankstaat nie.
        J.   ŉ Debietorder vir advertensies verskyn op die bankstaat, maar nie in die
             joernaal nie, R740.
        K.   Die bankstaat het afgesluit met ŉ saldo van R? op 25 Julie 2022.

 2.3    MOLLY SE DELI
        Molly koop haar kitskos-produkte van Gladys Verskaffers. Op 26 Augustus
        2022 het sy ŉ staat van Gladys Verskaffers ontvang. Die bedrag verskuldig
        stem nie ooreen met die saldo in die Krediteuregrootboek nie. Volgens haar
        boekhouer, Janice, is die saldo in die Krediteuregrootboek R41 800.

        ŉ Ontleding van die rekening in die Krediteuregrootboek en die staat ontvang,
        wys dat die staat in alle opsigte korrek is. Foute en weglatings is slegs in die
        boeke van die besigheid opgemerk.

        GEVRA:
        2.3.1 Toon hoe die foute en weglatings wat geïdentifiseer is, hanteer moet
              word om die rekening van Gladys Verskaffers in die Krediteure-
              grootboek van die besigheid reg te stel.
              Gebruik die tabel wat voorsien is. Toon ŉ “+” vir toename of “–” vir
              afname langs elke bedrag en bereken die finale saldo.                          (9)
        2.3.2 Verwys na inligting D
               Molly was teleurgesteld dat sy nie die voordeel van korting kon geniet
               nie. Hoe kan Molly die interne beheerprosesse verbeter om te verseker
               dat dit nie in die toekoms weer sal gebeur nie? Verskaf TWEE punte.           (4)

        INLIGTING:

        Foute en weglatings in die boeke van die besigheid geïdentifiseer.

        A.     ŉ Faktuur vir R8 600 is nie in die krediteuregrootboekrekening
               aangeteken nie.
        B.     ŉ Kredietfaktuur vir R17 800 verskyn in die krediteuregrootboek-
               rekening van Gladys Verskaffers. Dit was vir goedere aangekoop van
               Glyn Winkels.
        C.     ŉ Kredietfaktuur vir R12 600 is as R21 600 in die krediteuregrootboek-
               rekening aangeteken.
        D.     ŉ Korting van R600 is in die krediteuregrootboekrekening aangeteken
               toe ŉ EFO-betaling vir R12 000 op 7 Augustus 2022 gemaak is. Gladys
               Verskaffers het aangedui dat dit nie toegestaan is nie, omdat die
               kredietterme nie nagekom is nie.
        E.     Beskadigde goedere teruggestuur, is as ŉ faktuur aangeteken, R2 240.

                                                                                             35

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)           REKENINGKUNDE V2                           7

         HOU HIERDIE BLADSY
                OOP.

Kopiereg voorbehou                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                      REKENINGKUNDE V2                      (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 3: KOSTEBEREKENINGE                                       (40 punte; 30 minute)

 3.1 Pas die konsepte in KOLOM A met ŉ voorbeeld verskaf in KOLOM B. Skryf slegs
     die letter (A–D) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.4) in die
     ANTWOORDEBOEK.

                   KOLOM A                               KOLOM B
      3.1.1       Indirekte arbeid      A   Koste van grondstowwe in die
                                            produksieproses gebruik
      3.1.2       Administrasiekoste    B   Vervaardigde produkte wat gereed is vir
                                            verspreiding aan kleinhandelaars
      3.1.3       Veranderlike koste    C   Lone betaal aan die fabrieksonderhoud-
                                            werkers
      3.1.4       Klaarprodukte         D   Skryfbehoeftes vir kantoorgebruik
                                            aangekoop
                                                                                   (4 x 1)    (4)
 3.2 ZAZA BYKOMSTIGHEDE
      Die inligting het betrekking op die produksie van waterbottels. Die finansiële jaar
      het op 28 Februarie 2022 geëindig.

      GEVRA:
      3.2.1       Verwys na Inligting A
                  Bereken die direkte arbeidskoste vir die produksie van waterbottels.        (8)
      3.2.2       Verwys na Inligting D
                  Bereken die korrekte bedrag vir Fabrieksbokoste deur die volgende
                  foute en weglatings in berekening te bring. Toon ŉ (+) vir toename of
                  (-) vir afname langs elke bedrag                                            (9)
      3.2.3       Voltooi die Produksiekostestaat op 28 Februarie 2022.                       (9)
      INLIGTING:
      A.      Produksielone:
              •   Die waterbottelfabriek het 5 werknemers.
              •   Elkeen het 1 550 ure gewone tyd teen R60 per uur gewerk.
              •   ŉ Totaal van 225 ure vir almal saam, is in die oortydregister
                  aangeteken. Die oortydtarief is 1,6 keer die gewone tarief.
              •   Alle werknemers betaal 1% van totale verdienste aan die WVF, en die
                  besigheid dra ŉ gelyke bedrag tot die Fonds by.
      B.      Voorraadsaldo’s:

                                                    28 Februarie 2022      1 Maart 2021
              Werk in proses                                   R?           R 18 750
              Klaar produkte                              R 42 300          R 46 800

      C.      Primêre koste bedrae R812 500.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                      REKENINGKUNDE V2                                                9

       D.      Fabrieksbokoste:
               Die boekhouer het die fabrieksbokoste as R203 720 bereken.
               Die volgende foute en weglatings is opgemerk:
               (a)      Die skoonmaker verdien R5 000 per maand. 25% hiervan moet aan
                        die waterbottelfabriek toegedeel word. Dit is nie in berekening
                        gebring nie.
               (b)      Die slotvoorraad van indirekte materiaal vir die fabriek, R1 800, is nie
                        in berekening gebring nie.
               (c)      Die fabrieksbokoste sluit versekering van R19 200 in wat verdeel is
                        in die verhouding 4 : 2 tussen die waterbottelfabriek en die verkoops-
                        en verspreidingsafdeling. Dit moes verdeel word in die verhouding
                        5 : 1.
               (d)      Die hele water en elektrisiteitsuitgawe van R47 400 is ingesluit in die
                        fabrieksbokoste. Slegs 70% van hierdie uitgawe is vir die water-
                        bottelfabriek.
       E.      Verkope vir die jaar bedrae R1 305 850 (kosprys R1 004 500).
 3.3 EENHEIDSKOSTE EN GELYKBREEK

       Cage Handelaars verkoop komberse. Die inligting het betrekking op die twee
       jaar geëindig Junie 2022. Die eienaar is Cage Matt.
       GEVRA:
       3.3.1         Lewer kommentaar oor die beheer oor direkte materiaalkoste per
                     eenheid en verkoops- en verspreidingskoste per eenheid. Haal syfers
                     aan. Verskaf in elke geval, ŉ moontlike rede vir die verandering.              (6)
       3.3.2         Verduidelik of Cage (die eienaar) tevrede behoort te wees met die vlak
                     van produksie bereik en die gelykbreekpunt. Verskaf TWEE punte. Haal
                     syfers aan.                                                                    (4)

       INLIGTING:

                                                               2022                2021
                                                         EENHEIDSPRYS        EENHEIDSPRYS
                                                              R                   R
        Direkte materiaalkoste                                   120,00              140,00
        Direkte arbeidskoste                                     140,00              110,00
        Fabrieksbokoste                                           92,00               90,00
        Verkoops- en verspreidingskoste                           90,00               60,00
        Administrasiekoste                                        40,00               40,00
        Verkoopprys per eenheid                                  500,00              470,00

        Aantal eenhede geproduseer en
                                                          9 000 eenhede       8 000 eenhede
        verkoop
        Gelykbreekpunt                                    7 920 eenhede       6 500 eenhede

                                                                                                    40

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 REKENINGKUNDE V2                         (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 4: BEGROTING                                             (40 punte; 30 minute)

 4.1   Verduidelik waarom:
       4.1.1    Oninbare skuld nie in ŉ kontantbegroting sal voorkom nie.                    (1)
       4.1.2    ŉ Kontantbegroting ŉ effektiewe interne beheermeganisme is.                  (2)

 4.2   MARIE (EDMS) BPK.
       Die maatskappy is geregistreer met ŉ gemagtigde aandelekapitaal van
       800 000 gewone aandele.
       GEVRA:
       4.2.1    Verwys na Inligting A en B
                Bereken die invorderings van debiteure gedurende September 2022.             (7)
       4.2.2    Bereken die ontbrekende bedrae aangedui deur (i) tot (iv) in die
                uittreksel van die Kontantbegroting in Inligting E.              (13)
       4.2.3    Bereken die % verhoging in salarisse en lone.                                (3)
       4.2.4    Verskaf TWEE redes waarom die maatskappy sou besluit om in
                personeelopleiding te investeer.                                             (2)
       4.2.5    Verwys na Inligting J.
                As gevolg van lae voorraadomsetsnelheid gedurende die Covid-19
                pandemie, het Marie besluit om die verkoopstrategie te verander.
                •     Lewer kommentaar oor die nuwe benadering rakende kontant- en
                      kredietverkope.                                                        (2)
                •     Verduidelik TWEE nadele van hierdie benadering.                        (4)
                •     Lewer kommentaar oor die werklike en begrote syfers vir
                      advertensies en verpakkingsmateriaal. Haal syfers aan.                 (6)

       INLIGTING:
       A.                                 JULIE       AUGUSTUS          SEPTEMBER
                                            R             R                  R
            Kredietverkope               364 000       382 200            354 900
            Koste van verkope            320 000       336 000            312 000
       B. Debiteure betaal as volg:
            50% van debiteure betaal in die maand van verkope en ontvang 4% korting
            30% betaal in die maand wat volg op die verkope-maand
            18% betaal in die tweede maand na die verkope-maand
            Oninbare skuld beloop 2%
       C. Kontantverkope is 35% van totale verkope.
       D. Aankope en betalings aan krediteure:
            •   Voorraad verkoop, word vervang in die maand van verkope.
            •   Kontantaankope beloop 25% van totale aankope.
            •   Krediteure vir voorraadaankope word in die tweede maand wat volg op
                aankope (60 dae), betaal.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)               REKENINGKUNDE V2                                         11

        E.    Uittreksel uit die Kontantbegroting vir die twee maande:
                                                      AUGUSTUS        SEPTEMBER
              Ontvangstes
              Kontantverkope                             205 800         191 100
              Kontant van debiteure
              Huurinkomste                                    (i)         13 878
              Addisionele aandele                        465 000
              Betalings
              Kontantaankope van voorraad                 84 000          78 000
              Betalings aan krediteure                   225 000              (ii)
              Salarisse en lone                          134 300         142 358
              Terugbetaling van lening                                       (iii)
              Rente op lening                               3 300          2 750
              Advertensies                                 17 640         16 380
              Verpakkingsmateriaal                         35 280         32 760
              Afleweringskoste                             41 160         38 220
              Gewone aandele dividend                                        (iv)
              Personeelopleiding                                          70 000

        F.    Die huur sal vanaf 1 September 2022 met 8% p.j. verhoog.
        G.    ŉ Gedeelte van die lening sal op 1 September 2022 terugbetaal word.
              Rente op lening teen 11% p.j. is op die laaste dag van elke maand
              betaalbaar en word nie gekapitaliseer nie.
        H.    Op 1 Julie 2022 was 480 000 gewone aandele reeds uitgereik.
              Addisionele aandele sal op 1 Augustus 2022 teen R6,20 per aandeel
              uitgereik word. Interim dividende van 15 sent per aandeel is op
              30 September 2022 aan alle aandele in die aandeleregister betaalbaar.

        I.    Advertensies is ŉ vaste persentasie van begrote kontantverkope.
              Aflewerings aan klante is uitgekontrakteer aan Victor Reliable.
        J.    Begrote en Werklike syfers vir Julie 2022:
                                                  BEGROOT            WERKLIK
                       BEGROTINGSITEM
                                                     R                 R
                Kontantverkope                      196 000              50 400
                Kredietverkope                      364 000             285 600
                Totale verkope                      560 000             336 000
                Advertensies                         16 800              13 440
                Verpakkingsmateriaal                 33 600              18 500

                                                                                         40

                                                                            TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  REKENINGKUNDE V2                     (EC/SEPTEMBER 2022)

        GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

               Bruto wins x 100                             Bruto wins    x 100
                Verkope      1                          Koste van verkope    1

        Netto wins voor belasting x 100                 Netto wins na belasting x 100
                 Verkope             1                         Verkope             1

            Bedryfsuitgawes x 100                            Bedryfswins x 100
                Verkope        1                              Verkope       1

            Totale bates : Totale laste                   Bedryfsbates : Bedryfslaste

     (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste       Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

        (Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste

      Gemiddelde handelsvoorraad x 365                       Koste van verkope          .

           Koste van verkope        1                    Gemiddelde handelsvoorraad

          Gemiddelde debiteure x 365               Gemiddelde krediteure          x 365
            Kredietverkope        1               Koste van verkope/Kredietaankope 1

                                                        Netto inkomste na belasting x 100
    Netto inkomste na belasting x 100                    Getal uitgereikte aandele     1
 Gemiddelde aandeelhouersbelang    1
                                                                             (*Sien nota hieronder)

                 Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
         Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

           Aandeelhouersbelang      x 100                Dividende vir die jaar   x 100
          Getal uitgereikte aandele    1                Getal uitgereikte aandele    1

         Tussentydse dividende x 100                         Finale dividende      x 100
         Getal uitgereikte aandele 1                     Getal uitgereikte aandele    1

         Dividende per aandeel x 100                      Dividende vir die jaar   x 100
         Verdienste per aandeel   1                    Netto inkomste na belasting    1

                                       Totale vaste koste                       .

                     Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
 LET WEL:
 * In hierdie geval, indien daar ŉ verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende ŉ
   finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [ACCOUNTING P2 GR12 ANSWERBOOK JUNE 2022 Afrikaans Finaal](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-answerbook-june-2022-afrikaans-finaal/67317f0a-c6c2-47b6-bae2-7d594500c14b) — Accounting · Addendum · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 P2 JUNE 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-p2-june-2022-afrikaans-final/8607a9eb-4290-4d74-af8b-7bb6e58e91eb) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [Gr12 Accounting P2 (Afrikaans) SEP 2022 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr12-accounting-p2-afrikaans-sep-2022-answer-book/d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3) — Accounting · Addendum · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING GR12 AB SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr12-ab-sept2018-afrikaans/bb8fabf9-7043-4ec6-9cf8-5476cecd6602) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Accounting P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO JUNE 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-june-2022-afrikaans-final/46a00290-3eef-4646-8f78-18a84ed5df72) — Accounting · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Addendum · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
