# Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape June Exam 2025 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-jct-2025-afr-d-watermark/9233d76b-e369-43ad-bb6b-6afcd9e0f3d0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-jct-2025-afr-d-watermark/9233d76b-e369-43ad-bb6b-6afcd9e0f3d0)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                    JUNIE 2025

                           REKENINGKUNDE V2

PUNTE:    150

TYD:      2 uur

                                     *JACCNA2*

                Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitend ŉ formuleblad
                                 en ŉ 9-bladsy antwoordeboek.

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                      REKENINGKUNDE V2                (EC/JUNIE 2025)

    HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/JUNIE 2025)                         REKENINGKUNDE V2                                      3

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word voorsien waarin jy AL die vrae moet
      beantwoord.

3.    ŉ Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
      aangeheg.

4.    Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

5.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.    Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

7.    Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

9.    Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer jy die vraestel
      beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

         VRAAG                     ONDERWERP                 PUNTE         MINUTE
             1       Rekonsiliasies en Interne Beheer           35            30
             2       Kosterekeningkunde                         45            35
             3       Voorraad                                   35            25
             4       Vaste Bates en Probleemoplossing           35            30
      TOTAAL                                                   150           120

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                  REKENINGKUNDE V2                               (EC/JUNIE 2025)

VRAAG 1:       REKONSILIASIES EN INTERNE BEHEER               (35 punte; 30 minute)

1.1 DEBITEURE-OUDERDOMSONTLEDING

     GEVRA:

     1.1.1     Verduidelik EEN punt om te wys waarom ŉ debiteure-ouderdoms-
               ontleding ŉ belangrike interne beheermaatreël is vir enige besigheid
               wat op krediet verkoop.                                                       (2)

     1.1.2     Verwys na Inligting B en verduidelik TWEE probleme wat deur die
               debiteure-ouderdomsontleding uitgewys is. Verskaf name en syfers in
               jou antwoord.                                                                 (6)

     INLIGTING:

     A.      Debiteure word 30 dae krediet toegestaan.

     B.      Debiteure-ouderdomsontleding op 31 Mei 2025:

      DEBITEURE        KREDIET     TOTAAL       LOPEND       30       60          90
                        LIMIET       VER-                   DAE      DAE         DAE
                                   SKULDIG
      R Bouwer            14 000      12 000       6 200     5 800
      W Holtz              7 000       8 400       7 600       800
      R Jansen            14 000       2 900       1 000                        1 900
      E Peens             36 000      35 000      14 050     9 725    6 595     4 630
      D Rootman            7 000       7 000       3 800              3 200
                                      65 300      32 650   16 325     9 795     6 530
                                     100%         50%       25%      15%         10%

1.2 DEBITEUREREKONSILIASIE

     Jy word voorsien van inligting uit die boeke van Thomson Handelaars vir
     April 2025. Die boekhouer het opgemerk dat die saldo van die Debiteure-
     kontrolerekening nie met die totale van die Debiteurelys ooreenstem nie.

     GEVRA:

     Bereken die korrekte saldo van die Debiteurekontrolerekening en die korrekte
     totale van die Debiteurelys op 30 April 2025. Gebruik die tabel in die
     ANTWOORDEBOEK en toon ’n bedrag met “+”, “-” of “geen inskrywing” vir elke
     fout of weglating wat opgespoor word.                                                  (17)

     INLIGTING:

     A.      Saldo van die Debiteurekontrolerekening op 30 April 2025, R65 600.
             Totaal van die Debiteurelys op 30 April 2025, R67 790.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/JUNIE 2025)                            REKENINGKUNDE V2                                     5

      B.     Foute en weglatings opgespoor:

             (i)      ŉ Debiteur met ŉ saldo van R2 500 is uit die Debiteurelys weggelaat.

             (ii)     ŉ EFO-betaling van R1 200 om ŉ rekening van R1 300 te vereffen
                      is deur ŉ debiteur gemaak en dit is korrek in die Kontantontvangste-
                      joernaal aangeteken. Die transaksie is nie na sy rekening in die
                      Debiteuregrootboek oorgeboek nie.

             (iii)    Die totaal van die Debiteurejoernaal is met R1 800 te min bereken.

             (iv)     Geen inskrywing is gemaak vir goedere wat deur ŉ debiteur
                      teruggebring is nie, R2 700.

             (v)      Rente van R125 is op die agterstallige rekening van ŉ debiteur
                      gehef. Dit is in die Algemene Joernaal as R125 aangeteken, maar
                      dit is na die debiteur se rekening as R215 oorgeboek.

             (vi)     Handelsvoorraad deur ŉ debiteur teruggebring, R1 200, is na die
                      verkeerde kant van sy rekening in die Debiteuregrootboek
                      oorgeboek.

             (vii)    Thomson Handelaars koop van en verkoop goedere aan Sprong
                      Dienste. Sprong Dienste het versoek dat sy kredietsaldo van R2 500
                      in die Krediteuregrootboek, oorgedra moet word na sy rekening in
                      die Debiteuregrootboek.

             (viii)   ŉ Faktuur vir kredietverkope aan Le Vack Dienste is na die rekening
                      van La Grange Goedere oorgeboek, R3 500.

             (ix)     ŉ Faktuur vir kredietverkope, R4 200, is as R2 400 in die Debiteure-
                      joernaal ingeskryf.

             (x)      Die agterstallige rekening van ŉ debiteur, R900, moet as oninbare
                      skuld afgeskryf word. Alhoewel nog geen inskrywing vir die oninbare
                      skuld gemaak is nie, verskyn die debiteur se saldo nie in die
                      Debiteurelys nie.

1.3 KREDITEURE

      INLIGTING:
      Makanda Handelaars koop goedere van Gqeberha Dienste.

      GEVRA:

      Makanda Handelaars is nie heeltemal tevrede met die kwaliteit van goedere wat
      van Gqeberha Dienste ontvang word nie.

      Noem TWEE faktore om te oorweeg voordat hulle van verskaffer verander.                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                   REKENINGKUNDE V2                               (EC/JUNIE 2025)

1.4 BANKREKONSILIASIE

     Die volgende inligting handel oor Meyer Handelaars vir Januarie 2025.

     GEVRA:

     Stel die Bankrekonsiliasiestaat op 31 Januarie 2025 op.                                  (6)

     INLIGTING:

     A.    Saldo op die bankstaat soos ontvang van EC Bank, R53 900 (kt.).

     B.    Addisionele inligting om in ag te neem:

           (i)     Items in die Kontantjoernale vir Januarie 2025 wat nie op die Bankstaat
                   vir Januarie 2025 verskyn nie:
                   x ŉ Deposito van R38 250 wat op 31 Januarie 2025 gemaak is
                   x EFO 675, R5 400

           (ii)    Twee foute is op die bankstaat geïdentifiseer en EC Bank het beloof
                   om hierdie inskrywings in Februarie 2025 reg te stel.
                   x EFO Nr. 687 is in die Kontantbetalingsjoernaal korrek as R9 860
                     ingeskryf, maar verskyn as R8 960 op die bankstaat.
                   x ŉ Betaling vir ŉ vreemde debietorder vir R2 500 verskyn op die
                     bankstaat.

           (iii)   Die saldo van die bankrekening is?

                                                                                              35

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/JUNIE 2025)            REKENINGKUNDE V2                         7

 HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                  Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                                  REKENINGKUNDE V2                                 (EC/JUNIE 2025)

VRAAG 2: KOSTEREKENINGKUNDE                                       (45 punte; 35 minute)

2.1 Identifiseer EEN kostekategorie vir elk van die volgende beskrywings deur die
    beste opsie uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die kostekategorie langs die
    vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

              administrasiekoste; direkte arbeidskoste; direkte materiaalkoste;
                     fabrieksbokoste; verkoops- en verspreidingskoste

     2.1.1     Koste van advertensieveldtog

     2.1.2     Koste van materiaal in produksieproses gebruik

     2.1.3     Huur van fabriek

     2.1.4     Salarisse van kantoorpersoneel                                                 (4)

2.2 HERMS VERVAARDIGERS

     Jy word voorsien van inligting rakende Herms Vervaardigers vir die jaar geëindig
     30 April 2025. Hulle vervaardig een soort rekenaarsak.

     GEVRA:

     2.2.1     Bereken die volgende kostes:
               x Direkte materiaalkoste                                                       (6)
               x Direkte arbeidskoste                                                         (6)
               x Fabrieksbokoste                                                              (7)

     2.2.2     Stel die Produksiekostestaat op.                                               (9)

     2.2.3     Bereken die gelykbreekpunt vir 2025.                                           (6)

               Verduidelik of die eienaar bekommerd moet wees of nie, oor die
               resultate. Verskaf syfers in jou verduideliking.                               (3)

     2.2.4     Verduidelik die verskil tussen vaste en veranderlike koste.                    (2)

     2.2.5     Verduidelik die term “ekonomie van skaal” in terme van vaste koste.            (2)

     INLIGTING:

     A.      Voorraad voorhande:

                                                  30 April 2025      1 Mei 2024
              Grondstof                               183 100         260 500
              Goedere-in-bewerking voorraad                 ?          75 200

     B.      Grondstof gedurende die finansiële jaar aangekoop, R1 500 600.
             Vraggeld betaal op grondstowwe aangekoop, R89 000.
             Grondstof aan verskaffers teruggestuur, R13 700.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/JUNIE 2025)                           REKENINGKUNDE V2                                      9

      C.     Lone vir werkers betrokke in produksie:

              Aantal werkers                      9
              Gewone/basiese loon                 R60 per uur
              Gewone ure per werker gewerk        1 950
              Oortydloon                          1½ keer gewone loon per uur
              Totale oortyd ure                   150
              Aftrekkings                         12% van basiese loon
              Werkgewersbydrae                    10% van basiese loon

      D.     Fabrieksbokoste:

             Die fabrieksbokoste is as R530 200 bereken, maar die volgende foute en
             weglatings is ontdek:

             x R60 000 vir huur is ingesluit. Huur is toegedeel as 3 : 2 : 1. Huur behoort
               as 6 : 2 : 2 toegedeel te word, met die fabriek wat altyd die grootste deel
               van die huuruitgawe dra.
             x Die hele uitgawe vir water en elektrisiteit, R240 800 is ingesluit as deel
               van fabrieksbokoste. Die fabriek dra slegs 80% van hierdie uitgawe.
             x Versekering vir die jaar is R85 000 en is by fabrieksbokoste uitgelaat.
               Die fabriek dra 70% van hierdie uitgawe.

      E.     Addisionele inligting:

             x 3 820 rekenaarsakke is teen ŉ koste van R900 elk vervaardig en is teen
               ŉ wins van 50% op kosprys verkoop.
             x Totale vaste koste beloop R1 008 000 en totale veranderlike koste
               beloop R3 629 000.

                                                                                              45

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                                REKENINGKUNDE V2                                 (EC/JUNIE 2025)

VRAAG 3: VOORRAAD                                             (35 punte; 25 minute)

3.1   BEGRIPPE

      Pas die konsepte in KOLOM B by ŉ beskrywing in KOLOM A. Skryf slegs die
      letter (A–E) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK
      neer.

                              KOLOM A                           KOLOM B
       3.1.1    Metode beste geskik vir duur,         A   Eerste-in-eerste-uit
                individueel herkenbare items

       3.1.2    Ouer voorraad word eerste verkoop     B   Periodieke stelsel

       3.1.3    Totale koste van beskikbare goedere C     Deurlopende stelsel
                word gedeel deur die aantal eenhede
                beskikbaar

       3.1.4    Kosprys word by verkooppunt           D   Spesifieke identifikasie
                bereken

                                                      E   Geweegdegemiddelde                  (4)

3.2 VOORRAADWAARDASIE

      Jy word voorsien van inligting rakende Rabada Batters, wat deur Rabada King
      besit word. Die besigheid verkoop kriekettoerusting. Rabada Batters gebruik die
      periodieke voorraadstelsel en die geweegdegemiddelde-metode om hul
      krieketkolwe (wat 95% van hul besigheid is) in voorraad te waardeer. Die
      finansiële jaar het 28 Februarie 2025 geëindig.

      GEVRA:

      3.2.1    Bereken die eenheidsprys van die krieketkolwe op 1 Maart 2024.                 (2)

      3.2.2    Bereken die waarde van voorraad voorhande op 28 Februarie 2025.                (8)

      3.2.3    Bereken die bruto wins op 28 Februarie 2025.                                   (6)

      3.2.4    Bereken hoeveel dae dit behoort te neem om die eindvoorraad van
               krieketkolwe te verkoop. Gebruik die eindvoorraad in jou berekening.
               Hou in gedagte dat die voorraadhoudingsperiode vir 2024, 34 dae was en
               lewer kortliks kommentaar op jou antwoord.                                     (5)

      3.2.5    Rabada vermoed dat sommige van die krieketkolwe gedurende die jaar
               gesteel is. Verskaf ’n berekening om sy kommer te ondersteun.
               Gee TWEE punte van advies aan Rabada om hierdie situasie te verbeter.          (8)

      3.2.6    Rabada Batters verkoop ook kriekethemde en gebruik die eerste-in-
               eerste-uit-metode om hul kriekethemde in voorraad te waardeer.
               Verduidelik EEN rede waarom die besigheid verskillende metodes
               gebruik om hul voorraad te waardeer.                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/JUNIE 2025)                         REKENINGKUNDE V2                                  11

      INLIGTING:

      A.     Voorraadsaldo’s van krieketkolwe:

                                        Eenhede      Eenheidsprys       Totaal
              1 Maart 2024                700             ?           R1 050 000
              28 Februarie 2025           930             ?               ?

      B.     Aankope, terugsendings en vraggeld:

                                        Eenhede      Eenheidsprys    Totale bedrag
              Aankope:
              Mei 2024                     2 200         R1 600       R3 520 000
              September 2024               1 900         R1 800       R3 420 000
              November 2024                1 300         R2 500       R3 250 000
              Februarie 2025                 900         R2 650       R2 385 000
                                           6 300                     R12 575 000
              Terugsendings:
              Van Septemeber 2024           (10)                          ?
              Van Februarie 2025            (40)                          ?
              Vraggeld op aankope:
              x Totale vraggeld op aankope vir die jaar is R218 300.
              x Geen terugbetaling vir vraggeld op teruggestuurde goedere is
                 ontvang nie.

      C.     Verkope:
             6 050 krieketkolwe is teen R3 200 elk verkoop.

                                                                                          35

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                                     REKENINGKUNDE V2                              (EC/JUNIE 2025)

VRAAG 4: VASTE BATES EN PROBLEEMOPLOSSING                          (35 punte; 30 minute)

4.1 VASTE BATES

     Die inligting handel oor Govender Bpk. Die finansiële jaar het op
     28 Februarie 2025 geëindig.

     GEVRA:
     4.1.1          Bereken die drawaarde van grond en geboue op 1 Maart 2024.                  (2)

     4.1.2          ŉ Gebou wat net so groot is en in dieselfde omgewing as die maatskappy
                    se gebou is, is onlangs teen R10 000 000 verkoop. Die hoof-uitvoerende
                    beampte het die interne ouditeur versoek om die maatskappy se geboue
                    teen R8 000 000 te herwaardeer.
                    Verduidelik waarom die interne ouditeur ŉ probleem met hierdie versoek
                    het. Verwys na ŉ AARP-beginsel in jou verduideliking.                       (3)

     4.1.3          Bereken die totale waardevermindering op voertuie vir die jaar geëindig
                    28 Februarie 2025.                                                          (6)
     4.1.4          Bereken die totale opgehoopte waardevermindering op toerusting wat op
                    31 Oktober 2024 verkoop is.                                                 (6)
     4.1.5          Stel die Bateverkoperekening op 31 Oktober 2024 op.                         (5)
     4.1.6          ’n Werknemer wou die ou toerusting gekoop het en was uiters ontevrede
                    toe hy hoor dat die toerusting aan een van die direkteure verkoop is.
                    Lewer kommentaar op hierdie situasie.                                       (4)

     INLIGTING:
     A.      Saldo’s:
                                                   28 Februarie 2025       1 Maart 2024
               Grond en geboue                             5 100 000                     ?
               Voertuie                                    1 440 000               700 000
               Opgehoopte
               waardevermindering op
               voertuie                                             ?              680 000
               Toerusting                                     870 000              750 000
               Opgehoopte
               waardevermindering op
               toerusting

     B.      Addisionele inligting:
             (i)      Toevoegings ter waarde van R860 000 is gedurende die jaar aan die
                      geboue gedoen. Dit is korrek aangeteken toe die toevoegings gedoen
                      is.
             (ii)     Op 28 Februarie 2025 het die maatskappy twee voertuie gehad. Die
                      tweede voertuig is op 1 November 2024 aangekoop en behoorlik in die
                      boeke ingeskryf.
             (iii)    Voertuie word teen 15% p.j. op kosprys verminder.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 13

(EC/JUNIE 2025)                          REKENINGKUNDE V2                                    13

             (iv) Nuwe toerusting ter waarde R150 000 is op 1 Desember 2024
                  aangekoop en korrek ingeskryf.
                  Op 31 Oktober 2024 is ou toerusting vir R5 000 kontant aan een van
                  die direkteure verkoop. Hierdie toerusting is op 1 Maart 2022 teen ’n
                  koste van R30 000 aangekoop.

             (v)   Waardevermindering op toerusting word teen 10% p.j. op drawaarde
                   bereken.

4.2 PROBLEEMOPLOSSING

      Easy Rides verkoop elektriese fietse van drie verskillende winkels in die Oos-
      Londen-area. Elke winkel het sy eie bestuurder. Die tabel hieronder toon die
      syfers vir die finansiële jaar geëindig 31 Maart 2025.

      GEVRA:

      Identifiseer EEN probleem met betrekking tot elke winkel en haal syfers in die
      identifisering van elke probleem aan.
      Verskaf EEN punt van advies om elke probleem wat geïdentifiseer is, op te
      los.                                                                                 (9)

      INLIGTING VIR DIE JAAR GEËINDIG 31 MAART 2025:

                                             Vincent       Cambridge        Selborne
      Aantal e-fietse beskikbaar vir
                                              550             450             380
      verkope
      Aantal bestellings ontvang              150             400             500
      Aantal e-fietse verkoop                 150             400             380
      Aantal e-fietse teruggestuur vir
                                               1               10               2
      herstelwerk
      Eindvoorraad                            400             50               0
      Verkoopprys per e-fiets               R16 150         R14 250         R15 200
      Winsopslagpersentasie                  70%             50%             60%
      Kontant van klante gedeponeer       R2 422 500      R5 415 000      R5 776 000

                                                                                           35

                                                                            TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 14

14                                          REKENINGKUNDE V2                                    (EC/JUNIE 2025)

        GRAAD 12 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD

              Bruto wins       100                                      Bruto wins              100
                           x                                                                x
               Verkope          1                                   Koste van verkope               1
       Netto wins voor belasting             100                  Netto wins na belasting               100
                                        x                                                       x
               Verkope                           1                       Verkope                   1
            Bedrysuitgawes          100                                 Bedryswins              100
                               x                                                            x
               Verkope               1                              Koste van verkope               1
          Totale bates : Totale laste                               Bedrysbates : Bedryslaste

 (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste                     Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

     (Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste
     Gemiddelde handelsvoorraad                  365
                                             x                          Koste van verkope
          Koste van verkope                          1
                         (*Sien nota 1 hieronder)                 Gemiddelde handelsvoorraad
                                                                  Gemiddelde krediteure                             365
        Gemiddelde debiteure                365                                                                 x
                                    x                        Koste van verkope/Kredietaankope                       1
            Kredietverkope                   1
                                                                                     (*Sien nota 2 hieronder)
                                                                Netto inkomste na belasting                 100
      Netto inkomste na belasting                    100                                            x
                                                 x               Getal uitgereikte aandele                      1
 Gemiddelde aandeelhouersbelang                          1
                                                                                     (*Sien 3 nota hieronder)
                     Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings                           100
                                                                                            x
            Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste                         1
        Aandeelhouersbelang                  100                   Dividende vir die jaar               100
                                         x                                                          x
       Getal uitgereikte aandele                 1               Getal uitgereikte aandele                  1

        Tussentydse dividende                100                     Finale dividende                   100
                                        x                                                       x
       Getal uitgereikte aandele                 1               Getal uitgereikte aandele                  1

        Dividende per aandeel                100                   Dividende vir die jaar                   100
                                        x                                                               x
       Verdienste per aandeel                    1              Netto inkomste na belasting                     1

                                        Totale vaste koste
                      Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
1. Handelsvoorraad aan die einde van ŉ finansiëIe jaar kan gebruik word as dit in die vraag
   vereis word.
2. Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde
   wees mits voorraad konstant bly).
3. Indien daar ŉ verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende ŉ finansiële jaar is,
   word die geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 15

Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 16

Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [Accounting P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-mg-afr/62bf3c7c-f1bc-4bd9-878f-67ec5a7a2c38) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-june-2024-afrikaans/15cfc713-ee34-47b1-9c9c-29299ee143c2) — Accounting · Memo · 2024 · Afr
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Accounting · Memo · 2025 · Eng
- [Grade 12 NSC Accounting P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Accounting · Addendum · 2025 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-mg-afr/e1d7c729-bd17-40c4-8d22-40a10fe19150) — Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P2 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/4c11fbd4-960d-4f11-8cb5-c00f8f2cb8b5) — Memo · 2025 · Afr
- [2023 MP Prelim P2 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/2023-mp-prelim-p2-answer-book/cc1d1590-ceb4-4d58-b4f8-408396bc15a9) — Addendum · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
