# Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape June Exam 2024 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-june-2024-afrikaans/8994e8df-0a5b-439e-b47c-da673af4b64e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-june-2024-afrikaans/8994e8df-0a5b-439e-b47c-da673af4b64e)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-june-2024-afrikaans/15cfc713-ee34-47b1-9c9c-29299ee143c2) — Memo · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIORSERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                                 JUNIE 2024

                        REKENINGKUNDE V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitend ŉ
                     formuleblad en ŉ 9-bladsy antwoordeboek.

                             Hosted by www.ecexams.co.za

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    REKENINGKUNDE V2                           (EC/JUNIE 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
      beantwoord.

3.    ŉ Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
      aangeheg.

4.    Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

5.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.    Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

7.    Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

9.    Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer jy die vraestel
      beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

         VRAAG                     ONDERWERP                   PUNTE        MINUTE
             1        Rekonsiliasies en Interne Beheer            45           35
             2        Kosterekeningkunde                          50           40
             3        Voorraad en Interne beheer                  30           25
             4        Vaste Bates                                 25           20
      TOTAAL                                                     150          120

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)           REKENINGKUNDE V2                    3

HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
  4                                    REKENINGKUNDE V2                            (EC/JUNIE 2024)

VRAAG 1:      REKONSILIASIES EN INTERNE BEHEER                           (45 punte; 35 minute)

1.1   Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
      ‘onwaar’ langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

      1.1.1   Kredietkaartverkope word as kontanttransaksies beskou.                            (1)
      1.1.2   Besighede wat aanlynbankdienste doen, hoef nie bankrekonsiliasies te
              doen nie.                                                                         (1)
      1.1.3   Rente op oortrokke rekening word as bankkoste aangeteken.                         (1)
      1.1.4   ŉ Kredietsaldo op die bankstaat dui op ŉ gunstige saldo.                          (1)
      1.1.5   Volgens die wesenlikheidsbeginsel van AARP, moet ŉ besigheid
              kontantverliese onmiddellik aanteken wanneer dit vermoed word.                    (1)

1.2   BANKREKONSILIASIE

      Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Bird Handelaars. Sam Sly is die
      enigste persoon wat verantwoordelik vir bankdeposito’s is.

      GEVRA:

      1.2.1   Bereken die korrekte totale in die Kontantontvangstejoernaal en
              Kontantbetalingsjoernaal vir Junie 2024. Gebruik die tabel in die
              ANTWOORDEBOEK.                                                                   (14)
      1.2.2   Stel die Bankrekonsiliasiestaat op 30 Junie 2024 op.                              (7)
      1.2.3   Dit blyk dat dit nie vir Bird Handelaars moontlik sal wees om die uitstaande
              deposito, gedateer 24 Mei 2024, te verhaal nie (sien Inligting A).
              Verduidelik EEN punt om ŉ moontlike oorsaak vir die vermiste deposito te
              gee.
              Verskaf EEN aksie wat teen Sam Sly geneem kan word.                               (4)

      INLIGTING:

      A.      Behalwe vir ŉ uitstaande deposito, R30 000, gedateer 24 Mei 2024 ontvang
              vir kontantverkope, is alle uitstaande items wat op die
              Bankrekonsiliasiestaat op 31 Mei 2024 verskyn het, korrek op die
              Bankstaat van Junie 2024 aangeteken.
              Die R30 000 is nooit in die bankrekening inbetaal nie. Sam Sly het nie ’n
              verklaring vir die vermiste kontant nie. Bird Handelaars het besluit om
              hierdie bedrag af te skryf.
      B.      Die saldo op die bankstaat op 30 Junie 2024 is R40 090 (gunstig).
      C.      Die voorlopige totale in die kontantjoernale vir Junie 2024, voor
              rekonsiliasie met die bankstaat, is:
              • Totaal vir Kontantontvangstejoernaal, R710 000
              • Totaal vir Kontantbetalingsjoernaal, R663 600

      D.      Die Junie 2024-bankstaat het koste vir internetbankdienste R1 800,
              diensfooie R510 en rente op die gunstige banksaldo, R240, getoon.

  Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                     REKENINGKUNDE V2                                         5

        E.    Twee direkte deposito's het slegs op die bankstaat verskyn:
              • R8 500 van ŉ huurder, G Hair
              • R15 000 van Super Foods. Dit blyk ŉ fout te wees, aangesien Super
                 Foods nie aan Bird Handelaars bekend is nie.

        F.    EFO nr. 633 vir ŉ rekenaar verskyn as R4 850 in die KBJ, maar op die
              bankstaat is dit as R8 450 aangeteken. Die bedrag op die bankstaat is
              korrek.

        G.    ’n EFO vir R2 450 ten gunste van Spic en Span vir skoonmaakdienste is
              op die bankstaat gedupliseer.

        H.    Die volgende items het in die Kontantjoernale vir Junie 2024 verskyn, maar
              nie op die bankstaat vir Junie 2024 nie:
              ● EFO nr. 653, R3 250
              ● Deposito op 30 Junie 2024, R27 900

        I.    Die saldo van die bankrekening op 30 Junie 2024 is die balanserende syfer.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
  6                                            REKENINGKUNDE V2                             (EC/JUNIE 2024)

1.3   KREDITEUREREKONSILIASIE

      Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Shark Handelaars vir Junie 2024.
      Shark Handelaars koop goedere op krediet van Dragon Verskaffers.

      GEVRA:

      1.3.1          Toon die veranderinge aan die rekeningsaldo in die Krediteuregrootboek en
                     die saldo op die staat vir elk van die verskille hieronder gelys. Dui aan of die
                     bedrag by die gegewe saldo opgetel (+) of afgetrek (-) moet word. Gebruik
                     die tabel wat in die ANTWOORDEBOEK voorsien word.                                   (13)
      1.3.2          Verwys na inligting (vi):
                     ’n Ondersoek het aan die lig gebring dat hierdie goedere deur die eienaar vir
                     sy persoonlike gebruik bestel is. As ŉ interne ouditeur, watter raad sal jy die
                     eienaar gee oor die aankoop van goedere deur die besigheid se rekeninge?
                     Gee EEN punt. Verwys na ŉ AARP-beginsel in jou verduideliking.                           (2)

      INLIGTING:

      A.      Saldo van Dragon Verskaffers in die Krediteuregrootboekrekening,
              R174 640 (Kt).
              Saldo soos per staat ontvang van Dragon Verskaffers, R190 800 (Dt).

      B.      ŉ Ondersoek het die volgende verskille aan die lig gebring:

              (i)        ŉ Betaling van R13 000 deur Shark Handelaars is weggelaat in die
                         Krediteuregrootboekrekening van Dragon Verskaffers en op die Staat
                         ontvang.
              (ii)       ’n Faktuur vir R28 600 wat van Dragon Verskaffers ontvang is, is korrek
                         deur Shark Handelaars aangeteken. Die rekeningstaat het R26 800
                         getoon.
              (iii)      Shark Handelaars het ŉ afslag van R1 600 vir vroeë betaling korrek
                         aangeteken. Dit verskyn nie op die staat nie.
              (iv)       Shark Handelaars het verkeerdelik ŉ debietnota vir R2 500 in die
                         grootboekrekening van Dragon Verskaffer aangeteken. Dit was vir
                         goedere wat aan ŉ ander verskaffer terugbesorg is.
              (v)        ŉ Kredietnota vir R4 000 ontvang van Dragon Verskaffers vir ŉ afslag
                         wat toegestaan is, is verkeerdelik as ŉ faktuur deur Shark Handelaars
                         aangeteken.
              (vi)       Die rekeningstaat het die volgende items getoon wat nie deur Shark
                         Handelaars aangeteken is nie:
                         Afleweringskoste vir die maand, R7 060
                         Faktuur vir goedere gekoop, R4 800
              (vii)      ŉ Betaling van R10 000 wat op 28 Junie 2024 deur Shark Handelaars
                         gemaak is, is in die Krediteuregrootboekrekening van Dragon
                         Verskaffers aangeteken. Die staat is gedateer 26 Junie 2024.

                                                                                                            45

  Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)           REKENINGKUNDE V2                    7

HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                                      REKENINGKUNDE V2                             (EC/JUNIE 2024)

VRAAG 2: KOSTEREKENINGKUNDE                                                 (50 punte; 40 minute)

2.1   Pas die konsepte in KOLOM A by ŉ beskrywing in KOLOM B. Skryf slegs die letters
      (A–E) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
                   KOLOM A                                   KOLOM B
       2.1.1     Fabrieksbokoste         A     Salaris van afleweringsman
       2.1.2     Veranderlike koste      B     Fabriekhuur
       2.1.3     Verkoop- en             C Koste wat wissel in verhouding tot die
                 verspreidingskoste        aantal eenhede wat geproduseer word
       2.1.4     Vaste koste             D Produksiekoste vir een eenheid
       2.1.5     Eenheidskoste           E     Koste wat konstant bly, ongeag die aantal
                                               eenhede wat geproduseer word                            (5)
2.2   TENTE VIR AFRIKA BPK.
      Tente vir Afrika Bpk. vervaardig tente vir buitelug-kampering.
      GEVRA:
      2.2.1     Bereken die direkte materiaalkoste.                                                    (6)
      2.2.2     Bereken die fabrieksbokoste.                                                      (11)
      2.2.3     Stel die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 31 Mei 2024 op.                (10)
      INLIGTING:
      A.       Voorraad voorhande:
                                                      31 Mei 2024    1 Junie 2023
                Grondstof                               R75 200        R84 800
                Goedere-in-bewerking voorraad             73 600         55 200

      B.       Grondstof aangekoop gedurende die finansiële jaar, R1 492 500.
               Vraggeld betaal op grondstowwe aangekoop, R77 000.
               Grondstof teruggestuur aan verskaffers, R1 500.
      C.       Fabrieksbokoste:
                Voorman se salaris                                     R396 000
                Waardevermindering op fabriekstoerusting                173 120
                Huuruitgawe                                             214 480
                Water en elektrisiteit                                  237 040
                Versekering                                              69 690
                Indirekte materiaal                                      45 200
               ● Huuruitgawe moet tussen die fabriek, verkoopsafdeling en kantoor in die
                 verhouding 5 : 1 : 1 verdeel word.
               ● Die fabriek is verantwoordelik vir 75% van die water- en elektrisiteits-
                 uitgawes.
               ● ⅔ van die versekeringsuitgawes moet aan die fabriek toegewys word.
               ● Indirekte materiaal is as volg gebruik: 10% deur die kantore, 25% deur
                 die verkoopsafdeling en die res deur die fabriek.

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                        REKENINGKUNDE V2                                        9

       D.     396 tente is vervaardig teen ŉ koste van R8 100 elk.

       E.     Direkte arbeidskoste is die balanserende bedrag.

2.3 BRIGHT BPK.

      Bright Bpk. produseer herlaaibare battery-eenhede vir gebruik tydens beurtkrag. Die
      finansiële jaar het 29 Februarie 2024 geëindig.

      GEVRA:

      2.3.1       Bereken die gelykbreekpunt vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024.              (6)
      2.3.2       Vergelyk en lewer kommentaar op die gelykbreekpunt en die vlak van
                  produksie vir 2023 en 2024. Haal syfers aan.                                     (6)
      2.3.3       Verskaf TWEE moontlike redes vir die toename in direkte materiaalkoste per
                  eenheid vir die huidige finansiële jaar en stel TWEE maniere voor waarop
                  dit beheer kan word.                                                             (6)
      INLIGTING:

      A.      Kostes vir die jaar geëindig 28/29 Februarie:

                                                          2024                  2023
                                                  TOTALE     EENHEIDS-        EENHEIDS-
                                                  BEDRAG       KOSTE           KOSTE
               Direkte materiaalkoste            R345 600       R360            R312
               Direkte arbeidskoste               489 600        510             484
               Fabrieksbokoste                    307 200        320             312
               Verkoop- en verspreidingskoste     297 600        310             304
               Administrasie koste                240 000        250             258

      B.      Bykomende inligting vir die finansiële jaar geëindig 28/29 Februarie:

                                                         2024                2023
               Totale verkope                            R651 200           R1 836 000
               Verkoopprys per eenheid                     R1 720               R1 700
               Aantal eenhede geproduseer en
                                                      960 eenhede        1 080 eenhede
               verkoop
               Gelykbreekpunt                                ?           1 016 eenhede

                                                                                                   50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                    REKENINGKUNDE V2                           (EC/JUNIE 2024)

VRAAG 3: VOORRAAD EN INTERNE BEHEER                                    (30 punte; 25 minute)

3.1   Kies die korrekte antwoord uit die opsies wat tussen hakies gegee word. Skryf
      slegs die antwoord langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.3) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

      3.1.1    Die (spesifieke identifikasie / geweegde gemiddelde) voorraad-
               waardasiemetode is die beste geskik vir soortgelyke items, met
               soortgelyke pryse wat in groot hoeveelhede gekoop word.                        (1)

      3.1.2    Voorraad gewaardeer volgens die (eerste-in-eerste-uit / geweegde
               gemiddelde) metode is die beste geskik vir voorraad waar tegnologiese
               innovasies belangrik is.                                                       (1)

      3.1.3    Die (spesifieke identifikasie / eerste-in-eerste-uit) voorraadwaardasie-
               metode is die beste geskik vir duur, individueel identifiseerbare
               voorraaditems.                                                                 (1)

3.2   VOORRAADWAARDASIE

      Jy word voorsien van inligting rakende Thandi Handelaars, wat deur Thandi
      Buzi besit word. Die besigheid verkoop sweetpakke. Die besigheid gebruik die
      periodieke voorraadstelsel en die eerste-in-eerste-uit (EIEU)-metode om
      hul voorraad te waardeer. Die finansiële jaar het 30 April 2024 geëindig.

      GEVRA:

      3.2.1     Bereken die waarde van die eindvoorraad op 30 April 2024 deur die
                EIEU-metode te gebruik.                                                       (7)

      3.2.2     Bereken:
                • Winsopslagpersentasie behaal op kosprys                                     (4)
                • Voorraadhoudingsperiode (in dae) deur die gemiddelde voorraad
                    te gebruik                                                                (4)

      3.2.3     Die besigheid probeer om ŉ winsopslag van 30% op kosprys te
                behaal.
                As die interne ouditeur, verduidelik TWEE punte wat kommer wek met
                betrekking tot die winsopslag, wat jy sal ondersoek, na bestudering
                van die beskikbare inligting.                                                 (4)

      3.2.4     Bespreek of die eienaar met die voorraadhoudingsperiode tevrede
                moet wees. (Die voorraadhoudingsperiode vir 2023 was 30 dae.)                 (4)

      3.2.5     Thandi Handelaars beplan om 10 sweetpakke aan die plaaslike
                netbalklub vir ŉ komende toernooi te skenk. Die verkoopsbestuurder
                beweer dat dit ŉ vermorsing van geld en verlore wins sal wees.
                Verduidelik hoekom jy NIE met hom SAAMSTEM NIE. Verskaf TWEE
                punte.                                                                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                      REKENINGKUNDE V2                                    11

      INLIGTING:

      A.     Voorraadsaldos vir sweetpakke:

                                           Eenhede      Eenheidsprys      Totaal
              1 Mei 2023                     2 400         R320          R768 000
              30 April 2024                  3 880           ?              ?

      B.     Aankope en terugsendings:

                                             Eenhede      Eenheids-
                                                                       Totale bedrag
                                                            prys
              Aankope:
              (vraggeld ingesluit)
              8 Julie 2023                      3 000       R440        R1 320 000
              12 September 2023                 7 600       R520        R3 952 000
              7 Desember 2023                   2 720       R400        R1 088 000
              14 Maart 2024                     3 520       R480        R1 689 600
                                               16 840                   R8 049 600
              Terugsendings:
              9 Desember 2023                   (240)       R400         (R96 000)
              15 Maart 2024                     (600)       R480        (R288 000)
              TOTAAL                           16 000                   R7 665 600

      C.     Verkope en koste van verkope:

              Verkope (14 400 sweetpakke teen R560 elk)     R8 064 000
              Koste van verkope                             R6 648 000
                                                                                              30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                         REKENINGKUNDE V2                          (EC/JUNIE 2024)

VRAAG 4: VASTE BATES                                                 (25 punte; 20 minute)

4.1   VASTE BATES

      Die inligting hou verband met Zee Groothandelaars. Die finansiële jaar het op
      29 Februarie 2024 geëindig.

      GEVRA:

      4.1.1          Stel die Bateverkoperekening op 31 Desember 2023 op.                         (6)

      4.1.2          Bereken die totale waardevermindering op voertuie vir die jaar geëindig
                     29 Februarie 2024.                                                           (5)

      4.1.3          Bereken die drawaarde van voertuie op 29 Februarie 2024.                     (5)

      INLIGTING:

      A.      Saldo’s:
               Voertuie (29 Februarie 2024)                                 R1 932 400
               Opgehoopte waardevermindering op voertuie
               (1 Maart 2023)                                              R1 099 200

      B.      Bykomende inligting:

              (i)      Op 31 Desember 2023 is ŉ voertuig vir R30 000 kontant verkoop.
                       Geen inskrywings is vir hierdie transaksie gemaak nie.
                       Die kosprys van die voertuig wat verkoop is, was R132 400 en
                       opgehoopte waardevermindering op die voertuig wat verkoop is, was
                       R86 450 op 1 Maart 2023.

              (ii)     Voertuie se waarde verminder teen 15% p.j. op kosprys.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                    REKENINGKUNDE V2                                       13

4.2     BESTUUR VAN VASTE BATES

        Sam Chauke is die eienaar van drie drukkerywinkels. Elke drukkerywinkel het sy
        eie bestuurder. Elke winkel het ŉ laserdrukker wat ontwerp is vir grootmaat
        drukwerk tot 100 000 kopieë per maand. R2,40 per kopie word gehef.

        GEVRA:

        Identifiseer EEN probleem met betrekking tot elke winkel, en haal syfers aan om
        elke probleem te identifiseer.
        Gee EEN punt van advies om elke probleem wat geïdentifiseer is, op te los.             (9)

        INLIGTING VIR MEI 2024:

                                                Winkel 1      Winkel 2      Winkel 3
        Bestuurder                              Tyali         Dumisa         Zweni
                                               1 Junie        1 Junie       1 Junie
        Aankoopdatum van drukker
                                                2018           2022          2023
        Kosprys van drukker                    R60 000       R100 000      R140 000
        Opgehoopte waardevermindering          R59 999       R40 000       R28 000
        Aantal kopieë gedruk en verkoop        140 000       100 000        40 000
        Aantal bedorwe kopieë                   1 930         11 740          360
        Ink en verbruiksgoedere gebruik        R29 600       R39 000        R8 800
        Herstelwerk en onderhoud               R8 000         R2 800         R400
        Ander maandelikse bedryfsuitgawes      R34 000       R34 000        R34 000
        Kontant van kliënte gedeponeer         R264 000      R240 000       R96 000

                                                                                               25

                                                                            TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                                    REKENINGKUNDE V2                                                    14

          GRAAD 12 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD

                    Bruto wins       100                                      Bruto wins               100
                                 x                                                                x
                     Verkope         1                                    Koste van verkope                1

         Netto wins voor belasting                 100                  Netto wins na belasting                100
                                             x                                                         x
                     Verkope                           1                        Verkope                        1

                  Bedrysuitgawes         100                                  Bedryswins               100
                                     x                                                            x
                     Verkope               1                              Koste van verkope                1

             Totale bates : Totale laste                                  Bedrysbates : Bedryslaste

   (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste                         Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

     (Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste

       Gemiddelde handelsvoorraad                      365                    Koste van verkope
                                                   x
             Koste van verkope                             1            Gemiddelde handelsvoorraad

           Gemiddelde debiteure                  365                    Gemiddelde krediteure                              365
                                         x                                                                             x
                  Kredietverkope                   1               Koste van verkope/Kredietaankope                         1
                                                                      Netto inkomste na belasting                  100
        Netto inkomste na belasting                        100                                             x
                                                       x               Getal uitgereikte aandele        1
    Gemiddelde aandeelhouersbelang                             1
                                                                                         (*Sien nota hieronder)
                         Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings                         100
                                                                                              x
                  Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste                      1

           Aandeelhouersbelang                     100                   Dividende vir die jaar                100
                                               x                                                           x
         Getal uitgereikte aandele                     1               Getal uitgereikte aandele                   1

          Tussentydse dividende                    100                     Finale dividende                    100
                                             x                                                         x
         Getal uitgereikte aandele                     1               Getal uitgereikte aandele                   1

           Dividende per aandeel                   100                   Dividende vir die jaar                    100
                                             x                                                                 x
          Verdienste per aandeel                       1              Netto inkomste na belasting                      1

                                           Totale vaste koste
                         Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
*In hierdie geval, indien daar ŉ verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende ŉ
finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik.

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Grade 12 NSC Accounting P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Accounting P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-mg-afr/62bf3c7c-f1bc-4bd9-878f-67ec5a7a2c38) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR12 ANSWERBOOK JUNE 2022 Afrikaans Finaal](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-answerbook-june-2022-afrikaans-finaal/67317f0a-c6c2-47b6-bae2-7d594500c14b) — Accounting · Addendum · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 P2 JUNE 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-p2-june-2022-afrikaans-final/8607a9eb-4290-4d74-af8b-7bb6e58e91eb) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/b8060326-1d99-4ab4-b3d0-670339bf9763) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [Gr12 Accounting P2 (Afrikaans) SEP 2022 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr12-accounting-p2-afrikaans-sep-2022-answer-book/d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3) — Accounting · Addendum · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Addendum · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
