# Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-p2-june-2022-afrikaans-final/599886b4-7ad1-4c10-b224-da0833dafec7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape June
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-p2-june-2022-afrikaans-final/599886b4-7ad1-4c10-b224-da0833dafec7)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ACCOUNTING P2 GR12 ANSWERBOOK JUNE 2022 Afrikaans Finaal](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-answerbook-june-2022-afrikaans-finaal/67317f0a-c6c2-47b6-bae2-7d594500c14b) — Addendum · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 P2 JUNE 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-p2-june-2022-afrikaans-final/8607a9eb-4290-4d74-af8b-7bb6e58e91eb) — Memo · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                                JUNIE 2022

                       REKENINGKUNDE V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye, insluitend ŉ formuleblad en ŉ
                               9-bladsy antwoordeboek.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   REKENINGKUNDE V2                             (EC/JUNIE 2022)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

 1.    Beantwoord AL die vrae.

 2.    ŉ SPESIALE ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
       beantwoord.

 3.    ŉ FORMULEBLAD met finansiële aanwysers is by die vraestel aangeheg. Jy
       mag dit gebruik indien nodig.

 4.    Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

 5.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.    Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

 7.    Alle bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van
       toepassing.

 8.    Skryf netjies en leesbaar.

 9.    Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer jy die vraestel
       beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

    VRAAG                     ONDERWERP                           PUNTE           MINUTE

               Krediteurerekonsiliasie en die bestuur van
       1                                                             30              20
               kontant

       2       Kosteberekeninge                                      50              40

       3       Voorraad                                              35              30

       4       Vaste Bates en interne ouditprosesse                  35              30

    TOTAAL                                                          150              120

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                REKENINGKUNDE V2                    3

                  HOU HIERDIE

                          BLADSY

                             OOP.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   REKENINGKUNDE V2                              (EC/JUNIE 2022)

 VRAAG 1:       KREDITEUREREKONSILIASIE EN BESTUUR VAN KONTANT
                                                    (30 punte; 20 minute)

 1.1 KREDITEUREREKONSILIASIE

      Die onervare boekhouer van Lavender Handelaars het die krediteuregrootboek-
      rekening vir Fragrance Verskaffers, ŉ groot krediteur van die besigheid, voltooi.
      Die saldo stem nie ooreen met die uitstaande saldo volgens die staat wat van
      Fragrance Verskaffers ontvang is nie.

      GEVRA:

      1.1.1     Verwys na Inligting A, B en C
                Voltooi die tabel in die ANTWOORDEBOEK om die saldo in die
                krediteure-grootboek met die saldo wat in die staat verskyn, te versoen.
                Gebruik ŉ “+” vir ’n toename en ŉ “–” vir ’n afname langs elke bedrag.        (13)

      1.1.2     Verwys na Inligting D
                Bereken die gemiddelde krediteurebetalingstermyn (in dae) .                    (5)

      1.1.3     Verskaf TWEE interne beheermaatreëls wat geïmplementeer kan word
                om beter bestuur van krediteure te verseker.                                   (4)

      INLIGTING:

      A.      Krediteuregrootboek van Lavender Handelaars:
                                Fragrance Verskaffers (K 12)
                Datum        Besonderhede         Debiet     Krediet          Saldo
               01/06/22 Saldo                                                 R 20 500
               05/06/22 Faktuur 532                            7 125            27 625
               10/06/22 Debietnota 57                   750                     26 875
               14/06/22 EFO                         10 000                      16 875
                          Korting                       500                     16 375
               20/06/22 Faktuur 575                            7 900            24 275
               23/06/22 Faktuur 2997                          12 500            36 775
               27/06/22 EFO                           8 000                     28 775
                          Korting                       400                     28 375

      B.      Staat ontvang van Fragrance Verskaffers:
                                   Fragrance Verskaffers
               Rekening van: Lavender Handelaars        Datum: 25 Junie 2022
                 Datum        Besonderhede       Debiet   Krediet    Saldo
               01/06/22   Saldo                                     R 20 500
               05/06/22   Faktuur 532              7 500              28 000
               10/06/22   Debietnota 57              750              28 750
               14/06/22   Kwitansie                         10 000    18 750
                          Korting                            1 000    17 750
               20/06/22   Faktuur 575              9 700              27 450
               20/06/22   Faktuur 678              6 320              33 770

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                               REKENINGKUNDE V2                                      5

        C.      Addisionele inligting:

                (i)       Fragrance Verskaffers het nagelaat om 5% handelskorting op
                          Faktuur 532 af te trek.

                (ii)      Debietnota 57 is deur Fragrance Verskaffers verkeerd gehanteer.

                (iii)     Fragrance Verskaffers het 10% korting aan Lavender Handelaars
                          toegestaan op die betaling op 14 Junie 2022, omdat die betaling
                          voor die 15de van die maand gedoen is.

                (iv)      Lavender Handelaars het Faktuur 575 verkeerd aangeteken.

                (v)       Faktuur 2997 was vir aankope van Frequent Winkels en nie van
                          Fragrance Verskaffers nie.

                (vi)      Lavender Handelaars het nagelaat om Faktuur 678 in te skryf.

                (vii)     Fragrance Verskaffers sluit hulle inskrywings op die 25ste van elke
                          maand af.

        D.      Inligting op 30 Junie 2022 (jaar-einde):

                  Koste van verkope                                             R1 440 000
                  Kredietaankope vir die jaar                                      832 200
                  Kontantaankope vir die jaar                                      360 000
                  Saldo van Krediteurekontrole (1 Julie 2021)                      100 000
                  Saldo van Krediteurekontrole (30 Junie 2022)                     128 000

 1.2 BESTUUR VAN KONTANT

        Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Eden Kwekerye.

        1.2.1          Op 31 Mei 2022 het die boekhouer die Bank Rekonsiliasiestaat vir die
                       eienaar gegee en twee groot uitstaande deposito’s is opgemerk. Na
                       verdere ondersoek van die kwitansieboek het dit geblyk dat hierdie
                       fondse deur die bestuurder soos volg ontvang is:
                        • 15 Mei 2022      R62 500
                        • 20 Mei 2022      R50 600
                       Verskaf TWEE bekommernisse, rakende hierdie deposito’s, waaroor
                       die eienaar besorgd behoort te wees.                                       (4)

        1.2.2          Verskaf TWEE voorstelle wat gebruik kan word om te verseker dat dit
                       nie weer sal gebeur nie.                                                   (4)

                                                                                                  30

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                       REKENINGKUNDE V2                              (EC/JUNIE 2022)

VRAAG 2: KOSTEBEREKENINGE                                                  (50 punte; 40 minute)

2.1 STUTTERHEIM VERVAARDIGERS

     Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Stutterheim Vervaardigers vir
     die finansiële jaar geëindig 30 April 2022. Hulle vervaardig koffietafels.

     GEVRA:

     2.1.1          Voltooi die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 30 April 2022.       (17)

     2.1.2          Voltooi die verkorte Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat)
                    vir die jaar geëindig 30 April 2022.                                       (10)

     INLIGTING:

     A.         Voorraadrekords                30 April 2022             1 Mei 2021
              Grondstofvoorraad                  R175 680                 R112 800
              Goedere-in-bewerking                  ?                     R426 000

     B.      Uittreksel uit die rekords op 30 April 2022 (voor die addisionele
             inligting hieronder):

              Grondstowwe aangekoop                                        R1 665 000
              Grondstowwe aan verskaffers teruggestuur                       R63 000
              Direkte materiaalkoste                                                ?
              Direkte arbeidskoste                                          2 150 880
              Fabrieksbokoste                                               1 405 350
              Verkoops- en verspreidingskoste                               1 829 550
              Administrasiekoste                                            1 331 850
              Koste van produksie van klaarprodukte                                 ?
              Bruto wins                                                    3 750 000

     C.      Addisionele inligting wat in ag geneem moet word:

             (i)     Die totale versekeringsuitgawe van R68 250 is verkeerdelik as deel
                     van administrasiekoste aangeteken. 60% van hierdie uitgawe moet
                     aan die fabriekbokoste toegedeel word.

             (ii)    Fabrieksbokoste sluit die totale bedrag vir huur betaal vir die
                     finansiële jaar in, R108 900. Huuruitgawes moes toegeken gewees
                     het volgens vloeroppervlakte wat beset is, soos volg:
                     fabriek 400 m2; winkel 80 m2; kantoor 120 m2.

     D.      Produksie:

             Stutterheim Vervaardigers het 39 000 eenhede teen ŉ koste van R135 elk
             vervaardig.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                             REKENINGKUNDE V2                                      7

 2.2 EENHEIDSKOSTE EN GELYKBREEK
        Lexus Vervaardigers vervaardig pennesakkies.
        GEVRA:
        2.2.1      Verduidelik die verskil tussen vaste koste en veranderlike koste.              (2)
        2.2.2      Bereken die gelykbreekpunt vir 2022.                                           (5)
        2.2.3      Lewer kommentaar oor die gelykbreekpunt en die vlak van produksie vir
                   2021 en 2022. Haal syfers aan.                                                 (6)
        2.2.4      Identifiseer die veranderlike koste waaroor die eienaar besorgd behoort
                   te wees. Verduidelik en verskaf ’n berekening om jou antwoord te
                   ondersteun.                                                                    (4)
        2.2.5      Alhoewel daar ŉ daling in die vaste koste per eenheid was, is die eienaar
                   steeds nie tevrede met die kontrole oor vaste koste nie. Verduidelik
                   waarom hy so voel en verskaf berekeninge om sy bekommernis te
                   ondersteun.                                                                    (4)
        2.2.6      Gee EEN moontlike rede vir die daling in die verkoops- en
                   verspreidingskoste.                                                            (2)

        INLIGTING:

        A.                                                    PENNESAKKIE
                                                             EENHEIDSKOSTE
                                                           2022          2021
                  Veranderlike koste                          R34,80              R33,00
                  Direkte materiaalkoste                        18,09                  17,40
                  Direkte arbeidskoste                          12,15                  10,50
                  Verkoops- en
                                                                 4,56                   5,10
                  verspreidingskoste
                  Vaste koste                                   16,20                  16,50
                  Fabrieksbokoste                               10,50                  10,95
                  Administrasiekoste                             5,70                   5,55

                  Verkoopprys per eenheid                       53,40                  49,50

                  Eenhede geproduseer en
                                                    240 000 eenhede      195 000 eenhede
                  verkoop
                  Gelykbreekpunt                                     ?   195 000 eenhede

        B.      Addisionele inligting:

                Aanvaar dat die inflasiekoers 6% vir die huidige finansiële jaar is.

                                                                                                 50

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   REKENINGKUNDE V2                                (EC/JUNIE 2022)

VRAAG 3: VOORRAAD                                                       (35 punte; 30 minute)
3.1 VOORRAADWAARDASIE
     Jy word voorsien van inligting rakende Happy Hats. Die besigheid verkoop
     sonhoede. Hulle gebruik die periodieke voorraadstelsel en die geweegde-
     gemiddelde metode om hul voorraad te waardeer.
     Happiness is die eienaar van die besigheid. Nelson, die bestuurder, is
     verantwoordelik vir die dag tot dag bestuur van die besigheid.
     GEVRA:
     3.1.1      Bereken die volgende vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2022:
                • Waarde van slotvoorraad                                                (10)
                • Bruto wins                                                              (6)
     3.1.2      Happiness ontdek dat Nelson vanaf Augustus 2021 opgehou het om
                aankope te doen van die gewone verskaffer van hoede, sonder om vir
                hom van hierdie verandering in te lig. Hy ontdek ook dat die nuwe
                verskaffer Nelson se niggie is.
                Watter advies kan jy aan Happiness in hierdie verband gee? Noem
                TWEE punte.                                                                     (4)
     INLIGTING:
     A.      Voorraadsaldo’s
                                                      EENHEDE               TOTAAL
              1 Maart 2021                              412                 R63 140
              28 Februarie 2022                         320                    ?
     B.      Aankope gedurende die jaar:
                 MAAND       EENHEDE EENHEIDS-              VRAGGELD          TOTAAL
                                         KOSTE              (per eenheid)     (insluitend
                                                                               vraggeld)
              Mei 2021              530         R135          R10,00           R76 850
              Julie 2021            760         R142          R16,00          R120 080
              Oktober 2021          380         R156          R18,00           R66 120
              Desember 2021         340         R168          R24,00           R65 280
              TOTAAL               2 010                                      R328 330

     C.      Terugsendings vir die jaar: (kosprys plus vraggeld is terugbetaal)
              VANAF MAAND VAN EENHEDE EENHEIDS- VRAGGELD                      TOTAAL
                 AANKOOP               KOSTE    (per eenheid)                 (insluitend
                                                                               vraggeld)
              Julie 2021               10          R142        R16,00            R1 580
              Oktober 2021              8          R156        R18,00            R1 392
              Desember 2021             4          R168        R24,00             R768
              TOTAAL                   22                                        R3 740

     D.      Skenking:
             20 sonhoede van die Mei 2021 besending is aan ŉ plaaslike skool, wat
             leerders op ŉ opvoedkundige toer geneem het, geskenk.
     E.      Verkope:
             1 986 hoede is gedurende die finansiële jaar teen R220 elk verkoop.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                          REKENINGKUNDE V2                                      9

 3.2 BESTUUR VAN VOORRAAD (PROBLEEMOPLOSSING)

        Behalwe die sonhoede, verkoop Happy Hats ook sonbrille en strandsakke. Jy
        word voorsien van inligting uit hul voorraadrekords op 28 Februarie 2022.

        GEVRA:

        3.2.1     As gevolg van probleme met voorraaddiefstal, het Happiness
                  sekuriteitskameras geïnstalleer. Ten spyte hiervan, vermoed hy dat
                  sonhoede nog steeds gesteel word.
                  Verskaf ŉ berekening om te bewys dat sonhoede gesteel word. Gee
                  TWEE punte van advies vir Happiness om hierdie probleem aan te
                  spreek.                                                                    (9)
        3.2.2     Happiness is onseker of hy die korrekte verkooppryse vir die sonbrille
                  en strandsakke vra.
                  Gee vir hom advies oor ELKE produk. Haal syfers aan.                       (6)

        INLIGTING:

                                                       SON-       SON-       STRAND-
                                                      HOEDE      BRILLE       SAKKE
                                                    (EENHEDE)   (EENHEDE)    (EENHEDE)
         Aantal eenhede verkoop                        1 986       1 850        740
         Beginvoorraad                                   412         250        240
         Slotvoorraad                                    320         280        420
         Aankope (minus terugsendings en
                                                       1 968       1 880        920
         donasies)

         Geweegde gemiddelde kosprys per
                                                                  R2 750       R390
         eenheid
         Verkoopprys per eenheid                                  R3 438      R702
         Wins-opmerk %                                             25%        80%
         Voorraadhoudingsperiode                                  52 dae     163 dae

                                                                                             35

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 REKENINGKUNDE V2                             (EC/JUNIE 2022)

 VRAAG 4: VASTE BATES EN INTERNE OUDITPROSESSE                      (35 punte; 30 minute)

 4.1 VASTE BATES
      Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Fezeka Handelaars Bpk. Die
      finansiële jaar het op 30 Junie 2022 geëindig.
      GEVRA:
      4.1.1     Voltooi die volgende rekeninge in die Algemene Grootboek.
                Alle rekeninge moet gesaldeer of afgesluit word op 30 Junie 2022.

                Let op dat sommige bedrae reeds in jou ANTWOORDEBOEK ingevul
                is.

                • Toerusting                                                              (7)
                • Opgehoopte waardevermindering op toerusting                            (12)
                • Bateverkope                                                             (7)

      INLIGTING:

      A.      Op 31 Maart 2022 is ou kantoortoerusting kontant verkoop teen ŉ wins
              van R2 000. Hierdie toerusting is op 1 Julie 2020 teen ŉ koste van
              R35 000 aangekoop.

      B.      Op 1 April 2022 is nuwe toerusting ter waarde van R192 000 op krediet
              aangekoop en ŉ EFO is gedoen om installeringskoste van R3 000 te
              betaal.

      C.      Waardevermindering word bereken teen 20% p.j. op drawaarde.

 4.2 INTERNE OUDITPROSESSE
      Die Raad van Direkteure het hul kommer uitgespreek dat ten spyte daarvan
      dat ŉ interne ouditeur aangestel is om interne beheerprosesse in plek te stel,
      die eksterne ouditverslag aandui dat sekere sake-reise deur die HUB nie
      geverifieer kan word nie. Die eksterne ouditeure was met alle ander bewyse
      wat aangebied is, tevrede.
      GEVRA:
      4.2.1     Noem die tipe verslag wat ontvang is.                                      (1)
      4.2.2     Verduidelik TWEE moontlike gevolge van hierdie ouditverslag vir die
                maatskappy.                                                                (4)
      4.2.3     Hoe behoort die Raad van Direkteure hierdie saak te hanteer? Verskaf
                TWEE punte.                                                                (4)

                                                                                          35

                                                                           TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                         REKENINGKUNDE V2                                        11

   GRAAD 12 REKENINGKUNDE-FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

              Bruto wins x 100                           Bruto wins    x 100
               Verkope      1                        Koste van verkope    1

     Netto wins voor belasting x 100                Netto wins na belasting x 100
              Verkope             1                        Verkope             1

          Bedryfsuitgawes x 100                          Bedryfswins x 100
              Verkope        1                             Verkope      1

          Totale bates : Totale laste                 Bedryfsbates : Bedryfslaste

(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste        Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

  (Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste

  Gemiddelde handelsvoorraad x 365                        Koste van verkope                .

       Koste van verkope        1                    Gemiddelde handelsvoorraad

       Gemiddelde debiteure x 365                   Gemiddelde krediteure x 365
         Kredietverkope        1                     Koste van verkope       1
                                                    Netto inkomste na belasting x 100
   Netto inkomste na belasting x 100                 Getal uitgereikte aandele     1
Gemiddelde aandeelhouersbelang    1
                                                                        (*Sien nota hieronder)

               Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
       Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

         Aandeelhouersbelang      x 100              Dividende vir die jaar   x 100
        Getal uitgereikte aandele    1              Getal uitgereikte aandele    1

       Tussentydse dividende x 100                       Finale dividende      x 100
       Getal uitgereikte aandele 1                   Getal uitgereikte aandele    1

       Dividende per aandeel x 100                   Dividende vir die jaar   x 100
       Verdienste per aandeel   1                 Netto inkomste na belasting    1

                                    Totale vaste koste                       .

                  Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
* In hierdie geval, indien daar gedurende ŉ finansiële jaar ŉ verandering in die aantal
  uitgereikte aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk
  gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO JUNE 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-june-2022-afrikaans-final/46a00290-3eef-4646-8f78-18a84ed5df72) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/b8060326-1d99-4ab4-b3d0-670339bf9763) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [Gr12 Accounting P2 (Afrikaans) SEP 2022 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr12-accounting-p2-afrikaans-sep-2022-answer-book/d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3) — Accounting · Addendum · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Accounting P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Accounting P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-mg-afr/62bf3c7c-f1bc-4bd9-878f-67ec5a7a2c38) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-june-2024-afrikaans/15cfc713-ee34-47b1-9c9c-29299ee143c2) — Accounting · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Addendum · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
