# Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape June Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-p2-june-2023-afrikaans/1a821c68-7ec3-4811-8990-cd397aa44dfb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-p2-june-2023-afrikaans/1a821c68-7ec3-4811-8990-cd397aa44dfb)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                               JUNIE 2023

                     REKENINGKUNDE V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye, insluitend ŉ formuleblad
                          en ŉ 10-bladsy antwoordeboek.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  REKENINGKUNDE V2                             (EC/JUNIE 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
      beantwoord.

3.    Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

4.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.    Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

6.    Alle bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van toepassing.

7.    Skryf netjies en leesbaar.

8.    Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer jy die vraestel
      beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

     VRAAG                    ONDERWERP                         PUNTE           MINUTE

       1        Rekonsiliasies: Bank en Krediteure                    35           25

       2        Kosteberekeninge                                      55           45

       3        Voorraadwaardasie                                     35           30

       4        Vaste Bates                                           25           20

                           TOTAAL                                 150              120

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)              REKENINGKUNDE V2                       3

  HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                      REKENINGKUNDE V2                           (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 1:        REKONSILIASIES – BANK EN KREDITEURE                       (35 punte; 25 minute)
1.1   Pas die stelling in KOLOM A teenoor ŉ term uit KOLOM B. Skryf slegs jou
      antwoord (A–E) teenoor die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.4) in die
      ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.5 F.
                              KOLOM A                                   KOLOM B
        1.1.1    Rente op die bankstaat gedebiteer               A      Bankkoste

        1.1.2    Die koste verbonde aan die gebruik van ŉ        B      Debiet
                 lopende bankrekening

        1.1.3    ŉ Saldo op ŉ bankstaat wat ŉ gunstige saldo     C      Aftrekorder
                 aandui

        1.1.4    Magtig ŉ bank om ŉ vaste maandelikse            D      Rente op
                 bedrag aan dieselfde begunstigde te betaal             oortrokke bank

                                                                 E      Krediet
                                                                                      (4 x 1)       (4)

1.2   BANKREKONSILIASIE
      Die inligting is geneem uit die rekords van Pheasant Handelaars. Die besigheid
      gebruik die amptelike bankstaat wat op die 26ste van elke maand beskikbaar is,
      om die bankrekonsiliasie-proses te voltooi.
      GEVRA:
      1.2.1      Bereken die korrekte totale van die kontantjoernale vir April 2023.
                 Gebruik die tabel wat in die ANTWOORDEBOEK voorsien word.                      (10)
      1.2.2      Bereken die Bankrekening se saldo op 30 April 2023.                              (4)
      1.2.3      Voltooi die Bankrekonsiliasiestaat op 30 April 2023.                             (7)
      INLIGTING:
      A.      Uittreksel van items wat op die Bankrekonsiliasiestaat op 31 Maart 2023
              verskyn het:

              Uitstaande deposito’s:   op 26 Maart 2023                            R9 500
                                       op 31 Maart 2023                           R10 500
              Uitstaande EFO           Nr. 341                                     R4 650
              Gunstige saldo op Bankrekening in die grootboek                     R18 795

              LET WEL:
              • Die deposito op 26 Maart 2023 verskyn op die April-bankstaat as R4 500.
                Die verskil moet afgeskryf word aangesien die kassier nie meer vir die
                besigheid werk nie.
              • Al die ander uitstaande bedrae verskyn korrek op die April-bankstaat.
      B.      Die kontantjoernale toon die volgende voorlopige totale voordat die bank-
              staat vir April 2023 ontvang is.
              • Totaal van Kontantontvangstejoernaal,        R91 230
              • Totaal van Kontantbetalingsjoernaal,        R101 050

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                       REKENINGKUNDE V2                                            5

      C.      Die volgende items op die bankstaat vir April 2023, moet nog in berekening
              gebring word:
              • Diensgeld, R245; kredietkaartfooie, R750; kontanthanteringsfooie, R430
              • Rente gekrediteer, R200
              • Debietorder aan Eagle Secure vir die besigheid se versekering, R2 100
              • Direkte deposito van R7 500 deur ŉ debiteur
      D.      EFO nr. 375 is as R6 000 in die KBJ aangeteken. Hierdie EFO verskyn op die
              April-bankstaat met die korrekte bedrag van R600.
      E.      ŉ Aftrekorder vir die terugbetaling van ŉ lening, R10 000, verskyn op die April-
              bankstaat. Die lening is egter in Maart 2023 afbetaal. Die leninginstansie is in
              kennis gestel van hierdie fout. Dit sal op die volgende staat reggestel word.
      F.      Die volgende items verskyn in die kontantjoernale vir April 2023, maar nie op
              die bankstaat vir April 2023 nie:
              • Deposito op 30 April 2023, R21 500
              • EFT nr. 440, R2 250
      G.      Die saldo op die bankstaat op 30 April 2023 was R ...?
1.3 KREDITEUREREKONSILIASIE
      Jy word voorsien van inigting uit die rekords van Wakeford Handelaars vir
      Mei 2023. Die saldo van die Krediteurekontrolerekening en die totaal van die
      Krediteurelys is nie dieselfde nie.
      GEVRA:
      1.3.1        Verduidelik waarom die saldo van die Krediteurekontrolerekening in die
                   Algemene Grootboek moet ooreenstem met die totaal van die
                   Krediteurelys wat vanuit die Krediteregrootboek opgestel word.
                   Verskaf EEN punt.                                                              (2)
      1.3.2        Voltooi die tabel in die ANTWOORDEBOEK om die saldo van die
                   Krediteure-kontrolerekening met die totaal van die Krediteurelys te
                   versoen.
                   Gebruik ŉ “+” vir ŉ toename en ŉ “-” vir ŉ afname teenoor elke bedrag.         (8)
      INLIGTING:
A.    Saldo van die Krediteurekontrolerekening op 31 Mei 2023                R111 340
      Totaal van die Krediteurelys                                            R78 480
B.    ŉ Ondersoek het die volgende aan die lig gebring:
      (i)         Die Krediteurelys was verkeerdelik opgetel. Die Krediteurelys is met R960
                  te min opgetel.
      (ii)        Die Krediteurekontrolekolom in die Mei 2023 KBJ is R16 400. Hierdie
                  bedrag is na die Krediteurekontrolerekening gekrediteer.
      (iii)       ŉ Faktuur vir kredietaankope vir R3 920 op 30 Mei 2023, is nog nie
                  aangeteken nie.
      (iv)        Goedere teruggestuur aan ŉ verskaffer, R1 000, is korrek in die KAJ
                  ingeskryf en so na die Krediteurekontrolerekening oorgeboek. Dit is egter
                  as R100 na die krediteur se rekening in die Krediteuregrootboek
                  oorgeboek.
                                                                                                  35

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   REKENINGKUNDE V2                              (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 2: KOSTEBEREKENINGE                                              (55 punte; 45 minute)

2.1   Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs “waar” of
      “onwaar” teenoor die vraagnommers (2.1.1–2.1.4) in die ANTWOORDEBOEK.

      2.1.1    Vraggeld betaal op grondstowwe aangekoop, verhoog die koste van
               direkte materiaal vir produksie uitgereik.                                     (1)
      2.1.2    Advertensies is deel van fabrieksbokoste.                                      (1)
      2.1.3    Kommissie aan verkoopspersoneel is deel van administratiewe koste.             (1)
      2.1.4    Afleweringskoste is deel van verkoops- en distribusiekoste.                    (1)

2.2   SIVE VERVAARDIGERS

      Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Sive Vervaardigers vir die jaar
      geëindig 28 Februarie 2023. Hulle vervaardig een soort skooltas.

      GEVRA:

      2.2.1    Bereken die direkte arbeidskoste.                                              (8)
      2.2.2    Bereken die fabrieksbokoste.                                                  (15)
      2.2.3    Voltooi die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2023.       (8)

      INLIGTING:

A.    Voorraadsaldo’s:

                                           28 Februarie 2023         1 Maart 2022
        Grondstofvoorraad
        Goedere-in-bewerkingvoorraad                      ?             R240 560
        Klaarproduktevoorraad                      R142 500             R165 000
        Indirekte materiaal                         R22 650              R19 800

B.    Arbeidskoste vir produksie:

        Aantal werkers                                                             14
        Basiese maandelikse salaris per fabriekswerker                       R10 500
        Totale oortyd-ure vir die jaar (vir al die werkers)                    3 100
        Oortyd-tarief per uur                                                    R80
        WVF aftrekkings van basiese salaris                                       1%
        Werkgewersbydrae tot WVF                                              R-vir-R

C.    Die fabrieksvoorman verdien ŉ jaarlikse salaris van R234 000 (alle voordele
      ingesluit).

D.    Indirekte materiaal ter waarde van R57 600 is gedurende die finansiële jaar vir
      die fabriek aan gekoop.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                       REKENINGKUNDE V2                                          7

E.      Uitgawes geneem uit die proefbalans op 28 Februarie 2023:

            Huuruitgawe                                                        R172 800
            Waardevermindering op fabriekstoerusting                           R415 830
            Water en elektrisiteit                                             R156 000
            Versekering                                                        R107 100

        Aansuiwerings om in berekening te bring:
        •     Huuruitgawe moet as volg, volgens vloerspasie gebruik, toegeken word:
              Vloerspasie vir fabriek                                 900 m2
              Vloerspasie vir verkoopsdepartement                     750 m2
              Vloerspasie vir administrasiedepartement                600 m2
              Totale vloerspasie                                    2 250 m2
        •     Water en elektrisiteit moet as volg toegedeel word:
              Fabriek                                                   90%
              Verkoopsdepartement                                        5%
              Administrasiedepartement                                   5%

        •     ŉ Betaling van R4 200 vir versekering op 2 Februarie 2023 het nie deurgegaan
              nie, as gevolg van ŉ stelselfout. Dit sal op 1 Maart 2023 betaal word.
              Versekering moet in die verhouding 3 : 2 : 2 tussen die fabriek, verkope en
              administrasie-departemente verdeel word.

F.      Addisionele inligting:
        •     Direkte materiaal aan die fabriek uitgereik, R3 150 000
        •     Verkope van klaarprodukte, R9 300 000
        •     Koste van verkope van klaarprodukte, R6 022 500

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   REKENINGKUNDE V2                            (EC/JUNIE 2023)

2.3   RUSKS FOR YOU

      Die besigheid vervaardig gesondheidsbeskuit. Die eienaar is Linda Williams en
      die finansiële jaar-einde is 31 Mei.

      GEVRA:

      2.3.1    Bereken die gelykbreekpunt vir die jaar geëindig 31 Mei 2023.                (4)
      2.3.2    Lewer kommentaar en sê of Linda tevrede behoort te wees met die
               aantal eenhede geproduseer en verkoop gedurende die finansiële jaar.
               Haal syfers aan.                                                             (6)
      2.3.3    Gee TWEE moontlike redes vir die toename in direkte materiaalkoste
               per eenheid vir die huidige finansiële jaar.                                 (4)
      2.3.4    Verskaf EEN rede waarom Linda bekommerd mag wees oor die
               toename in die totale vaste koste gedurende die huidige finansiële jaar.     (2)
      2.3.5    Linda wil die inhoud per pakkie verminder, maar sy wil steeds dieselfde
               verpakking (wat die gewig as 500 g aangee) gebruik om kostes te
               bespaar. Sy wil die verkoopprys dieselfde hou. Watter advies sal jy
               aanbied? Gee TWEE punte.                                                     (4)

      INLIGTING:

                                          31 Mei 2023              31 Mei 2022
                                       Totaal      Per          Totaal       Per
                                                 eenheid                   eenheid
        Direkte materiaalkoste         984 000      R10,25       889 200      R7,60
        Totale veranderlike koste    1 536 000      R16,00     1 462 500     R12,50
        Totale vaste koste           1 104 000      R11,50       945 000      R8,08
        Totale verkope               2 688 000      R28,00     2 691 000     R23,00
        Aantal eenhede
                                        96 000 eenhede           117 000 eenhede
        vervaardig en verkoop
        Gelykbreekpunt                         ?                 90 000 eenhede

                                                                                             55

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                     REKENINGKUNDE V2                                          9

VRAAG 3: VOORRAADWAARDASIE                                             (35 punte; 30 minute)
3.1      Kies die korrekte antwooord uit die gegewe opsies. Skryf slegs die antwoord
         teenoor die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.3) in die ANTWOORDEBOEK.

              EIEU; Periodieke stelsel; Deurlopende stelsel; Geweegde-gemiddelde-
                                             metode

         3.1.1    Die voorraadstelsel waar die koste van verkope vir elke verkoop-
                  transaksie aangeteken word.                                                (1)

         3.1.2    Die voorraadwaardasie-metode gebaseer op die aanname dat die
                  oudste voorraad altyd eerste verkoop word.                                 (1)

         3.1.3    Die waarde van eindvoorraad word bereken deur die totale bedrag
                  bestee vir die aankoop van voorraad te deel deur die aantal eenhede
                  beskikbaar vir verkope.                                                    (1)

3.2      VOORRAADWAARDASIE

         Jy word voorsien van inligting rakende Global Jackets Bpk. Neville Ceder is die
         eienaar van die besigheid. Hulle verkoop spesiale baadjies vir matriekulante.
         Die besigheid gebruik die periodieke voorraadstelsel en die geweegde-
         gemiddelde metode om voorraad te waardeer.

         GEVRA:

         3.2.1    Bereken die waarde van die eindvoorraad op 30 Junie 2023.                  (9)

         3.2.2    Bereken die gemiddelde voorraadhoudingsperiode (in dae) vir
                  baadjies.                                                                  (5)

         3.2.3    Dit bekommer Neville, dat ten spyte van ŉ sekuriteitswag by die deur,
                  baadjies steeds wegraak.
                  • Bereken die aantal baadjies wat weg is.                                  (4)
                  • Gee TWEE punte van advies hoe Neville hierdie probleem kan
                      aanspreek.                                                             (4)

         3.2.4    Neville het onlangs gehoor dat ŉ mededinger die EIEU-metode gebruik
                  om hul voorraad te waardeer. Hy is nuuskierig hieroor.
                  • Verduidelik watter effek ŉ verandering na die EIEU-metode op die
                    bruto wins van die baadjies sal hê.                                      (2)
                  • Gee EEN rede pro (vir) verandering van die voorraadwaardasie-
                    metode.                                                                  (2)
                  • Gee EEN rede teen verandering van die voorraadwaardasie-
                    metode.                                                                  (2)

         3.2.5    ŉ Personeellid het voorgestel dat die maatskappy die baadjies vir
                  30 graad 12-leerders van ŉ plaaslike skool, wat nie kan bekostig om
                  hierdie spesiale baadjies in hul matriekjaar te koop nie, te borg.

                  Verduidelik waarom jy dink dit is ŉ goeie idee. Gee TWEE redes.            (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                   REKENINGKUNDE V2                         (EC/JUNIE 2023)

      INLIGTING:

A.    Voorraadsaldo’s

                                            Eenhede        Eenheids-     Totaal
                                                             prys
          1 Julie 2022                           820                   R416 290
          30 Junie 2023                        1 160                      ?

B.    Aankope gedurende die jaar:

               Datum         Eenhede     Eenheids-      Vraggeld    Totale bedrag
                                           prys        op aankope         R
          10 Augustus 2022    2 400        R538         R62 400        1 353 600
          20 April 2023         705        R562         R19 740          415 950
          28 Junie 2023       1 815        R600         R54 450        1 143 450
          TOTAAL              4 920                                    2 913 000

C.    Terugsendings vir die maand: (kosprys plus vraggeld is terugbetaal)

           Terugsendings     Eenhede     Eenheids-      Vraggeld    Totale bedrag
            van aankope                    prys        op aankope         R
          10 Augustus 2022      10                                    5 640
          28 Junie 2023          5                                      ?
          TOTAAL                15                                      ?

D.    Verkope:

      •    4 350 baadjies is gedurende die jaar verkoop.

                                                                                          35

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                            REKENINGKUNDE V2                                         11

VRAAG 4: VASTE BATES                                                     (25 punte; 20 minute)

4.1      VASTE BATES

         Die inligting het betrekking op Maluti Handelaars Bpk. Die finansiële jaar het op
         28 Februarie 2023 geëindig.

         GEVRA:

         4.1.1           Bereken die waardevermindering op toerusting en op voertuie vir die jaar
                         geëindig 28 Februarie 2023.                                                 (14)

         4.1.2           Gee EEN rede waarom ŉ maatskappy mag besluit om vaste bates te
                         verkoop.                                                                     (2)

         INLIGTING:

         A.       Uittreksel: Saldo’s van Vaste Bates

                                                                           28 Feb       1 Maart
                                                                            2023         2022
                    Voertuie                                                     ?       444 150
                    Opgehoopte waardevermindering op voertuie                    ?       162 000
                    Toerusting                                             600 000             ?
                    Opgehoopte waardevermindering op toerusting                  ?       440 000

         B.       Addisionele inligting:

                  (i)      Nuwe toerusting, kosprys R120 000, is op 1 Mei 2022 aangekoop.

                  (ii)     Op 31 Julie 2022 is ŉ voertuig vir R81 000 kontant verkoop. Die
                           oorspronklike kosprys was R164 250 en op 1 Maart 2022 was die
                           opgehoopte waardevermindering op hierdie voertuig R56 250.

                  (iii)    ŉ Nuwe voertuig is op 1 September 2022 vir R315 000 aangekoop.

                  (iv) Toerusting word verminder teen 20% p.j. op kosprys.
                       Voertuie word verminder teen 20% p.j. op drawaarde.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 REKENINGKUNDE V2                              (EC/JUNIE 2023)

4.2   BESTUUR VAN VASTE BATES

      Hlope Afleweringsdienste besit drie afleweringsvoertuie. Die eienaar, Phillip, is
      bekommerd oor die kontrole oor voertuie. Hy het sekere inligting van die
      toesighouers bekom en vra vir jou hulp.

      GEVRA:

      Identifiseer EEN verskillende probleem vir elke voertuig. Haal syfers aan.
      Gee EEN punt van advies vir elke probleem geïdentifiseer.                                    (9)

      INLIGTING:

      A.    Goedere word binne ŉ radius van 30 km, gratis aan klante afgelewer.
            Aflewerings word nie oor naweke gedoen nie.

      B.    Inligting voorsien deur die toesighouer. Dit verwys na die 4 weke (20 dae)
            gedurende Mei 2023.

                                            Voertuig 1      Voertuig 2      Voertuig 3
            Datum aangekoop                1 April 2021   1 Junie 2018       1 Mei 2009
            Drawaarde                        R210 000         R113 000               R1
            Bestuurder se salaris per
                                               R11 000         R13 750          R11 000
            maand
            Kilometers gery                     360 km          780 km         1 216 km
            Aantal aflewerings
                                                     24              40                38
            gemaak
            Gemiddelde kilometers per
                                                 15 km         19,5 km             32 km
            rit
            Brandstofkoste (R20,80
                                                  R420          R1 400             R2 150
            per liter)
            Onderhoud / dienskoste                 R70
                                                                  R115              R285
            (maandelikse gemiddeld)           Diensplan
                                                                                                   25
                                                                                                    ¤

                                                                               TOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/JUNIE 2023)                        REKENINGKUNDE V2                                      13

     GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

               Bruto wins x 100                            Bruto wins    x 100
                Verkope      1                         Koste van verkope    1

     Netto wins voor belasting x 100                   Netto wins na belasting x 100
              Verkope             1                           Verkope             1

           Bedryfsuitgawes x 100                               Bedryfswins x 100
               Verkope        1                                  Verkope      1

          Totale bates : Totale laste                       Bedryfsbates : Bedryfslaste

 (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste           Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

     (Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste

   Gemiddelde handelsvoorraad x 365                            Koste van verkope          .

        Koste van verkope        1                         Gemiddelde handelsvoorraad

       Gemiddelde debiteure x 365                  Gemiddelde krediteure          x 365
         Kredietverkope        1                  Koste van verkope/Kredietaankope 1

                                                       Netto inkomste na belasting x 100
   Netto inkomste na belasting x 100                    Getal uitgereikte aandele     1
Gemiddelde aandeelhouersbelang    1
                                                                               (*Sien nota hieronder)

              Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
      Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

        Aandeelhouersbelang      x 100                  Dividende vir die jaar   x 100
       Getal uitgereikte aandele    1                  Getal uitgereikte aandele    1

      Tussentydse dividende x 100                              Finale dividende      x 100
      Getal uitgereikte aandele 1                          Getal uitgereikte aandele    1

      Dividende per aandeel x 100                        Dividende vir die jaar   x 100
      Verdienste per aandeel   1                      Netto inkomste na belasting    1

                                     Totale vaste koste                        .

                   Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
* In hierdie geval, indien daar ŉ verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende ŉ
  finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

Copyright reserved

## Related documents

- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-june-2024-afrikaans/15cfc713-ee34-47b1-9c9c-29299ee143c2) — Accounting · Memo · 2024 · Afr
- [Grade 12 NSC Accounting P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Accounting P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-mg-afr/62bf3c7c-f1bc-4bd9-878f-67ec5a7a2c38) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR12 ANSWERBOOK JUNE 2022 Afrikaans Finaal](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-answerbook-june-2022-afrikaans-finaal/67317f0a-c6c2-47b6-bae2-7d594500c14b) — Accounting · Addendum · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 P2 JUNE 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-p2-june-2022-afrikaans-final/8607a9eb-4290-4d74-af8b-7bb6e58e91eb) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/b8060326-1d99-4ab4-b3d0-670339bf9763) — Accounting · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Addendum · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
