# Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/ef36585e-6840-4d96-9787-09fc66a25ee0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/ef36585e-6840-4d96-9787-09fc66a25ee0)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                        SENIORSERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                        SEPTEMBER 2023

                     REKENINGKUNDE V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye insluitend ŉ
                    formuleblad en ŉ 10-bladsy antwoordeboek.

### Page 2

2                                  REKENINGKUNDE V2                        (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
      beantwoord.

3.    ŉ Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
      aangeheg.

4.    Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

5.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.    Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

7.    ALLE bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van
      toepassing.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

9.    Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer jy die vraestel
      beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

     VRAAG                       ONDERWERP                        PUNTE         MINUTE

       1        Rekonsiliasies                                        35            30
       2        Kosterekeningkunde                                    40            30
       3        Voorraadwaardasie en BTW                              40            30
       4        Begroting                                             35            30

TOTAAL                                                              150            120

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                   REKENINGKUNDE V2                                           3

VRAAG 1: REKONSILIASIES                                              (35 punte; 30 minute)

1.1   KREDITEUREREKONSILIASIE
      Candy Winkels koop goedere op krediet van Awesome Verskaffers.
      GEVRA:
      Gebruik die tabel wat verskaf word om die nodige aanpassings te maak:
      • In die Krediteuregrootboekrekening in die boeke van Candy Winkels.
      • In die Krediteurerekonsiliasiestaat op 28 Februarie 2023.

      Toon ŉ “+” vir toename en ŉ “–” vir afname langs elke bedrag.                            (10)

      INLIGTING:
      Die saldo op die staat van Awesome Verskaffers ontvang, stem nie ooreen met
      die saldo van hul rekening in die Krediteuregrootboek nie.
      A.       Saldo van Awesome Verskaffers in die Krediteuregrootboek: R52 900.
      B.       Rekeningstaat van Awesome Verskaffers ontvang:
                                          AWESOME VERSKAFFERS                     Nr. 2169
               Pineridge Singel 205
               Gqeberha 5820
               Debiteur: Candy Winkels                                   25 Februarie 2023
                 DATUM         BESONDERHEDE              DEBIET       KREDIET    SALDO
               Jan.    26 Saldo                                                   45 300
                       28 Kwitansie 110                                 12 000    33 300
               Feb.    01 Faktuur A12                       14 600                47 900
                       03 Kredietnota 34                       800                48 700
                       10 Kwitansie 0076                                12 000    36 700
                            Korting toegestaan                             600    36 100
                       18 Faktuur 588                       16 340                52 440
                       24 Faktuur 1132                      54 820               107 260
                       25 Aflewering                         1 540               108 800
      C.       ŉ Ondersoek het die volgende foute en weglatings aan die lig gebring:
               (i)     Faktuur A12 is verkeerdelik as R16 400 in die kediteuregrootboek-
                       rekening aangeteken. Die bedrag op die staat is korrek.
               (ii)    Kredietnota 34 was vir beskadigde goedere wat op 2 Februarie 2023
                       teruggestuur is.
               (iii)   Candy Winkels het die korting as R1 200 aangeteken. Awesome
                       Verskaffers het aangedui dat die besigheid slegs op R600, soos op
                       die staat aangedui, geregtig is.
               (iv)    Awesome Verskaffers het 5% handelskorting op Faktuur 588
                       toegestaan. Candy Winkels het dit nie in aanmerking geneem toe
                       hulle na die Krediteuregrootboek oorgeboek het nie.
               (v)     Faktuur 1132 op die staat was vir goedere wat Awesome Verskaf-
                       fers aan Sweets Galore verkoop het.
               (vi)    Awesome Verskaffers hef ŉ afleweringsfooi van al hul klante. Dit is
                       nie in die Krediteuregrootboek aangeteken nie.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

4                                      REKENINGKUNDE V2                           (EC/SEPTEMBER 2023)

1.2   BANKREKONSILIASIE
      Die inligting verskyn in die boeke van Donald Handelaars vir Mei 2023.
      GEVRA:
      1.2.1       Bereken die korrekte saldo van die Bankrekening deur die tabel wat in die
                  ANTWOORDEBOEK voorsien is, te voltooi.                                            (12)
      1.2.2       Stel die Bankrekonsiliasiestaat op 31 Mei 2023 op.                                    (7)
      1.2.3       Verskaf EEN voorstel hoe die probleem van vervalste note voorkom kan
                  word.                                                                                 (2)
      1.2.4       Donald is bekommerd oor die uitstaande deposito’s. Verskaf TWEE
                  interne beheermaatreëls wat hy kan implementeer om hierdie probleem
                  aan te spreek.                                                                        (4)
      INLIGTING:
      A.      Uittreksel: Bankrekonsiliasiestaat op 30 April 2023
                  Deposito nog nie aangeteken:   18 April 2023             R 24 300
                                                 27 April 2023                7 100
                  EFO nog nie op staat:          Nr. 245                     11 300
                                                 Nr. 246                      6 750
                  Batige saldo volgens bankrekening                           8 800

              LET WEL:
              • Die deposito op 18 April 2023 en EFO Nr. 245 verskyn op die bankstaat
                vir Mei 2023 met die korrekte bedrae soos hierbo getoon.
              • Die deposito op 27 April 2023 verskyn as R5 000 op die staat as gevolg
                van die vervalste note wat by die deposito ingesluit was. Hierdie bedrag
                moet afgeskryf word aangesien die geld nie ingevorder kan word nie.
              • EFO 246 verskyn op die Mei 2023-staat met die korrekte bedrag van
                R6 250.
      B.      Voorlopige totale vir die Kontantjoernale op 31 Mei 2023:
                  Kontantontvangstejoernaal   R76 270 Kontantbetalingsjoernaal       R88 625
      C.      Inligting op die bankstaat, nie in die Kontantjoernale vir Mei 2023 nie:
                  Bankkoste                                                        R    235
                  Debietorder vir die maand se versekering                             1 140
                  Direkte deposito deur die huurder vir huur                           4 600
                  Deposito deur ŉ debiteur ter vereffening van sy rekening             7 030
                  van R7 500
                  Deposito deur Uzu Tegniese Kollege                                 15 000
                  * Dit is ŉ fout op die staat aangesien die besigheid nie sake
                    met die kollege doen nie. Dit sal op die volgende staat
                    reggestel word.
      D.      Inligting in die Kontantjoernale vir Mei 2023, nie op die staat nie:
              •     Uitstaande deposito’s: 19 Mei 2023           R11 400
                                           26 Mei 2023           R10 800
              •     Uitstaande EFO         Nr. 658               R 6 900
      E.      Die saldo volgens bankstaat is R?
                                                                                                    35
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                        REKENINGKUNDE V2                                         5

VRAAG 2: KOSTEREKENINGKUNDE                                              (40 punte; 30 minute)
2.1   JABE REISTOERUSTING
      Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2023. Die
      besigheid vervaardig sportsakke en John is die eienaar.
      GEVRA:
      2.1.1        Bereken die totale Fabrieksbokoste. Gebruik die tabel wat in die
                   ANTWOORDEBOEK voorsien word. Toon ALLE berekeninge.                              (12)
      2.1.2        Stel die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2023 op.          (8)
      INLIGTING:
      A.      Voorraadsaldo’s:                      28 FEBRUARIE 2023      28 FEBRUARIE 2022
              Goedere-in-bewerking                         R 23 600               R 35 400
              Indirekte fabrieksmateriaal                     9 300                 12 700
      B.      Transaksies vir die jaar geëindig 28 Februarie 2023:
                  Materiaal in fabriek vir produksie gebruik                     R 374 500
                  Indirekte materiaal vir gebruik in fabriek aangekoop              87 600
                  Diverse fabriekskoste                                             65 570
                  Salarisse en lone:
                     Produksielone                                                       ?
                     Fabriekskoonmaakpersoneel                                      48 510
                     Administrasiepersoneel                                        283 500
                     Verkoopspersoneel                                             217 400
                  Huuruitgawe                                                      126 000
                  Water en elektrisiteit                                            82 000
                  Versekering                                                       33 600
      C.      Addisionele inligting en aansuiwerings:
              •     Lone van die fabriekskoonmaakpersoneel is uit die joernaal vir
                    Februarie 2023 uitgelaat. Besonderhede is as volg:
                         Totale bruto        Totale       Totale netto     Totale werkgewers-
                             lone         aftrekkings        lone                 bydre
                           R4 200             R504          R3 696                R210

                   Werkgewersbydraes word by salarisse en lone bygetel.
              •     2/
                         3 van die huuruitgawe het op die fabriek betrekking.

              •     ŉ Bedrag van R7 400 vir water en elektrisiteit vir Februarie 2023 is steeds
                    uitstaande. Die fabriek gebruik 65% van die water en elektrisiteit.
              •     Versekering is vanaf 1 Maart 2022 tot 30 Junie 2023 betaal. Hierdie
                    uitgawe moet in die verhouding 4 : 2 : 1 tussen die fabriek, administrasie-
                    en verkoopsafdelings onderskeidelik verdeel word.
      D.      Die besigheid het 10 500 sportsakke teen ŉ koste van R112,80 per sak
              vervaardig.

 Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

6                                      REKENINGKUNDE V2                        (EC/SEPTEMBER 2023)

2.2   FAZEL VERVAARDIGERS

      Fazel Khan is die eienaar van die besigheid en hulle vervaardig rokke. Die
      finansiële jaar het op 28 Februarie 2023 geëindig.

      GEVRA:

      2.2.1   Beheer oor grondstowwe
              •      Fazel is bekommerd oor die vermorsing van materiaal tydens
                     produksie. Bereken die aantal meters materiaal wat vermors is.              (4)
              •      Verskaf TWEE moontlike redes vir hierdie vermorsing.                        (4)

      2.2.2   Gelykbreekontleding
              •      Bereken die gelykbreekpunt vir die jaar geëindig 28 Februarie 2023.         (4)
              •      Verduidelik of die besigheid tevrede behoort te voel met die die aantal
                     eenhede gedurende die huidige finansiële jaar vervaardig. Verskaf
                     TWEE punte.                                                                 (4)
              •      Fazel is bekommerd oor die toename van R81 900 in totale vaste
                     koste. Verskaf EEN rede waarom hy nie bekommerd behoort te wees
                     nie. Haal syfers aan.                                                       (4)

      INLIGTING:

      A.      Direkte materiaal voorraad:
                                                                         Materiaal
                  Beginvoorraad                                         1 720 meters
                  Aankope                                              14 230 meters
                  Materiaal aan die fabriek uitgereik                  13 050 meters

              LET WEL: 1,8 meter materiaal word vir elke rok gebruik.

      B.      Produksie, verkope en gelykbreek-eenhede:
                                                                 2023            2022
                  Aantal eenhede vervaardig en verkoop           7 200           6 750
                  Aantal eenhede vir gelykbreek                    ?             7 074

      C.      Addisionele inligting:
                                                  28 Februarie 2023            2022
                                                 Totaal    Per eenheid       TOTAAL
                                                   R             R               R
                  Verkope                       4 176 000        580         3 813 750
                  Vaste koste                   1 850 400        257         1 768 500
                  Veranderlike koste            2 304 000        320         2 126 250

                                                                                                 40

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                REKENINGKUNDE V2                                           7
VRAAG 3: VOORRAADWAARDASIE EN BTW                                  (40 punte; 30 minute)
VOORRAADWAARDASIE
3.1    Kies ŉ woord/term van die lys verskaf vir elke beskrywing hieronder. Skryf slegs
       die woord/term langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.4) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.
            deurlopende; spesifieke identifikasie; geweegde gemiddelde; periodieke;
                                      eerste-in-eerste-uit
       3.1.1    Metode wat aanvaar voorraad word in volgorde van aankope verkoop
       3.1.2    Die stelsel verseker koste van verkope word by punt van verkope bereken
       3.1.3    ŉ Unieke of individuele waarde word aan voorraaditems toegeken
       3.1.4    Hierdie metode is gepas vir lae-waarde items wat in massa aangekoop
                word                                                                              (4)
3.2     LYON WINKELS
        Die besigheid wat besit word deur Lyon, verkoop een soort leerbeursie. Die
        besigheid gebruik die geweegde-gemiddeldemetode en die periodieke voorraad-
        stelsel om die waarde van voorraad te bepaal.
        GEVRA:
        Verwys na Inligting A:
        3.2.1 Bereken die volgende vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2023:
                 • Waarde van eindvoorraad                                                        (7)
                 • Aantal eenhede vermis                                                          (4)
        3.2.2    Verduidelik TWEE strategieë wat Lyon kan gebruik om die probleem van
                 klante wat items steel, aan te spreek.                                           (2)
        3.2.3    Die gemiddelde voorraadhoudingsperiode is 73,7 dae. Verduidelik of
                 Lyon hieroor bekommerd moet wees. Verskaf EEN punt.                              (2)
        Verwys na Inligting B:
        Gedurende Oktober het Lyon twee soorte skootrekenaarsakke begin vewaardig.
        3.2.4  Bereken die koste van verkope van die skoot rekenaarsakke.                         (5)
        3.2.5  Lyon verstaan nie hoekom die verkope van die Coma-sakke beter was as
               die verkope van Komfi nie. Verskaf TWEE moontlike redes.                           (4)
        INLIGTING:
        A.   Leerbeursies:
                                                    Aantal      Kosprys
                                     Datum                                   Totale waarde
                                                   beursies    per beursie
                Voorraad-        1 Maart 2022         480                      R71 040
                saldo’s          28 Feb 2023          360                         ?
                Aankope          Mei 2022             450          R155        R 69 750
                                 Augustus 2022        800          R180         144 000
                                 Oktober 2022         500          R195          97 500
                                 Januarie 2023        250          R205          51 250
                                 TOTAAL             2 000                       362 500
                Terugsendings    Januarie 2023          30           R205       6 150
                Vraggeld op      Totale vraggeld van R20 960 is gedurende die jaar op
                aankope          aankope betaal. Lyon Winkels is nie vir vraggeld op
                                 terugsendings vergoed (terugbetaal) nie.
                Verkope          2 050 eenhede is teen R295 elk verkoop.
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

8                                  REKENINGKUNDE V2                       (EC/SEPTEMBER 2023)

       B.      Skootrekenaarsakke:
               Handelsnaam (model)                      KOMFI             COMA
               Eenhede gekoop                               200               300
               Kosprys per eenheid                        R680              R920
               Totale aankope-bedrag                   R136 000          R276 000
               Eenhede verkoop                              112               220
               Verkoopprys per eenheid                   R1 190            R1 380
               Totale bedrag van verkope               R133 280          R303 600

BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE (BTW)
3.3    Die inligting het betrekking op Big Winkels vir die 2-maande BTW-periode wat op
       30 April 2023 eindig. Die standaard BTW-koers is 15%.
       GEVRA:
       3.3.1    Bereken die BTW-bedrag aan SAID betaalbaar op 30 April 2023.
                LET WEL: Die gegewe foute en weglatings moet in ag geneem word.                 (10)
       3.3.2    Die interne ouditeur het ontdek dat die eienaar, Benjamin, die BTW wat
                van klante ingevorder is, gebruik het om salarisse en bonusse te betaal
                en dat hy nie die volle bedrag verskuldig aan SAID op die sperdatums
                betaal het nie.
                Verskaf EEN punt van advies aan Benjamin en ŉ verduideliking of rede
                om die advies te ondersteun.                                                    (2)
       INLIGTING:
       A.       Bedrag verskuldig aan SAID op 1 April 2023 was R12 750.
       B.       Bedrae uit die joernale op 30 April 2023:
                                                        BTW INGESLUIT           BTW
                Totale Verkope                            R 486 450          R 63 450
                Krediet Aankope van voorraad                167 900            21 900
       C.       Foute en weglatings opgemerk:
                •    Voorraad, kosprys R4 300 (BTW uitgesluit), wat die eienaar geneem
                     het, is nog nie aangeteken nie.
                •    Nulkoers-items met ŉ verkoopprys van R25 000 (BTW uitgesluit) is by
                     Verkope ingesluit.
                •    BTW op korting toegestaan aan debiteure is nie aangeteken nie. Die
                     totale korting toegestaan is R14 720.

                                                                                                40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                  REKENINGKUNDE V2                                        9

 VRAAG 4: BEGROTING                                              (35 punte; 30 minute)
 Die gedeeltelik-voltooide Geprojekteerde Staat van Omvattende Inkomste is deur die
 boekhouer van Grandma Handelaars vir die periode 1 Augustus 2023 tot
 30 September 2023 voorberei. Die eienaar van die besigheid is Prudence John.

 GEVRA:
 4.1    Lys TWEE items wat nie in ŉ Kontantbegroting sal voorkom nie.                        (2)

 4.2    Bereken die ontbrekende bedrae soos deur (i) tot (iv) op die Geprojekteerde
        Staat van Omvattende Inkomste aangedui.                                             (13)
 4.3    Bereken die volgende:
        •   Die kosprys van die nuwe voertuig op 1 Augustus 2023 aangekoop                   (5)
        •   Die besparing op rente op lening na die terugbetaling op die lening              (3)
 4.4    Verwys na die werklike en begrote bedrae vir Augustus 2023:
        Lewer kommentaar op die beheer oor die volgende items: Haal syfers aan.
        •   Telefoon, water en elektrisiteit                                                 (3)
        •   Advertensies                                                                     (4)
 4.5    ŉ Nuwe mededinger het gedurende Augustus 2023 vanaf ŉ nabygeleë perseel
        begin sake doen. Prudence het besluit om die winsopslag % te verlaag en om
        meer goedere op krediet te verkoop.

        •   Verduidelik die effek van die verlaging van die winsopslag % op bruto wins.
            Haal syfers aan.                                                                 (3)
        •   Verskaf EEN nadeel verbonde aan die verkoop van meer goedere op krediet.         (2)

 INLIGTING:

 A.     Die besigheid gebruik ŉ winsopslag persentasie van 60% op kosprys. Voorraad
        verkoop, word in die maand van verkope vervang.

 B.     Daar word verwag dat verkope met 10% per maand sal styg.

 C.     Bestuurders se salarisse:

        Die besigheid het ŉ verkoopsbestuurder en ŉ kantoorbestuurder in diens. Die
        kantoorbestuurder verdien R300 (per maand) meer as die verkoopsbestuurder.
        Die verkoopsbestuurder sal vanaf 1 September 2023 ŉ 5% verhoging ontvang.

 D.     ŉ Afleweringsvoertuig is op 1 Augustus 2023 aangekoop. Waardevermindering
        op voertuie word teen 15% p.j. op kosprys bereken.

 E.     Huurinkomste sal vanaf 1 September 2023 met 7,5% p.j. verhoog.

 F.     Rente op lening word teen 14% p.j. op die uitstaande saldo gehef. Rente word
        op die laaste dag van elke maand betaal en word nie gekapitaliseer nie. Die
        besigheid beplan om R90 000 van die lening op 1 September 2023 te betaal.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

10                                 REKENINGKUNDE V2                    (EC/SEPTEMBER 2023)

G.    Inligting uit die Geprojekteerde Staat van Omvattende Inkomste vir
      Augustus en September 2023 onttrek:
                                            AUGUSTUS     AUGUSTUS     SEPTEMBER
                                            BEGROOT       WERKLIK      BEGROOT
        Verkope                               224 000       252 000     246 400
        Koste van verkope                   (140 000)     (168 000)          (i)
        Bruto wins                             84 000
        Ander inkomstes
         Huurinkomste                             (ii)                    16 340
         Kommissie-inkomste                   13 440        15 450        14 784
         Korting ontvang                                                   2 320
        Bruto bedryfsinkomste
        Bedryfsuitgawes                      (48 700)
         Salarisse (twee bestuurders)          18 700       18 700           (iii)
         Lone (skoonmaker)                      2 180        2 180         2 289
         Onderhoud                              7 000        2 000         7 000
         Voertuiguitgawes                           0        3 600              0
         Administrasie-uitgawes
         Telefoon, water en elektrisiteit      2 800         4 480         2 800
         Versekering                           2 200         2 200         2 200
         Advertensies                          6 800         7 375         7 390
         Waardevermindering                   12 000        14 875        14 875
         Handelsvoorraadtekort                     0         3 200

        Bedryfswins                               (iv)
         Rente-inkomste (teen 8% p.j.)            640          640           640
        Wins voor rente-uitgawe               59 940
         Rente op lening                      (6 300)       (6 300)      (5 250)
       Netto wins                             53 640

                                                                                             35

                                                                           TOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)                  REKENINGKUNDE V2                                           11

        GRAAD 12 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD

                Bruto wins x 100                               Bruto wins x            100
                 Verkope      1                            Koste van verkope            1

     Netto wins voor belasting x 100                       Netto wins na belasting x 100
               Verkope            1                                   Verkope          1

            Bedryfsuitgawes      x 100                             Bedryfswins    x 100
                  Verkope           1                               Verkope          1

            Totale bates : Totale laste                         Bedryfsbates : Bedyfslaste

   (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste            Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

   (Handels- en ander ontvangbare bedrae + Kontant en Kontantekwivalente) : Bedryfslaste

    Gemiddelde handelsvoorraad         x   365                     Koste van verkope
         Koste van verkope                  1                   Gemiddelde handelsvoorraad

          Gemiddelde debiteure x 365                     Gemiddelde krediteure         x 365
            Kredietverkope        1                    Koste van verkope of kredietaankope 1
                                                         Netto inkomste na belasting          x 100
     Netto inkomste na belasting x 100                     Getal uitgereikte aandele             1
     Gemiddelde aandeelhouersbelang 1
                                                                                  (*Sien nota hieronder)

            Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings                x     100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste                        1

        Aandeelhouersbelang          x 100                 Dividende vir die jaar   x 100
        Getal uitgereikte aandele       1                 Getal uitgereikte aandele     1

            Interim dividende      x 100                       Finale dividende     x 100
         Getal uitgereikte aandele    1                   Getal uitgereikte aandele    1

         Dividend per aandeel x 100                         Dividende vir die jaar x 100
        Verdienste per aandeel   1                      Netto inkomste na belasting   1

                                          Totale vaste koste.

                      Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
* In hierdie geval, indien daar gedurende ŉ finansiële jaar ŉ verandering in die aantal
  uitgereikte aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

## Related documents

- [ACCOUNTING P2 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/b8060326-1d99-4ab4-b3d0-670339bf9763) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING GR12 AB SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr12-ab-sept2018-afrikaans/bb8fabf9-7043-4ec6-9cf8-5476cecd6602) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Accounting P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Accounting P2 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2020-afr/11a416d1-5a4d-43f5-8e86-04e631d2a55d) — Accounting · QP · 2021 · Afr
- [Accounting P2 QP Nov 2020 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-nov-2020-eng-d/7a7e912d-274c-4600-8f33-8c3e779b6f8e) — Accounting · QP · 2021 · Eng
- [Accounting P2 Nov 2020 ANSBK Eng D REV](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2020-ansbk-eng-d-rev/863967ff-8393-4d36-ac90-75cbdfc8ad7e) — Accounting · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Addendum · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
