# Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-sept-2024-afrikaans/e7d1ef1d-bb15-4cac-9179-8a3c681f9c9b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-sept-2024-afrikaans/e7d1ef1d-bb15-4cac-9179-8a3c681f9c9b)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIORSERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2024

                  REKENINGKUNDE V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye insluitend
                  ŉ formuleblad en ŉ 11-bladsy antwoordeboek.

                   Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   REKENINGKUNDE V2                        (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.     Beantwoord AL die vrae.

2.     ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
       beantwoord.

3.     ŉ Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
       aangeheg.

4.     Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

5.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.     Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

7.     ALLE bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van
       toepassing.

8.     Skryf netjies en leesbaar.

9.     Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer jy die vraestel
       beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

     VRAAG                     ONDERWERP                          PUNTE          MINUTE

       1        Rekonsiliasies en BTW                                 35             30
       2        Kosterekeningkunde en Voorraadwaardasie               50             40
       3        Begrotings                                            40             30
       4        Vaste Bates                                           25             20

    TOTAAL                                                          150             120

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                         REKENINGKUNDE V2                                     3

VRAAG 1: REKONSILIASIES EN BTW                                       (35 punte; 30 minute)

1.1 DEBITEURE-OUDERDOMSONTLEDING

     Othe Sport Emporium verkoop sporttoerusting en bied kredietfasiliteite aan
     kliënte. Die finansiële jaar het op 31 Julie 2024 geëindig.

     INLIGTING:

     Othe Sport Emporium
     Debiteure-ouderdomsontleding op 31 Julie 2024
                                                Nog nie verskuldig       Agterstallig
             Kliënt    Krediet      Bedrag        Julie     Junie      Mei       April
                        limiet     verskuldig     2024      2024       2024      2024
                                                (lopend)
       A Marais        R55 000       R45 500     R45 500
       C Voges         R25 000       R27 000      R4 000 R15 000       R6 000    R2 000
       J Fourie        R36 000       R18 000     R16 500    R1 500
       J Olivier       R41 000       R16 000                                    R16 000
                                    R106 500    R66 000   R16 500      R6 000   R18 000
                                     100%

     Bykomende inligting:

     (i)       Kredietvoorwaardes is 30 dae.

     (ii)      Rente van 2% per maand sal op agterstallige rekeninge gehef word.

     (iii)     Totale kredietverkope vir die jaar geëindig 31 Julie 2024 het R566 580
               beloop.

     (iv) Bedrag verskuldig deur handelsdebiteure op 1 Augustus 2023 was
          R92 350.

     GEVRA:

     Bestudeer die Debiteure-ouderdomsontleding en beantwoord die vrae hieronder.

     1.1.1       Aangesien ŉ deeglike kredietkontrole gedoen word voordat krediet
                 verleen word, is Othe van mening dat dit onnodig is om ŉ Debiteure-
                 ouderdomsontleding voor te berei. Verduidelik aan haar hoe die
                 voorbereiding van die Ouderdomsontleding die onderneming kan help om
                 debiteure te beheer.                                                            (4)

     1.1.2       Bereken die gemiddelde debiteure-invorderingstermyn vir die jaar
                 geëindig 31 Julie 2024.                                                         (3)

     1.1.3       As die interne ouditeur, identifiseer TWEE bekommernisse wat jy aan die
                 eienaar van die besigheid sal rapporteer. Haal in elke geval syfers aan
                 om jou antwoord te staaf.                                                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                                 Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  REKENINGKUNDE V2                         (EC/SEPTEMBER 2024)

1.2 BANKREKONSILIASIE
     Jams Junction koop en verkoop musiekinstrumente. Die besigheid word deur
     Amoré Mans besit. Amoré koop voorraad op krediet, maar verkoop dit net vir
     kontant. ŉ Bankstaat word op die 25ste van elke maand deur Nebula Bank
     verskaf.
     GEVRA:
     1.2.1    Gebruik die tabel wat in jou ANTWOORDEBOEK voorsien word om
              veranderinge/regstellings in die Bankrekening in die Algemene Grootboek
              van Jams Junction op 31 Julie 2024 te toon. Gebruik die Bankstaat wat
              vanaf Nebula Bank ontvang is se kolom om die veranderinge/regstellings
              aan te dui wat gemaak moet word op die staat van Nebula Bank.
              Dui ŉ toename aan met ŉ ‘+’ en ŉ afname met ŉ ‘–’ langs elke bedrag.          (10)
     1.2.2    Amoré is nie tevrede met die feit dat die onderneming rente op
              agterstallige krediteure moet betaal nie. Gee haar advies om rente op
              agterstallige krediteure in die toekoms te vermy.                               (4)

     INLIGTING:

     Hierdie saldo’s het in die Algemene Grootboek en op die Bankstaat verskyn
     voordat die volgende transaksies in ag geneem is:
     Algemene grootboek van Jams Junction:
     Bank               R243 980 (dt.)
     Saldo soos per bankstaat ontvang vanaf Nebula Bank:
     R245 000 (gunstig)
     TRANSAKSIES vir Julie 2024:

     (i)     ŉ Debietorder van R12 500 vir die betaling van ŉ krediteur het slegs op die
             bankstaat verskyn.
     (ii)    R10 000 is aan ŉ krediteur betaal. Nebula Bank het dit verkeerdelik as
             R1 000 aangeteken. Dit is as ŉ kwitansie in die Bankrekening in die
             algemene grootboek aangeteken.

     (iii)   ŉ Huurder het sy huur direk in die lopende bankrekening van Jams Junction
             inbetaal, R 4 000. Dit is nog nie deur Jams Junction aangeteken nie.
     (iv)    Diensfooie van R340 is deur Nebula Bank aangeteken.
     (v)     Op 28 Julie 2024 is ŉ EFO gemaak om ŉ krediteur R10 400 te betaal. Die
             krediteur het Amoré meegedeel dat rente van R600 by Jams Junction se
             rekening gevoeg is, aangesien die betaling laat was. Alhoewel Jams
             Junction en Nebula Bank die betaling van R10 400 aangeteken het, is geen
             inskrywing of betaling vir die rente gemaak nie.
     (vi)    Jams Junction verhuur musiektoerusting aan ŉ bekende sanger. Die
             sanger het R? direk in die bankrekening gedeponeer. Die bedrag is reeds
             deur Nebula Bank aangeteken.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                     REKENINGKUNDE V2                                      5

1.3 BTW

     Die inligting het in die boeke van Nkohli Handelaars vir Augustus 2024 verskyn.

     GEVRA:

     1.3.1     Gebruik die inligting om die bedrag verskuldig aan/deur die SAID vir BTW
               op 31 Augustus 2024 te bereken.                                              (10)

     INLIGTING:

     Saldo in die Algemene Grootboek op 1 Augustus 2024:
     SAID(BTW)         R1 245 (kt.)

     Die volgende is die kolomtotale van die verskillende hulpjoernale vir
     Augustus 2024.

                      Transaksie       Joernaal       BTW         BTW          BTW
                                                   uitgesluit   ingesluit
       1     Kontantverkope van
             voorraad                    KOJ        126 000                   18 900
       2     Handelsvoorraad
             gekoop en betaal            KBJ        87 900                    13 185
       3     Handelsvoorraad op
             krediet gekoop               KJ                                  11 985
       4     Handelsvoorraad aan
             krediteure teruggestuur     KAJ                                  5 430
       5     Handelsvoorraad op
             krediet verkoop              DJ        134 460                      ?
       6     Handelsvoorraad deur
             debiteure teruggestuur      DAJ                     10 764          ?
                                                                                             35

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                    REKENINGKUNDE V2                         (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 2:       KOSTEREKENINGKUNDE EN VOORRAADWAARDASIE
                                               (50 punte; 40 minute)

2.1 SHAN-UITRUSTERS

     Shan-Uitrusters is ŉ vervaardigingsonderneming wat baadjies vir graad 12-
     leerders vervaardig. Die materiaal word by ŉ verskaffer in Oos-Londen gekoop en
     na Stutterheim vervoer. Die baadjies word aan graad 12-leerders teen ŉ
     winsopslag van 60% op kosprys verkoop. Die finale bestellings word elke jaar
     op 30 Junie afgelewer. Die einde van die huidige finansiële jaar is 30 Junie 2024.

     GEVRA:
     2.1.1     Voltooi die notas in jou ANTWOORDEBOEK deur die ontbrekende
               inligting in te vul. Gebruik die inligting wat reeds ingevul is asook die
               bykomende inligting wat gegee word.

               • Direkte materiaalkoste                                                       (10)
               • Fabrieksbokoste                                                               (6)
               • Klaar produktevoorraad                                                        (5)
     2.1.2     Die eienaar, Shannon, het die rekenmeester opdrag gegee om van die
               geweegdegemiddelde- na EIEU-metode te verander wanneer die
               grondstowwe gewaardeer word. Gee EEN rede waarom jy dink sy hier-
               die opdrag sal gee. Verduidelik hoekom jy nie met haar saamstem nie.             (4)

     2.1.3     Bereken die waarde van die eindvoorraad van grondstowwe indien die
               rekenmeester die EIEU-metode sou gebruik.                                        (4)

     2.1.4     Die graad 12-klas van 2025 sal nie die 18 baadjies wat oorgebly het wil
               koop nie. Gee EEN strategie oor hoe sy die eindvoorraad sinvol kan
               gebruik. Hierdie uitgawe kom jaarliks voor. Bied EEN voorstel om enige
               oorblywende eindvoorraad van voltooide goedere in die toekoms te
               voorkom.                                                                         (4)
     INLIGTING:
     1.      Water en elektrisiteit, R66 000, is gedurende die jaar betaal. Dit moet tussen
             die Fabriek-, Administrasie- en Verkope-afdelings verdeel word in die
             verhouding 4 : 1 : 1.
     2.      Vloerspasie gebruik:
             Fabriek:                    70 000 m2
             Administrasie:              20 000 m2
             Verkoop en verspreiding:    10 000 m2
             Die totale huurgeld vir die jaar beloop R240 000. Dit moet tussen die
             afdelings verdeel word in die verhouding van die vloerspasie gebruik.
     3.      Totale lone wat gedurende die huidige finansiële jaar aan fabriekspersoneel
             betaal is:
             Bruto lone:          R300 000
             Totale aftrekkings: R 60 000
             Totale bydraes:      R 40 000
             5% van die lone was vir indirekte arbeid

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                      REKENINGKUNDE V2                                      7

     4.      Voorraad word volgens die geweegdegemiddelde-metode waardeer.

             Die volgende data rakende die grondstowwe wat vir die jaar aangekoop is,
             is op 30 Junie 2024 uit die rekeningkundige rekords geneem:

                  Datum         Een-   Eenheids      Totale Vraggeld      Totale
                                hede     -prys       koste     per       Vraggeld
                                                            eenheid
              Beginvoorraad     24                    R28 958 vraggeld ingesluit
              Aankope           206                R269 298               R28 344
              1 Nov. 2023       50      R1 265     R 63 250   R132        R 6 600
              20 Feb. 2024      80      R1 314     R105 120   R135        R10 800
              31 Mei 2024       76      R1 328     R100 928   R144        R10 944

             Voorraadopname op 30 Junie 2024 toon 18 baadjies in die stoorkamer.
             Geen eenhede is gesteel nie.

     5.      Verkope vir die jaar beloop R1 376 000.

2.2 NASSI STRIDE

     Die onderneming is in Kariega geleë en vervaardig tekkies. Die eienaar is Nassi
     Florus. Jy word voorsien van inligting vir die afgelope twee jaar.

     INLIGTING:

     2.2.1     Bereken:
               • Die netto wins vir 2024                                                       (3)
               • Die gelykbreekpunt vir tekkies in 2024                                        (4)

     2.2.2     Nassi is nie tevrede met die resultate van 2024 nie. Verduidelik en verskaf
               EEN rede (met syfers of berekeninge) om te bewys waarom sy baie meer
               tevrede moet wees met hierdie resultate as met die resultate van 2023.          (3)

     2.2.3     Bereken hoeveel ekstra pare tekkies sy sal moet vervaardig om haar wins
               met R400 000 te verhoog.                                                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 REKENINGKUNDE V2                     (EC/SEPTEMBER 2024)

     2.2.4   Lewer kommentaar oor die verkoops- en verspreidingskoste per paar.
             Haal die persentasie verandering in koste per paar aan. Verskaf EEN
             moontlike rede vir die verandering van 2023 na 2024.                        (4)

     INLIGTING:

                                                           TEKKIES
                                                   2024               2023
      Pare tekkies vervaardig en verkoop          18 000             12 000
      Gelykbreekpunt                                ?                10 909
      Verkoopprys per paar tekkies                 R980               R860

      TOTALE KOSTE:                             R14 040 000     R9 960 000
      Totale veranderlike koste                  10 440 000      6 360 000
      Totale vaste koste                          3 600 000      3 600 000

      KOSTE PER PAAR:
      Totale veranderlike koste per paar          R580               R530
      Direkte materiaalkoste per paar              300                200
      Direkte arbeidskoste per paar                170                210
      Verkoop- en verspreidingskoste per paar      110                120

      TOTALE VASTE KOSTE PER PAAR:                R200               R300
      Fabrieksbokoste per paar                     155                220
      Administrasiekoste per paar                   45                 80
                                                                                        50

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)           REKENINGKUNDE V2                        9

         HOU HIERDIE BLADSY
                OOP.

Kopiereg voorbehou                                   Blaai om asseblief

                      Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 REKENINGKUNDE V2                       (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 3: BEGROTINGS                                               (40 punte; 30 minute)

3.1 EC WINKELS

     Die volgende inligting is geneem uit die boeke van EC Winkels vir die maand
     September 2024.

     GEVRA:

     Gebruik die inligting om die tabel in die ANTWOORDEBOEK te voltooi, deur slegs
     die bedrae in die relevante kolomme in te vul.                                       (10)

     INLIGTING:
     Bv. Diverse uitgawes van R3 200 sal konstant oor die begrotingstydperk bly.

     (i)     Die maandelikse kommissie-inkomste beloop R4 000. Dit sal nie in
             September verander nie.

     (ii)    Waardevermindering vir die finansiële jaar sal na verwagting R36 000
             wees.

     (iii)   Verwagte kontantverkope vir September 2024: R65 000
             (koste van verkope R54 000)

     (iv)    Gedurende September 2024 sal R31 860 aan krediteure betaal word;
             nadat ŉ verwagte korting van 10% deur krediteure toegestaan is.

3.2 KLEU TRANSPORT

     Zeland besit Kleu Transport, ŉ besigheid wat afleweringsdienste bied. Die
     gegewe inligting het betrekking op die begrotingsperiode 1 Mei 2024 tot
     30 Junie 2024.

     GEVRA:
     3.2.1    VERWYS NA INLIGTING B EN C:
              Voltooi die Debiteure-invorderingskedule.                                     (6)

     3.2.2    VERWYS NA INLIGTING A, B, C, D en E
              Bereken die volgende:
              • Die bedrae aangedui deur (i) tot (v) op die Kontantbegroting                (9)
              • Die uitstaande saldo van die lening op 1 Mei 2024                           (4)
              • Die persentasie verhoging in salarisse op 1 Junie 2024                      (3)

     3.2.3    Die werknemers is nie tevrede met die verhoging in salarisse nie. Gee
              EEN punt om hulle te ondersteun en EEN punt teen hul opinie.                  (2)

     3.2.4    VERWYS NA INLIGTING F:
              Aan die einde van Mei 2024 was Zeland bekommerd oor die beheer van
              die invordering van debiteure en onderhoud van voertuie. Gebruik
              Inligting F en verskaf EEN rede vir sy kommer. Haal syfers aan. Gee EEN
              punt van advies in elke geval.                                                (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                     REKENINGKUNDE V2                               11

     INLIGTING:
     A.    UITTREKSEL UIT DIE KONTANTBEGROTING VIR DIE PERIODE
           1 MEI 2024 TOT 30 JUNIE 2024
            KONTANTONTVANGSTES                MEI         JUNIE
            Fooi-inkomste van kontantkliënte   (i)           90 000
            Ontvangstes van kredietkliënte    151 320
            Huurinkomste                          4 400    (ii)
            Kommissie ontvang
            TOTALE ONTVANGSTE                              320 000

             KONTANTBETALINGS
             Versekering                                     6 000       6 800
             Salarisse                                      48 000      49 440
             Water en elektrisiteit
             Brandstof                                     (iii)        63 250
             Advertensies                                      3 000     3 000
             Aankoop van nuwe voertuig                             -   250 000
             Onderhoud van voertuie                          22 000     22 000
             Onttrekkings
             Diverse uitgawes
             Rente op lening (11% per jaar)                  1 650
             TOTALE BETALINGS                              221 000     405 200
             SURPLUS /TEKORT                               309 000     (iv)
             Kontant aan die begin van die maand             8 400
             Kontant aan die einde van die maand           317 400     (v)

     B.    Afleweringsdienste word op kontant en op krediet aangebied.
           • Krediettransaksies maak 70% van die totale fooi-inkomste uit.
           • Aflewerings op krediet aan kliënte gelewer, is soos volg:

                      April (werklik)              R160 000
                      Mei (begroot)                R154 000
                      Junie (begroot)                     ?

     C.    Daar word verwag dat debiteure as volg sal betaal:
           • 40% van debiteure vereffen hul rekeninge gedurende die
             transaksiemaand, om voordeel uit ŉ 5%-afslag te trek.
           • 58% van debiteure vereffen hul rekeninge in die maand wat volg op die
             transaksiemaand.
           • 2% word as slegte skuld afgeskryf.

     D.    Huurinkomste sal met ingang van 1 Junie 2024 met 7,5% verminder word.

     E.    ŉ Styging van 15% in brandstofpryse word vanaf 1 Junie 2024 verwag.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                REKENINGKUNDE V2               (EC/SEPTEMBER 2024)

     F.                                               Mei 2024
                                             BEGROOT           WERKLIK
           Invorderings van debiteure        R151 320          R112 650
           Onderhoud van voertuie             R22 000          R44 000

                                                                                 40

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                    REKENINGKUNDE V2                                     13

VRAAG 4: VASTE BATES                                             (25 punte; 20 minute)

4.1     BATEVERKOPE

        Die volgende inligting het in die boeke van Sithata Handelaars vir die finansiële
        jaar geëindig 30 Junie 2024 verskyn.

        GEVRA:

        4.1.1     Bereken die ontbrekende bedrae/besonderhede aangedui deur (a) tot
                  (g) in die onvolledige grootboekrekeninge verskaf.                        (17)

        4.1.2     Tasbare bates behoort positief by te dra tot die winsdoelwit van die
                  onderneming. Verskaf EEN voorbeeld van hoe die voertuie van ŉ
                  handelsonderneming tot die generering van wins sal bydra.                   (2)

        INLIGTING:

A.      Algemene grootboekrekeninge (onvolledig)

                                      Grond en Geboue
            2023
           1 Julie    Saldo         1 150 000
           1 Des      Bank             (a)
                                    1 830 000

                                             Voertuie
            2023                                   2024
           1 Julie    Saldo           500 000     1 April         (b)        180 000
             2024
            1 April       (c)          (d)

                        Opgehoopte waardevermindering op voertuie
             2024     Bate-                   2023
            1 April   verkope        (f)     1 Julie Saldo                   150 000
                                              2024   Waardever-
                                             1 April mindering                  (e)
                                                     Waardever-
                                            30 Junie mindering                  (g)

B.      ŉ Nuwe administrasiegebou is gedurende die finansiële jaar gebou.

C.      Voertuie:

         • Op 1 April 2024 is ŉ ou afleweringsvoertuig, kosprys R180 000, ingeruil vir
           ŉ nuwe voertuig ter waarde van R460 000. Die inruilwaarde was R78 000.
           Die opgehoopte waardevermindering op die voertuig wat ingeruil is, was
           R108 000 op 1 Julie 2023.

         • Voertuie word teen 10% op die drawaarde gedepresieer.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                               REKENINGKUNDE V2                        (EC/SEPTEMBER 2024)

4.2   BESTUUR VAN VASTE BATES

      Die interne ouditeur het ŉ oudit van die bestuur van die vaste bates uitgevoer.
      Hy het ŉ verslag saamgestel waarin onder andere, die volgende stellings
      verskyn:

      • Die oudit het gevind dat bates uit die register weggelaat is, terwyl daar ook
        bates geïdentifiseer is wat op die register verskyn, maar nie meer in gebruik
        was nie

      • Bates is aangekoop sonder dat die nodige magtiging verkry is.

       • Die gebruik van ŉ sagtewaretoepassing vir vaste batebestuur en mobiele
         tegnologie, soos strepieskode skandeerders, sal help om die probleem op
         te los.

      GEVRA:

      4.2.1    Beskryf EEN gevolg van die weglating van bates uit ŉ vaste
               bateregister.                                                               (2)

      4.2.2    Verduidelik EEN punt om die belangrikheid van magtiging voor die
               aankoop van vaste bates te illustreer.                                      (2)

      4.2.3    Die ouditeur het die gebruik van ŉ strepieskode skandeerder
               aanbeveel. Verduidelik aan die direkteure hoe ŉ strepieskode
               skandeerder batebestuur sal verbeter.                                       (2)

                                                                                          25

                                                                           TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                        REKENINGKUNDE V2                                       15

        GRAAD 12 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD

                Bruto wins x 100                               Bruto wins x              100
                 Verkope      1                            Koste van verkope              1

     Netto wins voor belasting x 100                       Netto wins na belasting x 100
               Verkope            1                                   Verkope          1

            Bedryfsuitgawes      x 100                               Bedryfswins    x 100
                  Verkope           1                                 Verkope          1

            Totale bates : Totale laste                           Bedryfsbates : Bedyfslaste

   (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste            Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

   (Handels- en ander ontvangbare bedrae + Kontant en Kontantekwivalente) : Bedryfslaste

    Gemiddelde handelsvoorraad         x    365                      Koste van verkope
         Koste van verkope                   1                    Gemiddelde handelsvoorraad

          Gemiddelde debiteure x 365                      Gemiddelde krediteure                 x 365
            Kredietverkope        1                        Koste van verkope                       1

                                                         Netto inkomste na belasting            x 100
     Netto inkomste na belasting x 100                     Getal uitgereikte aandele               1
     Gemiddelde aandeelhouersbelang 1
                                                                                    (*Sien nota hieronder)

            Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings                  x     100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste                          1

        Aandeelhouersbelang          x 100                 Dividende vir die jaar   x 100
        Getal uitgereikte aandele       1                 Getal uitgereikte aandele     1

            Interim dividende      x 100                       Finale dividende     x 100
         Getal uitgereikte aandele    1                   Getal uitgereikte aandele    1

         Dividend per aandeel x 100                         Dividende vir die jaar x 100
        Verdienste per aandeel   1                      Netto inkomste na belasting   1

                                          Totale vaste koste  .

                      Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
* In hierdie geval, indien daar gedurende ŉ finansiële jaar ŉ verandering in die aantal
  uitgereikte aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-june-2024-afrikaans/15cfc713-ee34-47b1-9c9c-29299ee143c2) — Accounting · Memo · 2024 · Afr
- [Grade 12 NSC Accounting P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Accounting P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-mg-afr/62bf3c7c-f1bc-4bd9-878f-67ec5a7a2c38) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR12 ANSWERBOOK JUNE 2022 Afrikaans Finaal](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-answerbook-june-2022-afrikaans-finaal/67317f0a-c6c2-47b6-bae2-7d594500c14b) — Accounting · Addendum · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 P2 JUNE 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-p2-june-2022-afrikaans-final/8607a9eb-4290-4d74-af8b-7bb6e58e91eb) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/b8060326-1d99-4ab4-b3d0-670339bf9763) — Accounting · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Addendum · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
