# Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2025 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-september-2025-afr-watermark/a5b6f51c-6e60-4bf6-b3c9-e910387384e4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-september-2025-afr-watermark/a5b6f51c-6e60-4bf6-b3c9-e910387384e4)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2025. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                           SEPTEMBER 2025

                        REKENINGKUNDE V2

PUNTE:     150

TYD:       2 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye insluitend ŉ
                      formuleblad en ŉ 11-bladsy antwoordeboek.

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                         REKENINGKUNDE V2        (EC/SEPTEMBER 2025)

HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2025)                   REKENINGKUNDE V2                                     3

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
      beantwoord.

3.    ŉ Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
      aangeheg.

4.    Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

5.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.    Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

7.    ALLE bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van
      toepassing.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

9.    Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer jy die vraestel
      beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

          VRAAG                    ONDERWERP                   PUNTE        MINUTE
              1       Interne Beheer en Rekonsiliasies            40           30
              2       Kosterekeningkunde                          35           30
              3       Voorraad                                    35           30
              4       Begroting en BTW                            40           30

      TOTAAL                                                     150          120

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                    REKENINGKUNDE V2                     (EC/SEPTEMBER 2025)

VRAAG 1: INTERNE BEHEER EN REKONSILIASIES                      (40 punte; 30 minute)

1.1   INTERNE BEHEER

      Die eienaar van Dlamini Handelaars is baie tevrede dat alle betalings nou
      uitsluitlik (slegs) via EFO gemaak word. Hy oorweeg dit om sy besigheid
      heeltemal kontantloos te bedryf.

      GEVRA:

      1.1.1    Pearly, die boekhouer is verantwoordelik vir die prosessering en beheer
               van alle EFO-transaksies. Die interne ouditeur is bekommerd omdat
               daar geen verdeling van pligte is nie.
               Verduidelik EEN rede waarom die interne ouditeur bekommerd mag
               wees oor die gebrek aan verdeling van pligte.                                   (2)

      1.1.2    Baie klante verkies om kontant te betaal, maar Dlamini wil sy besigheid
               heeltemal kontantloos bedryf.

               • Identifiseer EEN potensiële probleem wat die besigheid in die gesig
                 mag staar as gevolg van hierdie besluit.
               • Behalwe dat dit vinnig en tydbesparend is, identifiseer EEN voordeel
                 van die gebruik van EFO’s.                                                    (4)

1.2   BANKREKONSILIASIE

      Die inligting handel oor Koen Handelaars vir Augustus 2025.

      1.2.1    Toon die inskrywings wat in die Kontantjoernale aangeteken moet word.      (10)

      1.2.2    Bereken die saldo van die Bankrekening in die grootboek op
               31 Augustus 2025.                                                               (4)

      1.2.3    Stel die Bankrekonsiliasiestaat vir 31 Augustus 2025 op.                        (6)

      INLIGTING:

        A.      Inligting van die Bankrekonsiliasiestaat voltooi op         R
                31 Julie 2025:
                Ongunstige saldo volgens Bankstaat                         39 000
                EFO’s in KBJ aangeteken         315                        45 000
                                                390                        23 700
                Deposito in die KOJ, maar nie op die Julie 2025 Bankstaat 107 000
                Ongunstige saldo van die Bankrekening in die Grootboek        700
               NOTA:
               • EFO 315 en 390 verskyn op die Bankstaat op 1 Augustus 2025.
                  EFO 390 verskyn as R25 700. Die Bankstaat is korrek.
               • Die deposito verskyn op die bankstaat op 2 Augustus 2025.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2025)                       REKENINGKUNDE V2                                   5

         B.     Voorlopige totale van Kontantjoernale op 31 Augustus 2025 voordat
                die Bankstaat vir Augustus 2025 via epos van die bank ontvang is:
                • Kontantontvangstejoernaal (KOJ): R90 850
                • Kontantbetalingsjoernaal (KBJ): R85 750

         C.     Inligting op Augustus 2025-bankstaat wat nie in die Augustus
                Kontantjoernale aangeteken is nie:
                                                           DEBIET          KREDIET
                Rente                                                              R450
                EFO (Nazo – skoonmaak van kantoor               R3 500
                se matte)
                EFO (Jacobs – huurder)                                         R28 500
                Debietorder (PGS Versekeraars)                R10 780
                Internet bankfooie                               R980
                Internet bankfooie                               R980
                NOTA: Die bank het die internet bankfooie foutiewelik gedupliseer. Dit
                        sal in September 2025 reggestel word.

         D.     Inskrywings in die KBJ vir Augustus wat nie op die Bankstaat vir
                Augustus verskyn nie:

               •      EFO 401 (J Koen – eienaar, vir private gebruik) op 28 Augustus 2025,
                      R16 500
               •      EFO 419 (MVI Verskaffers) 30 Augustus 2025, R8 600

         E.     Deposito-inskrywings in die KOJ vir Augustus wat nie met die
                Bankstaat vir Augustus ooreenstem nie:

               •      R31 450 op 30 Augustus 2025
               •      R44 500 op 31 Augustus 2025. Die Bankstaat toon dit as R34 500. ŉ
                      Ondersoek het getoon dat die kontantstrokies na R44 500 optel, maar
                      slegs R34 500 is gedeponeer. Die tekort kan nie opgespoor word nie
                      en moet afgeskryf word.

         F.     Saldo soos per Bankstaat op 31 Augustus 2025 is die balanserende
                bedrag.

1.3    KREDITEUREREKONSILIASIE

       Die volgende inligting handel oor Kapp Handelaars. Die saldo van Dordrecht
       Verskaffers in die Krediteuregrootboek stem nie ooreen met die eindsaldo op die
       staat wat op 27 Julie 2025 van hulle ontvang is nie.

       GEVRA:

       Bereken die korrekte saldo’s deur die nodige aanpassings te maak vir die
       gegewe foute en weglatings in die Krediteuregrootboek en die staat van
       Dordrecht Verskaffers. Gebruik die tabel in die ANTWOORDEBOEK en toon ŉ
       bedrag met “+”, “-” of “geen inskrywing” vir elke fout of weglating wat ontdek is.    (14)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                      REKENINGKUNDE V2                      (EC/SEPTEMBER 2025)

      SALDO’S OP 31 JULIE 2025
      Dordrecht Verskaffers se rekening in die Krediteure-
      grootboek van Kapp Handelaars                                  R25 670 (krediet)
      Maandelikse staat ontvang van Dordrecht Verskaffers            R28 155 (debiet)

      Foute en weglatings geïdentifiseer nadat vergelykings gemaak is.

      A.       ŉ Faktuur vir R8 820 is korrek in die Krediteuregrootboek ingeskryf,
               maar die rekeningstaat van Dordrecht Verskaffers het dit as R9 300
               opgeteken. Die krediteureklerk het Dordrecht Verskaffers gekontak en
               hulle het bevestig dat hulle die fout sal regstel.

      B.       EFO 3092 vir R9 500, uitgereik aan Dordrecht Verskaffers, is
               verkeerdelik as R5 900 in die Kontanbetalingsjoernaal (KBJ)
               aangeteken en ook so oorgeboek.

      C.       Op 3 Julie 2025 het Kapp Handelaars ŉ debietnota van R620
               verkeerdelik gekrediteer op die rekening van Dordrecht Verskaffers in
               die Krediteuregrootboek.

      D.       ŉ EFO-betaling van R5 500 is in die Krediteuregrootboek aangeteken,
               maar dit verskyn nie op die rekeningstaat nie. Na ondersoek ingestel is,
               is gevind dat hierdie betaling deur Kapp Handelaars eintlik aan Indwe
               Verspreiders gemaak is.

      E.       Die boekhouer het nie faktuur 958 (R6 870), ontvang van Dordrecht
               Verskaffers op 22 Julie 2025 aangeteken nie.

      F.       Die rekeningstaat ontvang van Dordrecht Verskaffers wys rente van
               R255, wat gehef is op ŉ agterstallige saldo. Hierdie rente moet
               aangeteken en na die Krediteuregrootboek oorgeboek word.

      G.       Transaksies na die sluiting van die staat op 27 Julie 2025:

              •      Faktuur nr. 1654 vir goedere aangekoop, R8 700
              •      Goedere teruggestuur aan Dordrecht Verskaffers, R2 920
                                                                                              40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2025)        REKENINGKUNDE V2                        7

HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                                       REKENINGKUNDE V2                   (EC/SEPTEMBER 2025)

VRAAG 2: KOSTEREKENINGKUNDE                                   (35 punte; 30 minute)

2.1 FRESH SIP KOELDRANK VERVAARDIGERS

     Fresh Sip is ŉ Suid-Afrikaanse vervaardigingsmaatskappy wat koeldranke
     vervaardig. Jy word voorsien van inligting rakende Fresh Sip vir die jaar
     geëindig 31 Augustus 2025.

     Die fabriek beslaan 800 m2, die administratiewe kantore 300 m2 en twee
     nasionale verkoopskantore 100 m2 elk.

     GEVRA:

     2.1.1   Bereken die:

             •   Direkte arbeidskoste                                                     (4)

             •   Verkoops- en verspreidingskoste                                        (12)

     2.1.2   Stel die Produksiekostestaat op.                                             (5)

     2.1.3   Bereken die koste van verkope vir die jaar geëindig 31 Augustus 2025.        (4)

     INLIGTING:

      A.     VOORRAAD
             Die volgende saldo’s is geneem uit die finansiële state:

                                                    2025                2024
             Indirekte materiaal                    R85 400                 R73 800
             Goedere-in-bewerking                R3 650 000              R3 740 500
             Klaar produkte                      R5 430 000              R4 600 400

      B.     ARBEIDSKOSTE

             Die fabriekswerkers het ŉ totale betaling van R604 800 ontvang, na ŉ
             28% aftrekking vir LBS, pensioenfonds en WVF. Die maatskappy dra ŉ
             addisionele 8% van hul bruto verdienste by.

                                     VERKOOPSKANTORE
             2 werkers per kantoor       R84 000 per werker per jaar (bonusse,
                                         oortyd en bydraes ingesluit)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2025)                         REKENINGKUNDE V2                                   9

      C.     ANDER UITGAWES

             (a)     Indirekte materiaal aangekoop gedurende die jaar was ŉ totaal van
                     R240 000. 20% van alle indirekte materiaal word in die
                     verkoopskantore gebruik.

             (b)     Die totale huur beloop R117 000 per jaar. Huur word volgens
                     vloerspasie toegedeel.
             (c)     Vraggeld vir die jaar:
                     Op grondstowwe aangekoop: R40 000
                     Op klaar produkte verkoop: R75 000

             (d)     Fresh Sip verkoop op krediet aan goedgekeurde klante. Een debiteur
                     wie oorsee verhuis het se skuld van R8 000 moet as oninbaar
                     afgeskryf word.

             (e)     Bedrag uit die Vooraansuiweringsproefbalans op 31 Augustus 2025:
                     Versekering R115 375
                     Daar is ontdek dat die versekeringspremie vir September 2025 reeds
                     betaal is. Die premies het onveranderd gebly. Die versekeringspremies
                     word in die verhouding 3 : 1 : 1 tussen die fabriek, verkope en
                     administrasie verdeel.

2.2 KAMP VERVAARDIGERS
     Inligting vir die finansiële jaar wat eindig op 30 Junie 2025 word verskaf. Die
     besigheid vervaardig leerbanke op grond van bestellings ontvang.

     GEVRA:

     2.2.1         Bereken die verkoopprys van elke produk op 30 Junie 2025.                   (4)

     2.2.2         Die besigheid het na sonkrag oorgeskakel en sodoende elektrisiteits-
                   uitgawe en totale vaste koste verminder. Die vaste koste per eenheid het
                   egter vermeerder. Verduidelik hoe hierdie situasie die dis-ekonomie van
                   skaal (skaalnadele) illustreer. Haal syfers aan.                         (4)

     2.2.3         Die eienaar is bekommerd oor die verhoging in direkte arbeidskoste per
                   eenheid. Stel EEN moontlike rede voor vir hierdie verhoging, behalwe
                   normale inflasie.                                                      (2)

     INLIGTING:

                                                            2025              2024
                   Aantal banke vervaardig en verkoop       3 900             4 700
                   Gelykbreekpunt                           3 200             3 525
                   Vaste koste per eenheid                 R3 200            R3 000
                   Totale vaste koste                    R12 480 000       R14 100 000
                   Veranderlike koste per eenheid          R1 600            R1 400

                                                                                                35

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                                            REKENINGKUNDE V2                      (EC/SEPTEMBER 2025)

VRAAG 3: VOORRAAD                                                        (35 punte; 30 minute)

3.1   BEGRIPPE

      Kies die korrekte term uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die term
      langs die vraagnommers (3.1.1–3.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

      3.1.1   Voorraadwaardasiemetodes beïnvloed die (koste van verkope / oninbare
              skuld) in die Staat van Omvattende Inkomste.

      3.1.2   ŉ Hoër koste van verkope lei tot ŉ (hoër / laer) bruto wins.

      3.1.3   ŉ Hoër eindvoorraad sal verkry word in die (EIEU- / geweegde-
              gemiddelde-) metode gedurende tydperke van stygende pryse.                                (3)

3.2 VOORRAADWAARDASIE

      Die inligting het betrekking op Amuse Photo Booths vir die finansiële jaar geëindig
      30 Junie 2025. Mnr Amuse besit die besigheid en verkoop twee modelle foto-/video-
      hokkies, (ŉ selfie-fotohokkie en ŉ 360-videohokkie) en klein selfie-drukkers. Amuse
      het op 1 April 2025, drie maande voor die einde van die finansiële jaar, 360
      videohokkies begin verkoop.

      • Die foto-/videohokkies word waardeer deur die spesifieke identifikasie-metode te
        gebruik.
      • Drukkers word waardeer deur die Eerste-in-Eerste-uit (EIEU)-metode te gebruik.

      GEVRA:

      3.2.1   Bereken die totale waarde van eindvoorraad van die foto-/videohokkies op
              30 Junie 2025.                                                                            (8)

      3.2.2   Bereken die waarde van die eindvoorraad van drukkers op 30 Junie 2025.                    (4)

      3.2.3   Bereken die koste van verkope van die drukkers vir die jaar geëindig
              30 Junie 2025.                                                                            (4)

      3.2.4   Drukkers word teen ŉ verkoopprys van R3 000 verkoop. Bereken die bruto
              wins wat op die drukkers gemaak word.                                                     (4)

      3.2.5   Die boekhouer het die aantal dae van 360-videohokkies wat teen jaareinde
              oor is, bereken. Die eienaar stem nie saam met die formule wat gebruik is
              nie.

              Verduidelik aan die eienaar waarom die boekhouer korrek optree wanneer
                                                      eindvoorraad    90
              hy die volgende berekening gebruik: koste van verkope x 1 in plaas van
               eindvoorraad         365
                                x         . Haal syfers aan deur die aantal dae/maande te gebruik.      (3)
              koste van verkope     1

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2025)                     REKENINGKUNDE V2                                     11

     INLIGTING:
     Die volgende inligting is ŉ uittreksel uit die jaar geëindig 30 Junie 2025.

     A.    FOTO- EN VIDEOHOKKIES:
                                                  GEKOOP                      VERKOOP
                                    EENHEDE       EENHEIDS-      TOTAAL       EENHEDE
                                                    KOSTE
             Selfie-fotohokkie
             Januarie 2025              15         R17 600       R264 000          10
             Terugsendings:
             Januarie 2025              (2)        R17 600      (R35 200)
             Mei 2025                   20         R18 000      R360 000           15
             360-Videohokkies
             April 2025                  9         R19 500       R175 500          6
             Vraggeld van R200 per eenheid is nie by eenheidsprys van 360-videohokkies
             ingesluit nie. Vraggeld is by die eenheidsprys van selfie-fotohokkies
             ingesluit.

     B.    DRUKKERS:
                                                  EENHEDE                 BEDRAE
             Openingsvoorraad                        450                  R675 000
             Aankope:          Aug 2024         120 @ R1 500
                               Des 2024         160 @ R1 875              R720 000
                               Mei 2025         120 @ R2 000
             Terugsendings: Des 2024            (10 @ R1 875)             (R18 750)
             Sluitingsvoorraad                       160                      ?
             Verkope                                 680
3.3 BEHEER OOR VOORRAAD
           Inligting verskaf hou verband met Willowmore Electronics vir die finansiële
           jaar geëindig 31 Julie 2025. Die besigheid verkoop selfone, slimhorlosies en
           tablette, met geen voorraadverliese wat gedurende die jaar aangemeld is nie.
           GEVRA:
           Identifiseer EEN verskillende probleem (insluitend syfers) vir elke produk en
           verskaf ŉ oplossing vir elke probleem.                                                 (9)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                                REKENINGKUNDE V2                 (EC/SEPTEMBER 2025)

           INLIGTING:
                                      SELFONE          SLIM-       TABLETTE
                                                     HORLOSIES
           Openingsvoorraad
           (eenhede)                    280            2 000           200
           Aankope (eenhede)           6 100           7 000          3 000
           Eindvoorraad (eenhede)       400            3 500           800
           Verkoopprys per eenheid     R3 500          R5 000        R8 500
           Kredietverkope (eenhede)    4 800           2 500          1 600
           Kontantverkope (eenhede)    1 200           3 000          1 800
           Terugsendings deur
           debiteure (eenhede)           (20)            0           (1 000)
           Kontant ontvang van
           kontantverkope             R4 130 000     R15 000 000   R15 300 000

                                                                                        35

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2025)                     REKENINGKUNDE V2                                   13

VRAAG 4: BEGROTING EN BTW                                       (40 punte; 30 minute)

4.1    FADA SE PAK EN DAS-WINKEL

       Jy word voorsien van inligting wat verband hou met die kontantbegroting van
       Fada se Pak en Das-Winkel.

       GEVRA:
       4.1.1    VERWYS NA INLIGTING A.

                Fada is bekommerd oor die invordering van debiteure. Sy gee nie korting
                vir vroeë betalings nie.
                Bereken die % van debiteure:

                (i)    Wat hul rekeninge in die tweede maand na die maand van die
                       kredietverkooptransaksie sal vereffen.                                    (3)
                (ii)   Wat afgeskryf sal word as slegte skuld aan die einde van die
                       derde maand na die maand van die kredietverkooptransaksie.                (3)

       4.1.2    VERWYS NA INLIGTING B.

                Identifiseer TWEE items wat verkeerdelik in die Kontantbegroting
                opgeteken is. Gee EEN rede waarom hierdie items nie in ŉ Kontant-
                begroting opgeteken word nie.                                                    (3)
       4.1.3    VERWYS NA INLIGTING B TOT G.
                Bereken die ontbrekende bedrae soos aangedui deur (i) tot (iv) in die
                Kontantbegroting.                                                               (14)

       INLIGTING:

       A.       DEBITEURE-INVORDERINGSKEDULE:

                 Maand van      KREDIET     SEPTEMBER       OKTOBER      NOVEMBER
                  Verkope       VERKOPE        2025           2025         2025
                 Julie           135 000      101 250        29 700          0

       B.       Uittreksel uit die Kontantbegroting:
                                                  SEPTEMBER             OKTOBER
                                                     2025                 2025
                 ONTVANGSTES                          R                    R
                 Ontvangstes van debiteure
                 Kontantverkope                       (i)
                 Korting ontvang                           4 500                   5 600
                 Vaste deposito                           40 000
                 Rente op Vaste deposito                     900            (ii)

                 BETALINGS
                 Betalings aan krediteure                                   (iii)
                 Direkteursfooie                           216 000          (iv)
                 Waardevermindering                         30 000               30 000
                 Ouditfooie                                      0               42 000

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 14

14                                 REKENINGKUNDE V2                  (EC/SEPTEMBER 2025)

      C.      Verkope:
              • Kredietverkope beslaan 40% van totale verkope.
              • Die winsopslagpersentasie is 50% op kosprys.
      D.       Uittreksel uit die Geprojekteerde Staat van Omvattende Inkomste:
                                       AUGUSTUS SEPTEMBER           OKTOBER
                                           2025           2025          2025
                                            R               R            R
                Verkope                  330 000         450 000         ?
                Koste van Verkope           ?           (300 000)        ?

      E.      Aankope:
              • Alle aankope van voorraad is op krediet
              • Voorraad word vervang in die maand van verkope. ŉ Basisvoorraad
                word gehandhaaf.
              • Krediteure word twee maande na aankope betaal, onderhewig aan ŉ
                5%-korting.
      F.      Direkteursfooie:
              • Die besigheid het drie direkteure wat dieselfde maandelikse fooi
                 verdien.
              • Op 30 September 2025 het een van die direkteure bedank en ŉ nuwe
                 een is vanaf 1 Oktober 2025 aangestel.
              • Die twee oorblywende direkteure sal vanaf 1 Oktober 2025 ŉ
                 verhoging van 15% op hul maandelikse fooi ontvang. Die nuwe
                 direkteur sal nie vir ŉ verhoging oorweeg word nie.
      G.      Vaste deposito:
              • R40 000 van die vaste deposito het op 30 September 2025 verval.
              • Rente van 9% p.j. is aan die einde van elke maand ontvangbaar en
                word nie gekapitaliseer nie.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2025)                       REKENINGKUNDE V2                                  15

4.2    MARIKE SE GESONDHEIDSWINKEL

       Marike se Gesondheidswinkel verkoop gesondheidsprodukte aan jong en fikse
       mense.

       4.2.1    Marike het die begrote syfers met die werklike syfers vir September 2025
                vergelyk.

                                             BEGROTE        WERKLIK       AFWYKING
                                                (R)           (R)            (R)
                 Totale Verkope                 510 000       816 000       +306 000
                 Salarisse:
                 Verkoopspersone                  80 000         22 000        -58 000
                 Kommissie:
                 Verkoopspersone                        0        95 200        +95 200
                 Instandhouding van
                 toerusting                        4 000          2 500         -1 500
                 Reklame                          36 000         54 000        +18 000
                 Afleweringskoste                      0         23 000        +23 000
                 Verpakkingsmateriaal             29 532         36 915         +7 383

                GEVRA:

                (i)     Marike het ŉ nuwe betaalmetode vir die verkoopspersone
                        geïmplementeer. Verduidelik hoe hierdie verandering beide die
                        besigheid en die verkoopspersone bevoordeel het. Haal syfers
                        aan.                                                                 (4)

                (ii)    Identifiseer TWEE strategieë wat Marike gebruik het om verkoops-
                        teikens vir September 2025 te verbeter, behalwe die betaling van
                        verkoopspersone. Haal syfers aan.                                    (4)

                (iii)   Ondanks die oorbesteding aan verpakkingsmateriaal is Marike nie
                        bekommerd nie. Verduidelik die rede hiervoor. Haal relevante
                        persentasies aan.                                                    (4)

                (iv) Lewer kommentaar oor die beheer van instandhouding van
                     toerusting vir September 2025. Geen syfers word benodig nie.            (2)

                (v)     Die werklike bedrag wat aan verpakkingsmateriaal bestee word,
                        sluit BTW teen 15% in. Bereken die BTW-bedrag.                       (3)

                                                                                             40

                                                                             TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 16

16                                             REKENINGKUNDE V2                        (EC/SEPTEMBER 2025)

         GRAAD 12 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD
                Bruto wins       100                                      Bruto wins               100
                             x                                                                x
                 Verkope          1                                   Koste van verkope                1
         Netto wins voor belasting             100                  Netto wins na belasting                100
                                          x                                                        x
                 Verkope                           1                        Verkope                        1
              Bedrysuitgawes          100                                 Bedryswins               100
                                 x                                                            x
                 Verkope               1                              Koste van verkope                1

            Totale bates : Totale laste                               Bedrysbates : Bedryslaste

     (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste                   Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

      (Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste

       Gemiddelde handelsvoorraad                  365
                                               x                          Koste van verkope
            Koste van verkope                          1
                               (*Sien nota 1 hieronder)             Gemiddelde handelsvoorraad

          Gemiddelde debiteure                365                   Gemiddelde krediteure                              365
                                      x                                                                            x
              Kredietverkope                   1               Koste van verkope/Kredietaankope                        1
                                                                                        (*Sien nota 2 hieronder)
                                                                  Netto inkomste na belasting                  100
        Netto inkomste na belasting                    100                                             x
                                                   x               Getal uitgereikte aandele                       1
     Gemiddelde aandeelhouersbelang                        1
                                                                                        (*Sien 3 nota hieronder)

                     Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings                         100
                                                                                          x
              Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste                      1

          Aandeelhouersbelang                  100                        Dividende                        100
                                           x                                                           x
         Getal uitgereikte aandele                 1               Getal uitgereikte aandele                   1

          Tussentydse dividende                100                     Finale dividende                    100
                                          x                                                        x
         Getal uitgereikte aandele                 1               Getal uitgereikte aandele                   1

          Dividende per aandeel                100                   Dividende vir die jaar                    100
                                          x                                                                x
         Verdienste per aandeel                    1              Netto inkomste na belasting                      1
                                        Totale vaste koste
                      Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
1. Handelsvoorraad aan die einde van ŉ finansiëIe jaar kan gebruik word as dit in die vraag
   vereis word. 365 dae is slegs van toepassing indien dit relevant tot die hele jaar is.
2. Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees
   mits voorraad konstant bly.)
3. Indien daar ŉ verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende ŉ finansiële jaar is,
   word die geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [ACCOUNTING P2 QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/ef36585e-6840-4d96-9787-09fc66a25ee0) — Accounting · QP · 2023 · Afr
- [ACCOUNTING P2 QP GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-sept-2023-english/eb464289-6949-44e1-9c80-4e527d6a3926) — Accounting · QP · 2023 · Eng
- [Accounting P2 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2020-afr/11a416d1-5a4d-43f5-8e86-04e631d2a55d) — Accounting · QP · 2021 · Afr
- [Accounting P2 QP Nov 2020 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-nov-2020-eng-d/7a7e912d-274c-4600-8f33-8c3e779b6f8e) — Accounting · QP · 2021 · Eng
- [Accounting P2 Nov 2020 ANSBK Eng D REV](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2020-ansbk-eng-d-rev/863967ff-8393-4d36-ac90-75cbdfc8ad7e) — Accounting · QP · 2021 · Eng
- [Accounting P2 Nov 2020 ANSBK isiXhosa ENG D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2020-ansbk-isixhosa-eng-d/4ed6f6c2-dccd-41ab-a7d8-edaae97c4697) — Accounting · QP · 2021 · isiXhosa

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
