# Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-nov-2020-afr-d/0fec0893-5f00-4d2f-b469-2a3589d3c077
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-nov-2020-afr-d/0fec0893-5f00-4d2f-b469-2a3589d3c077)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                REKENINGKUNDE V2

                               VOORBEREIDENDE 2021

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                           Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye,
                      'n formuleblad en 'n 10 bladsy-antwoordeboek.

                                     *accna2*

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                             2                              DBE/November 2020
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy al die vrae moet
         beantwoord.

3.       Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

4.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.       Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
         beantwoord.

6.       Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

7.       Indien jy dit verkies, mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat
         aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van
         hierdie formuleblad is NIE verpligtend NIE.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

9.       Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
         beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

           VRAAG                      ONDERWERP                    PUNTE          MINUTE
               1       Vervaardiging                                  45             35
               2       Debiteureversoening en BTW                     40             30
               3       Voorraadwaardasie                              30             25
               4       Begroting                                      35             30
         TOTAAL                                                       150            120

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                  3           DBE/November 2020
                                 NSS

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                 4                              DBE/November 2020
                                                NSS

VRAAG 1: VERVAARDIGING                                                (45 punte; 35 minute)

1.1      Kies die koste-item in die lys verskaf wat by die voorbeeld hieronder pas.
         Skryf slegs die koste-item langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.3) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

              indirekte arbeid;   direkte arbeid;   direkte materiaal;     indirekte materiaal

         1.1.1         Skoonmaakmiddels wat in die fabriek gebruik word

         1.1.2         Salaris van die fabrieksvoorman

         1.1.3         Koste van die grondstowwe wat in die produksieproses gebruik
                       word                                                 (3 x 1)                    (3)

1.2      AFRESH CREATIONS

         Afresh Creations vervaardig een tipe badhanddoek. Die finansiële jaar het op
         29 Februarie 2020 geëindig.

         GEVRA:

         1.2.1         Bereken die direkte materiaalkoste.                                             (4)

         1.2.2         Stel   die    Produksiekostestaat        vir      die   jaar    geëindig
                       29 Februarie 2020 op.                                                           (18)

         1.2.3         Verwys na Inligting C.

                       Normale tyd vir alle werkers is 40 ure per week. Die inligting wat in
                       James se werkkaart vir die laaste week verskaf is, is 'n aanduiding
                       van sy teenwoordigheid gedurende die finansiële jaar.

                       Identifiseer TWEE bekommernisse oor die situasie hierbo. Verskaf
                       ook EEN voorstel om die bekommernisse wat geïdentifiseer is, te
                       hanteer.                                                                        (6)

         INLIGTING:

         A.      Voorraadsaldo's:
                                                        29 FEBRUARIE 2020          1 MAART 2019
                  Grondstofvoorraad                           R 314 500               R 115 200
                  Goedere-in-bewerkingvoorraad                        ?                  53 500

         B.      Uittreksel uit die rekords op 29 Februarie 2020:
                 (Sien Inligting C vir aansuiwerings.)
                  Grondstowwe op krediet aangekoop                                    R 738 900
                  Beskadigde grondstowwe aan verskaffers teruggestuur                    15 300
                  Fabrieksbokoste                                                       322 100
                  Produksielone (direkte arbeid)                                        598 750

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                              5                           DBE/November 2020
                                             NSS

         C.    Addisionele inligting:

               x     Een werker, James, is uit die Produksieloonregister weggelaat.
                     Besonderhede in sy werkkaart vir die laaste week in Februarie 2020
                     is soos volg:

                    Ure gewerk Normale tarief       Oortydure         Oortydtarief
                         30           R120              5                R180
                   Totale werkgewersbydrae beloop 10% van bruto loon.

               x     Versekering van R15 880 is foutiewelik uit fabrieksbokoste uitgelaat.
                     Dit sluit 'n premie van R2 220 in wat vir die tydperk 1 Januarie 2020
                     tot 30 Junie 2020 betaal is. Hierdie uitgawe moet tussen die fabriek
                     en die verkoopsafdeling in die verhouding 3 : 1 verdeel word.

               x     Die boekhouer het R39 600 (75%) van die skoonmakers se lone by
                     die fabrieksbokoste ingesluit. Slegs 2/3 van hierdie uitgawe moet
                     aan die fabriek toegeken word.

        D.     Die onderneming het gedurende die finansiële jaar 22 500 handdoeke,
               teen R60 per eenheid, vervaardig.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                              6                           DBE/November 2020
                                             NSS

1.3      FRAGRANCE VERVAARDIGERS

         Hierdie onderneming vervaardig parfuum en sjampoe. Die eienaar, Marie
         Klasen, het die winste wat sy die afgelope twee jaar (2019 en 2020) verdien
         het, vergelyk.

         GEVRA:

         1.3.1        Identifiseer EEN veranderlike koste van elke produk wat nie goed
                      beheer is nie. Let daarop dat die inflasiekoers 6% is. Haal syfers
                      aan. In elke geval, verskaf 'n oplossing vir die probleem
                      geïdentifiseer.                                                            (6)

         1.3.2        Verskaf 'n berekening om te bewys dat die gelykbreekpunt van
                      26 250 eenhede vir parfuum in 2020 korrek is.                              (4)

         1.3.3        Lewer kommentaar op die gelykbreekpunt en vlak van produksie
                      van parfuum. Noem TWEE punte met syfers.                                   (4)

         INLIGTING:

         A. EENHEIDSKOSTE EN VERKOOPPRYSE

                                            PARFUUM                   SJAMPOE
                                         (Eenheidskoste)           (Eenheidskoste)
                                        2020        2019          2020         2019
                                          R           R            R            R
         VASTE KOSTE                    36,75      30,00          18,48       22,00
         Fabrieksbokoste
         Administrasiekoste

         VERANDERLIKE
                                       108,00      88,00          50,00         38,50
         KOSTE
         Direkte materiaalkoste         50,00      48,00          25,00         15,00
         Direkte arbeidskoste           40,00      30,00          18,00         17,00
         Verkoops- en
                                        18,00      10,00           7,00          6,50
         verspreidingskoste

         VERKOOPPRYS                   150,00      140,00         90,00         80,00

        B.    EENHEDE EN GELYKBREEKPUNT

         Totale eenhede
         geproduseer en                30 000       35 000       12 500         10 000
         verkoop
         Gelykbreekpunt
                                       26 250       20 200       5 775          5 300
         (eenhede)

                                                                                                 45

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                  7           DBE/November 2020
                                 NSS

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                  8                             DBE/November 2020
                                                 NSS

VRAAG 2: DEBITEUREVERSOENING EN BTW                                       (40 punte; 30 minute)
2.1      DEBITEUREVERSOENING
         Die inligting het betrekking op Mamela Handelaars vir September 2020.
         GEVRA:
         2.1.1            Bereken      die      korrekte    Debiteurekontrolesaldo op
                          30 September 2020. Toon syfers en dui 'n '+', '–' of 'geen
                          verandering' by elke aansuiwering aan.                                        (8)
         2.1.2            Bereken die korrekte         totaal   van   die     Debiteurelys     op
                          30 September 2020.                                                            (11)
         2.1.3            Ten spyte daarvan dat maandelikse state betyds uitgestuur is, het
                          die rekenmeester opgemerk dat dit nie effektief was om die
                          invorderings te verbeter nie.
                          x     Verwys na Inligting C. Bereken die % debiteure wat nie aan
                                die kredietterme voldoen nie.                                           (4)
                          x     Verwys na Inligting A. Identifiseer EEN ander probleem met
                                betrekking tot die beheer oor debiteure.                                (2)
                          x     Verskaf TWEE voorstelle om die probleme wat geïdentifiseer
                                is, op te los.                                                          (2)
         INLIGTING:
         A.      Saldo's op 30 September 2020 voordat die foute en weglatings in
                 ag geneem is:
                 (i)      Debiteurekontrolesaldo in die Algemene Grootboek, R100 310.
                 (ii)     Lys van debiteuresaldo's:
                                                          Kredietlimiet          Saldo
                              D Dlamini                      R20 000             R27 000
                              G Swardt                         30 000             22 470
                              N Nomandla                       15 000             17 600
                              L Vos                            40 000             34 440
                              X Meyer                          10 000             (2 000)
         B.      Foute en weglatings:
                 (i)      Die totaal van die Debiteurejoernaal is met R3 600 oorbereken.
                 (ii)     Geen inskrywing is gemaak vir 'n verkoopfaktuur vir R2 760 wat
                          aan Vos uitgereik is nie.
                 (iii)    Rente van R230 moet op die agterstallige rekening van
                          Swardt gehef word.
                 (iv) Goedere teruggestuur deur Nomandla, R1 400, is aan die
                      verkeerde kant van sy rekening in die Debiteuregrootboek
                      aangeteken. Die inskrywing in die Algemene Grootboek was
                      korrek.
                 (v)      Die bedrag van R6 300 van Dlamini ontvang, is foutief as R3 600 in
                          die Kontantontvangstejoernaal aangeteken en is so na die
                          Grootboekrekeninge oorgeboek.
                 (vi) Meyer se saldo moet na sy rekening in die Krediteuregrootboek
                      oorgedra word.
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                9                                DBE/November 2020
                                               NSS

         C.      Op 30 September 2020 het die Debiteure-ouderdomsanalise die
                 volgende getoon:

                                    Huidige
                     Saldo                           30 dae            60 dae          90 dae
                                    Maand
                     R99 000        R15 420          R22 200           R44 500         R16 880

                 Kredietterme: Debiteure kry 30 dae om hulle rekeninge te vereffen.
2.2      BTW
         FOREVER HANDELAARS
         Tom Smith is die alleeneienaar. Die inligting het betrekking op die BTW-
         tydperk geëindig 31 Augustus 2020.
         Die standaard-BTW-koers van 15% is van toepassing op alle goedere gekoop
         en verkoop.
         GEVRA:
         2.2.1        Bereken die BTW-bedrag wat op 31 Augustus 2020 aan SAID
                      betaalbaar is.                                                                    (9)
         2.2.2        Die rekenmeester het gedurende September op 'n dokument vir
                      die kontantaankoop van meubels vir R46 000 deur Tom Smith vir
                      sy eie huis afgekom. Tom het gesê dat die R6 000 BTW by hierdie
                      bedrag ingesluit, as BTW-inset beskou moet word. Verdere
                      ondersoeke het getoon dat soortgelyke dokumente gereeld
                      gedurende die afgelope jaar in die boeke aangeteken is.
                      Gee die rekenmeester raad oor hoe om hierdie aangeleentheid te
                      hanteer. Noem TWEE punte.                                                         (4)
         INLIGTING:
         A.      Bedrag verskuldig aan SAID op 1 Augustus 2020 is R31 470.
         B.      Die volgende transaksies verskyn in die rekords vir Augustus 2020:
                                                         BTW              BTW-            BTW
                         BESONDERHEDE
                                                      UITGESLUIT         BEDRAG        INGESLUIT
                  Totale verkope                         R535 000          R80 250       R615 250
                  Aankope van voorraad                    385 000           57 750         442 750
                  Korting ontvang van verskaffers             11 500               ?
                  Goedere teruggestuur deur
                                                              22 500               ?        25 875
                  debiteure
                  Voorraad geneem deur eienaar
                                                               9 600               ?
                  teen kosprys
                  Debiteurerekeninge afgeskryf                                     ?        36 800

                                                                                                        40

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                              10                          DBE/November 2020
                                             NSS

VRAAG 3: VOORRAADWAARDASIE                                        (30 punte; 25 minute)

On-Time Watches (Edms.) Bpk. het twee aandeelhouers, Lizzy en Patsy Ndou. Die
onderneming verkoop horlosies. Die periodieke voorraadstelsel en die eerste-in-
eerste-uit-(EIEU-)metode word gebruik om die horlosies te waardeer. Die finansiële
jaareinde was 30 Junie 2020.

Die onderneming het in die verlede slegs een soort horlosie, die XS Sports, verkoop.
Alhoewel hierdie horlosies goed verkoop het, het Lizzy gevoel dat die onderneming nie
genoeg wins verdien het nie. Sy het Patsy oortuig dat om eksklusiewe horlosies (die
Euroclox) in te voer, 'n goeie oplossing vir hierdie probleem sou wees.

GEVRA:

3.1      Bereken die volgende vir die ingevoerde Euroclox-horlosies op 30 Junie 2020
         deur die EIEU-metode te gebruik:

         x    Waarde van die eindvoorraad                                                         (5)
         x    Voorraadhoudingsperiode (in dae) deur die eindvoorraad te gebruik                   (3)
         x    % winsopslag op kosprys                                                             (3)

3.2      Patsy was steeds nie oortuig van die besluit om die Euroclox-horlosies in te
         voer nie, maar dit blyk dat Lizzy se besluit vir die onderneming voordelig was.
         In elke geval hieronder, haal syfers of aanwysers aan.

         3.2.1        Vergelyk die winsopslag-% wat op elke model behaal is en lewer
                      kommentaar op hoe dit die verkope en winsgewendheid van die
                      twee modelle beïnvloed het.                                                 (4)

         3.2.2        Vergelyk die voorraadhoudingsperiode vir elke model en die
                      aanvraag vir elke model en lewer kommentaar op hoe dit die
                      beheer van die voorraaditems van die twee modelle beïnvloed het.            (4)

3.3      Lizzy stel daarin belang om uit te vind of die geweegde-gemiddeldemetode
         om die Euroclox-horlosies te waardeer, 'n beduidende ander voorraadwaarde
         tot gevolg sal hê.

         x    Bereken die waarde van die 270 horlosies deur die geweegde-
              gemiddeldemetode te gebruik.                                                        (5)

         x    Verduidelik die effek wat dit op die bruto wins sal hê. Haal syfers aan.            (2)

         x    Verduidelik waarom dit in die toekoms nie gepas sou wees dat sy die
              geweegde-gemiddeldemetode vir die nuwe horlosies gebruik nie. Noem
              TWEE punte.                                                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                11                          DBE/November 2020
                                               NSS

INLIGTING:

A.       Voorraadrekords vir ingevoerde Euroclox-horlosies:

                                             AANTAL          EENHEIDS-         TOTALE
                       DATUM
                                            EENHEDE            PRYS            BEDRAG
          Aankope:
            1 Julie 2019                         200          R 1 615,50     R 323 100
            30 September 2019                    500            1 700,00        850 000
            20 Desember 2019                    1 200           1 900,00      2 280 000
            25 Maart 2020                        400            2 000,00        800 000
            15 Mei 2020                          250            2 400,00        600 000
          Totale aankope                        2 550                        R4 853 100
          Terugsendings: 15 Mei 2020             90                                     ?

          Beskikbaar vir verkope                2 460                                   ?

          Voorraad op 30 Junie 2020             270                                     ?

          Verkope                               2 190           R2 700       R5 913 000

          Koste van verkope                                                  R4 033 100

B.       Inligting bekom uit die finansiële rekords op 30 Junie 2020:

                                                        EUROCLOX-          XS SPORTS-
                                                          MODEL              MODEL
          Winsopslag-%                                        ?                 75%

          Voorraadhoudingsperiode                             ?               120 dae

          Verkoopprys per horlosie                         R2 700              R560

          Gemiddelde kosprys per horlosie                  R1 842              R320

          Gemiddelde bruto wins per horlosie                R858               R240

          Bruto wins                                     R1 879 900          R840 000

          Verkope van horlosies                          R5 913 000         R1 960 000

          Eenhede verkoop                               2 190 horlosies    3 500 horlosies

          Eindvoorraad op hande                         270 horlosies      1 381 horlosies

                                                                                                   30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                              12                          DBE/November 2020
                                             NSS

VRAAG 4: BEGROTINGS                                               (35 punte; 30 minute)

Jy word voorsien van inligting van Fantasy Laptops, 'n onderneming wat deur
Ray Rennie besit word, vir die begrotingstydperk Desember 2020 tot Februarie 2021.

Die onderneming verkoop verskillende soorte skootrekenaars en verkoop nie op
krediet nie. Hulle herstel ook hierdie items vir klante teen 'n fooi.

GEVRA:

4.1      Verwys na Inligting A en B.

         Voltooi die Krediteurebetalingskedule vir Februarie 2021.                               (7)

4.2      Verwys na Inligting C en D.

         Bereken:

         x    Verwagte % verhoging in sekuriteitskoste vanaf 1 Februarie 2021
         x    % kommissie gedurende Februarie 2021 aan verkoopspersoneel betaal
         x    Water en elektrisiteit vir Desember 2020 begroot
         x    Die verwagte leningsterugbetaling op 31 Desember 2020                              (12)

4.3      Verwys na Inligting E.

         Die interne ouditeur het waargeneem dat verpakkingsmateriaal met R800
         oorspandeer is en verbruiksgoedere met R1 500.
         Lewer kommentaar op die kontrole van verpakkingsmateriaal                      en
         verbruiksgoedere. Haal syfers of berekeninge aan.                                       (6)

4.4      Verwys na Inligting D.

         Die onderneming het gedurende die Corona-virus-grendeltyd in April en
         Mei 2020 geld verloor aangesien daar geen verkope of fooi-inkomste was nie.
         Ray moes egter voortgaan om betalings te maak om die besigheid aan die
         gang te hou (as 'n lopende saak).

         x    Gee EEN rede waarom hy nie wou ophou om salarisse en lone te betaal
              nie.                                                                               (2)
         x    Identifiseer EEN ander betaling in die lys in Inligting D wat hy nie sou kon
              stop nie en gee 'n rede.                                                           (2)
         x    Identifiseer EEN betaling in die lys in Inligting D wat hy sou gestop het en
              gee 'n rede.                                                                       (2)

4.5      Verwys na Inligting F.

         Ray Rennie, die eienaar, het hulp nodig om 'n finansiële besluit te neem.

         Hy kan nie besluit of hy 'n afleweringsvoertuig moet bruikhuur of koop nie.
         Sy twee opsies word as Opsie X en Opsie Y getoon.

         Behalwe om meer verkope te genereer of om die gebruik van die voertuig te
         hê, noem TWEE voordele van ELKE opsie.                                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                            13                           DBE/November 2020
                                           NSS

INLIGTING:
A.       Winsopslag-% en verkope:
         'n Winsopslag van 75% op kosprys word gebruik om die verkooppryse van
         die skootrekenaars te bepaal.
           WERKLIKE VERKOPE                  GEPROJEKTEERDE VERKOPE
           Oktober   November            Desember    Januarie   Februarie
             2020      2020                2020        2021       2021
           R490 000  R490 000            R770 000    R560 000   R525 000

B.       Aankope en betaling aan verskaffers (krediteure):
         x Alle voorraad word op krediet aangekoop.
         x Voorraad verkoop word in die maand van verkope vervang.
         x Sommige krediteure bied 'n korting vir betaling in die maand van aankope
           aan.
         x 50% word betaal in die maand van aankope om 'n 10%-korting te verdien.
         x 30% word betaal in die maand na die aankooptransaksiemaand.
         x 20% word betaal in die tweede maand na die aankooptransaksiemaand.
C.       Inligting oor spesifieke items uit die Kontantbegroting:
         x Sekuriteit: Die wagte is uitgekontrakteer en is van Keepsafe Guarding.
         x Kommissie: Verkoopspersoneel word in dieselfde maand kommissie op
           slegs verkope betaal. Hulle ontvang nie 'n vaste salaris nie.
         x Water en elektrisiteit: Die verwagte verhoging vanaf 1 Januarie 2021
           is 24%.
         x Lening en rente: Die lening van Delta Bank dra rente teen 12,5% per jaar.
           Rente word nie gekapitaliseer nie en 'n vaste leningterugbetaling word op
           31 Desember elke jaar gedoen.
         x Verbruiksgoedere: Dit word vir die herstel van skootrekenaars vir klante
           gebruik.
D.       Uittreksel uit die Kontantbegroting:
                                           Desember        Januarie        Februarie
                                             2020            2021            2021
                                               R               R               R
         Fooi-inkomste: hersteldienste        100 000         150 000         150 000
         Rente op lening (12,5% p.j.)            9 375           8 125
         Terugbetaling van lening                    ?
         Kommissie aan
                                                 123 200       89 600            84 000
         verkoopspersoneel
         Verbruiksgoedere vir
                                                  42 000       63 000            63 000
         herstelwerk
         Sekuriteit                               18 000       18 000            28 500
         Water en elektrisiteit                        ?       18 600            18 600
         Salarisse en lone
         Verpakkingsmateriaal
         Versekering

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                           14                        DBE/November 2020
                                          NSS

E.       Die interne ouditeur het die volgende syfers vir Oktober 2020
         geïdentifiseer:

                                        Begroot         Werklik          Verskil
                                           R               R               %
         Verkope                        490 000         400 000          -18,4%
         Fooi-inkomste                   85 000         126 000          +48,2%
         Verpakkingsmateriaal            22 000          22 800          +3,6%
         Verbruiksgoedere                24 500          26 000          +6,1%

F.       Opsies om 'n afleweringsvoertuig te bekom:

         Ray voel dat hy 'n afleweringsvoertuig vir R520 000 moet aankoop of die
         voertuig maandeliks moet bruikhuur om sy onderneming in staat te stel om na
         die Corona-virus-grendeltyd meer verkope te genereer. Hy het slegs
         R100 000 in sy beleggings wat hy kan gebruik. Hierdie beleggings verdien
         tans rente teen 6,5% p.j.

         Hy het twee opsies om te oorweeg:

         Opsie X (koop die voertuig):

         Koop die voertuig deur die geld in sy beleggings te gebruik en neem
         'n nuwe 5 jaar-lening vir R420 000 teen 'n hoë rentekoers uit. Hy sal die
         lening oor vyf jaar moet terugbetaal. Rente oor die vyf jaar sal R176 000
         wees.

         Opsie Y (huur/bruikhuur die voertuig):

         Huur (bruikhuur) die voertuig by Sentinel Bpk. vir R15 000 per maand oor
         60 maande.
                                                                                         35

                                                                          TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
  Rekeningkunde/V2                                                      DBE/November 2020
                                            NSS

    GRAAD 12 REKENINGKUNDE-FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

            Bruto wins x 100                             Bruto wins    x 100
             Verkope      1                          Koste van verkope    1

     Netto wins voor belasting x 100                 Netto wins na belasting x 100
              Verkope             1                         Verkope             1

         Bedryfsuitgawes x 100                            Bedryfswins x 100
             Verkope        1                               Verkope      1

        Totale bates : Totale laste                    Bedryfsbates : Bedryfslaste

 (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste         Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

     (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

   Gemiddelde handelsvoorraad x 365                       Koste van verkope             .

        Koste van verkope        1                    Gemiddelde handelsvoorraad

      Gemiddelde debiteure x 365                     Gemiddelde krediteure x 365
        Kredietverkope        1                       Koste van verkope       1

                                                     Netto inkomste na belasting x 100
   Netto inkomste na belasting x 100                  Getal uitgereikte aandele     1
Gemiddelde aandeelhouersbelang    1
                                                                             (*Sien nota hieronder)

              Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
      Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

       Aandeelhouersbelang      x 100                 Dividende vir die jaar   x 100
      Getal uitgereikte aandele    1                 Getal uitgereikte aandele    1

      Tussentydse dividende x 100                         Finale dividende      x 100
      Getal uitgereikte aandele 1                     Getal uitgereikte aandele    1

      Dividende per aandeel x 100                     Dividende vir die jaar   x 100
      Verdienste per aandeel   1                   Netto inkomste na belasting    1

                                    Totale vaste koste                       .

                  Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
* In hierdie geval, indien daar gedurende 'n finansiële jaar 'n verandering in die aantal
  uitgereikte aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.

  Kopiereg voorbehou

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Accounting P2 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2020-afr/11a416d1-5a4d-43f5-8e86-04e631d2a55d) — Accounting · QP · 2021 · Afr
- [Accounting P2 QP Nov 2020 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-nov-2020-eng-d/7a7e912d-274c-4600-8f33-8c3e779b6f8e) — Accounting · QP · 2021 · Eng
- [Accounting P2 Nov 2020 ANSBK Eng D REV](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2020-ansbk-eng-d-rev/863967ff-8393-4d36-ac90-75cbdfc8ad7e) — Accounting · QP · 2021 · Eng
- [Accounting P2 Nov 2020 ANSBK isiXhosa ENG D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2020-ansbk-isixhosa-eng-d/4ed6f6c2-dccd-41ab-a7d8-edaae97c4697) — Accounting · QP · 2021 · isiXhosa
- [Accounting P2 Nov 2020 QP Sesotho ENG D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2020-qp-sesotho-eng-d/b8211dab-ac4c-47a0-a24b-ef1b3c8c13a9) — Accounting · QP · 2021 · Sesotho
- [ACCOUNTING GR12 QP SEPT 2021 isiXhosa](https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr12-qp-sept-2021-isixhosa/375efb65-d103-44bc-a910-e9b8bccfd69a) — Accounting · QP · 2021 · isiXhosa

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
