# Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP

> Grade 11 Business Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-bstd-gr-11-p1-qp-2020-d/8bfdf2b2-f860-4752-b01e-f875e2aa71aa
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/business-studies) › [Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-bstd-gr-11-p1-qp-2020-d/8bfdf2b2-f860-4752-b01e-f875e2aa71aa)

## About this document

Business Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2020. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 11

                    NOVEMBER 2020

                 BESIGHEIDSTUDIES V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                          *IBUSTA1*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 BESIGHEIDSTUDIES V1                     (EC/NOVEMBER 2020)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

    1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.

         AFDELING A:      VERPLIGTEND
         AFDELING B:      Bestaan uit DRIE vrae.
                          Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
         AFDELING C:      Bestaan uit TWEE vrae.
                          Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

    2.   Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
         vereis word.

         Let daarop dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE
         vraag in AFDELING C nagesien sal word.

    3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
         genommer is NIE.

    4.   Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

    5.   Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van
         ŉ antwoord te bepaal.

    6.   Gebruik die tabel hieronder as ŉ gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
         vraag beantwoord word.

                                                VRAAG         PUNTE             TYD
                      AFDELING
                                                                              (minute)
         A:   Objektiewe tipe vrae
              VERPLIGTEND                          1             30               20
         B:   DRIE direkte/indirekte tipe          2             40               35
              vrae
              KEUSE:                               3             40               35
              Beantwoord enige TWEE.
                                                   4             40               35

         C:   TWEE opsteltipe vrae                 5             40               30
              KEUSE:
              Beantwoord enige EEN.                6             40               30
                    TOTAAL                                      150              120

    7.   Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ nuwe bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
         bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.

    8.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

    9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                BESIGHEIDSTUDIES V1                                  3

  AFDELING A (VERPLIGTEND)
  VRAAG 1
  1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.

        1.1.1    Die besigheid het … beheer oor die mikro-omgewing.

                 A     ŉ mate van
                 B     volle
                 C     geen
                 D     minder

        1.1.2    Mededingers is een van die komponente van die … omgewing.

                 A     mikro-
                 B     makro-
                 C     mark-
                 D     ekonomiese

        1.1.3    Die ooreenkoms tussen Fuma Meubels en Cuma Stoele om saam te
                 werk om hulle doelwitte te bereik, staan bekend as …

                 A     samesmelting.
                 B     oorname.
                 C     verkryging.
                 D     alliansie.

        1.1.4    Soet Tand gebruik … wanneer hulle lekkergoed en beskuitjies saam
                 verpak.

                 A     kombinasie-verpakking
                 B     spesialiteitsverpakking
                 C     verpakking vir dubbele gebruik
                 D     unieke verpakking

        1.1.5    Die proses waar ŉ nuwe werknemer se vaardighede en vermoëns
                 ooreenstem met die vereistes van 'n pos, staan as ... bekend.

                 A     keuring
                 B     werwing
                 C     plasing
                 D     induksie
                                                                           (5 x 2)   (10)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   BESIGHEIDSTUDIES V1                      (EC/NOVEMBER 2020)

    1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
        Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

              gehalte; psigografie; promosie; stukwerk; primêre; produksie;
                     sekondêre; penetrasie; tydverwante; demografie

         1.2.1   Die … sektor is verantwoordelik vir die verandering van grondstowwe
                 in bruikbare produkte.

         1.2.2   Suki Skryfbehoeftes het die houdings en smake van hul teikenmark
                 bestudeer. Dit is ŉ voorbeeld van …

         1.2.3   Vinnige Skoene gebruik … prysbepaling wanneer hulle ŉ einde-van-
                 die-reeks uitverkoping het.

         1.2.4   Die stel van teikens, meet van werkverrigting en die neem van
                 regstellende maatreëls, staan bekend as …-beheer.

         1.2.5   ŉ … salarisbepalingsmetode word gebruik wanneer werkers betaal
                 word volgens die hoeveelheid items vervaardig.
                                                                         (5 x 2)            (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                    BESIGHEIDSTUDIES V1                                     5

  1.3 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs
      die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.

             KOLOM A                                      KOLOM B
        1.3.1 Inflasie            A     die totale salarisbedrag voor aftrekkings

        1.3.2    Sloerstaking     B     verbruikers koop hierdie goedere nadat tyd en
                                        moeite bestee is om soortgelyke goedere met
                                        mekaar te vergelyk

        1.3.3    Geriefsgoedere C       verseker die betrokkenheid en samewerking
                                        van die bestuur in die verbetering van die
                                        gehalte van produkte

        1.3.4    Totale           D     algemene styging in die pryse van goedere en
                 gehaltebestuur         dienste in ŉ land
                 /-beheer

        1.3.5    Bruto salaris    E     tydelike gesamentlike weiering van
                                        werknemers om te werk

                                  F     die totale salarisbedrag na aftrekkings

                                  G algemene styging in die populasie van ŉ land

                                  H     verbruikers koop hierdie goedere gereeld
                                        sonder huiwering

                                  I     werknemers gaan gesamentlik voort met hul
                                        pligte teen ŉ stadiger tempo as normaalweg

                                  J     geïntegreerde stelsel wat verseker dat elke
                                        werknemer verantwoordelik is vir gehaltewerk
                                                                                 (5 x 2)    (10)

                                                               TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  BESIGHEIDSTUDIES V1                      (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING B
 Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

 LET         Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
 WEL:        antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin, bv.
             VRAAG 2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy.
 VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
 2.1    Noem TWEE soorte invloedwerwing wat besighede kan gebruik om by die
        uitdagings van die besigheidsomgewing aan te pas.                                   (2)

 2.2    Beskryf in breё trekke die funksies van vakbonde.                                   (8)

 2.3    Identifiseer die sosio-ekonomiese kwessies wat deur Wilde Print Tekstiele
        in ELKE stelling hieronder in die gesig gestaar word:
        2.3.1    Sommige werknemers kan nie die patrone of instruksies lees om
                 die klere te maak nie.                                                     (2)

        2.3.2    Die werknemers oorweeg dit om te weier om te werk, weens ŉ
                 onopgeloste dispuut met die bestuur.                                       (2)
        2.3.3    China voer hul klere, wat hulle nie in hul eie land kan verkoop nie,
                 na Suid-Afrika uit teen baie lae pryse.                                    (2)

 2.4    Verduidelik die doel van die Wet op Arbeidsverhoudinge.                             (8)

 2.5    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          NOODSAAKLIKE SUPERMARK (NS)

        Die werknemers van Noodsaaklike Supermark wil nie hul samewerking gee
        en as ŉ span saamwerk nie. Onlangs kon die bestuur ook nie ŉ gereelde
        verskaffer van al die produkte wat hulle benodig, vind nie.

        Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 2.5.1 en 2.5.2 wat
        volg, te beantwoord.

                     UITDAGINGS                    BESIGHEIDSOMGEWINGS
                        (2.5.1)                            (2.5.2)
        1.
        2.

        2.5.1    Haal TWEE uitdagings uit die scenario hierbo aan wat NS moet
                 hanteer.                                                                   (2)
        2.5.2    Klassifiseer ELKE uitdaging aangehaal in VRAAG 2.5.1 volgens
                 die besigheidsomgewing.                                                    (4)
        2.5.3    Stel TWEE maniere voor waarop besighede kan aanpas by EEN
                 van die uitdagings wat in VRAAG 2.5.1 aangehaal is.                        (4)

 2.6    Beveel projekte aan wat deur besighede as deel van maatskaplike/sosiale
        verantwoordelikheid onderneem kan word.                                            (6)
                                                                                          [40]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                 BESIGHEIDSTUDIES V1                                      7

 VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

 3.1    Noem VIER werknemervoordele.                                                  (4)

 3.2    Beskryf in breё trekke DRIE aspekte van die indiensnemingskontrak.            (6)

 3.3    Bespreek die doel van induksie as ŉ menslikehulpbronne-aktiwiteit.            (6)

 3.4    Identifiseer die faktore wat deur Kernklere oorweeg word wat hul pryse in
        ELKE stelling hieronder beïnvloed:

        3.4.1    Die aantal verbruikers wat hul klere wil koop                        (2)

        3.4.2    ŉ Toename van 20% in hul arbeids- en vervoerkoste                    (2)

 3.5    Verduidelik die doel van verpakking.                                          (6)

 3.6    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 HELDER TEKKIES (HT)

        Helder Tekkies vervaardig ŉ verskeidenheid helderkleurige tekkies. Steve,
        die produksiebestuurder, moet die werklike roete opstel wat die materiaal
        in die fabriek moet volg. Hy moet ook die tyd bereken wat nodig is om elke
        aktiwiteit in die vervaardigingsproses uit te voer.

        3.6.1    Haal uit die scenario TWEE aspekte aan wat tydens
                 produksiebeplanning deur HT oorweeg moet word.                       (2)

        3.6.2    Verduidelik aan die bestuur van HT die voordele van
                 produksiebeplanning.                                                 (6)

 3.7    Beveel voorkomende maatreëls aan wat besighede behoort te neem
        wanneer masjinerie gebruik word.                                              (6)
                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                BESIGHEIDSTUDIES V1                     (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
 BESIGHEIDSOMGEWINGS

 4.1    Gee TWEE voorbeelde van kontemporêre wetgewing wat
        besigheidsbedrywighede kan beïnvloed.                                          (2)

 4.2    Brei uit oor die betekenis van netwerkvorming.                                 (4)

 4.3    Verduidelik maniere waarop besighede magsverhoudinge kan vorm.                 (6)

 4.4    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  ELITE MUSIEK (EM)

        Elite Musiek verkoop CD’s en DVD’s in Oos-Londen. Onlangs het hulle
        ontdek dat al hoe meer mense onwettige kopieë maak van die CD's en
        DVD's wat hulle verkoop. Dit verklaar daarom die afname in verkope en
        winste wat hulle ervaar.

        4.4.1   Haal die impak van rowery op EM aan vanuit die scenario hierbo.        (2)

        4.4.2   Stel maniere voor waarop EM rowery kan hanteer.                        (6)

 BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
 4.5    Noem TWEE tipes werwing.                                                       (2)
 4.6    Noem enige TWEE gehaltebeheer-liggame.                                         (2)

 4.7    Beskryf die doel van die Wet op Beroepsgesondheid en -Veiligheid.              (6)

 4.8    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                               CUMA ENTERPRISE (CE)
        Cuma Enterprise is ŉ groot kleinhandelbesigheid wat 'n verskeidenheid van
        produkte bied. Hulle laat hul werkers toe om aan ŉ vakbond te behoort. Die
        menslikehulpbronne-afdeling identifiseer gereeld die opleidingsbehoeftes
        van hul werkers.

        Identifiseer TWEE wette wat op CE van toepassing is. Motiveer jou
        antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
        Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 4.8 te beantwoord.

                       WETTE                             MOTIVERING
        1.
        2.                                                                             (6)

 4.9    Beveel maniere aan waarop die menslikehulpbron-funksie aan die Wet op
        Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) kan voldoen, 1997 (Wet 75 van
        1997).                                                                         (4)
                                                                                      [40]
                                                         TOTAAL AFDELING B:            80
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)              BESIGHEIDSTUDIES V1                                      9

  AFDELING C

  Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.

  LET        Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
  WEL:       Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin, bv.
             VRAAG 5 op ŉ NUWE bladsy of VRAAG 6 op ŉ NUWE bladsy.

  VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS

  Die makro-omgewing bestaan uit baie komponente en hou ook baie uitdagings
  vir besighede in. Besighede moet in die makro-omgewing betrokke wees wat
  hulle dan kan bevoordeel.

  Met verwysing na bostaande, skryf ŉ opstel oor die volgende aspekte:

  x Beskryf in breё trekke VIER komponente van die makro-omgewing.
  x Verduidelik VYF uitdagings van die makro-omgewing.
  x Bespreek die voordele van besighede wat betrokke is in die makro-
    omgewing.
  x Beveel maniere aan waarop die besigheid in die makro-omgewing betrokke
    kan wees.                                                                        [40]

  VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

  Super Sakke (SS) is ŉ nuut gevestigde maatskappy wat spesialiseer in die
  vervaardiging van kwaliteit skoolsakke. SS besef dat die verspreiding van hul
  produkte en hul bemarkingskommunikasiebeleid hul sukses sal bepaal. Die
  bestuur ondersoek die gebruik van verskillende tipes tussengangers en
  oorweeg dit om persoonlike verkope te gebruik om hul produkte te bevorder.

  As ŉ kundige in verspreiding en kommunikasie, skryf ŉ opstel oor die volgende
  aspekte:

  x Beskryf in breё trekke die verskillende tipes tussengangers.
  x Verduidelik die redes hoekom SS, as ŉ vervaardiger, die gebruik van direkte
    verspreidingsmetodes sal verkies.
  x Bespreek die volgende komponente van die bemarkingskommunikasie-
    beleid:
    o     Advertering
    o     Publisiteit
    o     Persoonlike verkope
  x Gee SS raad oor die doeltreffendheid van persoonlike verkope om hul
    produkte te bevorder.                                                            [40]

                                                       TOTAAL AFDELING C:             40
                                                           GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [AFR BSTD GR 11 P1 QP 2020](https://www.hlayiso.com/library/afr-bstd-gr-11-p1-qp-2020/6aa8adc8-9cef-4679-ae34-ec033da2ba98) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [BSTD GR 11 P1 QP 2020 D](https://www.hlayiso.com/library/bstd-gr-11-p1-qp-2020-d/f29f87a2-9925-435b-83ad-3168c7e9bee6) — Business Studies · QP · 2020
- [BSTD GR 11 P1 MEMO 2020](https://www.hlayiso.com/library/bstd-gr-11-p1-memo-2020/772c1cb7-c682-4ac0-8f54-cb70bfaf40d4) — Business Studies · Memo · 2020
- [AFR BSTD GR 11 P1 MEMO 2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afr-bstd-gr-11-p1-memo-2020-d/5d063390-257c-41b5-89a3-d076641ad28f) — Business Studies · Memo · 2020 · Afr
- [BSTD GR 11 P1 MEMO 2020 D](https://www.hlayiso.com/library/bstd-gr-11-p1-memo-2020-d/2394d6d6-8765-4d75-8321-8a43a06e1d9f) — Business Studies · Memo · 2020
- [BSTD GR 11 P1 QP 2020](https://www.hlayiso.com/library/bstd-gr-11-p1-qp-2020/b4fce3dd-b79a-4190-a1ba-d6ed00dde995) — Business Studies · QP · 2020

## More from Grade 11 Business Studies

- [Gr 11 Bus Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-bus-stu-atp-2023-24/9ad6e1d4-d0db-4a5d-938b-c62e8c425afd) — ATP
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p1-and-memo/430c6d81-db16-48ba-9a31-dd02966696bb) — QP + Memo · 2025
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p2-and-memo/8510a558-f4ef-4a6e-a8a4-ea5e38115ad4) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES GRADE 11 NOV 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-11-nov-2025-marking-guideline-watermark/ac3d93e2-bc36-4620-bc68-8ea52575bd46) — Memo · 2025
- [KZN Business Studies Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-business-studies-grade-11-march-2025-qp-and-memo/4cb5b873-831f-4c2a-8621-535ec3cf62e7) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES P1 GR11 MEMO NOV2024 -English watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr11-memo-nov2024-english-watermark/8a66ce2f-f14c-491f-a05d-1e1816bd8822) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
