# Mathematics Grade 9 November EC 2010 Memo (Afrikaans)

> Grade 9 Mathematics memorandum from the November EC 2010 (Afrikaans), 11 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-eat-gr-9-nov-2010-memo/362212ff-dc81-43e5-8494-eaac11c41c97
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematics
- Grade: Grade 9
- Document type: Memorandum
- Year: 2010
- Exam period: November EC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Mathematics](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/mathematics) › [Mathematics Grade 9 November EC 2010 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/afr-eat-gr-9-nov-2010-memo/362212ff-dc81-43e5-8494-eaac11c41c97)

## About this document

Mathematics · Grade 9 · November EC · 2010. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

     Province of the
     EASTERN CAPE
     EDUCATION

              SENIOR FASE

                 GRAAD 9

            NOVEMBER 2010

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

            Taal en Skryfwerk

          MEMORANDUM

      Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (Memo)                        2

 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP

 Nasien van die leesbegrip:

 RIGLYNE:

 1.   Geen penalisering van SPEL- EN TAALFOUTE nie.

 2.   Die leerder se antwoorde moet volgens die instruksies by elke vraag
      beantwoord word.

 3.   Die leerder se antwoord moet ŉ sinvolle antwoord in Afrikaans wees. Indien ŉ
      antwoord van ŉ ander taal in ŉ antwoord gebruik word, skryf slegs die hoofletter
      van die taal, bv. [E (ENGELS/X (XHOSA)] boaan die woord neer. Druk die
      woord toe; indien die betekenis van die antwoord nie beїnvloed word nie, is die
      antwoord korrek.

 4.   Waar die antwoord in meer as een sin aangebied word maar tog tot die
      antwoord lei, is dit korrek.

 5.   Indien twee of meer feite vereis word, word slegs die eerste twee of meer feite
      nagesien.

 6.   Indien die vraag EEN WOORD vra en die woord is uitgelig (onderstreep/tussen
      aanhalingstekens) word die punt toegeken.

 7.   WAAR (JA) of ONWAAR (NEE/VALS/NIE)
       EERSTE DEEL KORREK en motivering verkeerd                   (1)
       Eerste deel VERKEERD en motivering verkeerd                 (0)
       Eerste deel verkeerd en MOTIVERING KORREK                   (0)

 8.   Indien die vraag spesifiseer dat die antwoord aangehaal moet word, moet
      aanhalingstekens gebruik word en die korrekte woorde aangehaal word. Geen
      penalisering indien die antwoord nie tussen aanhalingstekens is nie.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (Memo)                             3

 Kom ons vat saam

      Spel en taalfoute word nie gepenaliseer nie omdat die fokus op begrip is.
      Vir WAAR/ONWAAR- of FEIT/MENING-vrae, word die punte verdeel: 1 punt vir
       WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING en ŉ punt vir die rede/motivering/aanhaling.
      Vir vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
       aanhalingstekens ontbreek nie.
      Waar een-woord-antwoorde gevra word en die leerder ŉ volsin gee, is dit korrek
       mits die korrekte woord onderstreep word of op een of ander wyse uitgelig word.
      Wanneer twee of drie punte/feite vereis word en die leerder gee ŉ hele reeks,
       word slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
      Indien die leerder woorde uit ŉ ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel
       verskyn, word die vreemde woorde geїgnoreer. Indien die antwoord sonder die
       vreemde woord sinvol is, word die leerder nie gepenaliseer nie. Indien die
       vreemde woord in die antwoord vereis word, word dit aanvaar.
      Vir meervoudige-keusevrae word BEIDE die letter aanvaar EN die korrekte
       antwoord wat ten volle uitgeskryf is.

 AFDELING A

 VRAAG 1: LEESBEGRIP – KOERANTARTIKEL

 1.1     Sy is immers nie van rubber gemaak nie!/... word nie letterlik bedoel nie.            (1)

 1.2     Sy het nog nooit formele (gimnastiek)-opleiding ontvang nie.                          (1)

 1.3     (C) ŉ Toets om te kyk hoe goed ŉ deelnemer is.                                        (1)

 1.4     Sprakeloos (√)/verbaas (√)/verwonder (√) [Enige EEN of gepaste
         omskrywing]                                                                           (1)

 1.5     Haar talent is tydens ŉ skoolopvoering vir Mandeladag ontdek.                         (1)

 1.6     A (iemand wat toertjies doen waardeur die toeskouer mislei word)                      (1)

 1.7     6 jaar oud/ses jaar oud/Sy was ses.                                                   (1)

 1.8     1.8.1    ONWAAR                                                                       (1)
         1.8.2    “bykans”                                                                     (1)

 1.9     Sy wil ŉ danseres (√) of gimnas word (√), (maar stel ook belang in hip-hop en
         break dancing.)                                                                       (2)

 1.10    Caylan verander net haar posisie, dan kry sy nie seer nie.                            (1)

 1.11    1.11.1    ONWAAR                                                                      (1)
         1.11.2    “... haar dogter verras haar elke dag.”                                     (1)

 1.12    Die gesin het dit nie breed nie./Hulle het nie baie geld nie./Hulle het finansiële
         probleme.                                                                             (1)
                                                                                              [15]

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (Memo)                          4

 VRAAG 2: ADVERTENSIE

 2.1 Enige TWEE van:
      Die advertensie is baie kleurvol (as dit in kleur afgedruk word op die
        vraestel ?!)
      Tieners kan identifiseer met Hannah Montana
      Tipiese loslit-tienertaal word gebruik (selfs vir tydskrif se naam)
      ook ander moontlikhede                                                            (2)

 2.2 Daar kom rym voor; “giere” rym met “diere”; “bou” met “dophou”.                     (1)

 2.3 D (Dis ŉ pretboek met breinkrag).                                                   (1)

 2.4 “cool”                                                                              (1)
                                                                                         [5]

 AFDELING B: OPSOMMING

 VRAAG 3

 Die opsomming word TWEE KEER gelees:
 -vir feite en taalfoute.
 -vir onvolledige sinne.

 TWEE STELLE ANTWOORDE WORD AANGEBIED
  Onderskei tussen beplanning en die finale antwoord en sien laasgenoemde na.
  Waar daar geen aanduiding van beplanning is, word die eerste stel nagesien.
  Beskou ŉ aanbieding in potlood as beplanning.

 FEITE:
  Sien eerste sewes inhoudelik na, al is die sinne in paragraafvorm.
  Assesseer net EEN feit per sin.
  1 punt vir elke verstaanbare feit soos op memorandum
  As die betekenis van die feit nie sinvol oorgedra word nie, word die punt nie
     toegeken nie. (Die werkwoord is belangrik).
  Indien al die feite verkeerd is , kry die kandidaat geen punt vir taal, maar indien
     die aantal woorde korrek aangedui is, ken 1 punt toe.
  Die hoofgedagtes hoef nie in volgorde te wees nie.
  TYDELIKE TOEGEWING: Indien die opsomming in paragraafvorm aangebied
     word, word die eerste sewe sinne nagesien.
  Regmerkie bokant elke hoofgedagte per sin word nagesien.
  Punte word soos volg toegeken vir HT en EAT:
      7 punte vir 7 feite
      3 punte vir taal

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (Memo)                          5

 Penaliseer soos volg:
  Indien die opsomming te lank is, word daar slegs 5 ekstra woorde toegelaat.
    Die res van die opsomming word geїgnoreer.
  Indien die opsomming te kort is, maar dit bevat al die verskeie inligting, word die
    leerder nie gepenaliseer nie.
  Taalfoute (grammatika, spelling en punktuasie): trek soos volg van die 3 punte
    wat toegeken word vir taal, af:
  0 – 4 foute: geen penalisering
  5 – 10 foute: trek een punt af
  11 – 15 foute: trek 2 punte af
  16 foute of meer: trek 3 punte af
  Vir direkte aanhalings van volledige sinne word daar soos volg gepenaliseer
  1 – 3 volledige sinne aangehaal: geen penalisering
  4 – 5 volledige sinne aangehaal: trek 1 punt af
  6 – 7 volledige sinne aangehaal: trek 2 punte af
  Trek 1 punt af van die totaal vir getal feite plus taalgebruik indien die leerder
    nalaat om getal woorde aan te dui of indien die verkeerde getal woorde aangedui
    is.

 LET WEL: Leerders mag nie afkortings gebruik in hul opsommings nie, maar indien
 dit in die opsomming voorkom, word elke afkorting getel volgens die getal woorde wat
 dit voorstel.

 TIPIESE TAALFOUTE
 - Woordorde in enkelvoudige sin ( Bv. O/werp + ww =V/werp
 - Woordorde in samegestelde sin ( Voegwoord 1, 2 en 3)
 - Omgekeerde woordorde
 - Lydende vorm
 - Infinitief
 - Tyd, wyse en plek
 - Ontkennende vorm
 - Voornaamwoorde
 - Vreemde woorde
 - Direkte vertaling (moedertaalinvloed)
 - Telegramstyl/onvoltooide sinne

 LENGTE
  Tel die aantal woorde en haal enige deel meer as 70 woorde deur.
  1 punt vir korrekte getal woorde gebruik EN so aangedui.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (Memo)                       6

NEERSKRYF VAN PUNTE                                                         KODE PUNT

     Getal feite korrek                                      F         7      MAKS=7
     Taal                                                    T         3      MAKS=3
     TOTAAL                                                            10

NIE VOLSINNE NIE

NIE SINNE NIE                                       PENALISEER VAN TOTAAL
2 tot 3 hoofgedagtes nie in sinne nie                         -2
4 en meer hoofgedagtes nie in sinne nie                       -3

Dinge wat jy nie moet doen nie as jy veilig wil wees

1.   Bly weg van winkels met maklike toegang tot parkeerplekke.

2.   Wees versigtig by winkels op Sondae-middae of net voor oopmaak- of
     toemaaktyd.

3    Moenie dat rowers jou inkopies sien nie.

4.   Handsakke moenie oor ŉ stoelrug hang nie.

5    Moenie tydens ŉ aanval vir ŉ rower kyk nie.

6.   Gee vir ŉ rower wat hy vra.

7.   Val plat tydens ŉ rooftog en bly so lê tot die gevaar verby is.

                                          [64 woorde] (Onthou: 70 – 75 woorde maks)

                                                                 TOTAAL AFDELING B:     10

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (Memo)                     7

 AFDELING C: TAALKUNDE

 VRAAG 4: Woordstrukture

 (ONTHOU: een-woord-antwoorde word verkeerd gemerk as die spelling
 verkeerd is.)

 (By hierdie taalafdeling moet die taalantwoorde 100% reg gespel wees)

 4.1    tiere of tiers                                (spelling moet korrek wees)    (1)

 4.2    Die kat drink melk uit ŉ bakkie.                                             (1)

 4.3    As die kat weg is, is die muis baas.                                         (1)

 4.4    sewentien (spelling moet korrek wees)                                        (1)

 4.5    Ma. (net dit) (spelling moet korrek wees)                                    (1)

 4.6    vlieënier (loods word nie aanbeveel nie) (spelling moet korrek wees)         (1)

 4.7    Italianers/Italiane (spelling moet korrek wees)                              (1)

 4.8    Nog nie gevang nie.                                                          (1)

 4.9    Eienares (spelling moet korrek wees)                                         (1)

 4.10 Pad (spelling moet korrek wees)                                                (1)

 4.11 Mnr. Fernandes het gesê dat hy nie weet hoe hy die kap van die bakkie kon
      oopmaak om uit te kom nie.                                                     (2)

 4.12 Hondmak (spelling moet korrek wees)                                            (1)

 4.13 C (huwelikstatus word nie aangedui nie)                                        (1)

 4.14 Dierebeskermingsvereniging                                                     (1)

 4.15 natuurlike                                                                     (1)

 4.16 Die tier is deur die Dierebeskermingsvereniging gered.                         (2)
                                                                                    [18]

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (Memo)                       8

 VRAAG 5:

 (Geen halwe punte word toegeken nie/woorde moet op die korrekte plek staan
 om ŉ punt te kry/antwoorde moet in volsinne aangebied word)

 Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word
 soos in die instruksie aangedui.

 5.1   5.1.1      Nee, Meester wil nie hê ek moet ekstra-Wiskundeklasse neem nie.        (1)

       5.1.2      Juffrou Strydom het gesê ek moet operette oefen.                       (2)

       5.1.3      Môre sal Neelsie nêrens heen gaan nie.                                 (1)

 5.2   5.2.1      Kosie sê vir Meneer dat hulle (√) oral gesoek het. (√)                 (2)

       5.2.2      D (uitroepsin)                                                         (1)

 5.3   5.3.1      Die selfoon kan ŉ e-pos stuur; dus kan dit ook op die internet gaan.   (1)
                                                                                         [8]

 VRAAG 6: Kritiese Taalbewustheid

 Vir meervoudige-keusevrae word BEIDE die letter wat ooreenstem met die
 korrekte antwoord EN die antwoord wat uitgeskryf word, aanvaar.

 6.1   B       Goed dankie                                                               (1)

 6.2   A       Môre! Goed dankie ...                                                     (1)

 6.3   A       Ek weet jy kry swaar, maar moenie nou moed opgee nie.                     (1)

 6.4   D       Hoezit!                                                                   (1)
                                                                                         [4]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:      30

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (Memo)                             9

 AFDELING D: SKRYFWERK

 VRAAG 7: DIALOOG OF OPSTEL

 LET WEL:

 1.    Leerders moet beplanning toon: ten minste ŉ kopkaart
 2.    Leerders wat nie beplan nie, penaliseer hulself
 3.    Nasienrubriek aangeheg

  VERDUIDELIKING                 SIMBOOL               BESKRYWING
  Woordorde                           (…)              Hakies
  Taalfout                          ________           Onderstreep die fout
  Spelfout                            ===              Kort dubbelstreep onder
                                                       woord
  Woordkeuse                                /          Haal met ŉ streep deur
  Woorde uit ŉ ander taal              E/S/X/Z         Die letter bo aan die woord
  Tydfoute                        T (in die kantlyn)   Hoofletter T
  Woord(e) weggelaat                       ^           Karet (weglaatteken)
  Paragraafindeling                        //          Dubbelskuinsstreep
  Herhaling                      hh (in die kantlyn)   Dubbele hh
  Onverstaanbaar/onduidelik       ∫ (in die kantlyn)   Kronkelstreep
  Saamgeflans uit vraestel       Vr (in die kantlyn)   Hoofletter V kleinletter r
  Punktuasie                              O            ŉ Sirkel

 Kies EEN vraag en skryf 100-120 woorde oor die onderwerp.

 7.1   Dialoog met pa oor Junie-eksamenpunte
            Die sprekers se name staan teen die kantlyn.
            Daar is ŉ dubbelpunt na die naam.
            Daar word geen aanhalingstekens gebruik nie.
            ŉ Reël word na elke spreker (spreekbeurt) oopgelaat.
            Ekstra inligting word tussen hakies geskryf.
            Die taal en styl moet by die onderwerp pas.
            Gebruik leestekens om emosie aan te dui.
            Die toon van die gesprek is belangrik. (Nie Pa as U/u aanspreek nie!)
            Dit gaan oor die leerder se oorredingsvermoë.
            Die leerder moet met gepaste argumente vorendag kom om sy/haar pa te
             oortuig dat sekere omstandighede daartoe gelei het dat hy/sy swak
             gevaar het, bv. die moeilike eksamenrooster; die onderwysers wat werk
             getoets het wat nie behandel is nie (miskien a.g.v. die staking), ens.
                                                                                   (20x2)   [40]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (Memo)                           10

 7.2   Opstel oor geld gewen in Lotto.

          Dit kan ŉ verhalende opstel wees:
          Die opstel gaan oor ŉ fiktiewe gebeurtenis (die wen van R5 miljoen rand).
          Dit word met entoesiasme geskryf: dit is immers ŉ eenmaal-in-ŉ-leeftyd-
           gebeurtenis.
          Die inhoud is boeiend, interessant en samehangend.
          Die leerder dui aan hoe die geld aangewend is en hoe dit hul lewens
           verander het – miskien ten goede, moontlik ook ten kwade.
          ŉ Treffende inleiding is noodsaaklik.
          ŉ Gepaste slot.
          Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet
           aandag geniet.                                                        (20x2)   [40]

                                                                             TOTAAL:       40

                                                                    GROOTTOTAAL:          100

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010)                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (Memo)                                                                                 11

                     KODE 7                        KODE 6                          KODE 5:                       KODE 4                          KODE 3                         KODE 2                      KODE 1
      20           Uitmuntend                    Verdienstelik                    Beduidend                     Voldoende                         Matig                         Basies                    Ontoereikend
    PUNTE           80-100%                        70-79%                          60-69%                        50-59%                          40-49%                         30-39%                       0-29%
                     10½-13                         9½-10                            8-9                          6½-7½                           5½-6                            4-5                        0-3½
                  -Gespesialiseerde kennis       -Goeie kennis van              -Redelike kennis van          -Voldoende kennis van         -Gemiddelde kennis van         -Elementêre kennis van        -Geen kennis van vereistes
                   van vereistes van teks.         vereistes van teks.             vereistes van teks.           vereistes van teks.         vereistes van teks.              vereistes teks.               van teks nie.
                  -Gedissiplineerde              -Gedissiplineerde              -Behou fokus, onbenullige     -Inhoud wyk af van             Respons op geskrewe              Respons op geskrewe         -Inhoud wyk af van
                   skryfwerk; behou                Skryfwerk, behou fokus,         afwykings.                    onderwerp, maar dit         teks toon ŉ                      teks toon ŉ beperkte        Onderwerp, betekenis is
                   deurgaans algehele              byna geen afwykings          -Inhoud en idees                 belemmer nie die            oppervlakkige fokus.             fokus.                        plek-plek verwarrend.
INHOUD,            fokus, geen afwykings.          nie.                            Samehangend, details          betekenis nie.             -Inhoud wyk af van             -Inhoud wyk af van            -Inhoud en idees nie
                  -Inhoud en idees algeheel      -Inhoud en idees:                 ondersteun die             -Inhoud en idees               Onderwerp, betekenis is          Onderwerp, betekenis          samehangend nie, te min
BEPLANNING         Samehangend, alle detail        Samehangend, alle               onderwerp.                  voldoende samehangend,        plek-plek vaag.                  is plek-plek verwarrend.      detail ondersteun die
EN                 ondersteun die                  detail ondersteun die        -Beplanning en/of eerste         sommige van die detail     -Inhoud en idees               -Inhoud en idees min             onderwerp.
                   onderwerp.                      onderwerp.                      poging lei tot ŉ              ondersteun die              gemiddeld                        Samehangend, min           -Beplanning en/of eerste
FORMAAT           -Beplanning en/of eerste       -Beplanning en/of eerste          gepaste, goeie teks.          onderwerp.                  samehangend; basiese             detail ondersteun die         poging nie gedoen nie.
                   poging lei tot ŉ feitlik        poging lei tot ŉ goed        -Meeste van die nodige        -Beplanning en/of eerste       detail ondersteun die            onderwerp.                    Swak aanbieding van
                   foutlose, gepaste teks.         saamgestelde, gepaste           reëls vir die formaat is      poging lei tot ŉ            onderwerp.                    -Beplanning en/of eerste         teks.
13 PUNTE          -Al die nodige reëls vir die     teks.                           toegepas/beduidend.           bevredigende teks.         -Beplanning en/of eerste          poging gebrekkig. Teks     -Geen kennis van die
                   formaat is toegepas/          -Al die nodige reëls vir die                                 -Kennis van die nodige         poging: lei tot ŉ                nie goed aangebied nie.       nodige reëls vir die
                   Uitmuntend.                     formaat is                                                    reëls vir die formaat is    gemiddelde/redelike,          -Kennis van die nodige           formaat nie.
                                                   toegepas/Verdienstelik.                                       voldoende.                  verstaanbare teks.               reëls vir die formaat is
                                                                                                                                            -Kennis van die nodige            vaag.
                                                                                                                                             reëls vir die formaat is
                                                                                                                                             gemiddeld. Kritiese,
                                                                                                                                             nalatige foute is begaan.
                             6-7                          5-5½                            4½                          3½-4                              3                            2½                            0- 2
                  - Teks is grammatikaal         - Teks is grammatikaal         - Teks is grammatikaal        -Teks is voldoende            -Teks is basies                -Teks is swak en moeilik      Teks is swak saamgestel
                   Akkuraat, sinne goed            Akkuraat, sinne goed            maklik om te lees,           saamgestel ten spyte          saamgestel. Verskeie           om te volg.                   en verwarrend.
                   saamgestel.                     saamgestel.                     sinne is goed                van foute.                    foute.                       -Woordeskat benodig           -Woordeskat benodig
TAAL, STYL        -Woordeskat is baie            -Woordeskat is meestal            saamgestel.                -Woordeskat is voldoende      -Woordeskat is beperk en         remediëring en is nie         ernstige remediëring en
                   toepaslik vir doel van          toepaslik vir doel van       -Woordeskat is toepaslik        vir doel van teks,            nie baie van pas vir doel      geskik vir doel van teks,     is nie toepaslik vir doel
EN                 teks, gehoor en konteks.        teks, gehoor en konteks.        vir doel van teks,           gehoor en konteks.            van teks, gehoor en            gehoor en konteks nie.        van teks.
REDIGERING        -Styl, toon en register baie   -Styl, toon en register           gehoor en konteks.         -Styl, toon en register         konteks.                     -Styl, toon en register nie   -Styl, toon en register pas
                   toepaslik.                      meestal toepaslik.           -Styl, toon en register oor     voldoende.                  -Styl, toon en register toon     geskik vir onderwerp          nie by onderwerp nie.
                  -Teks feitlik foutloos na      -Teks oorwegend foutloos          die algemeen               -Teks het steeds foute na       gebreke.                       nie.                        -Opstel is besaai met foute
7 PUNTE            proeflees en redigering.        na proeflees en                 toepaslik.                   proeflees en redigering.    -Teks het steeds baie          -Teks is besaai met foute       en verward ten spyte van
                  -Lengte is in                    redigering.                  -Teks meestal foutloos na     -Lengte is amper korrek.        foute na proeflees en          ten spyte van proeflees       proeflees en redigering.
                   ooreenstemming met            -Lengte is in                     proeflees en                                               redigering.                    en redigering.              -Lengte is heeltemal te
                   vereistes.                      ooreenstemming met              redigering.                                              -Lengte is te kort/            -Lengte is te kort/te lank.     kort/te lank.
                                                   vereistes.                   -Lengte is in                                                te lank.
                                                                                   ooreenstemming met
                                                                                   vereistes.

## Related documents

- [ERRATA-memo-MATHEMATICS GRADE 9-final2](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-mathematics-2010-november-ec-memorandum/e869ab21-e687-4cea-9eaa-ebddab1f798e) — Mathematics · Memo · 2010
- [Gr 9 MEMOAfr MATH-Kanes](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-mathematics-2010-november-ec-memorandum/9bba34e8-ed16-475b-b706-972e4ef81edf) — Mathematics · Memo · 2010
- [Afr EAT Gr 9 Nov 2010](https://www.hlayiso.com/library/afr-eat-gr-9-nov-2010/6e164d30-f19e-486c-93e6-33bf963a8a21) — Mathematics · QP · 2010 · Afr
- [Afr HT Gr 9 Nov 2010](https://www.hlayiso.com/library/afr-ht-gr-9-nov-2010/187f1dc6-297b-4f5c-8afc-5fcd4abf96b5) — Mathematics · QP · 2010 · Afr
- [English FAL Gr 9 Nov 2010](https://www.hlayiso.com/library/english-fal-gr-9-nov-2010/85a93eda-ab9c-4574-9430-c1ef5f3151f7) — Mathematics · QP · 2010 · Eng
- [GRADE 9 AFR Maths Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-mathematics-2010-june-common-memorandum/666a37c0-87e8-44c6-ae7b-095d48146f63) — Mathematics · Memo · 2010 · Afr

## More from Grade 9 Mathematics

- [CAPS SP MATHEMATICS GR 7-9](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-mathematics-gr-7-9/ff259c2b-5f3b-46f9-ae34-66dd08358bbe) — CAPS · Eng
- [FS Maths Grade 9 MOCK November 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-maths-grade-9-mock-november-2025-p2-and-memo/411ff601-2320-4073-a074-74427663bad7) — QP + Memo · 2025
- [KZN Zululand Maths Grade 9 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-zululand-maths-grade-9-march-2025-qp-and-memo/a5d0e368-52a3-4816-b3aa-3597ee4f5a9f) — QP + Memo · 2025
- [Maths Grade 9 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/maths-grade-9-june-2025-qp-and-memo/1c92dc3a-8522-46ea-9bc2-251685906fd8) — QP + Memo · 2025
- [2024 G9 Mock June Test Free State](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-mathematics-2024-free-state-june-exam-question-paper/3628eaa4-69bb-4e63-a6b9-8c072d118cdb) — QP · 2024
- [2024 G9 Mock June Test Free State.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-mathematics-2024-free-state-june-exam-question-paper/7d033d41-fed7-4c04-a7cc-78d6c025aa9b) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
