# Mathematics Grade 9 November EC 2010 Question Paper (Afr)

> Grade 9 Mathematics question paper from the November EC 2010 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-eat-gr-9-nov-2010/6e164d30-f19e-486c-93e6-33bf963a8a21
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematics
- Grade: Grade 9
- Document type: Question paper
- Year: 2010
- Exam period: November EC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Mathematics](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/mathematics) › [Mathematics Grade 9 November EC 2010 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/afr-eat-gr-9-nov-2010/6e164d30-f19e-486c-93e6-33bf963a8a21)

## About this document

Mathematics · Grade 9 · November EC · 2010. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

               Province of the
               EASTERN CAPE
               EDUCATION

                             SENIOR FASE

                                 GRAAD 9

                          NOVEMBER 2010

      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

                     TAAL EN SKRYFWERK

PUNTE: 100

TYD: 2½ uur

                      Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL              (NOVEMBER 2010)

ALGEMENE INLIGTING

     Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings

     AFDELING A:          Leesbegrip         (20 punte)
     AFDELING B:          Opsomming          (10 punte)
     AFDELING C:          Taal               (30 punte)
     AFDELING D:          Skryfwerk          (40 punte)

     INSTRUKSIES BY AFDELINGS A-C

1.   Beantwoord AL die vrae

2.   Lees die instruksies by AL die vrae versigtig deur.

3.   Begin elke afdeling op ŉ NUWE bladsy.

4.   Nommer elke antwoord presies soos wat die vrae op die vraestel genommer is.

5.   Laat ŉ reёl tussen die antwoorde oop.

6.   Skryf netjies met blou of swart ink.

7.   Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                                 3

 AFDELING A: LEESBEGRIP

 VRAAG 1: KOERANTBERIG

 Lees die onderstaande koerantartikel en beantwoord die daaropvolgende vrae:

      Baaise ‘rubbermeisie’ wil Suid-Afrika verstom met talent

 1.     Sy het nog nooit ŉ gimnastiek-, ballet- of dansklas gehad nie, maar Caylan
        Witbooi (13) van Cleary Park se talent verstom almal.

 2      Dié leerder van die Laerskool Fontein wil wys hoekom almal haar maar die
        Baai se rubbermeisie kan noem. Sy gaan aan ŉ oudisie vir die TV-program
        SA’s Got Talent deelneem. Caylan het gesê sy voel positief oor die oudisie
        en hoop regtig sy kan vir haarself ŉ plekkie losdans.

 3      Caylan se talent is by ŉ skoolkonsert vir Mandela-dag raakgesien. Bellino,
        die kulkunstenaar, het gesê hy was stomgeslaan toe hy hoor Caylan het nooit
        formele onderrig in gimnastiek gehad nie. “Sy is fantasties. Sy spring
        agteroor, loop op haar hande en doen die split, net soos die beste gimnaste.”

 4      Caylan vertel hoe sy ses jaar oud was toe sy agtergekom het sy kan agteroor
        spring – dit nogal oor ŉ koffietafel. Van toe af het sy amper elke dag ŉ nuwe
        toertjie probeer aanleer. “Dit maak nie seer terwyl ek dit doen nie, behalwe
        as ek te lank in een posisie bly, dan is dit nogal seer.

 5      “Ek gaan eendag net soos die popsangeres Shakira dans, of selfs ŉ gimnas
        word. “Maar ek hou ook van hip-hop en break dancing. Daar is so baie
        dinge wat ek nog wil doen.”

 6      Me. Tessa Witbooi, Caylan se ma het gesê haar dogter verras haar elke dag.
        “Ek wens ek kan haar vir dans- of gimnastiekklasse stuur, maar die geld knyp
        ŉ bietjie. Ek is so trots op my meisiekind, sy gaan nog ver kom. Ek weet nie
        waar haar talent vandaan kom nie, want nie ek of haar pa kan dans nie.”
                                                           [Uit: Die Burger, 29 Julie 2010]

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                 (NOVEMBER 2010)

1.1    Hoekom word “rubbermeisie” in die opskrif tussen aanhalingstekens geplaas?        (1)

1.2    Wat maak volgens paragraaf 1, Caylan se talent so uniek?                          (1)

1.3    Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer en die korrekte letter
       neer.

       Watter EEN van die volgende is ŉ gepaste omskrywing van ŉ oudisie?
       (paragraaf 2)

       A ŉ plek waar ŉ mens kyk hoe mense aan items deelneem
       B ŉ toets om te kyk of jy ŉ rubberlyf het
       C ŉ toets om te kyk hoe goed ŉ deelnemer is
       D ŉ plek waar danskompetisies gehou word                                          (1)

1.4    “Bellino, die kulkunstenaar, het gesê hy was stomgeslaan toe hy hoor Caylan
       het nooit formele onderrig in gimnastiek gehad nie.” (paragraaf 3)

       Verduidelik in jou eie woorde wat die donkergedrukte woord binne hierdie
       konteks beteken.                                                                  (1)

1.5    Hoe is Caylan se talent ontdek?                                                   (1)

1.6    Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer en die korrekte letter
       neer.

       Wat is ŉ kulkunstenaar (paragraaf 3)?

       A     iemand wat toertjies doen waardeur die toeskouer mislei word
       B     iemand wat geld/beursies uit mense se sakke steel
       C     iemand wat handsakke, ens. steel en daarmee weghardloop
       D     iemand wat towerkuns beoefen en daarvoor betaal word                        (1)

1.7    Hoe oud was Caylan toe sy vir die eerste keer agtergekom het dat sy talent
       het?                                                                              (1)

1.8    Caylan het elke dag ŉ nuwe toertjie probeer aanleer. (paragraaf 7)
       1.8.1 Is die stelling WAAR of ONWAAR?                                             (1)
       1.8.2 Motiveer jou antwoord deur net EEN WOORD aan te haal.                       (1)

1.9    Wat is Caylan is toekomsdrome? Noem TWEE van haar drome.                          (2)

1.10   Wat kan Caylan doen as sy voel sy kry seer as sy op ŉ sekere manier sit of
       buig?                                                                             (1)

1.11   “Caylan se nuwe toertjies is niks nuuts vir haar ma nie.
       1.11.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                        (1)
       1.11.2 Motiveer jou antwoord uit die leesstuk.                                    (1)

1.12   Wat bedoel Caylan se ma as sy sê: “...die geld knyp ŉ bietjie.”?                  (1)
                                                                                        [15]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                                               5

                                           EN

 VRAAG 2: ADVERTENSIE

 Bestudeer die onderstaande advertensie en beantwoord die vrae wat daarop
 gebaseer is:

                                      Van skoolwerk tot nuwe giere, speletjies tot snaakse diere,
                                eksperimente bou tot bekendes dophou, word HOEZIT! elke kind se eie
                                                                wêreld.
                               Dié cool maandelikse tydskrif praat kinders se taal. Dit handel oor wat
                               vandag se jonges dink, doen en voel. Hoezit! se inhoud is
                               opvoedkundig, maar dit het ook die nuutste inligting oor flieks, TV-
                               programme en musiek. Dis ŉ tydskrif met ŉ lekker houding!

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                    (NOVEMBER 2010)

2.1   Hoe kry die adverteerder dit reg om jong lesers se aandag te trek met hierdie
      advertensie? Noem TWEE dinge.                                                        (2)

2.2   Van skoolwerk tot nuwe giere,
      speletjies tot snaakse diere,
      eksperimente bou tot bekendes dophou, word HOEZIT! elke kind se eie
      wêreld.

      Sê hoe die adverteerder dit regkry dat die woorde hierbo met ŉ lekker ritme
      lees.                                                                                (1)

2.3   Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer en die korrekte letter
      neer.

      Jongmense sal nie die tydskrif wil lees as dit net oor skoolwerk handel nie.
      Daarom word dit geadverteer as:

      A     Hoezit! se inhoud is opvoedkundig.
      B     Hoezit! is ŉ boek met breinkrag.
      C     Jy kan dit by ŉ goeie boekwinkel koop.
      D     Dis ŉ pretboek met breinkrag.                                                  (1)

2.4   Die advertensie noem dat Hoezit! ŉ tydskrif is met ŉ lekker houding.

      Watter woord in die advertensie beskryf daardie houding die beste in
      tienertaal?                                                                          (1)
                                                                                           [5]

                                                              TOTAAL AFDELING A:           20

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010)                  AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                                    7

 AFDELING B: OPSOMMING

 VRAAG 3: DINGE WAT JY NIE MOET DOEN NIE AS JY VEILIG WIL WEES

 Instruksies: Noem SEWE dinge wat jy nie moet doen nie as jy veilig wil wees.

  Som die WENKE in SEWE goeie sinne op.
  Skryf jou SEWE sinne puntsgewys onder mekaar neer.
  Jy moet een sin oor elke feit skryf.
  Laat ŉ reёl tussen jou sinne oop.
  Jou opsomming mag nie meer as 70 woorde wees nie.
  Dui die getal woorde aan die einde van jou opsomming aan.
  Jy sal gepenaliseer word as jy baie meer as 70 woorde skryf of as jy nie die getal
   woorde aandui nie.

         DINGE WAT JY NIE MOET DOEN NIE AS JY VEILIG WIL WEES

  Rowers hou van winkels waar hulle maklik van die parkeerterrein af tot by die winkel kan
  kom. Dan kan hulle weer maklik uitglip.

  Rowers hou veral van Sondagmiddae, omdat daar ná ŉ naweek baie geld in die winkels is.
  Die meeste rooftogte vind net voor oopmaaktyd en net na toemaaktyd plaas. Wees
  versigtig gedurende hierdie tye.

  Hou jou oë en ore oop. Jy moenie toelaat dat rowers sien wat jy gekoop het nie. Vrouens
  moet seker maak dat hulle handsakke reg toegemaak is. Moenie ŉ handsak oor ŉ stoel
  hang of ŉ selfoon op ŉ tafel voor jou sit terwyl jy in ŉ restaurant eet nie.

  Twee belangrike dinge: moet nooit met ŉ rower praat nie en moet hom nooit in die oë kyk
  nie! Dit is baie belangrik om nie terug te baklei as ŉ rower jou aanval nie. Gee hom wat hy
  vra. Niks wat jy het, is belangriker as jou lewe nie. ŉ Rower gee nie om of jy leef of sterf nie.
  In 22% van alle rooftogte word iemand beseer en dis nooit die rower nie!

  Die tweede ding is: Val dadelik plat as jy iemand hoor skiet en bly op die grond tot jy seker
  is dat alle gevaar verby is. Onthou, jy is nie Superman of Superwoman nie!

                                                      [Verwerk uit: Huisgenoot, 17 November 2005]

                                                                      TOTAAL AFDELING B:              10

                                                   EN

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                     (NOVEMBER 2010)

AFDELING C: TAALKUNDE

VRAAG 4: Woordstrukture

Lees die onderstaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg.

Groot soektog nadat (4.1) tier uit (4.2) bakkie ontsnap

Gloria Edwards
Groblersdal

                                            4.1   Gee die meervoud van tier (opskrif).        (1)

                                            4.2   Gebruik bakkie (opskrif) in ŉ
                                                  duidelike sin in ŉ ander betekenis as
                                                  in die opskrif.                             (1)

Nou hoop hulle maar net (4.3) dié kat       4.3   Voltooi die volgende idiomatiese
kom weer.                                         uitdrukking: As die kat weg is, ...
                                                  (Skryf die hele sin neer.)                  (1)
ŉ Tier van (4.4) 17 maande oud het
almal bang gemaak nadat hy                  4.4   Skryf die getal 17 uit in woorde.           (1)
(4.5) Maandagaand stilletjies uit sy
eienaars se bakkie gekom het en nou
iewers tussen Groblersdal en Delmas         4.5   Gee die afkorting vir Maandag.              (1)
rondloop.
(4.6) Helikopters en honde is gebruik       4.6   ŉ Persoon wat helikopters vlieg word
                                                                                              (1)
om Panjo [(4.7) Italiaans vir “spelerig”]         ŉ ... genoem.
te probeer opspoor.
                                            4.7   Wat noem ons die inwoners van
                                                                                              (1)
                                                  Italië?
Maar Panjo het (4.8) op vrye voet           4.8   Wat beteken: “op vrye voet”?                (1)
gebly.
Sy (4.9) eienaar, hoop hy sal gou by hul    4.9   Gee die vroulike vorm van: eienaar.         (1)
kleinhoewe by Endicott naby Springs
opdaag.
Die tier het êrens langs die (4.10)         4.10 Kies die korrekte spelling van die
(pad/pat) uitgespring.                           woord tussen hakies.                         (1)
(4.11) Mnr. Fernandes sê: “Ek weet nie      4.11 Skryf die sin in die indirekte rede.         (2)
hoe Panjo die kap van die bakkie kon
oopmaak nie.”
Hy vertel die tier is (4.12) baie mak.      4.12 Gee die intensiewe vorm van : baie
                                                 mak                                          (1)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010)                  AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                           9

 (4.13) Me. Wendy Wilson van die (4.14)          4.13 Sê wat Wendy Wilson se
 Dierebeskermingsvereniging het gesê                  huwelikstatus is. Kies een van die
 dit is ŉ tier se (4.15) (natuurlik) instink          volgende antwoorde:
 om huis toe te gaan.                                 A getroud
                                                      B ongetroud
                                                      C huwelikstatus word nie aangedui
                                                         nie                                 (1)
                                                 4.14 Gee die korrekte afkorting vir:
                                                      Dierebeskermingsvereniging.            (1)
                                                 4.15 Gee die korrekte vorm van die woord
                                                      tussen hakies.                         (1)
 (4.16) Die Dierebeskermingseenheid              4.16 Skryf in die lydende vorm:
 het die tier gered.                                                                         (2)
                                                                                            [18]

 VRAAG 5:

 Lees die onderstaande strokies uit: www.litnet.co.za deur en beantwoord die vrae wat
 daarop gebaseer is.

 5.1

       Skryf die volgende sinne oor en begin soos aangedui.

       5.1.1      Skryf die sin in die ontkennende vorm:

                  Meester wil hê ek moet ekstra-Wiskundeklasse neem. (Raam 1)               (1)

       5.1.2      Skryf die sin oor in die verlede tyd.

                  Juffrou Strydom sê ek moet operette oefen. (Raam 2)                       (2)

       5.1.3      Skryf die sin in die toekomende tyd.

                  Neelsie gaan nêrens heen nie.                                             (1)

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                  (NOVEMBER 2010)

5.2

      5.2.1   Kosie sê: “Meneer, ons het oral gesoek.(Raam 1)
              Kosie sê vir Meneer dat ...                                                  (2)

      5.2.2   Voltooi die volgende sin deur die korrekte antwoord in te vul. Skryf net
              die vraagnommer en die letter neer.

              Ai tog! is ŉ voorbeeld van ŉ ...

      A       stelsin.
      B       vraagsin.
      C       bevelsin.
      D       uitroepsin.                                                                  (1)

5.3

      5.3.1   Verbind die volgende sinne met die woord tussen hakies.

              Die selfoon kan ŉ e-pos stuur. Dit kan ook op die internet gaan. (dus)       (1)
                                                                                           [8]

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010)                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                     11

 VRAAG 6: Kritiese taalbewustheid

 6.1   Kies elke keer die korrekte antwoord.

       As iemand jou vra hoe dit met jou gaan, is die beste antwoord om te gee:

       A          Baie dankie
       B          Goed dankie
       C          Tot siens
       D          Goeienaand                                                          (1)

 6.2   By watter voorbeeld kan jy “En met jou?” voeg?

       A          Môre! Goed dankie ...
       B          Hallo! Hoe gaan dit?
       C          Goeie middag, gaan dit goed?
       D          Môre! Hoe gaan dit?                                                 (1)

 6.3   Met watter woorde praat jy ŉ vriend moed in?

       A          Ek weet jy kry swaar, maar moenie nou moed opgee nie.
       B          Ek weet jy kry swaar, maar moenie dink dit sal gou verbygaan nie.
       C          Dit lyk my jy het moed opgegee. Dis beter so.
       D          Ek wens jy wil nie so moedeloos lyk nie.
       E          Ander mense hanteer so ŉ probleem maklik.                           (1)

 6.4   Watter voorbeeld is nie gepas om die skoolhoof mee te groet nie?

       A          Môre, Meneer.
       B          Goeiemôre, Meneer.
       C          Ek groet u, Meneer.
       D          Hoezit!                                                             (1)
                                                                                      [4]

                                                                TOTAAL AFDELING C:    30

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                    (NOVEMBER 2010)

AFDELING D           SKRYFWERK

VRAAG 7              DIALOOG OF OPSTEL

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord EEN vraag uit hierdie Afdeling.

2.    Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

3.    Die uiteensetting van jou skryfstuk is baie belangrik.
      3.1    Beplan jou skryfstuk voor jy begin skryf. Skryf “Beplanning” boaan.
      3.2    Skryf nou die Finale Produk. Onthou om die vraagnommer en
             onderwerp boaan te skryf (indien van toepassing).
Kies VRAAG 7.1 OF 7.2
7.1

                                      [Image Library]

      Jy het swak gedoen in een of meer vakke in die Junie-eksamen. Jy voel baie
      sleg daaroor en probeer aan jou pa verduidelik hoekom dit nie goed gegaan
      het nie. Skryf die gesprek tussen jou en jou pa in dialoogvorm.
      (100 – 120 woorde)
                                                                             (20x2)      [40]
                                            OF
7.2

      Skryf ŉ opstel (100 – 120 woorde) waarin jy vertel wat julle huisgesin sal doen
      as julle vyf miljoen rand met die Nasionale Lotery wen.                   (20x2)   [40]
                                                                            TOTAAL:        40
                                                                   GROOTTOTAAL:           100

## Related documents

- [Afr HT Gr 9 Nov 2010](https://www.hlayiso.com/library/afr-ht-gr-9-nov-2010/187f1dc6-297b-4f5c-8afc-5fcd4abf96b5) — Mathematics · QP · 2010 · Afr
- [English FAL Gr 9 Nov 2010](https://www.hlayiso.com/library/english-fal-gr-9-nov-2010/85a93eda-ab9c-4574-9430-c1ef5f3151f7) — Mathematics · QP · 2010 · Eng
- [ERRATA-memo-MATHEMATICS GRADE 9-final2](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-mathematics-2010-november-ec-memorandum/e869ab21-e687-4cea-9eaa-ebddab1f798e) — Mathematics · Memo · 2010
- [Gr 9 MEMOAfr MATH-Kanes](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-mathematics-2010-november-ec-memorandum/9bba34e8-ed16-475b-b706-972e4ef81edf) — Mathematics · Memo · 2010
- [MATHS QP GR9 NOV2019 EngD](https://www.hlayiso.com/library/maths-qp-gr9-nov2019-engd/c0f3caac-f681-4ede-8844-1f50c9eb56c4) — Mathematics · QP · 2019
- [MATHS QP GR9 NOV 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-qp-gr9-nov-2018-afrikaans/ea699aa0-0905-4006-a56f-199d25fa05dc) — Mathematics · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 9 Mathematics

- [CAPS SP MATHEMATICS GR 7-9](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-mathematics-gr-7-9/ff259c2b-5f3b-46f9-ae34-66dd08358bbe) — CAPS · Eng
- [Grade 9 Mathematics P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-mathematics-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2/5fbec12a-33f0-47a8-bdc2-65573d99d0db) — Memo · 2026 · Eng
- [FS Maths Grade 9 MOCK November 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-maths-grade-9-mock-november-2025-p2-and-memo/411ff601-2320-4073-a074-74427663bad7) — QP + Memo · 2025
- [KZN Zululand Maths Grade 9 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-zululand-maths-grade-9-march-2025-qp-and-memo/a5d0e368-52a3-4816-b3aa-3597ee4f5a9f) — QP + Memo · 2025
- [Maths Grade 9 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/maths-grade-9-june-2025-qp-and-memo/1c92dc3a-8522-46ea-9bc2-251685906fd8) — QP + Memo · 2025
- [Grade 9 formal test 2024 memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-formal-test-2024-memo/46db1a9d-b9d3-4f68-b6a9-2931fa2f8fc3) — Memo · 2024

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
