# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2021 Memo

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2021, 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p1-gr11-memo-sept2021/1980ebcd-61c5-4f9d-abd6-bbff21009e98
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p1-gr11-memo-sept2021/1980ebcd-61c5-4f9d-abd6-bbff21009e98)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2021

         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
                    NASIENRIGLYN

PUNTE:    80

                  Hierdie nasienriglyn bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1             (EC/SEPTEMBER 2021)

AFDELING A: LEESBEGRIP
 Spel- en taalfoute word NIE gepenaliseer NIE omdat die fokus op begrip is.
 Indien die kandidaat woorde uit ŉ ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel
   verskyn, word daardie vreemde woorde geïgnoreer (toegedruk). Indien die antwoord
   sonder daardie vreemde woorde sinvol in Afrikaans is, word die kandidaat NIE
   GEPENALISEER NIE. Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, is dit
   aanvaarbaar.
 By oop vrae word GEEN punt toegeken vir JA/NEE, EK STEM SAAM / EK STEM NIE
   SAAM NIE / WAAR / ONWAAR of FEIT / MENING nie. Die rede / motivering verdien
   die punt.
 Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat gee ŉ volsin, is dit korrek
   MITS die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
 Wanneer TWEE / DRIE feite vereis word en ŉ reeks word gegee, word SLEGS die
   eerste TWEE / DRIE nagesien.
 Aanvaar dialektiese variasies.
 Aanvaar die letter wat met die korrekte antwoord ooreenstem EN / OF die antwoord
   wat volledig geskryf word vir meervoudigekeuse-vrae.
 Of soortgelyk aan bogenoemde beteken ŉ sinoniem van die voorgestelde antwoord
   op die nasienriglyn.

VRAAG 1

TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL

 VR                               ANTWOORD                                          PUNT
1.1     Die mense naby aan ons/ons gesin/vriende/familie.                            (1)

1.2     Almal is (permanent) met elektroniese apparate besig./ Tegnologie het
        ŉ invloed op ons verhoudings.                                                (1)

1.3     Die beklemtoon hoeveel vriende ŉ mens aanlyn kan hê.                         (1)

1.4     Almal weet van/gebruik WhatsApp en Facebook.                                 (1)

1.5     Die Y-generasie is mense wat tussen 1976 en 2010 gebore is.                  (1)

1.6     Beide groepe het iets nodig om wakker te word.                               (1)

1.7     Dit onderbreek jou slaap./ Tas jou slaappatroon aan./ Jy voel verplig
        om deur die nag met vriende kontak te maak.                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                        3

1.8      1.8.1 Ja/nee

         1.8.2 Ja, anders sal haar vriendin voel sy gee nie om nie.
               Nee, ander mense moet jou persoonlike tyd respekteer.
               (Of soortgelyke antwoord binne konteks van die teks)                 (1)

1.9      verslaaf daaraan raak                                                      (1)

1.10     Hulle het nie mense nodig nie/hulle leef in ŉ vakuum./Hulle raak
         individualisties./Virtuele kommunikasie of sosiale media het veroorsaak
         dat mense nie meer verantwoordelikheid neem vir dit wat hulle doen
         nie.                                                                       (1)

1.11     Virtuele boelie/versprei pornografie/versprei onwaarhede/versprei vals
         nuus/stuur persoonlike pos en of foto’s aan sonder toestemming/koppel
         ŉ ander persoon se naam aan iets negatiefs/om foto’s te dokter/mense
         afdank/met jou ou of meisie opbreek/mense uit te daag om dinge teen
         hulle wil te doen.
         (Of soortgelyk)                                                            (2)

1.12     C – Kinders se spelvermoë verbeter.                                        (1)

1.13     Jy leer op jou voete dink./Jy moet voor of met mense kommunikeer./Jy
         leer om in die openbaar te kommunikeer./Jy leer om te sê wat jy dink.      (1)

1.14     Jy kan nie liggaamstaal lees nie./Jy kan nie verskillende stemtone hoor
         nie./Jy kan nie gesigsuitdrukkings lees nie.                               (2)

1.15     Voordeel: almal weet wat om hulle aangaan.
         Nadeel: daar is baie nuus wat onwaar of verkeerd is (en nie almal
         bevraagteken wat hulle lees nie).                                          (2)

1.16     Die skrywer wil weet of dit nou normaal is om antisosiaal te
         wees./Bevraagteken die antisosiale gedrag van mense.                       (1)

1.17     Die prentjie wys vir ons hoe families elektroniese media gebruik en nie
         met mekaar kommunikeer nie en dit is waaroor die teks handel.
         (Beide kante moet gestel word om die punte te verdien.)                    (2)

1.18     1.18.1       C – Mense skep ŉ verbeeldingswêreld.                          (1)

         1.18.2       A – Mense raak afhanklik van tegnologie.                      (1)

         1.18.3       D – Slaappatroon word versteur.                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1          (EC/SEPTEMBER 2021)

TEKS B

1.19   WhatsApp                                                                      (1)

1.20   3,7 miljoen                                                                   (1)

1.21   Die deel fokus op aankope van items./Geld op items spandeer.                  (1)

1.22   Tinder                                                                        (1)

1.23   670                                                                           (1)

1.24   Daar was grendeltyd (nie ‘lockdown’ nie)/mense was verveeld by die
       huis/dit is al/een van die dinge wat die mense kon doen.
       (Of soortgelyk)                                                               (1)

                                                        TOTAAL AFDELING A:           30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                          5

AFDELING B: OPSOMMING (TEKS C)

VRAAG 2

ALGEMEEN
 Kandidate moet volsinne skryf. Indien ŉ werkwoord kort, is dit nie meer ŉ volsin nie.
 Beplanning is nie nodig nie.
 Indien rofwerk/beplanning gedoen word, let op die volgende:
    o Indien die beplanning in potlood aangebied word, word dit as rofwerk beskou en
        die tweede aanbieding word nagesien.
    o Indien die eerste poging in pen aangebied word, word daardie poging as die
        finale antwoord beskou.
    o Indien daar twee feite in een sin gegee word, word slegs die eerste feit
        nagesien. Die tweede feit word geïgnoreer.

 Indien daar twee sinne by een koeëlpunt gegee word, word slegs die eerste sin
    nagesien.
 Kandidate hoef nie ŉ TITEL te verskaf nie.
 Indien afkortings in die opsomming voorkom, word elke afkorting volgens die getal
    woorde wat dit voorstel getel, byvoorbeeld, d.w.s. = 3 woorde.
 Indien die kandidaat die opsomming in paragraafvorm aanbied, word die eerste 7
    sinne van die paragraaf nagesien.
LET DAAROP DAT DIE OPSOMMING MEER AS EEN MOONTLIKHEID BINNE ŉ
PARAGRAAF BEVAT. DIE NASIENER MOET DUS NOUKEURIG LEES!
KEN DIE TAALPUNTE SÓ TOE VIR NIE-DIREKTE AANHALINGS:
               Die hoofgedagte moet in ŉ volsin aangebied word.
               Punte
                      1–3 feite korrek – 1 punt
                      4–5 feite korrek – 2 punte
                      6–7 feite korrek – 3 punte
KEN DIE TAALPUNTE SÓ TOE VIR DIREKTE AANHALINGS:
               Die hoofgedagte moet in ŉ volsin aangebied word.
               Punte
                      6–7 aanhalings – geen punte vir taal
                      1–5 aanhalings – 1 punt vir taal
LET WEL:
Woordtelling: Nasieners tel die getal woorde indien dit te lank lyk.
Geen punte word afgetrek indien die kandidaat nalaat om die getal woorde wat
gebruik is, aan te dui nie.
Indien die opsomming minder as die voorgeskrewe woorde bevat (minder as 70), maar
dit bevat al die hoofgedagtes, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.
 Indien die maksimum woorde oorskry word, moet die nasiener tot by die laaste
    volsin na die maksimum woorde nasien en die res van die opsomming
    ignoreer.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1          (EC/SEPTEMBER 2021)

TEKS C

LET WEL: Kandidate moet sewe wenke gee oor wat ŉ mens tydens grendeltyd kan
         doen wat jou kan help om te oorleef.

            DIREKTE AANHALING                              EIE WOORDE

Maak tyd om oor grendeltyd (lockdown) te      1. Jy moet tyd maak om oor grendeltyd
gesels. ... Dit help altyd om oor dinge wat      te praat / Praat oor dinge wat jou pla.
jou pla te gesels.                               (Praat of gesels is die kern)

Wanneer jy met iemand gesels, moet jy         2. Jy moet eerlik wees wanneer jy praat.
eerlik wees oor jou emosies.

Dit is ŉ goeie idee om hulpmiddels soos       3. Gebruik hulpmiddels (as jy skaam
byvoorbeeld foto’s of emoji’s te gebruik om      is).
mee te gesels.

Kleiner kinders kan emosies teken of hulle    4. Kleiner kinders kan prentjies teken of
kan selfs saam as ŉ gesin prentjies oor          ŉ collage maak.
negatiewe of positiewe emosies uitsny en
miskien ŉ collage maak.

Tieners kan dalk musiek gebruik om hulle      5. Tieners kan musiek gebruik of
emosies te beskryf of ook om grappies            grappies maak.
daaroor te deel wat hulle grendel-ervaring
goed opsom.

Soms moet ŉ mens ook vir jouself kan lag      6. ŉ Mens moet vir jouself kan lag
om beter te voel.

Wanneer ons goed deel, help dit ons om ons    7. Maak (genoeg) tyd vir mekaar.
emosies te verwerk; daarom moet ons tyd
maak vir ander mense.

Dit is daarom belangrik om gesinstyd te       8. Maak gesinstyd/wees daar vir mekaar.
maak en daar vir mekaar te wees.
                                                                            (54 woorde)

                                                            TOTAAL AFDELING B: 10

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
    (EC/SEPTEMBER 2021)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                             7

AFDELING C: TAAL

NASIENRIGLYNE

      Spelling vir eenwoord-antwoorde moet korrek wees om punte te verdien.
      Indien een woord gevra word, bv. die korrekte vorm van die woord tussen hakies, mag die
       kandidaat die hele sin uitskryf soos dit op die vraestel gegee word. Dis slegs by Leesbegrip
       en Vraestel 2 waar die kandidaat gepenaliseer word indien die korrekte woord nie uitgelig
       of onderstreep word nie. Waar daar in Vraestel 1 spesifiek gevra word vir een woord vir ...,
       geld hierdie toegewing nie.
      Spelfoute word gepenaliseer waar taalstrukture gevra word.
       o Wanneer verlede tyd getoets word, moet ge- as EEN WOORD met die werkwoord
           geskryf word.
       o Wanneer die infinitief getoets word, moet te in verbinding met die infinitief as TWEE
           WOORDE geskryf word.
      Waar afkortings getoets word, moet die punktuasie en die gebruik van klein- en hoofletters
       ook korrek wees om ŉ punt te verdien.
      Vir meervoudigekeusevrae word sowel die letter as die korrekte antwoord aanvaar.
      LET WEL: Waar advertensie- en strokiesprenttegnieke gevra word, tel taal- en spelfoute
                    nie, tensy dit die betekenis van die sin beïnvloed.
      LET WEL: Waar taalstrukture getoets word, word spelling gepenaliseer.
      Sinstrukture moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word volgens die
       instruksies.
VRAAG 3
TEKS D: ADVERTENSIE

    VR                                       ANTWOORD                                         PUNT
3.1        gemoedsrus                                                                          (1)

3.2        beste                                                                                (1)

3.3        Jy moet my bel(.)(!)                                                                 (1)

3.4        manipuleer                                                                           (1)

3.5        klante wat voertuie wil verkoop                                                      (1)

3.6        Beste verkoper 2020                                                                  (1)

3.7        motor                                                                                (1)

3.8        Beste (goed) prys/betaal kontant vir jou voertuig/beste verkoper 2020/hulle
           kom sien jou by jou huis.                                                            (1)

3.9        Dit maak die advertensie persoonlik.                                                 (1)
3.10       wêreldbekende/alombekende/doodbekende/wydbekende                                      (1)
                                                                                                [10]

    Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1               (EC/SEPTEMBER 2021)

VRAAG 4

TEKS E: STROKIESPRENT

   VR                                     ANTWOORD                                         PUNT
4.1        Sy mond is (wyd)oop/die zzzzz-teken
           (nie hy lê nie, dit vorm deel van die vraag)                                      (1)

4.2        huis                                                                              (1)

4.3        met wie                                                                           (1)

4.4         Die pa sê hy leer ook nou uit tuisonderrig. /
            Die pa sê dat hy ook nou uit tuisonderrig leer.                                 (1)

4.5        oorfone                                                                           (1)

4.6        Dit beklemtoon/wys dat die probleem nie by die onderwysers lê nie/
           dat almal gedink het dat onderwysers die probleem was.                            (1)

4.7        Hy fluister/praat agter sy hand./Praat in die vrou se oor.                        (1)

4.8        by                                                                                (1)

4.9            Die meisie luister musiek terwyl sy sit en haar naels verf. /
               Terwyl die meisie musiek luister, sit sy haar naels en verf. /
               Die meisie sit haar naels en verf terwyl sy musiek luister. /
               Terwyl die meisie haar naels sit en verf, luister sy musiek.                 (1)

4.10       soggens                                                                           (1)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                             9

VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT
TEKS F: ARTIKEL
   VR                                      ANTWOORD                                      PUNT
5.1         skilpadjie                                                                    (1)

5.2         Hy het elke dag gekyk hoe die ander diere hardloop.
            Hy het elke dag gekyk hoe die ander diere gehardloop het.                      (1)

5.3         Blitsvinnig/vinnig                                                             (1)

5.4         Voorbeelde van homonieme:
            Dop vir ŉ pen/dop: veral sterk drank/les in jou dop (kop) kry/Dop
            (druip) ŉ graad                                                                (1)

5.5         Toe hy uit sy dop (ge)kruip (het), was hy baie gelukkig.                       (1)

5.6         Daar is ŉ vlieg in die salf.                                                   (1)

5.7         boompie                                                                        (1)
5.8         daarin                                                                         (1)

5.9         (Skilpad wag lank tot die voël wegvlieg) om uit die gat te kom.                (1)

5.10        bewende                                                                        (1)

5.11        (Hy soek) gou-gou sy dop by die klip (en kruip terug).                         (1)

5.12        Sjoe/Wow/Dankie vader
            (Of soortgelyk binne konteks)                                                  (1)

5.13        Hul(le)                                                                        (1)

5.14        skaam te wees                                                                  (1)

TEKS G: PRENT

5.15        Die hond word elke dag deur Jannie gejaag.
            Die hond word elke dag gejaag deur Jannie.                                     (1)

5.16        Skot + tel + goed                                                              (1)

5.17        Kuiermense/kuiergaste/gaste/besoekers                                          (1)

5.18        speelgoed                                                                      (1)

5.19        Die man lê op die bank, want hy is moeg.                                       (1)

5.20         Het jy die skottelgoed nog nie gewas nie?/
             Het jy nog nie die skottelgoed gewas nie?                                    (1)
                                                                                         [20]

                                                           TOTAAL AFDELING C:              40
                                                               GROOTTOTAAL:                80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRIKAANS FAL P3 MEMO GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-memo-gr12-sept-2021/b41a1f22-f1e3-4fc2-bc89-f59dbd7a7811) — Afrikaans FAL · Memo · 2021 · Afr
- [AFRFAL P1 GR12 MEMO SEPT 2017 2](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-memo-sept-2017-2/f72138fc-6cf9-411c-885d-805e2eb9d364) — Afrikaans FAL · Memo · 2017
- [AFRFAL P1 GR12 MEMO SEPT 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-memo-sept-2015/83c77c1e-56e1-481b-aa50-ebba81f16643) — Afrikaans FAL · Memo · 2015
- [AFRFAL GR12 P1 MEMO SEP 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-gr12-p1-memo-sep-2012/b3ac1d72-6a6e-4b09-b6b2-ba44b62d1052) — Afrikaans FAL · Memo · 2012
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2021/0a323951-81e2-46a2-adbf-10a4dfc61957) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
