# Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019, 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p1-gr12-qp-sept2019/aa6470e3-7799-4d07-91bf-1e098e78a493
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p1-gr12-qp-sept2019/aa6470e3-7799-4d07-91bf-1e098e78a493)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                        SEPTEMBER 2019

         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

PUNTE:    80

TYD:      2 uur

                                *AFRFA1*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1         (EC/SEPTEMBER 2019)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

      AFDELING A:       Leesbegrip (VRAAG 1)          (30)
      AFDELING B:       Opsomming (VRAAG 2)           (10)
      AFDELING C:       Taal (VRAAG 3, 4, 5 en 6)     (40)

 2.   Lees ALLE instruksies baie deeglik.

 3.   Beantwoord AL die vrae.

 4.   Begin elke VRAAG op ŉ NUWE bladsy.

 5.   Trek ŉ streep na elke afdeling.

 6.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

 7.   Laat ŉ reël oop na ELKE antwoord.

 8.   Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

 9.   Beplan jou tyd sό:

      AFDELING A:       50 minute
      AFDELING B:       30 minute
      AFDELING C:       40 minute

 10. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                              3

 AFDELING A: LEESBEGRIP

 VRAAG 1: ARTIKEL

 Lees die onderstaande artikel goed deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS A

                              BOELIES OP SOSIALE MEDIA

 1       Daar is ŉ nuwe gevaar wat kinders direk raak.

 2       Ons vind boelies nie meer net op skoolterreine nie. Dit gebeur
         daagliks dat tieners hulle maats ook in die kuberruim (cyber
         space) boelie. ŉ Selfoon, tablet of rekenaar met internet kan ŉ
         wapen in ŉ tienerdogter of -seun se hande word. Indien ŉ kind
         nie van ŉ skoolmaat hou nie, gebruik hy dan verskillende
         maniere om ŉ skoolmaat se naam af te breek.

 3       Die kuberboelies versprei daarom aspris negatiewe of onwaar skinderstories om
         die slagoffer seer te maak en sleg te laat voel. En dis natuurlik soveel makliker
         om katterig te wees as jy nie die teiken van jou valse kwaadpratery in die gesig
         hoef te kyk nie wanneer jy hom of haar met modder gooi.

 4       Maar wat is kuber-boeliery? Dit is stories wat nie waar is nie, lelike aanmerkings
         en dreigemente waarmee kuberboelies hulle slagoffers op sosialemediaplatforms
         viktimiseer.

 5       ŉ Kind wat aanmekaar geboelie word, kan depressief raak en sy skoolwerk kan
         daaronder ly. Dit kan ook sielkundige skade doen, kinders kan byvoorbeeld ŉ
         minderwaardigheidsgevoel ontwikkel wat selfs eendag ʼn negatiewe effek op hulle
         lewens as volwassenes kan hê.

 6       As ouers nie wil hê dat hul kinders negatief beïnvloed word nie, is dit belangrik
         om iets daaraan te doen.

 7       Een ding wat ouers kan doen, is om te monitor watter webtuistes hul kinders
         besoek en met wie hulle gesels wanneer hulle aanlyn is. Dit sal ook ŉ goeie idee
         wees om die rekenaar op ŉ plek in die huis te plaas waar jy makliker kan sien
         wat hulle op die web doen.

 8       As ouers spontaan of openlik met hul kinders is, kan hulle met hulle oor hierdie
         sake praat. Dit maak dit vir die kind maklik om aan die ouer te vertel as hulle deur
         iemand aanlyn of deur hul selfoon geboelie word.

 9       Dit is die ouers se verantwoordelikheid om hul kinders te leer hoe om hulself by
         die skool en op die internet te beskerm. Dit is ook hul plig om seker te maak dat
         hulle kinders nie ander boelie nie, want dit is verkeerd en niemand verdien om
         deur so iets te gaan nie.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                       (EC/SEPTEMBER 2019)

 10                            Kinders moet geleer word om nie op ʼn kuberboelie se lelike
                               en negatiewe boodskappe te reageer nie. As kinders stilbly,
                               maak hulle hul nie ook skuldig aan boeliegedrag nie.

 11      Alle bewyse van boeliegedrag soos WhatsApps wat die kind liggaamlik en
         emosioneel bangmaak, moet gebêre word. Maak ook skermskote van
         boodskappe en stuur dit aan ŉ verantwoordelike familielid van die boelie en
         bespreek dit met die skoolsielkundige. Stop boeliegedrag voor dinge lelik raak,
         omdat dit gewoonlik met verloop van tyd ook aggressiewer kan raak.

 12      Gaan dadelik met enige bewys na die polisie. In baie gevalle kan die kuberboelie
         krimineel vir sy gedrag vervolg word.

 13      Ouers moet hul seun of dogter nooi om openlik met hulle oor boeliegedrag en
         hulle gevoelens te praat. Ouers moet seker maak hulle kinders verstaan dit is nie
         hulle skuld nie. Die kind hoef nie daaroor skaam te voel nie. Die probleem lê by
         die boelie en nié by die kind nie.

 14      Laastens moet ouers met hul kinders oor die verantwoordelike gebruik van sosiale
         media praat. Alles wat die kinders aanlyn pos, kan teen hulle gehou word en dit
         wys eintlik hulle karakter aan die wêreld.

 15      Sosiale media was nog nooit bedoel om iemand seer te
         maak nie. Dit is dus nie reg om die tegnologie of die
         mense wat hierdie tegnologie geskep het te blameer
         nie. Die een wat jy moet blameer, is hulle wat met lelike
         gedagtes in die kuberruimte rondgaan en soek na 'n
         gewillige of onskuldige prooi!

 16      Veroorsaak sosiale media boeliegedrag? Soek eerder die fout by onetiese en
         gevoellose internetgebruikers.

                            [Verwerk en aangepas uit http://ciskano1.com/pietventer/boelies.html/ https://
             jougesin.solidariteit.co.za/hanteer-jou-kind-se-kuberboelie/. Toegang op 04 Januarie verkry.]

 LET WEL:
 • Beantwoord AL die vrae.
 • Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

 1.1    Wat is die nuwe gevaar in paragraaf 1?                                                        (1)

 1.2    Hoekom word daar in paragraaf 2 van skoolterreine gepraat?                                    (1)

 1.3    Kies die korrekte antwoord tussen hakies.Skryf net die vraagnommer en
        antwoord neer.                                                                                (1)

        ŉ Selfoon is ŉ wapen in ŉ kind se hand beteken dat jy iemand
        (fisies/emosioneel) skade doen.

 1.4    Watter WOORD in paragraaf 2 wys dat kinders baie in die kuberruim
        geboelie word?                                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                         5

 1.5    Wat beteken dit as iemand katterig optree?                                           (1)

 1.6    Jy gooi iemand met modder. (paragraaf 3):

        1.6.1     Word hierdie stelling letterlik of figuurlik gebruik?                      (1)

        1.6.2     Motiveer jou antwoord in VRAAG 1.6.1.                                      (1)

 1.7    Watter antwoord is nie korrek nie? Skryf net die letter (A–D) langs die
        vraagnommer (1.7) neer.                                                              (1)

        Hierdie artikel ...

        A        is ŉ waarskuwing vir kinders wat ander boelie.
        B        gee raad aan kinders wat geboelie word.
        C        sê dat boeliery nie net by skole plaasvind nie.
        D        sê dat boeliery nie ernstig opgeneem moet word nie.

 1.8    Noem TWEE gevolge van boeliery op kinders.                                           (2)

 1.9    Dink jy dit is ŉ goeie idee dat ouers hul kinders monitor en ook kyk na watter
        webtuistes hulle besoek? Motiveer jou antwoord.                                      (1)

 1.10 Hoekom moet bewyse van boeliery aan ŉ verantwoordelike familielid gestuur
      word?                                                                                  (1)

 1.11 Wat impliseer die skrywer dat die boelie met verloop van tyd aggressiewer
      raak?                                                                                  (1)

 1.12 Hoekom is dit, volgens paragraaf 10, beter as ŉ kind nie op ŉ boelie se
      slegte boodskap reageer nie?                                                           (1)

 1.13 Haal TWEE AGTEREENVOLGENDE woorde aan (paragraaf 12) wat
      impliseer dat die boelie moontlik tronk toe kan gaan of ŉ boete kan kry.               (1)

 1.14 Kies die korrekte antwoord uit KOLOM B wat by die woord in KOLOM A pas.
      Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.14.1–1.14.3) neer,
      bv. 1.14.4 E.

                      KOLOM A                                KOLOM B
        1.14.1         Kuberboelie           A    Hoef nie skaam te voel nie

        1.14.2         Slagoffers            B    Nie bedoel om iemand seer te maak
                                                  nie

        1.14.3         Internet              C    Sien sosiale media as ŉ wapen

                                             D    Positiewe effek op volwassenes
                                                                                   (3 x 1)    (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                 (EC/SEPTEMBER 2019)

 1.15 Jy moet ŉ paar keer geboelie word voordat jy na die polisie mag gaan.

        Haal ŉ sin aan wat hierdie stelling as ONWAAR bewys.                                  (1)

 1.16 Hoekom hoef die kind (paragraaf 13) nie skaam te wees as hy/sy geboelie                 (1)
      word nie?

 1.17 Na wie verwys ŉ gewillige of onskuldige prooi in paragraaf 15?                          (1)

 1.18 Hoe, dink jy, kan dinge wat jy aanlyn pos teen jou gehou word? Noem EEN                 (1)
      moontlikheid.

 1.19 Hoekom, dink jy, is sosiale netwerke geskep?                                            (1)

 1.20 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en
      die antwoord neer.

        Die antwoord op die vraag in paragraaf 16 lê in die laaste sin.

        Ons kan daarom aflei dat hierdie antwoord (ja / nee) is.                              (1)

 Kyk goed na die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS B

                                                     [Aangepas uit Die Burger, 14 Mei 2014]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                            7

 VRAE

 1.21   Gee EEN moontlike rede hoekom die kinders in die jare 2016+ uiters vet
        geword het.                                                                     (1)

 1.22   X, XL, XXL en XXXL verwys gewoonlik na die grootte van klere. Waarna
        verwys hierdie simbole in die prent?                                            (1)

 1.23   Gee EEN rede waarom generasie X moontlik maerder as die ander
        generasies is.                                                                  (1)

 1.24   Hoe kan jy uit die prent aflei dat kinders in Generasie Super XXXL nie
        tevrede met hulle gewig is nie?                                                 (1)

 1.25   Watter boodskap word deur die prentjies aan weerskante van die opskrif
        oorgedra?                                                                       (1)

 1.26   Watter afleiding kan jy maak dat die seuntjies in Generasie XXL en
        Generasie Super XXL geen skoolsakke dra nie?                                    (1)

                                                           TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                     (EC/SEPTEMBER 2019)

 AFDELING B: OPSOMMING

 VRAAG 2

 INSTRUKSIES

 Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.

 • Skryf SEWE wenke oor hoe ouers kan voorkom dat hulle kinders nie
   afgeskeep word nie in jou EIE VOLSINNE neer.
 • Skryf die wenke puntsgewys neer.
 • Nommer die sinne van 1–7.
 • Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
 • Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

 TEKS C

      OUERS KAN VOORKOM DAT HULLE KINDERS NIE AFGESKEEP WORD
                               NIE!

 In ons moderne lewe is al twee ouers verplig om te gaan werk as gevolg van
 finansiële redes. Dit het ŉ negatiewe invloed op ouerskap. Hier volg ŉ paar wenke
 wat belangrik is om te voorkom dat ouers nie hulle kinders afskeep nie.

 Dit het by die moderne ouers mode geword om hul sorg by hul kinders te
 verminder deur duur TV- en rekenaarspeletjies te koop. Kinders moenie toegelaat
 word om heeldag binne te sit en elektroniese speletjies te speel nie. Ouers kan
 interessante aktiwiteite uitdink wat hulle saam met hulle kinders kan doen. Dit lei
 na kreatiewe kinders wat dinge vir hulself kan doen en ook wat self kan dink. As
 ouers ook hul kinders se vrae beantwoord, sal hulle veilig en benodig voel.
 Kinders mimiek baie maal hulle ouers se optrede. Dit is baie belangrik dat ouers
 ŉ goeie voorbeeld en rolmodel vir hulle kinders moet wees.

    Speel is die beste manier om nuwe dinge te probeer, foute te maak, te leer en te
    onthou. Daarom is dit belangrik dat kinders moet speel en hulle verbeelding
    gebruik. ŉ Groot speelgoedmaatskappy wou sy mark toets vir watter tipe
    speelgoed die populêrste is. Meer as 90% van die kinders het geantwoord dat
    hulle meer kwaltiteit tyd saam met hul ouers wil spandeer. Ouers wat vir hul
    kinders omgee, neem verantwoordelikheid vir hulle kind se lewe en niks of
    niemand mag ŉ ouer vervang nie.

     [Verwerk en aangepas http://pd.voortrekkers.org.za/pdf/Artikels/OUERSKAP.pdf. Toegang op 04
                                                                            Januarie 2019 verkry.]

                                                                     TOTAAL AFDELING B:              10

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                             9

 AFDELING C: TAAL

 VRAAG 3: ADVERTENSIE

 •    Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.
 •    Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer wat
      beantwoord moet word.
 •    Voer die instruksie by elke vraag uit.

 TEKS D

                                                    [Aangepas en verwerk uit GOOGLE PICTURES]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                  (EC/SEPTEMBER 2019)

 VRAE

 3.1    Wat moet ŉ mens doen om hulp by OUT-surance te kry?                                  (1)

 3.2    Watter antwoord is ONWAAR? Skryf net die korrekte vraagnommer en die
        letter as antwoord neer, bv. 3.2 E.

        Die leser word gemanipuleer om ŉ kliënt van OUT-surance te word ...

        A     deur die prent van die meisie wat die motor stoot.
        B     deur die woorde waar jy altyd iets uitkry.
        C     deur die woorde ons is net ŉ klik weg.
        D     deur die gebruik van vetgedrukte woorde.                                       (1)

 3.3    Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies.

        Die TUSSENWERPSEL wat die meisie se woorde in die advertensie die
        beste sal voltooi is (Sjoe!/Foeitog!) Ek is moeg.                                    (1)

 3.4    Vir watter deel van ŉ woord staan die afstandskoppelteken in die
        onderstaande sin?

        Ons spesialiseer in motor- & huisversekering.                                        (1)

 3.5    Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord in die volgende sin:

        Die motor het ŉ (dood) battery.                                                      (1)

 3.6    Watter woord maak die advertensie persoonlik?                                        (1)

 3.7    Herskryf die sin en skryf die deel tussen hakies in die infinitief.

        As jy iemand nodig het (sleep jou motor na die naaste diensverskaffer),
        skakel OUT-surance.                                                                  (1)

 3.8    Watter voegwoord word met die & in Motor & Huisversekering
        geïmpliseer?                                                                         (1)

 3.9    Gee ŉ sinoniem uit die advertensie wat dieselfde as verniet beteken.                 (1)

 3.10   Hoekom gebruik die adverteerder ŉ vrou en nie ŉ man in die advertensie
        nie?                                                                                 (1)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                           11

 VRAAG 4: STROKIESPRENT

 •    Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
 •    Voer die instruksies by elke vraag uit.

 TEKS E

                                                                  [Aangepas: Onbekende bron]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1              (EC/SEPTEMBER 2019)

 VRAE

 4.1    Waarvoor staan die musieknote in raampie 1?                                       (1)

 4.2    Kies die korrekte antwoord om die sin korrek te voltooi. Skryf slegs die
        vraagnommer en die antwoord neer.

        Die seuntjie in raampie 3 staan op sy (kniee/knieë).                              (1)

 4.3    Hoekom is die seuntjie in raampie 4 ongelukkig?                                   (1)

 4.4    Gee die VERKLEININGSVORM van die vetgedrukte woord in die volgende
        sin

        Ek wil vir my ma ŉ hartjie en ŉ blom gee.                                         (1)

 4.5    Skryf die volgende sin in die INDIREKTE REDE.

        Ek wil my vir ma ŉ hartjie en ŉ blom gee.

        Begin so: Die seuntjie sê dat ...                                                 (1)

 4.6    Gee die INTENSIEWE VORM vir die vetgedrukte woord. Skryf net die
        woord as jou antwoord neer.

        In raampie 5 hardloop die seuntjie vinnig na sy ma toe.                           (1)

 4.7    Voltooi die sin met die korrekte VOORSETSEL.

        Die ma raas ... die seuntjie.                                                     (1)

 4.8    Hoe weet ons dat die seuntjie in raampie 4 ongelukkig is?                         (1)

 4.9    Hoe weet ons dat die ma, in raampie 6, op die seuntjie skree?                     (1)

 4.10 Wat dink jy skree die ma vir die seuntjie in raampie 6? Jou antwoord moet
      nie meer as VYF woorde wees nie.                                                    (1)
                                                                                         [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                                 13

 VRAAG 5: LEESTEKS EN PRENT

 •     Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) en die prent (TEKS G)
       hieronder gebaseer.
 •     Opsetlike taalfoute kom voor.
 •     Voer die instruksie by elke vraag uit.

 Lees die artikel en beantwoord die vrae.

 TEKS F

                            VUVUZELAS: EIE AAN AFRIKA

 Baie mense hou van die Vuvuzela se geluid terwyl ander nie. Maar as ŉ mens
 van die vuvuzela praat, verwys (5.1 ...) na die geluid wat dit maak.

 Die mense sê dit lyk asof die (5.2 koedoe) se horing die vuvuzela se oeroupa is.
 (5.3 Ou Afrika-stamme het ŉ koedoehoring geblaas) om stamlede bymekaar te
 roep. (5.4 Sokkerentoesiaste het later dieselfde geluid probeer namaak.) Hulle
 het toe ŉ blaasinstrument van blik gemaak.

 In die 1990’s het twee (5.5 Kaap) besluit om dié blaasinstrument van plastiek te
 maak. (5.6 Hulle het aanhou probeer tot die koedoehoring se klank perfek
 nagemaak is.) Eers in 2004 het hulle die (5.7 nuwe) blaasinstrument geregistreer.
 In Zoeloe beteken dit “om groot geraas te maak”.

 (5.8 Sokkertoeskouers hou van die vuvuzela.) (5.9 Daarmee kan jy jou vreugde
 oor of jou teleurstelling in jou span se spel uitdruk.) Die hoofdoel is om te wys dat
 jy die spelers ondersteun. (5.10 Jy blaas harder. Die spelers speel beter.)

 (5.11 Judith Sephuma, bekende jazz-sangeres, sê dat sy mal daaroor is.) Ons is
 Afrikane en ons mag geraas maak. Toe die sokkerondersteuners eenkeer in
 Bloemfontein saam met die geluid van die vuvuzela gesing het, was dit een van
 die mooiste klanke wat sy nog ooit gehoor het. (5.12 Sy glo dis pret want dit bou
 spangees en dis ons eie.)

 (5.13 Meneer) Sepp Blatter, die president van Fifa, het gesê dit is Afrika se
 kultuur. Suid-Afrikaners het dit in die (5.14 19de) Fifa-Wêreldbekertoernooi
 gebruik. Hulle beoefen hul kultuur wanneer hulle kan.

 [Verwerk en aangepas uit Leesbegrip. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 DBE/November 2010]

 5.1    Vul die ontbrekende VOORNAAMWOORD in. Skryf slegs die
        vraagnommer en die korrekte woord neer.

        As ŉ mens van die vuvuzela praat, verwys ... na die geluid wat dit maak.                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1              (EC/SEPTEMBER 2019)

 5.2    Kyk na die WOORDEBOEKINSKRYWING. Op watter deel van die woord
        word die klem geplaas? Skryf slegs die deel van die woord wat klem dra as
        antwoord neer.

        Koeˈdoe s.nw [~s] (<Xh.)                                                         (1)

 5.3    Skryf die sin in die LYDENDE VORM.

        Ou Afrika-stamme het ŉ koedoehoring geblaas.                                     (1)

 5.4    Herskryf die volgende sin en begin met die onderstreepte woord.

        Sokkerentoesiaste het later dieselfde geluid probeer namaak.                     (1)

 5.5    Vorm ŉ PERSOONSNAAM met die woord tussen hakies.

        In die 1990’s het twee (Kaap) besluit om dié blaasinstrument van plastiek
        te maak.                                                                         (1)

 5.6    Herskryf die volgende sin in ŉ VRAAGSIN.

        Hulle het aanhou probeer tot die koedoehoring se klank perfek nagemaak
        is.                                                                              (1)

 5.7    Gee die ANTONIEM vir die woord tussen hakies.

        Eers in 2004 het hulle die (nuwe) blaasinstrument geregistreer.                  (1)

 5.8    Skryf die volgende sin in die ONTKENNENDE VORM.

        Sokkertoeskouers hou van die vuvuzela.                                           (1)

 5.9    Skryf die sin in die VERLEDE TYD.

        Jy kan jou vreugde oor jou span se spel uitdruk.                                 (1)

 5.10   VERBIND die sinne met die woorde wat gegee word.

        Jy blaas harder. Die spelers speel beter.

        Begin so: Hoe harder ...                                                         (1)

 5.11   Skryf die sin in die DIREKTE REDE.

        Judith Sephuma sê dat sy mal daaroor is.                                         (1)

 5.12   Skryf die sin oor en vul die ontbrekende LEESTEKEN op die korrekte plek
        in.

        Sy glo dis pret want dit bou spangees en dis ons eie.                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                              15

 5.13   Skryf die AFKORTING vir die woord tussen hakies.

        (Meneer) Sepp Blatter het gesê dit is Afrika se kultuur.                             (1)

 5.14   Skryf die GETAL tussen hakies in woorde.

        Suid-Afrikaners het dit in die (19de) wêreldbekertoernooi gebruik.                   (1)

 Kyk na die prent hieronder en beantwoord die vrae.

 TEKS G

                                                          [Verwerk uit www.neelsie.co.za]

 5.15   Gee die korrekte TEENWOORDIGE DEELWOORD van die woord tussen
        hakies.

        Die (lag) kind staan op die tafel.                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1            (EC/SEPTEMBER 2019)

 5.16   Kies die korrekte woord tussen hakies.

        Die kind (spuit/spyt) die onderwyser met ŉ tuinslang nat.                       (1)

 5.17   Gebruik die homoniem van leer in ŉ sin sodat die betekenis duidelik blyk.

        Hierdie kinders moet ŉ les leer.                                                (1)

 5.18   Vorm ŉ samestelling met die woorde tussen hakies.

        Meneer het nie ŉ (tafel + doek) op sy tafel nie.                                (1)

 5.19   Skryf die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies neer.

        Die (stout) kind hang aan die skryfbord.                                        (1)

 5.20   Herskryf die volgende sin en verbeter die taalfout.

        Meeste kinders in die klas is stout.                                            (1)

                                                              TOTAAL AFDELING C:        20
                                                                  GROOTTOTAAL:          80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2019/1175654c-a72b-4022-82c5-578a071301c9) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2019/e47d275e-1758-490f-82cc-f901024759a5) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr
- [AFR FAL P1 QP SEP 2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p1-qp-sep-2018/45844a5e-44ca-4806-9ccf-50a3b521ae52) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [AFRFAL P1 GR12 QP SEPT 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-qp-sept-2017/bed91df2-5796-4828-8362-beb7d6cedac1) — Afrikaans FAL · QP · 2017
- [AFRFAL P1 GR12 QP AFR SEP 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-qp-afr-sep-2014/b057f18a-d603-4117-badb-7f671468e421) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Gr12 AFRFA P1 S13 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrfa-p1-s13-qp-afr/3f8a8d90-8632-485c-be62-252400d2b66a) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
