# Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021, 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p1-gr12qp-sept2021-deaf/cd7891de-0c2c-4d42-852c-169bc6bb6785
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p1-gr12qp-sept2021-deaf/cd7891de-0c2c-4d42-852c-169bc6bb6785)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2021

         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
                       (DOWE)

PUNTE:    80

TYD:      2 uur

                    Hierdie vraestel het 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (DOWE)   (EC/SEPTEMBER 2021)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel het DRIE afdelings:

      AFDELING A:        Leesbegrip (VRAAG 1)                              (30)
      AFDELING B:        Opsomming (VRAAG 2)                               (10)
      AFDELING C:        Taal (VRAAG 3, 4, en 5)                           (40)

2.    Lees AL die instruksies.

3.    Beantwoord AL die vrae.

4.    Begin elke VRAAG op ŉ NUWE bladsy.

5.    Trek ŉ streep na elke afdeling.

6.    Nommer die antwoorde dieselfde soos die nommers op die vraestel.

7.    Laat ŉ reël na ELKE antwoord oop.

8.    Skenk aandag aan spelling en sinskonstruksie.

9.    Beplan jou tyd:

      AFDELING A:        50 minute
      AFDELING B:        30 minute
      AFDELING C:        40 minute

10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (DOWE)                             3

 AFDELING A: LEESBEGRIP

 VRAAG 1: TYDSKRIFARTIKEL

 Lees die artikel en beantwoord die vrae.

 TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL

                           ANTISOSIAAL, NUWE NORMAAL?

 1     Deesdae kan ŉ mens baie
       baie vriende aanlyn hê en
       selfs met wildvreemdes
       wêreldwyd gesels, maar
       tog sukkel ons om
       verhoudings met die
       mense naby aan
       ons te bou. Dit lyk of
       tegnologie tog ŉ invloed
       op ons mense- en
       gesinsverhoudings
       het, want pa, ma, boeties,
       sussies en vriende sit
       permanent met hul eie
       elektroniese apparate.

 2     As woorde soos WhatsApp en Facebook vir jou vreemd is, woon jy seker op Mars.
       Want, soos baie mense wat werk ŉ koppie koffie in die oggend nodig het om
       wakker te word, het die Y-generasie (mense wat tussen 1976 en 2010 gebore is)
       hulle selfone, rekenaars of tablette nodig.

 3     Dit neem baie tyd om met jou kubervriende in jou virtuele sosiale groep te kuier.
       Dit kan ook jou slaappatroon aantas. Andrea (17 jaar) se beste vriend is in
       Bangkok. Wanneer ek slaap, is dit dag by hulle, maar sy Facebook my wakker en
       dan moet ek reageer.

 4     Kommunikasietegnologie maak dat jongmense meer en meer tyd op hul eie (in
       isolasie) in hulle eie virtuele sosiale kringe bestee. Die tyd om saam met jou gesin
       te kuier, word minder en mense sit alleen in hulle eie spasie. Dit is ongelukkig iets
       wat ons nie kan keer nie.

       Kommunikasie-afhanklikheid
 5     Moderne kommunikasietegnologie verander die psige(gemoed) van die mens, sê
       Pieter de Villiers, ŉ besigheidskonsultant. “Mense raak afhanklik van tegnologie,
       dis amper soos alkoholisme ... dit sluit selfone, rekenaars, internet, e-pos, tablette
       en TV’s in. Ons is besig om ons fokus te verander van mense na tegnologie.
 6     Die eerste ding wat mense doen as hulle in die oggend opstaan of nadat die
       vliegtuig land, is om hulle foon aan te skakel. Ons raak meer en meer
       individualisties. Ek en my virtuele lewe het nie meer mense nodig nie. Ons lewe in
       ŉ vakuum; net ons en ons tegnologie.”

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (DOWE)               (EC/SEPTEMBER 2021)

         Jou vriend en vyand

    7    Een van die min voordele is dat mense wat skaam is, wel op WhatsApp en
         Facebook sal kommunikeer en so hulle sosiale lewe kan verbeter.

    8    Die probleem met virtuele kommunikasie is dat mense nie verantwoordelikheid
         neem vir dit wat hulle doen nie. Selfs volwassenes gebruik WhatsApp om vir hulle
         vrou of man te vra om te skei. Geen mens wil met ŉ negatiewe reaksie
         gekonfronteer word nie. Mense begin ook sukkel om met mekaar te gesels. Kinders
         kan nie meer met hulle ouers gesels nie, hulle sukkel om in groepe met mekaar te
         praat, hulle sukkel om in die klas te fokus en hulle kan nie meer behoorlik lees nie.
    9    Dr. Tanya Boshoff, ŉ kliniese sielkundige, sê dat mense ŉ fantasie-wêreld op
         Facebook skep wat eintlik anders is as wat hy of sy regtig is. Daar kan jy van die
         moeilike en baie keer ŉ hartseer lewe na ŉ perfekte wêreld vlug. Hierdie maak-asof-
         alles-perfek-is wêreld kan lei dat hul Facebookvriende depressief word omdat hulle
         eie lewe nie perfek is nie. Tieners het ook byname in geselskamers en sê dinge wat
         hulle nooit hardop of vir iemand direk sal sê nie. Hulle leer ook nie om in die
         openbaar te praat nie omdat hulle nie geleer het hoe om op te staan en te sê wat
         hul dink nie. Dit is hoekom mondelinge en dialoog in ŉ klas baie belangrik is.
    10   ŉ Groot probleem met virtuele kommunikasie, is dat ŉ mens nie lyftaal,
         gesiguitdrukking en verskillende stemtone kan lees nie. Dit kan na groot
         misinterpretasies van ŉ boodskap lei. Daarom moet ouers hul kinders leer hoe om
         te kommunikeer en kinders moet ook aan debatsgroepe deelneem. Bel eerder jou
         vriend met WhatsApp as om vir hom of haar ŉ teksboodskap te stuur.

    11   Tegnologie se voordeel is dat nuus en inligting blitsvinnig versprei. Dit het baie
         voordele vir almal wat wil weet wat om hulle aangaan. ŉ Nadeel is ongelukkig dat
         daar baie nuus is wat onwaar of verkeerd is en mense weet nie altyd wat om te glo
         nie. Mense sit ook by die werk op Facebook en WhatsApp en baie werksure gaan
         verlore.

    12   Moenie dat die virtuele wêreld jou dag opeet nie; maak tyd vir die regte wêreld en
         dit wat belangrik is.
                                            [Aangepas en oorgeskryf uit Taalgenoot, Februarie 2008]

    LET WEL:
    • Beantwoord AL die vrae.
    • Skryf die vraagnommer en die antwoord.

    1.1 Met wie sukkel ons om ŉ verhouding op te bou?                                          (1)

    1.2 Waarom sukkel ons om ŉ verhouding op te bou?                                           (1)

    1.3 Hoekom word die woord baie twee keer in die eerste sin gebruik?                        (1)

    1.4 Hoekom sê die skrywer: “As woorde soos WhatApp en Facebook vir jou
        vreemd is, woon jy seker op Mars.”                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (DOWE)                     5

 1.5    Motiveer deur aan te haal waarom die volgende stelling ONWAAR is.

        Die matriekklas van 2021 is nie deel van die Y-generasie nie.                  (1)

 1.6    Wat het werkende mense en die Y-generasie in gemeen?                           (1)

 1.7    Hoe weet ons dat Facebook sleg vir jou is (paragraaf 3)?                       (1)

 1.8    Wanneer ek slaap, is dit dag by hulle, maar sy Facebook my wakker en dan
        moet ek reageer.

        1.8.1     Dink jy Andrea moet ook in die aand haar Facebook-
                  boodskappe lees en beantwoord? Ja of nee.

        1.8.2     Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 1.8.1.                          (1)

 1.9    Lees paragrawe 4 en 5.

        Kies die KORREKTE antwoord.

        Kommunikasietegnologie veroorsaak dat mens (verslaaf daaraan raak/tyd
        het om met jou vriende te kuier).                                              (1)

 1.10   Lees paragraaf 6.

        Noem EEN sosiale probleem wat die mens deesdae beleef.                         (1)

 1.11   Noem TWEE verkeerde dinge wat mense kan doen wanneer hul sosiale
        media gebruik.                                                                 (2)

 1.12   Watter stelling is ONWAAR van sosiale media?

        A       Introverte praat maklik op sosiale media.
        B       Mense sukkel om met mekaar te kommunikeer.
        C       Kinders se spelvermoë verbeter.
        D       Kinders se leesvermoë verswak.                                         (1)

 1.13   Noem ŉ rede waarom mondeling in ŉ klas belangrik is.                           (1)

 1.14   Waarom kan geskrewe kommunikasie na ŉ misinterpretasie van ŉ
        boodskap lei? Gee TWEE redes.                                                  (2)

 1.15   Gee EEN voordeel en EEN nadeel van nuusberigte op die internet.                (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (DOWE)         (EC/SEPTEMBER 2021)

    1.16   Hoekom is daar ŉ vraagteken na die hoofopskrif: Antisosiaal, nuwe
           normaal?                                                                       (1)

    1.17   Die prentjie met die mense pas by die inhoud van die teks.

           VERGELYK die prentjie met die inhoud van die teks.                             (2)

    1.18   Kies die korrekte antwoord uit KOLOM B wat by die naam in KOLOM A
           pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.18.1 tot
           1.18.3) neer, bv. 1.18.4 E.

                  KOLOM A                               KOLOM B
           1.18.1 Tanya Boshoff           A   Mense raak afhanklik van tegnologie

           1.18.2    Pieter de Villiers   B   Gesinsverhouding

           1.18.3    Andrea               C   Mense skep ŉ verbeeldingswêreld

                                          D   Slaappatroon word versteur
                                                                              (3 x 1)     (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (DOWE)                        7

 TEKS B

                                                        [Bron: https://bit.ly/3awGzcD]

 1.19   Watter sosiale media-toepassing word gebruik om die meeste
        teksboodskappe te stuur?                                                          (1)

 1.20   Hoeveel navrae kry Google elke minuut?                                            (1)

 1.21   Hoekom word ŉ trollie in die diagram hierbo gebruik?                              (1)

 1.22   Watter toep het die meeste besoekers?                                             (1)

 1.23   Hoeveel stemboodskappe word elke 600 sekondes (10 minute) op
        AmazonEcho gestuur?                                                               (1)

 1.24   Hoekom, dink jy, het so baie mense die internet in 2020 besoek?                   (1)
                                                                                         [30]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (DOWE)               (EC/SEPTEMBER 2021)

 AFDELING B: OPSOMMING

 VRAAG 2: INSTRUKSIES

 Lees die teks en voer die instruksies uit.

 •   Skryf SEWE wenke oor wat ŉ mens tydens grendeltyd kan doen wat jou
     kan help om te oorleef in jou EIE VOLSINNE neer.
 •   Skryf die wenke puntsgewys neer.
 •   Nommer die wenke van 1 tot 7.
 •   Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
 •   Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

 TEKS C

                      HOE OM GRENDELTYD TE OORLEEF ...

 Grendeltyd(inperking) was ŉ uitdaging vir almal. Sommige mense het vinnig
 aangepas, sommige sukkel nou nog. Maar hoe kan ek myself help as dit weer sou
 gebeur?

 Maak tyd om oor grendeltyd (‘lockdown’) te gesels. Jy kan jou met jou vriende of
 ŉ familielid praat oor hoe jy voel. Dit help altyd om oor dinge wat jou pla te gesels.
 Wanneer jy met iemand gesels, moet jy eerlik wees oor jou emosies; veral oor jou
 aanlyn skoolwerk of omdat jy nie jou vriende kan sien nie, of oor jou ouers se
 houding in hierdie tyd.

 Baie keer voel ŉ mens skaam om oor jou emosies en ervarings te praat. Dit is ŉ
 goeie idee om hulpmiddels soos byvoorbeeld foto’s of emoji’s te gebruik om mee
 te gesels.

 Kleiner kinders kan emosies teken of hulle kan selfs saam as ŉ gesin prentjies
 oor negatiewe of positiewe emosies uitsny en miskien ŉ collage maak.
 Tieners kan dalk musiek gebruik om hulle emosies te beskryf en ook om grappies
 daaroor te deel wat hulle grendel-ervaring goed opsom. Soms moet ŉ mens ook
 vir jouself kan lag om beter te voel.

 Wanneer ons goed deel, help dit ons om ons emosies te verwerk; daarom moet
 ons tyd maak vir ander mense. Vra jou ouers om ook met julle te praat. Sommige
 ouers wil nie hê hulle kinders moet sien hulle vind die tyd ook moeilik nie. Dit is
 daarom belangrik om gesinstyd te maak en daar vir mekaar te wees.

                                                        [Aangepas uit https://bit.ly/3oi1e8]

                                                             TOTAAL AFDELING B:                 10

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (DOWE)                          9

 AFDELING C: TAAL

 VRAAG 3: ADVERTENSIE

 • Die taalvrae wat volg, is op die advertensie gebaseer.
 • Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer wat
   beantwoord moet word.
 • Voer die instruksie by elke vraag uit.

 TEKS D

                                                            [Uit https://bit.ly/3aIrtAy]

 3.1    Vorm ŉ SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.

        (gemoed + rus)                                                                     (1)

 3.2    Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies.

        Besoek my vir die (goed) pryse.                                                    (1)

 3.3    Verander die volgende sin in ŉ BEVELSIN.

        Bel my.                                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (DOWE)        (EC/SEPTEMBER 2021)

 3.4    Kies die KORREKTE antwoord.

        Die man se liggaamstaal wys dat hy (vriendelik is met/manipuleer) sy klante.     (1)

 3.5    Kies die KORREKTE antwoord.

        Die teikengroep van die advertensie is (klante wat voertuie wil
        verkoop/klante wat Tapa wil koop).                                               (1)

 3.6    Watter toekenning het Seebos Tapa ontvang?                                       (1)

 3.7    Verbeter die SPELFOUT in die volgende sin.

        Ons betaal kontant vir jou moter.                                                (1)

 3.8    Gee ŉ rede uit die teks waarom jy jou voertuig aan Seebos Tapa sal
        verkoop.                                                                         (1)

 3.9    Waarom word voornaamwoorde soos jou en my in die advertensie
        gebruik?                                                                         (1)

 3.10 Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies.

        Tapa is ŉ (bekende) voertuig.                                                    (1)
                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (DOWE)                          11

 VRAAG 4: STROKIESPRENT

 • Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent gebaseer.
 • Voer die instruksies by elke vraag uit.

 TEKS E

                                                          [Verwerk uit Die Burger, 15 April 2020]

 4.1 Hoe weet ons dat die seun wat op die bank lê, slaap?                                    (1)

 4.2 Kies die KORREKTE antwoord.                                                             (1)

       Die pa se woorde impliseer(dui aan) dat die probleem by die (skool/huis) lê.

 4.3 Kies die KORREKTE antwoord.                                                             (1)

       Die vrou (met wie/waarmee) die man praat, lyk bekommerd.

 4.4 Skryf die volgende sin in die indirekte rede.

       “Ek leer ook nou uit tuisonderrig,” sê die pa.                                        (1)

       Begin so: Die pa sê ...

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (DOWE)        (EC/SEPTEMBER 2021)

4.5     Gee die korrekte AFRIKAANSE woord vir head phones.                               (1)

4.6     Hoekom word die woord, onderwysers, beklemtoon?                                  (1)

4.7     Hoe weet ons dat die pa nie hard wil praat nie?                                  (1)

4.8     Voeg die korrekte VOORSETSEL in.

        Die kinders sit ... die tafel en werk.                                           (1)

4.9     Verbind die volgende twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.

        Die meisie sit haar naels en verf. Sy luister musiek. (terwyl)                   (1)

4.10    Gee EEN woord vir die woord tussen hakies.

        Hierdie tuisonderrig begin (in die oggend).                                      (1)
                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (DOWE)                             13

 VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

 • Die taalvrae is op die artikel (TEKS F) en die prent (TEKS G) gebaseer.
 • Die nommering wys na die vraagnommer wat beantwoord moet word.
 • Opsetlike taalfoute kom voor.
 • Voer die instruksies uit.

 Lees en beantwoord die vrae.

 TEKS F

                                 SKILPAD SE DOP

 Eendag was daar ŉ (5.1 skilpad) en hy het alleen in die veld gewoon.
 (5.2 Hy kyk elke dag hoe die ander diere hardloop) en hy het hartseer gevoel.
 Skilpad het gedink en gedink en toe sê hy, “Ek kan nie (5.3 stadig) hardloop nie,
 want my (5.4 dop) is te swaar.”

 (5.5 Wanneer hy uit sy dop gekruip het, was hy baie gelukkig.)
 Skilpad hoor ŉ lawaai en kyk op. Daar sien hy ŉ groot voël wat laag (5.6 vlieg)
 wat hom wou vang.

 Hy hardloop na ŉ (5.7 boom) met ŉ gat (5.8 in + dit) en kruip by die gat in.
 Skilpad wag lank tot die voël wegvlieg (5.9 kom uit die gat).
 Dit begin reën en dis koud. Die (5.10 bewe) skilpad voel nou regtig baie sleg.
 Hy soek (5.11 by die klip sy dop gou-gou) en kruip terug.
 Hy sê: “(5.12 ... !) Nou is ek veilig.” Dis hoekom skilpaaie tot vandag toe nie uit
 (5.13 ...) dop wil kruip nie.

                                                         [Verwerk uit https://bit.ly/3pXH59P]

 5.1    Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies.

        Eendag was daar ŉ (skilpad) en hy het alleen in die veld gewoon.                        (1)

 5.2    Skryf die volgende sin in die VERLEDE TYD.

        Hy kyk elke dag hoe die ander diere hardloop.                                           (1)

 5.3    Gee ŉ ANTONIEM van die woord tussen hakies.

        Ek kan nie (stadig) hardloop nie.                                                       (1)

 5.4    Gebruik die HOMONIEM van dop in ŉ sin sodat die betekenis duidelik is.                  (1)

 5.5    Verbeter die TAALFOUT in die volgende sin.

        Wanneer hy uit sy dop gekruip het, was hy baie gelukkig.                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (DOWE)            (EC/SEPTEMBER 2021)

5.6     Gebruik die werkwoord vlieg as ŉ SELFSTANDIGE NAAMWOORD sodat
        die betekenis duidelik is.

        Daar sien hy ŉ groot voël wat laag vlieg wat hom wou vang.                           (1)

5.7     Gee die VERKLEINWOORD vir die woord tussen hakies.

        Hy hardloop na ŉ (boom) met ŉ gat.                                                   (1)

5.8     Skryf die KORREKTE VORM van die woorde tussen hakies.

        Hy hardloop na ŉ boom met ŉ gat (in + dit) en kruip in.                              (1)

5.9     Skryf die gedeelte tussen hakies in die INFINITIEF.

        Skilpad wag lank tot die voël wegvlieg (kom uit die gat).                            (1)

5.10    Gee die korrekte TEENWOORDIGE DEELWOORD vir die woord tussen
        hakies.

        Die (bewe) skilpad voel nou regtig baie sleg.                                        (1)

5.11    Gee die korrekte WOORDORDE vir die deel tussen hakies.

        Hy soek (by die klip/sy dop/gou-gou) en kruip terug.                                 (1)

5.12    Skryf ŉ passende TUSSENWERPSEL neer.

        Hy sê, “( ... !) Nou is ek veilig.”                                                  (1)

5.13    Vul die korrekte VOORNAAMWOORD in.

        Dis hoekom skilpaaie tot vandag toe nie uit ... dop wil kruip nie.                   (1)

5.14    Kies die KORREKTE antwoord.

        Die figuurlike betekenis van iemand wat in sy dop kruip, is om (skaam te
        wees/veilig te wees).                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (DOWE)                           15

 TEKS G

                                                        [Bron: Rapport, 27 Februarie 2018]

 5.15   Skryf die volgende sin in die LYDENDE VORM.

        Jannie jaag elke dag die hond.                                                        (1)
 5.16   Verdeel die woord tussen hakies in LETTERGREPE.
        Die gasvrou droog die (skottelgoed) af.                                               (1)

 5.17   Gee die PERSOONSNAAM van die woorde tussen hakies.
        Die (mense wat kuier) doen net wat hulle wil.                                         (1)

 5.18   Kies die KORREKTE woord.

        Daar lê baie (speelgoed/speeldinge) op die vloer.                                     (1)

 5.19   Vul die ontbrekende LEESTEKEN in. Skryf die hele sin oor.

        Die man lê op die bank want hy is moeg.                                               (1)

 5.20   Skryf die vraag hieronder in die ONTKENNENDE VORM.
        Het jy die skottelgoed al gewas?                                                      (1)
                                                                                             [20]

                                                             TOTAAL AFDELING C:               40
                                                                 GROOTTOTAAL:                 80

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFR FAL P1 GR11 MEMO SEPT2021](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p1-gr11-memo-sept2021/1980ebcd-61c5-4f9d-abd6-bbff21009e98) — Afrikaans FAL · Memo · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2021/0a323951-81e2-46a2-adbf-10a4dfc61957) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [AFR FAL P1 QP SEP 2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p1-qp-sep-2018/45844a5e-44ca-4806-9ccf-50a3b521ae52) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [AFRFAL P1 GR12 QP SEPT 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-qp-sept-2017/bed91df2-5796-4828-8362-beb7d6cedac1) — Afrikaans FAL · QP · 2017
- [AFRFAL P1 GR12 QP AFR SEP 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-qp-afr-sep-2014/b057f18a-d603-4117-badb-7f671468e421) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Gr12 AFRFA P1 S13 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrfa-p1-s13-qp-afr/3f8a8d90-8632-485c-be62-252400d2b66a) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
