# Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018, 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p1-qp-sep-2018-d/30aa6be5-9af3-477c-aff1-11f13f0979c8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p1-qp-sep-2018-d/30aa6be5-9af3-477c-aff1-11f13f0979c8)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                        SEPTEMBER 2018

         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

PUNTE:    80

TYD:      2 uur

                              *AFRFA1*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1         (EC/SEPTEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

      AFDELING A:       Kyk- en Leesbegrip (VRAAG 1)                        (30)
      AFDELING B:       Opsomming (VRAAG 2)                                 (10)
      AFDELING C:       Taal (VRAAG 3, 4, 5 en 6)                           (40)

 2.   Lees ALLE instruksies baie deeglik.

 3.   Beantwoord AL die vrae.

 4.   Begin elke VRAAG op ŉ NUWE bladsy.

 5.   Trek ŉ streep na elke afdeling.

 6.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

 7.   Laat ŉ reël na ELKE antwoord oop.

 8.   Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

 9.   Aanbevole tydsindeling:

      AFDELING A:       50 minute
      AFDELING B:       30 minute
      AFDELING C:       40 minute

 10. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                            3

 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP

 VRAAG 1: ARTIKEL

 Lees die onderstaande artikel goed deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS A

                                     INTERNET-SLIM

 1.     Die internet is ŉ wonderlike wêreld. Die hele wêreld
        se biblioteke en ŉ boekrak se foto-albums pas in jou
        sak. Ook jou hele familie se geselsies is in jou hand.
        Maar die internet is ook ŉ gevaarlike plek. Daarom is
        dit nodig om jou inligting te beskerm.

 2.     “Daar is twee dinge wat ons móét weet wanneer ons die kuberruim binnegaan,” sê
        dr. Basie von Solms, direkteur van die sentrum vir rekenaarveiligheid by die
        Universiteit van Johannesburg. “Die internet is ŉ onveilige plek en wanneer jy die
        internet gebruik, is jy nooit anoniem nie.”
 3.     “Inligting is die goudmyn van ons tyd,” sê Basie. “Jou naam, adres,
        telefoonnommers, ID-nommer en bankdetails is wat kuberdief gebruik.”
 4.     “Wanneer jy die internet gebruik om na iets te soek of wanneer jy woorde intik,
        word jou inligting iewers gebêre. Hierdie inligting kan deur kuberkrakers gebruik
        word om ŉ profiel te skep.”
 5.                          Wanneer jy dus enige webwerf oopmaak, vorm dit deel van
                             jou digitale vingerafdruk. “Dit beteken ook dat jou digitale
                             vingerafdruk die hele internet vol lê. En jy sal jou inligting
                             veilig moet hou.”

 6.                          “Moet nooit dieselfde wagwoord vir alles gebruik nie! Jy
        gebruik dalk ŉ wagwoord vir aankope of banksake op ŉ webwerf wat streng
        sekerheidsreëls het. Maar jy gebruik miskien dieselfde wagwoord om by ŉ
        webwerf in te teken wat nie goeie sekuriteit het nie.”
        Onthou:
 7.     Kies ŉ wagwoord met ŉ kombinasie van letters, syfers en karakters (iets soos #,
        % en @) en gebruik dit vir webwerwe waar jy transaksies doen vir byvoorbeeld jou
        banksake.
 8.     “Die beste is ŉ program op jou rekenaar wat jou
        wagwoorde hanteer,” sê Mike. Hier adviseer hy om
        LastPass of 1password te gebruik. Dit is ŉ veilige
        program wat as ŉ virtuele kluis gebruik word. Jy
        behoort dus net een wagwoord te onthou om die kluis
        mee oop te sluit.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                     (EC/SEPTEMBER 2018)

 9      WhatsApp gebruik internet. Wat vir jou soos ŉ veilige geselsie tussen vriende voel,
        is definitief nie anoniem nie. Basie waarsku ook: “Enigiets wat jy op WhatsApp stuur,
        bly op die ontvanger se foon. Hy kan dit maklik-maklik aanstuur. Dink twee keer
        voordat jy ŉ sensitiewe foto of boodskap stuur.”
 10     Facebook is ŉ wonderlike manier om te weet wat in jou vriende en familie se lewe
        aangaan en om hulle meer oor joune te vertel. Maar dit is nie net jou vriende wat
        jou boodskappe sien nie, die hele wêreld kan dit sien. Mike sê ook: “Aanvaar
        vriendskap slegs van mense wat jy persoonlik ken.”
 11                            “Wees versigtig oor nuus en inligting wat jy deel. Baie foto’s
                               en nuus is vals, en jy wil nie die een wees wat onwaarhede
                               versprei nie.” Verifieer die bron. Opskrifte en sensasionele
                               foto’s word gebruik om reaksie uit te lok. Lees eers die hele
                               storie voordat jy dit aanstuur.

 12                            Jou bank sal jou nooit vra om op ŉ e-pos te reageer nie.
        Banke stuur slegs e-pos vir informasie. As jy onseker is, kyk goed na die e-
        posadres. As dit nie dieselfde adres is waarvandaan jy gewoonlik
        bankdokumente ontvang nie, vee die e-pos dadelik uit. Kyk ook na die webadres.
        As daar ŉ slotjie-teken of “https” voor die webadres staan, is dit veilig.
 13     Basie sê: “Om jou kind ŉ slimfoon te gee, is asof jy hom in Johannesburg se
        middestad sonder ŉ roetekaart aflaai. Dit is gevaarlik! Daarom moet jy weet hoe die
        tegnologie werk.” Mike stel voor: “Besluit saam dat jy enige tyd na jou kind se
        boodskappe mag kyk, sodat jy hom of haar kan help om die slimfoon op ŉ positiewe
        manier te gebruik.”
 14     “Oorweeg ook ŉ x-plan. Dit beteken dat jou kind ŉ “x” vir jou kan stuur wanneer hy
        onveilig voel. Julle kan vooraf besluit wat jy sal doen wanneer jou kind dié boodskap
        stuur.”
 15     Mike se raad:

        x   As iemand jou op WhatsApp pla, gebruik die “blok”-funksie.
        x   Wees versigtig met foto’s! Alle mense is nie sleg nie, maar ŉ glips op
            WhatsApp gebeur baie vinnig en jy kan dit nie keer nie.
        x   As jy WhatsApp op die werksfoon gebruik, onthou jou kontrak met jou werk.

                                                  [Verwerk uit http://lig.christians.co.za/jou-wereld/]

 VRAE

 1.1    Haal EEN woord uit paragraaf 1 aan wat die internet beskryf.                               (1)

 1.2    Wat beteken: Die hele wêreld se biblioteke en ŉ boekrak se foto-albums
        pas in jou sak?                                                                            (1)

 1.3    Noem TWEE dinge wat ons moet onthou as ons die kuberruim binnegaan.                        (2)

 1.4    Hoe kan ŉ kuberdief jou inligting gebruik vir sy eie voordeel?                             (1)

 1.5    Hoekom, dink jy, is bankwebwerwe veiliger om te gebruik?                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                              5

 1.6     Waarna verwys goudmyn in paragraaf 3?                                                (1)

 1.7     Na wie verwys kuberkrakers in paragraaf 4?                                           (1)

 1.8     Wat kan met ŉ mens gebeur as jy vals nuus of foto’s op die internet
         versprei?                                                                            (1)

 1.9     Wat, dink jy, is ŉ digitale vingerafdruk? (paragraaf 5)                              (1)

 1.10    Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
         vraagnommer (1.10) en die antwoord neer.

         Dit is beter as ŉ mens ŉ kombinasie van letters, syfers en karakters vir jou
         wagwoord gebruik omdat dit (maklik vir jou is om te onthou / moeilik vir ŉ
         vreemdeling sal wees om te onthou).                                                  (1)

 1.11    Noem TWEE dinge wat jy moet doen om seker te maak dat ŉ e-pos regtig
         van die bank kom.                                                                    (2)

 1.12    Waarom, dink jy, is slimfone gevaarlik vir tieners?                                  (1)

 1.13    Op watter manier, dink jy, kan Facebook gevaarlik wees? Beantwoord in
         ŉ volsin en in jou eie woorde.                                                       (1)

 1.14    Hoe weet ons LastPass is ŉ veilige program om te gebruik? Haal TWEE
         AGTEREENVOLGENDE woorde uit paragraaf 8 aan as jou antwoord.                         (1)

 1.15    Noem TWEE dinge wat jy moet onthou as jy WhatsApp gebruik om jouself
         te kan beveilig.                                                                     (2)

 1.16    Om jou kind ŉ slimfoon te gee, is asof jy hom in Johannesburg se
         middestad sonder ŉ roetekaart aflaai. (paragraaf 13)

         1.16.1       Is die bogenoemde stelling LETTERLIK of FIGUURLIK gebruik?              (1)

         1.16.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.16.1.                                  (1)

 1.17    Hoekom moet die kind slegs ŉ “x” stuur as hy in die moeilikheid is?                  (1)

 1.18    Wat, dink jy, kan ouers doen as hulle ŉ “x-” boodskap van hulle kind kry?            (1)

 1.19    Hoekom, dink jy, is daar ŉ slotjie-teken voor ŉ webadres soos
         byvoorbeeld ŉ bank se adres?                                                         (1)

 1.20    Hoe pas die artikel se titel, Internet-slim, by die res van die artikel?             (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1             (EC/SEPTEMBER 2018)

    Kyk goed na die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

    TEKS B

 VRAE

 1.21     Verwys na die tipiese maandelikse begroting.

          1.21.1     Hoekom word ŉ selfoon-ikoon gebruik?                                    (1)

          1.21.2     Waarop spandeer alle studente die meeste geld?                          (1)

 1.22     Verwys na besteding onder manstudente teenoor vrouestudente.

          1.22.1     Waarop spandeer mans- en damestudente dieselfde hoeveelheid
                     geld?                                                                   (1)

          1.22.2     Hoe weet jy dat manstudente meer klere en skoene koop as
                     damestudente?                                                           (1)

 1.23     Kies die korrekte verklaring vir die onderstreepte woorde in die
          onderstaande idioom.
          Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer, bv. 1.23 E.

          Hy koop alles met vuil geld.

          A        Geld wat op dwelms spandeer is.
          B        Die geld is vuil omdat dit op die grond geval het.
          C        Geld wat op ŉ oneerlike manier verdien is.
          D        Geld wat aan straatkinders gegee is.                                      (1)

 1.24     Uit watter bron is die inligting saamgestel?                                       (1)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:         30

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                                7

 AFDELING B: OPSOMMING

 VRAAG 2

 INSTRUKSIES

 Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.

 x    Skryf SEWE wenke oor hoe ouers geweld met hul kinders kan hanteer in
      jou EIE VOLSINNE neer.
 x    Skryf die wenke puntsgewys neer.
 x    Nommer die sinne van 1 tot 7.
 x    Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
 x    Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

 TEKS C

            HOE OUERS GEWELD MET HUL KINDERS KAN HANTEER

 Moord op televisie is altyd groot nuus. Kinders wat ander seermaak of boelie, is ŉ
 redelik algemene verskynsel. Maar hoe kan ouers hulle kinders help?

 Kyk saam met jou kinders televisie sodat jy vir hulle kan verduidelik dat die akteurs
 nie regtig seergekry het nie, maar dat sulke soort geweld in die regte lewe régtig
 seer- of doodmaak. Verduidelik ook dat dit nié die manier is om probleme op te los
 nie. Kinders verstaan nie altyd hoekom daar geweld is nie, daarom moet jy met jou
 kinders oor geweld op nuusprogramme gesels en verduidelik dat dit nie ŉ manier is
 om jou probleme op te los nie.

 Ouers moet op die uitkyk wees vir tekens dat televisieprogramme vrese by hul kind
 aanwakker – dinge wat byvoorbeeld slapeloosheid, bednatmaak of huilerigheid tot
 gevolg het. Deesdae is daar baie musieksoorte bv. Hip-hop en Rap wat ook lelike
 vloekwoorde gebruik en geweld en dwelmgebruik as aanvaarbaar uitbeeld. Ouers
 moet kennis neem van watter gewelddadige musiekvideo’s jou tiener na kyk, luister
 en aflaai. Dan kan jy jou kinders help om tussen goeie en slegte musiek te onderskei.

 Maak seker dat jou kind positiewe rolmodelle het. As ouers ten alle koste hulle sin
 probeer kry, of hulle woede ontlaai deur gewelddadig op te tree, sal kinders ook so
 reageer. Indien die kinders aggressie gebruik om uiting aan hulle emosies te gee,
 help hulle om te leer om te kommunikeer. Só versterk jy aanvaarbare optredes.

 Leer jou kinders om, voor hulle geweld gebruik, hulle eie foute te herken. Help hulle
 om hulleself in ŉ omgekeerde situasie in te dink, met ander woorde wanneer húlle
 die slagoffer van ŉ bepaalde soort optrede is.

                                                             [Verwerk uit LIG, Julie 2014]

                                                             TOTAAL AFDELING B:              10

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1               (EC/SEPTEMBER 2018)

 AFDELING C: TAAL

 VRAAG 3: ADVERTENSIE

 Die vrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.

 TEKS D

                                                          [Verwerk uit Taalgenoot, Lente, 2017]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                           9

 VRAE

 3.1     Kies die korrekte verklaring vir die onderstaande idioom.
         Skryf slegs die vraagnommer (3.1) en die korrekte antwoord neer, bv. 3.1 E.

         Die son trek water.

         A     Dit word donker.
         B     Die son kom oor die water op.
         C     Die son skyn in die dam.
         D     Die son trek al die water uit die grond uit.                                (1)

 3.2     Voltooi die sin:

         Die advertensie is ŉ voorbeeld van ŉ manipulerende teks. Dit beïnvloed die
         leser om ...                                                                      (1)

 3.3     Waarom, dink jy, is die gebruik van alliterasie in die sin speel saam in ons
         propvol-PRET-park funksioneel?                                                    (1)

 3.4     Hoe trek die woorde lekkerder vir langerer die leser se aandag?                   (1)

 3.5     Hoekom, dink jy, staan daar in die advertensie lekkerder vir langerer?            (1)

 3.6     Vorm EEN WOORD van die woorde tussen hakies in die volgende sin:

         Klim en klouter na (hart + lus) by die klouterpaleis.                             (1)

 3.7     Verbeter die SPELFOUT in die volgende sin. Skryf slegs die korrekte
         antwoord neer.

         Span uit op die lower groen grasperke in die uitspan-sonarea.                     (1)

 3.8     Wie is die teikengroep van die advertensie?                                       (1)

 3.9     Wat, dink jy, is die doel dat daar so baie beskrywende woorde gebruik
         word?

         Wees vreesloos op een van twee blitsvinnige, seepgladde waterwurms.               (1)

 3.10    Skryf die volgende sin oor in die LYDENDE vorm:

         Die gesin geniet die musiek by die amfiteater.                                    (1)
                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                (EC/SEPTEMBER 2018)

VRAAG 4: STROKIE
Die vrae wat volg, is op die strokies hieronder gebaseer.
TEKS E

                                                 [Bron: www.gocomics.com/andycapp/2017/10/03]

VRAE
4.1    Noem EEN VISUELE TEKEN in STROKIE 1 RAAMPIE 1 wat wys dat Andy
       baie seergekry het.                                                                  (1)
4.2    Wat bedoel Flo as sy vir Andy sê: “Wel, jy wil mos altyd kroek.” ?                   (1)
4.3    Hoekom kom daar meer as een UITROEP- en VRAAGTEKEN in STROKIE 1
       RAAMPIE 2 voor?                                                                      (1)
4.4    Die woord kroek in die volgende sin word as ŉ werkwoord gebruik: Jy wil mos
       altyd kroek.
       Gebruik die woord kroek in ŉ sin as ŉ selfstandige naamwoord waar die
       betekenis duidelik na vore kom.                                                      (1)

4.5    Wat beteken die simbool        in STROKIE 2 RAAMPIE 3?                               (1)

4.6    Wat impliseer Andy wanneer hy die geluid Oink! maak in STROKIE 2
       RAAMPIE 6?                                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                          11

 4.7     Skryf die KORREKTE AFRIKAANSE WOORD vir die woord hi in
         STROKIE 2 RAAMPIE 4 neer.                                                         (1)

 4.8     Kies die KORREKTE SPELLING in die volgende sin. Skryf slegs die
         vraagnommer en die korrekte spelwyse as jou antwoord neer.                        (1)

         Die snoekerspel het in ŉ bakleiery (geëindig / geeïndig).

 4.9     Skryf die volgende sin in die INDIREKTE REDE:

         Flo vra vir Andy: “Sal jy gelukkig wees om in ŉ varkhok te bly?”

                 Begin die sin so: Flo vra vir Andy ...                                    (1)

 4.10 Kyk na STROKIE 2 RAAMPIE 3: Hoe weet ons dat die stofsuier
      aangeskakel is?                                                                     (1)
                                                                                         [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                    (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 5: PROSA

 Die vrae wat volg, is op die prosastuk hieronder gebaseer.

 TEKS F

                         DIE WILDEKUS VAN SUID-AFRIKA
 Die Wildekus bied die (5.1 mooi) landskap aan rugsakreisigers – dit is regtig een
 van Suid-Afrika se mooiste gebiede. Die Wildekus het sy naam omrede sy
 prentjiemooi tonele, skeepswrakke en (5.2 wegsteek) strandmere gekry. (5.3 In
 hierdie streek kan jy ŉ tradisionele Xhosa-gemeenskap teëkom, en die (5.4 vrou)
 dra kleurvolle klere en rook langsteelpype.) Daar is (5.5 akkommodasie /
 akomodasie) by Koffiebaai, waar (5.6 mense wat reis) op uitstappies na die
 Mthatha-riviermonding, Mapuzi-hange en Hole in the Wall kan gaan. Die (5.7
 laasgenoemde) natuurwonder is nie net pragtig om te sien nie maar ook die
 geboorteplek van stories en legendes. Die Xhosa-naam is esiKhaleni, wat “plek
 van klank” beteken en volgens die inwoners is dié sandsteenformasie die (5.8
 uitgang) tot die geestelike wêreld.
                 [Verwerk uit https://www.lekkeslaap.co.za/akkommodasie-in/oos-kaap/meer-oor]

 5.1    Gee die OORTREFFENDE TRAP vir mooi in die sin. Skryf slegs die
        vraagnommer en die antwoord neer.

        Die Wildekus bied die mooi landskap aan rugsakreisigers.                                 (1)

 5.2    Gee die VERLEDE DEELWOORD van wegsteek in die onderstaande sin.
        Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer.

        Die Wildekus het sy naam omrede sy prentjiemooi tonele, skeepswrakke
        en wegsteek strandmere gekry.                                                            (1)

 5.3    Vervang die VOEGWOORD en met die woord waar en skryf die sin
        taalkundig korrek oor.

        In hierdie streek kan jy ŉ tradisionele Xhosa-gemeenskap teëkom en die
        kinders dra tradisionele klere.                                                          (1)

 5.4    Skryf die KORREKTE MEERVOUD vir die vetgedrukte woord in die
        volgende sin neer. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer.

        Die vrou dra kleurvolle klere en rook langsteelpype.                                     (1)

 5.5    Kies die KORREKTE SPELWYSE vir die woorde tussen hakies. Skryf
        slegs die korrekte antwoord neer

        Daar is (akkommodasie / akomodasie) by Koffiebaai.                                       (1)

 5.6    Gee EEN WOORD vir die onderstreepte woord. Skryf slegs die korrekte
        antwoord neer.

        Daar is verblyf by Koffiebaai vir mense wat reis.                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                           13

 5.7    Gee die AFKORTING van die onderstreepte woord. Skryf slegs die
        afkorting as jou antwoord neer.

        Die laasgenoemde natuurwonder is pragtig om te sien.                               (1)

 5.8    Skryf die ANTONIEM van die onderstreepte woord neer. Skryf slegs die
        korrekte antwoord neer.

        Volgens die inwoners is dié sandsteenformasie die uitgang tot die
        geestelike wêreld.                                                                 (1)

 5.9    Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.

        (Elke jaar) besoek duisende mense die Wildekus.                                    (1)

 5.10   Herskryf die volgende sin in die NEGATIEF / ONTKENNING.

        Ek het al die Wildekus besoek.                                                     (1)

 5.11   Vorm ŉ PERSOONSNAAM van die onderstreepte woord. Skryf slegs die
        korrekte antwoord neer.

        Baie buiteland besoek die Wildekus.                                                (1)

 5.12   Herskryf die volgende sin met die korrekte INFINITIEF.

        In hierdie streek kom jy ŉ tradisionele Xhosa-gemeenskap teë.

                Begin so: In hierdie streek behoort jy ...                                 (1)

 5.13   Skryf die volgende sin in die TOEKOMENDE TYD.

        Dit is een van Suid-Afrika se mooiste gebiede.                                     (1)

 5.14   Verbeter die PUNKTUASIE in die volgende sin. Herskryf die hele sin met
        die punktuasie op die korrekte plek.

        Die natuurwonder is nie net pragtig om te sien nie maar ook die
        geboorteplek van stories en legendes.                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                    (EC/SEPTEMBER 2018)

 PRENT
 Die vrae wat volg, is op die prent hieronder gebaseer.
 TEKS G

                                                 [Bron: Afrikaans is lekker, LB. Gr 12. 2007]

 5.15   Herskryf die volgende sin in ŉ VRAAGSIN.

        Die man hou die selfoon met sy tone vas.                                                (1)

 5.16   Gee die INTENSIEWE VORM van die onderstreepte woord. Skryf slegs die
        vraagnommer en die korrekte antwoord neer.

        Die bestuurder van die motor is dronk.                                                  (1)

 5.17   Skryf die sin in die VERLEDE TYD.

        Die verkeersman stop die motor.                                                         (1)

 5.18   Vul die ontbrekende VOORNAAMWOORD in. Skryf slegs die korrekte
        antwoord neer.

        ŉ Mens moet nie op ... selfoon praat terwyl jy bestuur nie.                             (1)

 5.19   Gee die VERKLEINWOORD van die onderstreepte woord. Skryf slegs die
        korrekte antwoord neer.

        Die verkeersman se radio hang aan sy sy.                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                    15

 5.20   Kies die KORREKTE WOORD tussen hakies. Skryf slegs die korrekte
        antwoord neer.

        Die man hou die (bestuurwiel/stuurwiel) vas.                             (1)
                                                                                [20]

                                                       TOTAAL AFDELING C:         40
                                                           GROOTTOTAAL:           80

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [AFR FAL P1 QP SEP 2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p1-qp-sep-2018/45844a5e-44ca-4806-9ccf-50a3b521ae52) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept2018/e038bd38-ba3a-4474-9d6c-23d602a417c3) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2018/3c1e621f-9108-44e4-98be-ee8a1bf00e7e) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [AFRFAL P1 GR12 QP SEPT 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-qp-sept-2017/bed91df2-5796-4828-8362-beb7d6cedac1) — Afrikaans FAL · QP · 2017
- [AFRFAL P1 GR12 QP AFR SEP 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-qp-afr-sep-2014/b057f18a-d603-4117-badb-7f671468e421) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Gr12 AFRFA P1 S13 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrfa-p1-s13-qp-afr/3f8a8d90-8632-485c-be62-252400d2b66a) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
