# Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2012 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012, 35 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p2-gr12-qp-finaal-sept-2012-6-augustus-2012/32a11f42-9baf-4d3c-a88c-17a719d87a0a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 35

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p2-gr12-qp-finaal-sept-2012-6-augustus-2012/32a11f42-9baf-4d3c-a88c-17a719d87a0a)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 35 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Province of the
                 EASTERN CAPE
                 EDUCATION

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2012

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 35 bladsye.

### Page 2

2                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                  (SEPTEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.   Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

     AFDELING A: ROMAN                                                         (35)
     AFDELING B: DRAMA                                                         (35)
     AFDELING C: KORTVERHALE                                                   (35)
     AFDELING D: GEDIGTE                                                       (35)

2.   Beantwoord TWEE vrae: EEN uit ELK van die TWEE afdelings wat jou skool
     gekies het. (Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.)

3.   Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie.

            Raadpleeg die inhoudsopgawe op die volgende bladsy.
            Merk die vraagnommers van die letterkundeteks wat jy in die klas
            behandel het.
            Lees daarna slegs die vrae oor die boeke wat jy gedoen het.
            Kies die tipe vraag wat jy wil doen.

4.   Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling.

5.   Voorgestelde tydsaanduiding: ongeveer 60 minute per afdeling.

6.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

7.   Begin elke afdeling op ŉ NUWE bladsy.

8.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

(SEPTEMBER 2012)                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                  3

 INHOUDSOPGAWE

 Kies die TWEE genres wat jy vanjaar behandel het.
 Beantwoord EEN vraag uit AFDELING A of B of C, maar beantwoord TWEE gedigte
 (17½ x 2) indien jy AFDELING D kies.

 AFDELING A: ROMAN
 Beantwoord ENIGE EEN van die volgende vrae:

 VRAAG 1:          Kringe in ŉ Bos                    Opstelvraag          35 punte
                                     OF
 VRAAG 2:          Kringe in ŉ Bos                    Kontekstuele vraag   35 punte
                                   OF
 VRAAG 3:          Die ongelooflike avonture van      Opstelvraag
                   Hanna Hoekom                                            35 punte
                                   OF
 VRAAG 4:          Die ongelooflike avonture van      Kontekstuele vraag
                   Hanna Hoekom                                            35 punte
                                   OF
 VRAAG 5:          Meeulanders                        Opstelvraag          35 punte
                                   OF
 VRAAG 6:          Meeulanders                        Kontekstuele vraag   35 punte

 AFDELING B: DRAMA
 Beantwoord ENIGE EEN van die volgende vrae:

 VRAAG 7:          Poppie – die drama                 Opstelvraag          35 punte
                                   OF
 VRAAG 8:          Poppie – die drama                 Kontekstuele vraag   35 punte
                                   OF
 VRAAG 9:          Paljas                             Opstelvraag          35 punte
                                   OF
 VRAAG 10:         Paljas                             Kontekstuele vraag   35 punte

 AFDELING C: KORTVERHALE
 Beantwoord ENIGE EEN van die volgende vrae:

 VRAAG 11:         Astra castra                       Opstelvraag          35 punte
                                     OF
 VRAAG 12:         Die pakkie                         Kontekstuele vraag   35 punte

### Page 4

4                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2           (SEPTEMBER 2012)

AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord vrae oor enige TWEE van die volgende gedigte:

VRAAG 13:   Woorde                        Kontekstuele vraag   17½ punte
                         OF
VRAAG 14:   Thumela                       Kontekstuele vraag   17½ punte
                          OF
VRAAG 15:   Spore op die maan             Kontekstuele vraag   17½ punte
                          OF
VRAAG 16:   Wie’s hy?                     Kontekstuele vraag   17½ punte

### Page 5

(SEPTEMBER 2012)              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                5

 AFDELING A: ROMAN

 BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.

 VRAAG 1: OPSTELVRAAG

 KRINGE IN ŉ BOS – Dalene Matthee

 Van Saul se kindertyd af was Oupoot sy “droom-olifant”.

 Skryf ŉ opstel van 250 – 300 woorde waarin jy die band tussen Saul en Oupoot
 beskryf.
 Jou opstel moet ŉ inleiding en slot hê.

 Let veral op die volgende:

       Bespreek die kere dat Saul Oupoot raakgeloop het.
       Die verhouding tussen Saul en Oupoot.
       Die ooreenkomste tussen Saul en Oupoot.                                  [35]

                                          OF

### Page 6

6                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                       (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

KRINGE IN ŉ BOS – Dalene Matthee
Lees die volgende uittreksel goed deur en beantwoord dan die vrae wat volg.
        Dit het winter geword in die houtskuur. Die koue en die klamte het soos muf in
sy liggaam ingetrek sodat sy lyf soggens stadig reguit moes kom.
        Dit was ŉ Sondagmiddag en hy het agter die skuur in die son gesit om warm te
kom.
        “Hallo, Charles Dickens!” Sy het skielik op die hoek van die skuur gestaan. Die
donkerblou fluweelband wat haar lang, blink hare uit haar gesig gehou het, was
dieselfde kleur as haar rok. Angstig nuuskierig, soos een wat geweet het sy trap op
verbode grond, het sy nader gekom en ŉ guitigheid het in haar groot, donker oë
gespeel. “Ek sê hallo, Charles Dickens!”
        “My naam is Saul Barnard,” het hy botweg gesê en anderpad gekyk. MacDonald
het ŉ streep tussen die skuur en die huis getrek waaroor ŉ handlanger dit nie eens sou
waag om te kýk nie. Die streep was vir Kate ook getrek, MacDonald moes haar gereeld
terugstuur na háár kant toe. Maar keer op keer het sy dit maar weer na hierdie kant toe
oortree en Saul het geleer om te maak of hy haar nie sien nie.
       Sy het tot by hom gekom. “Die kinders by die skool is tog jaloers omdat ons ons
eie Charles Dickens het,” het sy vermakerig gesê.
       “Onthou net om vir jou pa te sê dat jy self hiernatoe gekom het. Ek wil niks met
julle te doen hê nie.”
       "Charles Dickens moes onder in ŉ koue kelder, waar daar rotte en vlermuise en
spinnekoppe was, papier op bottels plak. En as hy nie goed genoeg geplak het nie, het
hulle sy kos afgevat en sy ore getrek.” Dit het geklink of dit vir haar ŉ saak van groot
bewondering was.
       Hy had nie lus vir moeilikheid nie. “As jou pa jou hier kry, sal hy my velle aftrek.”
                                                                           (ble. 100 – 101)

2.1    By wie het mnr. MacDonald van Kate se besoeke op Sondae aan Saul in die
       houtskuur gehoor?                                                                        (1)

2.2    Wat van Kate wat as bewysstuk van haar besoeke dien, is in die houtskuur
       gevind?                                                                                  (1)

2.3    Waarom was Kate se besoeke vir Saul belangrik? Gee DRIE redes.                           (3)

2.4    2.4.1   Met watter storieboekskrywer is Saul vergelyk?                                   (1)

       2.4.2   Waarom is die vergelyking gemaak?                                                (2)

2.5    Hoe lank het Saul vir MacDonald as houtkneg gewerk?                                      (1)

### Page 7

(SEPTEMBER 2012)              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                      7

2.6    Kies die korrekte antwoord.

       Die grootvoete waarna daar in die roman verwys word, is …

       A        jakkalse.
       B        die houtkappers.
       C        olifante.                                                               (1)

2.7    Gedurende die tyd wat Saul by MacDonald gewerk het, het hy geleer dat
       die lewe ŉ skewe sirkel is.

       Gee TWEE voorbeelde hiervan wat Saul in dié tyd teëgekom het.                    (2)

2.8    Watter nuus het veroorsaak dat Saul by MacDonald ophou werk?                     (2)

2.9    Noem TWEE maniere hoe Kate gestraf is omdat sy besoek by Saul afgelê het.        (2)

2.10   Pas die naam in KOLOM B by die beskrywing in KOLOM A. Skryf slegs die
       nommer (2.10.1 – 2.10.5) en die LETTER (A – G) van die antwoord wat jy kies
       neer.

                         KOLOM A                               KOLOM B
       2.10.1       Saul se broer                    A   Godsiekte
       2.10.2       Houtkapper in die dorp           B   Patterson
                    Saul se ma en suster is          C   Arend Botha
       2.10.3
                    hieraan dood
                    Deur MacDonald gehuur om         D   MacDonald
       2.10.4
                    goud in die bos te prospekteer
       2.10.5.      Sterf aan bloedvergifting        E   waterpokkies
                                                     F   Jozef
                                                     G   Joram Barnard
                                                                              (5 x 1)   (5)

2.11   Wie is Harison?                                                                  (1)

2.12   Vul die korrekte antwoord in.

       2.12.1      Patterson was sy gruis met ŉ …                                       (1)

       2.12.2      Die beste manier volgens hom om gruis mee te was, was met ŉ …        (1)

### Page 8

8                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                 (SEPTEMBER 2012)

2.13    Gee die korrekte antwoord.

        2.13.1   In watter deel van die bos het Saul gaan delf?                          (1)

        2.13.2   Saul verkoop sy eerste goud aan …                                       (1)

        2.13.3   Hoeveel het hy vir sy goud ontvang?                                     (1)

2.14    2.14.1   Wie het vir Saul van sy pa se dood kom vertel?                          (1)

        2.14.2   Hoe het sy pa gesterf?                                                  (1)

2.15    Wat het Kate ŉ paar jaar lank in die Bos gedoen?                                 (1)

2.16    Is die volgende stellings WAAR of ONWAAR? Motiveer jou antwoord. (Daar
        sal geen punt toegeken word as daar nie ŉ motivering is nie.)

        2.16.1   Die dag van Oupoot se dood, het Kate vir Saul in George gaan wag.       (2)

        2.16.2   Saul kon hom nooit werklik van die Bos losmaak nie.                     (2)

2.17    Waarom was Oupoot so ŉ groot trofee vir enige jagter?                           (1)
                                                                                       [35]

VRAAG 3: OPSTELVRAAG

DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver

Hanna sê dat haar ingewikkelde gesin een van die eienskappe is wat haar laat
uitstaan.

Skryf ŉ OPSTEL van 250 – 300 woorde waarin jy die volgende bespreek.
Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.

Verwys in jou opstel na die volgende:

       Hoe Hanna se familie saamgestel is.
       Hanna se verhouding met Gavin
       Hoe Hanna uiteindelik vir Gavin aanvaar soos hy is.                             [35]

                                          OF

### Page 9

(SEPTEMBER 2012)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                             9

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver

Lees die onderstaande uittreksels sorgvuldig deur en beantwoord die vrae wat daarop
volg.

        Dis huis waar Fabienne en Camille gebore is. Natuurlik nie in die huis nie, hulle
is soos normale babas in ŉ hospitaal gebore, maar dis die huis waarheen die ma met
die groen vingers hulle gebring het toe hulle ŉ paar dae oud was. En Fabienne het
gewéét, van sy haar verstand gekry het, dat sy in hierdie huis hoort. Dat sy by die
regte pa en ma beland het.
        Of miskien sal ek haar soms, net so nou en dan, laat wonder of haar ma nie
eerder ŉ mallerige kunstenares moes gewees het nie. Net om haar bietjie
interessanter te maak. Tot dusver klink sy darem te veel soos ŉ drip. So kom ons
maak vir Fabienne kunstig. Besonder kunstig. Maar sonder ŉ kunstenaar se morsige
persoonlikheid.
       Op die ouderdom van twee teken sy ŉ volmaakte stokmannetjie. Op ses skilder
sy stillewes, blomme uit haar ma se tuin wat haar pa duidelik herken, daardie een is ŉ
roos en daardie ŉ affodil en daardie ŉ magrietjie! So dis normaal dat sy soms sal
wonder waar haar talent vandaan kom. Met ŉ ma wat heeldag in die grond
rondgrawe en ŉ pa wat heeldag in ander mense se monde rondgrawe.
        En dan word sy die oggend wakker, ná ŉ eienaardige droom oor ŉ meisie met
die naam Hanna Hoekom wat saam met ŉ spul wilde broers in ŉ spektakel van ŉ huis
woon, en sy onthou dat die meisie se ma ŉ woeste boskasie van ŉ haarstyl gehad het
wat met verfkwaste bo-op haar kop vasgesteek was. En haar eerste verwarde
gedagte is: Miskien is daardie verfkwasvrou my ma? En dan vryf sy haar oë en skuif
regop en besluit dit was net ŉ nagmerrie.
        Maar die saadjie van twyfel is geplant. Daardie aand aan tafel, terwyl hulle
sappige biefstuk en gebakte aartappels eet, kyk sy na haar pa wat nooit enigiets
teken nie (behalwe tjeks) en haar ma wat nooit enigiets verf nie (behalwe haar lippe
soggens voor die spieël) en sy kry die kriewelrige gevoel dat sy nie aan hierdie tafel
hoort nie. Sy druk dit dadelik dood, die ry miertjies wat deur haar maag marsjeer, en
vra wat daar is vir nagereg. Tuisgemaakte sjokolademousse, antwoord haar suster
met ŉ trotse glimlag. Camille het ŉ slag in die kombuis, veral met soetgoed, en
gewoonlik is Fabienne mal oor haar suster se poedings. Maar vanaand proe die
mousse soos modder…
                                                                          (ble. 29 – 30)

4.1    Wie skryf die storie van Fabienne?                                                   (1)

4.2    Waarom is Mana die “verfkwasvrou” genoem?                                            (1)

4.3    Waarvan droom Fabienne elke keer?                                                    (2)

### Page 10

10                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                  (SEPTEMBER 2012)

4.4   Waarom noem Fabienne haar …

      4.4.1   ma groenvingers?                                                           (2)

      4.4.2   sussie suikervingers?                                                      (2)

      4.4.3   pa bloedvingers?                                                           (2)

4.5   Vul die ontbrekende woorde in die volgende sinne in:

      Fabienne is Hanna se ... ... . Die karakter Fabienne word dus in die verhaal
      die karakter wat ... graag wil wees.                                               (2)

4.6   Beskryf die gesin se nagmerrierit na die huis op die berg.                         (4)

4.7   Skryf TWEE verskille tussen Beyers en Gavin neer.
      Doen dit in tabelvorm soos aangedui.

                    Beyers                                    Gavin
      1.
      2.                                                                                 (2)

4.8   Kies die korrekte antwoord.

      4.8.1    Sprokiesagtig beteken …

               A      skepties.
               B      geloofwaardig.
               C      fabelagtig.
               D      onbeskryflik.                                                      (1)

      4.8.2    Beyer se gewese vrou is …

               A      Fabienne
               B      Mana.
               C      Hanna.
               D      Margot.                                                            (1)

      4.8.3    Tibo kan beskryf word as ...

               A      irriterend.
               B      ŉ koel tiener.
               C      ŉ rykmanskind.
               D      eksentriek.                                                        (1)

4.9   Watter moontlike nuwe name word vir die baba voorgestel? Noem enige EEN.           (1)

4.10 Wat is die betekenis van hierdie naam?                                              (1)

### Page 11

(SEPTEMBER 2012)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                        11

4.11 Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Gee ŉ rede vir jou antwoord.

       Mana is ŉ konserwatiewe ma en onderwyseres.                                       (2)

4.12 “Vir my sal jy altyd Hanna Hoekom bly.”

       Wat kan ŉ mens uit hierdie aanhaling aflei oor Mana se gevoel vir Hanna?          (2)

4.13 Pas die naam in KOLOM B by die aanhaling in KOLOM A. Skryf slegs die
     NOMMER (4.13.1 – 4.13.5) en die LETTER (A – F) van die antwoord wat jy
     kies.

                               KOLOM A                              KOLOM B
       4.13.1      “Ek hou van ŉ kortverhaal wat as ŉ ‘slice   A   Yann
                   of life’ aangebied word.”

       4.13.2      “Hoe gaan ek ooit enigiets hoor oor my      B   Hanna
                   pa?”

       4.13.3      “Jy lyk nie soos die vader van enige iets   C   Beyers
                   nie, Gavin.

       4.13.4      “Hoekom moet ek help afstof?”               D   Gavin

       4.13.5      “As ons praat van mislukte ouers ... wel    E   Tibo
                   dan kyk jy na die wêreldkampioen.”
                                                               F   Margot

                                                                              (5 x 1)    (5)

4.14 Watter tipe verteller vind ons in die verhaal?                                      (1)

4.15 Wat is die tema van die verhaal?                                                    (2)
                                                                                        [35]

                                               OF

### Page 12

12                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2             (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 5: OPSTELVRAAG

MEEULANDERS – Esta Steyn

Die sentrale tema van die verhaal is geheimhouding en die gevolge daarvan.

Skryf ŉ OPSTEL van 250 – 300 woorde waarin jy die volgende geheime bespreek en
watter invloed dit op Elsabet se lewe gehad het.

Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.

Let op die volgende in jou antwoord:

     Kinnie se geheim
     Ryna, Jacob en Jannerik se geheim
     Elsabet se geheime verhouding met Fred
     Fred se geheim tydens hulle huwelik.                                          [35]

                                            OF

### Page 13

(SEPTEMBER 2012)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                              13

 VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG

 MEEULANDERS – Esta Steyn

        In die lig van die vlamme het Jannerik na sy kaptein se gesig gekyk en gesien
 hoe die groot man aan’t breek was.
        “Wat help dit! Hier sal in elk geval nie ‘n boot kan inkom nie!”
        “Toemaar, kaptein. Dis nie ons weë nie. Die Here sal voorsien.”
        “Ek hoop jou geloof is groot genoeg vir ons almal, Jannerik.”
        “Hy’s groot, kaptein,” en sy ou gesig het stil geword in die lig van die vuur. “Baie
 groot.”
        Hulle is terug kombuis toe. Ryna het gebukkend by die tafel gestaan. Sy was
 besig om mond-tot-mond asemhaling op die ou babatjie toe te pas. Sy’t orent gekom.
 Ag nee! Ag ... Here, nee!
        Sy’t die kind opgetel en hartverskeurend begin huil. Sy’t na Jacob gekyk waar
 hy by die deur vasgenael bly staan het en haar oë het van die ergste vertel. “Jacob...”
        Hy’t die kind uit haar arms geneem. Hy het die kombersie van die koppie
 afgetrek en wanhopig na die stil gesiggie gekyk. En sy oor teen die mondjie gedruk en
 sy kop geskud.
        En toe het Kinnie se kind ŉ skree-geluidjie in die bruin sak gegee.
        Daar was meteens ŉ heilige stilte tussen die drie mense in die kombuis op
 Meeuland.
        Ons het woordeloos na mekaar gekyk. Jacob en Jannerlik en ek. En die een
 het geweet wat die ander dink. Ons het kontrak geteken sonder ŉ pen of papier. En
 ons het mekaar belowe dat geen mens ooit sou weet nie. Jannerik sou vir Ousanna
 sê dat Kinnie se kind gesterf het. Voor die dag gebreek het, het Jacob ŉ kissie
 gemaak. Ons het Elsabet se babatjie gaan begrawe met sonsopkoms. Die storm het
 stil geword. Daar was swartrugmeeue teen die oggendhemel. Ek het van ’n afstand
 af staan en kyk hoe Jannerik die gat spit by die oorhangende rots ver van die huis af.
 En hoe Jacob die kissie neerlê. En biddend in die hemel opkyk.
        Ek het Jannerik saggies hoor huil. Ek het geweet dat my lewe nooit weer
 dieselfde sou wees nie. En dat ek vir ewig aan die mense van Meeuland verbind sou
 wees.
 .                                                                             (bl. 80 – 81)

 6.1    Wie het besluit om die babas om te ruil en dit geheim te hou? Noem die DRIE
        persone.                                                                                (3)

 6.2    Waarom kon Jacob nie vir Elsebeth land toe neem om geboorte te skenk nie?               (1)

 6.3    Waarom was Elsebeth onbewus van die gebeure rondom haar?                                (1)

 6.4    Waarom het Jacob ŉ vuur gemaak?                                                         (2)

### Page 14

14                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                   (SEPTEMBER 2012)

6.5    6.5.1    Wat het daardie aand gebeur wat aanleiding gegee het dat die babas
                omgeruil moes word?                                                       (1)

       6.5.2    Waarom het Jacob homself hiervoor blameer?                                (1)

       6.5.3    Voltooi die volgende:

                Na Elsabet se operasie sal sy nooit weer .... hê nie.                     (1)

6.6    Waarna verwys die guano-eiland?                                                    (1)

6.7    Wat sou Jannerik vir Ousanna sê?                                                   (1)

6.8    Aan wie het hierdie kontrak Ryna nou vir altyd verbind?                            (1)

6.9    Waarmee smokkel Skalla en Matthys?                                                 (1)

6.10   Wie was Skalla se venoot in die besigheid?                                         (1)

6.11   Vul die ontbrekende woorde in:

       Matthys word by ŉ (6.11.1) ... gevang en vir (6.11.2) ... maande na Pollsmoor
       gestuur.                                                                           (2)

6.12   Waarom dink Hermanus dat Matthys beter af is as hy?                                (2)

6.13   Wat het daartoe aanleiding gegee dat Sheila selfmoord gepleeg het?                 (2)

6.14   Pas die karakters in KOLOM B by die beskrywing in KOLOM A.
       Skryf slegs die NOMMER (6.14.1 – 6.14.5) en die LETTER (A – F) van die
       antwoord wat jy kies neer.

                        KOLOM A                                   KOLOM B
       6.14.1 Sy sit in ŉ rolstoel na ŉ ongeluk        A     Skalla

       6.14.2   Geelbek is haar burgerradionaam        B     Attie

       6.14.3   Hy is joviaal en entoesiasties         C     Fred

       6.14.4   Hy is skelm en opstandig               D     Hansie

       6.14.5   Sy is Fred se dogter                   E     Tamara

                                                       F     Sheila

                                                                               (5 x 1)    (5)

### Page 15

(SEPTEMBER 2012)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2           15

 6.15   Doreen voel dat Ousanna se “blinde oë” haar deurboor.
        Waarom voel sy so?                                                 (2)

 6.16   Watter gawe het Ousanna?                                           (1)

 6.17   Waarom het Reggie nie dié aand kom eet nie?                        (2)

 6.18   Wat presies het op Doreen se verjaarsdag gebeur?                   (2)

 6.19   Wie se huis het Ryna gekoop?                                       (1)

 6.20   Kies die antwoord wat NIE PAS NIE. Skryf slegs die letter neer.

        Jannerik gaan in die buitekamer bly omdat:

        A     Daar nie meer werk op Meeuland is nie.
        B     Kinnie dood is.
        C     Hy naby sy kleinkind wil wees.
        D     Hy naby sy familie wil wees.                                 (1)
                                                                          [35]

### Page 16

16                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                 (SEPTEMBER 2012)

AFDELING B: DRAMA

BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.

VRAAG 7: OPSTELVRAAG

POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Poppie het vir die eerste keer van die paswetstelsel in die Kaap bewus geword.

Skryf ŉ OPSTEL van 250 – 300 woorde waarin jy Poppie se stryd bespreek om ŉ pas
en verlenging daarvan te kry om in die Kaap aan te bly en te werk.                     [35]

                                          OF

VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG

POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die onderstaande uittreksel aandagtig deur en beantwoord die vrae wat daarop
volg.

JAKKIE.     Kort daarna het moeilikheid by Poppie se deur kom aanklop.

Poppie sit op die blik, skryf ŉ brief aan tata-ka-Bonsile. Lees hardop.

POPPIE.     Op Saterdag het twee manne na ons huis gekom. Hulle sê: Iets het
            verkeerd gegaan by ons plek en die spoor loop na jou huis toe. Die
            moeilikheid is met ons meisiekind.

Aan die anderkant van die verhoog ontvang en lees Stone die brief.

STONE.    Hulle vra damage-geld, soveel soos jy kan stuur. Die meisie is ŉ
          weeskind. Sy gaan saam met Bonsile skool, sy is saam met hom in st. 8.
          Die mense wat die geld vra, sê hulle het haar grootgemaak en nou is sy
          pregnant deur hom. Bonsile het haar geleerdheid bederf.
MOSIE.    Tata-ka-Bonsile het veertig rand gestuur en die mense was tevrede. Maar
          daar het hierdie tyd ŉ groot eensaamheid en verlange in Poppie se hart
          gekom. Sy het gevoel: ek is ver van my mense af. Ek moet omsien na my
          kinders en ek is alleen. Wat gaan van my en my kinders word?
JAKKIE.   Sy besluit om werk te soek in Oos-Londen as char, om te help betaal vir
          die kinders se skoolgeld. Maar voordat sy begin werk soek het, kry sy ŉ
          telegram.
POPPIE (skrik; lees telegram). “Jou man is baie siek. Verwag geld. Mamma” (Na
          gehoor.) Toe skrik ek, want ek weet as hulle sê verwag geld, is daar
          moeilikheid. Ek gaat toe na my buurman en sê vir hom: Kyk wat het ek
          gekry.

### Page 17

(SEPTEMBER 2012)                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                         17

 BUURMAN.           Moenie huil nie, daar’s niks verkeerd nie, jou ma sal nie die telegram
                    direct aan jou gestuur het nie.
 POPPIE.            Ek het by hulle sit en wag. En toe daarna kom ŉ telegram van my
                    oudste skoonsuster in Johannesburg. (Lees.) “Waar word Stone
                    begrawe?” (Praat verder in dooie stem.) Hulle het aan haar ŉ
                    telegram gestuur waarin hulle reguit sê my man is oorlede, maar vir
                    my het hulle gesê: verwag geld, jou man is siek. Maar ek het sommer
                    gevóél hy is dood.
                                                                             (Ble. 47 – 48)

 8.1    Met wie praat Poppie?                                                                 (1)

 8.2    Wie is hierdie besoekers?                                                             (1)

 8.3    Wat het die “twee manne” by Poppie se huis kom maak?                                  (2)

 8.4    Noem die beeldspraak in die volgende aanhaling: “Kort daarna het
        moeilikheid by Poppie se deur kom aanklop.”                                           (1)

 8.5    Watter TWEE vervoermiddels is gebruik om Poppie-hulle na Mdantsane te
        neem?                                                                                 (2)

 8.6    Vergelyk Poppie se huis in Jakkalsvlei met haar huis in Mdantsane.                    (2)

 8.7    Kies die korrekte antwoord: Wat word iemand genoem wat teen die
        regeringswette in opstand kom?

        A          Katalisator
        B          Protagonis
        C          Antagonis
        D          Tritagonis                                                                 (1)

 8.8    Vul die ontbrekende woorde in:

        Bonsile sou teruggaan (8.8.1 ...) om daar skool te gaan. Die meisiekinders
        sou na haar (8.8.2 ...) gaan. Kindjie en Vezi sou by (8.8.3 ...) gaan bly.            (3)

 8.9    Watter slegte nuus gee mnr. Strydom vir Poppie?                                       (2)

 8.10   Waarheen en na wie wou die pasbeampte vir Poppie stuur?                               (2)

 8.11   Volgens Poppie kon sy nie daarheen gaan nie. Waarom nie?                              (2)

 8.12   Watter TWEE voorwaardes stel Poppie as sy dan na die platteland moet                  (2)
        weggestuur word?

 8.13   Poppie sê: “Ek is verby my tyd.” Wat beteken dit?                                     (1)

### Page 18

18                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     (SEPTEMBER 2012)

8.14   Watter invloed het die antwoord by VRAAG 8.12 op haar verlenging van haar
       pas?                                                                                (2)

8.15   Pas naam in KOLOM B by die stelling van die karakter in KOLOM A. Skryf
       slegs die vraagnommer (8.15.1 – 8.15.5) en die en die LETTER (A – E) van
       die antwoord wat jy kies neer.

                        KOLOM A                                   KOLOM B
       8.15.1   Sy noem hom tata-ka-Bonsile               A     Ouma Hannie

       8.15.2   Poppie het by haar gewoon tot sy nege B         Nyanga
                jaar oud was.

       8.15.3   Poppie trek in 1956 na ...                C     Jakkie

       8.15.4   Sy ideaal is om predikant te word.        D     Langa

       8.15.5   1960 – Swartmense is ongelukkig oor       E     Stone
                paswette en permitte na ...
                                                          F     Grootouma Kappie
                                                                             (5 x 1)       (5)

8.16   Wat bedoel Poppie wanneer sy sê: “My hart het vir hulle ook doodgegaan.”            (1)

8.17   Vul die ontbrekende woorde in. Die woorde wat jy invul, moet op die inhoud
       van die drama gebaseer wees. Skryf net die vraagnommer (8.16.1 – 8.16.4)
       en die antwoord neer.

       Poppie se pas was nog nie reg nie. Die (8.17.1 ...) was besig in hul straat.
       Poppie het nooit die deur oopgemaak as die deurklokkie lui nie. As hulle
       Poppie sou vang, moes (8.17.2 ...) die boete betaal. (8.17.3 ...), se man) het
       gereël dat Poppie ŉ (8.17.4 ...) kry.
                                                                                (4 x 1)    (4)

8.18   In watter tydperk van Suid-Afrika se geskiedenis speel die drama af?                (1)
                                                                                          [35]

                                             OF

### Page 19

(SEPTEMBER 2012)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                      19

 VRAAG 9 OPSTELVRAAG

 PALJAS – Chris Barnard

 Hendrik se motor het op ŉ dag met hom, Katrien en Willem gaan staan wat
 groot ongelukkigheid en ontsteltenis gelei het.

 Bespreek wat gebeur het in ŉ OPSTEL van 250 – 300 woorde. Jou opstel moet ŉ
 inleiding en slot hê.

 Gee aandag aan die volgende

        Die rede vir Hendrik en Katrien se ontsteltenis
        Willem se reaksie daaroor
        Manuel se invloed op Willem na die ontstellende gebeure van die dag
        Die uitwerking van die dag se gebeure op die hele gesin.

                                                                                     [35]

                                          OF

 VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG

 PALJAS – Chris Barnard

 10.1     Hendrik se motor het op pad huis toe met hom, Katrien en Willem gaan
          staan. Hy en Katrien het kort daarna begin argumenteer. Katrien het twee
          goed gekoop waarvan Hendrik daardie oggend eers gehoor het. Dit het
          hom baie ontstel.

          Wat was hierdie twee goed?                                                  (2)

 10.2     Waarvan beskuldig Katrien vir Hendrik as sy sê: Jy pas ŉ stasietjie op
          waarvan almal vergeet het.”                                                 (1)

 10.3     Waarom het Willem verdwyn?                                                  (1)

 10.4     Waarheen het hy gegaan?                                                     (1)

 10.5     Waarom het Willem juis daarheen gegaan?                                     (2)

 10.6     Het dit hom gehelp deur daarheen te gaan? Motiveer jou antwoord.            (2)

### Page 20

20                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     (SEPTEMBER 2012)

Die dorpskerk van buite gesien. ŉ Mens hoor die gemeente sing.

ŉ Lang stuk teerpad. Die nar kom op ŉ fiets aangery. Hy het sy sirkuspak aan en
sy gesig is gegrimeer. Hy kom verby en ry teen ŉ afdraande af. Voor hom in die
laagte lê die dorpie. Die kerk is groot en wit tussen al die dakke. Die maan sit langs
die kerktoring.

In die kerk sit die gemeente aandagtig en luister na die dominee se dreunende stem.

DOMINEE: Omdat ons in sonde ontvang en gebore is, is ons horende doof en
siende blind. Ons luister, maar ons hoor nie; ons kyk, maar ons sien nie. Die
verlossende genade is tot ons beskikking, maar ons maak nie daarvan gebruik nie.
Ons kyk dit mis. Ons stel nie daarin belang nie. Maar, liewe gemeente, ek sê
vanmôre vir u – God is ŉ toornige god. Hy laat nie met hom spot nie. Dié van ons
wat hardkoppig sy genade en sy belofte van verlossing bly verwerp, vir ons bly daar
nog net die vuur en die swael van sy toorn oor. Vir dié van ons kyk en nie sien nie,
bly daar nog net – (Die nar kom by die voordeur in. Hy probeer so saggies en
onsigbaar moontlik al teen die muur langs insluip. Hy gaan sit in die heel agterste
bank.) Vir dié van ons wat sy verlossende genade nie wil – vir dié van ons – (Maar
die dominee het nou heeltemal sy draad verloor. Hy staan vir die nar en kyk. Die nar
sit uitdrukkingloos en plegtig voor hom en uitstaar. Een gemeentelid kyk om; twee
ander kyk om; nog ses of sewe kyk. Die dominee kyk na die ouderlingbank.) Broer,
asseblief. (Niemand roer nie.) Broer Bothma! (Broer Bothma kom orent en kyk
hulpeloos na die dominee.) Verwyder asseblief vir ons die grapmaker.
                                                                        (Bl. 69 – 70)

Meervoudigekeuse-vrae
     Kies telkens die korrekte antwoord.
     Skryf die letter en die antwoord langs die vraagnommer neer.

10.7    Watter EEN van die onderstaande is NIE ŉ TEMA in Paljas NIE?

        A    die liefdesdriehoek tema.
        B    die liefdesverhouding tussen Nollie en Emma.
        C    die vriendskap tussen Willem en Frans.
        D    onverdraagsaamheid en vooroordeel.                                            (1)

10.8    Die nar was nie welkom in die kerk nie omdat ...

        A    hy nie deel van die gemeenskap was nie.
        B    hulle hom gesien het as iemand wat kan moeilikheid maak.
        C    omdat hy anders gelyk het as die ander in die kerk.
        D    mense te gou oordeel.                                                         (1)

### Page 21

(SEPTEMBER 2012)                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                    21

 10.9     Die ouderlinge word beskryf as “swartgeklede kraaie wat in die straat
          uitstorm”. Dit is ŉ voorbeeld van ...

          A        Eufemisme
          B        Metafoor
          C        Personifikasie
          D        Vergelyking                                                          (1)

 10.10    Manuel, die nar, gaan kerk toe omdat:

          A        Willem gevra het of teken ŉ sonde is.
          B        Hy lank laas in die kerk was.
          C        Hy vriende wou maak.
          D        Die dominee hom genooi het.                                          (1)

 10.11    Hendrik is nie ...

          A        ongeduldig nie.
          B        pligsgetrou nie.
          C        oneerlik nie.
          D        ŉ romantiese siel nie.                                               (1)

 10.12    Kies die korrekte antwoord:

          Die atmosfeer in die huis terwyl almal gereed maak vir die Volstruisdans is
          (vrolik, hartseer, bedruk).                                                   (1)

 10.13    Wat het gebeur toe die McDonalds by die dans aankom?                          (1)

 10.14    Wat stel Hendrik voor moet hulle doen toe hulle by die huis aankom?           (2)

 10.15    Katrien sit haar arms om Hendrik. Waarom doen sy dit?                         (2)

 10.16    Om watter rede verwerp die gemeenskap die McDonalds?                          (1)

 10.17    Dit wat met die nar gebeur het, beïnvloed die gesinsverhoudinge in die
          McDonald-gesin positief.

          Vul die ontbrekende woorde in die volgende sin in.

          Die McDonalds kuier nou baie meer as ŉ (10.17.1 ...) saam en (10.17.2 ...)
          nou oor dinge wat hulle pla.                                                  (2)

 10.18    Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is.

          10.18.1       Manuel gaan weg omdat hy nie meer daar wou bly nie.             (1)

          10.18.2       Motiveer jou antwoord deur na die verhaalgebeure te verwys.     (1)

### Page 22

22                  AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                    (SEPTEMBER 2012)

10.19   Pas die naam in KOLOM B by inligting in KOLOM A. Skryf slegs die
        vraagnommer (10.19.1 – 10.19.5) en die LETTER (A – F) van die antwoord
        wat jy kies uit KOLOM B neer.

                        KOLOM A                                  KOLOM B
        10.19.1   grapmaker en kunstenaar                A   Jan Mol

        10.19.2   ŉ boer in die omgewing                 B   Nollie Kemp

        10.19.3   aantreklik en eensaam                  C   Hendrik

        10.19.4   praat te veel                          D   Willem

        10.19.5   kunstig en sensitief                   E   Frans

                                                         F   Manuel
                                                                                 (5 x 1)    (5)
10.20   Beantwoord die volgende vrae.

        10.20.1   Wat noem ons dit wat die karakters sê?                                    (1)

        10.20.2   Kies die korrekte antwoord:

                  Die hoofkarakter van ŉ drama is die (antagonis; protagonis).              (1)

        10.20.3   Wat word die opwindendste of belangrikste deel van ŉ verhaal
                  genoem?                                                                   (1)

        10.20.4   Wat noem ons die plek waar ŉ verhaal afspeel?

        10.20.5   Wat is die boodskap van die verhaal?                                      (2)
                                                                                           [35]

### Page 23

(SEPTEMBER 2012)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                    23

 AFDELING C: KORTVERHALE

 BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.

 VRAAG 11: OPSTELVRAAG

 STORIEJOERNAAL

 Astra Castra – Dot Serfontein

 Bespreek die verandering wat daar by Ettie en meneer Bester plaasgevind het
 deur die loop van die verhaal in 250 – 300 woorde.

 Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê. Jy kan gebruik maak van die volgende
 hoofpunte:

    Ettie se persoonlikheid aan die begin van die verhaal.
    Haar groei deur die loop van die verhaal.
    Meneer Bester se persoonlikheid.
    Sy optrede teenoor Ettie.
    Ettie se perspektief van meneer Bester aan die einde van die verhaal.
                                                                                  [35]

                                         OF

### Page 24

24                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 12: KONTEKSTUELE VRAAG

STORIEJOERNAAL

Die Pakkie – Leonard Koza

Lees die onderstaande uittreksels uit die kortverhaal en beantwoord die vrae wat op
elk gebaseer is.

       Mevrou Filander is besig om die tafel skoon te vee. Sy maak aartappel- en
uieskille bymekaar om in die vullisdrom te gooi. Met die skielike oopmaak van die
agterdeur gewaar sy iemand by die agterdeur wat allerhande soorte handgebare
maak. Eers dink sy die man het nie al sy varkies op hok nie.
       Sy gaan loer skelmpies deur haar kamervenster. Tot haar verbasing moet sy
sien dat die snaakse handgebare vir Esther gemaak word.
       Esther skrik tot in haar tone toe toe haar ma skielik basuin: “Maak daai
domkop met die earring in die oo’ by die hekkie vi’ djou signs?”
       Esther skrik so groot dat sy verbouereerd antwoord: “Ja! ... Nee! ...”
       Dadelik volg mevrou Filander haar vraag op: “En waarvandaan kom dié ding
en wat soek hy voo’ my blerrie hek ? Ek hettie tyd vi’ skollies nie.”
       Esther maak nou wilde handgebare terug terwyl sy sê: “Hy is nie ŉ skollie nie.
Ons is in een klas.”
       Mevrou Filander word kwaad: “’n Mopkop met ŉ earring in die een oor, maa’
hy issie ŉ skollie nie maa’ ŉ skoolkind!” Sy bedek haar gesig met haar twee hande
en sê: “Slaat my dood as daai mopkop nie ŉ skollie issie.”
       Esther druk ŉ pakkie toegedraai in koerantpapier onder haar arm vas en dit
het haar ma baie bekommerd.
       “Wat is daai onne’ djou arm toegedraai in koerantpapier? Djy kommie uit die
kamer voordat ek wiet wie is daai wat by die hek staan nie.”
       Daar is geen manier hoe Esther haar maat by die hek kan waarsku dat daar
nou moeilikheid is nie. Op sy beurt kan hy nie loop voordat hy die pakkie by Esther
gekry het nie. Nog minder wil Esther haar ma sê wat in die pakkie is en wat haar
maat by die hekkie met die pakkie te doen het.
       “Gie daai pakkie hie’ of sê my wat is daarin,” beveel haar ma. Mevrou Filander
is vasbeslote om uit te vind wat in die pakkie is.
       Esther vee die trane met haar mou af en sê: “Dis nie Mammie se biesigheid
nie. Gee my ŉ kans en ek sal explain.”
                                                                              (Bl. 137)

12.1    In watter voorstad in Kaapstad speel hierdie verhaal af?                           (2)

12.2    Noem TWEE tipes misdaad waarvoor hierdie voorstad bekend is?                       (2)

12.3    Wat het Esther daardie dag by haar gehad toe sy in haar kamer verdwyn het
        nog voordat haar ma haar behoorlik kon teruggroet?                                 (1)

### Page 25

(SEPTEMBER 2012)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                           25

 12.4     Pas die inligting in KOLOM B by die naam in KOLOM A. Skryf slegs die
          vraagnommer (12.4.1 – 12.4.5) en die LETTER (A – F) van die antwoord
          wat jy kies neer.

                     KOLOM A                                KOLOM B
          12.4.1   Sally Filander             A    Pang se vrou

          12.4.2   Pang Doodmaak              B    Sy tweede naam is bang vir niks

          12.4.3   Jakkals                    C    Bendeleier in Elsiesrivier

          12.4.4   Slang                      D    Jong man by Sally se hek

          12.4.5   Miena                      E    Moena se vriendin

                                              F    Slang se vrou
                                                                                  (5 x 1)   (5)

 12.5     Noem EEN fisiese eienskap van die jong man by mev. Filander se hek wat
          haar die indruk gegee het dat hy ŉ skollie is en nie ŉ skoolkind soos Esther
          gesê het nie.                                                                     (1)

 12.6     Waarom druk Esther die pakkie onder haar arm vas?                                 (1)

 12.7     Die skare wat in die straat saamdrom, dink mev. Filander is besig met
          “biesagheid”.

          12.7.1   Wat is die ‘biesagheid’ wat die skare dink mev. Filander doen?           (1)

          12.7.2   Gee TWEE redes waarom hulle dink sy dit doen.                            (2)

 12.8     Waarom dink jy het mev. Filander die teken van die kruis gemaak voor sy
          die deur oopmaak?                                                                 (2)

 12.9     Die man wat by mev. Filander se huis opdaag, pas in die stereotipe van ŉ
          bendeleier.

          12.9.1   Wat gee vir ons die idee dat hy ŉ bendeleier is?                         (2)

          12.9.2   Waarom is hy en sy vrou haastig?                                         (2)

### Page 26

26                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                  (SEPTEMBER 2012)

12.10   Meervoudigekeuse-vrae
             Kies telkens die korrekte antwoord.
             Skryf die letter en die antwoord langs die vraagnommer neer.

        12.10.1   Sally Filander ken Pang se ma, ...

                  A     Miena.
                  B     Minnie.
                  C     Moena.
                  D     Meyra.                                                           (1)

        12.10.2   Almal het lank gelede in ... gebly.

                  A     Distrik Ses
                  B     Manenberg
                  C     Elsiesrivier
                  D     Athlone                                                          (1)

        12.10.3   Pang se pa is ...

                  A     lid van die bende.
                  B     lank gelede oorlede.
                  C     familie van Sally.
                  D     te lui om te werk.                                               (1)

        12.10.4   Sally het vir Pang ... toe hy klein was.

                  A     aangeneem
                  B     opgepas
                  C     skoolgehou
                  D     gebad                                                            (1)

        12.10.5   Slang verwag dat Pang ... teenoor mev. Filander moet optree.

                  A     saggies
                  B     aggressief
                  C     vriendelik
                  D     vreemd                                                           (1)

12.11   Waarvoor/Vir wie bid mev. Filander waarskynlik elke aand?                        (2)

### Page 27

(SEPTEMBER 2012)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                      27

 12.12    Kies die korrekte antwoord tussen hakies.

          Die volgende is ŉ vorm van:

          12.12.1   “Die biesagheid issie soe dangerous as dit gerun word deur die
                    regte skelmpies nie”:

                    Hierdie is ŉ voorbeeld van (oordrywing, ironie, eufemisme)        (1)

          12.12.2   Pang sê sy pa het gesê : “live and let live”. Sy naam is egter
                    Pang Doodmaak.

                    Hierdie is ŉ voorbeeld van (oordrywing, ironie, eufemisme).       (1)

 12.13    Pang groet vir Miena aan die einde van die verhaal met “sharp”.

          12.13.1   Wat bedoel hy met hierdie uitdrukking?                            (1)

          12.13.2   Waaroor stem hy met Miena saam?                                   (1)

          12.13.3   Wat het Pang gesien wat hom só gelukkig maak?                     (1)

 12.14    Kies die betekenis wat pas by die bendetaal.

                      UITDRUKKING                             BETEKENIS
          12.14.1   “vi” o’s apie laat draw nie”      A   doodmaak

          12.14.2   “ek maak jou sat”                 B   weggaan

                                                      C   ŉ gek van ons maak          (2)
                                                                                     [35]

                                                              TOTAAL AFDELING C:      35

                                               OF

### Page 28

28                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     (SEPTEMBER 2012)

AFDELING D: GEDIGTE

BEANTWOORD TWEE VAN DIE VOLGENDE GEDIGTE UIT VERSJOERNAAL.

VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die volgende gedig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

     Woorde – Vincent Oliphant

     1    my woorde het nie die krag
     2    om bose magte tot ŉ val te bring nie
     3    my woorde kan bloot sing

     4    my woorde is nie ŉ dak
     5    om onder te skuil nie
     6    my woorde is swak

     7    my woorde kan nie keer
     8    dat ons die kromme note haal nie
     9    my woorde is kaal

     10   glo tog
     11   my woorde het nie die byt
     12   van koeëls en grofgeskut nie
     13   nee
     14   my woorde kan bloot bid
     15   en pleit
     16   en wens
     17   medeburgers van die lewe
     18   dat ons van grense sal vergeet
     19   en bloot mens sal wees
     20   en medemens

                                                              [Uit: Die sagte vlees, 1998]

13.1       Van watter woorde praat die spreker?                                                (1)

13.2       Kies die korrekte antwoord:

           Die (digter/ek-verteller) is hier aan die woord.                                    (1)

13.3       Watter beeldspraak kom in reël 3 voor?
           “My woorde kan bloot sing”.                                                        (½)

13.4       Strofe 1: Wat kan die woorde van die digter nie doen nie?                           (1)

### Page 29

(SEPTEMBER 2012)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                          29

 13.5     Noem DRIE dinge wat die digter se woorde kan doen. Skryf slegs die
          woorde neer.                                                                      (3)

 13.6     Kies uit KOLOM B die verduidelikings wat by die aanhaling in KOLOM A
          pas. Skryf slegs die vraagnommer (13.6.1 – 13.6.3) en die korrekte
          alfabetletter uit KOLOM B.

                        KOLOM A                            KOLOM B
          13.6.1   “’n dak om onder te skuil”    A    Medemens.

          13.6.2   “die kromme note haal”        B    ŉ Skuilplek.

          13.6.3   “medeburgers van die          C    Die verkeerde note speel.
                   lewe”

                                                 D    ŉ Probleem kan slegs met
                                                      baie/groot moeite opgelos
                                                      word.

                                                                               (3 x 1)      (3)

 13.7     Haal TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE uit die laaste strofe aan wat
          beklemtoon hoe desperaat die digter by die leser pleit om hom te glo.             (1)

 13.8     Hoe beklemtoon die digter dat woorde vir hom belangrik is?                        (1)

 13.9     Op watter wyse word “nee” in die gedig beklemtoon?                                (1)

 13.10    Wat beteken:
          “my woorde het nie die byt
           van koeëls en grofgeskut nie” (reëls 11 – 12)?                                   (2)

 13.11    Gee ŉ woord met dieselfde betekenis (sinoniem) as die woord: “bloot”
          (reëls 14 en 17).                                                                 (1)

 13.12    Wat is die boodskap/les in hierdie gedig?                                         (2)
                                                                                         [17½]

                                            OF

### Page 30

30                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                    (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 14: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die volgende gedig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

Thumela – E. Barnard

1      tot siens meneer
2            het jy geskree
3      en vir oulaas gemaak ernstig
4      na ŉ kennisgewingbord
5      met hordes sportaankondigings
6      en lyste eksamenroosters
7      wat jou nie meer kon raak
8               gestaar
9      jou boeksak toe
10     met ŉ wilde tol
11            die lug ingeskiet
12     en ŉ geskiedenisboek gepos
13     sodat die blaaie
14              verward
15     oor die verlate skoolvierkant saai
16     terwyl jy laggend
17     om ŉ hoek verdwyn
18     gemaak geskok
19     het meneer weggedraai
20     maar ek het bly wonder
21     of dit vir jou
22          dan niks beteken

                                                                   [Uit: Poort, 1983]

14.1     Waar speel die gedig af?                                                         (1)

14.2     Motiveer jou antwoord by VRAAG 14.1 deur TWEE LOSSTAANDE
         WOORDE uit die gedig aan te haal.                                                (2)

14.3     Beeldspraak:

         14.3.1    Watter beeldspraak kom by reëls 13 – 15 voor?

                   “sodat die blaaie
                           verward
                    oor die verlate skoolvierkant saai”                                  (½)

         14.3.2    Verduidelik jou antwoord by VRAAG 14.3.                                (1)

### Page 31

(SEPTEMBER 2012)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                          31

 14.4      Kies uit KOLOM B die verduidelikings wat by die woorde in KOLOM A pas.
           Skryf slegs die vraagnommer (14.5.1 – 14.5.3) en die korrekte alfabetletter
           (A – D) uit KOLOM B.

                     KOLOM A                                KOLOM B
           14.4.1   Thumela                  A      deurmekaar

           14.4.2   oulaas                   B      om te verwelkom

           14.4.3   verward                  C      beteken “om weg te stuur”

                                             D      vir die laaste keer
                                                                                (3 x 1)      (3)

 14.5      Noem EEN karaktereienskap van hierdie skoolverlater EN motiveer jou
           antwoord.                                                                         (2)

 14.6      Noem DRIE dinge wat die seun gedoen het nadat hy sy onderwyser
           gegroet het.                                                                      (3)

 14.7      Watter tipe rym kom in die gedig voor?                                            (1)

 14.8      Watter woord wys dat daar nou ŉ verandering in die gedig kom? Haal die
           woord aan.                                                                        (1)

 14.9      Waarna verwys “dit” in reël 21?                                                   (1)

 14.10     Waarom gebruik die digter geen punktuasie in hierdie gedig nie?
           (Funksie?)                                                                        (1)

 14.11     Haal TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE uit die gedig aan as bewys dat
           die skoolverlater se gedrag die spreker laat aanhou dink het.                     (1)
                                                                                          [17½]

                                               OF

### Page 32

32                  AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                        (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 15: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die volgende gedig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
      Spore op die maan – Koos du Plessis
 1    Elke nuwe plan lê hopeloos verfrommel,
 2    want iets sê: “Stomme drommel
 3    die ruimte lê vol rommel”
 4    En ek begin verstaan:
 5    Daar is geen nuwe oord om heen te gaan,
 6    want, kyk, daar lê reeds spore op die maan.
 7    Want die stad blom elke nag,
 8    strooi sy saad en skemerdag
 9    breek staal spruite deur die aardkors.
 10   waar jy gaan.
 11   Rommelberge groei omheen
 12   en daar’s swaelsuur in die reën-
 13   en kyk, daar lê reeds spore op die maan.
 14   Waarheen sou ek gaan?
 15   Ontvlug is onbegonne;
 16   selfs droom is onbesonne,
 17   want die wêreld is oorwonne
 18   en ek begin verstaan:
 19   Daar is geen nuwe paaie om te baan;
 20   want, kyk, daar lê reeds spore op die maan.
 21   Elke hektaar is verkoop,
 22   elke opstal lê gesloop
 23   en die wêreld wag verwese, in die waan
 24   dat ŉ wonder sal gebeur
 25   om sy ruspeleërs te keer –
 26   maar, kyk, daar lê reeds spore op die maan.
 27   Vlug na berg of woud …
 28   Meen jy dat daar geeneen is;
 29   dat jy eindelik alleen is?
 30   Ag, verspreiders loer op Venus
 31   en ek begin verstaan
 32   Daar is geen nuwe oord om heen te gaan,
 33   want, kyk, daar lê reeds spore op die maan.
 34   Elke woord is retoriek,
 35   elke droom is bloot plastiek
 36   en atoom’s die idioom van wie verstaan.
 37   Iewers moet ŉ rusplek wees
 38   vir die afgematte gees-
 39   maar, kyk, daar lê reeds spore op die maan;
 40   duisend donker spore op die maan.
 41   Kyk, daar lê reeds spore op die maan.
                                     [Uit: Kinders van die wind en ander lirieke, 1981]

### Page 33

(SEPTEMBER 2012)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                               33

 15.1     Waarna verwys “elke nuwe plan” in reël 1?                                             (1)

 15.2     Kies uit KOLOM B die verduidelikings wat by die aanhalings in KOLOM A
          pas. Skryf slegs die vraagnommer (15.2.1 – 15.2.4) en die korrekte
          alfabetletter (A – D) uit KOLOM B.

                      KOLOM A                                     KOLOM B
          15.2.1   “die ruimte lê vol          A        Die mense wat die natuur
                   rommel”                              vernietig.

          15.2.2   “die stad blom elke nag”    B        Die hele hemelruim is besoedel.

          15.2.3   “ruspeleërs”                C        Daar lê reeds spore op die maan.

                                               D        Die stadsligte skep die idee van
                                                        blomme.

                                                                                   (3 x 1)      (3)

 15.3     Watter beeldspraak is: “strooi sy saad en skemerdag”?                                (½)

 15.4     Watter woord in versreël 2 lei ŉ rede in?                                             (1)

 15.5     Wat is die funksie van die dubbelpunt in reël 4?                                      (1)

 15.6     Wat is die funksie van die herhaling wat regdeur die verhaal voorkom?                 (2)

 15.7     Wat beteken “ontvlug is onbegonne” in reël 15?                                        (2)

 15.8     Waarheen het die spreker oorweeg om te gaan?                                          (1)

 15.9     Waarna verwys “elke hektaar “ in reël 21?                                             (1)

 15.10    Watter DRIE OPEENVOLGENDE WOORDE in strofe 4 sê dat dié wonder
          nie sal gebeur nie?                                                                   (1)

 15.11    Wat is die funksie van die ellips in versreël 27?                                     (1)

 15.12    Kies die korrekte antwoord tussen hakies.

          Retoriek in reël 34 beteken:
          (plastiek; wetenskaplikes; blote praatjies)                                           (1)

 15.13    Die aanhaling: “Kyk, daar lê reeds spore op die maan” word in die
          slotstrofe twee keer herhaal, in vergelyking met die een keer in die ander
          strofes. Waarom?                                                                      (2)
                                                                                             [17½]

                                               OF

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [AFRFAL GR12 P1 QP SEP 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-gr12-p1-qp-sep-2012/796d6ed3-aeda-4bb3-a0dc-fa4480e4e2e5) — Afrikaans FAL · QP · 2012
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2012/3f85c035-f152-4594-bcdc-51046b8337e8) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sept2020/491ea036-8e84-408b-84cd-4a6a4a771160) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sep2014/bf18a86e-1f73-4f14-8f53-2f6b1aa74b4f) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [AFRFAL GR12 P1 MEMO SEP 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-gr12-p1-memo-sep-2012/b3ac1d72-6a6e-4b09-b6b2-ba44b62d1052) — Afrikaans FAL · Memo · 2012

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
