# Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021, 40 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p2-qp-gr12-sept2021/d3989d6c-d479-440a-af5d-32c6ba332a54
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 40

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p2-qp-gr12-sept2021/d3989d6c-d479-440a-af5d-32c6ba332a54)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021. Question paper, 40 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2021

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

PUNTE:   70

TYD:     2½ uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 40 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                 (EC/SEPTEMBER 2021)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

    1.   MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
         INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
         die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae
         aandagtig deur en kies die vrae wat jy wil beantwoord.

    2.   Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

         AFDELING A: Roman                 (35)
         AFDELING B: Drama                 (35)
         AFDELING C: Kortverhale           (35)
         AFDELING D: Gedigte               (35)

    3.   Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:

         AFDELING A: ROMAN
         Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

         AFDELING B: DRAMA
         Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

         AFDELING C: KORTVERHALE
         Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

         AFDELING D: GEDIGTE
         Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.

         Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.

    4.   Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

    5.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

    6.   Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

    7.   Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 75 minute per afdeling.

    8.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     3

  INHOUDSOPGAWE

  Kies TWEE afdelings.

  AFDELING A: ROMAN

  Beantwoord slegs EEN vraag.
                                                                              BLADSY-
                                                                   PUNTE
                          VRAAGNOMMER                                         NOMMER
  VRAAG 1:       Kringe in ’n Bos             Kontekstuele vraag    35           5
                                       OF
  VRAAG 2:       Die Ongelooflike Avonture
                                              Kontekstuele vraag    35              9
                 van Hanna Hoekom
                                       OF
  VRAAG 3:       Meeulanders                  Kontekstuele vraag    35             13
                                       OF
  VRAAG 4:       Lien se Lankstaanskoene      Kontekstuele vraag    35             17

  AFDELING B: DRAMA

  Beantwoord slegs EEN vraag.
  VRAAG 5: Poppie – Die Drama                 Kontekstuele vraag    35             21
                                       OF
  VRAAG 6:       Paljas                       Kontekstuele vraag    35             25
                                        OF
  VRAAG 7:       Fiela se kind – Die Drama    Kontekstuele vraag    35             29

  AFDELING C: KORTVERHALE

  Beantwoord die vrae oor ALBEI kortverhale.
  VRAAG 8.1: “Veertig sinkplate teen die
                                          Kontekstuele vraag        18             33
             suidewind” – Dana Snyman
                               EN
             Van Precious: ’n Buisie salf Kontekstuele vraag
  VRAAG 8.2:                                                        17             35
             – Maretha Maartens

  AFDELING D: GEDIGTE

  Beantwoord die vrae oor ALBEI gedigte.

  VRAAG 9.1:     Rondom my – D. De Jager      Kontekstuele vraag    17             37
                                  EN
                 By die robot in Eerstelaan   Kontekstuele vraag
  VRAAG 9.2:                                                        18             39
                 – Marita van Aswegen

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                (EC/SEPTEMBER 2021)

 KONTROLELYS

 Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

                                                                                    DUI
 AFDELING                  VRAAGNOMMERS               VRAE BEANTWOORD
                                                                                   AAN (√)
    A      Roman                   1–4                          1
                                                 OF
    B       Drama                  5–7                          1
                                                 OF
    C    Kortverhale                8                    1 (2 kortverhale)
                                                 OF
    D      Gedigte                  9                     1 (2 gedigte)

 LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                        5

  AFDELING A: ROMAN

  Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

  VRAAG 1: KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

  Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

  TEKS A

  “Wat soek jý hier?”
  “Vir jou.” Die manier waarop Maska daar gestaan het, sy gesig, het die tyding
  vooruitgeloop.
  “Is daar iets verkeerd?”
  “Jou pa. Hy is nie meer op die aarde nie”                                           5
  Die woorde het hulleself in sy kop herhaal voordat die werklikheid hom
  getref het. Joram Barnard dood? Die Bos sonder Joram Barnard? Hy het
  die eienaardige gevoel gekry dat een van die groot kalanders in die Bos
  omgekap was en dat daar êrens ‘n groot oopte oorbly ...
  Hy het teen Joram Barnard se hand gerebelleer, teen sy wil geskop en                10
  losgebreek en geweet dis met die krag van Joram Barnard wat in sy liggaam
  sit dat hy dit gedoen het, dat hy vrygekom het! Uit Joram Barnard se hand
  het hy die Bos leer ken, ’n skerm leer maak waaronder die kwaaiste
  winterreën jou lyf nie bykom nie.
  “Pak vir hom vere soos vir ŉ eend! Ek wil nie ŉ sinkplaat sien uitsteek nie         15
  en gooi wal vir die water se wegloop!”
  Onder Joram Barnard se hand is hy taai gebrei.
  “Moenie swak raak nie, Saul! Laat werk daardie saag se tande ... Toe maar,
  huil sal jy huil, Maar daarna sal jy weer lag! ŉ Barnard sonder uithou is soos
  ŉ skietding sonder kruit!”                                                          20

  1.1 1.1.1      Hoe het Joram Barnard gesterf?                                                 (1)

        1.1.2    Hoe het Saul geweet dat Maska hom slegte nuus wou meedeel?                     (1)

        1.1.3    Waarom is dit baie gepas dat Saul Barnard vir Joram Barnard met ŉ
                 kalander vergelyk?                                                             (1)

  1.2 “Hy het teen Joram Barnard se hand gerebelleer, teen sy wil geskop en
      losgebreek ...” (Reël 10)

        1.2.1    Noem die eerste insident, waar Saul, op 14-jarige ouderdom teen sy
                 pa se wil gerebelleer het.                                                     (1)

        1.2.2    Waarom kan jy simpatie met Saul hê, wat teen sy pa rebelleer?                  (1)

        1.2.3    Hoe het Saul probeer om dinge tussen hom en sy pa reg te maak?                 (1)

        1.2.4    Josef het as kind vir Saul stilletjies in die bres getree en beskerm. Sê
                 waarom jy met die stelling saamstem.                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                  (EC/SEPTEMBER 2021)

 1.3   Verduidelik hoe die kennis wat Joram vir Saul geleer het, Saul later gehelp
       het toe hy ŉ delwer geword het.                                                       (1)

 1.4   Glo jy dat Joram sy seun liefgehad het? Gee EEN feit om dit te bewys.                 (1)

 1.5   Voltooi die onderstaande paragraaf deur slegs die ontbrekende woorde in te
       vul. Skryf slegs die vraagnommers (1.5.1–1.5.3) en die antwoord neer.

       Saul het altyd vir Joram as ŉ sterk, trotse mens beskou. Hy is egter ontnugter
       toe (1.5.1) ... sy pa verneder deur te sê dat hulle hout van (1.5.2) ... kwaliteit
       is. Saul weet dis nie waar nie en is geskok dat sy pa nie terugbaklei nie. Hier
       het hy die eerste keer die (1.5.3) ... sirkel gesien waar die houtkopers die
       houtkappers uitbuit.                                                                  (3)

 1.6   Alhoewel Saul en sy pa baie verskil het, is daar tog ooreenkomste tussen
       hulle. Kies die karaktertrek wat in beide Saul en Joram voorkom.

       A    Intelligent
       B    Beskermer van die natuur/Bos
       C    Hardkoppig
       D    Eiewys en anderster                                                              (1)

 1.7   Josef het vir Saul soos ŉ buitestaander laat voel op hulle pa se begrafnis.

       1.7.1 Hoe sou jy die situasie hanteer het as jy Josef was?                            (1)

       1.7.2 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

               Die feit dat Maska vir Saul van sy pa se dood kom vertel het, bewys
               aan ons dat hy lojaal teenoor (Saul/Josef) is.                                (1)

 1.8   Die volgende gebeure in Saul se lewe het veroorsaak dat hy spesifieke
       brandmerke gedra het. Kies die gebeure uit KOLOM B wat VOORAF
       plaasgevind het om by die brandmerke in KOLOM A te pas. Skryf slegs die
       letter (A–E) langs die vraagnommers (1.8.1–1.8.4) neer.

              KOLOM A                                     KOLOM B
       1.8.1 Oproerling                 A     Saul weier om die kalander af te kap.

       1.8.2 Wild en onnosel            B     Saul weier om ŉ pad te loop wat nêrens
                                              uitkom nie.

       1.8.3 Verraaier                  C     Saul het die       bloubokkie    se    kop
                                              oopgekap.

       1.8.4 Weggejaagde                D     Saul gaan vir Kersfees huis toe en sien
                                              stukke gebraaide olifantvleis in die
                                              skotte.

                                        E     Saul gaan op die dorp vir MacDonald
                                              werk.
                                                                            (4 x 1)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                 7

                                           EN

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS B

 “Onderskat alles, Kate, maar nooit ’n olifant nie. Veral nie in natweer nie.”
 Toe hy opkyk, staan Oupoot sestig tree ver of minder, waar die sleeppad met
 ’n draai in die ruigtes verdwyn.
 “Kate....”
 Die volgende oomblik besef hy dat die olifant na hulle kant begin beweeg       5
 het. En hy skrik. Iets aan die dier is vreemd.
 “Saul?” Kate se naels slaan in sy bo-arm in. “Kyk daar!”
 “Ek sien hom...” Die boom wat hy vinnig vir haar kies om te klim, is ’n paar
 tree in die rigting van die aankomende olifant en hy voel haar langs hom
 huiwer. “Kom, Kate! Moenie hardloop nie, beweeg net saam met my.              10
 Stadig!” Eers toe hy haar by die wit-els het, verraai sy stem sy werklike
 angs. “Klim, Kate! Trap op my rug en klim hoog!”
 “Saul?”
 “Maak gou!”
 Toe hy opkyk, staan die olifant dertig tree van hom af in die sleeppad en      15
 die loeries gorrel hees en sis soos slange. Hy hoor Kate klim en moet vinnig
 vir homself besluit: Daar is plek vir twee in die wit-els, maar sou die boom
 genoeg weerstand teen Oupoot hê? Hy draai sy oë ’n oomblik van die
 massiewe, donker lyf weg, kies vir hom die stinkhoutboom aan die oorkant
 van die sleeppad en begin sy hemp uittrek ...                                  20

 1.9     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

         Oupoot wou hier vir Saul kom wys (dat Meulbos verwoes is / dat hy
         gekwes is).                                                                      (1)

 1.10    Kies die antwoord wat NIE korrek is NIE.

         Kate het Saul na sy skerm agtervolg, want sy wou self sien waar hy bly.
         Een van die leuens oor Saul se blyplek was:

         A      Hy leef soos ’n koning in ŉ groot kliphuis.
         B      Hy bly in ’n grot in die berg.
         C      Hy bly by ou Sanna in Groot Eiland.
         D      Hy woon in die bos tussen die houtkappers.                                (1)

 1.11    Kate het vir Saul gesmeek om vir haar die Bos te wys. Hoe wou sy die Bos
         ervaar?                                                                          (2)

 1.12    “Kom, Kate! Moenie hardloop nie, beweeg net saam met my.” (Reël 10)

         1.12.1       Wat doen Saul om Kate teen Oupoot te beskerm?                       (1)

         1.12.2       Waarom is daar ’n moontlikheid dat Oupoot nie vir Saul sou
                      seermaak nie?                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                (EC/SEPTEMBER 2021)

        1.12.3        Oupoot was altyd in die mees kritieke oomblikke in Saul se lewe,
                      by hom. Wanneer was die eerste keer toe Saul vir Oupoot gesien
                      het? Noem TWEE feite.                                               (2)

 1.13   Die verhaal speel op twee tydsvlakke af: die hede en verlede. Wat gebeur
        in die volgende tydsvlakke?

        1.13.1 Die verlede                                                                (1)

        1.13.2 Die hede                                                                   (1)

 1.14   Oupoot word ook, soos Saul, vals beskuldig. Waarvan het hulle hom hierdie
        keer beskuldig?                                                                   (1)

 1.15   Saul het besluit dat Oupoot ’n waardige dood sou sterf.

        Waarom was dit vir Saul belangrik?                                                (1)

 1.16   Waarom stem jy saam dat Saul NIE in sy doelwit geslaag het dat Oupoot ’n
        waardige dood sou sterf NIE?                                                      (1)

 1.17   Hoe sou hy verseker dat Oupoot se tande nie die Bos verlaat nie?                  (1)

 1.18   Vul die ontbrekende woord in. Skryf slegs die vraagnommer (1.18) en die
        antwoord neer.

        Die feit dat Saul sy privaatheid hoog ag, maar tog aan die einde vir Kate
        gewys het waar hy bly, bewys dat hy werklik ... vir haar is.                      (1)

 1.19   Kate het weer op haar beurt bewys dat sy Saul bo haar ouers kies. Dink jy
        sy het ’n wyse besluit geneem? Motiveer.                                          (1)
                                                                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     9

  VRAAG 2:         DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA
                  HOEKOM – Marita van der Vyver

  Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

  TEKS C

  Ek wens ek kon vir Sharon bel. Haar soebat om ’n paar dae vroeër te kom.
  As Sharon eers by ons is, sal my ma ons nie kan dwing om elke aand te
  maak of ons ’n gesin uit ŉ vorige eeu is nie. Maar Beyers se selfoon werk nie
  hier op die berg nie. Ons is heeltemal afgesny van die buitewêreld. Soos ’n
  gesin uit ’n vorige eeu.                                                       5
                                      ********
  “Gaan kuier jy ooit vir haar?”
  “My pa gaan elke jaar vir ’n paar dae. Hy kan haar nie sover kry om vir ons
  in die stad te kom kuier nie. Sy sê sy hou nie van die geraas nie. Ek smeek
  elke keer om saam te gaan, maar hy het gewoonlik een of ander verskoning.
  Ek dink hy’s bang ek sal my neus optrek. Jy weet. Dat ek sal dink sy’s te 10
  eenvoudig. So ek was jare laas daar. Maar ek onthou haar goed ...”
                                      ********
  Ek vee die slaap uit my oë en trek my vingers deur my hare en hoop ek lyk
  nie té afskuwelik nie. Ek wil hulle nie afskrik voor hulle kans gekry het om
  hulle presente te oorhandig nie. Hulle hou omtrent almal geskenkpakkies
  vas. Nie Yann nie (natuurlik nie), maar al die ander. Selfs Margot.           15

  2.1     2.1.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Hanna voel asof hulle ’n gesin uit ’n vorige eeu is omdat hulle die
                      vorige aand (Krabbel / vasvraespeletjies) gespeel het.                    (1)

          2.1.2       Gee nog TWEE ander dinge wat haar laat voel asof hulle in ’n
                      vorige eeu leef.                                                          (2)

  2.2     Waarom het hulle in die eerste plek op die berg vakansie gehou?                       (1)

  2.3     Waarom was dit hoogs waarskynlik dat Mana en Beyers by mekaar sou
          uitkom? Noem TWEE feite.                                                              (2)

  2.4     Hanna se familie is ’n samestelling van verskillende karakters, wat baie
          stereotipe idees verbreek. Verduidelik hoe elk van die volgende karakters
          stereotipes verbreek.

          2.4.1       Mana                                                                      (1)

          2.4.2       Margot                                                                    (1)

          2.4.3       Gavin                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2              (EC/SEPTEMBER 2021)

 2.5     Sharon is Hanna se beste vriendin, na wie se koms sy baie uitgesien het.

         2.5.1       Waarom is Hanna eintlik verbaas dat Sharon met haar bevriend is?        (1)

         2.5.2       Die berg het ’n vreemde uitwerking op almal gehad. Watter
                     uitwerking het dit op Sharon gehad?                                     (1)

         2.5.3       Waarom kuier Sharon se ouma nie graag vir hulle in die stad nie?        (1)

         2.5.4       Dink jy dat Sharon se ouers die ware Sharon ken? Motiveer.              (1)

 2.6     Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
         vraagnommer (2.6) en die letter (A–D) neer.

         Hanna het met haar verjaarsdag besef dat dit ... op verjaarsdae is om ’n
         groot gesin te hê.

         A       ongemaklik
         B       nadelig
         C       voordelig
         D       gerieflik                                                                   (1)

 2.7     “Nie Yann nie (natuurlik nie). Maar al die ander, selfs Margot ...” (Reël 15)

         Was Hanna verbaas dat Yann nie ’n geskenk in sy hande gehad het nie?
         Motiveer.                                                                           (1)

 2.8     Hoe het die volgende twee karakters aan Hanna bewys dat hulle in haar as
         ’n skrywer glo?

         2.8.1       Beyers                                                                  (1)

         2.8.2       Yann                                                                    (1)

 2.9     Wat kan jy aflei uit Hanna se houding dat sy nie daardie jaar vir ’n boek van
         haar ma gevra het nie?                                                              (1)

                                                EN

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                      11

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
 TEKS D

 Liewe leser, daar het so baie dinge die afgelope paar dae gebeur dat ek
 amper van Fabienne vergeet het. Die koms van die reën, die koms van die
 eerste queen, die koms van die tweede queen. Die reën wat nie wil ophou
 nie. Steeds nie. En my verjaarsdag, natuurlik.
 Maar dis nou nie asof my lewe skielik in ’n sprokie verander het nie. Ek is         5
 steeds vasgekeer in ’n huis met ’n lekkende dak op ’n verlate berg.
                                      ********
  “Julle het die kar tot hier gery, so julle sal dit seker weer tot onder kan ry”,
 sê Mana met die selfvertroue van iemand wat net mooi niks van karre weet
 nie. “Ek’s nie so seker daarvan nie.” Beyers laat sak sy stem sodat die res
 van die geselskap in die sitkamerdeel van die oop vertrek hom nie moet hoor         10
 nie. Ek lê op die rusbank, kamma verdiep in my biblioteekboek, maar my ore
 verander onmiddellik in satellietskottels. “Die probleem is nie net die kar nie.
 Hy kan altyd ŉ lift saam met Margot terug Kaap toe kry. Maar ek dink nie hy
 óf Margot gaan môre in die Kaap uitkom nie.”

                                   ********
 Hier kom ŉ ding, dink ek terwyl ek langs my ma op die rusbank asemskep.             15
 Dis ’n ding wat al dae lank dreig om te gebeur, maar hier kóm dit nou. My
 stiefbroer en my beste vriendin dans die res van die aand saam.

 2.10     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (2.10) neer.

          In hierdie uittreksel is Hanna die ... aan die woord.

          A     geïrriteerde tiener
          B     aspirant skrywer
          C     pessimis
          D     verjaarsdagmaatjie                                                           (1)

 2.11     Waarom is die volgende stelling ONWAAR?                                            (1)
          Fabienne is ’n goeie vriendin van Hanna.

 2.12     Stem jy saam met die volgende stelling? Motiveer.

          Hanna voel dat sy Fabienne afgeskeep het.                                          (1)

 2.13     Hoekom voel Hanna erg geïrriteerd deur Margot?                                     (1)

 2.14     “Ek’s nie so seker daarvan nie.” (Reël 9)

          2.14.1      Noem die negatiewe uitwerking wat die reën op die omgewing
                      gehad het.                                                            (1)

          2.14.2      Waarom sou jy sê dat die reën katastrofiese gevolge vir Margot
                      gehad het?                                                            (1)
          2.14.3      Vir hoe lank sou die reën so aanhou, volgens die radio?               (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2021)

  2.15 “My stiefbroer en my beste vriendin dans die res van die aand saam.”
       (Reël 17)

         2.15.1 Hoe dink jy, voel Hanna oor bogenoemde stelling?                               (1)

         2.15.2 Sou jy ook hier soos Hanna gevoel het? Motiveer jou antwoord.                  (1)

         2.15.3 Hoe het Gavin later aan Hanna bewys dat hy haar aanvaar nes sy
                is?                                                                            (1)

  2.16 Voltooi die paragraaf deur die ontbrekende woorde in te vul. Skryf slegs die
       woord langs die vraagnommer (2.16.1–2.16.3) neer.

         Sharon is nie erg gepla dat hulle in die reën vasgekeer is nie, want dit
         beteken sy kan meer tyd met (2.16.1) ... deurbring. Gavin probeer die
         situasie red deur voor te stel dat hulle ’n (2.16.2) ... hou om almal se aandag
         af te lei. Hanna besluit sy sal liewer ’n (2.16.3) ... verhaal oor Fabienne skryf.     (3)

  2.17 Die volgende gebeure het ’n rol in Hanna se lewe gespeel. Kies die gebeure
       uit KOLOM B wat VOORAF plaasgevind het om by die gebeure in KOLOM
       A te pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers
       (2.17.1–2.17.4) neer.

                          KOLOM A                                KOLOM B
         2.17.1      Gavin kruip by die voordeur in.    A    Hanna skryf ’n roman.

         2.17.2      Ditjie word gebore.                B    Die kar het in modder
                                                             vasgeval.

         2.17.3      Margot kry ’n rol as aktrise.      C    Die reën het opgehou.

         2.17.4      Hanna hoor die gekwetter van       D    Margot knip haar naels.
                     voëls.

                                                        E    Die reën het aangehou
                                                             val.
                                                                                (4 x 1)        (4)
                                                                                              [35]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                         13

 VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS E

 Sy herken Die Stem.
 MacDonald neem sy radio wat byderhand lê. “Stasie staan by. Hoe lyk dinge
 op Meeuland vanmôre, kaptein? Oor.”
 “Die wind is tien knope suid en die temperatuur ag en twintig grade. Hoe laat
 loop die Meeuw uit? Oor.” “Ag dertig, Oor.”                                            5

 “Mac, en luister, daardie navorser wat saamkom, wie de hel se aansoek was
 dit? Oor.”
 MacDonald kyk vlugtig na Ryna. “Kaapse orders, kaptein. Iemand van die
 een of ander instituut ...” terwyl hy ’n brief van sy lessenaar afhaal en dit
 bekyk, “’n Professor, A.F. van Keulen ... Or ... ni ... to ... logiese Instituut van   10
 Suid-Afrika. Oor.”
 “Wel, iewers is daar ’n groot misverstand. Julle beter die Kaap laat weet dat
 daardie prof van wie ook al die kluts kwyt is. Drie jaar is uit! Oor.”
 MacDonald kyk vraend na Ryna, wat moedig probeer lyk.
 “Ons praat later, kaptein. Ons stuur vir julle die week se groceries. Maar die         15
 vleis-order het nog nie gekom nie. Oor.”
 Die stem klink beneuk: “Dis nes die Kaap is! Sorg nie vir ons vleis nie. Maar
 stuur ’n ekstra man wat moet eet. Ek hoop die Van Rensburg-vent vreet
 perdevoete en pikkewyneiers.”
 Attie en MacDonald kyk na mekaar en kry groot lag.                                     20

 3.1   Aan wie behoort “Die Stem” wat oor die radio gepraat het?                                (1)

 3.2   Gee TWEE moontlike redes waarom die persoon oor Ryna se koms op die
       eiland omgekrap is.                                                                      (2)

 3.3   Uit watter vorige situasie het Ryna “Die Stem” herken?                                   (1)

 3.4   Wat sou jy doen as jy Ryna was en jy hoor wat Die Stem vir die tweede keer
       sê?                                                                                      (1)

 3.5   “Kaapse orders, kaptein. Iemand van een of ander instituut ...” (Reël 8–9)

       3.5.1    Vir watter instituut werk Ryna?                                                 (1)

       3.5.2    Waaroor het haar navorsing op Meeuland gegaan?                                  (1)

       3.5.3    Hoe sou sy op die eiland kom?                                                   (1)

 3.6   Verwys na die uittreksel en sê watter groot fout “Die Stem” in verband met
       Ryna gemaak het.                                                                         (1)

 3.7   Die Kaap stuur nie graag vleis nie, maar wel kruideniersware. Wat, volgens
       ‘Die Stem’, sou Ryna moes eet?                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                 (EC/SEPTEMBER 2021)

 3.8    Kies die korrekte woord uit die tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
        die vraagnommer (3.8) neer.

        Meeuland was ook vir Ryna ŉ plek waar sy (fisies / emosioneel) gesond kon
        word.                                                                               (1)

 3.9    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
        letter (A–D) langs die vraagnommer (3.9) neer.

        Die Stem het gedink dat die professor wat Ryna gestuur het, die kluts kwyt
        is. Dit beteken dat hy ... is.

        A    verbaas
        B    verstandig
        C    verstrooid
        D    mal                                                                            (1)

 3.10   Hoe voel jy oor die feit dat Elsabet nie juis moeite gedoen het om Ryna op
        die eiland welkom laat voel het nie?                                                (1)

 3.11   Hoekom het Ryna nie kans gesien om terug Kaapstad toe te gaan nie?
        Gee TWEE feite.                                                                     (2)

 3.12   Waarom is jy nie verbaas dat Ryna later goeie vriende met Doreen raak nie?
        (Dink aan Ryna se agtergrond.)                                                      (1)

 3.13   Voltooi die paragraaf deur die ontbrekende woorde in te vul. Skryf slegs die
        antwoord langs die vraagnommer (3.13.1–3.13.2) neer.

        Mattys is die eerste mens wat Ryna op Salamanderbaai ontmoet het. Hy is
        altyd besig om ŉ ekstra (3.13.1) ... te soek. Hy is dus ŉ (3.13.2) ... karakter.    (2)

                                              EN

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                       15

  TEKS F

  “Pa ...”
  “Laat my klaar praat!” Hy voel hoedat sy asem in sy keel brand, sodat hy die
  woorde hortend uithyg: “Jy ... Jy maak ŉ plan met daardie vrou. Jy stuur haar
  terug eiland toe waar sy hoort, of jy trou haar. Maar solank sy in die hotel sit,
  sleep jy ons beeld dikker deur modder as wat Schalk ooit kon doen.                   5
  Schalk is ten minste openlik oor wat hy doen en nie doen nie.”
  Hy moes nie Schalk ingesleep het nie, want Fred se oë word al donkerder:
  “Moenie met Skalla by my kom nie, Pa. As hy nie daardie aand met sy dronk
  gat agter die stuur ingeklim het nie, was Sheila nooit in ŉ rolstoel nie. Dan
  was ons hele lewe anders.”                                                          10
                                     **********
  “Ek het dit nie verkeerd bedoel nie, Pa! Magtag! Ek wou net ŉ verandering
  maak!”
  Hy hoor haar woede en kyk op.
  Dankie tog! Ja, kyk na my. Kyk ŉ slag na my.
  “Het jy dit met Fred bespreek?” vra hy fronsend.                                    15
   “Moes ek? Ek kan darem seker ook besluite neem, Pa? Ek is siek en sat van
  haar gesig wat teen elke muur vir my sit en kyk. Van haar rolstoel wat hier
  rondstaan asof ons ‘n invalide huisves.”

  3.14 Waar het Elsabet gaan woon, onmiddellik nadat sy die eiland verlaat het?               (1)

  3.15 Waarom is dit belangrik dat die Blanckenbergs ŉ goeie beeld in
       Salamanderbaai handhaaf?                                                               (1)

  3.16 Fred haat sy broer. Sê waarom hierdie stelling WAAR is.                                (1)

  3.17 “Schalk is ten minste openlik oor wat hy doen en nie doen nie.” (Reël 6)

         Wat sê hierdie woorde vir ons van Schalk se karakter?                                (1)

  3.18 Hoe verskil Fred in bogenoemde opsig van sy broer?                                     (1)

  3.19 Waarom is dit ironies dat Elsabet Meeuland vir Salamanderbaai verruil het?
       Onthou om ALBEI kante van die ironie te noem.                                          (2)

  3.20 “Het jy dit met Fred bespreek?” vra hy fronsend. (Reël 15)

         3.20.1 Wat is die verandering wat Elsabet in die Blanckenberg huishouding
                gemaak het?                                                                   (1)

         3.20.2 Stem jy saam dat Elsabet dit eers met Fred moes bespreek het, voor
                sy die verandering gemaak het? Motiveer.                                      (1)

         3.20.3 Op watter manier kon Fred sy vrou meer ondersteun het?                        (1)

  3.21 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

         Fred se kind, (Bernard / Tamara) het nie daarvan gehou nie.                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2           (EC/SEPTEMBER 2021)

 3.22   Waarom is die onderstaande woorde kursief gedruk?

        Dankie tog! Ja, kyk na my. Kyk ŉ slag na my. (Reël 14)                         (1)

 3.23   Elsabet het nooit die geheim oor Janka uitgevind nie en Ryna het gewonder
        of hulle nie haar van haar regmatige “rou” beroof het nie.

        Hoe sou jy opgetree het as jy Ryna was?                                        (1)

 3.24   Die volgende gebeure het ’n rol in Ryna se lewe gespeel. Kies die gebeure
        uit KOLOM B wat VOORAF plaasgevind het om by die gebeure in
        KOLOM A te pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers
        (3.24.1–3.24.4) neer.

                     KOLOM A                              KOLOM B
        3.24.1 Twilight kom huis toe.          A    Veronica soek vir Fred
                                                    Blanckenberg.

        3.24.2 Jacob beland in die tronk.      B    Die dood van Janka se ma.

        3.24.3 Kinnie sterf aan maaggriep.     C    Janka word geskiet.

        3.24.4 Sheila pleeg selfmoord.         D    Elsabet praat met Jackie.

                                               E    Skalla word raakgeskiet.
                                                                          (4 x 1)      (4)
                                                                                      [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     17

 VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS G

 Die onder 16’s lyk cool in hulle liggroen gholfhempies. Lien is beïndruk dat
 Braam en meneer Grobbelaar die hempies so vinnig gemaak gekry het. Sy
 dink Braam was bang Dirkie en Donovan verander van plan en hy kon seker
 nie wag vir sy R450 nie. Sy wonder of hy dit al gekry het en wat hy daarmee
 gaan doen. As sy hom daaroor uitvra, maak hy of hy nie hoor nie en sy het nog   5
 nie ‘n nuwe denim gesien nie.
 Sy verwonder haar aan Braam wat so tuis is tussen sy maats. Hy maak kort-
 kort ŉ opmerking en dan skeur die pelle hulle.
 “Lekker, Braam!” skree iemand.
 Hoe kan hy so leef asof daar niks in sy lewe verkeerd is nie, wonder Lien 10
 jaloers.
 Sy is verbaas om te sien dat Dirkie en Donovan ook vir die wedstryd opgedaag
 het. Braam het gesê hy het hulle genooi om vir Grobbies te ontmoet, maar sy
 het nie gedink hulle sal kom nie. Hulle moes Creations vroeg gesluit het, want
 dis nou eers halfdrie. Of ’n babalose Sue-Ellen hou dinge aan die gang daar. 15
 Dirkie en Donovan sit by ‘n jongerige vrou wat aandagtig luister terwyl Donovan
 iets vertel. Hy beduie vir ’n vale terwyl hy met sy hande rondom sy kop
 demonstreer.

 4.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

       “Die onder 16’s lyk cool in hulle liggroen gholfhempies.” (Reël 1)

       4.1.1    Van watter sport word hier gepraat?                                        (1)

       4.1.2    Hoe het Lien weereens die rol van haar ouers by die sportwedstryd
                oorgeneem? Noem TWEE feite.                                                (2)

       4.1.3    Kies die korrekte antwoord uit die tussen hakies.
                Lien is ( trots / jaloers) op haar broer omdat hy so vinnig aangepas
                het.                                                                       (1)

 4.2 Lien het aanvanklik begin werk om haar oorsese fonds aan te vul, maar dit het
     gou verander.

       4.2.1    Waarom wou sy oorsee gaan?                                                 (1)

       4.2.2    Wat het daartoe gelei dat sy die geld vir ander dinge moes gebruik
                het?                                                                       (1)

       4.2.3    Gee die byvoordele wat sy by Dirkie en Donovan geniet het.                 (1)

 4.3 Motiveer waarom die stelling hieronder ONWAAR is.

       Lien is by Millennium Creations afgedank.                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                (EC/SEPTEMBER 2021)

 4.4 Lien se sin vir regverdigheid het haar haar eerste werk gekos.

       4.4.1   Beskryf die insident wat daartoe gelei het.                                (2)

       4.4.2   As jy in Lien se skoene was, hoe sou jy die situasie hanteer het?          (1)

 4.5   Lien en haar ma het nie altyd ŉ goeie verhouding nie, tog is hulle in ŉ mate
       dieselfde.

       4.5.1   Noem EEN ding wat Lien en haar ma in gemeen het.                           (1)

       4.5.2   Verduidelik hoedat Lien sterker as haar ma is. Noem TWEE feite.            (2)

 4.6   Dink jy dis wys van Lien om sterker as haar ma te wil wees? Motiveer jou
       antwoord.                                                                          (1)

 4.7   “Als is so duur,” sê haar ma terwyl sy ŉ paar goedjies uit die Pick ŉ Pay sak
       haal en in die yskas pak.

       4.7.1   Verduidelik die ironie in haar ma se woorde.                               (2)

       4.7.2   Hoe laat Lien se broer haar in die steek wanneer sy met haar ma
               sukkel?                                                                    (1)

                                         EN

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS H

 Tibbey is op sy stukke. Lien hoor hom roep en lag en sy sien hy skarrel soos
 ŉ pro tussen die karre deur, maak hier ’n geselsie en vee daar vinnig ŉ
 voorruit met sy ou blou lap af. En die mense gee. Party waai selfs vir Tibbey
 as hulle wegtrek. Seker weer ’n killing, vermoed Lien.
 Sy voel moeg en sy het ’n hoofpyn wat skrik vir niks.                             5
 Teen kwart oor drie besluit sy om eers ŉ draai by die sentrum te maak en
 iets by Spar vir haar hoofpyn te koop.
 ‘You’re too early!” roep Tibbey toe sy by hom verbystap.
 “Ek kom nou terug,” probeer Lien vir hom skree, maar die verkeer doof haar
 stem uit en Tibbey luister nie eintlik nie.                                       10
 Tibbey-op-’n-high gaan soos ’n hanswors te kere, maak verspotte
 danspassies en roep kort-kort iets vir die suur motoriste.
 “Something for the poor, my koning!” hoor sy hom agter haar rug roep.
 Agterna kon Lien nie onthou of sy eers die dowwe slag en toe die
 skreeuende remme gehoor het, of eers die remme en toe die slag nie. Wat           15
 sy wel duidelik kan onthou, is dat dit vir ŉ oomblik doodstil was.
 Toe begin ’n vrou histeries gil.

 4.8    Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

        Die woord “pro” (reël 2) impliseer dat Tibbey (pro-aktief / gesout /
        professioneel) in sy werk is.                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                   19

4.9      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
         letter (A–D) langs die vraagnommer (4.9) neer.

         Volgens die uittreksel het Lien ’n hoofpyn ontwikkel. Volgens jou, voel Lien
         so, want sy ...

         A    kom van die skool af.
         B    moet nog gaan kook.
         C    staan heeldag in die son.
         D    dink aan haar reisgeld oorsee.                                              (1)

4.10     “Something for the poor, my koning!” (Reël 13)

         4.10.1 Na wie verwys die “poor”?                                                 (1)

         4.10.2 Tibbey noem die suur motoriste “my koning”. Dink jy Tibbey is opreg
                wanneer hy dit doen? Motiveer.                                            (1)

4.11     Tibbey het vir Lien gehelp om ’n sukses van die bedelary te maak. Noem
         EEN ding wat hy haar vertel het.                                                 (1)

4.12     Waarom stem jy saam dat Lien weer later medemenslikheid teenoor
         Tibbey kon bewys? Noem TWEE feite.                                               (2)

4.13     “Tibbey-op-’n-high gaan soos ‘ŉ hanswors te kere ...” (Reël 11)

         4.13.1       Watter houding teenoor sy werk word hier gedemonstreer?             (1)

         4.13.2       Haal VIER OPEENVOLGENDE WOORDE aan wat op Tibbey se
                      sukses as bedelaar dui.                                             (1)

         4.13.3       Wat word die ruimte / plek genoem waar Tibbey staan?                (1)

4.14     Voltooi die paragraaf deur die uitstaande woorde in te vul.

         Lien het ook geleer dat nie almal wat wil help, goeie motiewe het nie, maar
         dat daar wel goeie mense is. Tydens Tibbey se ongeluk, was sy uiters
         ontsteld. ŉ Dokter het vir haar ’n (4.14.1) ... gegee, terwyl Sproet vir haar
         (4.14.2) ... aangebied het.                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2              (EC/SEPTEMBER 2021)

 4.15   Die volgende karakters het ’n rol in Lien se lewe gespeel. Kies die karakter
        uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter
        (A–E) langs die vraagnommers (4.15.1–4.15.4) neer.

                          KOLOM A                             KOLOM B
        4.15.1       Hierdie karakter het vir Lien A     Miemie
                     deur die kerk ondersteun.

        4.15.2       Hierdie karakter   het   geld B     Juffrou Breytenbach
                     vervals/gewas.

        4.15.3       Hierdie karakter het vir Lien C     Lien se pa
                     moeilik in haar kring aanvaar.

        4.15.4       Hierdie karakter het gesien dat D   Kuifie
                     iets in Lien se lewe skort.

                                                    E    Roos
                                                                               (4 x 1)    (4)

 4.16   Aan die einde van die verhaal het Lien by haar ma (in die kliniek) en pa (in
        die tronk) gaan kuier. Watter les leer jy by Lien oor vergifnis?                  (1)
                                                                                         [35]

                                                            TOTAAL AFDELING A:            35

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                       21

 AFDELING B: DRAMA

 Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

 VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS I

 HOEDJIE:      Mama het my gestuur. Sy is by die werk.
 POPPIE:       By die fabriek?
 HOEDJIE:      Sy doen huiswerk. Sy’s wat mens sê ’n char. (Hulle begin
               stadig loop. Staan stil voor ŉ huis. Mama het nog nie ’n huis
               nie, sy bly nog by mense van Lambertsbaai.                            5

 POPPIE:       Hauk, kyk na al die huise. Nou, hoe’s daar nie ŉ huis vir haar
               nie.
 MOSIE:        Julle moet Kaap toe gaan! Hulle het mos net gesê: Kaap toe
               gaan! Kaap toe gaan! Daar is plek vir julle in die Kaap, daai
               Nyanga is julle plek. Hulle mors met ons. Niks kom reg nie. In       10
               Lambertsbaai het ons nie papiere gehad nie. As hulle gesê het
               ons sal hier papiere moet kry, het ons geweet. Hoe kon ons dit
               nou weet.
 HOEDJIE:      Die grootste moeilikheid is die woonplek.
 MAMA:         (aan Poppie) Dit gaat so moeilik met die inwonery.Hulle is so        15
               besig om die plek aan te lê en daar is so min huise, maar
               Mbatane het ŉ erf gekry in Elsies en ons gaan nou daar huis
               opsit. (Pleit by Poppie) Julle moet in vrede saamleef, Poppie.
 PLANK:        Maar selfs toe Mama intrek by die sinkhuis wat bhuti Mbatane
               in Elsies gebou het, was dit te vol. Net twee kamers, en Mama        20
               en bhuti Mbatane en hulle drie kinders, en bhuti Hoedjie, en ek,
               bhuti Mosie en Poppie en haar kind.

 5.1      Van wie praat Mosie as hy sê “hulle mors met ons”? (Reël 10) Noem albei
          partye (die ‘hulle’ en ‘ons’).                                                  (2)

 5.2      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Die gevoel wat deur Mosie se woorde uitgebeeld word, is (afwagting/
          frustrasie).                                                                     (1)

 5.3      HOEDJIE. “Mama het my gestuur. Sy is by die werk.” (Reël 1)

          Watter soort werk doen Mama?                                                     (1)

 5.4      Hoe lank na Poppie se familie Kaap toe gegaan het, het sy by haar familie
          aangesluit?                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2               (EC/SEPTEMBER 2021)

 5.5     MOSIE. “Julle moet Kaap toe gaan! Hulle het mos net gesê: Kaap toe gaan!
         Kaap toe gaan!” (Reël 8–9)

         5.5.1       Verskaf TWEE redes waarom Poppie maar opgepak het en Kaap
                     toe getrek het.                                                        (2)

         5.5.2       Watter wet het hulle in die eerste plek gedwing om Kaap toe te
                     trek?                                                                  (1)

         5.5.3       Hoe is Poppie se skoonmense in Herschel deur hierdie wet
                     geraak?                                                                (1)

 5.6     MAMA. “Julle moet in vrede saamleef, Poppie”. (Reël 18)

         Waarom is dit verstaanbaar dat Poppie se Mama hulle waarsku om in vrede
         saam te leef? Gee TWEE redes.                                                      (2)

 5.7     As vrou het Poppie baie meer as haar broers gesukkel om werk in die Kaap
         te kry. Verduidelik waarom die stelling WAAR is.                                   (1)

 5.8     Is dit aanvaarbaar dat Katy uit die skool moes bly om Poppie se kinders op
         te pas toe sy uiteindelik werk gekry het?                                          (1)

 5.9     Voltooi die onderstaande sin deur die ontbrekende woorde in te vul:

         Stone het ook by hulle in die Kaap aangesluit en werk by die (5.9.1) ... in
         (5.9.2) ... aanvaar sodat hulle (5.9.3) ... kan kry om in die Kaap te bly.         (3)

 5.10    Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

         Poppie se vrese oor Stone se werk het later waar geword, want hy het
         (kanker/ tuberkulose) opgedoen as gevolg van die werk.                             (1)

 5.11    Poppie en haar broers is van die Xhosa kultuur, maar hulle praat Afrikaans
         met mekaar.

         Verduidelik hierdie stelling deur na Poppie se kinderjare te verwys.               (1)

                                              EN

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     23

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS J

 POPPIE:      Dit was in ’76 toe die moeilikheid van Soweto Kaap toe kom.
                                              ******
 MAMA:        (praat oor “telefoon”; klink asof sy haar eie woorde nie glo nie).
              Dit lyk baie sleg by die lokasie, Poppie. Maar ons is almal in die
              lewe. Poppie, ons het getel daar staan tien nylons voor die
              poskantoor. En die skollies het die KTC- basaar in Gugulethu          5
              uitgerob. Hulle sê daar kom nie meer melk en brood in die lokasie
              nie, nou sal ek maar vanmiddag kos saamneem.
 POPPIE:      En die kinders, Mama?
 MAMA:        Ek laat nie myne op straat nie. Al wat kind was, was dronk
              gister. Hulle het die biersale afgebrand. Dit was gebreekte           10
              bottels en kannetjies wyn en brandewyn wat sommerso op die
              strate uitloop. En toe kom die poliesse en die skietery. Maar
              eers het al wat kind is geloop met die bottel brandewyn of die
              bottel gin voor die mond asof dit cooldrink is.
 POPPIE:      Maar die kinders wat geskiet is, Mama?                                15
 MAMA:        Ons kan nie tel nie. Mosie het gehelp met die pellets uithaal uit
              die kinders se arms waar hulle geskiet is. Party mense sê vyf is
              dood, party mense sê tien. Hoe kan ons tel? Maar ek self ken nie
              die kinders wat dood is se mense nie.

 5.12    POPPIE. “Dit was in ’76 toe die moeilikheid van Soweto Kaap toe kom.”
         (Reël 1)

         5.12.1       Na watter “moeilikheid van Soweto” word in hierdie teks verwys?      (1)

         5.12.2       Sou jy ook, soos die kinders in die Kaap gevoel het dat Soweto
                      se “moeilikheid” ook jou “moeilikheid” is? Motiveer.                 (1)

 5.13    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
         letter (A–D) langs die vraagnommer (5.13) neer.

         Poppie se broer, Jakkie, was self in die onluste betrokke. Hy het as ...
         opgetree.

         A      vredemaker
         B      vegter
         C      volgeling
         D      leier                                                                      (1)

 5.14    “Al wat kind was, was dronk gister.” (Reël 9)

         5.14.1       Waarom is dit ironies dat die kinders dronk was? Noem beide
                      kante van die ironie.                                                (2)

         5.14.2       Noem TWEE insidente waar die kinders hulle respek vir Plank
                      verloor het.                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2               (EC/SEPTEMBER 2021)

         5.14.3 Voel jy dis reg dat die kinders hulle respek vir die ouer mense
                verloor het? Motiveer jou antwoord.                                        (1)

 5.15    Poppie was verlig dat haar kinders nie deel van die moeilikheid was nie.
         Motiveer die stelling.                                                            (1)

 5.16    “Poppie, ons het getel daar staan tien nylons voor die poskantoor.”
         (Reël 4)

         5.16.1 Dui aan hoe die regering as antagonis teen die kinders opgetree
                het. Noem slegs EEN feit.                                                  (1)

         5.16.2 Watter ander groep het ook as antagoniste teen die kinders
                opgetree?                                                                  (1)

         5.16.3 Waarom sou jy dit skokkend vind dat bogenoemde twee groepe
                teen mekaar geveg het? Noem TWEE feite.                                    (2)

 5.17    Die volgende gebeure het ’n rol in Poppie se lewe gespeel. Kies die gebeure
         uit KOLOM B wat VOORAF plaasgevind het om by die gebeure in
         KOLOM A te pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers
         (5.17.1–5.17.4) neer.

                    KOLOM A                                  KOLOM B
         5.17.1 Poppie word ’n makotie.          A   Mnr. Stevens belowe vir
                                                     Poppie ’n huis en skool vir
                                                     haar kinders.

         5.17.2 Poppie kry toestemming (’n       B   Poppie word ’n huis en ’n skool
                pas) om in die Kaap te bly.          belowe.

         5.17.3 Poppie se kinders beland in      C Sy kry werk            by      Mrs.
                die tronk                          Swanepoel.

         5.17.4 Poppie trek Mdantsane toe.       D Sy en Stone gaan Hershel toe.

                                                 E   Jakkie skiet ’n polisieman.
                                                                              (4 x 1)      (4)
                                                                                          [35]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                      25

 VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS K

                Hendrik en die twee kinders sit by die kombuistafel en brood
                en konfyt eet. Hendrik in sy spoorweguniform. Katrien staan en
                vadoeke uitspoel. Die twee kinders lyk nog nie heeltemal
                wakker nie. Hendrik sit vir Willem en kyk, heeltyd terwyl hy eet:
                openlik en benieud, soos mens vir iets kyk waaroor jy               5
                nuuskierig is maar wat jy nie verstaan nie. Die kind is of
                onbewus daarvan of gewoond daaraan. Katrien staan met haar
                rug na hulle toe en werk. Sy het oë in haar agterkop.
                                             ********
 HENDRIK:       As die trein vanmiddag nog hier is, dan wag jy vir my by die
                pad, verstaan? Jy loop nie alleen nie. En ek foeter jou as ek       10
                jou naby die hokke sien. Jy hoor, Willem? Willem knik en die
                bus hou stil en hy hardloop om by die bus in te klim.
                                             ********
 HENDRIK:       Wat is dit, Katrien?
 KATRIEN:       (haar gesig ’n gepynigde vraagteken.) : Hoe het ons hier
                gekom?
                Hendrik gee twee versigtige treë trug in die kombuis in.
 HENDRIK:       ...
 KATRIEN:       Wat het dan gebeur dat als…… so geword het?
 HENDRIK:       Ek weet nie, Katrien.
 KATRIEN:       Ons was tog op ŉ tyd gelukkig!                                      15
 HENDRIK:       Ons was. Ek is nog. Partykeer. (hy dink) Dis net: hoe meer ons
                wou diekant toe, hoe meer het als met ons daardie kant toe
                geneuk.

 6.1    In hierdie openingstoneel lyk dit asof die McDonalds ’n normale gesin is.

        Wat is egter vreemd aan Hendrik en Katrien se huwelik soos ons uit die
        slaapkamertoneel kan aflei?                                                        (1)

 6.2    “... Hendrik in sy spoorweguniform ....” (Reël 2)

        6.2.1    Watter tipe werk doen Hendrik?                                            (1)

        6.2.2    Waar presies bly die McDonalds?                                           (1)

 6.3    Katrien word as ’n tipiese huisvrou uitgebeeld.

        6.3.1    Noem EEN huistakie (behalwe dié in die teks) wat sy gereeld doen.         (1)

        6.3.2    Sou jy haar as ’n tipiese vrou/dame beskou? Motiveer.                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P2 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2021/34e7b7fd-bf31-4586-9e70-44ddb4b9045e) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2021/da02e74c-b98c-4a0b-ad99-7fee322675fd) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sept2020/491ea036-8e84-408b-84cd-4a6a4a771160) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sep2014/bf18a86e-1f73-4f14-8f53-2f6b1aa74b4f) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [AFR FAL P1 GR11 MEMO SEPT2021](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p1-gr11-memo-sept2021/1980ebcd-61c5-4f9d-abd6-bbff21009e98) — Afrikaans FAL · Memo · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
