# Afrikaans HL Grade 9 November EC 2012 Question Paper

> Grade 9 Afrikaans HL question paper from the November EC 2012, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-gr9-nov2012/21bfdfe3-cdd8-46da-8987-cbf31f81aaa0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 9
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: November EC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 9 November EC 2012 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-gr9-nov2012/21bfdfe3-cdd8-46da-8987-cbf31f81aaa0)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 9 · November EC · 2012. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                            SENIOR FASE

                             GRAAD 9

                       NOVEMBER 2012

                  AFRIKAANS HUISTAAL

PUNTE:   100

TYD:     2½ uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    AFRIKAANS HUISTAAL                 (NOVEMBER 2012)

ALGEMENE INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings:

     AFDELING A:      LEESBEGRIP               (20 punte)
     AFDELING B:      OPSOMMING                (10 punte)
     AFDELING C:      POËSIE                   (10 punte)
     AFDELING D:      TAAL IN KONTEKS          (20 punte)
     AFDELING E:      SKRYFWERK                (40 punte)

2.   Beantwoord AL die vrae.

3.   Lees die instruksies by AL die vrae versigtig deur.

4.   Begin elke afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.   Nommer elke antwoord presies soos wat die vrae op die vraestel genommer
     is.

6.   Laat ŉ reël tussen die antwoorde oop.

7.   Skryf netjies met blou of swart ink.

8.   Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
     3                                                    AFRIKAANS HUISTAAL                                       (NOVEMBER 2012)

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees die volgende berig uit Die Burger van 17 Maart 2012 en beantwoord dan die vrae.

                          Brand dryf kese na chardonnay
         JAN GERBER                                                                            hoekpas verby die plaas loop en dit
         Stellenbosch                                                                          die trop se terrein is.
                                                                                         8.      Mnr. André Morgenthal,
1.       Dit was die onlangse brande wat                                                       kommunikasiebestuurder van
         die bobbejane die berge om                                                            Wines of South Africa (Wosa), het
         Franschhoek laat klim het. En                                                         gesê bobbejane bedreig nie werklik
         hulle het inderdaad die boere                                                         oesopbrengste nie.
         vererg.                                                                         9.      “Behalwe wanneer dit ŉ kleiner
2.         ŉ Trop van sowat 50 kese het die                                                    produsent soos Mark Dendy-Young
         onlangse parstyd so haastig en so                                                     se La Petite Ferme is, of ŉ blok
         lastig die plaas La Petite Ferme in                                                   wingerd is wat vir ŉ spesifieke wyn
         die Franschhoek-vallei se wingerde                                                    geoormerk is.”
         ingevaar en tot twee ton druiwe per        meen monitors is die beste manier    10.     Dit is egter nie net bobbejane wat
         week verorber, het mnr. Mark               om bobbejaanskade te verhoed.              vanjaar vir kleiner oeste gesorg het
         Dendy-Young, die plaas se                  Haar organisasie lei mense op in           nie.
         bestuurder, gesê. Dit beteken              dié hoedanigheid.                    11.     Luidens ŉ onlangse verkla-ring
         1 200 tot 1 500 bottels wyn minder.   5.      “Dit baat regtig nie om                 van die Kaapse Wynmakersgilde
3.         Dendy-Young raak egter nie té            bobbejane seer te maak nie,” het           het “sterk wind en ideale koue, nat
         kwaad vir die bobbejane nie, want          sy gesê en verduidelik indien een          winter-en lentemaande gesorg vir
         hy is self ŉ omgewingsgesinde.             trop verdryf word, sal ŉ ander net         ŉ klein oes met uitsonderlike
         Hulle het ŉ monitor op die plaas           sy plek inneem.                            vrugte en kleurintensiteit vir die
         om kese – wat glo veral in            6.     Uiteraard was daar nog altyd             meeste kultivars, veral sauvignon
         chardonnay belanggestel het – dop          bobbejane in hul omgewing, maar            blanc en cabernet sauvignon”.
         te hou, maar dit is onmoontlik om          Dendy-Young meen die onlangse        12.     Vir Dendy-Young is die kleiner
         ŉ bobbejaan agter elke bult te             brande het die bobbejane die               oes ook nie net slegte nuus nie:
         gaan haal.                                 wingerde ingedryf op soek na kos.          “Die gehalte is fantasties.”
4.         Me. Jenni Trethowan,                7.     Hy meen sy plaas het veral
         medestigter van Baboon Matters,            deurgeloop omdat die Fransch-

1.1            Watter idiomatiese naam vir bobbejane word in die leesstuk gebruik?                                             (1)

1.2            Gee TWEE bewyse uit die leesstuk dat die skade, wat die bobbejane
               aangerig het, nie min was nie.                                                                                  (2)

1.3            1.3.1        Watter maatreël het La Petite Ferme teen die bobbejane gebruik?                                    (1)

               1.3.2        Noem TWEE redes waarom hulle juis op dié opsie besluit het.                                        (2)

1.4            Verduidelik hoe, “om ŉ bobbejaan agter elke bult te gaan haal”:

               1.4.1        letterlik                                                                                          (1)

               1.4.2        en figuurlik verstaan kan word.                                                                    (1)

1.5            Wat het veroorsaak dat die bobbejane juis vanjaar dié wingerd getakel het?                                      (2)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                                    AFRIKAANS HUISTAAL                          (NOVEMBER 2012)

1.6     Watter verskil is daar in die boere se houding in paragraaf 1 en 3?
        Gebruik jou eie woorde en nie dié van die leesstuk nie.                           (1)

1.7     Die kleiner oeste het ook sekere voordele vir die boere gehad. Skryf DRIE
        sulke voordele neer.                                                              (3)
                                                                                         [14]

VRAAG 2

Bestudeer die volgende spotprent uit Die Burger, 29 Junie 2012 en beantwoord dan
die vrae.

2.1   Op watter moderne tendens lewer die spotprent kommentaar?                          (1)

2.2   Verduidelik die muis se woorde: “Hulle ly ŉ vreetsame bestaan”, volledig.          (2)

2.3   2.3.1   Na aanleiding van watter baie bekende sprokie van Grimm is die
              spotprent geteken?                                                         (1)

      2.3.2   Gee TWEE visuele bewyse vir jou antwoord in VRAAG 2.3.1.                   (2)
                                                                                         [6]

                                                            TOTAAL AFDELING A:            20

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
5                                      AFRIKAANS HUISTAAL                            (NOVEMBER 2012)

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 3

Lees die onderstaande berig uit Lig van Augustus 2012 aandagtig deur en voer
dan die opdrag uit.

SOM DIE PRAKTIESE WENKE AAN OUERS HOE OM MEER TYD VIR HUL
KINDERS TE HÊ IN SEWE VOLSINNE OP.

   Skryf jou sewe sinne puntsgewys onder mekaar neer.
   Jy moet een sin oor elke feit skryf.
   Jy mag jou eie woorde gebruik.
   Jou opsomming mag nie langer as 50 woorde wees nie.
   Dui die getal woorde wat jy gebruik het aan die einde van jou opsomming aan.
   Jy sal streng gepenaliseer word as jy nie die aanwysings volg nie.

HELP!
Waar kry ek tyd vir my kinders?
Me. Mart-Mari Snyman, ŉ lewensafrigter van Johannesburg, help ouers om hulle tyd beter
te bestuur. Sy gee die volgende wenke aan werkende ma’s:
Terwyl jy in elk geval kook, is dit die moeite werd om sommer baie te kook. Vries dit wat
oorbly vir later. Jy kan ook een keer per maand oor ŉ naweek ŉ paar etes voorberei terwyl
Pa die kinders besig hou.
Niemand kan deesdae die mag van TV onderskat nie. Dit is belangrik om die kyktyd te
beperk. Lees eerder ŉ boek saam met jou kind of speel ŉ bordspeletjie as om TV te kyk.
Aandete is die mees onderskatte tyd van die dag. Dit gee almal ŉ kans om tot rus te kom
ná die dag se bedrywighede – al wat julle dan kán doen, is om te eet en te gesels.
Dit neem net sowat ŉ kwartier per aand om julle volgende dag te beplan. Pak die babasak
en sorg dat jou ouer kinders hul skooltasse pak en hulle klere gereed het vir die volgende
dag. Beplan jou eie uitrusting en haal dit vanaand al uit die kas uit.
Dié van ons wat in die stad bly, bestee gewoonlik baie tyd op die pad. Die tyd in die motor
hoef nie ŉ strestyd te wees nie. Gebruik die tyd wat julle skool toe en terug ry om te
gesels oor ditjies en datjies, die dag se dinge by die skool, maak rympies op of sing saam.
Daar is ŉ gesegde wat sê dat blink ogies belangriker is as blink deurknoppe. Jou huis hoef
nie eksie-perfeksie te wees nie. ŉ Bietjie stof maak nie van jou ŉ slegter mens nie. As jy
dit kan bekostig, kry iemand om jou ŉ paar keer per week in dié huis te help, of koop ŉ
skottelgoedwasser. Elke lid van die gesin kan met takies help.
Onderhandel met jou werkgewer sodat jy dalk fleksie-ure kan werk, bv. ŉ halfuur vroeër
begin en ŉ halfuur vroeër huis toe gaan. Dit kan jou waardevolle tyd in die verkeer
bespaar, jy kan jou kinders vroeër oplaai en rustiger aandete aan die gang kry. Jy kan ook
met jou baas reël om ŉ korter etensuur te kry of om werkure later in te haal as jy ŉ
belangrike sportwedstryd wil bywoon.
                                                                        [Verwerk en verkort]

                                                         TOTAAL AFDELING B:              10

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                    AFRIKAANS HUISTAAL                      (NOVEMBER 2012)

AFDELING C: POËSIE

VRAAG 4

Lees die volgende gedig en beantwoord dan die vrae.

      My siel, Pa
      deur Marie van Rensburg

1.    Hoeveel ekstra vakke, Pa?
      Dux-leerling? Is dit wat Pa vra?
      Die prestasies, Pa, al is dit top,
      galgtou oor my kop,
5.    En my siel, Pa ...
      Kan ek ŉ klein-klein stukkie terug vra?

      Pa, hoeveel eerstes by die wenpaal,
      rekords moet ek nog behaal?
      Hoeveel keer op die rostrum, Pa,
10.   met ŉ Achilleshiel wat pla?
      Maar my siel, Pa ...
      Kan ek ŉ klein-klein stukkie terug vra?

      Pa, S.A.-skolespan speel ek al twee jaar,
      Pa se Cravenweek is geëwenaar.
15.   Hoe hoog moet die turksvy-kind in die
      lynstaan spring
      om Pa eer te bring?
      Maar my siel, Pa ...
      Kan ek ŉ klein-klein stukkie terug vra?

20.   Pa, is Pa nooit tevrede met die ewebeeld
      wat oor my vou soos ŉ donker kleed?
      Pa is mos my proto,
      ek maar net Pa se foto!
      Maar my siel, Pa ...
25.   Kan ek ŉ klein-klein stukkie terug vra?

                                                   [Uit: Losvoor, Shuter & Shooter, 1993]

Woordverklarings:

Dux-leerling:        Die leerder wat die beste op akademiese gebied in sy graad vaar.

Rostrum:             Die verhogie waarop die wenners, wat die eerste drie plekke
                     verower, staan om hul medaljes te ontvang.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
7                                      AFRIKAANS HUISTAAL                      (NOVEMBER 2012)

Achilleshiel:         Jou enigste kwesbare plek. (Achilles was die bekende Griekse held
                      van die Trojaanse oorlog. Hy het gesterf toe ŉ pyl hom in die hak
                      getref het – die enigste plek waar sy oorlogsmondering hom nie
                      beskerm het nie.)

Cravenweek:           ŉ Rugbytoernooi vir provinsiale skoolspanne tydens die Junie-
                      vakansie elke jaar.

Ewebeeld:             Iemand wat presies soos ŉ ander lyk; jou dubbelganger.

Proto:                Die eerste voorbeeld van iets.

4.1      Haal TWEE woorde uit die gedig aan om te bewys dat die seun nog op
         skool is.                                                                       (2)

4.2      Verduidelik in jou eie woorde waarom die seun so ongelukkig is.                 (2)

4.3      Wat bedoel die spreker met “top” in reël 3?                                     (1)

4.4      Benoem die beeldspraak in “galgtou oor my kop” (reël 4).                        (1)

4.5      Aan watter sportsoort neem die spreker in die tweede strofe deel?               (1)

4.6      Waarom sien die spreker homself as ŉ “turksvy-kind” (reël 15)?                  (1)

4.7      Wat word ŉ strofe genoem wat uit SES reëls bestaan?                             (1)

4.8      Benoem die rymskema in die gedig.                                              (1)
                                                                                       [10]

                                                            TOTAAL AFDELING C:           10

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   AFRIKAANS HUISTAAL                                (NOVEMBER 2012)

AFDELING D: TAALWERK IN KONTEKS

VRAAG 5

5.1   Lees die volgende verwerkte brokkie uit Jip, 7 Mei 2012 en voer dan die
      opdragte uit.

                       Daar’s nié so baie visse nie
                                               Het iemand jou al getroos met die
                                               woorde “Toemaar, daar is baie visse
                                               in die see”? Wel, daar is toe nie so
                                               baie visse in die see nie. Volgens
                                               nuwe navorsing raak jy gemideld net
                                               vier keer in jou lewe verlief! Nog
                                               erger is dat vier (5.1.7) ............. elke
                                               tien mense verlief raak op iemand
                                               wat nie dieselle voel nie. Ai!

      5.1.1   Wat beteken die idioom: “Daar’s baie visse in die see”?                           (1)

      5.1.2   Skryf die sin: “Toemaar, daar is baie visse in die see” in die
              indirekte rede.

              Begin met: Iemand sê ...                                                          (2)

      5.1.3   Gee die intensiewe vorm van “nuwe”.                                               (1)

      5.1.4   Vorm ŉ persoonsnaam van “navorsing”.                                              (1)

      5.1.5   TWEE spelfoute is in die brokkie begaan. Verbeter enige EEN
              van dié twee woorde se spelwyse.                                                  (1)

      5.1.6   Skryf die korrekte vorm van die woord tussen hakies neer.

              Die seun se (verlief) veroorsaak dat hy nie aandag aan sy
              skoolwerk gee nie.                                                                (1)

      5.1.7   Voltooi die sin deur slegs die korrekte voorsetsel in te vul.                     (1)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
9                                     AFRIKAANS HUISTAAL                        (NOVEMBER 2012)

5.2   Lees die volgende rubriek uit Die Burger van 4 Junie 2012 en voer dan die
      opdragte uit.

                                Vandag wat was

      Die akteur Dennis Weaver is in 1924 gebore.
      Die (5.2.1)………. Angelina Jolie is 37.

      358 jaar gelede (1654): Jan van Riebeeck skryf in sy dagboek dat Tafelbaai elke
      dag vol walvisse is.

      214 jaar gelede (1798): Glacomo Casanova, van Venesië, sterf op die
      ouderdom van 73 jaar.

      68 jaar gelede (1944): Opgewonde wetenskaplikes maak bekend dat ŉ reuse-
      alk wat gemeen is uitgesterf het, in Ysland gevind is.

      39 jaar gelede (1973): ŉ Russiese vliegtuig ontplof by die Paryse lugskou. Die
      bemanningslede sterf saam met 27 mense op die grond.

      5.2.1    Gee die vroulike vorm van “akteur”.                                        (1)

      5.2.2    Skryf 358 in woorde.                                                       (1)

      5.2.3    Wanneer noem ons ŉ man ŉ Casanova?                                         (1)

      5.2.4    Kies die korrekte vorm:
               Die reuse-alk is ŉ wonderlike (vonds/fonds).                               (1)

      5.2.5    Waarom word “reuse-alk” met ŉ koppelteken geskryf?                         (1)

      5.2.6    Gee ŉ sinoniem (dieselfde betekenis) vir “opgewonde” soos dit in
               die leesstuk gebruik is.                                                   (1)

      5.2.7    Gee die antoniem (teenoorgestelde) van “bemanningslede”.                   (1)

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                  AFRIKAANS HUISTAAL                          (NOVEMBER 2012)

5.3   Lees die onderstaande strokie uit Die Burger van 20 Julie 2012 en
      beantwoord dan die vrae.

      5.3.1   Gee die vergrotende vorm van “gewild”.                                      (1)

      5.3.2   Watter skryfteken ontbreek in die tweede praatborrel in Groeipyne
              se raampie 1? Skryf die sin oor en vul die skryfteken in.                   (1)

      5.3.3   Identifiseer uit Stoffel se laaste raampie in die sin: “Liz kan nie
              haar grimering opspoor nie”, die volgende:

              5.3.3.1   gesegde                                                           (1)

              5.3.3.2   onderwerp                                                         (1)

              5.3.3.3   voorwerp                                                          (1)

                                                           TOTAAL AFDELING D:             20

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
11                                     AFRIKAANS HUISTAAL                        (NOVEMBER 2012)

AFDELING E: SKRYFWERK

VRAAG 6

INSTRUKSIES

1.1   Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf dan ŉ OPSTEL van
      250 – 300 woorde.

1.2   Jy moet jou werk deeglik BEPLAN, REDIGEER en jou skryfstuk
      PROEFLEES. Die beplanning moet gedoen word voordat jy die opstel
      skryf.

1.3   Dui jou beplanning duidelik aan met die woord “beplanning” sodat daar nie
      verwarring kan ontstaan oor watter stuk jou finale stuk is nie.

1.4   Nommer die skryfstuk net soos op die vraestel.

1.5   Voorsien die skryfstuk van ŉ gepaste titel/opskrif.

1.6   Die skryfstukke moet jou eie oorspronklike werk wees.

1.7   Jy mag nie plagiaat pleeg nie.

1.8   Die titel word nie in aanmerking gebring as die woorde getel word nie.

1.9   Dui die getal woorde wat jy gebruik het aan.

1.10 Skryf netjies en leesbaar.

1.11 Gebruik die ekstra inligting, illustrasies en foto’s net as stimulus.

1.12 Onderwerpe kan letterlik of figuurlik verstaan word.

6.1   Oorlog op die kerkbasaar.

      Die reuk van pannekoek en kaneelsuiker. Lang toue mense by die nageregtafel. ŉ
      Roesemoes. Dogtertjies met blink ogies wat popklere koop. Seuntjies jaag mekaar.
      Tannies en ooms kuier in die teetuin en praat oor die weer en hul kleinkinders.

6.2   Dit noem ek ŉ held!

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                AFRIKAANS HUISTAAL                   (NOVEMBER 2012)

6.3   Dit sneeu in my wêreld!

                                                 [Die Burger, 17 Julie 2012]

6.4   Doodskis in die tegnologie-klaskamer

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
13                                  AFRIKAANS HUISTAAL                        (NOVEMBER 2012)

6.5   As ek ŉ superheld kon wees ...

                                                      [Huisgenoot, 14 Julie 2011]

6.6   Gebruik EEN van die volgende foto’s of illustrasies as inspirasie en verskaf
      jou eie titel.

      6.6.1

                                                             [Weg, Oktober 2010]

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                    AFRIKAANS HUISTAAL               (NOVEMBER 2012)

     6.6.2

                                           [Weg, Mei 2010]

     6.6.3

                                           [Weg, Julie 2010]

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
15                     AFRIKAANS HUISTAAL                  (NOVEMBER 2012)

      6.6.4

                                              [Weg, Julie 2010]

6.7

                                  [Vrouekeur, 7 September 2007]

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                              AFRIKAANS HUISTAAL                    (NOVEMBER 2012)

6.8    Verskaf jou eie titel.

                                                        [Sarie, Junie 2011]
6.9    Nuwejaarsvoorneme(ns)

6.10

                                             [Huisgenootpols, Herfs 2008]

                                                     TOTAAL AFDELING E:         40
                                                         GROOTTOTAAL:          100

## Related documents

- [AFRHL GR 9 MEMO NOV2012](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-gr-9-memo-nov2012/add68be6-2f4d-42df-97bc-852a54b51fa1) — Afrikaans HL · Memo · 2012
- [Afrikaans HL Grade 9 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-grade-9-2012/c8adbac2-9eda-4506-873f-f6412f0ed4a9) — Afrikaans HL · QP · 2012 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2012-ana-exemplars-question-paper-afrikaans/c0c8b259-b290-45c3-9de7-c1a275b5fadf) — Afrikaans HL · QP · 2012 · Afr
- [Afr HL P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-qp/27c7a315-b8ea-4616-be77-964cb8a0c2fe) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afr HL P3 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-qp/89135dcd-929c-4972-b83c-50d559ebc69b) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFR HL P2 GR9 NOV2017QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-nov2017qp/380e50fc-fbea-4a12-a8f0-7a8d75971800) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 9 Afrikaans HL

- [CAPS SP HOME AFRIKAANS GR 7-9 web](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-home-afrikaans-gr-7-9-web/adabb4d3-1fb8-4825-a189-492d2a06c071) — CAPS · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/764a0ca6-8c7b-4530-aaa0-de52bed4e547) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/66a9bd85-2672-489f-aed7-91a86bda5288) — Memo · 2026 · Afr
- [Afrikaans HL Marking Guideline](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-marking-guideline/9f5d1f41-c88b-40c4-9849-80d0bebb5a9b) — Memo · 2023 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-memo/453edc0c-96e8-484b-8789-aca6a3f55d2c) — Memo · 2022 · Afr
- [AFR HL P2 GR9 MEMO NOV2019 Final](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-memo-nov2019-final/c312c415-29d5-4a65-95a8-c4ddd136620e) — Memo · 2019 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
