# Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2014 Memo

> Grade 11 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the Eastern Cape November 2014, 7 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr11-memo-nov2014/ca209c11-321b-4b65-9bc9-54b4d56344cc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 11
- Document type: Memorandum
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr11-memo-nov2014/ca209c11-321b-4b65-9bc9-54b4d56344cc)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2014. Memorandum, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                       NOVEMBER 2014

                AFRIKAANS HUISTAAL V1
                    MEMORANDUM

PUNTE:   70

                Hierdie memorandum bestaan uit 7 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                        AFRIKAANS HUISTAAL V1                   (NOVEMBER 2014)

    AFDELING A: LEESBEGRIP

    VRAAG 1: RUBRIEK EN SPOTPRENT

    Nasien van die leesbegrip:

         Spelfoute in een-woord-antwoorde word by Huistaal gepenaliseer.
         Spel- en taalfoute in langer antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die
          fokus op begrip is.
         FEIT/MENING en ŉ punt vir die rede/motivering/aanhaling.
         Vir vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien
          die aanhalingstekens ontbreek nie.
         Waar een-woord-antwoorde gevra word en die kandidaat ŉ volsin gee, is dit
          korrek mits die korrekte woord onderstreep word of op een of ander wyse
          uitgelig word.
         Wanneer twee, drie of vier feite/punte vereis word en die kandidaat gee ŉ
          hele reeks, word slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
         Indien die kandidaat woorde uit ŉ ander taal gebruik as die taal waarin die
          vraestel verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord
          sonder die vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer
          nie. Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, word dit aanvaar.
         Aanvaar dialektiese variasies.

    Vraag Antwoord                                                                         Punt
    1.1   Hy is voor die demokratiese verkiesing in hegtenis geneem.                         (2)

    1.2       Dis ŉ bynaam/noemnaam./Dis nie sy regte naam nie.                                (1)

    1.3       Hy is nog jonk./ Tydperk van volle krag.                                         (1)

    1.4       20 jaar                                                                          (1)

    1.5       Sy doodvonis is na 40 jaar tronkstraf omgeskakel en toe verder
              verminder na 18 jaar.                                                            (2)

    1.6       ŉ Spoggerige/luukse hotel.                                                       (1)

    1.7       Feit. Linden het die dodelike inspuiting gekry.                                  (2)

    1.8       Dit skrik dwelmhandelaars/dwelmmuile af./ Hulle moenie die oortreding
              herhaal nie./ ŉ Sinvolle antwoord is aanvaarbaar.                                (1)

    1.9       Suid-Afrikaners word gereeld met dwelms in hul besit betrap.                     (1)

    Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                          AFRIKAANS HUISTAAL V1                                3

  1.10      Die dwelmmuile ontglip die polisie./ Meer dwelmmuile ontglip die polisie.        (1)

  1.11      Kontant / geld                                                                   (1)

  1.12           Hulle kom uit ŉ arm huis.
                 Tussen 20 en 45 jaar oud.
                 Gewoonlik enkel ma’s.
                 Kom uit kwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.                                     (4)

  1.13      Hulle hou van die nagklubs/naglewe./ Universiteitstudente en is soms
            armoedig/boemelaars.                                                             (2)

  1.14      Die vroue wat instem, word óf maklik ŉ rat voor die oë gedraai óf hulle is
            erg gulsig.                                                                      (2)

  1.15      Die dwelmbase bel die polisie om die aandag af te lei van die dwelmmuil
            met baie dwelms.                                                                 (1)

  1.16      Hulle sal hul straf moet uitdien./ Die Suid-Afrikaanse regering gaan nie
            binnekort sy beleid verander nie.                                                (1)

  1.17      Dwelms word maklik in SA ingebring.                                              (2)

  1.18      Kandidaat se keuse en motivering moet geassesseer word.                          (2)

  1.19      Twee gepaste/relevante antwoorde word aanvaar.                                   (2)

                                                             TOTAAL AFDELING A:              30

  Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                       AFRIKAANS HUISTAAL V1                 (NOVEMBER 2014)

    AFDELING B: OPSOMMING

    VRAAG 2

    Nasien van die opsomming

          Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van ŉ
           opskrif/titel te voorsien nie.
          Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne kan skryf.
          Kandidate moet die opsomming in die vereiste formaat aanbied.
           Opsommings in die verkeerde formaat word nie geassesseer
           nie./Opsommings in die verkeerde formaat word geassesseer, maar
           leerders verloor 1 punt vir aanbieding in die verkeerde formaat.
          Slegs feite wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
          Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is
           nie, word die eerste opsomming nagesien.
          Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.

          Punte word soos volg toegeken vir HT:
           o 7 punte vir 7 feite
           o 3 punte vir taal
           o Penaliseer soos volg:
               Indien die opsomming te lank is, word daar slegs 5 ekstra woorde
                 toegelaat. Die res van die opsomming word geïgnoreer.
               Indien die opsomming te kort is, maar dit bevat al die vereiste
                 inligting, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.

          Verspreiding van punte vir taal:
                 1–3 antwoorde reg kry 1 punt.
                 4–5 antwoorde reg kry 2 punte.
                 6–7 antwoorde reg kry 3 punte.

    LET WEL:      Kandidate mag nie afkortings gebruik in hul opsommings nie, maar
                  indien dit in die opsomming voorkom, word elke afkorting getel
                  volgens die getal woorde wat dit voorstel.

    Antwoord:     soek die volgende feite. Dit MOET in paragraafvorm aangebring
                  word.

          Dit het ŉ 5”skerm wat helder en duidelik is.
          Dit het hoëgehalte-luidsprekers.
          Die kamera is nie te versmaai nie.
          Hy het ŉ lang batterylewe./ Die battery hou sowat 25 uur.
          Die prioriteitspilpunt vir boodskappe is ŉ nuttige eienskap.
          Een van die nadele is die relatief minder toepassings.
          Dit is ook effens swaarder as ander slimfone.
                                                                          (62 woorde)

                                                                TOTAAL AFDELING B:          10

    Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                            AFRIKAANS HUISTAAL V1                          5

  AFDELING C: TAAL

  VRAAG 3: ADVERTENSIE

  Nasien van hierdie afdeling:

        Spelling:
         o Een-woord-antwoorde word verkeerd gemerk as die spelling verkeerd is.
         o In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die
            fout in die taalstruktuur getoets word.
         o Waar ŉ afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te
            wees.
        Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied
         word soos in die instruksie aangedui.
        Waar direkte en indirekte rede en punktuasie getoets word, mag ½ punte
         toegeken word.
        Vir meervoudigekeuse-vrae word BEIDE die letter wat ooreenstem met die
         korrekte antwoord EN die antwoord wat uitgeskryf word, aanvaar.

  Vraag      Antwoord                                                                 Punt
  3.1        Groter / ander lettertipe / swart                                          (1)

  3.2        Goud is duur./ Dit word altyd aan gehalte verbind.                           (1)

  3.3        hoër (spelling moet reg wees)                                                (1)

  3.4        milligram (spelling moet reg wees)                                           (1)

  3.5        Hoë dosisse chondroïtien help die liggaam om gewrigskade, verswakte
             mobiliteit, inflammasie en pyn hok te slaan.                                 (1)

  3.6        Jy sal vind dat OsteoEze Gold verbasend bekostigbaar is; alhoewel
             chondroïtien tot agt keer duurder as glukosamiene is.                        (1)

  3.7        Byvoeglike naamwoord                                                         (1)

  3.8        Sonder                                                                       (1)

  3.9        Per                                                                          (1)

  3.10       Jy                                                                           (1)
                                                                                         [10]

  Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                         AFRIKAANS HUISTAAL V1                (NOVEMBER 2014)

    VRAAG 4: STROKIES

    Vraag    Antwoord                                                                     Punt
    4.1      Verbasing                                                                      (1)

    4.2      Hy het ŉ vorige keer ook iets by hom gehad./ Hy het altyd iets by hom.           (1)

    4.3      ... wat die tegnieke verduidelik (in die trant)                                  (1)

    4.4      Herhaling/repetisie (spelling moet reg wees)                                     (1)

    4.5      Gravis (spelling moet reg wees)                                                  (1)

    4.6      Woorde ontbreek omdat sy so meegevoer word.                                      (1)

    4.7      Sport (spelling moet reg wees)                                                   (1)

    4.8      Hy is dus glad nie bereikbaar nie. (ŉ Gepaste bywoord is ŉ vereiste.)            (1)

    4.9      Definitief/beslis/sekerlik (spelling moet reg wees)                              (1)

    4.10     Gerard het gesê hy het nie geweet hulle weet iets van rugby af nie./
             Gerard het gesê dat hy nie geweet het hulle weet iets van rugby af nie.          (1)
                                                                                             [10]

    VRAAG 5: RUBRIEK

    Vraag    Antwoord                                                                     Punt
    5.1      Dit het nie betekenis nie.                                                     (1)

    5.2      Beperk / keer / stop                                                             (1)

    5.3      Longkanker en ander chroniese asemhalingsiektes kan deur die rook van
             tabak veroorsaak word.                                                           (1)

    5.4      Wêreld- gesond- organisasie                                                      (1)

    5.5      Aankope                                                                          (1)

    5.6      Kritikus                                                                         (1)

    5.7      Die kind ly honger.                                                              (1)

    Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                 AFRIKAANS HUISTAAL V1                       7

  5.8        Groeiende                                                      (1)

  5.9        Verbod                                                         (1)

  5.10       Vergelyking                                                    (1)
                                                                           [10]

                                                  TOTAAL AFDELING C:        30
                                                      GROOTTOTAAL:          70

  Kopiereg voorbehou                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFR HL P1 GR11 QP NOV2014](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr11-qp-nov2014/9670153c-0d77-4523-9833-8567b46f12f2) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [Afr HT V3 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afr-ht-v3-memo/77f9e2a3-7094-41bb-9887-4ccd3dadd6e4) — Afrikaans HL · Memo · 2014 · Afr
- [AFRHL P1 GR11 QP MEMO NOV2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-gr11-qp-memo-nov2020-d/56c14b4f-f194-49ab-a4d2-803ee1d6d3c8) — Afrikaans HL · Memo · 2020
- [AFR HL P1 GR11 MEMO NOV2020](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr11-memo-nov2020/8e149710-d7b0-4a75-942e-f6f1e7c4782f) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFR HL P1 GR11 MEMO NOV2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr11-memo-nov2020-d/7ab665a2-caba-46c8-b1ac-c9e23bf2f434) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-memo-nov-2019/cc69d4d1-16aa-4b0a-9f2f-f5f2b5556419) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Afrikaans HL

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/4cc70ac7-f749-4802-8e1b-8cec773c7368) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/a7e90129-8e5a-43be-963d-f02b31d0b7a4) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/df1906ad-6c91-4938-9533-c5ba7baa3444) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-1-afrikaans/9892ea43-cb95-460f-8521-db662ba8b5c9) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-2-afrikaans/58fc56f1-3f43-4541-9fa9-c8cf9faa560a) — QP · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
