# Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2016 Memo

> Grade 11 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the Eastern Cape November 2016, 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr11-nov2016-memo/97e6471f-4486-43ec-b68f-70319423de17
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 11
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr11-nov2016-memo/97e6471f-4486-43ec-b68f-70319423de17)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                       NOVEMBER 2016

                AFRIKAANS HUISTAAL V1
                    MEMORANDUM

PUNTE:   70

                 Hierdie memorandum bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                 (EC/NOVEMBER 2016)

 AFDELING A: LEESBEGRIP

 VRAAG 1

 Nasien van die leesbegrip:

    Spelfoute in een-woord-antwoorde word by Huistaal gepenaliseer.
    Spel- en taalfoute in langer antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die
     fokus op begrip is.
    Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK
     STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
    Vir WAAR/ONWAAR- of FEIT/MENING/LUG JOU MENING-vrae,
     WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING word slegs die rede/motivering/
     aanhaling bepunt.
    Vir vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien
     die aanhalingstekens ontbreek nie.
    Waar een-woord-antwoorde gevra word en die kandidaat ŉ volsin gee, is dit
     korrek mits die korrekte woord onderstreep word of op een of ander wyse
     uitgelig word.
    Wanneer twee, drie of vier feite/punte vereis word en die kandidaat gee ŉ hele
     reeks, word slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
    Indien die kandidaat woorde uit ŉ ander taal gebruik as die taal waarin die
     vraestel verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord
     sonder die vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer
     nie. Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, word dit aanvaar.
    Aanvaar dialektiese variasies.
    Vir meervoudigekeuse-vrae word BEIDE die letter aanvaar EN die korrekte
     antwoord wat ten volle uitgeskryf is.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2016)                         AFRIKAANS HUISTAAL V1                           3

VRAAG 1: ARTIKEL EN VISUELE TEKS

Vraag     Antwoord (Sien BETEKENIS na, nie woorde nie!                                    Punt
                       Die EERSTE feit staan voor die voegwoord EN ...)

1.1       Jenna het steeds mense “gered” alhoewel haar gesondheid baie sleg
          was. Ons sou verwag dat gesonde mense ander siek mense sou red.                   (1)

1.2       Jenna het self ŉ dubbele longoorplanting benodig. √/
          Sy het bewus geword dat Suid-Afrika baie min orgaanskenkers het √/
          en het dus die veldtog begin om meer orgaanskenkers te kry. √
          (Enige twee motiverings)                                                          (2)

1.3       Feit?
          Haar Get Me To 21-veldtog het mense bewus gemaak van orgaan-
          skenking √/
          en meer mense het geregistreer √/
          Mense is nou meer bewus van orgaanskenking en haar veldtog. √/
          Haar gesin gaan voort met haar veldtog. √
          (Enige drie motiverings)                                                          (3)

1.4       Waar
          As klein meisietjie het sy al gesê dat sy ŉ verskil in mense se lewens wil
          maak √ EN
          Sy het reeds op 8 jaar ŉ boek geskryf en die opbrengs geskenk aan
          rolstoele vir kinders. √                                                          (2)

1.5       Dis diegene wat gebore is van die middel-negentigs tot nou.                       (1)

1.6       Nee.
          Hulle is slegs kinders en word nie ernstig opgeneem deur volwassenes
          nie – dus ook nie na geluister nie./
          Kinders het nie die middele om werklik ŉ verskil te maak nie.
          Ja.
          Malala, 17 jaar oud, en jongste wenner nog, het die Nobelprys vir Vrede
          gewen – die wêreld weet van haar en luister na haar./
          Jordan van der Walt, 15 jaar en die enigste kind, was finalis in Africa
          News Network se Suid-Afrikaner van die Jaar.                                      (1)
          (Geen punt vir JA of NEE nie, motivering bepaal die punt)

1.7       Jordan is aangewys as eerste nasionale held van LeadSA, √
          en het ŉ toekenning vir filantropie van die Inyathelo-instituut gekry. √          (2)

1.8       Faktore wat ŉ rol speel, is jou wil om te help, √
          as jy ŉ groot genoeg hart het/liefde √
          en passie. √                                                                      (3)

1.9       Die “millennials” is ek-selfgesentreerd teenoor die ons-gesentreerdheid
          van Generasie Z. √
          Generasie Z het ook ŉ sterk bewussyn van maatskaplike probleme en is
          bewus van hul keuses en gevolge daarvan op die omgewing en wêreld
          wat anders is as die “millennials” met hul selfgesentreerdheid. √                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                     (EC/NOVEMBER 2016)

     1.10   Jongmense het selfvertroue deur hul kennis van tegnologie en glo dat
            hulle die wêreld kan verander. √/
            Dis maklik vir jongmense om in kontak met mekaar en die res van die
            wêreld te bly. √/
            Tegnologie verwyder struikelblokke soos lands-, taal- en
            Kultuurgrense. √/
            Hulle voel sterker oor onregverdighede, ongeag die afstand waar dit
            plaasvind, as vorige generasies. √/
            Hulle wil self iets daaraan doen. √
            (Enige vier van bg.)                                                                (4)

     1.11   Ja, ons kan dit aflei uit par. 2 waar Malala en Jordan namens die
            stemloses praat en doen.                                                            (1)

     1.12   Jongmense is ingelig oor die wêreld deur middel van hul selfone en die
            internet. √/
            Jongmense werk saam aan wêreldprobleme selfs oor landsgrense
            heen. √/
            Jeugprogramme, leierskapkursusse en selfs sommige universiteits-
            toelatingsvereistes vereis gemeenskapswerk van jonges. √/
            Sosiale netwerke veroorsaak dat jy nie oor geld, borge en sterk
            infrastrukture hoef te beskik om ŉ verskil te maak nie. √/
            Daar is net kreatiewe denke, klein idees en omgee nodig om ŉ verskil te
            maak. √
            (Enige drie van bg.)                                                                (3)

     1.13   Jy kan ŉ verskil maak ongeag en jy moet dus ŉ verskil probeer maak.                 (1)

     1.14   Dit trek onmiddellik ŉ mens se aandag. √
            Dit sluit direk aan by die gedagte/organisasie, Circle of Life. √                   (2)

     1.15   Die klein kindjie is weerloos en afhanklik, onskuldig en kyk stip na die
            leser om jou aandag te eis. √/
            Die kindjie is gered en sal dus kan grootword omdat ŉ onbekende
            skenker dit moontlik gemaak het – dus versterk dit die boodskap van
            Teks 1 dat ons elkeen ŉ verskil KAN maak. √/
            Die seuntjie se naam word genoem verder af in die advertensie se
            bewoording, dit word dus meer persoonlik gemaak (Keano Rhodes). √
            (Enige een van bg.)                                                                 (1)

     1.16   Dit beklemtoon die lewensirkel van ŉ mens – vanaf geboorte tot die
            dood. √/
            Die hele advertensie gaan oor die kind wat nog ŉ kans gekry het – sy
            lewenssirkel is nie beëindig nie. √
            (Enige een van bg.)                                                                 (1)

                                                               TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2016)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                               5

  AFDELING B: OPSOMMING
  VRAAG 2
  Nasien van die opsomming:
     Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van ŉ
      opskrif/titel te voorsien nie.
     Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgende skryf.
     Kandidate moet die opsomming in die vereiste formaat aanbied./Opsommings
      in die verkeerde formaat word geassesseer, maar leerders verloor 1 punt vir
      aanbieding in die verkeerde formaat.
     Slegs feite wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
     Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is
      nie, word die eerste opsomming nagesien.
     Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.
     Punte word soos volg toegeken vir HT:
      o 7 punte vir 7 feite
      o 3 punte vir taal
      o Puntetotaal: 10
     Verspreiding van punte vir taal wanneer die kandidaat nie woordeliks
      aangehaal het nie:

      o   1–3 feite korrek: ken 1 punt toe.
      o   4–5 feite korrek: ken 2 punte toe.
      o   6–7 feite korrek: ken 3 punte toe.
      o   Verspreiding
     Verspreiding van taalpunte wanneer kandidaat woordeliks aangehaal het.

      o 6–7 direkte aanhalings: ken geen taalpunte toe nie.
      o 1–5 direkte aanhalings: ken 1 punt toe.
     Penaliseer soos volg:
       Indien die opsomming te lank is, word daar slegs 5 ekstra woorde
        toegelaat. Die res van die opsomming word geïgnoreer.
       Indien die opsomming te kort is, maar dit bevat al die vereiste inligting,
        word die kandidaat nie gepenaliseer nie.
  LET WEL:      Kandidate mag nie afkortings gebruik in hul opsommings nie, maar
                indien dit in die opsomming voorkom, word elke afkorting getel
                volgens die getal woorde wat dit voorstel.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                (EC/NOVEMBER 2016)

     Antwoord: Die volgende feite MOET in PARAGRAAFVORM aangebied word.

              Aanhalings uit die teks:                         Eie woorde:

      Stel selfoonvrye sones in die huis vas     Bepaal selfoonvrye sones in jou
       en wees streng hiermee en stel ŉ           huis.
       voorbeeld.

        Foonvrye tye is belangrik.               Tye sonder selfone is belangrik,
                                                  veral tydens kuiers met vriende.

        Maak ŉ speletjie daarvan om selfone      Gebruik jou selfoon minder deur
         minder te gebruik.                       speletjies te gebruik en ŉ prys as
                                                  aansporing te gebruik.

        Stel gesinsreëls vir sosiale media op.   Besluit as gesin wat op sosiale
                                                  media gedeel mag word.

        Gaan deur al jou sosiale media-          Werk deur jou sosiale media-
         profiele en dateer dit op.               profiele en dateer dit op.

        Maak ŉ sekerheidskopie van jou data      Stoor jou data en foto’s met ŉ
         en foto’s.                               sekerheidskopie en begin met ŉ
                                                  skoon foon.

      Maak jou foon gereeld met ŉ                Maak jou foon dikwels met ŉ
       antibakteriese klamlappie skoon.           antibakteriese klamlappie skoon.
                                                                         (65 woorde)

     ŉ Opsoming wat inparagraaf vorm aangebied word, kan die volgende
     moontlike bewoording gebruik:

     Bepaal selfoonvrye sones in jou huis. Tye sonder selfone is belangrik, veral tydens
     kuiers met jou vriende. Gebruik jou selfoon minder deur speletjies te gebruik en ŉ
     prys as aansporing te gebruik. Besluit saam as gesin wat op sosiale media gedeel
     mag word. Werk deur jou sosiale media-profiele en dateer dit op. Stoor jou data en
     foto’s met ŉ sekerheidskopie en begin met ŉ skoon foon. Maak jou foon dikwels
     skoon met ŉ antibakteriese klamlappie.

                                                                         Getal woorde: 63

                                                               TOTAAL AFDELING B:           10

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
    (EC/NOVEMBER 2016)                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                                 7

AFDELING C: TAAL

Nasien van hierdie afdeling:

     Spelling:
      o Eenwoord-antwoorde word verkeerd gemerk as die spelling verkeerd is.
      o In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die
          fout in die taalstruktuur getoets word.
      o Waar ŉ afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te
          wees.
      Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied
       word soos in die instruksie aangedui.
      Waar direkte en indirekte rede en punktuasie getoets word, mag ½ punte
       toegeken word.

VRAAG 3

Vraag       Antwoord                                                                   Punt

3.1         TV-kykers, of spesifiek SABC TV-kykers √                                    (1)

3.2         Koninkrykies (meervoud is belangrik) √                                      (1)

3.3         Koninkryke sal moontlik/miskien/dalk/heel waarskynlik voor jou
            neerbuig. √                                                                 (1)

3.4         Draaiboekskrywers – skryf die woorde (draaiboek) van films. √
            Kopieskrywers – skryf die woorde van advertensies. √                        (2)

3.5         Werk √                                                                      (1)

3.6         Samestellings gekoppel aan ŉ afkorting, (wat uit ŉ afkorting bestaan)
            moet ŉ koppelteken kry. √                                                   (1)

3.7         Akuut √                                                                     (1)

3.8         (Om te) bring √                                                             (1)

3.9         Samestellende afleiding √                                                   (1)
                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                                      AFRIKAANS HUISTAAL V1                (EC/NOVEMBER 2016)

  VRAAG 4

  Vraag     Antwoord                                                                    Punt

  4.1       dalk/heelwaarskynlik/miskien √                                                (1)

  4.2       Ek is verveeld, want ek het niks interessant om te doen nie. √                (1)

  4.3       Hy is wel lus om te gaan en maak net asof hy nie wil gaan nie. √              (1)

  4.4       Hy sê liefdevol aan haar (dat) dit goed is dat sy nie saam gaan nie. √        (1)

  4.5       assimilasie √                                                                 (1)

  4.6       om aan te lê by iemand/ogies maak vir iemand/flankeer met iemand √            (1)

  4.7       (van die tikster wat verlede jaar op een van die tafels geklim het.) √        (1)

  4.8       Iets tot niet/iets vernietig/iets verloor is √                                (1)

  4.9       Ben is geskok/verras/verbaas/verstom. √                                       (1)

  4.10      Niks gaan haar van plan laat verander nie. Sy is vasbeslote. √                (1)
                                                                                         [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2016)                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                                    9

  VRAAG 5

  Vraag     Antwoord                                                                     Punt

  5.1       Dit dui dat die inligting wat voorafgaande verduidelik, volg. √/
            Dit sê wat jy maar kan glo. √
            (Enige een van bg.)                                                            (1)

            5.2.1     2 verwen, vertroetel √                                               (1)

            5.2.2     Lang √                                                               (1)

  5.3       Dit brei uit op die “magdom elemente” m.a.w. dit verduidelik watter
            elemente jou vel op sy beste laat lyk. √                                       (1)

  5.4       Begin √                                                                        (1)

  5.5       Bestanddeel √                                                                  (1)

  5.6       ŉ middel wat behou/beskerm/bewaar √                                            (1)

  5.7       Ryk
            Die ryk man ken die einde van sy skatte nie. √/
            Die ryk van die koning strek ver en wyd. √
                                             OF
            Reik na die sterre/jou drome √                                                 (1)

  5.8       Kalmerende √                                                                   (1)

  5.9       Dink √                                                                         (1)
                                                                                          [10]

                                                         TOTAAL AFDELING C:                30
                                                             GROOTTOTAAL:                  70

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFR HL P1 GR11 QP NOV2016](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr11-qp-nov2016/cfe70b52-0064-4188-9b85-0f39bd1d1aa7) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HT V3 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-ht-v3-memo/f7d93859-1be2-451a-9ebe-7cea14d87266) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [AFRHL P1 GR11 QP MEMO NOV2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-gr11-qp-memo-nov2020-d/56c14b4f-f194-49ab-a4d2-803ee1d6d3c8) — Afrikaans HL · Memo · 2020
- [AFR HL P1 GR11 MEMO NOV2020](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr11-memo-nov2020/8e149710-d7b0-4a75-942e-f6f1e7c4782f) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFR HL P1 GR11 MEMO NOV2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr11-memo-nov2020-d/7ab665a2-caba-46c8-b1ac-c9e23bf2f434) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-memo-nov-2019/cc69d4d1-16aa-4b0a-9f2f-f5f2b5556419) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Afrikaans HL

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/4cc70ac7-f749-4802-8e1b-8cec773c7368) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/a7e90129-8e5a-43be-963d-f02b31d0b7a4) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/df1906ad-6c91-4938-9533-c5ba7baa3444) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-1-afrikaans/9892ea43-cb95-460f-8521-db662ba8b5c9) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-2-afrikaans/58fc56f1-3f43-4541-9fa9-c8cf9faa560a) — QP · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
