# Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2017 QP

> Grade 11 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2017, 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr11-qp-nov2017/34637bc4-ce7b-49be-a946-fe0cb41cabba
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr11-qp-nov2017/34637bc4-ce7b-49be-a946-fe0cb41cabba)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                      NOVEMBER 2017

                 AFRIKAANS HUISTAAL V1

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                                 *IAFRHL1*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     AFRIKAANS HUISTAAL V1           (EC/NOVEMBER 2017)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

         AFDELING A: Leesbegrip                         (30)
         AFDELING B: Opsomming                          (10)
         AFDELING C: Taal                               (30)

    2.   Lees ALLE instruksies noukeurig deur.

    3.   Beantwoord AL die vrae.

    4.   Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

    5.   Trek ŉ streep ná elke afdeling.

    6.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

    7.   Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

    8.   Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

    9.   Voorgestelde tydsindeling:

         AFDELING A: 50 minute
         AFDELING B: 30 minute
         AFDELING C: 40 minute

    10. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                                3

  AFDELING A: LEESBEGRIP

  VRAAG 1

  Lees en kyk na die onderstaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg.

  TEKS A: ARTIKEL

                                     NOSTALGIE

             Enige landskap is ŉ toestand van die siel – Henri Frederic Amiel

  1    Een van die gewildste rubriekskrywers in ons tyd is ongetwyfeld Dana Snyman.
       Daar is min rubriekskrywers in Afrikaans wat dit kan regkry om lesers só
       emosioneel te betrek as Snyman. Hy slaag telkens daarin om (veral dalk ŉ
       sekere generasie Afrikaanse) lesers deur sy besonder sterk sintuiglike
       beskrywings van vervloë dae emosioneel te roer.

  2    Deur die noem van enkele handelsname (Valiant, Datsun, ŉ Tempest radio) of
       ŉ reuk (politoer, vars brood, pannekoek) of klanke (Jim Reeves, Robin
       Alexander se deurnagprogram) of deur die verwysing na volkstradisies
       (huisgodsdiens, Kersdienste, basaars) of deur die noem van ŉ kenmerkende
       periodestyl (haarstyl, kleredrag, ducktails) slaag hy telkens daarin om ŉ
       vergange era nie bloot op te roep nie, maar om die leser as’t ware in ŉ ander
       era te plaas, sodat die leser dit nóú kan ruik, hoor en proe. Hierdie herinneringe
       aan ŉ vorige era, ŉ ander tydperk, word in skerp kontras teenoor die hede gestel.

  3    Teenoor die herinneringsknoppies wat Snyman so bedrewe kan druk om ŉ
       bekende verlede by die leser op te roep – saam met die bekendheid ŉ gevoel
       van vreedsaamheid, heelheid, geborgenheid, eenvoud en verstaanbaarheid –
       word die hede as ŉ tyd wat deurmekaar is, ŉ tydperk van anargie en
       ingewikkeldheid, van konflik en konfrontasie ervaar. Mense in leiersposisies kan
       nie vertrou word nie en daar is voortdurende konflik en agterdog tussen mense
       van verskillende rasse en klasse en geslagte. Die hede word as ingewikkeld en
       onseker ervaar. Mense weet nie hoe hulle behoort op te tree nie – nie teenoor
       hul eie verlede, hul ouers en hul eie mense se tradisies nie en ook nie teenoor
       ander mense met ander tradisies nie.

  4    Deesdae is identiteit ingewikkeld weens skuldgevoelens en talle onsekerhede
       en ontmaskerde leuens oor godsdiens, tradisionele gebruike en politieke
       assosiasies. Hierteenoor word ŉ vervloë era opgetower toe al hierdie goed nog
       eenvoudig was; toe alles verstaanbaar was. Hierdie teenwoordigstelling van ŉ
       vergange era van eenvoud en die kontrastering daarvan met ŉ ingewikkelde en
       onaangename hede, word nostalgie genoem. In Grieks dui die woord nostalgie
       op ŉ pynlike verlange na die huis. Die groot probleem van nostalgie is dat dit nie
       soseer ŉ verlange na ŉ huis, na ŉ plek, is nie. Baie mense ondervind dat ŉ
       terugkeer na die plek van hul geboorte, hul huis, meestal teleurstellend is, omdat
       die plek nie meer dieselfde is as wat hulle dit onthou het nie. Eers dan besef jy
       dat jy eintlik nie na ŉ plek verlang het nie, maar na ŉ tyd.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                      AFRIKAANS HUISTAAL V1                    (EC/NOVEMBER 2017)

    5   Daarom is die “huis” waarna jy verlang, altyd onbereikbaar. Tydreise bestaan
        slegs in fiksie. Nostalgie is eintlik ŉ reaksie op die hede, eerder as wat dit bloot
        die onthou van die verlede is. Die verlede word immers op ŉ baie spesifieke
        manier onthou – baie onaangename aspekte word vergeet sodat ŉ ideale
        verlede onthou word. Nostalgie het ŉ kragtige werking juis omdat dit die leser
        emosioneel by die verlore (ideale) verlede betrokke kry en terselfdertyd ŉ
        emosionele weerstand teen die deurmekaarhede wek.

    6   Hierdie kragtige wapen, nostalgie, kan deur enigeen ingespan word, ongeag
        politieke oortuiging. Sommige oudstruggle-lede verlang na die goeie ou dae van
        die stryd teen apartheid toe almal so lekker saamgewerk het. Ander verlang
        weer na die dae toe hulle met oop deure kon slaap. Hierdie herinneringe is
        natuurlik telkens selektief en sê eintlik meer oor ŉ onvergenoegdheid met
        huidige tweespalt en onveiligheid.

    7   Die gewildheid van reistydskrifte, van 4x4-safari’s en van groeiende wilds-plase
        dui ook op ŉ soort nostalgie. Kyk gerus hoe die advertensies en artikels lesers
        laat verlang na ŉ era toe Afrika nog ŉ wilde, leë en eenvoudige plek was –
        onbegrens en vol wilde diere wat vrylik getrek het. Nostalgie kan gevaarlik wees,
        juis omdat dit so ŉ kragtige oproep maak, ŉ mens behoort krities na ŉ land-van-
        melk-en-heuning te kyk wat aanloklik lyk vir mense wie se huidige situasie as ŉ
        posisie van onreg en miskenning aan hulle voor-gehou word.

    8   Ons het ŉ diep behoefte aan ŉ sin vir identiteit en om te behoort. Die landskap
        waarin ons grootgeword het, gely of ons grootste sukses behaal het, vorm
        dikwels ons nostalgiese bande met ander. Landskappe is ŉ lewende skakel
        tussen wie ons was en dit wat ons geword het. Al die seer en vreugde en
        waansin en hoop van grootword lê in ŉ plek soms so ver verwyder van waar ons
        nou is. En ons bloed verlang terug. Vandaar die verskrikking as ŉ bekende en
        geliefde landskap tot iets onherkenbaar verander of vernietig word. 'Huis toe
        gaan” is dikwels geweldig kompleks en die proses daarvan lei nie noodwendig
        terug na dit wat jou hart onthou nie.

                                   [Aangepas uit: www.vrouekeur.co.za en Taalgenoot Herfs 2015]

    1.1 Verduidelik waarom die rubriekskrywer, Dana Snyman, volgens paragraaf 1
        so gewild is.                                                                             (2)

    1.2 Noem enige DRIE wyses hoe Dana Snyman daarin slaag om die leser na ŉ
        ander tydperk te verplaas.                                                                (3)

    1.3 Wat is die oorsaak van die heersende wantroue onder mense, asook die
        gevolge hiervan?                                                                          (3)

    1.4 Wat is die dilemma waarmee mense dus nou sit volgens paragraaf 3?                         (1)

    1.5 Waarom is die vorming van identiteit problematies?                                        (4)

    1.6 Tot watter slotsom kom die skrywer in paragraaf 4 oor wat die werklike
        betekenis van nostalgie is?                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                                      5

  1.7    Waarom is nostalgie nie realisties nie en waarom word daar gepraat van
         selektiewe onthou/herinneringe?                                                             (2)

  1.8    Nostalgie kan ook as gevaarlik beskou word. Verduidelik.                                    (1)

  1.9    Watter rol speel reistydskrifte in die skep van nostalgie by die leser?                     (1)

  1.10   Stem jy saam met die skrywer se standpunt in die laaste sin van paragraaf 7?
         Motiveer jou antwoord.                                                                      (2)

  1.11   Wat volgens paragraaf 8 beïnvloed ons nostalgiese bande met ander mense?                    (1)

  1.12   Verduidelik die geïmpliseerde betekenis van die onderstreepte sin in
         paragraaf 8.                                                                                (1)

  1.13   Hoe hou die titel en die subopskrif verband met die teks?                                   (2)

                                                EN

  TEKS B: VISUELE TEKS

                                                       [Aangepas uit: Die Burger, 17 Mei 2012]

  1.14   Watter verband is daar tussen paragraaf 3 van TEKS A en die man se woorde
         in TEKS B?                                                                                  (2)

  1.15   Watter gevoel ervaar die seun in die spotprent en waarom is die volwassene
         se woorde nie geloofwaardig nie?                                                            (3)

  1.16   Wat is die impak van die gebruik van die vetgedrukte woord?                                 (1)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                  30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                  (EC/NOVEMBER 2017)

    AFDELING B: OPSOMMING
    VRAAG 2
       Lees die onderstaande teks en maak ŉ opsomming van SEWE PROBLEME
        wat daartoe kan lei dat kinders laat ontwikkelaars word.
    LET WEL:  Jou opsomming moet in jou eie woorde in ŉ duidelike, sinvolle
                    paragraaf aangebied word en mag nie meer as 90 woorde
                    beslaan nie.
                  Moenie jou opsomming ŉ titel gee nie.
                  Dui die getal woorde wat jy gebruik het, aan.
    TEKS C: ARTIKEL

         SUKSES IN DIE LEWE HANG NIE BLOOT AF VAN SKOOLPRESTASIE NIE
    Kinders se skoolprestasie is soms vir ouers ŉ bron van kommer wat tot slapelose nagte
    en versuurde verhoudings lei. Maar slaap gerus. Alle blomme blom nie in die lente nie.
    Leerprobleme is ŉ duidelike bepaler dat kinders sukkel met lees, skryf of sekere
    kognitiewe vaardighede wat nog nie goed ontwikkel is nie. Ontwikkeling word ook gestrem
    deur ŉ lae selfbeeld. Emosionele probleme veroorsaak ŉ tekort aan selfvertroue,
    angstigheid, selfs depressie en kan leerders se ontwikkeling strem.
    Onderontwikkelde vaardighede beperk kinders se aanpassing en inskakeling en soms
    word hulle ook geboelie. Sosiale probleme kan lei tot onderontwikkelde vaardighede wat
    kinders se aanpassing en inskakeling beperk en soms word hulle ook geboelie. Huislike
    probleme en armoede manifesteer in gebrekkige stimulasie en sulke leerders se kans om
    as laat ontwikkelaars identifiseer te word, is baie hoër as ander leerders s’n.
    Aandag-afleibaarheid en hiperaktiwiteit is verdere tekens. Die frontale lob in die brein wat
    hierdie dinge reguleer, ontwikkel soms nog tot in die vroeë twintigerjare. Dit sluit sekere
    uitvoerende funksies soos impulsbeheer, konsentrasie, beplanning, aktivering,
    organisering en prioritisering in wat dan nog onderontwikkel is.
    Hierdie leerders ervaar skoolwerk as vervelig en oninteressant en hulle kan dit nog nie as
    relevant vir hul toekoms beleef nie. Hulle kom ongemotiveerd jeens skoolwerk voor. Sulke
    negatiewe skoolervarings laat dikwels die leerders en ouers moedeloos. Albert Einstein
    kon eers op vier praat, op sewe kon hy beswaarlik lees. Sy ouers het gedink hy is
    verstandelik gestrem en antisosiaal. Hy is geskors, het graad 11 herhaal en is toelating
    tot Zürich se politegniese skool geweier. Desondanks het hy die wêreld se verstaan van
    fisika in ŉ ander baan geplaas en is met ŉ Nobelprys vir sy bydrae bekroon.
    Leerders wat ŉ onvoldoende sin vir verantwoordelikheid toon, ervaar nog nie
    verantwoordelikheid vir hulle eie studie, besluite en lewe nie. Hulle dra nie werklik die
    gevolge van hul optrede nie aangesien hul ouers verantwoordelikheid neem en hulle
    beskerm teen die gevolge.
    Die gemeenskap het dikwels beperkende verwagtinge en persepsies van mense se
    ontwikkeling en sukses. Uitstekende skoolpunte is nie noodwendig ŉ voorvereiste of
    waarborg vir ŉ suksesvolle toekoms nie. Baie mense wat swak op skool gevaar het, of
    aan die begin van verdere studie of ŉ loopbaan gesukkel het, het later groot sukses van
    hul lewe en loopbane gemaak.
                                                                 [Verwerk uit: rooi rose, Junie 2016]

                                                               TOTAAL AFDELING B:                 10

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                                    7

  AFDELING C: TAAL

  VRAAG 3

  Bestudeer die advertensie en beantwoord die vrae wat volg.

  TEKS D: ADVERTENSIE

  1       Kleure maak groot spronge op Ektachrome-film.
  2       Vang die aksie vas in opwindende kleur op Ektachrome-film.
  3       Beskikbaar in 150, 125 en 64 ASA.
  4       Die (snel + werk) emulsies reageer goed in wisselende ligtoestande.
  5       Probeer Ektachrome-film.
  6       Dit bied geweldige veelsydigheid met minimale korrelrigheid.

  7       Kodak-kiekies: beslis lewenslange herinneringe.

  8                                                     Kodak-film
  9                                           Daar is net een film
  10                                      Vir die tye van jou lewe

                                                   [Aangepas uit: Huisgenoot, 2 Julie 1976]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                (EC/NOVEMBER 2017)

    3.1    Wie is die teikenmark van hierdie advertensie?                                        (1)

    3.2    Dink jy die visuele voorstelling pas by die woorde in reël 1–2? Motiveer jou
           antwoord.                                                                             (1)

    3.3    Word die woorde in reël 1 denotatief gebruik? Motiveer jou antwoord.                  (1)

    3.4    Gee die korrekte teenwoordige deelwoord tussen hakies in reël 4.                      (1)

    3.5    Skryf die sin in reël 5 in die ontkennende wyse oor.                                  (1)

    3.6    Verander die vetgedrukte emotiewe woord in reël 6 na ŉ meer neutrale
           woord.                                                                                (1)

    3.7    Skryf die sin in reël 6 as ŉ vraagsin oor.                                            (1)

    3.8    Wat is die funksie van die dubbelpunt in reël 7?                                      (1)

    3.9    Waarom is reël 9 ŉ voorbeeld van partydigheid?                                        (1)

    3.10   Verduidelik hoe die leser gemanipuleer word deur na reël 10 te verwys.                (1)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                                  9

  VRAAG 4

  Die onderstaande vrae is op die strokies gebaseer:

  TEKS E: STROKIES

                                                 [Aangepas uit: Huisgenoot, 2 Julie 1976]

  4.1 Herskryf die eerste sin in raampie 1 en voeg die ontbrekende leesteken in.             (1)

  4.2 Identifiseer die eerste diftong in die eerste sin van die passasier in raampie
      1 en onderstreep die diftong.                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                   (EC/NOVEMBER 2017)

  4.3    Gee ŉ gepaste sinoniem vir die onderstreepte woord in raampie 1.                    (1)

  4.4    Verander die eerste sin in raampie 4 na die indirekte rede.                         (1)

  4.5    Herskryf die tweede sin in raampie 4 deur ŉ bywoordelike bepaling by te
         voeg.                                                                               (1)

  4.6    Waaruit kan ons in raampie 4 aflei dat die passasier baie kwaad is?                 (1)

  4.7    Waarom kom daar woordoortolligheid/pleonasme voor in die eerste sin
         van raampie 6?                                                                      (1)

  4.8    Identifiseer die infinitief in die tweede sin van die passasier in raampie 6.       (1)

  4.9    Gee die vergrotende trap van die onderstreepte woord in raampie 7.                  (1)

  4.10   Verduidelik die ironie van die laaste kondukteur se woorde in raampie 7.           (1)
                                                                                           [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                                 11

  VRAAG 5

  Beantwoord die vrae wat op die teks gebaseer is.

  TEKS F: ARTIKEL

                                     KAALKOP
  1     Geen mens is so slim dat hy uit die vuis (5.1) berge kan versit nie. Alles kort
        ŉ struktuur, ŉ begin en ŉ eindpunt.

  2     Dis ŉ uiters edele daad om ŉ dagboek te hou. Ek gryp ŉ potlood en skryf:
        BAADJIE. Ek is dadelik opgewonde en gerus. Hierdie is my toorboek, elke
        ding wat ek hier neerskryf, word (5.2) uiteindelik waar, ongeag hoe
        verregaande die idee, hoe onmoontlik die doelwit. As dit eers geskryf is, is
        die proses aan die gang. Ek weet nie hoe dit werk nie, dit het niks te doen
        met (5.3) visualisering of die wet van aantrekking of die mag van positiewe
        denke nie. Dit beteken net dit sal eendag myne wees, al doen ek honderd
        ekstra konserte of verkoop eiendom of die winkelier word mal en reël ŉ
        uitverkoping.

  3     Daar is dié wat glo dis verkeerd om te begeer. En moontlik stem ek saam,
        want begeer beteken stilsit en wens. Maar om te werk vir iets is ŉ heel ander
        storie. En ek werk vir alles, ek moet dit net eers neerskryf onderaan op my
        lysie, dis hoe ek begin.

  4     Dis ŉ fantastiese oomblik elke dag wanneer ek my lysie maak. En ŉ
        wonderlike gevoel die volgende dag as ek ŉ streep kan trek deur ŉ voltooide
        opdrag. Tevrede en (5.6) __ dreef. Sommige mag dink dis simpel, maar dis
        vordering. (5.7) Dis die klein steentjies wat die kasteel moet bou.

  5     Ek kry nerens leesstof oor die sielkunde van lysies nie, maar daar moet so
        iets wees. Die maak van lysies, die versamel van lysies. Ek dink dit kan die
        wêreld red. Gee elke (5.9) (gesag + hê) ŉ potlood en papier, laat hom
        neerskryf, laat hom lees. (5.10) Trek dood wat verby is, vee uit wat onnodig
        is.

                                                         [Verwerk uit: SARIE – Julie 2011]

  5.1 Wat beteken die onderstreepte uitdrukking in paragraaf 1?                               (1)

  5.2 Gee die antoniem vir die onderstreepte woord in paragraaf 2.                            (1)

  5.3 Skryf die basis/stam van die onderstreepte woord neer.                                  (1)

  5.4 Identifiseer die woord in paragraaf 3 wat op waarskynlikheid dui.                       (1)

  5.5 Skryf die woord wat kontras aandui in paragraaf 3 neer.                                 (1)

  5.6 Voltooi die ontbrekende voorsetsel in paragraaf 4.                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1               (EC/NOVEMBER 2017)

  5.7    Is die onderstreepte sin in paragraaf 4 ŉ voorbeeld van ŉ enkelvoudige of
         ŉ saamgestelde sin?                                                               (1)

  5.8    Paragraaf 5 bevat ŉ spelfout. Korrigeer en skryf dit neer.                        (1)

  5.9    Vorm ŉ persoonsnaam van die woorde tussen hakies.                                 (1)

  5.10   Herskryf die onderstreepte sin in paragraaf 5 in die lydende vorm.               (1)
                                                                                         [10]

                                                            TOTAAL AFDELING C:             30
                                                                GROOTTOTAAL:               70

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFR HL P1 GR11 MEMO NOV 2017](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr11-memo-nov-2017/8d2b28fa-ff13-4314-838b-a42ac4370d65) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [AFRHL P2 GR11 QP NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-qp-nov2017/e6216167-e453-4f86-a75c-bc1e698b1aae) — Afrikaans HL · QP · 2017
- [AFRHL P3 GR11 QP NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-gr11-qp-nov2017/a903f7cf-ab4c-4158-96a2-56eeef317093) — Afrikaans HL · QP · 2017
- [AFRHL P1 GR11 QP NOV2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-gr11-qp-nov2020-d/15252c13-8d55-4528-bbea-e92f79f29109) — Afrikaans HL · QP · 2020
- [AFRHL P1 GR11 QP NOV2020](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-gr11-qp-nov2020/9893d566-d2c0-4f39-af4f-d55ef85bb978) — Afrikaans HL · QP · 2020
- [AFRIKAANS HL P1 QP NOV 2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-nov-2019-d/af17b42a-bf7d-411a-bd91-82a3e48685f9) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Afrikaans HL

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7331d9c-fb08-4e50-a5fa-5194e10abedf) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/5169c337-6d70-4178-bd0f-5faa5fe965d4) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-3-afrikaans/d9c49a75-8852-4349-9c83-f93cd7d0edb8) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-1-afrikaans/4b4f5755-8780-46c0-939e-18488a8db73e) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-2-afrikaans/c1c25cf5-d38e-4cb8-93e6-6f12c024cc2c) — Memo · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
