# Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2015 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2015, 7 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr12-memo-sept-2015/39e172b0-70a4-4136-9b5c-74885856a355
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr12-memo-sept-2015/39e172b0-70a4-4136-9b5c-74885856a355)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Memorandum, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2015

                AFRIKAANS HUISTAAL V1
                    MEMORANDUM

PUNTE:   70

                Hierdie memorandum bestaan uit 7 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                                 AFRIKAANS HUISTAAL V1                (EC/SEPTEMBER 2015)

  AFDELING A: LEESBEGRIP

  VRAAG 1

  Nasien van die leesbegrip:

     Spelfoute in eenwoord-antwoorde word by Huistaal gepenaliseer.
     Spel- en taalfoute in langer antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die
      fokus op begrip is.
     Vir vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer
      indien die aanhalingstekens ontbreek nie.
     Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat ŉ volsin gee, is dit
      korrek mits die korrekte woord onderstreep word of op een of ander wyse
      uitgelig word.
     Wanneer twee, drie of vier feite/punte vereis word en die kandidaat gee ŉ
      hele reeks, word slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
     Indien die kandidaat woorde uit ŉ ander taal gebruik as die taal waarin die
      vraestel verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die
      antwoord sonder die vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie
      gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word,
      word dit aanvaar.
     Aanvaar dialektiese variasies.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                                3

VRAAG 1
Vraag   Antwoord                                                                         Punt

1.1     Dis honderd jaar na haar geboorte./Sy is die eerste vroulike Suid-
        Afrikaanse digter./Haar bydrae tot Afrikaanse letterkunde is enorm.                (1)
1.2     Eeu                                                                                (1)
1.3     Hulle is ervare./Hulle weet wat om te doen.                                        (1)
1.4     Dis ŉ toekenning vir literêre werke in Afrikaans.                                  (1)
1.5     Hulle het al op skool geleer en met Eybers se skryfwerk kennis gemaak.             (1)
1.6     As sy dan so hoog aangeskrewe is, hoekom herdruk hulle nie haar bundels
        nie./Mense lees of koop nie eintlik digbundels nie, daarom word dit nie
        herdruk nie.                                                                       (1)
1.7     Musikaliteit word tot by die woord gevoeg EN dit skep ŉ ekstra dimensie
        EN dis ook meer toeganklik vir mense. (Een punt per feit)                          (3)
1.8     Hulle het die 100 gewildste Afrikaanse gedigte bestudeer.                          (1)
1.9     Sy was die eerste vroulike gepubliseerde Afrikaanse digter. Sy het die
        Hertzogprys twee keer gewen. Sy het 11 digbundels gepubliseer. (Een
        punt per feit)                                                                     (3)
1.10    Dit maak ŉ mens emosioneel.                                                        (1)

1.11    Ja. Sy beskou Eybers as “een van die moeders van die Afrikaanse
        digkuns”.                                                                          (1)
1.12    Afrikaans is amptelik 90 jaar oud.                                                 (1)
1.13    Dit wat van ŉ vrou verwag word EN hoe ŉ vrou behoort te dink en doen.              (2)
1.14    Sy het ŉ uiters suksesvolle loopbaan gehad en ŉ groot naam in eie reg
        geword.                                                                            (2)
1.15    ŉ Redenasie/Stryery/Wedywering                                                     (1)
1.16    Aanhangers/Mense hou daarvan om iets te hoor wat hulle ken.                        (1)
1.17    Geluk en hartseer                                                                  (2)
1.18    Die man wil sy vrou ondergeskik hou as die een wat huistake moet verrig,
        terwyl Eybers gekant is daarteen. Sy het ŉ suksesvolle loopbaan gehad.             (2)
1.19    Hy moet as huweliksberader van beter weet, maar hy skree op sy vrou en
        behandel haar as ŉ ondergeskikte.                                                  (2)
1.20    Die huwelik hou nie altyd net plesier in nie./Dit gaan nie net goed in ŉ
        huwelik nie.                                                                       (1)
1.21    Ons kan nie hom vertrou nie, want kyk hoe gaan hy tekere. (Enige
        gepaste antwoord van die kandidaat is aanvaarbaar.)                                (1)
                                                             TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                 (EC/SEPTEMBER 2015)

  AFDELING B: OPSOMMING
  VRAAG 2
  Nasien van die opsomming:
       Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van ŉ
        opskrif/titel te voorsien nie.
       Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne kan skryf.
       Kandidate moet die opsomming in die vereiste formaat
        aanbied./Opsommings in die verkeerde formaat word geassesseer, maar
        leerders verloor 1 punt vir aanbieding in die verkeerde formaat.
       Slegs feite wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
       Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is
        nie, word die eerste opsomming nagesien.
       Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.
       Punte word soos volg toegeken:
        o 7 punte vir 7 feite
        o 3 punte vir taal
       Verspreiding van punte vir taalpunte waar die kandidaat nie verbatim
        aangehaal hê
        o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe.
        o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe.
        o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe.
       Penaliseer soos volg:
         Indien die opsomming te lank is, word daar slegs 5 ekstra woorde
          toegelaat. Die res van die opsomming word geïgnoreer.
         Indien die opsomming te kort is, maar dit bevat al die vereiste inligting,
          word die kandidaat nie gepenaliseer nie.
  LET WEL:        Kandidate mag nie afkortings gebruik in hul opsommings nie, maar
                  indien dit in die opsomming voorkom, word elke afkorting getel
                  volgens die getal woorde wat dit voorstel.

  Antwoord:
  Gesels met ŉ persoon wat opgewonde is. Verkies om in jouself, jou
  gemeenskap, jou land, die wêreld en jou God te glo. Sien die wonderwerke
  rondom jou en respekteer jouself en ander. Dit beteken dat jy fokus op dit wat
  belangrik is. Weet wat rondom jou aangaan, maar vermy die slegte. Sien die
  goeie in ŉ enige situasie en geniet die toekoms. Moenie jou laat intrek deur die
  negatiewe realiteite nie en gesels oor die positiewe met jouself.    (68 woorde)

  2.1      Gesels met ŉ persoon wat opgewonde is.

  2.2      Verkies om in jouself, jou gemeenskap, jou land, die wêreld en jou God te
           glo.

  2.3      Sien die wonderwerke rondom jou.

  2.4      Respekteer jouself en ander.

  2.5      Dit beteken dat jy fokus op dit wat belangrik is.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                                 5

 2.6    Weet wat rondom jou aangaan, maar vermy die slegte.

 2.7    Sien die goeie in enige situasie en geniet die toekoms.

 2.8    Moenie jou laat intrek deur die negatiewe realiteite nie en gesels oor die
        positiewe met jouself.                                         (74 woorde)
        (Enige 7 feite)

                                                          TOTAAL AFDELING B:           10

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                                       AFRIKAANS HUISTAAL V1                 (EC/SEPTEMBER 2015)

 AFDELING C: TAAL

 VRAAG 3

 Nasien van hierdie afdeling:

      Spelling:
        Eenwoord-antwoorde word verkeerd gemerk as die spelling verkeerd is.
        In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die
           fout in die taalstruktuur getoets word.
        Waar ŉ afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te
           wees.
       Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word
        soos in die instruksie aangedui.
       Vir meervoudigekeuse-vrae word BEIDE die letter wat ooreenstem met die
        korrekte antwoord EN die antwoord wat uitgeskryf word, aanvaar.

 VRAAG 3

 Vraag     Antwoord                                                                           Punt
 3.1       Twee maal/keer                                                                       (1)

 3.2       Ons gevorderde deodorant is deur 5 000 Suid-Afrikaanse vroue gekies as
           Produk van die Jaar.                                                                 (1)

 3.3       Dis in swart druk./Die lettertipe verskil./Die letters is groter.                    (1)

 3.4       Ek wil ook die produk gebruik./Dit is oorredend of manipulerend. Dit gee
           my vertroue in die produk./Dit skakel onsekerheid uit.                               (1)

 3.5       Ontronding/oorronding                                                                (1)

 3.6       op                                                                                   (1)

 3.7       Dis oorredend of oortuigend./Dit dui die gehalte van Shield aan.                     (1)

 3.8       Baie dames se menings in die advertensie bevestig dit./Die klomp
           beskrywende woorde in die advertensie.                                               (1)

 3.9       Goed                                                                                 (1)

 3.10      Ja. Die klomp dames van verskillende plekke oortuig my./5 000 dames
           het dit gekies as produk van die jaar./Dis meer as 2 maal beter die
           basiese antiperspirant. (ŉ Sinvolle antwoord van die kandidaat is ook
           reg.)
           Nee. Ek hou nie van Shield nie./Ek gebruik ŉ ander reukweerder./Ek is ŉ
           man en gebruik nie vroueprodukte nie./ (In die trant.)                               (1)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                              7

VRAAG 4
Vraag     Antwoord                                                                  Punt
4.1       gister/twee dae gelede/vanoggend/(in die trant)                             (1)

4.2       belediging/spot/humor/hiperbool                                               (1)

4.3       Diftong/tweeklank                                                             (1)

4.4       Jeremy se ma vra of hy sy vuil klere vir haar op ŉ hoop gesit het.            (1)

4.5       Attributiewe (spelling nie ŉ vereiste nie)                                    (1)

4.6       Sarkasme                                                                      (1)

4.7       Hy sal sy klere self moet optel en neem.                                      (1)

4.8       Hy is besig om te droom./Hy leef is sy verbeelding./Hy is nie normaal
          nie./Hy is so lui dat hy fantaseer.                                           (1)

4.9       Die klok of die tyd beweeg aanhoudend of staan nie stil nie./Hy word
          deur sy vrou onderbreek.                                                      (1)

4.10      Hulle is volwasse, maar kan nie die tyd lees nie of weet nie hoe laat
          dit is nie.                                                                   (1)
                                                                                       [10]

VRAAG 5

Vraag     Antwoord                                                                  Punt
5.1       sielkundenavorser, Angela Duckworth, die verband                            (1)

5.2       Hulle weet of besef dat sukses gaan gepaard met opofferinge behaal.           (1)

5.3       Bevordering                                                                   (1)

5.4       Betreklike                                                                    (1)

5.5       Moenie by dit bly waaroor jy nie passievol is nie.                            (1)

5.6       Sy/hy hou van duur skoene.                                                    (1)

5.7       Struikelblokke                                                                (1)

5.8       Gaan/Sal jy nadink oor hoe jy gewoonlik ŉ uitdaging benader?                  (1)

5.9       Kapenaar/Kaapstadter (spelling moet reg wees.)                                (1)

5.10      Bywoord                                                                       (1)
                                                                                       [10]
                                                         TOTAAL AFDELING C:             30
                                                             GROOTTOTAAL:               70

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFR HL P1 GR12 QP SEPT 2015](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr12-qp-sept-2015/6b16bd4c-c416-4e2b-83f0-7b3253c4e204) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr
- [AFRHL P1 MEMO SEPT2017](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-memo-sept2017/12a4ae65-a5fc-4fbd-9c41-7e87a5659a99) — Afrikaans HL · Memo · 2017
- [AFR HL P1 MEMO SEPT 2014](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-memo-sept-2014/bbfe9de8-2bdb-4146-ab69-d47ecda78419) — Afrikaans HL · Memo · 2014 · Afr
- [AFR HL P1 MEMO GR12 SEP2013](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-memo-gr12-sep2013/b7b7b54a-1858-43b7-a730-fe08c26a79bc) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr
- [Gr12 AFRHL P1 S12 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrhl-p1-s12-memo-afr/5ba68f54-97f1-494b-ad02-3ceb961ddb37) — Afrikaans HL · Memo · 2012 · Afr
- [AFR HL P3 GR12 SEPT2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr12-sept2015-qp/0b9d2a84-fde5-433c-8a89-1d4ca3c1e03e) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
