# Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018, 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr12-qp-sept-2018-d/91766ec5-d446-471c-87e4-4389b3c97e0b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr12-qp-sept-2018-d/91766ec5-d446-471c-87e4-4389b3c97e0b)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2018

                 AFRIKAANS HUISTAAL V1

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                              *AFRHL1*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                                   AFRIKAANS HUISTAAL V1         (EC/SEPTEMBER 2018)

  INSTRUKSIES EN INLIGTING

  1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

        AFDELING A: Leesbegrip                         (30)
        AFDELING B: Opsomming                          (10)
        AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies       (30)

  2.    Lees ALLE instruksies noukeurig deur.

  3.    Beantwoord AL die vrae.

  4.    Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

  5.    Trek ŉ streep na elke afdeling.

  6.    Nommer antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

  7.    Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

  8.    Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

  9.    Voorgestelde tydsindeling:

        AFDELING A: 50 minute
        AFDELING B: 30 minute
        AFDELING C: 40 minute

  10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                             3

 AFDELING A: LEESBEGRIP

 VRAAG 1

 Lees en kyk na die meegaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg.

 TEKS A: ARTIKEL

               BOELIE IN DIE WERKPLEK IS UITGESLAPE “VYAND”

 Skoolboelies geniet die afgelope tyd baie aandag in die media. Boeliegedrag is egter
 glad nie tot die “fases” van kinders en tieners beperk nie.

 1     Konsultante het legio stories te vertel oor kliënte wat op allerlei maniere by die
       werk geboelie word. Boeliepraktyke het altyd met die perverse behoefte aan
       en die verkryging van mag te make. Om te boelie is nie om per ongeluk op
       iemand se tone te trap nie; dis is bewustelike, opsetlike vyandige gedrag wat
       herhaaldelik plaasvind. Die oortreder is iemand wat groter mag het as sy of
       haar slagoffer en beskik sodoende oor die vermoë om die slagoffer op die een
       of ander manier te oorheers.

 2     Die kwaadwillige aksies van boelies is meestal subtiel en onderduims. Daarom
       is dit maklik vir die boelie om verbasing en onskuld te veins as hy of sy
       gekonfronteer word. Omdat die subtiele (verskuilde) treitering so moeilik is om
       te bewys, ervaar slagoffers ŉ oorweldigende en verlammende gevoel van
       magteloosheid. Die boeliekollega speel sy of haar kaarte ook so slim dat die
       slagoffer dikwels nie geglo word as hulle oor ŉ treiteraar kla nie. Die boelie se
       grootste wapen is dus vaagheid en herhaalde onbevestigde klagtes asook
       beskuldigings teenoor haar of hom van ander bestuurders en kollegas.

 3     Die mees algemene vorme van boelie is bewerings van onbekwaamheid
       (terwyl die slagoffer dikwels meer bekwaam as die boelie is); vernedering van
       die slagoffer voor kollegas of kliënte; die vermoë om die slagoffer skaam te laat
       voel, selfs al het hy of sy niks verkeerd gedoen nie; senior bestuurders wat
       klagtes van viktimisering ignoreer; medewerkers wat hulself by die boelie skaar
       en die slagoffer uitstoot; en vergelding wanneer die slagoffer kla dat hy of sy
       geboelie word. Hierdie soort treitering kom dikwels in kombinasies voor, wat
       uiteindelik die slagoffer laat voel hy of sy word van alle kante aangeval en in
       die steek gelaat.

 4     ŉ Algemene reaksie op treitering is vermyding wat wissel van weerhouding van
       kreatiwiteit en inisiatief tot die vermyding van die spanningsvolle situasie deur
       gereelde siekteverlof. Navorsing toon dat die siekteverlofdae wat slagoffers
       van boeliepraktyke neem, 26% hoër is as siekteverlof van werknemers wat nie
       aan treitering blootgestel is nie. Boonop is langtermyn siekteverlof vir
       geestesgesondheidstoestande soos depressie beduidend hoër by die
       slagoffers van boelies.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                (EC/SEPTEMBER 2018)

  5     Boeliepraktyke gebeur altyd binne konteks; in hierdie geval is die maatskappy
        of organisasie die konteks van werkboelies. Konsultante is dit eens dat
        treitering veral in toksiese organisasies gedy. Sulke organisasies word deur
        magsugtige, gebrekkige of afwesige leierskap gekenmerk.

  6     Hierdie tipe organisasies beskik oor die volgende eienskappe: die vorming
        van eksklusiewe klieks, ontoereikende kommunikasiekanale en swak
        verspreiding van relevante inligting, ingrypende veranderingsprosesse wat
        geϊmplementeer word sonder dat die emosionele invloed daarvan aandag
        geniet, die aanstelling van on(der)gekwalifiseerde rolspelers in veral senior
        poste, bydraes en prestasies wat nie erken word nie, ŉ ongesistematiseerde,
        willekeurige stelsel van verantwoording en beloning, ŉ onbekwame
        mensehulpbronafdeling en bestuur wat geskied deur middel van dreigemente,
        vrees of uitermatige kontroles.

  7     Regverdigheidshalwe moet darem ook genoem word dat buitefaktore ŉ groot
        rol op die binnewerkinge van maatskappye of organisasies kan speel. Suid-
        Afrika ervaar ŉ toenemende ekonomiese magteloosheid binne ŉ groter
        ekonomies-politieke stelsel.      Hierdie ekonomies-politieke stelsel word
        gekenmerk deur selfbelang eerder as die gemenebes, asook die uitbuiting
        van mag ter wille van selfverryking.

  8     Sonder sterk leierskap, waar onderlinge respek en erkenning aan individuele
        prestasies nie aan die orde van die dag is nie, skep veral die ideale teelaarde
        vir werkboelies. Die perverse misbruik van mag vorm die kern van treitering.

  9     Die oplossing berus by die magskultuur van organisasies en rolspelers met
        meer gesag as die boelie. Die slagoffer het weinig sukses wanneer daar
        individueel in gesprek getree word met die boelie. Mediasie lewer ook min
        sukses. Waar treitering ter sprake is, traumatiseer dit dikwels die
        geïntimideerde slagoffer weer ŉ keer as verwag word dat hy/sy en die boelie
        sake moet besleg. Slagoffers rapporteer beperkte sukses wanneer hulle by
        seniors oor boelies kla. Die rede vir hierdie onbetrokkenheid van seniors bly
        steeds ŉ raaisel.

  10    Die oplossing? Die slagoffer moet deeglik voorberei voor gesprekke met die
        boelie se bestuurder plaasvind. Bewyse en getuienis moet versamel en
        opgeskryf word. Teken daagliks die boelie se aanmerkings aan, asook die
        soort opdragte en take wat jy kry. Jy sal verbaas wees hoe die patroon van
        die boeliegedrag in die notas ontvou.

  11    Tensy die boelie die grootbaas is, het hy of sy ook ŉ lynbestuurder met groter
        gesag as hulself – treiteraars is dikwels opmerkbaar onderdanig aan mag
        hoër as hul eie. Maak in sulke gevalle seker daar is getuies wanneer die
        boelie gekonfronteer word dat dié gesprekke opgeneem word, want onthou,
        ŉ boelie in die werkplek is ŉ uitgeslape “vyand”.

                                                [Aangepas uit Die Burger, 8 November 2017]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                            5

  1.1    Wat impliseer die skrywer met die opskrif?                                   (2)

  1.2    Waarom verwag ŉ mens nie dat boeliegedrag by die werkplek sal
         plaasvind nie?                                                               (1)

  1.3    Hoekom kan die konsultante se mening in paragraaf 1 oor kliënte wat
         by die werk geboelie word as geloofwaardig beskou word?                      (2)

  1.4    Noem die hoofoorsaak van boeliegedrag.                                       (1)

  1.5    Identifiseer die DRIE aksies/faktore van boeliegedrag wat dit vir die
         slagoffer moeilik maak om te bewys.
         Watter gevolg het dit vir die slagoffer wat dit aanmeld?                     (4)

  1.6    Die skrywer sê dat die slagoffer dikwels die uitgeworpene onder
         sy/haar kollegas raak.
         Verduidelik hoe dit kan gebeur deur na paragraaf 3 te verwys en DRIE
         bewyse te gee.                                                               (3)

  1.7    ŉ Slagoffer span dikwels vermyding as oplossing van hierdie probleem
         in. Verduidelik hoe die slagoffer te werk gaan om dit te bewerkstellig.     (2)

  1.8    Slagoffers van boeliepraktyke neem beduidend meer siekteverlof as
         werknemers wat nie aan treitering blootgestel word nie.
         Is die stelling hierbo ŉ feit? Motiveer jou antwoord.                       (1)

  1.9    Noem EEN tipe leierseienskap volgens paragraaf 5 wat in toksiese
         organisasies/maatskappye na vore kom.                                       (1)

  1.10 Wat is die verband tussen die onderstreepte sin in paragraaf 7 binne
       die konteks van dié paragraaf?                                                (1)

  1.11 Waar lê die oplossing van boeliegedrag by die werkplek volgens
       paragraaf 9?
       Dui ook TWEE redes aan waarom die slagoffer se probleme moeilik
       oplosbaar is.                                                                 (3)

  1.12 Watter raad word vir die slagoffers van boeliepraktyke volgens
       paragraaf 10 aanbeveel?                                                       (3)

                                            EN

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1               (EC/SEPTEMBER 2018)

TEKS B: VISUELE TEKS

                                                         [Uit Die Burger, 14 Maart 2008]

1.13   Watter visuele aanduiding gee die teks dat boeliepraktyke ook by skole
       hoogty vier? Gee TWEE aanduidings.                                                  (2)

1.14   Verduidelik die ironie van die muis, regs onder in die hoek van die
       spotprent, se woorde.                                                               (1)

1.15   Bespreek die verband tussen die spotprent (TEKS B) en die artikel
       (TEKS A) deur onderskeidelik na paragraaf 1 en die tweede sin in
       paragraaf 9 te verwys.                                                              (2)

1.16   Watter stereotipering ten opsigte van boeliegedrag by skole word deur die
       spotprent uitgebeeld?                                                               (1)

                                                           TOTAAL AFDELING A:                 30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                              7

AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2

x Lees die onderstaande teks en maak ŉ opsomming van SEWE oorsake van
  spanning tussen ouers en tieners.
x Die opsomming moet in jou eie woorde in ŉ duidelike, sinvolle paragraaf
  aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
x Dit is nie nodig om die opsomming ŉ titel te gee nie.
x Dui die getal woorde wat jy gebruik het, aan.
TEKS C

                      SPANNING TUSSEN OUERS EN TIENERS

Spanning tussen ouers en tieners is amper ŉ gegewe, maar dit beteken nie dat die
spanning iets is wat maar net sy loop moet neem en as iets beskou moet word
waaraan niemand iets kan doen nie. Wanneer ons toelaat dat dit gebeur, word die
verhouding tussen ouer en tiener dikwels baie skade berokken. Indien ŉ mens die
oorsake van die spanning en konflik in gedagte hou, dan besef ŉ mens die dinge is
dalk hanteerbaar.
Ouers en tieners begin anders dink oor dinge. Tieners berei voor om die volwasse
lewe te betree en ouers berei voor om die tiener die volwasse lewe te laat betree.
Dis ŉ nuwe fase vir beide die rolspelers waar beide daaraan gewoond moet raak dat
hulle anders dink oor sake en ŉ ander rol in mekaar se lewens moet begin speel.
Nie ouers of tieners hanteer konflik op ŉ manier wat die ander party tevrede sal stel
nie. Dit is veral tieners wat die vermoë om konflik te hanteer moet aanleer. Dit is
belangrik ter wille van die verhouding met hulle ouers, maar ook met die oog op
verhoudings vir die res van hulle lewens. As dit nie reg hanteer word nie, gaan tieners
in ŉ groot mate konflik hanteer soos hulle ouers dit hanteer het.
Verhoudings tussen ouer en kind verander soos wat die kind groter word. Hierdie
veranderende verhoudings moet sinvol en met wedersydse aanpassing hanteer
word. Individue verander ook. Tieners staan op die drumpel van ŉ nuwe fase –
oorgang van tieners na jong volwassenes. Maar die ouers gaan ook die meeste van
die tyd deur ŉ soortgelyke oorgang wanneer hulle die middeljare begin betree.
ŉ Tiener gaan in hierdie tyd so vinnig deur verskillende fases (en dan partykeer nog
vorentoe en agtertoe ook) dat die ouers sukkel om die verandering in die tiener se
lewe te hanteer. Hierdie is die tyd waar tieners besig is om ŉ unieke identiteit te vorm
en waarin ouers daaraan gewoond moet raak dat hulle nie meer die belangrikste
invloed op die vorming van die tiener se identiteit het nie.
Tot aan die einde van hulle lewe het ouers steeds die behoefte om te beskerm en
seker te maak dat dit goed gaan met hul kind. Kinders ervaar dit dikwels as ouers
wat inmeng met hulle lewens.

Dikwels word tieners op grond van voorkoms as volwassenes behandel, terwyl hulle
nog nie emosioneel daarvoor gereed is nie. Tieners se fisiese veranderinge maak
dat dit dikwels moeilik is vir hulle om by die veranderinge by te bly en aan te pas.
                                                     [Aangepas uit attie.wordpress.com 2011]

                                                                TOTAAL AFDELING B:                 10
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                                          AFRIKAANS HUISTAAL V1                  (EC/SEPTEMBER 2018)

  AFDELING C: TAAL

  VRAAG 3: ADVERTENSIE

  Bestudeer die advertensie en beantwoord die vrae wat volg.

  TEKS D

     1    Van krullers tot rillers

     2
          ALLES OP EEN PLEK
     3               Kry nou jou gunsteling Afrikaanse tydskrifte en koerante
     4               aanlyn op netwerk24.com vir net R99 per maand.

     5

     6

     7

     8

      9
     10

     11

     12

     13

     14

                                                                            [Uit KUIER, 15 Nov. 2017]
Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                           9

 3.1    Wat word in reël 1 gesuggereer?                                              (1)

 3.2    Wat is die funksie van die +-tekens in die advertensie?                      (1)

 3.3    Herskryf reël 2 met ŉ koppelwerkwoord.                                       (1)

 3.4    Herskryf reël 3 in die vraende wyse.                                         (1)

 3.5    Waarom gebruik die adverteerder juis die onderstreepte WOORD in
        reël 4?                                                                      (1)

 3.6    Gee EEN woord vir die onderstreepte WOORDGROEP in reël 4.                    (1)

 3.7    Vorm ŉ samestellende afleiding van die woord in reël 5.                      (1)

 3.8    Wat beteken die onderstreepte WOORDDEEL in reël 7?                           (1)

 3.9    Vorm jou eie samestelling met die bepaler van die woord in reël 12
        waar dit die kern is.                                                        (1)

 3.10   Waarom het die adverteerder ŉ koekie met ŉ hart daarop gebruik?              (1)
                                                                                    [10]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 10                                                             AFRIKAANS HUISTAAL V1                                        (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 4: STROKIES

 TEKS E

 Lees en kyk na die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

   1.     ŉ Seun met ŉ wit                                                3. Ja, iemand het dit vir my           4. Kuifie! Dan is dit hy
             hondjie? Dit                                              teruggebring. ‘n Sekere kaptein           wat sy neus in my sake
          herinner my aan                                              Sardijn, wat ek gister saam met            kom steek het! Ek sal
           iets, maar wat?                                               een van my vriende, Kuifie,               maatreëls moet tref!
                                                                        ontmoet het... Ekskuus? .... Ja,
                                    2. Hallo? ... Wie praat? ...       Kuifie... Ken jy hom? ... Wat? ...
                                      O, dis jy, Generaal! ...         Die telefoonoproep wat jy gister
                                   hallo? ... O, jou beursie? ...      ontvang het? ... Ja, dit was hy!...
                                      Het jy dit teruggekry?               Hy het jou nommer in my
                                                                                  beursie gekry.

      Drie dae later, by die lughawe van
      Wadesdah, hoofstad van Khemed...

                                                           6. Verstaan jy? ... As hy daarop is, sit jy hierdie
                             5. Daar kom die
                                                           tas in die bagasieruim.
                             vliegtuig uit Beiroet.

                                   7. Ek is nogal bly ons het veilig geland. Met             8. Sê my, het u opgelet? Daar staan oral
                                   daardie ou voëls weet ‘n mens nooit ...                   kêrels met gewere rond.

                                                                                     10. Dit spyt my, Menere, u is nie
   9. Paspoorte, asseblief,                                                          gemagtig om in Khemed te vertoef nie.
   Menere.                                                                           U sal weer met die vliegtuig na Beiroet
                                                                                     moet terugkeer.

                                                                                                                        [Uit Die Avonture van Kuifie]

Kopiereg voorbehou                                                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                          11

4.1     Skryf die diftong neer wat in SPRAAKBORREL 1 voorkom.                         (1)

4.2     Skryf die afkorting neer van die onderstreepte woord in
        SPRAAKBORREL 2.                                                               (1)

4.3     Herskryf die eerste sin in SPRAAKBORREL 3 in die ontkennende wyse.            (1)

4.4     Verbind die onderstreepte sinne in SPRAAKBORREL 3 en
        SPRAAKBORREL 4 met die voegwoord “omdat”. Begin jou sin met:
        Omdat ...                                                                     (1)

4.5     Watter visuele aanduiding gee die teks dat ŉ groot gedeelte daarvan in
        die Midde-Ooste plaasvind?                                                    (1)

4.6     Motiveer waarom die onderstreepte sin in SPRAAKBORREL 6 nie
        enkelvoudig is nie.                                                           (1)

4.7     Watter afleiding kan die leser oor die onderstreepte woorde in
        SPRAAKBORREL 7 maak?                                                          (1)

4.8     Skryf die bywoordelike bepaling van plek neer wat in SPRAAKBORREL
        8 voorkom.                                                                    (1)

4.9     Skryf ŉ antoniem vir die onderstreepte woord in SPRAAKBORREL 9
        neer.                                                                         (1)

4.10 Herskryf die onderstreepte idiomatiese uitdrukking in SPRAAKBORREL
     10 in neutrale Afrikaans.                                                        (1)
                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 12                                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                (EC/SEPTEMBER 2018)

   VRAAG 5: ARTIKEL

   Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

   TEKS F

                          SA-SPELERS “OEFEN VERKEERD”

   1     Daar word in Suid-Afrika daarna gestreef om vinnige aanvallende rugby te
         speel, maar ons oefen verkeerd en die meeste spelers het nie die nodige
         vaardighede nie.

   2     Die fiksheidsvlakke en kondisionering van Suid-Afrikaanse rugbyspelers is
         ... (5.3) ... verdenking ná die Springbokke se gesukkel vanjaar. Die Bokke
         is nie fiks genoeg nie, het menige leunstoelkenner die seisoen van hom laat
         hoor.

   3     Die fiksheids- en kondisioneringsghoeroe sê ons spelers is net so groot en
         sterk soos enige ander rugbyland s’n.

   4     Fiksheid as sulks is nie ŉ probleem nie. Die meeste rugbyspelers is ná die
         eerste drie of vier wedstryde van die seisoen fiks, maar dit is hoe ons oefen
         wat die probleem is.

   5     ŉ Meer wetenskaplike benadering moet in Suid-Afrikaanse rugby geld.

   6     Die All Blacks oefen miskien nie harder nie, maar wel slimmer.

   7     Die kultuur onder baie van ons spelers is egter “vrot”.

   8     Daar is ongelukkig te veel van ons spelers wat nie die ingesteldheid het dat
         hulle 24 uur ŉ dag ŉ atleet/sportman is nie. As dit jou beroep is, (en dit
         beteken dat jy moet ophou bier drink) is dit ŉ opoffering wat gemaak moet
         word, is by ŉ afrigtersindaba besluit.

                                                [Aangepas uit: Die Burger, 11 Desember 2016]

   5.1 Herskryf die onderstreepte sin in paragraaf 1 in die bedrywende vorm.                   (1)

   5.2 Voltooi die idioom deur die ontbrekende woord in te vul:
       In paragraaf 1 suggereer hulle dat die spelers sukkel met vaardighede:

         Hulle kan dit nie onder die ... kry nie.                                              (1)

   5.3 Skryf die voorsetsel neer wat in paragraaf 2 ontbreek.                                  (1)

   5.4 Gee EEN woord vir die onderstreepte woorde in paragraaf 2.                              (1)

   5.5 Brei die onderstreepte woord in paragraaf 3 met ŉ bysin uit. Skryf die sin
       in paragraaf 3 oor en onderstreep die bysin wat jy ingevoeg het.                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                         13

 5.6    Vervang die onderstreepte woord in paragraaf 4 met ŉ gepaste
        sinoniem.                                                                   (1)

 5.7    Gebruik die onderstreepte woord in paragraaf 5 se homofoon in ŉ sin
        van jou eie sodat die betekenis duidelik blyk.                              (1)

 5.8    Watter betekenis dra “miskien” in paragraaf 6?                              (1)

 5.9    Herskryf paragraaf 7 in die toekomende tyd.                                 (1)

 5.10 Watter funksie verrig die parentese in paragraaf 8?                           (1)
                                                                                   [10]

                                                         TOTAAL AFDELING C:         30
                                                             GROOTTOTAAL:           70

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [AFR HL P1 GR12 QP SEPT 2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr12-qp-sept-2018/1ce4fa24-e898-4838-aca4-201440bb7177) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRHL P2 GR12 QP SEPT2018 FINAAL](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2018-finaal/f02467f9-8003-4a02-a00f-5bf144eb7a92) — Afrikaans HL · QP · 2018
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2018/32d2c07a-21b1-4b79-b92f-17522a2bfc63) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018/545e8fa8-1674-4879-89f2-de25424ab5f0) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2018/bcd42fc0-41e4-42c1-a659-fcbdbdae1e58) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
