# Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2015 QP

> Grade 11 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2015, 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-qp-nov2015/293baf92-49e9-42d2-bf75-089421e5697c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-qp-nov2015/293baf92-49e9-42d2-bf75-089421e5697c)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                      NOVEMBER 2015

                 AFRIKAANS HUISTAAL V1

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                              *IAFRHL1*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
  2                                    AFRIKAANS HUISTAAL V1         (EC/NOVEMBER 2015)

   INSTRUKSIES EN INLIGTING

   1.     Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: LEESBEGRIP                         (30)
          AFDELING B: OPSOMMING                          (10)
          AFDELING C: TAAL                               (30)

   2.     Beantwoord AL die vrae.

   3.     Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

   4.     Trek ŉ streep na elke afdeling.

   5.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
          hierdie vraestel gebruik is.

   6.     Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

   7.     Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

   8.     Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: 50 minute
          AFDELING B: 30 minute
          AFDELING C: 40 minute

   9.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                              3

 AFDELING A: LEESBEGRIP

 VRAAG 1

 Lees en kyk na die onderstaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg.

 TEKS 1: ARTIKEL

                       Die Y-generasie en die EINAS
 Vandag se twintigplussers is selfversekerd en talentvol, maar oor die algemeen glo
 maar ongelukkig. Is die sosiale media die bron van dié bewolktheid, is hulle bederf,
 het hulle sag geword? Ons gaan steek kers op by sielkundiges.

 1.     Deesdae bly kinders veel langer by die huis en die ouers mor ... die kinders het
        dit eintlik soveel makliker, maar hulle is nie juis gelukkig nie. En hulle sukkel
        om vastrapplek in hul werk en in hul grootmenslewe te kry. Hulle het oënskynlik
        meer selfvertroue en is veel wêreldwyser as wat hul ouers op dieselfde
        ouderdom was. Hoekom is hulle dan so ongelukkig as dinge dan soveel beter
        is?

 2.     Adjunkprofessor Paul Harvey van die Universiteit van New Hampshire sê
        navorsingsbevindings bewys dat hierdie kinders maklik ongelukkig in hulle
        werk is omdat hulle soveel meer verwag het. Hulle maak aanspraak op
        onverdiende voorkeurbehandeling, is meer geneig tot konflik en ervaar minder
        werksbevrediging.

 3.     “Die enigste groot verskil tussen ander generasies en die huidige geslag, die
        sogenaamde Y-generasie wat nou in hul twintigerjare is, is dat die jonges met
        veel meer tegnologie grootgeword het,” sê dr. Marlene Arndt, ŉ sielkundige van
        Johannesburg. Hierdie kinders is dag en nag deel van die sosiale media en
        hulle sien daagliks die omvang van die geluk wat hul vriende op facebook
        uitstal. Ongelukkig adverteer mense net hul glansoomblikke en niemand hoor
        ooit van die mislukkings en smart nie. Dis ŉ bietjie soos dobbelaars wat vertel
        wanneer hulle R10 000 gewen het, maar niemand hoor van die R30 000 wat
        hulle al verloor het nie.

 4.     Boonop probeer elke nuwe generasie ouers vir hul kinders ŉ beter lewe gee.
        Dis ŉ natuurlike begeerte. Die ouers belowe ŉ roostuin vir die kinders en plant
        dit met goeie geleerdheid, ŉ blyplek en voertuig, maar die kinders is so
        gewoond aan die onrealistiese verwagting dat alles maklik en lekker gaan
        wees, dat hulle nie voorbereid is op die harde werk wat dit verg om hierdie
        “roostuin”, oftewel lewenstyl, in stand te hou nie.

 5.     “Kinders verwag nou baie meer van die lewe en soms is dit vir hulle ŉ groot
        teleurstelling wanneer hulle die werklikheid beleef,” sê dr. Arndt. “Ons het hulle
        gedurig geloof en geprys en vertel hoe spesiaal hulle is. Dit is wel goed vir hul
        selfbeeld, maar nou is mislukking ŉ probleem, want hulle verwag so baie.” Dr.
        Arndt benadruk dit dat hedendaagse ouers suksesvol was in hul
        opvoedingstaak en positiewe kinders met ŉ goeie selfbeeld en selfvertroue
        grootgemaak het. Maar ongelukkig is hierdie kinders nie gewoond aan harde
        werk wat sukses verg nie en ouers moet besef dit gaan langer duur voor die
        kinders volwasse genoeg is om hul op hul eie bene te staan.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
  4                                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                (EC/NOVEMBER 2015)

 6.     Ouers kan nie ŉ lewe lank vir hul kinders klippe uit die pad rol en dan verwag
        hulle moet amper oornag volwasse en selfversorgend wees nie. Hulle moet
        besef hulle sal veel langer ŉ ondersteunende rol moet speel om hul kinders
        die lewe in te lei. Dr. Arndt sê natuurlik mag welgestelde ouers die lewe vir hul
        kinders lekker maak. “Maak net seker dat hulle ook aan die werklikhede van
        die lewe blootgestel word.”

 7.     Kinders is gekondisioneer dat dit genoeg is om net deel te neem. En al het
        hulle nie gewen nie, het hulle ook pryse gekry. Ongelukkig is die werklikheid
        dat jy gedrewe moet wees en moet kan volhard om die hoogste sport te bereik.
        En dis dié toewyding wat ontbreek.

 8.     ŉ Artikel in die Huffington Post wat in September 2013 verskyn het, het die
        ongelukkigheid van die Y-generasie bekyk en skryf jongmense se
        onvergenoegdheid toe aan die skeefgetrekte werklikheid wat die sosiale
        media skep. Vanweë al die glansfoto’s en stories van ander mense se lewe,
        dink die kinders verkeerdelik dat ander kinders ongelooflike dinge beleef,
        terwyl hulle nie so suksesvol is nie. Tog is dit net glansoomblikke en nie ŉ
        glanslewe wat uitgebeeld word nie.

 9.     Cal Newport, assistent-professor van Washington D.C. skryf dat die
        uitdrukking “volg jou passie” eers in die 2000’s gewild geword het toe sy
        generasie dit in beroepsleiding op skool geleer is. Dit is die mantra waarmee
        hulle grootgeword het en die maatstaf wat hulle gebruik om ŉ loopbaan se
        gewenstheid te bepaal. Hy sê die tekortkoming van dié mantra is dat kinders
        dink dat jy ŉ passie identifiseer en onmiddellik ŉ werk kry waarin jy jou kan
        uitleef. Hy sê hy het agtergekom dis ongewoon dat mense mal is oor hul werk
        voor hulle die betrokke werk góéd kan doen. En die kundigheid word nooit
        oornag verkry nie.
                                                          [Aangepas uit rooi rose, Mei 2015]

 1.1    Waarna verwys die begrip bewolktheid in die inleiding?                                    (1)

 1.2    Watter dinge pla ouers oor hul kinders wat skynbaar genoeg selfvertroue en
        kennis het?                                                                               (3)

 1.3    Paul Harvey het tot sekere bevindinge oor die werksongelukkigheid van die
        Y-generasie gekom. Is dit feite of menings? Motiveer jou antwoord.                        (1)

 1.4    Noem TWEE verskille tussen die Y-generasie en die jongmense van ŉ
        dekade of twee gelede?                                                                    (2)

 1.5    Watter wanindruk skep mense met hul lewens op die sosiale media?                          (2)

 1.6    Watter twee dinge of sake word in paragraaf 3 met mekaar vergelyk?                        (1)

 1.7    Wat is die nadeel van die onwerklike verwagting wat hedendaagse ouers by
        hul kinders skep?                                                                         (2)

 1.8    Die Y-generasie is grootgemaak met ŉ goeie selfbeeld en het hoë
        verwagtinge. Verduidelik wat teenproduktief van die “goeie opvoeding” is.                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                             5

1.9    Wat is die belangrike vereiste vir sukses in enige projek of doelwit?                  (1)

1.10   Wat vloei voort as ouers alewig klippe uit hul kinders se pad rol?                     (1)

1.11   Verklaar die betekenis van die idiomatiese uitdrukking in paragraaf 6.                 (1)

1.12   Dr. Arndt sê ouers moet hul kinders aan die werklikhede blootstel. Wat is die
       werklikhede wat kinders moet ervaar?                                                   (3)

1.13   Hoe slaag die sosiale media daarin om met die glansfoto’s en suksesstories
       die realiteite van die samelewing te verdraai?                                         (2)

1.14   Waarna verwys mantra? Kies die gepaste antwoord deur slegs die letter
       neer te skryf.

       (a)   beroepsleiding
       (b)   volg jou passie
       (c)   die maatstaf
       (d)   kundigheid                                                                       (1)

1.15   Watter valse indruk word by die Y-generasie geskep by die identifikasie van
       hul passie?                                                                            (1)

1.16   Hoe kan kundigheid verkry word?                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
  6                                   AFRIKAANS HUISTAAL V1              (EC/NOVEMBER 2015)

  TEKS 2:

  1.17   Hoe stem die twee matriekmeisies se gesprekke ooreen met die uitdagings van
         hul generasie in eerste leesstuk? Bespreek dit apart deur te verwys na die
         meisie in die middel en die een op die kant.                                         (4)

  1.18   Wat dink jy van die drie matrikulante se gesigsuitdrukkings teenoor dit wat hul
         bespreek.                                                                            (1)

  1.19   Wat is jou mening? Sal die meisie op die kant se passie haar aan die lewe hou?       (1)

                                                               TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                                  7

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

     Lees die teks hieronder en maak ŉ opsomming van die SEWE nadele wat
      Conrad se gewig vir hom ingehou het – hy was oorgewig.
     Jou opsomming moet in jou eie woorde in ŉ duidelike, sinvolle paragraaf
      aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
     Moenie jou opsomming ŉ titel gee nie.
     Dui die getal woorde wat jy gebruik het, aan.

                            HELP MY MAER WORD

       Conrad Dercksen (12) het baie gewig aangesit na sy ma se dood – nou
       gaan fiksheidsafrigters die kilo’s laat wegsmelt.

       Conrad weeg 120 kg en Bettie, sy ouma, verduidelik dat hy na sy ma se dood
       alles oorboord gegooi het en hom tot kos gewend. Hy het baie swaargekry; hy
       sukkel steeds. Hy het rugby gespeel en karate beoefen, maar het dit gestaak.
       Van kleins af was sy gewig ŉ kwessie.

       Hoe meer gewig Conrad aangesit het, hoe meer het sy selfbeeld en gesondheid
       daaronder gely. “Almal spot my by die skool; dis net te veel vir my. My bene
       begin ingee en ek kry pyne in my bors en rug,” verduidelik Conrad. Volgende
       jaar gaan hy hoërskool toe; daarom wil hy ŉ nuwe blaadjie omslaan. “Ek wil nie
       meer so lyk nie. Ek wil saam met my maats kan hardloop en speel. Ek wil graag
       weer sport beoefen soos swem en tennis speel en meer vriende hê.”

       Huisgenoot het besluit om hierdie desperate seun te help en het twee
       persoonlike fiksheidafrigters, Yolande Wagener en Theo Pretorius, gekontak.
       Hulle is die eienaars van Body Dynamics in Pretoria, ŉ program wat mense in
       hul huis help om fiks en gesond te wees. Vir Yolande en Theo is gesondheid
       en fiksheid ŉ groot passie. “Ons wil sommer die hele Suid-Afrika gesonder
       maak. Ons weet ons kan Conrad help. Hy is nog lekker jonk en ons wil hom
       daai tweede kans bied,” sê Yolande. Hulle gaan vir hom ŉ oefenprogram
       opstel en kyk na ŉ bekostigbare eetplan, verduidelik Theo. Die oefenprogram
       gaan beslis die ding doen. “Ons sal begin met drie keer per week sodat sy
       spiere tussenin kan rus en dan dalk die sessies vermeerder. Ons kyk na 50
       sessies van ŉ uur elk. Conrad kan nie meer opstote doen nie en wil graag
       weer ŉ klompie doen. Hy doen een, maar val dan plat op sy maag as hy ŉ
       tweede een aandurf. Maar Yolande verduidelik dat hy na die program sommer
       20 op ŉ slag sal kan doen.

       Die somtotaal van die borgskap is sowat R12 000. Die twee fiksheidsafrigters
       het egter belowe om soveel sessies te borg as wat nodig is. Hulle het die hoop
       uitgespreek dat hulle Conrad verslaaf sal maak aan oefen.
                                             [Aangepas uit: Huisgenoot, 26 September 2013]

                                                              TOTAAL AFDELING B:                 10

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
  8                                      AFRIKAANS HUISTAAL V1                   (EC/NOVEMBER 2015)

  AFDELING C: TAAL

  VRAAG 3: ADVERTENSIE

  Bestudeer die advertensie en beantwoord die vrae wat volg.

                                                KIES
                                    VEILIGE AANVULLINGS
                                                KIES
                                         DIS-CHEM
                                        PHARMACIES
                                      Pharmacists who care

               MAAR HET JY, AS OUER, ALTYD BALBEHEER?

         Enorme druk word op leerders uitgeoefen om op die sportveld te presteer. Op
         sy beurt plaas dit weer druk op ouers om toe te sien dat hul kinders voorbereid
         is, deur daaglikse gesonde kos en gespesialiseerde aanvullings. Dieetkundiges
         en dokters speel ŉ vername rol hier – maar op wie anders kan jy staatmaak vir
         hulp met die keuse van die toepaslike aanvulling vir jou kind se unieke
         behoeftes, ouderdom en selfs mediese toestand?

         TOETSLYS VIR DIE DIS-CHEM SPORTAANVULLINGS
         GEHALTEVERSEKERINGSPROGRAM

         TOETSING VIR ETIKET-VERIFIËRING
            Ons vergelyk die produkinhoud op ŉ wetenskaplike wyse met die lys van bestanddele,
            sodat jy seker kan wees dat wat jy aan die buitekant sien, wel aan die binnekant is.

         VERVAARDIGER-OUDITS
            Elke handelsnaam moet aan ons onwrikbare verbintenis tot gehalte- en
            produkintegriteit voldoen. Indien dit die toets druip, verkoop ons dit nie.

         TOETSING VIR VERBODE MIDDELS
            Dis-Chem is die enigste Suid-Afrikaanse kleinhandelaar met gehalteverifiëring
            deur LGC, die wêreld se toonaangewende onafhanklike forensiese laboratorium
            vir die opspoor van verbode middels.

                                                                 [Uit: Huisgenoot, 7 Augustus 2014]

  3.1    Hoekom staan die woord kies uit in die advertensie?                                           (1)

  3.2    Gee die gepaste Afrikaanse ekwivalent vir die eerste onderstreepte woord.                     (1)

  3.3    Waarna verwys balbeheer in die advertensie?                                                   (1)

  3.4    Verander die subopskrif na ŉ stelsin.                                                         (1)
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                            9

3.5     Wat is die sinoniem van die onderstreepte woord in paragraaf 1.                      (1)

3.6     Skryf die stamme van die onderstreepte samestelling in die raampie neer.             (1)

3.7     Wat beteken die onderstreepte woord by die eerste regmerkie? Kies die
        korrekte antwoord en skryf dit neer:

           verwysing van
           versekering van
           ondersoek die egtheid
           naam te ondersoek                                                                (1)

3.8     Wat is die funksie van die koppelteken by die onderstreepte woord by die
        tweede regmerkie?                                                                    (1)

3.9     As watter woordsoort word die onderstreepte woord by die derde regmerkie
        gebruik?                                                                             (1)

3.10    Wat is jou mening? Is die advertensie geslaagd? Vertrek ŉ rede vir jou
        antwoord.                                                                            (1)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
  10                                 AFRIKAANS HUISTAAL V1                  (EC/NOVEMBER 2015)

  VRAAG 4: STROKIESPRENTE

  Die onderstaande vrae is op die strokies gebaseer:

                                       [Aangepas uit: Die Burger, Januarie 2014 – Maart 2014]

  4.1    Gebruik die kern van die samestelling in raampie 1 as ŉ bepaler in ŉ ander
         samestelling.                                                                           (1)

  4.2    Skryf Hägar se vrou se woorde in raampie 1 oor in die indirekte rede. Begin
         as volg: Hägar se vrou het ...                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                           11

4.3     Wat is die geïmpliseerde betekenis van die vrou se woorde in raampie 2?         (1)

4.4     Benoem die klankverskynsel wat in die onderstreepte woord in raampie 3
        aangetref kan word.                                                             (1)

4.5     Waarna verwys die seuntjie met die woord, gemorsposlêer in raampie 5?           (1)

4.6     Gee die vergrotende trap van die onderstreepte woord in raampie 5.              (1)

4.7     Watter stylfiguur gebruik Stoffel in raampie 7? Skryf die korrekte antwoord
        neer:

          hiperbool
          repetisie
          eufemisme
          litotes                                                                      (1)

4.8     Watter soort selfstandige naamwoord is die onderstreepte woord in
        raampie 9?                                                                      (1)

4.9     Skryf die voorwerp in die tweede sin van raampie 10 neer.                       (1)

4.10    Wat is jou mening oor die pa se keuse om mal te wees in raampie 11?             (1)
                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
  12                                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                (EC/NOVEMBER 2015)

  VRAAG 5: ARTIKEL

  Lees die onderstaande teks en beantwoord die daaropvolgende vrae.

                                  Tree op teen
                                     geweld

  1.     Nasionale statistieke toon geweld teenoor vroue is aan die toeneem en al
         meer vroue sterf weens geweld. En die blaam lê nie net by misdadigers
         nie! Hoe staan sake? Die kans is 57% groter dat vroue deur hul mans of
         kêrels as deur (vreemdelinge) vermoor word.

  2.     Jaarliks vanaf 25 November (Internasionale dag vir die Eliminering van
         Geweld teen Vroue) tot 10 Desember (Internasionale Menseregtedag)
         word die veldtog 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders
         gehou. Die doel van hierdie veldtog is om mense bewus te maak van die
         negatiewe impak wat geweld op vroue en kinders het en hoe belangrik dit
         is om daarteen op te tree.

  3.     “Geweld teen vroue beïnvloed meer as ŉ vrou se fisieke beeld – dit breek
         haar selfbeeld en (mens + waarde) af,” sê Bianca Valentine, ŉ prokureur
         by die Tshwaranang Legal Advocacy Centre, ŉ sentrum wat vroue se regte
         bevorder om ŉ lewe vry van geweld te lei.

  4.     Vroue wat slagoffers van huishoudelike geweld is, ly dikwels in stilte ...
         totdat dit te laat is. Hulle weet dikwels nie waarheen om vir hulp te gaan
         en hoe om op te tree nie,” verduidelik sy. “Deur 16 dae van aktivisme wil
         ons nie net Suid-Afrika ___ geweld teen vroue bewus maak nie, maar
         ook vir slagoffers sê dat hulle nie meer in stilte hoef te ly nie – hulle moet
         opstaan vir hul reg tot vryheid van geweld. Hulp is beskikbaar.”

                                               [Aangepas uit: Vrouekeur, 29 November 2013]

  5.1    Herskryf die onderstreepte sin in paragraaf 1 in die bedrywende vorm.               (1)

  5.2    Gee ŉ gepaste antoniem vir die woord tussen hakies in paragraaf 1.                  (1)

  5.3    Vorm ŉ persoonsnaam met die onderstreepte woord in paragraaf 2.                     (1)

  5.4    Skryf die infinitief in paragraaf 3 neer.                                           (1)

  5.5    Vorm ŉ gepaste samestellende afleiding met die stamme tussen hakies in
         paragraaf 3 en voeg nog ŉ morfeem by.                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                            13

5.6     Wat is die funksie van die beletselteken in paragraaf 4?                         (1)

5.7     Is die onderstreepte sin in paragraaf 4 ŉ enkelvoudige of saamgestelde
        sin? Gee die rede vir jou antwoord.                                              (2)

5.8     Die woorde lei (paragraaf 3) en ly (paragraaf 4) word verskillend gebruik.
        Wat word hierdie twee woorde genoem wat eenders uitgespreek word?                (1)

5.9     In paragraaf 4 is ŉ voorsetsel weggelaat. Skryf die gepaste voorsetsel
        neer.                                                                            (1)
                                                                                        [10]

                                                          TOTAAL AFDELING C:              30
                                                              GROOTTOTAAL:                70

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [AFR HL P1 MEMO NOV2015](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-memo-nov2015/e9c8103b-d3a1-4d04-8459-cbcd5717cef6) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 QP NOV2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-qp-nov2015/fe21b7b3-e60d-4392-92bc-69ee48201a7b) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr
- [AFRHL P1 GR11 QP NOV2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-gr11-qp-nov2020-d/15252c13-8d55-4528-bbea-e92f79f29109) — Afrikaans HL · QP · 2020
- [AFRHL P1 GR11 QP NOV2020](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-gr11-qp-nov2020/9893d566-d2c0-4f39-af4f-d55ef85bb978) — Afrikaans HL · QP · 2020
- [AFRIKAANS HL P1 QP NOV 2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-nov-2019-d/af17b42a-bf7d-411a-bd91-82a3e48685f9) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFRHL P1 GR11 QP NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-gr11-qp-nov2018-d/9d59fec5-8ed0-4e2e-95d1-d46e09d1525f) — Afrikaans HL · QP · 2018

## More from Grade 11 Afrikaans HL

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7331d9c-fb08-4e50-a5fa-5194e10abedf) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/5169c337-6d70-4178-bd0f-5faa5fe965d4) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-3-afrikaans/d9c49a75-8852-4349-9c83-f93cd7d0edb8) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-1-afrikaans/4b4f5755-8780-46c0-939e-18488a8db73e) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-2-afrikaans/c1c25cf5-d38e-4cb8-93e6-6f12c024cc2c) — Memo · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
