# Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014, 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-qp-sept-2014/471a9c8a-b09f-40c7-adaf-baf2ea8f4afe
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-qp-sept-2014/471a9c8a-b09f-40c7-adaf-baf2ea8f4afe)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2014

                 AFRIKAANS HUISTAAL V1

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                             *AFRHL1*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
  2                                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                (SEPTEMBER 2014)

  INSTRUKSIES EN INLIGTING

  1.     Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

         AFDELING A: LEESBEGRIP                         (30)
         AFDELING B: OPSOMMING                          (10)
         AFDELING C: TAAL                               (30)

  2.     Lees ALLE instruksies noukeurig deur.

  3.     Beantwoord AL die vrae.

  4.     Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

  5.     Trek ŉ streep na elke afdeling.

  6.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
         hierdie vraestel gebruik is.

  7.     Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

  8.     Skryf netjies en leesbaar.

  9.     Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (SEPTEMBER 2014)                      AFRIKAANS HUISTAAL V1                               3

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees en kyk na die onderstaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg.

ARTIKEL

                               Ons word net ronder

Meer as die helfte van alle Suid-Afrikaners is oorgewig of vetsugtig – maar vergeet
eerder daarvan om hulp by die multimiljoenrand-gewigsverlies of -fiksheidsbedryf te
kry.

1.    Ons ken almal iedere post-feesseisoen-belofte: Troef die vetrolletjies in vier
      maklike stappe, skud jou feesvet binne ŉ maand af, sluk ŉ pilletjie om die
      oortollige jy in ŉ japtrap te laat wegsmelt ...

2.    Vir Suid-Afrikaners word dit elke jaar ŉ al gewigtiger saak: ŉ Skokkende 61%
      van ons is óf oorgewig óf vetsugtig – dit is wanneer jy met ŉ liggaamsmassa-
      indeks (BMI) van meer as 30 sit.

3.    Dit is ŉ verstommende syfer, skryf The Economist, veral vir ŉ land waar 40%
      van die bevolking van 50 miljoen op minder as R16 per dag oorleef.

4.    Ons is nie die enigste nasie wat die skaal laat kreun nie. Jaarliks sterf sowat
      3 miljoen volwassenes wêreldwyd aan siektes wat verband hou met vetsug,
      en dié syfer styg met rasse skrede, sê die hart- en beroertestigting.

5.    Wat nog meer kommerwekkend is, is die 43 miljoen kinders jonger as vyf jaar
      wat volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie oorgewig is. En ons praat
      nie net van bedorwe ryksmanskinders nie – sowat 35 miljoen van hulle woon
      in ontwikkelende lande.

6.    Leefstylveranderinge in ontwikkelende lande is die sondaar in die groot
      styging in leefstylverwante siektes soos beroerte en hartaanvalle, asook
      toestande soos diabetes. Hartaanvalle en beroertes eis drie Suid-Afrikaners
      per uur, het ŉ oudminister, Jay Naidoo, nou voorsitter van die Global-alliansie
      vir verbeterde voeding, aan City Press gesê.

7.    Die internasionale diabetesstigting voorspel dat sowat een uit elke tien
      volwassenes ter wêreld teen 2030 aan diabetes sal ly. Vir baie gaan
      gewigsverlies en oefening dus oor veel meer as ŉ slanke figuur – met ŉ
      gesonder leefstyl kan jy ŉ paar jaar langer leef.

8.    Die gewigsverlies-, gesondheids- en fiksheidsbedryf rol in die kontant, en tog
      word mense al hoe vetter. Dit is omdat gewigsverliesmaatskappye staatmaak
      op leë beloftes van kitsoplossings, wat weer tot onrealistiese verwagtings
      aanleiding gee, skryf die mediese praktisyns Yoni Freedhoff en Arya Sharma
      in die Canadian Medical Association Journal.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
  4                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                   (SEPTEMBER 2014)

 9.     Boonop is die meeste van die towerpilletjies, -dieetaanvullings en -jels nie
        veilig of wetenskaplik getoets nie.      Ook in Suid-Afrika is daar etlike
        voorbeelde van twyfelagtige dieetprodukte wat op die winkelrakke beland.
        Volgens Health24.com het die verbruikersgoederereus, Unilever, besluit om
        laat verlede jaar sy Hoodia-aanvulling, wat glo ook kon help om jou eetlus te
        demp, aan die mark te onttrek. In die kliniese toetse is bevind dit kan
        aanleiding gee tot newe-effekte soos braking en hoë bloeddruk.

 10.    Hierdie multimiljardrand-bedryf “verkwansel hoop aan desperate mense”,
        skryf die joernalis Rebecca Reisner op businessweek.com. “Die rede
        waarom ons te veel eet, is eenvoudig: Kos is lekker en daarom eet ons baie
        daarvan. Die enigste manier om gewigsverlies te handhaaf is om die res van
        jou lewe minder te eet en meer oefening te doen.”

 11.    Die fiksheidsbedryf kan ook nie sy hande in onskuld was nie. Gimnasiums
        was eens ŉ plek waar jy gesweet het en jou persoonlike instrukteur wou
        verwurg, maar nou is dit ŉ plek om gesien te word, met skoonheidsalonne,
        internetkafees en selfs restaurante.

 12.    “Die gesondheids- en fiksheidsbedryf is vandag een van die winsgewendstes
        ter wêreld, skryf die onafhanklike persoonlike instrukteur Steve Mululu in sy
        nuusbrief. Volgens hom is mense se drome oor fisieke volmaaktheid so groot
        dat hulle soms desperate, dom dinge aanvang – wat dan deur die bedryf
        uitgebuit word.

 13.    Vergeet van blote ydelheid: Vetsug is werklik ŉ ernstige probleem. Hoe meer
        oorgewig en vetsugtig Suid-Afrikaners word, hoe groter word die las op ons
        openbare gesondheidsorgstelsel. Gesondheidskenners en die regering raak
        paniekerig oor die koste daarvan om vetsugtige mense te behandel.

 14.    “Daar is ’n dubbele las,” skryf die dieetkundige Ingrid van Heerden op
        health24.com. “Aan die een kant leef ŉ verstommende hoeveelheid Suid-
        Afrikaners onder die broodlyn en sukkel met wanvoeding, maar aan die ander
        kant neem vetsug, tipe 2-diabetes, hoë bloeddruk en hartsiektes net so vinnig
        toe.

 15.    Prof. Salome Kruger, ŉ vetsug- en -wanvoedingskenner aan die Noordwes-
        universiteit, het aan die globalpost.com gesê Suid-Afrika gaan binne ŉ paar
        jaar grootskaalse las van tipe 2-diabetes ervaar.

 16.    Volgens haar is een van die redes hiervoor dat MIV/Vigs lank die belangrikste
        gesondheidkwessie was, terwyl ander nie-oordraagbare siektetoestande soos
        diabetes en hartsiektes min aandag geniet het.
                                                            [Aangepas uit: www.nn.co.za]

 1.1    Hoekom verwys die skrywer na ons en nie sommige nie wat net ronder word?            (1)

 1.2    Verduidelik waarom van die volgende frase: ŉ al gewigtiger saak,
        dubbelsinnigheid is? (paragraaf 2)                                                  (2)

 1.3    Wat is ironies volgens paragraaf 3?                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (SEPTEMBER 2014)                       AFRIKAANS HUISTAAL V1                               5

1.4     Waaroor is die skrywer so bekommerd aangaande kinders?                              (1)

1.5     Wat is die oorsaak van siektes soos beroertes en hartaanvalle?                      (1)

1.6     Is die stelling in paragraaf 7 ŉ feit of ’n mening? Motiveer jou antwoord.          (2)

1.7     Watter voordele hou ŉ gesonde leefstyl in?                                          (1)

1.8     Verduidelik die implikasie van die eerste sin van paragraaf 8.                      (2)

1.9     Waarom kan die gewigsverlies-, gesondheids- en fiksheidsbedryf die mense
        uitbuit?                                                                            (2)

1.10    Wat is die eenvoudige rede vir vetsugtigheid volgens Rebecca Reisner?               (1)

1.11    Waarom sou die skrywer die instrukteur van ŉ outydse gimnasium wou
        verwurg?                                                                            (1)

1.12    Watter negatiewe impak het vetsugtigheid op Suid-Afrika?                            (2)

1.13    Waarom sal Suid-Afrika binne ŉ jaar groot probleme met tipe 2-diabetes
        ervaar?                                                                             (2)

1.14    Waarom, in die lig van die artikel, word mense dan al vetter ten spyte van
        die gewigsverlies-, gesondheids- en fiksheidsbedryf?                                (4)

1.15    Wat is die beste oplossing om gewigsverlies te handhaaf?                            (2)

        TEKS 2: STROKIE
        Hägar
                              1                                      2

1.16    Wat weerspieël die verpleegster se lyftaal?                                         (1)

1.1.7   Hoekom, dink jy, reageer die verpleegster so kortaf?                                (1)

1.18    Hoe kon die dokter sy woorde sagter gestel het?                                     (1)

1.19    Hoe sluit Teks 1 by Teks 2 aan?                                                     (1)

                                                               TOTAAL AFDELING A:           30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
  6                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                      (SEPTEMBER 2014)

 AFDELING B: OPSOMMING

 VRAAG 2

     Lees die onderstaande teks en maak ŉ opsomming van sewe persoonlike
      oorwinnings wat Brian Berkman behaal het.
     Jou opsomming moet in jou eie woorde in ŉ duidelike, sinvolle paragraaf
      aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
     Moenie jou opsomming ŉ titel gee nie.
     Dui die getal woorde wat jy gebruik het, aan.

                        My ontdekkingsreis in Madagaskar

 1.    Ek was nog altyd bang vir ŉ vakansie in die Boendoes. As kind het die idée
       van veldskool my doodsbenoud gehad. En tog het ek pas ŉ vakansie in
       Madagaskar, wat sowaar twee nagte se avontuurlike kampering en ŉ
       kajakvaart ingesluit het, agter die rug.

 2.    Nie net sou so ŉ ervaring ŉ jaar en ŉ half gelede, toe ek nog 153 kg geweeg
       het, fisiek onmoontlik gewees het nie, maar die blote gedagte dat ek sonder
       die gemak van ŉ vyfstersafarilodge sou moes doen, sou my besluit om “nee”
       op die uitnodiging te sê, baie maklik gemaak het. Na jare se oorgewig het ek
       ŉ dieet sonder enige stysel, suiker en alkohol begin volg, wat my aanvanklik
       ook tot ŉ 5 mℓ vet en minder as 1 200 kalorieë per dag beperk het. Saam met
       my allemintige gewigsverlies het ŉ klomp fobies, van hoogtevrees en
       engtevrees tot aragnofobie, sommer self die wyk geneem.

 3.    Deur my oorgewig vas te vat, het ek verander van iemand wat 22 pille per dag
       vir diabetes, hoë bloeddruk, chroniese rugpyn en gastriese refluks gedrink het,
       tot ŉ mens met lewenslus en energie. Al wat ek deesdae drink, is ŉ paar
       vitamiene-aanvullings. My metamorfose het my terselfdertyd ŉ gesonde skeut
       selfvertroue gegee. My nuut gevonde selfvertroue het waarskynlik ook gehelp
       om my vrese vir die boendoes te besweer. Ek moet darem bysê dat ek 12
       weke lank voorberei het vir my kajakavontuur in Madagaskar.

 4.    Eintlik was ek meer op my senuwees oor die kampeerdery as oor die
       kajakvaart. Net om enige onduidelikheid uit die weg te ruim, ek is
       hoegenaamd nog nie oorgehaal om ŉ Boy Scout te word nie, maar dit was nie
       naastenby so erg as wat ek my voorgestel het nie. Miskien is niks ooit so erg
       soos ŉ mens dink nie.

 5.    Ons eerste aand in Antananarivo was kortstondig – ons het laat aangekom en
       lank voor sonop opgestaan om ŉ vlug te haal, maar darem nie voor ons die
       heerlikste ontbyt op die treinstasie in die eksklusiewe en polsende Café de la
       Gare geëet het nie. Die plek het vir my ŉ rustige, bruisende ondertoon, wat ŉ
       mens mos so dikwels in soel tropiese stede kry.
                                                    [Aangepas uit: Vrouekeur, 5 Julie 2013]

                                                              TOTAAL AFDELING B:               10

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (SEPTEMBER 2014)                         AFRIKAANS HUISTAAL V1                                  7

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Bestudeer die advertensie en beantwoord die vrae wat volg.

                               VERLOOR GEWIG
                              OP DIE REGTE MANIER
1.         Probeer die ReliSlim 7-Stap Program en vind
                        ondersteuning by
         ons facebook-groep, (www.)facebook.com/relislim.

2.     Ons glo om permanent van oortollige gewig ontslae te
                                 raak
        moet jy dit stelselmatig verloor deur gesond te eet.
       Eet uit al die voedselgroepe in die regte porsiegroottes
                          en raak meer aktief.

3.                   ReliSlim Herbal kan jou help gewig (verloor) omdat dit
                      kruie-bestanddele bevat wat jou eetlus kan beperk,
                            jou lus vir soetgoed kan bekamp en jou
                                   metabolisme kan versnel.

4.                      Kel 6 kan jou verder help gewig verloor deur te
                        verseker dat jou skildklier optimaal funksioneer.

5.                                  Neem nou beheer en word die
                      jy wat jy nog altyd wou wees. Wat ookal jou gewig,
                          ReliSlim Herbal en Kel 6 kan dit vir jou doen.

6.                               ReliSlim Herbal, Kel 6 en die
                         ReliSlim Herbal Starter Pack is beskikbaar by
                           jou naaste apteek, Dis-Chem en Clicks.

7.                         Vir meer inligting skakel (011) 480-4916,
                           e-pos info@loockpharmaceuticals.co.za
                            of besoek www.facebook.com/relislim

                                                         [Uit: Huisgenoot, 26 September 2013]

3.1 Skryf die afkorting tussen hakies in paragraaf 1 voluit.                                     (1)

3.2 Skryf die eerste sin van paragraaf 2 oor en vul die ontbrekende leestekens in.               (1)

3.3 Skryf die onderstreepte hoofsin van paragraaf 3 in die lydende vorm.                         (1)

3.4 Skryf die gepaste antoniem vir die woord tussen hakies in paragraaf 3 neer.                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
  8                                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                      (SEPTEMBER 2014)

 3.5    Herskryf paragraaf 4 in die vraende wyse.                                               (1)

 3.6    Wat is die stellende trap van die onderstreepte woord in paragraaf 6?                   (1)

 3.7    Verstrek TWEE redes waarom die opskrif van die advertensie opmerklik is.                (2)

 3.8    Waarom is die visuele prikkel op die prent so effektief?                                (1)

 3.9    Wat is die onderwerp van die sin van paragraaf 6?                                       (1)
                                                                                               [10]

 VRAAG 4: STROKIES

 Die onderstaande vrae is op die strokies gebaseer:

 4.1

                                                          [Uit: Die Burger, 28 Oktober 2013]

        4.1.1   ŉ Skryfteken ontbreek by ŉ woord in raampie 1. Verskaf dit en skryf
                die woord korrek neer.                                                          (1)

        4.1.2   Skryf die kinders se woorde in raampie 3 in die indirekte rede.                 (1)

        4.1.3   Skryf die eerste byvoeglike naamwoord in raampie 4 in die intensiewe
                vorm.                                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (SEPTEMBER 2014)                      AFRIKAANS HUISTAAL V1                                  9

4.2

                                                        Uit: Die Burger, 11 Oktober 2013]

      4.2.1     Wat is die idiomatiese uitdrukking wat die teenoorgestelde
                betekenis het as die uitdrukking van die dame in raampie 1?                   (1)

      4.2.2     Skryf die woorde van raampie 2 in die ontkennende vorm.                       (1)

      4.2.3     Wat is die geïmpliseerde betekenis van die tweede spreker se
                woorde in raampie 3 as die dame se woorde in aanmerking
                geneem word?                                                                  (1)

      4.2.4     Gee die meervoudsvorm van die onderstreepte woord in raampie 3.               (1)

4.3

                                                       [Uit: Die Burger, 11 Oktober 2013]

      4.3.1     Maak ŉ sin met vat in ŉ ander betekenis as hierbo.                            (1)

      4.3.2     Waarom is die gebruik van klanknabootsing effektief in die strokie?           (1)

      4.3.3     Watter afleiding kan gemaak word uit die woorde van die tweede
                spreker
                in raampie 3?                                                                 (1)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
  10                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                    (SEPTEMBER 2014)

 VRAAG 5: RUBRIEK

 Beantwoord die vrae wat op die teks gebaseer is.

                           Vertel ons jou STORIE
 1.     Een van die lekkerste dinge by FINESSE is die mooi stories wat ons hoor.
        Soms sal iemand die moed hê om vir ons ŉ epos te stuur, ander kere sal
        hulle bel. Maar dit gebeur heeltemal te min na ons sin!

 2.     Ons weet baie goed dat die wêreld wemel van ongelooflike stories wat
        ander mense moed sal gee en sal inspireer. Soos jou storie, weet jy! Dalk
        wonder jy al lank hoe jy dit met ander kan deel. Jou familie weet al, en ŉ
        vriendin hier en daar. Maar jy is (beslis) nie ŉ spreker nie en skryf heeltemal
        te swak om selfs te dink aan blog ... Deel dit met ons, ons sal jou storie
        vertel!

 3.     Vertel vir ons van jou huwelik wat maande lank op die rand van die afgrond
        was, en toe jy heeltemal moed verloor het, wonderbaarlik herstel is. Of die
        lewensmaat vir wie jy so lank gebid het, maar wat net nie wou opdaag nie.
        Tot die dag dat jy hom amper onderstebo gery het!

 4.     Dalk het jy baie jare gesukkel met jou groot, ongemaklike, oorgewig lyf. En
        toe, op ŉ dag, (maak jy ŉ kopskuif) en begin gesond leef. Nou is jý die vrou
        in die swembroek op die strand wat almal beny. Of dalk moes jy jou sente
        omdraai voor jy een aand in die bad ŉ sake-idee gekry het – een wat vir
        baie mense werk geskep het.

 5.     So, trek jou rekenaar nader en vertel vir ons. Gebruik “My ongelooflike
        storie” as onderwerp en stuur dit na redaksie@finessemag.co.za.
                                                 [Aangepas uit: FINESSE – November 2013]

 5.1    Skryf die byvoeglike bysin uit die eerste sin van paragraaf 1.                        (1)

 5.2    Korrigeer die spelfout wat in paragraaf 1 voorkom.                                    (1)

 5.3    Verander die woordsoortlikheid van die onderstreepte woord in paragraaf 2
        na ŉ selfstandige naamwoord en gebruik in dit ŉ sin.                                  (1)

 5.4    Skryf ŉ sinoniem van die woord in paragraaf 2 wat tussen hakies staan,
        neer.                                                                                 (1)

 5.5    Wat beteken die uitdrukking tussen hakies in paragraaf 4?                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (SEPTEMBER 2014)                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                               11

5.6   Is die onderstreepte sinsdeel in paragraaf 4 konnotatief of denotatief?
      Motiveer jou antwoord.                                                               (2)

5.7   Verduidelik die funksie van die aandagstreep in paragraaf 4.                         (1)

5.8   Is die eerste sin van paragraaf 5 ŉ veelvoudige, enkelvoudige of ŉ
      saamgestelde sin? Verstrek ŉ rede vir jou antwoord.                                  (2)
                                                                                          [10]

                                                           TOTAAL AFDELING C:              30
                                                               GROOTTOTAAL:                70

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFR HL P1 MEMO SEPT 2014](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-memo-sept-2014/bbfe9de8-2bdb-4146-ab69-d47ecda78419) — Afrikaans HL · Memo · 2014 · Afr
- [AFRHL P2 GR12 QP SEPT2014](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2014/fc716bc4-0c0f-4799-825e-a9679294d333) — Afrikaans HL · QP · 2014
- [Afrikaans HL P1 Nov 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2014/b6d6ed0b-b38a-43d1-aaa9-19251fedb07c) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 QP SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-qp-sept2020/54595e79-3d93-4ae2-b134-974b78fd2965) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [AFR HL P1 GR12 QP SEPT 2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr12-qp-sept-2018/1ce4fa24-e898-4838-aca4-201440bb7177) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
