# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2019 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2019, 30 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr12-memo-sept2019/42d676d4-d5cc-4d55-a6ae-c501ee8b80c8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 30

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr12-memo-sept2019/42d676d4-d5cc-4d55-a6ae-c501ee8b80c8)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019. Memorandum, 30 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2019

                AFRIKAANS HUISTAAL V2
                    NASIENRIGLYN

PUNTE:   80

                   Hierdie nasienriglyn bestaan uit 30 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   AFRIKAANS HUISTAAL                   (EC/SEPTEMBER 2019)

 NASIENRIGLYNE

 1.   As ŉ kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die
      eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en
      die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)

 2.   As ŉ kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte beantwoord
      het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.

 3.   As ŉ kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
      opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
      antwoord word geïgnoreer. As ŉ kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en
      C beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een
      kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.

 4.   As ŉ kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar
      die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
      antwoord word geïgnoreer.

 5.   As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
      nasienriglyne nagesien.

 6.   Taalfoute by kontekstuele vrae word nie gepenaliseer nie. As ŉ spelfout die
      betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die
      spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek
      beskou.

 7.   Opstelvrae:
      As die literêre opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie
      gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die literêre
      opstel te lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior
      nasiener/vakhoof. Die nasienriglyne is slegs ŉ riglyn, daarom moet ander
      relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om
      die opstelvrae na te sien.

 8.   Kontekstuele vrae:
      As ŉ kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ŉ vraag dit vereis nie, word
      die kandidaat nie gepenaliseer nie.

 9.   Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JAN/NEE/EK STEM SAAM/EK
      STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.

 10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
     rede/motivering/bewys verdien die punt.

 11. Moenie woorde nasien nie; sien betekenis na.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                            3

 AFDELING A: GEDIGTE

 VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL

 “Nog in my laaste woorde” – N.P. van Wyk Louw

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR
 LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.

 LET WEL:
  Dis ŉ breë raamwerk van feite.
  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

  Die woorde nog in staan baie prominent in hierdie gedig en beklemtoon dat die
   spreker tot die einde sy geliefde sal onthou./Bv. versreël 1: Nog in my laaste woorde sal
   jy wees ...
  Die spreker maak dit duidelik dat die aangesprokene in sy laaste woorde, sy laaste
   gedagtes en sy laaste weet (bewussyn) sal wees, want sy is die belangrikste persoon
   in sy lewe./Bv. versreëls 1–3: Nog in my laaste woorde sal jy wees, nog in die laaste
   skeemring van my dink en weet ...
  Al die woorde in die gedig word aan ŉ spesiale geliefde gerig en raak simbolies van
   die skoonheid van hierdie mens./Bv. versreël 1: sal jy wees ...
  Die spreker verwys na sy geliefde as ŉ vlam wat die liefdesvlam aan die brand gehou
   het. Haar liefde het iets positiefs by hom aangesteek./Bv. versreël 9: jy wat vlam was ...
  Die spreker beklemtoon die geliefde se mooi eienskappe deur te verklaar dat sy vir
   hom beeldskoon en sterk was. Sy het haar ook nie deur smart laat verblind nie./Bv.
   versreëls 9–10: skoon en sterk en blind vir smart ...
  Die spreker maak van polisindeton gebruik om elke deug van die geliefde te
   beklemtoon sodat elke woord afsonderlik uitgehef word./Bv. versreëls 9–10: skoon en
   sterk en blind vir smart...
  Dit is duidelik dat die spreker se geliefde vir hom die lewenskring voltooi het, want
   sy het hom volkome gemaak./Bv. versreëls 12–13: Dan weet ek het jou hand my jeug se
   oopgelate kring voltooi ...
  Die spreker verseker sy geliefde dat hy tot aan die einde van sy lewe haar sal
   bemin, want sy sal altyd in sy woorde en sy gedagtes wees en daar sal die dood net so
   mooi soos die lewe wees./Bv. versreël 14: mooi is die lewe en die dood is mooi.
  Die spreker kom tot die insig dat elke mens die dood vrees omdat jy dit alleen
   moet aanpak. Omdat jy alleen van aangesig tot aangesig die dood tegemoet gaan,
   vrees die mens dit./Bv. versreël 3–4: as ek alleen in die bitter vrees van sterwe lê...
  Die spreker kom tot insig dat die minder belangrike dinge in die lewe op die
   sterfbed maklik vergeet word en dat jy net onthou wat werklik saakmaak. Bv. versreëls
   4–5: en al die mindre sink in my deur vaal vergetelheid ...
  Die spreker besef dat die mens nooit volkome versadig is nie, want daar is altyd ŉ
   behoefte wat vervul moet word en daar is altyd iets waarna gestreef word./Bv. versreëls
   11–12: en nooit volkome vind versadiging
  Die spreker kom tot insig dat die mens bly soek na die sin in die lewe en ons is
   onversadig en op soek na liefde en vervulling./Bv. versreëls 11-12: wat áls kon eis en
   nooit volkome vind versadiging.
  Die finale insig van die spreker is dat die dood onvermydelik deel van die lewe is
   en die kringloop van die lewe afsluit./Bv. versreël 14: mooi is die lewe en die dood is
   mooi.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                                           [10]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                      AFRIKAANS HUISTAAL                      (EC/SEPTEMBER 2019)

 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

 “ ŉ vigslyer sterf” – Vincent Oliphant

 Vraag                                       Antwoord                                        Punt
 2.1       Alliterasie √                                                                      1

           Die s-alliterasie beklemtoon die langsame/harsteer/stille agteruitgang van die
           vigslyer. √                                                                        1

 2.2       Die woord beklemtoon die inwendige aftakelingsproses wat by die vigslyer
           aanwesig is – hul raak maer./hul organe gee in./die stadige
           aftakelingsproses./suggereer die totale ineenstorting – fisies en psigies. √       1

 2.3       Gebroke rym √                                                                      1

           Die gebroke rym ondersteun die gebrokenheid van die vigslyer/die hartseer
           situasie wat gebrokenheid vir die vigslyer/geliefdes bring. √                      1

           “afgetakel” √                                                                      1

 2.4       Die vigslyer sou moontlik vir sy geliefdes wou laat verstaan hoekom hy in
           hierdie situasie is./wou dalk jammer sê vir die hartseer wat hy deur hierdie
           situasie veroorsaak./wou moonltik simpatie vir sy situasie hê./wou sy
           geliefdes se verstaan vir sy situasie hê./Hy wou weet waarom hy so ŉ dood
           moes sterf./Hy sou begrip van sy mense wou hê vir die feit dat hy verlang om
           te sterf. √                                                                        1

 2.5       Die vigslyer raak so swak dat hy sy krag verloor om selfs sy hande op te lig. √    1

           Die vigslyer het die basiese menslike funksies verloor./kan nie meer normaal
           optree/reageer nie./het vergeet hoe om die basiese dinge te doen./Hy kan
           niks meer vir homself doen nie. √                                                  1

 2.6       Die spreker wil graag die hartseer situasie/harde werklikheid van hierdie
           siekte versag/die erge pyn waarmee vigslyers eindelik sterf, beter laat
           klink./Die spreker wil die situasie met deernis uitbeeld. √                        1
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                5

  VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

  “Versagtende omstandighede” – Peter Snyders

  Vraag                                         Antwoord                                          Punt
  3.1       Satire √                                                                               1

  3.2       Die gebruik van assimilasie is kenmerkend in Kaaps/Kaapse Afrikaans wat die
            dialek van die spreker in hierdie gedig is. √                                           1

            Die gedig het geen vaste rymskema nie./
            Die gedig het geen vaste strofebou nie./
            Die gedig het wisselende strofelengtes. √√                                              2

            Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir TWEE punte aan.

  3.3       ŉ Mens kan jou dit nie voorstel dat iemand nie hemel toe wil gaan nie, maar
            die spreker meen dit sal sleg (hel) wees om hemel toe te moet gaan. √                   1

            Wanneer die leser die titel lees, dink ons iemand het ŉ misdaad gepleeg en
            vra vir ŉ ligter straf/genade, maar hier is die ligter straf waarvoor die spreker
            vra om nié hemel toe hoef te gaan nie./voer hy aan waarom hy nie gestraf
            moet word met die hemel nie. √                                                          1

            Die kandidaat moet albei kante van die ironie vir EEN punt elk wys.

  3.4       Die aandagstreep beklemtoon hoe ongelooflik/erg dit is dat ‘seks yt is’./
            beklemtoon die wending/oplossing vir die ‘probleem’ wat in die volgende reël
            volg. √                                                                                 1

  3.5       “die hiemel issie my soort liewe”
            “ek hou van sing en harpmusiek maa ek sal lugsiek kry as ek moet vlieg”
            “En Here, dit sal hel vi my wies om met niks-doen myself elke dag te vervies”
            “so stuur my aire hel toe of waar ek my talent kan gebryk.”
            “En as ek te goed is om gebraai te word laat my lieweste terug kom, Lord”
            “(hou my aanie underdog se kant)”
            “sorg dat ek by Florrie (vroeër mevrou Soetwater) voorit te laat is, beland”
            “Laat my dan liewer hier oppie aarde ly as om vir iewag in u grafstienhiemel te
                                                                                                    2
            bly” √√

            Die kandidaat kan die versreëls aanhaal of in hul eie woorde omskryf.

  3.6       Grafstienhiemel verander moontlik die speelse/humoristiese stemming na ŉ
            somber/ernstige/negatiewe gevoel. √                                                     1
                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                       AFRIKAANS HUISTAAL                        (EC/SEPTEMBER 2019)

    VRAAG 4: KONTESKTUELE VRAAG

    “ŉ brief van hulle vakansie” – Breyten Breytenbach

    Vraag   Antwoord                                                                            Punt
    4.1     “brief” /“hulle” √                                                                   1

    4.2     Dit dui aan dat die gedig aan iemand spesifiek (sy pa) gerig is. √                    1

            Speelsheid/Toegeneentheid/Liefde/Respek √                                             1

    4.3     “treur” √                                                                             1

    4.4     Lugoë verwys na die spreker se ma se blou oë. √                                       1
            Lugoë verwys ook na die ouderdom wat die oë toenemend met leegheid
            vul. √                                                                                1

    4.5     Sinekdogee √                                                                          1

    4.6     Die spreker eindig die gedig met die gedagte waaroor hy steeds hartseer is:
            die liefde vir sy ma en sy pa se uithouvermoë/innerlike krag. √                       1
            Tema: Die dood staan in diens van die lewe – deur die dooie te begrawe, kan
            die siklus van die lewe begin./Die gedig is ŉ treurlied oor alles in die lewe wat
            uitgelewer is aan sterwe. √                                                           1
            Boodskap: Die kandidaat formuleer ŉ eie boodskap binne die tema en
            konteks van die gedig, bv. Waardeer jou ouers terwyl hul nog lewe./Aanvaar
            dat die (naderende) dood van geliefdes deel van die lewe is./Hoewel die
            (naderende) dood van geliefdes weemoed bring, dra herinnering ons deur
            die verlangtye. √                                                                     1
                                                                                                 [10]

                                                  EN

    VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

    “Totsiens” – Ronel Scheffer

    Vraag                                 Antwoord                                               Punt
    5.1     Ongemaklikheid/Somberheid/Treurigheid/Droewigheid √                                   1

    5.2     Alliterasie √                                                                         1

            Die stilte/Ongemaklikheid word deur die s-alliterasie beklemtoon. √                   1

    5.3     Die geliefde se liefdevolle/vertroostende hande./Die hande waarmee die
            geliefde hom/haarstyl vashou/toevou/beskerm. √                                        1

            “Dromende” verwys na die positiewe/romantiese/lieftalligheid.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                              7

  5.4      Stukkend raak/klontjies vorm √                                                      1

           Die maan is op dieperliggende vlak ŉ simbool van die romantiek/verlange/
           hartseer/wrange emosies van die mens – daarom is dit moontlik dat die spre-
           ker bitter herinneringe ervaar wanneer sy na die maan kyk./Kundiges meen
           die maan het ŉ geweldige impak op die emosionele welstand van die mens en
           daarom is dit moontlik dat sy bitter herinneringe ervaar as sy na die maan
           kyk. √                                                                              1

  5.5      Koeplet √                                                                           1

           Vergelyking √                                                                       1

           Die spreker ervaar die middag ŉ vreemde gevoel van emosionele pyn (en
           daarom meen sy die middag is vreemd). √                                             1

  5.6      Die punt beklemtoon die einde van die verhouding./die groet/totsiens
           sê/afskeid van die geliefdes. √                                                     1
                                                                                              [10]

                                                                TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                      AFRIKAANS HUISTAAL                     (EC/SEPTEMBER 2019)

    AFDELING B: ROMAN

    VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

    Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
    DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DIE DRAMA nagesien.

    LET WEL:
     Dit is ŉ breë raamwerk van feite.
     Al die feite hoef nie genoem te word nie.

    Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

       Elsa is aanvanklik baie ernstig oor die lewe en het min begrip vir haar suster se
        verbeeldingsvlugte en fantasiepraatjies.
       Elsa is onromanties, want sy dra vervelige katoenonderklere op haar eerste
        huweliksnag.
       Sy is uiters krities en uitgesproke oor haar familie se doen en late en is baie
        meer gefokus op wat hul doen en hul besluite as op hul welwese.
       Elsa is hiperprakties en onemosioneel betrokke by die alledaagse en haar
        uiterste perfeksionisme maak haar ongewild by byvoorbeeld Johanna.
       Hoewel sy ŉ groot feminis is, ontwikkel sy tog in ŉ raakvatter ma wanneer
        die drieling gebore word.
       Elsa word ŉ goeie eggenoot wat ontsteld is oor haar man se ontrouheidneigings
        en vergewe hom.
       Sy word gekarakteriseer as ŉ sterk, onafhanklike vrou wat haar man staan,
        maar later sien ons dat sy eerder haar man aanmoedig om ŉ vasektomie te
        ondergaan – eerder as sy self.
       Hoewel Elsa aanvanklik gesê het dat Iris van haar romantiese drogbeelde
        moet ontslae raak, ontwikkel sy meer begrip vir haar suster se doen en late.
       Wanneer haar drieling gebore word, taan haar hiperpraktiese en
        georganiseerde lewe en ons lees dat haar huis ook deurmekaar is – soos dit die
        geval is met ŉ besige gesin.
       Hoewel sy onemosioneel voorgekom het, sien ons dat sy ŉ baie goeie ma vir
        haar kinders is.
       Elsa sien ook af van die dramatiese aankondigings en manier van doen en
        raak nugter in haar siening omtrent familie en alledaagse gebeure.
       Kara gaan deur ŉ nonstadium waar sy op soek is na die ware-sy. Tog vind sy
        haar vryheid in haar identiteit en leef haar liefde vir die Middeleeuse kuns uit.
       Kara sien af van haar nonstadium wanneer sy later saam met Claude bly en
        buite die eg ŉ kind kry.
       Kara weier om te trou en kinders te hê, want sy meen haar lyf is nie ŉ
        broeikas nie. Sy verklaar dat sy nie “sal trou en aanteel nie” en dat haar lyf aan
        haar behoort.
       Ons sien egter ŉ ommekeer in Kara se lewe wanneer sy toevallig vir Claude
        ontmoet, verlief raak en met hom trou.
       Kara erken dat sy ŉ begeerte het om ŉ aartsmoeder te wees; ŉ gedagte ver
        verwyderd van die uitgesproke jong mensie wat kinderloos deur die lewe wou
        gaan.
       Kara kry ook tog ŉ kind, Michel, vir wie sy baie lief is en omgee.
       Kara is ook baie uitgesproke oor familiesake en is onafhanklik in haar denke
        en besluite. Later ontwikkel sy meer begrip vir Elsa en Iris as individue.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                           9

      Ma Els is verstrooid en leef deur die loop van die roman in haar eie wêreld.
       Dit blyk tog later dat sy ŉ beter houvas op die lewe en sy dinge kry.
      Els ignoreer dinge wat nie vir haar sin maak nie en laat praktiese dinge in die
       hande van haar dogters en Johanna oor.
      Hoewel Els afgetrokke en afwesig voorkom, bly sy deurentyd baie betrokke
       by haar dogters en aanvaar haar skoonseuns onvoorwaardelik.
      Els se menswees mag blyk of sy onemosioneel is, maar sy is byvoorbeeld glad
       nie rassisties teenoor Claude nie en wys dat sy alle mense en rasse aanvaar.
      Hoewel Els nie goed is met haar hande nie, ontwikkel sy later ŉ liefde vir
       tuinmaak op die plaas.
      Els en haar man se huwelik is aanvanklik beskryf as ŉ ‘vreedsame verbyleef
       bymekaar’ en sy laat haar man toe om alleen op die plaas te gaan woon. Sy
       besluit egter later om by hom aan te sluit.
      Els kom soms afwesig voor, maar later blyk dit duidelik dat sy heldersiende is op
       onverwagte tye.
      Els mag aanvanklik lyk of sy nie veel aandag aan Iris gee nie, maar sy is in
       voeling met Iris se gevoelslewe op onverwagte tye, soos toe Iris in Vermont in die
       hospitaal opgeneem is.
      Els beweeg inderdaad fladderend deur die lewe en behou van die begin tot die
       einde haar vreemdheid – wanneer sy by Die Spieël aansluit, word haar andersheid
       beklemtoon.

  Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.
                                                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                      AFRIKAANS HUISTAAL                       (EC/SEPTEMBER 2019)

 VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

 Vraag                                         Antwoord                                      Punt
 7.1     Eduard besoek Greta in haar woonstel om haar van sy broer, Peter, se
         boedelplanne in te lig./Iris is besig met een van haar verbeeldingsvlugte oor
         Greta en Eduard. √                                                                    1

 7.2     Eduard √                                                                              1
         Greta √                                                                               1

         Greta is Iris se alterego. √                                                          1

 7.3     Sy is onafhanklik/geëmansipeerd. √                                                    1

         Iris sê vir Elsa dat sy nie moet bekommer dat sy alleen Amerika toe vlieg om by
         ŉ man te gaan kuier nie./Iris laat haar pa (ouers) verstaan dat sy weet wat sy
         doen wanneer sy haar loopbaankeuse bekend maak./Iris verseker vir Peter dat
         Joe/die foto’s wat Joe geneem het nie gevaar inhou nie./Iris verseker vir Peter
         dat sy veilig in Amerika is. √√                                                       2

         Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke voorbeelde uit die roman vir EEN
         punt elk aan.

 7.4     Paul het vir Eduard gesê/‘gewaarsku’ dat Greta lekker koffie maak wat dan tot
         ŉ lekker/lang geselssessie lei./Eduard besef die koffiedrinkery mag tot iets
         meer lei. √                                                                           1

 7.5     Derdepersoonsverteller √                                                              1

         Die verteller laat die leser besef dat Eduard bewus raak van Greta se mooi
         fisiese voorkoms. √                                                                   1

         Die voordeel is dat die leser weet wat in Eduard se kop aangaan. √                    1
         Die nadeel is dat Greta nie weet hoe Eduard voel nie, maar slegs die leser
         weet dit. √                                                                           1

 7.6     Realiteit/Werklikheid √                                                               1

 7.7     Iris as deel van die oog
         Iris op die Franse vlag
         Iris is die Griekse mitologiese godin in diens van hoër gode.
         Iris is die godin van die reënboog √√√                                                3

 7.8     Die romantitel impliseer dat Iris nog nie geblom het nie, maar in die proses is
         om te blom. √                                                                         1

 7.9     Die Engel is ŉ raadgewer. √                                                           1

         Die Engel is Iris se beskermengel./
         Die Engel is Iris se geselsgenoot./
         Die Engel verskaf humor. √                                                            1

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                           11

  7.10     Billy sê vir Iris dat haar naam bloot toevallig gekies is en dat sy dus nie haar
           hele lewe daarvolgens moet rig/leef nie. √                                               1

           Billy is die eerste werklike persoon in Iris se lewe wat regtig na haar luister en
           met haar gesels. √                                                                       1

  7.11     Iris is verbeeldingryk/droom baie. √                                                     1

           Die fantasiekarakters bied aan Iris geselskap wanneer niemand in haar gesin
           aan haar aandag gee nie. √                                                               1

  7.12     Die opwinding van die hier-en-die-nou gaan dikwels by Iris verby omdat sy altyd
           op soek is na daardie een groot blomoomblik in haar lewe – sy mis dus uit op
           baie potensiële vreugdes in die alledaagse. √                                            1

           Die boodskap van die roman is dat die realiteit van die geroetineerde
           voorsteldelike bestaan, net so magies soos die beste fantasie kan wees en Iris
           het so in haar fantasiewêreld geleef dat sy die magiese van die alledaagse
           gemis het. √                                                                            1
                                                                                                  [25]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                     AFRIKAANS HUISTAAL                   (EC/SEPTEMBER 2019)

 MANAKA PLEK VAN HORINGS – PIETER PIETERSE

 VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN HORINGS – OPSTELVRAAG

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
 OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

 LET WEL:
  Dit is ŉ breë raamwerk van feite.
  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

  Ouma Essie is van die begin tot die einde die goedheid self, want sy word beskou
   as die matriarg onder die Mulambwa-familie wat haar ŉ leierfiguur maak.
  Ouma Essie is ŉ geestelike leier en word die Profeet van die Bybel genoem.
  Ouma Essie bied ondersteuning aan mense wat sukkel, soos toe sy Sitali groot-
   maak omdat haar dogter nie kon nie.
  Ouma Essie help haar man om die godsdiens in die gemeenskap te versprei en
   help bou aan die kerk op Manaka.
  Ouma Essie is onafhanklik in haar uitsprake en gee nie om om die verkeerde aan te
   spreek nie. Sy glo te alle tye in regverdigheid.
  Wanneer sy besef dat die geestelike reëls en beginsels taan, gaan spreek sy die
   khuta daaroor omdat sy ŉ herder vir die mense op Manaka wil wees.
  Ouma Essie kon as ontwikkelde, ronde karakter Baas lei tot die aanvaarding van
   sy geloof, want sy is die een wat hom ten opsigte van sy godsdiens met kwelvrae
   uitdaag.
  Ouma Essie is ook die vredebewaarder wat vrede tussen Baas en die sendelinge op
   Manaka probeer bewerkstellig.
  Ons kan dus aanvoer dat ouma Essie nie totale karakterontwikkel ondergaan het
   nie, omdat sy deurentyd goed was. Gedeeltelike ontwikleling na aanleiding van haar
   interaskie met mense, word bespeur.
  Grace ondergaan ook slegs gedeeltelike ontwikkeling wanneer sy en Baas
   interaksie het, maar haar karakter is ook deurentyd goed.
  Grace gee om vir haar medemens/vreemdelinge en versorg Baas wanneer hy
   Malaria opdoen.
  Grace sien haar as leermeester wat vir die sendelinge en Baas van die gewoontes
   van die Lozi’s/Barotseland leer, want sy glo hul moet die Manaka-naam gestand doen.
  Grace is ŉ sterk vrou wat konflik tussen Baas en die sendelinge probeer oplos,
   want sy glo nie daarin om oor onreg stil te bly nie.
  Grace het empatie met haar medemens en doen meer as wat verwag word. Sy gaan
   saam met Baas hospitaal toe wanneer hy malaria opdoen.
  Grace se sterk selfversekerdheid het ŉ groot impak op Baas se lewe, want dit is
   by Grace wat Baas ook antwoorde op sy vrae oor godsdiens kry.
  Grace se omgeehart bied ook aan Baas ondersteuning en hulp in sy alledaagse
   bedrywighede, soos om hom te help wanneer hy die bankies herstel of na sy boot gaan
   soek.
  Griesel toon ook min ontwikkeling en bly deur die verloop van die verhaal ŉ voorbeeld
   van die negatiewe
  Griesel is hoogmoedig en nie opreg in sy optrede nie en Baas ervaar by hom ŉ
   negatiewe kant van Christenskap.
  Griesel pas nie in op Manaka nie, want sy optrede getuig glad nie van Christenskap
   nie.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                          13

         Griesel is ŉ tipiese voorbeeld van hoe ŉ Christen nie behoort op te tree nie
          en dit is hoekom sy optrede vir Baas en die ander sendelinge so omkrap.
         Griesel erken later dat hy ŉ misplaaste droom gehad het, wat ŉ teken van
          gedeeltelike karakterontwikkeling is. Hy besef dus dat ŉ mens se planne en God
          se planne nie noodwendig dieselfde is nie.
         Griesel het deurentyd ŉ negatiewe reaksie op die Lozi-kultuur en wend nie
          pogings aan om in te koop op die etiketgebruike nie.
         Griesel bly net ingestel op die uiterlike beeld/korrekte optrede en kan nie
          besef dat die innerlike bepaal wie en wat jy is nie.

Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                                             [25]

VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag                                            Antwoord                                        Punt
9.1         Hierdie uittreksel is deel van die Vooraf-gedeelte in die roman wat belangrike
            agtergrond omtrent Baas gee./belangrike agtergrond aan die leser bied voordat
            Baas op Manaka aangeland het. √                                                         1

9.2         Hy het ŉ pos as toergids aanvaar. √                                                     1

            Die pos bring Baas in aanraking met Barotseland/die Zambezirivier en help hom
            om op Manaka gevestig te kom waar hy eindelik sy rol as geestelike leier
            aanvaar. √                                                                              1

            Baas kom eindelik tot die insig dat hy iewers behoort/sendelingskoene het om
            vol te staan./
            Baas kom tot die insig dat hy sy rol as geestelike leier nie langer kan ignoreer
            nie./Baas besef dat ŉ mens se innerlike bepaal wie en wat jy is. √√                     2

            Die kandidaat bied enige TWEE insigte waartoe Baas aan die einde van die
            roman kom vir EEN punt elk aan.

9.3         Aan Baas se oupagrootjie √                                                              1

            Baas se neef gee vir hom sy eerste hond./Baas se neef gee vir hom die boek
            oor die Zambezi. √                                                                      1

9.4         Baas is nog soekend/hartseer/verlangend. √                                              1

9.5         Die droom van die kettinkie met ŉ kruis word die sentrale tema, naamlik
            Christenskap, in die roman. √                                                           1
            Die kruis wat Baas se ma gedra het, beïnvloed sy lewe, want Baas se
            stryd/innerlike konflik met Christenskap/sy aanvaarding van Christenskap lei
            daartoe dat hy ŉ geestelike leier op Manaka word. √                                     1

9.6         Baas het sy onafhanklikheid daar geleer.
            Baas het daar geleer om hard te werk.
            Dit is waar sy drome gestalte gekry het.
                                                                                                    3
            Die plek het hom vaster aan sy oupagrootjie gebind. √√√

            [Die kandidaat bied enige DRIE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                      AFRIKAANS HUISTAAL                     (EC/SEPTEMBER 2019)

9.7        Dit dui aan dat hulle respek vir mekaar het. √                                        1
           Dit dui aan dat hulle saamstem. √                                                     1

9.8        Baas wil nie ŉ geestelike leier op Manaka wees nie, maar hy voel dit word van
           hom verwag omdat hy sendelingskoene het wat hy moet vol staan. √                      1

           Die kandidaat moet albei kante van die konflik wys.

           Ja.
           Ouma Essie lei Baas tot die aanvaarding van sy geloof, want hy vra aan haar
           wat van jou ŉ Christen maak. √                                                        1
           Uiteindelik aanvaar Baas sy rol as geestelike leier op Manaka/volg hy in sy
           oupagrootjie se voetspore. So kom hy op Manaka tot rus/beëindig sy
           swerfskap. √                                                                          1

9.9        Derdepersoonsverteller √                                                              1

           Die verteller laat die leser besef dat Baas eindelik grond in Manaka bekom. √         1

           ŉ Eerstepersoonsverteller sou moontlik die karakter se eie
           emosie/blydskap/tevredenheid rondom die verkryging van grond aan die leser
           kon oordra. √                                                                         1

9.10       Vergunning deur ŉ owerheid om prospekteerwerk in ŉ gebied te doen./ŉ gebied
           te mag ontgin. √                                                                      1

9.11       Hy verlaat indoena Daaimon se gehuggie handeklappend. √                               1

9.12       Hulle verhuur die grond aan sendelinge ook./Hulle hou nie by hulle ooreenkoms
           met Baas nie. √                                                                       1

           Meneer Kebbey is betrokke by diamantsmokkelary./betaal nie vir vleis
           nie./probeer Baas ompraat om met hom ŉ vennootskap in sy pontbesigheid te
           sluit. √                                                                              1

           Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
                                                                                               [25]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                            AFRIKAANS HUISTAAL V2                        15

 VATMAAR – AHM Scholtz

 VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
 DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

 LET WEL:
  Dis ŉ breë raamwerk van feite.
  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

     Tant Wonnie ondergaan nie algehele karakterontwikkeling nie, want sy is van
      die begin tot die einde die goedheid self.
     Tant Wonnie is ŉ vrou van edele karakter, want sy bly te alle tye beginselvas in
      haar optrede.
     Hoewel sy die laagste posisie as wasvrou in die samelewing beklee, het sy haar
      trots behou.
     Tant Wonnie het haar afhanklikheid van God besef en het uitgehonger vir Sy
      leiding in haar lewe geleef.
     Hoewel Tant Wonnie baie swaarkry in haar lewe ervaar het, het sy nooit ŉ wrok
      in haar binneste rondgedra nie – ŉ teken van gedeeltelike karakterontwikkeling.
     Tant Wonnie was altyd bereid om te help waar sy kom, al moes sy die
      wraaksugtigheid van mede-inwoners verduur.
     Tant Wonnie was ŉ dapper vrou wat maar net die beste van die slegste
      omstandighede gemaak het.
     Ondanks die feit dat sy dikwels die slagoffer was, het sy nooit haar onwrikbare
      geloof en trots verloor nie.
     Tant Wonnie was die moeder van Vatmaar en hoewel sy venyn en vernedering
      ervaar het, het haar stille sterk karakter en menswees altyd geseëvier.
     Sy het ŉ skoon en mooi lewe gelei en deur die loop van die verhaal onwrikbaar by
      haar beginsels gestaan.
     Boitjie Afrika het totale karakterontwikkeling ondergaan en ŉ positiewe rol in die
      gemeenskap gespeel.
     Boitjie het aanvanklik ŉ slegte lewe gelei en het dagga gerook en verdriet vir sy
      familie veroorsaak.
     Met Bettie se koms na Vatmaar het Boitjie se lewe heeltemal verander, want hy
      het iemand ontmoet vir wie hy lief was.
     Veral na oom Chai se dood het Bettie baie geheg geraak aan Boitjie en nadat sy
      swanger word, het hul permanent saamgewoon – ŉ positiewe nadraai vir hom.
     Boitjie raak later ook as afrigter by sokker betrokke en as bestuurder van die
      sokkerklub op Vatmaar lewer hy ŉ betekenisvolle bydrae in die lewens van ander
      mense.
     Boitjie het dus totale karakterontwikkeling ondergaan omdat hy werklik ŉ verskil
      in die Vatmaar-gemeenskap begin maak het.
     Tommy ondergaan nie totale karakterontwikkeling nie, want hy bly deurentyd die
      negatiewe karakter wat die leser leerken het.
     Tommy tree nie baie eties op nie, want reg en verkeerd bestaan nie in sy
      leefwêreld nie.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                        AFRIKAANS HUISTAAL                     (EC/SEPTEMBER 2019)

       Tommy se verhouding met Nellie is negatief, want hy het haar nie meer as ŉ
        onskuldige meisie gesien nie en sy het swanger geraak.
       Tommy het Nellie en haar pa se verhouding laat verswak, want hy manipuleer
        haar om in sy liefde en sy sorg vir haar te bly glo.
       Tommy jok vir Nellie oor sy liefde vir haar, want hy wil haar net vir sy plesier
        gebruik.
       Tommy manipuleer Nellie om sy sin te kry, want as sy hom toelaat om haar te
        gebruik, beloof hy ŉ verhoging vir haar pa.
       Tommy is agterbaks, want hy bedink die plan om Nellie met haar neef te laat trou
        en toe sy dit doen, jaag hy haar soos ŉ sleg hond weg.
       Tommy kom nie tot beter insigte nie en deur sy manipulasie rig hy baie skade in
        ander se lewens aan.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                                        [25]

 VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

 Vraag                                       Antwoord                                         Punt
 11.1       Tant Wonnie is by die aanklagkantoor in die tronksel nadat sy op aanklag van
            diefstal gearresteer is. √                                                          1

 11.2       Hy het met die langste ompad na die aanklagkantoor toe gery sodat soveel
            mense moontlik Tant Wonnie se vernedering kon aanskou. √                            1

 11.3       Derdepersoonsverteller √                                                            1

            Die verteller wys vir die leser dat Tant Wonnie baie gelowig is. √                  1

            Die leser sien ŉ eerlike/opregte/geloofwaardige tant Wonnie wat met die Here
            praat om haar dankbaarheid te wys. √                                                1

 11.4       Tant Wonnie en haar dogters het drie maal per dag gebid./
            Sy dra nie ŉ wrok in haar teen Settie September nie en betaal selfs dat sy saam
            op die kapkar kan ry./
            “Om ŉ skoon lewe te leef, was vir haar die vernaamste ding”/
            “Sy was vreesloos in haar naasteliefde” √√√√                                        4

            Die kandidaat bied enige DRIE voorbeelde uit die roman vir EEN punt elk aan.

 11.5       Retoriese vraag √                                                                   1

            Ja.
            Tant Wonnie is bekommerd oor Suzan, want sy weet nie waar sy is nie/weet nie
            of sy kos het om te eet nie, maar sy kan niks daaraan doen nie, want sy is in
            die tronk. √                                                                        1

            Die kandidaat moet albei kante van die innerlike konflik wys.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                         17

 11.6      Sy het ses kinders aan die dood (in die Groot Griep) afgestaan./
           Sy het haar man, Heinrich, aan die dood afgestaan./
           Sy het al haar besittings verloor toe haar huis afgebrand het./
           Sy moes die vernedering deurstaan toe Settie September haar van diefstal
           beskuldig./Sy moes Piet de Bruin se seksuele teistering verduur. √√                2

           Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke voorbeelde uit die roman vir EEN
           punt elk aan.

 11.7      Hy was ŉ goeie vriend van Heinrich. √                                              1
           Norman is wees tydens die Anglo-Boereoorlog gelaat. √                              1
           Ma Khumalo √                                                                       1

 11.8      Sy is ŉ ywerige storieverteller. √                                                 1

           Sy is trots./hardwerkend./diensbaar./dapper. √√                                    2

 11.9      Die Engelse word as wreed/onmenslik uitgebeeld. √                                  1

           Nee.
           Dit is nie regverdig dat die idee geskep word dat alle Engelse mense so
           onmenslik is soos sommige destyds in die konsentrasiekampe opgetree het
           nie. √                                                                             1

 11.10     In Teks E heers ŉ gevoel van angstigheid/spanning, terwyl TEKS F
           gemoedelik/ŉ ligte verteltrant het. √                                              1

 11.11     Die koeël het iets gevang (bv. ŉ klip) en teruggespring na waar dit vandaan
           gekom het. √                                                                       1

 11.12     Tema: Liefde ken nie grense nie./Die onskuldige ly dikwels./Gemeenskaplike
           herkoms √√                                                                         2
                                                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                     AFRIKAANS HUISTAAL                      (EC/SEPTEMBER 2019)

 ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen

 VRAAG 12: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
 DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

 LET WEL:
  Dis ŉ breë raamwerk van feite.
  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

    Daar vind algehele karakterontwikkeling by Greg plaas omdat hy tot nuwe insigte
     omtrent homself, Eckardt, sy familie en die lewe kom.
    Greg het baie laagtepunte in sy lewe beleef voordat hy eindelik sterker aan die
     anderkant uitgekom het, want hy het verliese soos die dood van sy broer ervaar
     wat hom ŉ sterker mens gemaak het.
    Greg word al hoe dieper in die onderwêreld van kuberkrakery ingesleep, maar
     eindelik gebruik hy die negatiewe om die waarheid te ontdek: hy weet nou wie sy pa
     werklik is.
    Greg het as leier nie sy verpligtinge nagekom nie en konflik het tussen hom
     en Kwanele ontstaan; hy besef egter later die waarheid omtrent sy
     leierskaptekortkominge.
    Greg raak al hoe meer bewus van sy tekortkominge en swakhede en erken dat
     hy nie meer so “bullet-proof” is soos hy aanvanklik gedink het hy is nie.
    Greg besef hy is weerloos, want hy kan hom nie verskans teen die pyn van sy broer
     se dood, sy verlies aan ŉ goeie vriend en sy pa se hoë verwagtinge nie.
    Greg ontdek in sy weerloosheid en sy swakheid sy innerlike krag en staan sy
     man teen sy pa.
    Greg ontwikkel in ŉ onafhanklike jongman met sy eie stem wat die skoolhoof
     oor onregverdighede en onbillike optrede aanvat en uitdaag.
    Greg bevraagteken gesag en sy pa se verwagtinge wanneer hy later besef dat hy
     nooit sy pa ten volle sal tevrede stel nie.
    Greg het aanvanklik gedink dat hierdie skool vir die supperrykes iets
     wonderliks is, maar besef later dat hul almal net clones van hul pa’s is en pionne in
     ŉ groter skaakspel.
    Greg sien deur sy skoolhoof se skynheilige optrede en is oorgehaal om hom aan
     die kaak te stel.
    Hy daag sy pa se woorde dat hy nie ŉ ruggraat het nie, uit, deur hom aan die
     pen te laat ry vir sy misdade.
    Greg ontwikkel simpatie vir Eckardt se omstandighede en besef waarom hy die
     slagoffer van die sosiale manipulasie was.
    Greg het verkeerd opgetree deur by die misdrywe van kuberkrakery betrokke
     te raak, maar hy het nooit ŉ black hat geword wat ongerymdhede gepleeg het nie.
    Greg het in so ŉ mate ontwikkel dat hy alles wat verkeerd is by die skool en by
     sy pa en Dok Pienaar bekend te maak – en hul te laat boet vir hul sondes.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                           AFRIKAANS HUISTAAL V2                         19

    Eckardt toon geen karakterontwikkeling nie, want hy blyk eindelik ŉ
     aartsmanipuleerder en skurk te wees.
    Eckardt het in Greg ŉ kwansuise vriend gevind, maar hy het hom sosiaal
     gemanipuleer om wraak op sy pa en Dok Pienaar te neem.
    Eckardt het nie deur die loop van die verhaal berou begin toon vir sy slinkse
     plan nie en einduit volgehou om Greg om die bos te lei.
    Wanneer Eckardt die waarheid aan Greg ontbloot, is dit duidelik dat die wraak
     en haat so diep gewortel is dat sy selfversekerdheid en sarkasme diep deur Greg
     moet sny.
    Eckardt was gemeen om van Greg ŉ vriend en vertroueling te maak en het hom
     gebruik om inligting in te win en die Owen-familie te laat boet.
    Eckardt se hele lewe is deur wraak gedryf en hy was bereid om ŉ onskuldige
     slagoffer te gebruik om sy pyn te probeer vergeet.
    Eckardt het meer as een geleentheid gehad om met Greg oor die waarheid te
     praat en sy haat in medemenslikheid om te keer, maar hy verkies dit om ŉ sosiale
     maniulasie-projek deur te voer wat katastrofiese gevolge vir sy vriend inhou.
    Mnr. Owen ondergaan nie karakterontwikkeling nie, want vanaf die begin tot die
     einde van die roman is hy die rigiede, geharde man wat baie van sy seun verwag.
    ŉ Mens sou verwag dat die selfdood van sy seun, John, hom moontlik kon
     verander om ŉ omgee-gesingheid te ontwikkel, maar dis asof hy nog strenger
     raak en nog meer van Greg verwag.
    Hy is jare gelede vir bedrog aangekla, maar dit keer hom nie om nou weer by
     Dok Pienaar se onwettige en onmenslike planne betrokke te raak nie.
    Geld en mag het mnr. Owen se lewe beheer en hoewel hy al duur lesse ten opsigte
     hiervan in die lewe geleer het, het dit hom nie weerhou om dit te bly najaag nie.
    Meneer Owen se halfhartige poging met die onblotingstoneel in Clarens is nie
     genoeg om te reken dat daar gedeeltelike karakterontwikkeling plaasgevind het
     nie, want hy kon in hierdie krisismoment sy seun styf vasgedruk het en om genade
     gesmeek het – hy doen dit egter nie.
    Meneer Owen het die geleentheid gehad om uit sy foute te leer en hy het ŉ
     ondersteunende vrou gehad wat, ten spyte van sy giere en streng persoonlikheid,
     by hom bly staan het. Tog kies hy om die verkeerde te doen.
    Meneer Owen se geldgierigheid en ongenaakbaarheid het geen einde geken
     nie en hy was bereid dat menselewens en sy familie in die proses vernietig word.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                                   [25]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                      AFRIKAANS HUISTAAL                      (EC/SEPTEMBER 2019)

 VRAAG 13: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG

 Vraag                                      Antwoord                                         Punt
 13.1      Eckardt is saam met Greg vir die April-skoolvakansie na sy huis in
           Johannesburg/Sandhurst toe. √                                                       1

 13.2      Greg √                                                                              1

           Die verteller bied aan die leser ŉ eerlike/opregte/geloofwaardige vertelling        1
           van sy denke oor die kamerindeling./Hy gee vir ons sy reaksie wanneer hy
           agterkom watter kamer hy vir Eckardt gegee het. √

           Eckardt weet nie dat Greg oor die kamerindeling/betekenis van John se
           kamer dink nie, want Greg sê dit nie vir hom nie. √/ Die leser weet hoe Greg        1
           oor John se kamer dink, maar ons weet nie of Eckardt dit as ŉ ‘oorwinning’
           beskou nie. √                                                                       1

 13.3      Die aand van die Trapper-ritueel het Greg iets van John in Eckardt se oë
           gesien./Die manier waarop Eckardt na hom kyk. √                                     1
           Greg beleef by Eckardt dieselfde voorliefde vir die ektreme/die
           uiterstes/adrenalienaktiwiteite soos hy dit by John ervaar het. √                   1

 13.4      Greg weet nie Eckardt is besig met ŉ social engineering attack op hom nie.
           Eckardt vertel nie vir Greg dat hy weet van sy pa en Dok Pienaar se
           agterbakse planne nie./
           Eckardt vertel nie vir Greg dat sy pa en Dok Pienaar iets met sy eie pa se
           verdwying te make het nie./
           Eckardt vertel nie vir Greg wie hy werklik is nie. √√                               2

           Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke voorbeelde uit die roman vir
           EEN punt elk aan.

           Eckardt jok vir Greg oor sy gesinslewe – dat hy ŉ pa, ma en broer en suster
           het./oor sy ouers se beroepe./
           Eckardt jok vir Greg oor wat sy gesin die April-skoolvakansie gaan doen. √          1

           Die kandidaat bied enige EEN soortgelyke voorbeeld uit die roman aan.

 13.5      Greg is skynheilig/vals/onverantwoordelik.(want die leser besef hy het – ten
           spyte van sy hoofseun-sportsterprofiel – al genoeg dwelms gebruik om te
           weet hoe dit hom laat voel.)/
           Greg het selfbeheersing.(hy wil nie weer so voel nie en kan nee sê) √               1

 13.6      Greg en Eckardt is in ŉ donker/benoude klubruimte./
           Greg en Eckardt is in ŉ ruimte waar jongmense met verkeerde dinge (soos
           dwelms) besig is. √                                                                 1

           Die onderwêreld waarin misdadigers beweeg./
           Kuberkrakery as die onderwêreld van rekenaargebruikers./
           Onderwêreld van gesagsuitdaging./
           Die onderwêreld van geld, mag en misdaad. √                                         1

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                          21

 13.7      Die < >-hakies pas by/is tipies van die rekenaartema wat in onderwêreld
           gebruik word. √                                                                    1

 13.8      Die “ping”-gedeelte (hoofstuk 1–25) verwys na die rekenaaropdrag waartydens
           ŉ pakkie inligting van een rekenaar na ŉ ander gestuur word en die
           teikenrekenaar moet die inligting eggo om te bevestig dat dit bereikbaar en
           aktief is./Die Zoeloe-naam vir die Drakensberge/Die trappers se stemme in die
           Tonnel./uKhahlambe verwys na die donderende geluid van die Zoeloe-krygers
           se spiese as hulle dit teen die skilde slaan en die eggo’s van die berghange
           terugkeer./Eckardt se pa se selfmoordpoging eggo deur sy lewe./Die kom in
           Eckardt se kuberkrakernaam na vore. √√                                             2

 13.9      Hierdie woorde kom ook in die proloog voor wanneer Eckardt op sy pa se
           selfmoordpoging afkom. √                                                           1

           Ja.
           Die woorde impliseer totale angs en verwardheid en is gepas omdat Eckardt
           net hierna sy sosiale manipulasie-plan aan Greg ontbloot. √                        1

 13.10     Retoriese vraag √                                                                  1

           Ja.
           Greg het nie die vaagste benul hoekom Eckardt nou so gemeen/wraaksugtig
           voorkom nie, want hy dink hulle is vriende. √                                      1

           Albei kante van die innerlike konflik moet gewys word.

           Greg ervaar innerlike konflik oor die druk wat sy pa op hom uitoefen, want sy
           pa verwag baie van hom, maar hy wil nie sy pa tevrede stel nie./Greg is
           hartseer oor sy broer se selfdood, maar hy mag dit nie met sy pa deel nie. √       1

           Die kandidaat bied enige EEN voorbeeld van innerlike konflik. Albei kante van
           die konflik moet gewys word.

 13.11     Social engineering is die manier waarop jy mense oorreed om hul eie of
           ander mense se persoonlike inligting vir jou te gee. √                             1

           Eckardt het Greg mislei deur van hom ŉ vriend te maak om eintlik net finale
           wraak op sy pa en Dok Pienaar te neem vir dit wat hul aan sy regte pa
           gedoen het – hy lei Greg om sy eie pa as skurk te ontmasker. √                     1

           Nee.
           Eckardt wou Greg se pa terugkry en daarom is dit nie billik om Greg so te
           mislei nie.
                                               OF
           Ja.
           Eckardt se wraak is teen Greg se pa gemik, maar hy weet wraak sal seerder
           wees as hy deur sy eie kind ontmasker word. √                                      1

           Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                                     AFRIKAANS HUISTAAL                      (EC/SEPTEMBER 2019)

 13.12     Nee.
           Eckardt se hele lewe is deur wraak gedryf en hy was bereid om ŉ onskuldige
           slagoffer te gebruik om sy pyn te probeer vergeet./
           Eckardt het meer as een geleentheid gehad om met Greg oor die waarheid te
           praat en sy haat in medemenslikheid om te keer, maar hy verkies dit om ŉ
           sosiale maniulasie-projek deur te voer wat katastrofiese gevolge vir sy vriend
           inhou.
                                                 OF

           Ja.
           Aanvanklik is Eckardt gemoedelik, maar aan die einde is hy selfversekerd en
           sarkasties.√                                                                       1
                                                                                             [25]

 AFDELING C: DRAMA

 Beantwoord EEN vraag.

 KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

 VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
 DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

 LET WEL:
    Dis ŉ breë raamwerk van feite.
    Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

    Blanchie ondergaan beslis totale karakterontwikkeling, want sy kom tot inkeer en
     kry skaam vir haar onbehoorlike optrede.
    Blanchie raak, onder druk van haar pa, betrokke in die modelwêreld, maar
     wanneer haar kanse op roem in Parys deur die mat val, bereik sy ook breekpunt en
     verkwalik haar pa vir haar optrede.
    Blanchie het ‘vuil’ gevoel en was skaam vir haar optrede, maar wanneer sy en
     Map hul sondes aan mekaar bely, kry sy die kans om nuut te begin en besef die leser
     dat sy tot nuwe insigte kom.
    Daar is spanning tussen Blanchie en Maud, maar die konflik word op die spits
     gedryf wanneer hul handgemeen raak en daarna kon hul in vrede mekaar verdra.
    Blanchie besef aan die einde van die drama dat haar pa verkeerd opgetree het,
     maar glo nie dat hy ŉ slegte mens is nie. Sy het genoeg insig om te besef dat die
     omstandighede van die dag hom so laat optree het.
    Wanneer Cavernelis selfdood pleeg, is Blanchie ook verward en hartseer, want
     sy is jammer vir haar pa wat vasgevang is in omstandighede waaruit hy nooit sal kan
     ontsnap nie.
    Wanneer Blanchie haar aan Map se greep oorgee en hom toelaat dat hy haar
     kan vashou, erken sy weer sy liefde en invloed in haar lewe, maar hul is nou
     volwassenes wat al die lelike kant van die lewe gesien het – en hul kan nou begin om
     ŉ nuwe lewe saam te bou.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [AFR HL P2 QP GR12 SEPT2019](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-qp-gr12-sept2019/3fb234fe-faec-4aa8-9afa-d859445dd944) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2019-memo/669ef435-fb0c-4809-bd37-e82d905f388f) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRHL P2 GR12 MEMO SEPT2018](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-memo-sept2018/23f66bba-f237-4a7c-8261-e56864332257) — Afrikaans HL · Memo · 2018
- [AFRHL P2 GR12 MEMO SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-memo-sept2016/8657ec72-28f4-469c-8606-6601e803e286) — Afrikaans HL · Memo · 2016
- [AFRHL P2 GR12 MEMO SEPT2014](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-memo-sept2014/d4d84046-ae19-4a6a-bd56-563c640d92c3) — Afrikaans HL · Memo · 2014

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
