# Afrikaans HL Grade 6 Paper 2 November 2014 Question Paper

> Grade 6 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the November Exam 2014, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr6-qp-nov2014/7adea8c2-6023-48a6-929e-eeb1f475e839
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 6
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 6](https://www.hlayiso.com/library/grade-6) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-6/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 6 Paper 2 November 2014 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr6-qp-nov2014/7adea8c2-6023-48a6-929e-eeb1f475e839)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 6 · November Exam · 2014. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 INTERMEDIÊRE FASE

                          GRAAD 6

                    NOVEMBER 2014

              AFRIKAANS HUISTAAL V2

PUNTE:   40

TYD:     1 uur

NAAM:

                              *6AFHL2*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (NOVEMBER 2014)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

        AFDELING A:          KYK- EN LEESBEGRIP               (25 punte)
        AFDELING B:          TAAL                             (15 punte)

 2.     Beantwoord al die vrae.

 3.     Vul die antwoorde op die vraestel in.

 4.     Skryf netjies met blou of swart ink.

 5.     Lees die instruksies by AL die vrae versigtig deur.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                     AFRIKAANS HUISTAAL V2                                           3

 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP

 VRAAG 1: ’N KORTVERHAAL

 Lees die volgende kortverhaal mooi deur en beantwoord die vrae wat daarop
 volg.

 Kortverhaal:                                                   deur Charlotte Mbali

 1.     ŉ Skool op die platteland besluit op ŉ dag om met ŉ kosprojek vir die
        skoolkinders te begin. Hulle wou daagliks ŉ gekookte maaltyd aan
        leerders voorsien. Dit is nodig omdat baie van die kinders elke dag ver
        skool toe moes stap en dan weer huis toe. Hulle het nie tyd om by
        hulle huise te eet nie. Die bestuursraad en ŉ paar van die ouers het
        drie kamers vir die kos gebou. Die kamers word elke dag gesluit met
        sterk slotte en daar was drie kokke wat die kos buite kook.

 2.     Op ŉ dag kom een van die kokke agter dat die kos wegraak en
        rapporteer dit toe aan die hoof, Meneer Tswala. Die hoof ontbied toe
        dadelik die polisie om te help om die kosdief te vang. Die polisie het
        die pakkamers dopgehou, maar kon nie die dief vang nie.
 3.     “Dit moes iemand in die skool wees,” sê die polisieman. Die hoof sit
        met sy hande in sy hare. “Wat kan ons doen?” vra die hoof toe.

 4.     Die raad stel toe voor dat hulle die sangoma vra om te help om die dief
        te vang. Die sangoma nooi toe al die kinders, onderwysers en kokke
        om twaalfuur by die kookplek bymekaar te kom. Hulle moes hul skoon
        was en mooi aantrek. Hy beveel die hoof om ŉ mes en ŉ swart haan
        te bring.

 5.     Daardie nag slag hulle die haan en sit dit onder in ŉ groot pot. Die
        sangoma beveel elkeen om op die pot te sweer dat hy of sy nie die dief
        is nie. Die krag van die pot sal die dief uitwys.
 6.     Al die mense doen wat die sangoma sê. Hy beveel hulle toe om hul
        hande op te lig en na hom te wys. Hy wys toe na een van die kokke as
        die dief. Sy het geweet sy is skuldig en was bang om aan die vuil,
        swart pot te vat.

            [Verwerk en verkort uit die “Food Thief and the Chief of Robbers”, Maskew Miller
                                                                                  Longman]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (NOVEMBER 2014)

 1.1    Kies die korrekte antwoord. Omkring die korrekte antwoord.
        Hoeveel kamers het hulle vir die kos gebou?

        A    Twee
        B    Vyf
        C    Drie
        D    Vier                                                                     (1)

 1.2    Wie het agtergekom dat daar van die kos wegraak?

        A    Die hoofkok
        B    Die polisie
        C    Die sangoma
        D    Die leerders                                                             (1)

 1.3    Meneer Tswala het dadelik die ... ontbied.

        A    ambulans
        B    polisie
        C    sangoma
        D    kokke                                                                    (1)

 1.4    Beantwoord die volgende vraag in ŉ volsin:

        Waarom het die skool besluit om die kosprojek te begin?

                                                                                     (1)

 1.5    Haal ŉ woord uit paragraaf 4 wat na “middernag” verwys.

                                                                                     (1)

 1.6    Die sangoma is die belangrikste karakter in die storie. Stem jy saam?
        Gee ŉ rede vir jou antwoord.

                                                                                      (2)

 1.7    Identifiseer die alliterasie in paragraaf 5 en skryf dit neer.

                                                                                      (1)

 1.8    Watter les kan jy uit die storie leer?

                                                                                      (1)

 1.9    Wat beteken die volgende gesegde? “Die hoof sit met sy hande in sy
        hare”.

                                                                                      (1)

 1.10 Gee ŉ gepaste titel vir die kortverhaal.

                                                                                      (1)
                                                                                     [11]
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                          5

 VRAAG 2: ADVERTENSIE

 Lees die volgende advertensie uit “Die Burger” en beantwoord dan die vrae
 wat daarop volg.

                                           [Bron: Spotprent uit Die Burger, 16 Julie 2008]

 2.1    Waar, dink jy, het die advertensie verskyn?

                                                                                             (1)

 2.2    Watter sin in die advertensie laat Mama Taxi gevaarlik klink?

                                                                                             (1)

 2.3    Voltooi die sin:
        Net toe jy gedink het dis weer veilig op die pad                                     (1)

 2.4    Hoekom, dink jy, vra die skrywer die vrae?
        Is dit ŉ voël? Is dit ŉ vliegtuig?

                                                                                             (1)
                                                                                             [4]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                           (NOVEMBER 2014)

 VRAAG 3: INLIGTINGSTEKS

 LEES:

 Lees die inligting oor die voordele en nadele van MXit en beantwoord dan die
 vrae.

 Waarom is MXit voordelig?
  MXit is ŉ goedkoop manier om te gesels en dit is maklik om te registreer.
  Boodskappe kan in die werklike tyd gestuur word en in kletskamers kan ŉ
   mens met meer as een persoon gelyktydig praat.
  ŉ MXit-boodskap kos minder as ŉ SMS en ŉ MXit-boodskap kan tot 2 048
   letters hê, waar ŉ SMS net 160 letters kan hê.
  Behalwe in Engels, kan ŉ mens in Afrikaans, Xhosa of Zoeloe gesels.
  Jy kan musiek, videospeletjies, lugtyd en elektrisiteit deur MXit koop.

 Wat is MXit se nadele?
  Leerders se skoolwerk kan verswak, want MXit is verslawend.
  Mense MXit wanneer hulle eet, gesels, skoolgaan, huiswerk doen en selfs
   wanneer hulle fliek.
  MXit is onpersoonlik en veroorsaak dat mense nie meer maklik met mense
   kan gesels en hulle in die oë kyk nie.
  MXit-taal en -skryfstyl kan leerders leer om verkeerd te spel en te skryf.
  Kinders kan maklik op verkeerde kletskamers ingaan wat nie by hulle
   ouderdom pas nie, want jy hoef nie te sê wie jy is nie.
  Dit is baie maklik om ŉ kuberboelie te wees. Die boelie hoef nie sy
   slagoffer in die oë te kyk nie, maar stuur net ŉ boodskap.

                                                        [Verkry uit “Afrikaans is maklik”]

 3.1     Onderstreep die korrekte antwoord tussen hakies:

         Dit is (ingewikkeld, eenvoudig) om te registreer.                                   (1)

 3.2     Waarom is MXit baie onpersoonlik volgens die skrywer?

                                                                                             (1)

 3.3     3.3.1   Is die volgende stelling waar of onwaar?
                 Ons kan in vier tale op MXit kommunikeer.

                                                                                             (1)

         3.3.2   Motiveer jou antwoord met ŉ sin uit die leesstuk.

                                                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    7

 3.4    Wat is ŉ kuberboelie?

                                                                                       (1)

 3.5    Kies die korrekte antwoord. Omkring die korrekte antwoord.
        ŉ MXit boodskap kan tot ... letters hê.

        A         2 038
        B         2 048
        C         2 068
        D         1 048                                                                (1)

 3.6    Watter soort teks is bostaande – ŉ inligtingsteks of ŉ instruksieteks?

                                                                                       (3)
                                                                                      [10]

                                                         TOTAAL AFDELING A:            25

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                           (NOVEMBER 2014)

 AFDELING B: TAAL IN KONTEKS

 VRAAG 4

 Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.

                                                  [Bron: Spotprent uit Rapport, 4 Mei 2011]

 4.1    Vul die voorsetsel in wat uitgelaat is:

        Janine praat ... haar pa.                                                             (1)

 4.2    Gee die meervoude van die woorde tussen hakies:

        Die (selfoon) is in haar (hand).

                                                                                              (2)

 4.3    Skryf die sin in die verlede tyd:
        Die oom wil hê sy kind moet hom help, daarom skryf hy dit neer.

                                                                                              (1)

 4.4    Skryf die sin in die toekomende tyd:
        Janine help haar pa om ŉ boodskap te stuur.

                                                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                         9

 4.5    Gee die intensiewe vorm van die woord tussen hakies:
        Janine se pa se selfoon is (baie nuut).

                                                                                            (1)

 4.6    Haal ŉ bevelsin uit die strokiesprent aan.

                                                                                            (1)

 4.7    Skryf die sin in die indirekte rede.:
        Janine sê aan haar pa: “Jy moet net die groen knoppie druk.”

                                                                                            (2)
                                                                                            [9]

 VRAAG 5: SPOTPRENT

                                         [Bron: Spotprent uit Volksblad, 5 Januarie 2012]

 5.1    Gee die verkleinwoord van die woord tussen hakies.
        Die seun sit op die (sofa).

                                                                                            (1)

 5.2    Verbind die volgende sinne met die voegwoord tussen hakies om een
        goeie sin te vorm.

        Die seun se ouers spog. Hy het geslaag. (omdat)

                                                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                         (NOVEMBER 2014)

 5.3    Gebruik die woord “deur”’ in die leesstuk in ŉ sin sodat dit ŉ ander
        betekenis het, as wat dit in die leesstuk het.

                                                                                         (1)

 5.4    Gee EEN woord vir die woorde tussen hakies.
        Die seun sit (elke dag) voor die televisie.

                                                                                         (1)

 5.5    Gee EEN samestelling vir die woord tussen hakies.
        Ma hou die (koerant + papier) in haar hand.

                                                                                         (1)

 5.6    Sê watter woordsoort die onderstreepte woord is.

        Jannie sit ongeërg en televisie kyk, want hy weet dat hy geleer het. Sy
        kwaai ouers het hom belowe dat hulle Durban toe kan gaan.

        Hoofwerkwoord     OF     Eienaam        OF        Byvoeglike naamwoord           (1)
                                                                                         [6]

                                                         TOTAAL AFDELING B:               15
                                                             GROOTTOTAAL:                 40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [AFR HL P2 GR6 MEMO NOV2014](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr6-memo-nov2014/a9363d5e-5051-4ac1-82a2-d04ef04df28a) — Afrikaans HL · Memo · 2014 · Afr
- [AFR HL P3 GR6 QP NOV2014](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr6-qp-nov2014/847f2eb1-7242-423a-a63d-5334002f4449) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [Gr6 AFRHL P2 N16 QP](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p2-n16-qp/bcff5e11-c51c-4168-95f5-47931999d11d) — Afrikaans HL · QP · 2016
- [AFR HL P3 GR6 MEMO NOV2014](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr6-memo-nov2014/9aff3240-aa1f-4f46-b894-2562e0ce7dac) — Afrikaans HL · Memo · 2014 · Afr
- [AFR HL P2 GR6 MEMO NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr6-memo-nov2018-d/53d742d1-9f86-4ef1-bdb9-284e38c4be6e) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 MEMO NOVEMBER 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-memo-november-2017/7871f2a1-b789-457c-bee9-08c9365615ab) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 6 Afrikaans HL

- [Afrikaans HL MG June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2024-north-west-june-exam-question-paper-afrikaans/fa8f3827-b75a-4391-9e2d-f02a26b61f28) — Memo · 2024 · Afr
- [AFR HL P3 GR6 MEMO NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr6-memo-nov2018/633a64e4-5a21-406a-85df-29790cc7931a) — Memo · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 MEMO NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-nov2017/cf555b7a-c965-4ecc-ad4a-b424c70f4bf0) — Memo · 2017 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp/b36abc2e-ee17-4480-a8b7-d825ab1ad052) — QP · 2017 · Afr
- [Gr6 AFRHL P2 N16 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p2-n16-memo/23f3439d-5d22-4ac4-a5d8-6485c8745872) — Memo · 2016
- [Gr6 AFRHL P3 N16 Memo](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p3-n16-memo/0dcad7cf-b7d9-4420-be0d-9bb2b9e4c6d0) — Memo · 2016

## Collection

- [Grade 6 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-6/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
