# Afrikaans HL Grade 6 Paper 2 November 2018 Question Paper

> Grade 6 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the November Exam 2018, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr6-qp-nov2018/9e336919-255d-49ff-bf96-c1663eee6de3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 6
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 6](https://www.hlayiso.com/library/grade-6) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-6/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 6 Paper 2 November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr6-qp-nov2018/9e336919-255d-49ff-bf96-c1663eee6de3)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 6 · November Exam · 2018. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   INTERMEDIÊRE FASE

                             GRAAD 6

                     NOVEMBER 2018

                 AFRIKAANS HUISTAAL V2

PUNTE:   40

TYD:     1 uur

NAAM:

                   Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/NOVEMBER 2018)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    1.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

         AFDELING A:          KYK EN LEESBEGRIP             (25 punte)
         AFDELING B:          TAAL                          (15 punte)

    2.   Beantwoord al die vrae.

    3.   Vul die antwoorde op die vraestel in.

    4.   Skryf netjies met blou of swart ink.

    5.   Lees die instruksies by AL die vrae versigtig deur voordat jy dit beantwoord.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                     AFRIKAANS HUISTAAL V2                                        3

 AFDELING A: KYK EN LEESBEGRIP

 VRAAG 1: TYDSKRIFARTIKEL

 Lees die onderstaande leesstuk deeglik deur en beantwoord die onderstaande vrae.

 1     Vriende kan jy kies, maar nie familie nie. Besef ons aldag hoe belangrik hierdie
       sinnetjie werklik is? Die mag lê weggesluit in ŉ paar woorde. Woorde wat ŉ mens
       twee keer laat dink oor dinge. Saam met vriende stap keuses ook op ons
       wandelpad.

 2     Ons kom elke dag in situasies waar keuses gemaak en besluite geneem moet
       word. Die keuse wat jy uitoefen, kan ten goede of ten kwade wees, vir jou
       persoonlik tot voordeel of vir die ander persoon tot nadeel. Vriende speel ŉ
       belangrike rol in ons lewens. Hulle kan jou aanvul, maar so ook terselfdertyd
       afbreek. Dit is waarom jou keuses van vriende baie belangrik is.

 3     Vriende is daar om jou by te staan deur moeilike tye, jou op te beur wanneer jy
       die dag voel dat jy watertenke agter jou oë het. Maar sien, vriende is ook daar
       vir wanneer jy borrel en goeie nuus met iemand wil deel. Vriende is spesiale
       mense wat altyd omgee, luister en help deur net daar te wees vir mekaar.
       Vriende laat jou op een of ander manier glimlag en as persoon goed voel!

 4     Vriende soos hierdie se deure staan altyd oop vir mekaar. Dis waar die
       ongelooflike magtige wondermiddel wat bekend staan as e-pos, inkom. Sien, dit
       is so … Jy hoef nie elke dag met al jou vriende of vriendinne te praat nie, maar
       deur ŉ grappie aan te stuur na iemand aan wie jy op daardie oomblik dink,
       beteken net soveel soos ŉ oproep van jou vriende af.

 5     Jy sal moet gaan sit en besluit wat in die lewe vir jou belangrik is. Ja, daar is ŉ
       gesegde wat sê: “Life’s a journey, enjoy the ride.” Maar ongelukkig kan dit nie
       altyd so wees nie. Jy moet gaan sit en besluit wat jy met jou lewe wil doen,
       prioriteite moet bepaal word. Al hoe ŉ mens hierdie keuse kan laat realiseer, is
       as jy die regte motiveringsmiddels rondom jou het – die regte vriende.

                                                           [Uit Die Republikein, 30 Julie 2008]

 Omkring die korrekte antwoord.

 1.1    Kies die beste titel vir die koerantberig.

        A     Kies jou familie reg – die lewe lê voor.
        B     Aan jou vriende word jy geken. Kies regte vriende.
        C     Vriende is nie so belangrik, so meng met enige persoon.
        D     Staan altyd op vir jou vriende.                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/NOVEMBER 2018)

    1.2 Uit watter koerant is hierdie berig geneem?

         A    Die Burger
         B    Die Republikein
         C    Life’s a journey
         D    Republikein                                                                   (1)

    1.3 Bestudeer die onderstaande uitdrukking in paragraaf 3 en kies die antwoord
        wat NIE daarby pas NIE.

         “… watertenke agter jou oë het ...”

         A    Baie gehuil
         B    Hartseer
         C    Trane hardloop uit jou oë
         D    Te veel water gedrink het                                                     (1)

    1.4 Antwoord die onderstaande vraag in ŉ volsin.
        Wat bedoel die skrywer as hy sê: “Vriende kan jy kies, maar nie familie
        nie?”

                                                                                            (1)

    1.5 Verkeerde vriende kan jou negatief beïnvloed. Stem jy saam met die
        stelling? Motiveer jou antwoord.

                                                                                            (2)

    1.6 Volgens die leesstuk moet vriende sekere karaktertrekke hê? Noem EEN
        eienskap van ŉ goeie vriend.

                                                                                            (1)

    1.7 Haal EEN woord uit paragraaf 5 wat dieselfde beteken as:
        ‘voorrang geniet’

                                                                                            (1)

    1.8 Wat is die hoofgedagte van die tydskrifartikel?
        Gebruik jou eie woorde.

                                                                                            (1)

    1.9 Voltooi die onderstaande sin deur die ontbrekende woord in te vul.
         Die enigste manier hoe ŉ mens jou prioriteite agter mekaar kan kry, is as jy
         die regte ______________________________rondom jou het.                           (1)
                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                              5

  VRAAG 2: ADVERTENSIE

  Lees die onderstaande advertensie deur en beantwoord die daaropvolgende
  vrae.

  Reik na jou droom:

  2.1 Watter finansiële instelling word in die advertensie bemark?

                                                                                    (1)

  2.2 Wat beloof hierdie advertensie ons?

                                                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                  (EC/NOVEMBER 2018)

    2.3 Omkring die letter van die korrekte antwoord:

         Wie sal die meeste van die aanbod gebruik maak?

         A    Jongmense wie nie wil werk nie.
         B    Jongmense met geen ideale.
         C    Jongmense met lewensdrome.
         D    Jongmense wie alreeds hul drome bewaarheid het.                         (1)

    2.4 Indien jy gebruik sou maak van bogenoemde aanbod, waarmee sal hierdie
        finansiële instansie jou kan help?

                                                                                      (1)

    2.5 Van watter tipe beeldspraak word in die onderstaande sin gebruik gemaak?

         Die sterre wink en jou toekoms blink.

                                                                                      (1)
                                                                                      [5]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                 7

  VRAAG 3: GEDIG

  Lees die onderstaande gedig deeglik deur en beantwoord die onderstaande vrae.

                                Band van Vriendskap
  Elize Botes

  Saggies het jy gekom en ŉ hand uitgesteek
  van vriendskap en omgee, ’n glimlag so breed.
  Soms luister jy net of gee my ŉ Woord
  as my lewenslied klink na ŉ valse akkoord …
  Dan weer ŉ glimlag en ŉ stewige handdruk
  as my ogies nat is en my skouers wil snik
  Jy sien ook my twyfel en weemoed soms raak,
  vertel my van jou prag-kruik met sy eie seer kraak …
  Jou vriendskap is ŉ seëning, opligtend, vol goud,
  jy deel jou Jesus-liefde, jy’s die aarde se sout.

  3.1 Omkring die letter langs die mees korrekte antwoord.
      Die stemming van die gedig is …

        A     neerdrukkend.
        B     hartseer.
        C     waarderend.
        D     lagwekkend.                                                              (1)

  3.2 Die gedig handel oor …

        A     vriende wie nie vir mekaar omgee nie.
        B     vriendskapsbande.
        C     die invloed van mense.
        D     hoe om vriende te maak.                                                  (1)

  3.3 “As my lewenslied klink na ŉ valse akkoord.’’ Wat bedoel die digter met
      hierdie stelling?

                                                                                       (1)

  3.4 Uit hoeveel strofes bestaan die gedig?

                                                                                       (1)

  3.5 Voltooi die volgende stelling: Volgens my mening is vriende mense wie …

                                                                                       (1)
                                                                                       [5]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/NOVEMBER 2018)

VRAAG 4: KOERANTBERIG

Lees die onderstaande berig deeglik deur en beantwoord die daaropvolgende
vrae.

                                       HEI JY

Gareth Cliff
Duisende luister soggens getrou na sy ontbytprogram op 5FM. En as ŉ Idols-
beoordelaar maak hy jou lekker die duiwel in. Leer ken die omstrede babbelkous en
sy smake beter.

Dit skeel hom nie dat mense sê hy is gemeen op Idols nie. “Ek dink die terugvoer
wat ek gee, is eerlik; ek probeer nie ongeskik wees nie. Mense kom na ons om hulle
sang te beoordeel. Party mense gaan ontdek hulle is vrot. Jy kan my nie onbeskof
noem omdat ek vir iemand wie nie kan sing nie, sê dat hy nie kan sing nie.”

In die vroeë rondtes is dit soms moeilik om jou lag te hou. “Die oudisies is strykdeur
snaaks. Dis moeilik om ernstig te bly. Ek smaak dit as Unathi (Msengana, sy
medebeoordelaar) onbeheers begin lag.”

4.1    Tydens watter tyd van die dag kan jy na Gareth Cliff se program luister?

                                                                                          (1)

4.2    “As Idols-beoordelaar maak hy jou die duiwel in.’’ Wat beteken ‘om iemand
       die duiwel in te maak’?

                                                                                          (1)

4.3    Haal EEN woord uit die leesstuk wat dieselfde beteken as; ‘iemand wie baie
       praat.’

                                                                                          (1)

4.4    ‘Gareth is ŉ bekende in Suid-Afrika.’ Stem jy saam met die stelling?
       Motiveer jou antwoord met ŉ sin uit die leesstuk.

                                                                                          (1)

4.5    Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is? Idols is soms snaaks.
       Motiveer jou antwoord.

                                                                                          (1)
                                                                                          [5]

                                                            TOTAAL AFDELING A:            25

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                    AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     9

  AFDELING B: TAAL IN KONTEKS

  VRAAG 5: WOORDSTRUKTURE

  Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande teks gebaseer.

                vrien-din (ne;-etjie): vroulike vriend; vriend van vroulike geslag;
  nooi; ŉ vriend uit jou jeug. Vriende kan jy kies, maar nie jou familie/famielie nie.
  Jy moet ten alle tye op jou vriend kan vertrou.

  5.1 Verander die woord vertrou na ŉ PERSOONSNAAM.

        Jy moet ten alle tye ŉ (vertrou) vir jou vriende wees.

                                                                                             (1)

  5.2 Identifiseer en korrigeer die SPELFOUTE in die onderstaande sin. Skryf die
      sin oor met die korrekte spelling van die woorde.

        Jou famielie sal jou help met jou proiriteite, as jy tyd met hulle spandeer.

                                                                                             (2)

  5.3 Gee die VERKLEININGSVORM van die woord tussen hakies.

        Somtyds voel jy asof daar (watertenke) agter jou oë is.                              (1)

  5.4 Identifiseer die ONDERWERP en die GESEGDE in die volgende sin deur ŉ
      (X) in die korrekte blokkie te skryf. Vriende moet jou beskerm.

            Onderwerp                    Gesegde                       Antwoord
        Vriende moet           jou beskerm
        Vriende                moet beskerm                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/NOVEMBER 2018)

  5.5 Identifiseer die onderstreepte NAAMWOORDE uit die opsies in die
      onderstaande woordblok.

         Eienaam       Soortnaam      Abstrakte naamwoord          Versamelnaam

       5.5.1    Jou vriend kan iemand wees vir wie jy baie vriendskap kan bewys.

                                                                                        (1)

       5.5.2    Een van my penmaats woon in die verre Afrika.

                                                                                        (1)

  5.6 Onderstreep die BYWOORD in die onderstaande sin.

       My vriende praat saggies met my as hulle bel.                                    (1)

  5.7 Watter TWEE woorde kan gebruik word in plaas van die onderstreepte
      woord.

       Jy’s ŉ wonderlike vriend vir my.

       __________         _________                                                     (1)

  5.8 Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.

       Die dogter het sulke wonderlike, hardwerkende (vriendin).

                                                                                        (1)
                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                    AFRIKAANS HUISTAAL V2                             11

 VRAAG 6: VISUELE TEKS

 Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die taalvrae wat daarop volg.

 6.1    Vul die korrekte VOORSETSELS in.

        6.1.1   Meester vererg hom ______________ die seun se houding.                  (1)

        6.1.2   Neelsie verkeer _______________’n wanindruk.                            (1)

 6.2    Verbind die twee ENKELVOUDIGE sinne met die voegwoord tussen hakies
        om een goeie SAAMGESTELDE sin te vorm.

        Hy wou weet. Was daar al radio’s in daardie tyd? (of)

                                                                                        (1)

 6.3    Skryf die AKRONIEM in die sin vol uit.

        Neelsie doen nie sy werk nie, want hy wil by ESKOM gaan werk.

                                                                                        (1)

 6.4    Gee ŉ SINONIEM vir die woord tussen hakies.

        Die (hoof) sal Neelsie straf, indien hy nie sy werk doen nie.

                                                                                        (1)

 6.5    Haal ŉ SAMESTELLING uit Raampie 1 en skryf dit hier neer.

                                                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/NOVEMBER 2018)

 6.6   Kies die korrekte VOORNAAMWOORD uit die gegewe blok om die sinne te
       voltooi.

                        Ons;   hulle;     julle;   my;   myne;   sy

       Neelsie doen nooit ______________ werk nie, want hy is baie lui.                  (1)

 6.7   Skryf die volgende sin oor in die ONTKENNENDE VORM.

       Gaan leer dadelik jou skoolwerk.

                                                                                         (1)
                                                                                         [8]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   13

 VRAAG 7: SINSTRUKTURE

 Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande teks gebaseer.

 Met ŉ bietjie hulp kan ŉ (ryk aan glorie) toekoms meer as net ŉ droom word. Werk
 hard vir ŉ beter toekoms. Laat niks en niemand jou toekomsvisie beïnvloed nie.

 7.1    Onderstreep die HULPWERKWOORD in die onderstaande sin.

        Die dogter het hard aan haar toekomsdrome gewerk.                                    (1)

 7.2    Sê watter soorte sinne die onderstaande sinne is.

        Voorbeeld: Reik uit na ŉ beter toekoms. (stelsin)

        7.2.1   Die toekoms lê vir ons voor, indien ons baie hard werk en studeer.

                                                                                             (1)

        7.2.2   Hoekom studeer julle nie vir ’n beter toekoms nie?

                                                                                             (1)

 7.3    Skryf die onderstaande sin oor vanaf die TEENWOORDIGE TYD na die
        TOEKOMENDE TYD.

        Die seun reik na die sterre sodat hy die hoogste sport kan bereik.

                                                                                             (1)

 7.4    Skryf die onderstaande sin oor vanaf die VERLEDE TYD na die
        TEENWOORDIGE TYD.

        Ek het graag na Gareth Cliff op Idols gekyk.

                                                                                             (1)

 7.5    Skryf die onderstaande sin oor in die INFINITIEWE vorm. (om ... te)

        Gareth hou daarvan (mense se sang) beoordeel.

                                                                                             (1)

 7.6    Skryf die onderstaande sin oor vanaf die BEDRYWENDE VORM na die
        LYDENDE VORM.

        Hy beoordeel die mense se sangtalent.

                                                                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                            AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/NOVEMBER 2018)

 7.7   Skryf die onderstaande sin oor in die DIREKTE REDE.

       Gareth sê dat hy mense op grond van hul sangtalent beoordeel.

       Gareth sê _____________________________________________________

                                                                                        (3)

 7.8   Skryf die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord tussen hakies neer.

       Die Oos-Kapenaars sing (mooi) as die Gautengers.

                                                                                        (1)
                                                                                       [12]

                                                  TOTAAL AFDELING B (30 ÷ 2):            15
                                                            GROOTTOTAAL:                 40

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFR HL P2 GR6 MEMO NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr6-memo-nov2018-d/53d742d1-9f86-4ef1-bdb9-284e38c4be6e) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Gr6 AFRHL P2 N16 QP](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p2-n16-qp/bcff5e11-c51c-4168-95f5-47931999d11d) — Afrikaans HL · QP · 2016
- [AFR HL P2 GR6 QP NOV2014](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr6-qp-nov2014/7adea8c2-6023-48a6-929e-eeb1f475e839) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [AFR HL P3 GR6 MEMO NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr6-memo-nov2018/633a64e4-5a21-406a-85df-29790cc7931a) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 MEMO NOVEMBER 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-memo-november-2017/7871f2a1-b789-457c-bee9-08c9365615ab) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Gr6 AFRHL P2 N16 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p2-n16-memo/23f3439d-5d22-4ac4-a5d8-6485c8745872) — Afrikaans HL · Memo · 2016

## More from Grade 6 Afrikaans HL

- [Afrikaans HL MG June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2024-north-west-june-exam-question-paper-afrikaans/fa8f3827-b75a-4391-9e2d-f02a26b61f28) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 MEMO NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-nov2017/cf555b7a-c965-4ecc-ad4a-b424c70f4bf0) — Memo · 2017 · Afr
- [Gr6 AFRHL P3 N16 Memo](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p3-n16-memo/0dcad7cf-b7d9-4420-be0d-9bb2b9e4c6d0) — Memo · 2016
- [Gr6 AFRHL P3 N16 QP](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p3-n16-qp/040b2769-a6b4-4c66-991b-b7a173f2c2cc) — QP · 2016
- [2014 ANA Grade 6 Afrikaans HL Memo](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-6-afrikaans-hl-memo/5b0a3d35-8a87-436e-848d-f4d5e8aca86e) — Memo · 2014 · Afr
- [2014 ANA Grade 6 Afrikaans HL Test](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-6-afrikaans-hl-test/56a66d8e-e2d8-4354-ae12-dfbc9a51c55d) — QP · 2014 · Afr

## Collection

- [Grade 6 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-6/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
