# Afrikaans HL Grade 9 Paper 2 November EC 2016 Question Paper

> Grade 9 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the November EC 2016, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-nov2016-qp/5ae565db-6c46-449b-bffb-9b4cec1a2406
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 9
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: November EC
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 9 Paper 2 November EC 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-nov2016-qp/5ae565db-6c46-449b-bffb-9b4cec1a2406)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 9 · November EC · 2016. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       SENIOR FASE

                             GRAAD 9

                      NOVEMBER 2016

                 AFRIKAANS HUISTAAL V2

PUNTE:   60

TYD:     2 uur

                                *9AFHL2*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/NOVEMBER 2016)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

         AFDELING A: BEGRIPSTOETS                              (25 punte)
         AFDELING B: OPSOMMING                                 (10 punte verwerk na 5)
         AFDELING C: TAAL IN KONTEKS                           (30 punte)

    2.   Beantwoord AL die vrae.

    3.   Lees die instruksies by AL die vrae versigtig deur.

    4.   Begin elke afdeling op ŉ NUWE bladsy.

    5.   Nommer elke antwoord presies soos wat die vrae op die vraestel genommer
         is.

    6.   Laat ŉ reël tussen die antwoorde oop.

    7.   Skryf netjies met blou of swart ink.

    8.   Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    3

 AFDELING A: BEGRIPSTOETS

 VRAAG 1: ARTIKEL

 Lees en kyk na die onderstaande tydskrifartikel en beantwoord dan die vrae wat
 daarna volg.

 VANDAT DIE SELFONE KOM OORVAT HET, IS ONS LEWENS SO GEBROKE
                                                    Keith Meyer

 1      Liewe selfoon. Almal is deesdae mos verslaaf aan jou ... Jy het die nuwe
        Antichris kom word ... my geliefde van my kom verwyder, my gesinslede
        elkeen in hul eie kuberhoekie geplaas.

 2      Soggens het my maat darem nog met my gepraat wanneer ons wakker word.
        Nou word jy eers aangeskakel. En dan begin jy te biep ... biep ... biep. En
        jou rooi liggie flikker onophoudelik soos die FB-, WhatsApp en WeChat
        boodskappe inkom. Jy is nou die een wat mense óf laat goed voel óf laat
        sleg voel ...

 3      Selfoon, ons het altyd soggens eers Bybel gelees voordat ons opgestaan
        het. Nou lees ons jou ... Al wat ‘n sosiale media netwerk is, moet eers
        deurgewerk word. En saans is dit net so ... Ons lees vir oulaas al ons
        boodskappe, voordat ons gaan slaap. Verslaaf aan jou, dit is wat ons geword
        het.

 4      Ons is gewillige slawe van die stukkie tegnologie in ons hand. Ons bestuur
        nie eers meer ordentlik nie. Daar word onverskillig geteks – een oog op jou
        en die ander een op die pad. Op hierdie manier stel ons ander mense se
        lewens in gevaar en jy sê nie ‘n woord nie,omdat jy nie kan nie.

 5      Selfoon, jy het mos ‘n geheime kode op vir die toestel asook vir daardie
        reghoekie in jou maag – die SIM-kaart. Het jy dan ŉ gereedskap geword
        waarmee mense skelmpies kan aanhou? Is dit die rede waarom jy geheime
        kodes het?

 6      Wannneer jou batterye pap word, dan raak jou eienaar van sy kop af. Jy
        moet onverwyld herlaai word. Ons koop eers lugtyd, voordat ons kos koop,
        want jy moet eerste gevoed word.

 7      Kinders praat nie meer met hul ouers nie ... Jy is die tolk deur wie daar
        gepraat word. Soos toe Kind vir Pa uit haar kamer ŉ WhatsApppie stuur:
        “Pa, bring asseblief vir my ‘n koppie koffie?”

 8      Selfoon, vandat jy ons lewens kom oorvat het, is ons lewens gebroke. Ons
        skuld word deur jou deur die winkels aan ons bekend gemaak. Ons kan
        selfs ons bloeddruk of hartklop deur middel van ‘n toepassingsisteem op jou
        lees. Ons hoef nooit weer te verdwaal nie, want jy kan navigeer ...

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                            AFRIKAANS HUISTAAL V2                            (EC/NOVEMBER 2016)

9.    Selfoon, enersyds is jy ŉ handige instrument, maar andersyds ŉ molesmaker.
      Vra maar vir diegene wie se verhoudings al deur ŉ skelmfoto of afspraak
      boodskap verongeluk is. Selfone word nou slimfone ... of is dit skelmfone? Ek
      vra maar net.

                                                     [Aangepas uit Die Son, 14 Maart 2014]

VRAE

1.1 Kies die korrekte antwoord en skryf net die vraagnommer en die korrekte letter
    neer.

      Wat is die standpunt van die joernalis (die persoon wat die artikel geskryf het)
      rondom selfone?

      A     Die joernalis is van mening dat selfone huwelike laat verbrokkel.
      B     Volgens die joernalis is selfone verantwoordelik vir baie motorongelukke.
      C     Die joernalis is teen die gebruik van selfone gekant.
      D     Die joernalis is van mening dat die gebruik van selfone positiewe, sowel
            as negatiewe gevolge mag hê.                                                     (1)

1.2 Verwys na paragraaf 1.

      Wat beteken dit wanneer ons sê dat ŉ persoon ŉ Antichris is?                           (1)

1.3 Watter leesteken word op twee plekke in paragraaf 1 gebruik om aan te dui
    dat die stellings onvoltooid, of daar ŉ pouse is?                                        (1)

1.4 Watter betekenis kan daar, binne die konteks van die leesstuk, geheg word
    aan die volgende stelling?

      “Jy het die nuwe Antichris kom word ...”                                    (2 x 1) (2)

1.5 Verwys na paragraaf 2.

      Volgens die paragraaf kan jy goed of sleg voel wanneer jy soggens
      boodskappe op jou selfoon ontvang. Wat word daarmee bedoel?                 (2 x 1) (2)

1.6 Verwys na paragraaf 3.

      Stem jy saam met die joernalis se stelling dat alle selfoongebruikers op grond
      van die sosiale media, daaraan verslaaf is?

      Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                (1 x 2) (2)

1.7 In paragraaf 4 impliseer die joernalis dat motoriste wat selfone gebruik
    wanneer hulle bestuur, ongelukke veroorsaak.
    Is dit ŉ FEIT of ŉ MENING? Motiveer.                                     (1 x 2) (2)

1.8 Verklaar die idioom in paragraaf 6 binne die konteks van die leesstuk:
    “... dan raak jou eienaar van sy kop af.”                                     (2 x 1) (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                     AFRIKAANS HUISTAAL V2                                        5

 1.9    “Ons koop eers lugtyd voordat ons kos koop, want jy moet eerste gevoed
        word.” Word die stelling LETTERLIK of FIGUURLIK bedoel?
        Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                       (1 x 1)            (2)

 1.10   Mondelinge kommunikasie tussen gesinslede word deur selfone benadeel.
        Haal ŉ voorbeeld uit die leesstuk aan om hierdie stelling te staaf. (2 x 1)           (2)

 1.11   Waarna verwys die woord “navigeer” in paragraaf 8?

        A     Dit verwys na die bepaling van jou koers of rigting.
        B     Dit verwys na die regulering van jou hartklop of bloeddruk.
        C     Dit verwys na die SIM-kaart in ŉ selfoon.
        D     Dit verwys na wanneer ŉ selfoon herlaai moet word.                              (1)

 1.12   Watter raad of advies sal jy aan jou ouers gee sodat selfone nie inmeng in
        hul huwelik nie? Noem ten minste TWEE dinge.                         (2 x 1)          (2)

 1.13   Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae.

        Bostaande grafiek dui aan hoeveel leerders by ŉ sekere skool daagliks
        teksboodskappe stuur.
        1.13.1       Hoeveel leerders stuur teksboodskappe na elke halfuur?                   (1)
        1.13.2       In watter tydgleuf word die meeste teksboodskappe gestuur?               (1)
        1.13.3       Hoeveel leerders stuur nooit teksboodskappe nie?                         (1)
        1.13.4       Dink jy dat die statistiek wat op die grafiek verskyn betroubaar of
                     geldig is? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                       (2 x 1)    (2)

                                                                TOTAAL AFDELING A:            25

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                             (EC/NOVEMBER 2016)

 AFDELING B: OPSOMMING

 VRAAG 2

 Lees die onderstaande teks deur en maak ŉ OPSOMMING van die SEWE wenke
 hoe ŉ mens brandstof kan bespaar.

    Skryf die SEWE sinne puntsgewys onder mekaar neer.
    Die opsomming moet sover moontlik in jou eie woorde wees.
    Die opsomming mag nie meer as 70 woorde wees nie.
    Skryf aan die einde van jou opsomming die aantal woorde tussen hakies neer.
    Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 70 woorde skryf, of as jy nie die getal
     woorde aandui nie.

                 WENKE OM MINDER BRANDSTOF TE GEBRUIK

 1      Die duur voggies dwing ŉ mens om weer te kyk na maniere hoe om brandstof
        te bespaar. BP doen die volgende aan die hand.

 2      Dit is belangrik vir veiligheid en brandstofverbruik dat die banddruk korrek
        moet wees. Algemene onderhoud aan die voertuig is ŉ noodsaaklikheid. ŉ
        Voertuig wat gereeld versien word, lewer nie net sy beste verrigting nie, maar
        spaar ook baie brandstof.

 3      Probeer om nie met bagasie op die dak te ry nie, want dit veroorsaak erge
        windweerstand. Gewig en windweerstand is twee van die grootste vyande
        van brandstofverbruik. Die enjin moet swaarder werk om meer gewig aan die
        beweeg te kry en in beweging te hou.

 4      Gebruik die lugversorging so min as moontlik, aangesien dit krag vanaf die
        enjin gebruik.    Moenie die vensters oopdraai nie.       Dit veroorsaak
        windweerstand.

 5      Bestuurstyl, soos om betyds die voet van die versnellerpedaal te lig om spoed
        te verminder, spaar nie net die remme nie, maar ook brandstof. Versnel
        eweredig en konsentreer op die omstandighede om jou sodat jy nie skielik
        hoef te rem of versnel nie.

 6      Moenie die voertuig onnodig laat luier nie. Beplan roetes en probeer om kort
        roetes te vermy waar die enjin nie eens behoorlik werktemperatuur bereik nie.

                                       [Bron: Verwerk en aangepas uit afrikaans.news24.com]

                                                      TOTAAL AFDELING B (10÷ 2):               5

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                            7

  AFDELING C: TAAL IN KONTEKS

  VRAAG 3: ADVERTENSIE

  Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                    [Verwerk uit: Matieland, Februarie 2007]

  NOTA:      Matieland is ŉ tydskrif van die Universiteit van Stellenbosch.

  3.1    Wat noem ons afkortings soos SANLAM wat as woorde uitgespreek word?                   (1)

  3.2    Bestudeer onderstaande sin.

         Hartlik geluk met die groot verjaardag Matieland.

         Watter leesteken sou ŉ mens tussen die woorde verjaardag en Matieland
         plaas om aan te dui dat Matieland aangespreek word?                                   (1)

  3.3    Skryf ŉ sinoniem uit bostaande sin neer vir die woord hartlik.                        (1)

  3.4    Skryf die volgende sin in die ontkennende vorm.

         Die boodskap is nog steeds dieselfde.                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/NOVEMBER 2016)

3.5    “Vyftig jaar later, ondanks moderne tegnologie, is die boodskap steeds
       dieselfde.”

       Kies die korrekte woordsoort vir die onderstreepte woord.

       A      Voorsetsel
       B      Hulpwerkwoord
       C      Voegwoord
       D      Tussenwerpsel                                                                (1)

3.6    Skryf die hoofsin uit bogenoemde sin in VRAAG 3.5 neer.                             (1)

3.7    “In 1957 het Sanlam Matieland ondersteun deur die plasing van ŉ
       advertensie.”

       Verander die sin na die lydende vorm.

       Begin die sin soos volg: Matieland ...                                   (2 x 1)    (2)

3.8    Gee die intensiewe (versterkte) vorm van die woord eenvoudig.                       (1)

3.9    Herskryf die onderstaande sin in die toekomende tyd.

       “Ons dink vooruit.”                                                                 (1)
                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                       9

VRAAG 4: SPOTPRENT

Lees die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                     [Bron: Volksblad, 9 September 2001]

4.1     Watter groot sportgebeurtenis word hier uitgebeeld?                                 (1)

4.2     Kyk na die vrou se gesig. Dui aan watter emosie of gevoel oorgedra word.

        A      Teleurstelling
        B      Bekommernis
        C      Hartseer
        D      Woede                                                                        (1)

4.3     Verduidelik jou antwoord op VRAAG 4.2 deur te verwys na die liggaamstaal
        van die vrou.                                                                       (1)

4.4     Noem die TWEE dinge wat die vrou gelyk doen.                            (2 x 1)     (2)

4.5     Watter taak was die man veronderstel om buite die huis te doen?                     (1)

4.6     Die man sal, volgens die spotprent, vir die volgende paar weke slegs
        TWEE dinge doen. Noem hierdie dinge.                                 (2 x 1)        (2)

4.7     Watter stereotipering (vooroordeel) ten opsigte van die sportsoort word in
        hierdie spotprent uitgebeeld?                                        (2 x 1)        (2)
                                                                                           [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           AFRIKAANS HUISTAAL V2                             (EC/NOVEMBER 2016)

VRAAG 5: RUBRIEK

Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                Wengedagtes

                             MAAK WISKUNDE MAKLIK
1     Groepwerk is ’n wenner. Baie kinders verstaan nie dikwels die eerste keer ’n
      wiskundeprobleem nie. Stig ’n groep van drie tot vyf kinders wat gereeld saam
      wiskunde doen en probleme aan mekaar verduidelik.

2     Ekstra klasse lewer die beste resultate as ouers betrokke bly. Jy kan dit nie net
      aan die onderwyser oorlaat nie. As jy te ongeduldig is met jou kinders en besef
      jy kan skade veroorsaak, vra jou man om te help met tuiswerk in wiskunde.

3     Doen elke dag tuiswerk. Werk ’n paar keer deur verskillende somme om die
      werk te verstaan.

4     Gebruik gemorspos-advertensies van supermarkte vir wiskunde.               Vergelyk
      pryse of werk die goedkoopste prys per item uit.

5     Werk aan die kind se selfbeeld en vertroue in sy vermoëns. Hulle klassifiseer
      hulself as dom en wil nie eers probeer nie, omdat hulle bang is die klas lag vir
      hulle.

6     Kies ’n metode wat vir jou werk en hou daarby. Oefen dit tot jy vertroud is
      daarmee.

7     Skryf definisies en reels neer en plak dit langs die spieël waar jy tandeborsel.
      Hoe meer gereeld jy dit sien en herhaal, hoe makliker sal dit word.

                                            [Verwerk en aangepas uit Vrouekeur, Maart 2011]

5.1    Skryf onderstaande sin in die indirekte rede.

       Die onderwyser sê: “ Doen elke dag jou huiswerk.”                                       (1)

5.2    Skryf EEN woord vir die onderstreepte frase in paragraaf 3 neer.                        (1)

5.3    Identifiseer ŉ neologisme (nuutskepping) in paragraaf 4.                                (1)

5.4    Gebruik die homoniem van die woord prys in paragraaf 4 in ŉ verhelderende
       sin.                                                                                    (1)

5.5    Skryf die vergrotende trap van die woord goedkoopste neer.                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  11

5.6     Benoem die onderstreepte sinsnede/bepaling/frase in paragraaf 5.
        Kies die korrekte antwoord uit die onderstaande keuses.

        (byvoeglike bysin / bywoordelike bysin / byvoeglike sinsnede)                   (1)

5.7     Dui die kern en bepaler in die woord tuiswerk aan.                 (2 x 1)      (2)

5.8     In paragraaf 7 kom daar TWEE spelfoute voor. Identifiseer die woorde en
        skryf dit korrek neer.                                             (2 x 1)      (2)
                                                                                       [10]

                                                             TOTAAL AFDELING B:         30
                                                                 GROOTTOTAAL:           60

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFR HL P2 GR9 NOV2016 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-nov2016-memo/7c445425-6183-44fb-b249-74e24b7f17c5) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [AFRHL P3 GR9 QP NOV2016 FINAL](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-gr9-qp-nov2016-final/d7d9eec0-f171-4f51-a972-7b6bbaddca73) — Afrikaans HL · QP · 2016
- [Afr HL P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-qp/27c7a315-b8ea-4616-be77-964cb8a0c2fe) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFR HL P2 GR9 NOV2017QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-nov2017qp/380e50fc-fbea-4a12-a8f0-7a8d75971800) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [AFR HL P2 GR9 NOV2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-nov2014-qp/cce0af3c-0e8d-4ec3-be66-1af4d81a17b6) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [AFRHL P3 GR9 NOV2016 MEMO FINAL](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-gr9-nov2016-memo-final/7a835eda-902d-422f-810c-15654c05ed9f) — Afrikaans HL · Memo · 2016

## More from Grade 9 Afrikaans HL

- [CAPS SP HOME AFRIKAANS GR 7-9 web](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-home-afrikaans-gr-7-9-web/adabb4d3-1fb8-4825-a189-492d2a06c071) — CAPS · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/764a0ca6-8c7b-4530-aaa0-de52bed4e547) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/66a9bd85-2672-489f-aed7-91a86bda5288) — Memo · 2026 · Afr
- [Afrikaans HL Marking Guideline](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-marking-guideline/9f5d1f41-c88b-40c4-9849-80d0bebb5a9b) — Memo · 2023 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-memo/453edc0c-96e8-484b-8789-aca6a3f55d2c) — Memo · 2022 · Afr
- [AFR HL P2 GR9 MEMO NOV2019 Final](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-memo-nov2019-final/c312c415-29d5-4a65-95a8-c4ddd136620e) — Memo · 2019 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
