# Afrikaans HL Grade 9 Paper 2 November EC 2019 Question Paper

> Grade 9 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the November EC 2019, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-qp-nov2019-final-d/2b55fa78-6667-4cc7-b837-ddd46df19eeb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 9
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: November EC
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 9 Paper 2 November EC 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-qp-nov2019-final-d/2b55fa78-6667-4cc7-b837-ddd46df19eeb)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 9 · November EC · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            SENIOR FASE

                               GRAAD 9

                         NOVEMBER 2019

                   AFRIKAANS HUISTAAL V2

PUNTE:   50

TYD:     2 uur

                                 *9AFHL2*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/NOVEMBER 2019)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: BEGRIPSTOETS               (20 punte)
          AFDELING B: OPSOMMING                 (10 punte)
          AFDELING C: TAAL IN KONTEKS           (40 punte verwerk na 20)

    2.    Lees ALLE instruksies noukeurig deur.

    3.    Beantwoord AL die vrae.

    4.    Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

    5.    Trek ŉ streep ná elke afdeling.

    6.    Nommer elke antwoord presies soos wat die vrae op die vraestel
          genommer is.

    7.    Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

    8.    Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: 50 MINUTE
          AFDELING B: 30 MINUTE
          AFDELING C: 40 MINUTE

    9.    Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

    10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
    (EC/NOVEMBER 2019)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                 3

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg in EEN
volsin.

TEKS A: ARTIKEL

                     JOHNNY CLEGG – ODE AAN DIE WIT ZOELOE

1     Die gewilde musikant Johnny Clegg, wat reeds twee jaar teen pankreaskanker veg,              1
      is besig met ŉ laaste reeks optredes wêreldwyd.

2     Johnny Clegg (64) se blou oë lyk vandag effens hartseer. Sy kenmerkende bos krul
      hare is yler, gryser en vreemd reguit, waarskynlik weens die intensiewe
      chemoterapie van die afgelope twee jaar.                                                     5

3     Dis ŉ warm lentedag. Ek en sewe ander joernaliste sit saam met Johnny om ŉ
      tafel op die stoep van ŉ Sandtonse hotel. Die okkasie is die aankondiging van
      Johnny se laaste wêreldtoer. Dit word The Final Journey genoem. Niemand sê dit
      nie, maar ons almal besef ons beleef waarskynlik ŉ stukkie geskiedenis. Sy
      publisiteitspan het ons gewaarsku dat die kans skraal is dat die ster ná vandag         10
      nog enige perskonferensie sal hou, of persoonlike onderhoude sal toestaan .
      Want die geliefde Wit Zoeloe, soos hy die afgelope veertig jaar al bekend staan,
      veg die afgelope twee jaar reeds teen pankreaskanker.

4     Na hierdie musikale reis na al die uithoeke van die wêreld, gaan hy uittree. Hy wil
      die tyd wat hy oor het aan sy gesin wy en hopelik sy outobiografie skryf.               15

5     Dis duidelik dat vanjaar se tweede rondte intense chemoterapie en ŉ groot
      operasie ŉ kwaai fisieke tol geëis het van die man wat byna net so bekend is vir
      sy energieke Zoeloe-danse as vir sy musiek. “Dis nou klaar. Hulle kan nie nog
      chemo doen nie,” vertel hy sonder om doekies om te draai. “Daarom het ek
      besluit om hierdie tyd waarin ek nog goed voel, te gebruik om totsiens te sê            20
      aan almal wat my op hierdie musikale reis ondersteun het.”

6     Hy het sy wêreldtoer sedert die begin van die jaar in fases aangepak. “Ek wil niks
      doen wat my fisieke toestand kan vererger nie.” Vir Johannesburg het hy ŉ ekstra
      konsert bygesit, ŉ klomp vriende genooi om die verhoog met hom te deel én
      kaartjiepryse verlaag sodat soveel moontlik aanhangers dit kan bywoon.                  25
      Onderhandelinge was ook aan die gang om die konsert in die Jabulani-teater in
      Soweto te hou. “Dis immers waar hy en Sipho Mchunu en Juluka begin het.”

7     ŉ Jong Zoeloeman,Charlie, wat woonstelle skoongemaak het en naby Johnny se
      huis op straat musiek gemaak het, was sy eerste kennismaking met die
      Zoeloekultuur. Johnny het leer kitaar speel en gou was die twee beste vriende.          30

    Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
    4                          AFRIKAANS HUISTAAL V2                            (EC/NOVEMBER 2019)

8    Sipho Mchunu, ŉ Zoeloe-trekarbeider wat net twee jaar ouer as die 16-jarige
     Johnny was, het van die wit outjie gehoor en hom vir ŉ kitaarkompetisie
     uitgedaag. Dit het gelei tot ŉ jarelange vriendskap en die stigting van die groep
     Juluka.

9    Die liedjie Asimbonanga het hulle spesiaal vir Nelson Mandela geskryf. In 1999              35
     het hulle in Frankfurt, Duitsland, opgetree.Dit beteken letterlik, “Ons het Mandela
     nog nie gesien nie.” Johnny het nie geweet Madiba het net agter die verhoog
     gestaan nie. Halfpad deur die liedjie het hy op die verhoog verskyn en sy
     kenmerkende dansie gedoen terwyl Johnny gesing het. Dit was die hoogtepunt
     van Johnny se lewe.                                                                         40

                                                         [Verwerk uit Rooi Rose, 8 Aug. 2019]

TEKS B: VISUELE TEKS

                                                              [Uit: Die Burger, 18 Maart 2018]

    Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2019)                    AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    5

VRAE: TEKS A

1.1    Herlees die titel.

       Na wie verwys die ‘Wit Zoeloe’?                                                         (1)

1.2    Uit paragraaf 1 kan ons twee karaktereienskappe van Johnny Clegg aflei.
       Skryf die TWEE eienskappe in jou eie woorde neer.                                       (2)

1.3    Watter fisiese invloed het die siekte op Johnny Clegg as mens gehad?                    (3)

1.4    Johnny Clegg was ŉ baie gewilde sanger.

       Motiveer waarom ons kan sê hierdie stelling is ŉ feit deur ŉ frase uit
       paragraaf 3 as antwoord aan te haal.                                                    (1)

1.5    Was Johnny se optredes slegs beperk tot Suid-Afrika? Motiveer jou
       antwoord.                                                                               (1)

1.6    As wat sou Johnny Clegg se laaste optrede bekend staan en waarom is dié
       naam so gepas?                                                                          (2)

1.7    Hoe verseker Johnny Clegg dat ál sy aanhangers ŉ laaste optrede van hom
       kan bywoon?                                                                             (1)

1.8    Die bekende sanger was bekend vir sy energieke Zoeloedanse. Wat het
       veroorsaak dat hy nie meer hierdie pas kon volhou nie?                                  (2)

1.9    Die Zoeloe-skoonmaker, Charlie, was die oorsprong van Johnny se
       loopbaan. Bespreek die korrektheid van hierdie stelling.                                (3)

VRAE: TEKS B

1.10   Gee TWEE visuele bewyse uit TEKS B om aan te dui in watter ruimte
       Johnny Clegg en Madiba hulle tans bevind.                                               (2)

VRAE: TEKS A EN B

1.11   Hoe pas die beskrywing van Johnny Clegg in TEKS B by paragraaf 7 van
       TEKS A?                                                                                 (2)

                                                             TOTAAL AFDELING A:                20

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
    6                          AFRIKAANS HUISTAAL V2                           (EC/NOVEMBER 2019)

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Lees die teks hieronder en maak 'n opsomming van SEWE groot musikale
gebeurtenisse in Johnny Clegg se lewe.

LET WEL:

x       Skryf die SEWE volsinne puntsgewys onder mekaar neer.
x       Die opsomming moet sover moontlik in jou eie woorde wees.
x       Die opsomming moet tussen 70–80 woorde wees.
x       Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.

TEKS C

                    ’N LEWENSREIS SAAM MET JOHNNY CLEGG

Johnny Clegg se lewe word gekenmerk deur ŉ reeks groot gebeure wat sy lewe
drasties verander het. Dit het ook sy uitkyk op die lewe verander en vir hom geleer
dat alle mense dieselfde behandel moet word, ongeag wie die persoon is. Voordat
Johnny voltyds begin musiek maak het, het hy ŉ Honneursgraad in Antropologie aan
Wits verwerf waar hy klasgegee het. Hy het ook vir vier jaar aan die universiteit van
Natal onderrig gegee. Johnny het saam met verskeie kunstenaars opgetree. Musiek
was sy lewe. Musiek verenig mense en laat hulle van hul verskille vergeet.

Johnny en sy vriende se groep Juluka het sommer gou ŉ platekontrak gekry. Die res
is musiekgeskiedenis. Juluka het ses albums uitgereik en deur Kanada, VSA,
Brittanje, Duitsland en Skandinawië getoer voordat sy vriend, Sipho, in 1985 besluit
het om na Suid-Afrika terug te keer. Hy wou na sy familiegrond in Zoeloeland gaan.

In 1986 het Johnny die groep Savuka saam met Dudu Zulu gestig. Die groep was
gou wêreldberoemd en het binne drie jaar een miljoen kopieë van hul debuutalbum
verkoop. Hulle musiekstyl was ŉ mengsel van Afrika- en Keltiese musiek.

In 1990 het die Franse platebedryf hulle vereer as die groep wat wêreldwyd die
meeste albums oor ŉ tydperk van twee jaar verkoop het. Maar in Suid-Afrika was
hulle musiek nie oor die radio gespeel nie as gevolg van die politiek van daardie tyd.

Die liedjie Asimbonanga is spesiaal vir Nelson Mandela geskryf. Dit het gemaak dat
Johnny Clegg die verhoog in Duitsland met Madiba gedeel het. Hy het gesing en
Madiba het langs hom gedans.

Watter roemryke loopbaan is dit nie!

                                                         [Verwerk uit Rooi Rose, Des. 2017]

                                                              TOTAAL AFDELING B:               10

    Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  7

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS D

                                                 [Verwerk uit Huisgenoot, Maart 2015]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            AFRIKAANS HUISTAAL V2                           (EC/NOVEMBER 2019)

3.1    Die opskrif (reëls 1–3) van die advertensie is geslaagd. Motiveer jou
       antwoord met TWEE redes.                                                             (2)

3.2    Verduidelik op watter wyse word die omkringde klanke in reël 1 en 4
       gevorm.                                                                              (2)

3.3    Gee die verklaring van die afkorting in reël 2.                                      (1)

3.4    Dieselfde skryfteken word twee keer in reël 4 gebruik, maar die funksie
       verskil elke keer. Verduidelik hoe dié skryfteken se gebruik in die woorde
       verskil.                                                                             (2)

3.5    Gebruik die omkringde woord in reël 6 en verduidelik wat ̓n klank- en
       lettergreep is.                                                                      (2)

3.6    Maak ̓n sin met die antoniem van die eerste woord in reël 7.                         (1)

3.7    Maak ’n sin met die homoniem van die onderstreepte woord in reël 8.                  (1)

3.8.   Verduidelik kortliks die funksie van die kapstokke (kolletjies) in reël 11.          (1)

3.9.   Gebruik die omkringde byvoeglike naamwoord in reël 12 predikatief in ŉ
       goeie verklarende sin.                                                               (1)

3.10   Herlees reël 13.

       Wat probeer die adverteerder in die omkringde sin bereik deur die gebruik
       van twee leestekens na mekaar?                                                       (1)

3.11   Herlees reël 15–18.

       Verduidelik hoe die leser oortuig word om dié program aan te koop. Haal ’n
       sin aan om jou antwoord te staaf.                                                    (1)

3.12   Wie dink jy is die teikenmark van die advertensie?                                   (1)

3.13   Verklaar waarom die omkringde woord in reël 16 slegs met een a gespel
       word.                                                                               (1)
                                                                                          [17]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
       (EC/NOVEMBER 2019)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      9

VRAAG 4: VISUELE TEKSTE

TEKS E: STROKIE

Lees en kyk na die teks en beantwoord die daaropvolgende vrae.

         RAAMPIE 1                     RAAMPIE 2                        RAAMPIE 3

                                                            [Verwerk uit Meester – Danie Cronjé]

4.1.    Watter funksie het die onderstreepte agtervoegsel in raampie 1?                             (1)

4.2     Identifiseer ̓n skeibare werkwoord uit raampie 1.                                           (1)

4.3     Gebruik die eerste samestelling in raampie 1 se kern as ’n bepaler in ̓n nuwe
        samestelling.                                                                               (1)

4.4     Vorm die meervoud van die onderstreepte selfstandige naamwoord in
        raampie 1. Gee dan ook die rede vir die spelwyse daarvan.                                   (2)

4.5.    Skryf ’n tussenwerpsel uit raampie 2 neer.                                                  (1)

4.6.    Gee EEN visuele bewyse uit raampie 2 dat Meneer bitter ontevrede met
        Neelsie is.                                                                                 (1)

4.7.    Skryf Meneer se onderstreepte woorde in raampie 2 in die indirekte rede.

        Begin jou antwoord met: Meneer sê …                                                         (1)

4.8.    Benoem die leesteken in reël 1 van raampie 3 en verduidelik of dit gepas is.                (2)

4.9.    Watter woordsoort is die onderstreepte woord in raampie 3?                                  (1)

4.10    Identifiseer die anglisisme in raampie 3.                                                   (1)

4.11    Dink jy Neelsie is tevrede met sy onderwyser se antwoord? Verduidelik jou
        antwoord.                                                                                   (1)
                                                                                                   [13]

       Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
    10                          AFRIKAANS HUISTAAL V2                             (EC/NOVEMBER 2019)

VRAAG 5: ARTIKEL

Lees en kyk na die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS F

             TEGNOLOGIE: JOU KIND SE REDDING OF ONDERGANG?

1        Die twee- of driejarige (5.1)__ haar ma se skoot by die tafel langsaan huil
         droewig. Die ma sug, neem haar slimfoon by die ouer sussie en druk dit in die
         kleintjie se handjies. Sy stop in die middel van ̓n (5.2) hartverskeurende snik.
         Ek kyk verstom hoe sy behendig oor die skerm vee en druk om by die speletjie
         uit te kom. Tye het verander en hedendaagse kinders se tegnologiese
         verwysingsraamwerk verskil hemelsbreed van selfs ̓n (5.4) tydperk van tien
         jaar gelede.(5.5) Kinders wat na 2000 gebore is, word nog die Z-generasie
         genoem.

2        Daar is wonderlike voordele aan tegnologie, maar (5.6) Prof. Jannie Ferreira
         waarsku dat kinders wat te veel tyd op selfone en tablette deurbring,
         fisiek agter kan raak en leer- en sigprobleme kan ontwikkel. Daar is kenners
         wat ’n algehele verbod op die gebruik van tegnologie by kinders onder twaalf
         bepleit omdat hulle meen dit benadeel breinontwikkeling.

3        Prof. Jannie Ferreira, voormalige hoof van Optometrie aan die Universiteit van
         Johannesburg, glo rekenaarvaardigheid is. ̓n basiese vereiste, maar die
         uitdaging is om die gebruik verantwoordelik te bestuur. Ouers span skerms
         maklik as ’n geduldige (5.7) babawagter in, maar baie glo ook dat
         tegnologiese kennis kinders ̓n voorsprong gee.

4        Die gebruik van rekenaars, tablette en selfone is nie ’n probleem nie (5.9); dis
         die oormatige en onoordeelkundige gebruik daarvan wat tot ̓n reeks probleme
         en frustrasies (5.9) kan bydrae. Prof. Ferreira sê die skoolstelsel verander en
         (5.10) meer handboeke en leermateriaal word op tablette gelaai, maar dis
         belangrik dat skole daarvoor vergoed en ook fokus op aktiwiteite wat kinders
         fisiek sal ontwikkel.

                                                        [Verwerk uit Rooi Rose, 14 Junie 2015]

5.1      Vul die korrekte voorsetsel in.                                                          (1)

5.2      Gee die stam van die vetgedrukte woord in paragraaf 1.                                   (1)

5.3      Haal ’n voorbeeld van ̓n infinitief uit paragraaf 1.                                     (1)

5.4      Gee EEN woord vir die beskrywing.                                                        (1)

5.5      Herskryf die sin en skryf die onderstreepte deel in die ontkennende vorm.                (1)

    Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                                 11

5.6    Verander die vetgedrukte sin in ’n vraagsin sonder die gebruik van ’n
       vraagwoord soos: Hoekom/Wie/Wat?                                                    (1)

5.7    Kies die regte antwoord van dié tussen hakies:

       Die onderstreepte woord is (volksetimologie, leengoed, nuutskepping).               (1)

5.8    Identifiseer die spelfout in paragraaf 4 en skryf slegs die korrekte spelling
       van hierdie woord neer.                                                             (1)

5.9    Die vetgedrukte woord in paragraaf 4 is ŉ hulpwerkwoord. Watter tipe
       hulpwerkwoord is dit?                                                               (1)

5.10   Skryf die onderstreepte sin in paragraaf 4 in die bedrywende vorm.                 (1)
                                                                                         [10]

                                                 TOTAAL AFDELING C (40 ÷ 2):               20
                                                           GROOTTOTAAL:                    50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

         

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com



### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [AFR HL P2 GR9 MEMO NOV2019 Final](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-memo-nov2019-final/c312c415-29d5-4a65-95a8-c4ddd136620e) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFR HL P2 GR9 NOV2017QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-nov2017qp/380e50fc-fbea-4a12-a8f0-7a8d75971800) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [AFR HL P2 GR9 NOV2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-nov2016-qp/5ae565db-6c46-449b-bffb-9b4cec1a2406) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [AFR HL P2 GR9 NOV2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-nov2014-qp/cce0af3c-0e8d-4ec3-be66-1af4d81a17b6) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [AFR HL P3 GR9 MEMO NOV2019 Final](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr9-memo-nov2019-final/4b99243c-f0c4-47ad-a407-bc32b130a3e1) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFR HL P2 GR9 MEMO NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-memo-nov2018-d/ac850d25-e019-431c-bf33-6c1537ad845f) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 9 Afrikaans HL

- [CAPS SP HOME AFRIKAANS GR 7-9 web](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-home-afrikaans-gr-7-9-web/adabb4d3-1fb8-4825-a189-492d2a06c071) — CAPS · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/764a0ca6-8c7b-4530-aaa0-de52bed4e547) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/66a9bd85-2672-489f-aed7-91a86bda5288) — Memo · 2026 · Afr
- [Afrikaans HL Marking Guideline](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-marking-guideline/9f5d1f41-c88b-40c4-9849-80d0bebb5a9b) — Memo · 2023 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-memo/453edc0c-96e8-484b-8789-aca6a3f55d2c) — Memo · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR9 MEMO NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr9-memo-nov2018/3bfcedf7-9180-41f2-b7db-079829fa0e89) — Memo · 2018 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
