# Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019, 32 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-qp-gr12-sept2019/3fb234fe-faec-4aa8-9afa-d859445dd944
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 32

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-qp-gr12-sept2019/3fb234fe-faec-4aa8-9afa-d859445dd944)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019. Question paper, 32 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2019

                  AFRIKAANS HUISTAAL V2

PUNTE:   80

TYD:     2½ uur

                                *AFRHL2*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 27 bladsye.

### Page 2

2                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2019)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel
      beantwoord.

 2.   Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhouds-
      opgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste wat
      jy in die klas behandel het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen
      het en kies die soort vraag wat jy wil doen. Neem die voorskrifte by elke vraag
      in ag.

 3.   Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

      AFDELING A: Gedigte        (30)
      AFDELING B: Roman          (25)
      AFDELING C: Drama          (25)

 4.   Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B
      en EEN uit AFDELING C.

      AFDELING A: GEDIGTE
      Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
      Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag

      AFDELING B: ROMAN
      Beantwoord EEN vraag.

      AFDELING C: DRAMA
      Beantwoord EEN vraag.

 5.   KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)

         Beantwoord SLEGS die vrae van die roman en drama wat jy bestudeer het.
         Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG.
         Indien jy die opstelvraag van AFDELING B beantwoord, moet jy die
         kontekstuele vraag in AFDELING C beantwoord. Indien jy egter die
         kontekstuele vraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag in
         AFDELING C beantwoord. Gebruik die kontrolelys om jou met jou keuses te
         help.

 6.   LENGTE VAN ANTWOORDE

         Die lengte van die opstel vir die gedig is 250–300 woorde.
         Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400–450 woorde elk.
         Die lengte van die kontekstuele antwoorde word deur die puntetoekenning
         van elke vraag bepaal. Beantwoord die vrae bondig en relevant.

 7.   Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

 8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2019)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                  3

 9.    Beantwoord ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

 10. Voorgestelde tydsindeling:

       AFDELING A: ongeveer 40 minute
       AFDELING B: ongeveer 55 minute
       AFDELING C: ongeveer 55 minute

 11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                        Blaai om asseblief

### Page 4

4                                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                 (EC/SEPTEMBER 2019)

 INHOUDSOPGAWE

 Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele
 vraestel deur te lees.

 AFDELING A: GEDIGTE
 Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
 VRAAGNOMMER                           VRAAG                        PUNTE       BLADSY
 1. “Nog in my laaste woorde”         Opstelvraag                     10           6

 2. “ŉ vigslyer sterf”                     Kontekstuele vraag         10             7

 3. “Versagtende omstandighede”            Kontekstuele vraag         10             8

 4. “ŉ brief van hulle vakansie”           Kontekstuele vraag         10             9

                                                  EN
 Ongesiene gedig: Verpligtend
 5. “Totsiens”                             Kontekstuele vraag         10            11
 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord EEN vraag.*
 6. Die kwart-voor-sewe-lelie                 Opstelvraag             25            12

 7. Die kwart-voor-sewe-lelie              Kontekstuele vraag         25            12

 8. Manaka Plek van die Horings               Opstelvraag             25            14

 9. Manaka Plek van die Horings            Kontekstuele vraag         25            14

 10. Vatmaar                                  Opstelvraag             25            16

 11. Vatmaar                               Kontekstuele vraag         25            16

 12. Onderwêreld                              Opstelvraag             25            18

 13. Onderwêreld                           Kontekstuele vraag         25            19

 AFDELING C: DRAMA
 Beantwoord EEN vraag.*
 14. Krismis van Map Jacobs                   Opstelvraag             25            22

 15. Krismis van Map Jacobs                Kontekstuele vraag         25            22

 16. Mis                                      Opstelvraag             25            24

 17. Mis                                 Kontekstuele vraag      25        25
                         Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE
                         VRAAG in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
 *LET WEL:
                         Jy mag NIE TWEE opstelvrae of TWEE kontekstuele vrae
                         beantwoord NIE.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2019)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      5

 KONTROLELYS

 Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
 beantwoord het.

                 AFDELING            VRAAG-             GETAL VRAE              MERK( )
                                     NOMMER            BEANTWOORD
A: Gedigte
(Voorgeskrewe gedigte)                  1–4                    2
A: Gedigte
                                         5                     1
(Ongesiene gedig)
B: Roman
                                       6–13                    1
(Opstel of kontekstuele vraag)
C: Drama
                                       14–17                   1
(Opstel of kontekstuele vraag)

LET WEL:       Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
               AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

6                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/SEPTEMBER 2019)

 AFDELING A: GEDIGTE

 VOORGESKREWE GEDIGTE

 Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

 VRAAG 1: OPSTELVRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

 Nog in my laaste woorde – N.P. van Wyk Louw

 1      Nog in my laaste woorde sal jy wees,
 2      nog in die laaste skeemring van my dink
 3      en weet, as ek alleen in die bitter vrees
 4      van sterwe lê, en al die mindre sink
 5      in my deur vaal vergetelheid: veel haat,
 6      veel liefde wat kon waag om min te vra,
 7      ure wat rus geken’t, of blote daad,
 8      en nie die teken van jou onrus dra,
 9      o jy wat vlam was: skoon en sterk en blind
 10     vir smart; wat alles tot jou beeltnis brand;
 11     wat áls kon eis en nooit volkome vind
 12     versadiging! Dán weet ek het jou hand
 13     my jeug se oopgelate kring voltooi:
 14     mooi is die lewe en die dood is mooi.
                                                          [Bron: Die halwe kring, 1937]

 Hierdie gedig is ŉ liefdesverklaring waarin die spreker ook tot bepaalde insigte
 omtrent die lewe en die dood kom.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 250–300 woorde.                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2019)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                        7

  VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

  Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

  ’n vigslyer sterf – Vincent Oliphant

  1       die takelwerk word afgetakel
  2       stadig sien sy geliefdes hom inplof
  3       die bekende vlees na binne stort
  4       hulle sien hom steeds stof word

  5       iets wil huil oor die bros vel
  6       wat soos dun seil oor brose stokke lê
  7       oor die mond wat iets wil sê

  8       die gewig van lug
  9       is vir die hand te swaar
  10      die lyf
  11      nou klein en seer
  12      het byna alles reeds verleer

  13      net die oë bly groter staar
  14      soek na raad teen al die skade
  15      na die genade van sag gaan
  16      na verstaan
                                                                       [Bron: Poësiepalet]

  2.1     Benoem die halfrym in versreël 2 en motiveer hoekom dit funksioneel is.             (2)

  2.2     Motiveer hoekom inplof in versreël 2 ŉ funksionele woord is om die
          agteruitgang van die vigslyer te beskryf.                                           (1)

  2.3     Benoem die soort rym in strofe 1 en sê hoe die rym tot die ernstige
          stemming in die gedig bydra. Haal ook ’n woord uit strofe 1 aan wat dié
          stemming in die gedig ondersteun.                                                   (3)

  2.4     Wat, dink jy, sou die vigslyer moontlik in versreël 7 sê as jy die slotstrofe
          in gedagte hou?                                                                     (1)

  2.5     Watter kenmerk van die vigslyer kom in versreël 9 na vore en wat
          impliseer versreël 12 omtrent die vigslyer?                                         (2)

  2.6     Waarom gebruik die spreker ŉ eufemisme in versreël 15?                              (1)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

8                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2          (EC/SEPTEMBER 2019)

 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Versagtende omstandighede – Peter Snyders

 1      Oe Here, ek hoor dis so wonnerlik
 2           innie hiemel,
 3      maa Here, vergiewe,
 4      die hiemel issie my soort liewe,
 5      ek hou van sing en harpmusiek
 6      maa ek sal lugsiek kry as ek moet vlieg.

 7      En Here, dit sal hel vi my wies
 8      om met niks-doen myself elke dag te vervies;
 9      en sover dit die goudstrate
 10           en pearly-gates betref,
 11     wat baat dit?
 12     Klip en teer is veels meer werd.

 13     Maa Here, hou my baas asseblief tog daa
 14     want waa hy nie kan exploit nie
 15     is hy tog te naar;
 16     en hou hom dop want sonner om te aarsel
 17     sal hy stilletjies, agteraf, die engeltjies martel.

 18     Ja, Here, ekket my foutjies oek
 19     en waar amil perfek is
 20     sal ek heeldag vloek,
 21     want volle perfection en contentment
 22     sal my torture tot binne-in my fonnement.

 23     En dan boenop hoor ek
 24     seks is yt –
 25     soe stuur my aire hel toe
 26     of waar ek my talent kan gebryk.

 27     En as ek te goed is
 28     om gebraai te word
 29     laat my lieweste trug kom, Lord

 30          as kunstenaar na ŉ land
 31     in ŉ historiese tyd –
 32     soos Suid-Afrika,
 33     waar ek kan teer
 34     op ŉ tesamebeleid.

 35     En tussen die revolutions
 36     (hou my aanie underdog se kant)
 37     sorg dat ek by Florrie
 38     (vroeër mevrou Soetwater)
 39     voorit te laat is, beland.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2019)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                       9

 40       Laat my dan liewer hier
 41       oppie aarde ly
 42       as om vir iewag in u
 43       grafstienhiemel te bly.
                                                       [Bron: ’n Waarskynlike mens, 1992]

 3.1      Benoem dié soort spotdig.                                                          (1)

 3.2      Die gebruik van assimilasie in die gedig is baie funksioneel. Motiveer
          hierdie stelling. Gee ook enige TWEE redes waarom hierdie gedig ŉ
          vrye vers is.                                                                      (3)

 3.3      Verduidelik die ironie van die paradoks in strofe 2 asook in die titel van
          die gedig.                                                                         (2)

 3.4      Verklaar die funksie van die aandagstreep in versreël 24.                          (1)

 3.5      Haal TWEE bewyse uit die gedig aan wat die spreker se selfsug en
          eiegeregtigheid beklemtoon.                                                        (2)

 3.6      Hoe dra die slotreël tot ŉ moontlike veranderde stemming in die gedig
          by?                                                                                (1)
                                                                                            [10]

 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 ŉ brief van hulle vakansie – Breyten Breytenbach

 vir oubaas:

 1        Noudat ek uitgeswel van lyf is kan ek treur
 2        oor die eelte van my vader, die lugoë van my ma,
 3        die skamel offerandes van hulle gebede as hulle my
 4        op die knieë van hul Gij Here God lê;

 5     1. noudat ek agter ŉ baard kou kan ek huil
 6     2. as hulle snags my naam fluister met die ruite
 7     3. donker knippende oë in die wind, oor die visolie
 8     4. vir my griep, die ingelegde perskes (albertas) op die rak

 9 5. In sy sestigste jaar swem my pa in Stilbaai se see
 10 6. en stap myle ver oor die sand met sy reguit bene
 11 7. in ’n kortbroek en speel krieket op die duine
 12 8. en eet alikreukels in die Sea View-losieshuis

 13 9. want hys ŉ bokser dokter boer
 14    ’n kaptein en ’n held ŉ indoena tussen grysaards –
 15    En as die reën soos ŉ gesluierde bruid oor die see kom

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

10                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                         (EC/SEPTEMBER 2019)

 16     word die lieflinghond (Trixie) lam;

 17     drie dae veg die veearts en buig dan die knie
 18     en hulle dra die lyk terug na Kafferskuilsrivier
 19     die plaas van hulle jong liefde en plant die saad
 20     ŉ soenoffer in die diep grond se skoot

 21     want nou is hulle minnaars
 22     stil bome in die najaar met die wind
 23     strelende drome in die takke
 24     onder komete leeftye lang wêrelde

 25     My ooms sterf soos kapok in die son
 26     hartaanval beroerte kanker en tering
 27     en my pa word stiller en meer verskriklik
 28     van dop tot dop

 29     Hier waar die harde winters en nat somers
 30     my lyf ongenaakbaar skil, treur ek oor
 31     die soet hart van my moeder
 32     en my pa se stil en bitter krag

                                                    [Bron: die ysterkoei moet sweet, 1964]

 4.1    Watter woord in die gedigtitel dui ŉ geografiese afstand en verwydering
        tussen die spreker en sy ouers aan?                                                   (1)

 4.2    Wat is die funksie van die subtitel in die gedig? Sê ook watter stemming
        uit die naamgewing in die subtitel spreek.                                            (2)

 4.3    Watter woord in strofe 1 ondersteun die elegie?                                       (1)

 4.4    Gee TWEE moontlike betekenisse van die nuutskepping in versreël 2.                    (2)

 4.5    Benoem die stylfiguur in versreël 5.                                                  (1)

 4.6    Motiveer dat versreël 31 en 32 die hoogtepunt van die gedig is. Sê ook
        wat die tema en die boodskap van die gedig is.                                        (3)
                                                                                             [10]

                                              EN

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2019)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     11

 ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

 VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Totsiens – Ronel Scheffer

 1       Die kil middaglig sif neer.
 2       Stip stil dryf die dag,
 3       eindelose is suis,
 4       verleë soos kinders trek ons die deure toe:
 5       hier was ons.

 6       Son skyn en maak lig so fyn –
 7       waar is die dromende hande,
 8       o die soet monde vorm vrese na,
 9       ŉ plat skyf seil sierlik deur die lug,
 10      die skif maan bring bitter herinneringe.

 11      Die middag vreemd en hard
 12      soos pyn aan die einde.
                                                            [Bron: nuwe stemme 3, 2005]

 5.1     Watter stemming heers in versreël 1 en 2?                                         (1)

 5.2     Benoem die halfrym in versreël 2 en verklaar die funksie daarvan.                 (2)

 5.3     Gee die konnotatiewe betekenis van dromende hande in versreël 7.                  (1)

 5.4     Verklaar die letterlike betekenis van skif in versreël 10 en sê hoekom die
         maan moontlik bitter herinneringe vir die spreker kon oproep.                     (2)

 5.5     Wat word die strofe wat uit versreëls 11 en 12 bestaan, genoem? Benoem
         en verklaar die beeldspraak in dié slotstrofe.                                    (3)

 5.6     Hoekom is die punt aan die einde van die gedig funksioneel?                       (1)
                                                                                          [10]

                                                            TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

12                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2019)

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestu-
 deer het.

 DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

 Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

 Elsa, Kara en Ma Els ondergaan deur die loop van die roman geen, gedeelteli-
 ke of algehele karakterontwikkeling.

 Skryf ŉ opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek.                     [25]

 VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS A

 1          “Goeiemiddag,” het hy gesê en sy hand uitgesteek.
 2          Haar oë het vernou; miskien het sy die familie-ooreenkoms raakgesien
 3          “Ja?” het sy gesê sonder om die deur wyer oop te maak.
 4          Hy het homself voorgestel. “Peter se broer,” het hy bygevoeg.
 5          “Ja?” het sy weer gesê,
 6          “Ek wil graag met jou gesels.”
 7          “Weer oor die brief?”
 8          “Wel, ja …”
 9          “Daar’s niks om te sê nie. Julle hoef julle nie oor my te bekommer nie.”
 10         “Dit was Peter se laaste wens.”
 11         “Hoe weet jy dit?” het sy gevra en gelag. “Julle prokureur het my die
 12    brief gewys, daar’s geen datum op nie.
 13         “Maar sy voornemens is nie te betwyfel nie.”
 14         Sy het gesug en die deur wyer oopgemaak. “Kom binne. Ek is nie lus
 15    vir baklei nie.” Sy het voor hom uitgeloop na die oop kombuis. “Kan ek vir
 16    jou koffie skink?”
 17         Hy het wantrouig na die koffiemasjien geloer, op sy hoede vir die
 18    oorredingskrag daarvan. “Ja dankie.”
 19         Sy het in ’n harde, regop stoel gaan sit ná sy vir hulle geskink het. “Ek
 20    het heeldag al die verskriklikste rugpyn,” het sy bely. “Weet nie waarvan
 21    nie. Ek het tog nie swaar meubels rondgestoot nie.
 22          Hy het opgemerk dat sy mooi bene het. (Mooier as myne,
 23    vanselfsprekend.) En hy moes toegee dat sy wonderlike koffie maak. “Ek
 24    het gedink ’n trustfonds sou die beste wees,” het hy abrup gesê. “Vir die
 25    kind. Sy skoling, studies, mediese uitgawes. Dis die minste wat ons kan
 26    doen.”
 27         Hy was gefassineer deur haar.

 7.1   Teen watter agtergrond speel hierdie uittreksel af?                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2019)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     13

 7.2    Gee die naam van die man en die vrou wat in hierdie uittreksel met me-
        kaar in gesprek is. Watter rol vervul hierdie vrou ten opsigte van die hoof-
        karakter in die roman?                                                            (3)

 7.3    Watter karaktereienskap van dié vrou kom in reël 9 na vore? Motiveer met
        TWEE voorbeelde uit die roman dat Iris dieselfde standpunt as dié vrou se
        onderstreepte woorde in reël 9 aanneem.                                           (3)

 7.4    Herlees reël 17–18.
        Hoekom loer die man wantrourig na die koffiemasjien?                              (1)

 7.5    Watter soort verteller is in reël 22 aan die woord? Sê wat die rol van die
        verteller in dié spesifieke reël is en gee ŉ voordeel en ŉ nadeel van hier-
        die soort verteller in reël 27.                                                   (4)

 7.6    Hierdie uittreksel verteenwoordig een van die twee verhaalvlakke van die
        roman. Noem die ander verhaalvlak waarop Die kwart-voor-sewe-lelie
        afspeel.                                                                          (1)

                                             EN

 TEKS B

 1           “Ek het jou al vertel van my naam,” het ek gesê toe ek die stilte nie
 2      langer kon verduur nie. “En dat ek glo ek sal eenkeer blom. Nou, soos ek
 3      dit sien … wie sê dis nie nou my kans nie?”
 4           “Jy’s dwaas,” het die Engel met ’n lae stem gesê,
 5           Ek was sommer ergerlik. “Ag, bly stil.”
 6           Peter het seergemaak gelyk. “Ek het nie ŉ woord gesê nie.”
 7           “Ek het nie met jou gepraat nie.”
 8           “Met wie dan?”
 9         Ek het koppig geswyg en die bestuurder se oog in die spieëltjie gevang.
 10          “Where’re you folks from?” het hy gevra.
 11          Suid-Afrika,” het ek skerp gesê.
 12          “Weird language,” het hy gesê, “What is it?”
 13          “Afrikaans.”
 14          “Jou ouers moes jou nooit Iris gedoop het nie,” het Peter skielik
 15     losgetrek. “Hulle moes jou Anna of Marie genoem het.”
 16          “Ken jy ŉ Marie?” het ek gevra toe ek skielik van my droom onthou.
 17          “Nee, dit was net ŉ voorbeeld. As jou naam Marie was, het jy nie so
 18     vol idees rondgeloop nie.”
 19          “Dis nie net die naam nie, dis my lewensfilosofie. Kara blom van sy
 20     haar Claude gekry het. Elsa blom …” Daar het ek my vasgeloop.
 21          “Ja?” het hy my aangehits. “Waar blom sy? In die kombuis waar sy
 22     haar vrieskas alfabeties georganiseer het, skaapvleis voor varkvleis en
 23     beesvleis heel eerste?”
 24          “Ek weet nie. Maar kyk nou maar na my pa van hy op die plaas is en
 25     Ma …”
 26          “Ja?” het hy gekoggel. “Jou teorie is net op elke tweede mens van
 27     toepassing.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

14                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2019)

     7.7      Gee DRIE betekenisse wat aan Iris se naam gekoppel kan word.                 (3)

     7.8      Watter implikasie hou die romantitel vir Iris se naam in?                    (1)

     7.9      Herlees reël 4.
              Watter rol vervul die Engel hier in Iris se lewe? Noem enige EEN ander
              rol wat die Engel in Iris se lewe vervul.                                    (2)

     7.10     Watter waardevolle raad gee die taxibestuurder aan Iris omtrent haar
              naam en hoe help hy haar om haar gevoel van buitestanderskap op te
              hef?                                                                         (2)

     7.11     Watter karaktereienskap van Iris in reël 16 van TEKS B sluit aan by Iris
              se karakterbeelding in TEKS A? Watter positiewe gevolg hou hierdie
              karaktereienskap vir Iris se menswees in?                                    (2)

     7.12     Noem EEN nadeel wat Iris se lewensfilosofie vir haar inhou. Hoe sluit
              dit by die boodskap van die roman aan?                                       (2)
                                                                                          [25]

     MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

     Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).

     VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

     Ouma Essie, Grace en Griesel ondergaan deur die loop van die roman geen,
     gedeeltelike of algehele karakterontwikkeling.

     Skryf ŉ opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek.                   [25]

     VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

     Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

     TEKS C

     1      By sy neef Baas wat met whippet-windhonde en Ierse terriërs boer, kry
     2      hy ŉ windhondjie present. Dis ’n taankleurige tefie, die tipiese bruingeel
     3      van die bloedlyn wat neef Baas teel. Hy gee ook vir hom ŉ eksemplaar
     4      van Michael Main se boek oor die Zambezi.
     5          Met ŉ laaste besoek aan die plaas waar hy gebore is en
     6      grootgeword het, loop Baas saam met Brindle deur die bouval van wat
     7      eens hulle huis was. Hy wonder wat hy daar kom soek het. Maar in die
     8      vervalle tuin wil beelde uit sy kinderdae tog vorm aanneem.
     9          In ŉ bedding dahlias loop sy ma en blomme sny. Sy dra ŉ
     10     loshangende rok met soepel palmbome op. Die rok kom tot by haar
     11     enkels. Sy het ŉ vriendelike mond. Om haar nek hang ’n kettinkie met ŉ
     12     kruis daaraan. Sy is kaalvoet, maar statig.
     13         Hy besluit om die whippet-tefie Lady te noem.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2019)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    15

     14          Neef Baas bied aan om met ŉ paar reisagente in verbinding te
     15      tree oor Baas se toerismeplanne en om hom te laat weet sodra hy ŉ
     16      adres het.
     17          Hy ry na die kerkhof waar sy pa en ma begrawe is en bring die
     18      laaste aand in die Houtboschberg daar deur.
     19          Met ŉ tas vol kaarte van die staatsdrukker in Pretoria, vat Baas die
     20      volgende oggend die pad. By die basiskamp in Botswana, waar hy sy
     21      bagasie teen die tuitmiershoop onder die njalaboom afpak, ontdek hy
     22      sy ma se Bybel wat sy niggie Mart vir hom ingepak het.

     9.1     Teen watter agtergrond speel hierdie uittreksel af?                         (1)

     9.2     Net voor hierdie gedeelte lees ons dat Baas ŉ pos in die noorde van
             Botswana aanvaar het. Watter soort pos is dit, hoe dra dit by tot Baas
             se karakterontwikkeling en tot watter TWEE insigte help dit Baas
             eindelik in Manaka bring?                                                   (4)

     9.3     Met watter sleutelfiguur in Baas se lewe bind Baas se neef hom?
             Motiveer jou antwoord.                                                      (2)

     9.4     Watter karaktereienskap van Baas kom in reël 5 na vore?                     (1)

     9.5     Watter invloed het die onderstreepte woorde in reël 11 op die intrige?      (2)

     9.6     Watter rol het Houtboschberg in Baas se karaktervorming gespeel?            (3)
                                               EN
     TEKS D

     1       Gepaardgaande gebare haak die knoop deur. Hy vind uit waar die
     2       indoena bly. Die twee seuns ry vrolik saam, een oog op die honde,
     3       om hom te gaan wys.
     4           Hy doen wat hy gekom het om te doen. Hy maak ’n afspraak met
     5       die khuta, die indoena-owerheid van die Senanga-gebied, vir
     6       woonregte op die plek wat hy op hulle aandrang aan hulle moet gaan
     7       uitwys.
     8           Die hele Land Rover-vrag ou manne identifiseer die plek as
     9       Manaka. Hulle klap langdurig vir mekaar hande om hulle
     10      eenstemmigheid hieroor te bevestig.
     11          Ná twee dae se onderhandelings, nakoming van stamrituele en
     12      moeite om te keer dat die twee honde amok maak onder die
     13      parlementslede en die dramatiese tolk, besluit die Raad van Indoenas
     14      onder leiding van hoofindoena Daaimon dat: Aangesien reverend
     15      Joseph, wat die sendingstasie daar bedryf het, oorlede is en niemand
     16      anders in die grond belangstel nie omdat dit nie geskik is vir ŉ field
     17      nie, beduie die tolk met oordrewe handgebare in sy gebrekkige
     18      Engels, daarom: Mag die grond wat as Manaka bekend staan, aan
     19      mister Baas Chipman toegesê word ...
     20           Die geld vir die konsessie sal tweehonderd en vyftig Suid-Afri-
     21      kaanse rand per maand wees. Dit kan ook in Namibiese dollar of
     22      Amerikaanse dollar betaal word. Maar nie in die plaaslike geldeen-
     23      heid nie, aangesien daar geen winkels in die Senanga-gebied is nie

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

16                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2019)

     24      en die winkels in Namibië weier om kwachas te aanvaar. Slegs
     25      indoena Daaimon mag die betaling in ontvangs neem.
     26          Baas betaal die eerste jaar se huur vooruit.

     9.7     Gee TWEE redes vir die tradisie in die onderstreepte woorde.                   (2)

     9.8     Hoekom ervaar Baas innerlike konflik op Manaka? Dink jy dié konflik
             word eindelik opgelos? Motiveer jou antwoord met TWEE bewyse.                  (3)

     9.9     Watter soort verteller is in TEKS C en D aan die woord en wat is die
             rol van die verteller in reël 18–19 van TEKS D? Sê ook hoe sou die
             ander vertelperspektief moontlik positief tot die reëls kon bydra.             (3)

     9.10    Verklaar die betekenis van konsessie in reël 20.                               (1)

     9.11    Wat doen Baas toe hy besef hy gaan nie ŉ kwitansie of kontrak kry
             nadat hy sy huur vooruit betaal het nie?                                       (1)

     9.12    Dink jy die khuta en hulle tweede in bevel se optrede is altyd bo
             verdenking? (Motiveer jou antwoord met TWEE redes.)                            (2)
                                                                                           [25]

     VATMAAR – AHM Scholtz

     Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele
     vraag).

     VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

     Tant Wonnie, Boitjie Afrika en Tommy ondergaan deur die loop van die
     roman geen, gedeeltelike of algehele karakterontwikkeling.

     Skryf ŉ opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek.                    [25]

                                           OF

     VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

     Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat
     volg.

     TEKS E

     1          Na die seldeur gesluit is, het Tant Wonnie die een opgerolde
     2      kombers oopgerol en op haar knieë gegaan en begin bid: Vader, my
     3      Meester wat in my woon, U wat weet hoekom ek hier is, as dit U wil is,
     4      dank ek U. U weet wat die beste vir my is. Meester in my binneste, ek
     5      dank U vir die klein prys wat ek nou moet betaal oor ek vandag van my
     6      trots verlos is, en vir die groot prys wat ek vandag gewen het, want nou

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2019)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    17

     7     weet ek waar om U te vind. My God, wees met Suzan en Kaaitjie. Dis al
     8     wat ek U vra. Vader, ek weet U sal sorg vir ŉ onsigbare beskermer en
     9     gids vir my twee meisiekinders.
     10        Sy het opgestaan, ŉ handvol mielies gevat en dit probeer eet. Dis
     11    tog kos, dié goeboe-mielies, het sy vir haarself gesê.
     12        Sy en Suzan het van die vorige aand af nog niks geëet nie. Toe gooi
     13    sy die mielies terug in die blikbord. Sy het haar kop geskud en gesê: Ek
     14    kan nie alleen eet nie.
     15        ŉ Traan het uit die oog wat nie kan sien nie gerol. Suzan, Suzan,
     16    waar is jy? Het sy hardop gesê. Waar is jy tog, my kind? Want sy was
     17    heeltemal alleen toegesluit. ŉ Vrou wat naby die natuur geleef het, was
     18    nou ŉ ingehokte dier. Die donkerte van die nag het die mure weggevat
     19    en haar gered.
     20        Dit was ŉ lang, vermoeiende dag en sy het haarself aan die slaap
     21    gehuil.

     11.1 Teen watter agtergrond speel hierdie uittreksel af?                          (1)

     11.2 Wat het Piet de Bruin net voor hierdie uittreksel gedoen om Tant
          Wonnie te verneder?                                                          (1)

     11.3 Watter soort verteller is in die onderstreepte gedeelte in reël 2 aan die
          woord? Wat is die rol van die verteller hier? Sê ook watter positiewe
          gevolg dié soort verteller vir dié reël inhou.                               (3)

     11.4 Dit is duidelik dat Tant Wonnie baie gelowig is. Verwys na VIER ander
          voorbeelde in die roman wat bevestig dat sy haar geloof en
          goedgunstigheid uitleef.                                                     (4)

     11.5 Benoem die soort vraag in reël 15–16. Is hierdie vraag ŉ teken van
          Tant Wonnie se innerlike konflik? Motiveer jou antwoord.                     (2)

     11.6 Reël 20–21 verwys na Tant Wonnie wat huil. Tant Wonnie het deur
          die loop van die verhaal nog baie ander hartseer beleef. Motiveer die
          stelling met TWEE voorbeelde uit die roman.                                  (2)

                                              EN

     TEKS F

     1      Wie was dié Norman van der Westhuizen, Ma-Ma?
     2          En toe vertel Tant Wonnie: Hy was jou pa se vriend, hier in
     3      Vatmaar en op die slagveld. Hierdie man, Suzan, het sy pa in die
     4      Boere-oorlog by Modderrivier verloor. Nou die Boere het teen die
     5      groot en sterke Britse nasie geveg, maar meer soos ŉ mens wild jag
     6      as oorlog maak. Want die meeste van hulle het nooit skoolgegaan nie,
     7      net goed geweet om ŉ geweer te hanteer. Hulle was nie gedril soos
     8      soldate nie, maar hulle was onderdanig aan ouer mense. Al wat ek
     9      kan sê, is die Boere het die Engelse hel gegee. Die Rooinekke kon
     10     nie by die Boere kers vashou as dit by skiet kom nie. So die Engelse
     11     het die Boere se plase afgebrand en hulle vrouens en kinders in ŉ

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

18                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2019)

     12      tronk van doringdraad gestop wat hulle ŉ konsentrasiekamp
     13      genoem het. Hierdie arme mense het daar soos vlieë gesterf.
     14          Hierdie man se pa was van die arm klas Boere, want hy was ŉ
     15      bywoner op ŉ plaas. Daar word vertel dat dit hy was, Kerneels van
     16      der Westhuizen, wat hier en daar ŉ klip opgelig het en die
     17      doringdraad dwarsoor die gras gespan het die nag voor die Skotte
     18      met hulle rokkies, wat kielts genoem word, en bajonette die Boere
     19      bestorm het. Die Boere het hulle lê en inwag en hulle voor die voet
     20      geskiet, soos hase, sê hulle. ŉ Opslagkoeël het vir Kerneels van der
     21      Westhuizen getref.

     11.7    Sê kortliks hoe Tant Wonnie dié Norman van der Westhuizen ken en
             verklaar watter groot hartseer hom getref het. Wie het eindelik na
             hom omgesien?                                                              (3)

     11.8    Watter karaktereienskap van Tont Wonnie blyk uit hierdie uittreksel?
             Noem enige TWEE ander karaktereienskappe, afgesien van haar
             gelowigheid, wat in die roman na vore kom.                                 (3)

     11.9    Verklaar die stereotipering wat in hierdie uittreksel na vore kom.
             Dink jy dit is regverdig? Motiveer jou antwoord.                           (2)

     11.10   Hoe verskil die algehele stemming in TEKS E van die stemming in
             TEKS F?                                                                    (1)

     11.11   Verklaar wat ŉ opslagkoeël is.                                             (1)

     11.12   Vatmaar het drie moontlike hooftemas. Noem enige TWEE.                     (2)
                                                                                       [25]

     ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen

     Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).

     VRAAG 12: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG

     Greg, Eckard en mnr. Owen ondergaan deur die loop van die roman geen,
     gedeeltelike of algehele karakterontwikkeling.

     Skryf ŉ opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek.               [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

(EC/SEPTEMBER 2019)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                       19

    VRAAG 13: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG

    Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

    TEKS G

    1           Selfs Eckardt staan met ŉ verleë glimlag op sy bakkies. Hy stamp
    2           met sy elmboog in my ribbes toe ons die trap klim na ons kamers.
                “Ek het
    3           nie geweet jy bring my na Hugh Heffner se Playboy Mansion toe
    4           nie,” sê hy onderlangs. Ek lag maar net en beduie vir hom watter
    5           kamer syne is.
    6           Dis eers later dat ek dit besef; ek het onbewustelik John se kamer
    7           vir Eckardt gegee.

    8           Die aand gaan ons uit na ŉ nuwe klub wat in Jo’burg oopgemaak
    9           het. Secrets and Lies.

    10          Die strate is natgereën, die lug koel. Niemand onder agtien, lees die
    11          sign by die klubdeur, maar ons kom in. Ek betaal vir almal met die
    12          geld wat my ma my in die hand gestop het toe sy ons aflaai.
    13          Glimmende ligte. Stromende musiek. Flikkerende lywe en gesigte.
    14          Die girls sluk almal e. Nicole het een vir my ook. Sy wil hom op haar
    15          tong sit sodat ek hom kan afsoen. “Nie vanaand nie,” keer ek haar.
    16          Ek hou nie van die manier wat dit my laat voel nie. Ek hou van die
    17          manier waarop dit ánder mense laat voel. Frekay. Liefdevol.
    18          Ons kry bottels water. Maak ŉ pad deur die mense. Roger Goode is
    19          die DJ. “The good doctor is in the house,” fluister hy. “Tell me a little
    20          secret, tell me a lie.”
    21          Ons is op die dansvloer. Lywe teenmekaar. Nicole se hande terg oor
    22          my lyf. Elke senuweepunt orent. Ek kyk oor my skouer na Eckardt.

    13.1   Teen watter agtergrond speel hierdie uittreksel af?                              (1)

    13.2   Wie is die verteller in reël 4 en wat is die rol van die verteller in hierdie
           reël? Watter voordeel en nadeel hou dié soort verteller vir reël 6–7 in?         (4)

    13.3   Motiveer met TWEE ander bewyse uit die roman dat Greg iets van sy
           broer in Eckardt beleef.                                                         (2)

    13.4   Die naamgewing van die klub wat hul besoek is funksioneel binne die
           verhaalkonteks. Gee TWEE geheime wat Eckardt van Greg weerhou en
           EEN leuen wat hy aan Greg vertel.                                                (3)

    13.5   Watter karaktereienskap van Greg kom in die onderstreepte woorde in
           reël 16 na vore?                                                                 (1)

    13.6   Watter verband is daar tussen die ruimte waarin Greg en Eckardt hul in
           hierdie uittreksel vanaf reël 8 bevind en die titel van die roman? Aan
           watter EEN ander betekenis van die romantitel stel Eckardt vir Greg
           bekend?                                                                          (2)
                                              EN

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 20

20                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2019)

     TEKS H

     1       <h33>Eggo’s</h33>
     2           Die weerkaatsing in die glasdeur van die gallery. “Eckardt!” “Nie
     3           gedink jy gaan my weer sien nie, hè?”
     4           Ek swaai om. Loop nader om hom vas te gryp. Verligting. “Is dit
     5       genuinely jy?”
     6           Maar Eckardt tel net een arm op, druk teen my bors, stoot my
     7       weg, ŉ skewe trek om sy mond.
     8            “Jou hare … Blond? En die goatee?” Ek wil sy hand wegvat, hy
     9        ruk dit hard terug. “Waar was jy? Die hele blerrie wêreld soek na
     10       jou!”
     11           “Mmm … weet, ek het my gevreet op Police File gesien. Nooit
     12       gedink ek sal daar beland nie.”
     13           “Maar as jy dit gesien het, hoekom –”
     14           “Wat’s dit dié? Twenty questions? Los dit. Ek is haastig; het net
     15       gou iets kom klaarmaak …”

     16       Dis hoe vrees voel: Vuur blits deur jou lyf, elke senuwee ruk wakker,
     17       adrenalien gooi jou gedagtes in snelrat, jou oë sper oop, jou
     18       asemhaling hou op en jou borsholte pers saam. En jy hoor dit – jou
     19       eie hart. Klop. Klop. Klop.

     20       Ek frons. Wat bedoel hy? Eckardt se stem klink anders as waaraan
     21       ek gewoond is. Sy stem het die keer toe hy daardie vrou gebel het
     22       om my te wys hoe social engineering werk, ook verander. Nou is die
     23       gemoedelikheid waarmee hy my met die hacking gehelp het weg. En
     24       in die plek daarvan is daar ŉ selfversekerde hardegat arrogansie.
     25           Ís dit hy?
     26           “Vandag, Greg, gaan jy jou laaste hacking-les by my kry. Sorry
     27       om te sê, maar hierdie een is ball breaker.”

     13.7     Verklaar die gebruik van < > saam met die hoofstuknommer in                (1)
              reël 1.

     13.8     Herlees reël 2.

              Die eggo-motief is op konnotatiewe vlak funksioneel tot die intrige.
              Gee TWEE verwysings daarna in die roman.                                   (2)

     13.9     Hoekom is die woorde in reël 16–19 funksioneel om binding in die
              verhaal te bewerkstellig? Dink jy die woorde is gepas vir die situasie
              wat hom net hierna gaan afspeel? Motiveer jou antwoord.                    (2)

     13.10    Benoem die soort vraag in reël 20. Dink jy Eckardt se woorde
              aktiveer innerlike konflik in Greg? Motiveer jou antwoord. Noem ook
              enige EEN ander voorbeeld uit die roman waar Greg innerlike konflik
              ervaar.                                                                    (3)

     13.11    Verduidelik volledig wat social engineering / sosiale manipulering
              behels en sê hoe Eckardt dit op Greg toegepas het. Dink jy Eckardt
              se sosiale manipulasie is geregverdig? Motiveer jou antwoord.              (3)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 21

(EC/SEPTEMBER 2019)            AFRIKAANS HUISTAAL V2                                21

    13.12     Het Eckardt vanaf TEKS G na H karakterontwikkeling ondergaan om
              eindelik as ronde karakter geklassifiseer te word? Motiveer jou
              antwoord.                                                           (1)
                                                                                 [25]

                                                       TOTAAL AFDELING B:          25

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 22

22                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2019)

     AFDELING C: DRAMA

     Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy be-
     studeer het.

     KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

     Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF vraag 15 (kontekstuele vraag).

     VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG

     Blanchie, Maud en Cavernelis ondergaan deur die loop van die drama geen,
     gedeeltelike of algehele karakterontwikkeling.

     Skryf ŉ opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek.              [25]

     VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG

     Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat
     volg.

     TEKS I

     1    TOMMY:             ’Is nie onse biesagheit nie, man, wat mister
     2                       Cavernelis-hulle doen nie!
     3    CAVERNELIS:        Ja … Dit het met niemand niks te make nie. Ons
     4                       meng met niemand in nie. Ons gaan net ons eie
     5                       gang, so asseblief, laat staan vir ons …
     6    CYRIL:             (spottend) ”Meng met niemand in nie”; ”gaan net
     7                       ons gang!” … Mister Cavernelis praat darem mooie
     8                       taal, nè. ”Meng met niemand in nie.” Hoge
     9                       Afrikaans, en missies Cavernelis gooi net weer
     10                      Ingils! Smárt. Ons ken mos nie sukke tale hierso in
     11                      onse area, innie township nie! (Hy is nou bý mister
     12                      Cavernelis, en klop die ouer man op die skouer.)
     13                      Ma’ lyster, ou dêrre, ons keen die meaning van daai
     14                      woorde. ”Meng met niemand in nie.” Jy mien jy
     15                      interfere like moet ge-niemand nie. Dis net lat jy
     16                      sukke hoë woorde gebruik daarvoor! Maar jy
     17                      moenie dink ons is stupid hierso nie. Ons het oek
     18                      ammal geleer innie skool, okay … ”Meng met
     19                      niemand in nie.” Hoë woorde. Hoë mense …
     20   CAVERNELIS:        (hulpeloos) ’Is nie dit nie, man. Kan ek help hoe ek
     21                      praat?! Kan ek help dat ek van die Boland … van
     22                      up-country af … kom?
     23   CYRIL:             Up-country … ja … En nou’s mister Cavernelis al
     24                      weer t’rug … (Geniepsig. Slaan op die tas wat agter
     25                      op die fiets vasgemaak is.) Soft goods innie
     26                      suitcasie? Ekstra verdienste? Soft goods … Petti-

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 23

(EC/SEPTEMBER 2019)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      23

  27                        coats en panties … (Hy en Richie lag)
  28      RICHIE:           (probeer paai) Ou Cyril, man, kom, speel …
  29      TOMMY:            Moenie na hom lyster nie, uncle Cavernelis. Hy
  30                        praat somaar net.
  31      CYRIL:            Rus jy dan nooit, ou dad?

   15.1    Wat is die biesagheit waarna Tommy in reël 1 verwys? Wees
           spesifiek.                                                                 (1)

   15.2    Watter karaktereienskap van die Cavernelisse kom in reël 3–4 na
           vore?                                                                      (1)

   15.3    Verwys na die toneelaanwysing in reël 6. Hoekom, dink jy, is Cyril se
           dialoog hier juis met spot gelaai? Dink jy Cavernelis verdien hierdie
           spottende toon? Motiveer jou antwoord.                                     (2)

   15.4    Cyril is geïrriteerd met Maud se Engelspratery. Gee enige TWEE
           voorbeelde van uiterlike konflik tussen Maud en die twee leeglêers,
           Cyril en Richie.                                                           (2)

   15.5    In watter township-ruimte en teen watter agtergrond speel dié drama
           af?                                                                        (2)

   15.6    Wat is die funksie van die beletselteken in reël 23?                       (1)

   15.7    Noem enige TWEE kenmerke van Kaaps soos dit uit die dialoog in
           reël 25–27 blyk. Spreek jou uit oor die funksionaliteit van dié
           taalgebruik in die drama.                                                  (3)

                                            EN

   TEKS J

  1       CYRIL:            (lag) ’Is soes jy sê, ou Tommy … So … hulle siet
  2                         mekaar weer, Blanchie, en Map Jacobs die bastard!
  3                         Die lig verander. Doof uit.
  4                         Doof in: Blanchie en Map Blanchie totaal verward en
  5                         huilend. Op ’n afstand van mekaar:
  6       BLANCHIE:         (bewend) Dis … Johnnie … dis Daddy! Daddy! Jy …
  7                         kom … help. Dis Daddy!! Daddy!! Daddy!! (Sy
  8                         skreeu.)
  9       MAP:              (staar) Blanchie …
  10      BLANCHIE:         Johnnie! Dis Daddy!!
  11      MAP:              (probeer haar kalmeer) Hê, Blanchie … Lyster nou
  12                        eers … Blanchie …
  13      BLANCHIE          (snik, praat dan) Daddy! … Johnnie … hy word nooit
  14                        so nie, hy’t nog … nooit … nog … so … Johnnie …
  15                        gelyk nie … Toe … loop hy net … weg … net …
  16                        loop hy net …
  17                        Map sit sy arm om haar, maar asof dit ’n elektriese
  18                        skok is, ruk sy haar weg.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 24

24                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2019)

     19      BLANCHIE:        Nee!
     20      MAP:             Okay … Okay …
     21      BLANCHIE:        (van haar wysie af) Nie okay nie … Shuddup!! Dis
     22                       Daddy!!
     23      MAP:              (skreeu nou) Blanchie! Sal jy stilbly! (Hy gryp haar
     24                       vas.)
     25      BLANCHIE:        Dis Daddy! (Sy worstel in Map se greep.) Los my!
     26      MAP:             (hard met haar) Sal jy … sal jy stilbly! … (Dan
     27                       sagter.) Blanchie … Blanchie … (Sy verslap in sy
     28                       arms.) Blanchie …
     29      BLANCHIE:        Johnnie …
     30      MAP:             Daar’s … niks wat ons kan doen nie … Blanchie …
     31                       Dit … moet nou … so gebeur …
     32      BLANCHIE:        Daddy … Ek weet … ek … (Dan skielik, hard.)
     33                       Johnnie … Wat het … met ons gebeur … Wat … Ek
     34                       … is so … sleg …
     35      MAP:             (sit sy hand op haar mond) Nee! … Jy’s … goed …

     15.8     Hoe verander die toneelaanwysing in reël 3–5 in TEKS J die stemming
              soos ons dit in TEKS I beleef het?                                          (1)

     15.9     Watter karaktereienskap van Blanchie blyk uit reël 18–19? Het
              Blanchie ŉ ander houding ingeneem teen die einde van die drama?
              Motiveer jou antwoord met TWEE redes.                                       (3)

     15.10    Blanchie se vraag aan Map “Wat het met ons gebeur?” word net na
              hierdie uittreksel deur Map beantwoord. Wat is sy antwoord op hierdie
              vraag en gee TWEE dieperliggende implikasies van dié treffende
              woorde. Dink jy daar is hoop vir Blanchie en Map? Motiveer jou
              antwoord.                                                                   (4)

     15.11    Blanchie noem Map deurentyd Johnnie. Wat sou die moontlike rede
              hiervoor wees? Bewys ook dat Blanchie aan die einde van die drama
              die betekenis van haar naam gestand doen.                                   (2)

     15.12    Bewys dat die krisisoomblik in die drama net na hierdie uittreksel volg.
              Motiveer ook met TWEE redes dat Blanchie moontlik tot hierdie
              krisisoomblik bygedra het.                                                  (3)
                                                                                         [25]

                                                OF

     VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG

     Miem, Meisie en Konstabel ondergaan deur die loop van die drama geen,
     gedeeltelike of algehele karakterontwikkeling.

     Skryf ŉ opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek.                  [25]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 25

(EC/SEPTEMBER 2019)             AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     25

 VRAAG 17: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG

 TEKS K

 1                      Die stemme van MIEM en GERTIE word hoorbaar in die
 2                      gang.
 3           GERTIE:    Dis net wat ek ook sê.
 4           MIEM:      (nader) Presies!
 5                      MIEM en GERTIE kom binne. Hulle is druk in gesprek.
 6                      MEISIE kyk af en werk verder aan die sak.
 7           GERTIE:    Ja. Net bolangs rondgekrap.
 8           MIEM:      (opgewonde) Ek het mos verniet gesê grawe oop, delf om.
 9                      Ek is seker u stem saam, Konstabel. Maar hulle wou nie
 10                     hoor nie.
 11          GERTIE:    Nee, hulle wou nie
 12                     Geluid van sagte huilwind.
 13          MIEM:      En nou is die spoor al koud. Hulle het nooit ordentlik
 14                     gesoek nie. Konstabel, ons praat oor die verdwynings. Oor
 15                     die ondersoek na die verdwynings. Nou ja (Sug) Wat kan ’n
 16                     mens verwag? (Gaan sit by die tafel, glimlag) Dit lyk darem
 17                     of julle mekaar se geselskap geniet het, of hoe?
 18          MEISIE:    (bang) Wat was dit?
 19          MIEM:      Toe maar, dis net die wind, my kind. En die takke op die
 20                     dak.
 21                     Kort stilte.
 22          GERTIE:    En ek voel ŉ trek. Miskien is iets iewers oop.
 23          MIEM:      Moet jou nie bekommer nie. Als is toe. Die wind waai deur
 24                     die krake. (Kort stilte. Skielik heftig aan die KONSTABEL)
 25                     En putte, het ek gesê! Kyk in putte. (Sug) Maar niemand
 26                     wou luister nie. Nou wat kan ’n mens meer doen?
 27          GERTIE:    Ja. Jou hande is afgekap
 28          MIEM:      En dan was daar tant Salie se droom. Baie oud. Al pêrels
 29                     op die oë. Maar daar is nie ŉ droogte, sterfte of ŉ vloed wat
 30                     sy nie voorspel het nie.
 31          GERTIE:    Dit is so, Konstabel. Wat sy sien, kom altyd waar.
 32          MIEM:      En toe het sy gedroom. Van ŉ meisie. Onder die water.

 17.1   Gee die datum waarop die gebeure in hierdie uittreksel afspeel en sê
        wat Meisie se dialoog in die monoloog wat hierdie uittreksel voorafgaan,
        behels het.                                                                 (2)

 17.2   Watter karaktereienskap van Meisie kom in reël 6 na vore? Sê ook
        hoedat die sak waaraan Meisie werk ŉ belangrike rol in die drama speel.     (2)

 17.3   Hoe dra die neweteks in reël 12 by tot die stemming in die teks?            (1)

 17.4   Verduidelik korliks waarna die onderstreepte woorde in reël 14–15 ver-
        wys en gee die naam van EEN van die mense wat verdwyn het.                  (2)

 17.5   Bewys dat hierdie uittreksel deel van die motoriese moment is.              (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [AFR HL P2 GR12 MEMO SEPT2019](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr12-memo-sept2019/42d676d4-d5cc-4d55-a6ae-c501ee8b80c8) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [NW AFR HL P2 SEPTEMBER 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-afr-hl-p2-september-2019/ea860de6-acca-40e8-b1ba-da9a739ef857) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFRHL P2 GR12 QP SEPT2018 FINAAL](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2018-finaal/f02467f9-8003-4a02-a00f-5bf144eb7a92) — Afrikaans HL · QP · 2018
- [AFRHL P2 GR12 QP SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2016/736087b6-138d-43dd-8f26-f107ef5a887e) — Afrikaans HL · QP · 2016
- [AFRHL P2 GR12 QP SEPT2014](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2014/fc716bc4-0c0f-4799-825e-a9679294d333) — Afrikaans HL · QP · 2014
- [AFRHL P2 S13 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-s13-qp-afr/9353aacc-7375-488a-a2e2-a28a0a219240) — Afrikaans HL · QP · 2013 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
