# Afrikaans HL Grade 9 Paper 2 November EC 2018 Question Paper

> Grade 9 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the November EC 2018, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-qp/27c7a315-b8ea-4616-be77-964cb8a0c2fe
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 9
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: November EC
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 9 Paper 2 November EC 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-qp/27c7a315-b8ea-4616-be77-964cb8a0c2fe)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 9 · November EC · 2018. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 9

                      NOVEMBER 2018

                 AFRIKAANS HUISTAAL V2

PUNTE:   50

TYD:     2 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                  (EC/NOVEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

      AFDELING A: BEGRIPSTOETS                 (25 punte)
      AFDELING B: OPSOMMING                    (10 punte verwerk na 5)
      AFDELING C: TAAL IN KONTEKS              (20 punte)

 2.   Beantwoord AL die vrae.

 3.   Lees die instruksies by AL die vrae noukeurig deur.

 4.   Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

 5.   Trek ŉ streep na elke afdeling.

 6.   Nommer elke antwoord presies soos wat die vrae op die vraestel genommer is.

 7.   Laat ŉ reël tussen die antwoorde oop.

 8.   Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

 9.   Voorgestelde tydsindeling:

      AFDELING A: 50 minute
      AFDELING B: 30 minute
      AFDELING C: 40 minute

 10. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                       3

 AFDELING A: LEESBEGRIP
 VRAAG 1

 Lees en kyk na die meegaande tekste en beantwoord dan die vrae wat daarna volg.

 TEKS A: ARTIKEL

                          STAAN OP VIR JOU GESONDHEID!

 1     Daar is al baie gesê oor die skadelike uitwerking van sit op ons lewe. Om
       gesond te bly, moet ons die lang tydperke van sit vermy.

 2     Daar word aanbeveel dat ons meer moet hardloop en stap om die skade van
       oormatige sit teen te werk. ŉ Algemene, maar afgeskeepte teenmiddel vir sit,
       is staan.                                                                            5

 3     Om die waarheid te sê: Die meeste van ons loop nie te dikwels nie en het nie
       die tyd of lus om gereeld te draf nie. Staan kan dus die leemte tussen sit en
       stap vul. Staan-lessenaars en -werkstasies is besig om in werkplekke
       wêreldwyd gewilder te word. Daar is baie geleenthede vir ons om elke dag te
       staan, byvoorbeeld in skole en by sportbyeenkomste en selfs as tieners by ŉ 10
       lessenaar leer.

 4     Watter voordeel hou dit alles vir jou in? Hier is ŉ lys van sommige van die goeie
       uitwerkings van staan.

 5.    Een van die voordele van staan, is gewigsvermindering. Dit is ŉ goeie rede om
       minder ineengekrimp by jou lessenaar te sit en ŉ prioriteit te maak om meer te      15
       staan. Die Annals of Internal Medicine het in 2007 ŉ studie onder 8 000
       Amerikaners ouer as 45 gedoen. Hulle het gevind dat lang tye van sit by die
       werk, selfs al oefen jy hard, dodelik kan wees. Daar is ook ŉ verband tussen
       die sterftesyfer en die getal ure wat hulle nie opgestaan het nie.

 6     Navorsers stel voor dat mense met sitwerk of leerders wat lang ure sit en leer,     20
       elke 30 minute moet opstaan om die nadele van sit uit te skakel. ʼn Studie in
       2012 het gevind dat jy tot twee jaar by jou lewe kan voeg deur jou daaglikse
       sittyd tot drie ure te verminder.

 7     Navorsers by die toonaangewende Stanford Universiteit het in 2012 gevind dat
       werkers, wat gedurende die dag sit-staan-lessenaars gebruik het in plaas van        25
       die gewone soort, meer dikwels pynvrye dae gehad het. Die deelnemers het
       gesê dat hulle tydens die drie maande wat die studie geduur het minder pyn in
       hul laerug gehad het.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                           (EC/NOVEMBER 2018)

8     Werkers wat staanlessenaars gebruik, beweer hulle het minder stres en
      moegheid as die mense wat dit nié gebruik nie. In ŉ studie oor sewe weke was 30
      daar 24 deelnemers wat lessenaars gekry het waarby hulle kon sit én staan.

9     Volgens dié groep se reaksie het die navorsers gevind dat die tellings verander
      ten opsigte van sittyd, gesondheidsrisikofaktore, gemoedstemming en ander
      kantoorgedrag. Die projek het werkers se sittyd met 75% verminder. Hul borug-
      en nekpyn het 54% verminder. Dit het ook mense se gemoedstemming verbeter. 35

10    Staan versterk die kernspiere asook die been-, voet- en enkelspiere. Dit verbeter
      ook jou postuur en balans.

                       [Verwerk uit www.welstand-solidarteit.co.za, Dr. Eugene Brink, 16 September 2018]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                          5

TEKS B: VISUELE TEKS

                               WINKELSENTRUM

                                                     Jip van den Toorn

                                                  [Bron: Jip Projekte:http://www.jipvandentoorn.nl/]

VRAE: TEKS A

1.1     Word die titel letterlik of figuurlik gebruik? Motiveer jou antwoord deur na die
        inhoud van die artikel te verwys.                                                       (2)

1.2     Haal EEN woord uit paragraaf 1 aan wat dieselfde beteken as:

        om iets nie te doen nie.                                                                (1)

1.3     Herlees paragraaf 3.

        Verduidelik in jou EIE woorde waarom daar volgens die artikel ŉ leemte
        tussen sit en draf is. (Moenie aanhaal nie.)                                            (1)

1.4     Noem TWEE geleenthede waar ŉ mens kan probeer om meer te staan.                         (2)

1.5     Herlees paragraaf 5.

        Die sterftesyfer van mense wat by die werk sit, is hoër as dié vir mense wat
        staan.
        Is bogenoemde stellling ŉ feit of ŉ mening? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/NOVEMBER 2018)

1.6     Waarmee kan werkers volgens paragraaf 7 laerugpyn drasties verminder?
        Skryf slegs EEN woord neer.                                                         (1)

1.7     Noem EEN instansie waar ŉ studie oor staan in die werkplek gedoen is.               (1)

1.8     Watter voordeel het dit op jou emosies as ’n mens in die werksplek staan?           (1)

1.9     Wat is die doel van die artikel en wie is die teikengroep? Bespreek jou
        reaksie op die bevindinge in die artikel.                                           (3)

VRAE: TEKS B

1.10    Lewer kritiese kommentaar of die voorstelling van die mense in die winkel
        realisties is, al dan nie.                                                          (1)

1.11    Kies die korrekte antwoord deur slegs die korrekte letter (A–C) neer te skryf:

        Voltooi die stelling: Die mense in die skildery maak gebruik van …

        A    rolstoele.
        B    mobiele vervoermiddels.
        C    inkopietrollies.                                                               (1)

1.12    Wie is die kunstenaar?                                                              (1)

1.13    Watter moontlike boodskap probeer die kunstenaar tuisbring?                         (1)

VRAE: TEKS A EN B

1.14    Watter teenstelling (kontras) is daar tussen die artikel (TEKS A) en die skildery
        (TEKS B)?                                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                        7

 TEKS C: VISUELE TEKS

                                                          [Bron: Beeld, 2 Oktober 2014]

 VRAE: TEKS C

 1.15     Vertel in EEN VOLSIN wat hier gebeur.                                            (1)

 1.16     Watter liggaamstaal dui vir die leser aan hoe die pa voel?                       (1)

 1.17     Gee EEN visuele bewys dat die seun groter is as wat hy veronderstel is
          om te wees.                                                                      (1)

 1.18     Watter gesondheidskwessie word in die spotprent uitgebeeld?                      (1)

 1.19     Maak ŉ voorstel aan snoepies sodat die verversings gesonder is.                  (1)

                                                          TOTAAL AFDELING A:               25

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/NOVEMBER 2018)

 AFDELING B: OPSOMMING
 VRAAG 2
    Lees die onderstaande teks deur en maak ŉ OPSOMMING van die SEWE
    REDES waarom mense moeg wakker word en voortdurend (chronies) moeg
    is.
       Skryf die SEWE volsinne puntsgewys onder mekaar neer.
       Die opsomming moet sover moontlik in jou eie woorde wees.
       Die opsomming moet tussen 70–80 woorde wees.
       Skryf aan die einde van jou opsomming die aantal woorde tussen hakies neer.
       Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 80 woorde skryf, of as jy nie die getal
        woorde aandui nie.
    TEKS D

               OORSAKE VAN EN REDES VIR CHRONIESE MOEGHEID
 Jy slaap minstens agt ure per nag, maar wanneer jy soggens wakker word, is jy net
 so moeg as toe jy die vorige aand in die bed geklim het. Daar is verskeie redes
 waarom jy nooit uitgerus voel nie.
 Sittende of lae-energieleefstyl. Dis dikwels die gevolg van kantoorwerk of ŉ
 luilekker lewe. Om die heeldag te sit, kan ŉ mens se liggaam benadeel. ŉ Swak
 dieet, spanning, te laat gaan slaap, alkoholgebruik en sekere medikasie of
 aanvullings, gemoeds- of hormoonwanbalans en trauma kan ook aanleiding tot ŉ
 swak slaappatroon gee.
 Depressie is een van die algemeenste geestesversteurings en lei tot moegheid.
 Depressiewe persone kan aan chroniese moegheid ly omdat hulle geestelik moeg
 voel, nie fisiek aktief wil wees nie en daarom ook sukkel om snags te slaap.
 Moegheid kan ook tot depressie lei omdat slaaploosheid jou ŉ goeie nagrus
 ontneem. Emosionele spanning en sielkundige probleme kan jou energievlakke
 verminder. Dit kan tot angsversteuring of slaapverwante probleme lei.
 Bloedarmoede is wanneer iemand ʼn laer as normale vlak rooibloedselle het. Die
 rooibloedselle help om suurstof deur die liggaam te versprei. Te min rooibloedselle
 veroorsaak dat minder suurstof na die selle en weefsel, veral die brein, versprei
 word.
 Dehidrasie vind plaas wanneer die liggaam baie liggaamsvloeistowwe verloor.
 Wanneer mens dors is, is jou liggaam reeds gedehidreer. Dit word veroorsaak deur
 oefening sonder om vloeistowwe te drink, te lang tyd in die son en siektetoestande
 wat diarree, vomering en oormatige sweet veroorsaak.

 Ongesonde      eetgewoontes       en     voedselonverdraagsaamheid.          Verkeerde
 voedselsoorte is gluten, suiwel, eiers, grondbone, kafeïen, sjokolade, suurdeeg en
 alkohol. Die meeste van die genoemde oorsake van chroniese moegheid kan
 teruggevoer word na swak eetgewoontes en kan reggestel word deur jou dieet te
 wysig.
                                    [Bron: www.goeiehuishouding.co.za, Melodie Veldhuizen]

                                                      TOTAAL AFDELING B (10 ÷ 2):               5

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                         9

 AFDELING C: TAAL IN KONTEKS

 VRAAG 3

 Bestudeer die advertensie en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS E: ADVERTENSIE

   1. Kom kuier saam by die King Price Nuwe Jy – Fees en Pretdraf op
                              2. Saterdag, 20 Oktober
   3. Dié een-dag-byeenkoms bied fiksheidsklasse deur topafrigters, praatjies deur kenners
                           4. oor selfvertroue, voeding en welstand.
    5. Jy kan kook–gesond demonstrasies bywoon. Daar sal ook ’n fees van fynproewers en
                        6. fiksheidstalletjies wees vir kyk, koop en eet.
    7. Kom draf of stap die 5 km-pretdraf saam en ontmoet die wenner van die CSN Nuwe Jy-
                                            program.

                    . Datum | Saterdag, 20 Oktober
                       8
    9. Plek | Copperleaf Gholflandgoed in Centurion (Pretoria)
                  10. Tyd | Wedloop begin om 07:30

               11. (Registrasie begin reeds om 05:00)
                     12. Kaartjies | Slegs R150 p. p.
                   13. Vergeet van oefen in die gimnasium daardie naweek!
     14. Die King Price–springkasteel is jou heeldag ope uitnodiging tot lae impakoefening
                           15. wat terselfdertyd jou balans verbeter.
     16. Springkasteelspring is ’n doeltreffende manier om die brein te laat ontspan en hou
                    17. verskeie gesondheidsvoordele in – én dis hope pret.
                                                                 [Bron: Vrouekeur, September 2017]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/NOVEMBER 2018)

 3.1    Waarom kan ons sê die adverteerder maak hom skuldig aan diskrimi -
        nasie?                                                                           (1)

 3.2    Gee die verkleinwoord van die onderstreepte woord in reël 1.                     (1)

 3.3    Gee die afkorting vir die onderstreepte woord in reël 2.                         (1)

 3.4    Gebruik die kern van die onderstreepte word in reël 3 as ŉ bepaler en
        vorm ŉ nuwe samestelling.                                                        (1)

 3.5    Identifiseer die gesegde in die onderstreepte sin in reël 5.                     (1)

 3.6    Wat is die funksie van die skryfteken in die onderstreepte woord in reël 7?      (1)

 3.7    Kies die korrekte antwoord tussen hakies om die onderstaande sin korrek
        te voltooi:

        Ek het heerlike kos by die kosstalletjies geëet en is nou so
        (verkwik/versadig/verlustig).                                                    (1)

 3.8    Haal ŉ voorbeeld van ŉ leenwoord uit Engels in reëls 8–12 aan.                   (1)

 3.9    Motiveer waarom die onderstreepte klank in reël 11 nie ŉ diftong is nie.         (1)

 3.10   Watter frase in reël 14 sal jou oortuig om op 20 Oktober saam te kuier?          (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                         11

TEKS F: SPOTPRENT

Die onderstaande vrae is op die spotprent gebaseer.

                                                         [Bron: Volksblad, 13 November 2014]

3.11     Haal ŉ voorbeeld van ŉ infinitief uit raampie 1 aan.                                       (1)

3.12     Wat impliseer die woord glo in raampie 1?                                                  (1)

3.13     Vervang die vetgedrukte woord in raampie 3 met die korrekte Afrikaanse
         woord.                                                                                     (1)

3.14     Skryf die onderstreepte frase in raampie 3 oor in ŉ bevelsin.                              (1)

3.15     Skryf die onderstaande sin in die lydende vorm oor:

         Sanna het die selfvoldaande sanger hard geklap.                                            (1)

3.16     Skryf die onderstaande sin in die ontkennende vorm:

         Meisies word altyd maklik deur geld beïndruk.                                              (1)

3.17     Gebruik die homoniem van die vetgedrukte woord in raampie 4 in ŉ
         verklarende sin.                                                                           (1)

3.18     In raampie 4 is ŉ leesteken weggelaat. Gee die korrekte leesteken deur die
         woord voor en na die leesteken neer te skryf.                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/NOVEMBER 2018)

 3.19   Gebruik ŉ voegwoord/verbindingswoord wat ŉ oorsaak en gevolg aandui
        om die onderstaande twee sinne met mekaar te verbind:

        Hy moet dit nie sing nie.
        Hy gaan ŉ klap van my kry.                                                       (1)

 3.20   Wat is die direkte betekenis van die wurm se woorde in raampie 5?                (1)

                                                           TOTAAL AFDELING:              20
                                                              GROOTTOTAAL:               50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFR HL P2 GR9 MEMO NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-memo-nov2018-d/ac850d25-e019-431c-bf33-6c1537ad845f) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afr HL P3 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-qp/89135dcd-929c-4972-b83c-50d559ebc69b) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFR HL P2 GR9 NOV2017QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-nov2017qp/380e50fc-fbea-4a12-a8f0-7a8d75971800) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [AFR HL P2 GR9 NOV2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-nov2016-qp/5ae565db-6c46-449b-bffb-9b4cec1a2406) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [AFR HL P2 GR9 NOV2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-nov2014-qp/cce0af3c-0e8d-4ec3-be66-1af4d81a17b6) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR9 MEMO NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr9-memo-nov2018/3bfcedf7-9180-41f2-b7db-079829fa0e89) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 9 Afrikaans HL

- [CAPS SP HOME AFRIKAANS GR 7-9 web](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-home-afrikaans-gr-7-9-web/adabb4d3-1fb8-4825-a189-492d2a06c071) — CAPS · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/764a0ca6-8c7b-4530-aaa0-de52bed4e547) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/66a9bd85-2672-489f-aed7-91a86bda5288) — Memo · 2026 · Afr
- [Afrikaans HL Marking Guideline](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-marking-guideline/9f5d1f41-c88b-40c4-9849-80d0bebb5a9b) — Memo · 2023 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-memo/453edc0c-96e8-484b-8789-aca6a3f55d2c) — Memo · 2022 · Afr
- [AFR HL P2 GR9 MEMO NOV2019 Final](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-memo-nov2019-final/c312c415-29d5-4a65-95a8-c4ddd136620e) — Memo · 2019 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
