# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2014 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2014, 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr12-sept2014-memo/565e2f21-a44e-4ef5-a5cf-e91c3f70a2ba
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr12-sept2014-memo/565e2f21-a44e-4ef5-a5cf-e91c3f70a2ba)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2014

                  AFRIKAANS HUISTAAL V3
                      MEMORANDUM

PUNTE:   100

                 Hierdie memorandum bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  AFRIKAANS HUISTAAL V3                      (SEPTEMBER 2014)

 ANALISE VAN VRAESTEL

 AFDELING A          OPSTEL
 1.1                 Verhalend/Beskrywend
 1.2                 Argumenterend/Beredenerend
 1.3                 Verhalend/Bespiegelend/Beskrywend
 1.4                 Bespiegelend/Verhalend
 1.5                 Verhalend/Beskrywend/Bespiegelend
 1.6                 Verhalend/Beskrywend/Bespiegelend/Beredenerend/
                     Argumenterend

 AFDELING B          LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE
 2.1                 Bedankingsbrief
 2.2                 Formele Verslag
 2.3                 Huldeblyk
 2.4                 Brief aan Pers
 2.5                 Koerantberig
 2.6                 Onderhoud

 ONTLEDING VAN VRAESTEL 3

 DENKVLAK VAN DIE SKRYFSTUK

 VLAK 1:    3 PUNTE
 VLAK 2:    4–6 PUNTE
 VLAK 3:    7–9 PUNTE

                      VLAK 1                VLAK 2                    VLAK 3
 O: Onderwerp         Kandidaat se eie      Kandidaat se eie en       Kandidaat en
                      persoonlike en        onmiddellike              die wye wêreld
                      alledaagse            gemeenskap en
                      leefwêreld            omgewing
 A: Aanbieding        Baie hulp; riglyne,   Minder hulp; minder       Net die
                      woordeskat in         riglyne, minder           onderwerp,
                      tekste,               woordeskat in tekste,     min leiding
                      antwoordblad, ens.    uitdagender
                                            antwoordblad
 U: Uitdaging         Skryf net woorde      Skryfstukke wat hoër      Moeiliker
                                            skryfvaardighede vereis   skryfvorme

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)               AFRIKAANS HUISTAAL V3                                       3

AFDELING A: KREATIEWE TEKSTE (OPSTEL)

VRAAG      OPSTEL                             O A       U   TOTAAL    DENKVLAK
1.1        Verhalend/Beskrywend               1 1       1      3          1
1.2        Argumenterend/Beredenerend         3 2       3      8          3
1.3        Verhalend/Bespiegelend/
           Beskrywend                         3   1     2      2               2
1.4        Bespiegelend/Verhalend             1   1     1      3               1
1.5        Verhalend/Beskrywend/
           Bespiegelend                       3   3     2      8               3
1.6        Verhalend/Beskrywend/
           Bespiegelend
           Beredenerend/Argumenterend         3   3     3      9               3

AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE

VRAAG       LANGER TRANSAKSIONELE             O A       U   TOTAAL    DENKVLAK
            TEKSTE
2.1         Bedankingsbrief                   1   1     1      3               1
2.2         Formele Verslag                   2   2     2      6               2
2.3         Huldeblyk                         2   2     2      6               2
2.4         Brief aan Pers                    2   2     3      7               3
2.5         Koerantberig                      3   3     3      9               3
2.6         Onderhoud                         1   1     1      3               1

Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter
wille van eenvoud en eenvormigheid.

SIMBOOL                 BESKRYWING                    VERDUIDELIKING
0                       Sirkel                        Punktuasiefout
                        Dubbel strepie onder ŉ        Spelfout
                        woord
                        Lang streep onder ŉ           Foutiewe woord gebruik
                        woord
                        Sirkel met pyltjie            Woordorde

/\                      Weglaatteken                  Woord weggelaat
T                       Hoofletter T in kantlyn       Tye verwar
H                       Dubbele hh                    Herhaling van gedagtes
VR                      Vraestel                      Dele saamgeflans met woorde
                                                      in vraestel gebruik
?                       Vraagteken                    Baie verwarrend/sukkel om te
                                                      verstaan wat leerder skryf
[                       Enkel hakie                   Nuwe paragraaf
E                       Letter “e” bo woord           Engelse woord gebruik

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                         (SEPTEMBER 2014)

 ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

 AFDELING A: AFRIKAANS HUISTAAL KREATIEWE TEKS (OPSTEL)

 AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerders mag
 slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf en hy/sy mag enige tipe opstel,
 toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale
 poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die
 eerste opstel nagesien.

 NASIENRIGLYNE:

 Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
 Voorbeeld:

 Inhoud:                                         I = K6 – 21      I = K4 – 17½
 Taal, styl en redigering:                       T = K4 – 8       T = K3 – 7
 Struktuur:                                      S = K5 – 3       S = K4 – 2½

 Skryf dan die totaal van die opstel aan die
 regterkant (onder die opstel)                         32                27

 Dra die getal uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
 beplanningsgedeelte te wees) langs die vraagnommer bo links.

 LET WEL: Indien die getal 38½ sou wees, dra dan die getal as 39 oor.

 DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

   Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekend
    gestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
   Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
    hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
    hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat
    gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
   Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se
    mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van ŉ verhalende,
    beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl
    ŉ argumenterende, beredenerende en verklarende opstel se slot die skrywer
    se finale standpunt/mening weerspieël.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                 AFRIKAANS HUISTAAL V3                                    5

 VRAAG 1

 RIGLYNE

 Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en
 volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande
 memorandum) mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige
 tipe opstel aan, soos byvoorbeeld:

 1.1    Dié risiko was die moeite werd: Die leerder kan ŉ storie vertel of
        spekuleer oor wat die moeite werd was. Verhalende opstelle kan hier
        verwag word.                                                                  [50]

 1.2    Moet Afrikaanssprekende ouers hul kinders in Engels grootmaak?
        Leerders kan hierdie onderwerp op ŉ negatiewe of positiewe vlak
        interpreteer. Hier kan dit verhalend, beskrywend, argumenterend,
        beredenerend of selfs bespiegelend wees.                                      [50]

 1.3    My vrese vir die lewe ná skool: Die leerder kan ŉ geestesprentjie
        interpreteer/spekuleer oor sy vrese na skool. Hierdie opstel sal
        beskrywend of bespiegelend van aard wees.                                     [50]

 1.4    Dít sal ek van my skoolloopbaan onthou: Leerders kan hierdie
        onderwerp baie wyd interpreteer. Dit kan fokus op een of meer van sy
        ervaringe/goeie of slegte herinneringe/ŉ onderwyser/spesiale
        geleenthede of enige iets anders wat ŉ impak of sy skoollewe gehad het.
        Beskrywende of verhalende opstelle kan hier verwag word.                      [50]

 1.5    Sprei jou vlerke: Leerders kan hierdie onderwerp wyd interpreteer. Dit
        kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredenerend of selfs
        argumenterend van aard wees.                                                  [50]

 1.6    1.6.1        Hande: oop onderwerp. Kan tot verskillende inhoude en tipes
                     opstelle lei.                                                    [50]

        1.6.2        Voetspore in sand: oop onderwerp. Kan tot verskillende
                     inhoude en tipes opstelle lei.                                   [50]

        1.6.3        Mans by rekenaar: oop onderwerp. Kan tot verskillende
                     inhoude en tipes opstelle lei.                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                        (SEPTEMBER 2014)

 TIPES OPSTELLE:

 VERHALENDE OPSTEL

 Dit is ŉ interessante vertelling van ŉ storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
 verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

 Hou die volgende in gedagte:

   Dit gaan oor iets wat gebeur het en vertel word (ŉ storie/gebeurtenis).
   ŉ Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
   Die verlede tyd word gewoonlik gebruik, maar die teenwoordige tyd kan
    gebruik word om ŉ gevoel van die hede te skep.
   Die inhoud is boeiend, interessant, dit oortuig en ontwikkel logies; dus is die
    inhoud samehangend.
   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
   Karakterisering oortuig en die atmosfeer/agtergrond is geslaagd.
   ŉ Kort, treffende inleiding wat die leser boei.
   Die slot moet ongewoon, interessant en onvoorspelbaar wees.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.

 BESKRYWENDE OPSTEL

 Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te
 beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
 onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.

 Hou die volgende in gedagte:

   Waarnemings met al vyf sintuie en ŉ goeie woordeskat word vereis.
   Insig, begrip, ŉ eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net
    die opnoem van waarnemings).
   Tekste kan varieer van meer realisties na ŉ verdieping in die aanbieding.
   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ŉ oorspronklike wyse
    aangewend.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)              AFRIKAANS HUISTAAL V3                                     7

 BEREDENERENDE OPSTEL

 Dis objektief en probeer om ŉ gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ŉ
 argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp
 onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer
 mag tot ŉ spesifieke gevolgtrekking kom aan die einde van die opstel, maar die
 argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik
 ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.
 Hou die volgende in gedagte:
  Die opstel handel oor ŉ onderwerp waaroor standpunt ingeneem word,
   alreeds in die inleiding.
 BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
 Die inhoud moet oortuig en ontwikkel logies en helder.
 ŉ Gevolgtrekking word in die slotparagraaf bereik wat aansluit by die
   inleiding.
 Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
 BESPIEGELENDE OPSTEL
 Die skrywer oorweeg, deurdink ŉ idee/lewensverhaal en gee sy/haar emosionele
 reaksies en gevoelens weer. Bespiegel oor ŉ droom of wense.
 Hou die volgende in gedagte:
 Die probleem, situasie, saak of onderwerp word omskryf.
 Die onderwerp word bepeins en oordink.
 Verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
 ŉ Eie logiese en sistematiese mening word gevorm.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
 ARGUMENTERENDE/BETOGENDE OPSTEL

 Die skrywer het ŉ spesifieke mening/opinie en argumenteer daaroor om sy/haar
 standpunt te motiveer. Dit is ŉ subjektiewe opstel.
 Hou die volgende in gedagte:
  Dit is subjektief en definitiewe opinies moet gestel word.
  ŉ Eie mening word op ŉ baie oorspronklike wyse en treffende manier gegee.
 ŉ Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
 Daar moet op argumente vir/teen die standpunt gekonsentreer word.
 ŉ Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
 Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
 Daar moet ŉ duidelik en oortuigende slot wees.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.

                                                        TOTAAL AFDELING A:           50

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                       (SEPTEMBER 2014)

 AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE

 AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste
 moet nagesien word. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die
 eerste teks nagesien.

 NASIENRIGLYNE:

 Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

 Voorbeeld:

 Inhoud, beplanning en formaat                                          I = K5 – 10
 Taal, styl en redigering                                                T = K5 – 6
                                                                                 16

 Skryf dan die totaal se punt van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).
 Dra die getal uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (die begin van die
 afdeling).

 LET WEL: Indien die getal 17½ sou wees, dra dan die getal as 18 oor.

 VRAAG 2

 2.1    BEDANKINGSBRIEF

        Hierdie brief is ŉ skryfstuk waarin die kandidaat sy dank teenoor sy ouers
        uitspreek vir hulle opoffering.

        Hou die volgende in gedagte:

          Bedanking en opoffering moet beklemtoon word.
          Gebruik informele taal, register en styl.
          Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.
          Skryf logies en volgens ŉ spesifieke doel.
          Skryfstukke moet ŉ inleiding, liggaam/inhoud en slot hê.
          Skryfstukke moet die skrywer se adres en die datum waarop
           die brief geskryf is, onder die adres bevat.
          Na die skrywer se adres volg ŉ informele aanhef.
          Sluit die brief informeel of semi-formeel af, gevolg deur die
           skrywer se naam.
          Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet
           aandag geniet.                                                              [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                AFRIKAANS HUISTAAL V3                                       9

 2.2    FORMELE VERSLAG

        ŉ Verslag wat ŉ persoon aflê oor dit wat hy/sy gesien het. Hier moet
        presiese terugvoering oor ŉ motorongeluk gegee word.

        Hou die volgende in gedagte:

           Dink na oor ŉ titel, inleiding (agtergrond, doel en omvang), die
            inhoudsgedeelte (Wie? Hoekom? Waar? Wanneer? Wat? Hoe?),
            samevatting/slot, aanbevelings, verwysings en aanhangsels.
           Beplan, versamel en organiseer inligting; skryf oor feite.
           Gebruik semi-formele of formele taal, register en styl.
           Paragrawe moet volgens die logiese verloop van die gebeure wees.
           Gebruik:
             teenwoordige tyd (behalwe vir historiese verslae);
             selfstandige naamwoorde;
             die derdepersoon;
             feitelike beskrywing;
             tegniese woorde en frases; en
             formele, onpersoonlike taal.
           Gepaste vorm: kan in kolomme of paragrawe aangebied word.
           Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet
            aandag geniet.                                                              [25]

 2.3    HULDEBLYK

        Hierdie HULDEBLYK bevat die geskiedenis en besonderhede van die
        skoolhoof.

        Hou die volgende in gedagte:

           Inligting oor die skoolhoof moet beklemtoon word.
           Belangrike gebeurtenisse/waardes wat die skoolhoof uitdra, moet
            beklemtoon word.
           Maak melding van prestasies/hoogtepunte/betrokkenheid.
           Die leser moet ŉ duidelike beeld van die skoolhoof kan vorm.
           Die taal, styl en register is formeel en moet by ŉ huldeblyk pas.
           Dit moet kort en bondig wees.
           Die titel/opskrif is kort en treffend en moet by die onderwerp pas.
           ŉ Subtitel kan ook gegee word.
           ŉ Persoonlike boodskap kan bygevoeg word
           Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet
            aandag geniet.                                                              [25]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                        (SEPTEMBER 2014)

 2.4    BRIEF AAN DIE PERS

        In hierdie brief aan die pers verduidelik die leerder eerstehands die
        voorval of verduidelik die skool se kant oor ŉ voorval op die skoolterrein.

        Hou die volgende in gedagte:

          Die inhoud van sulke skryfstukke is baie belangrik.
          Die briefskrywer moet ŉ definitiewe standpunt inneem.
          Die inhoud moet ondubbelsinnig, saaklik en bondig wees.
          Die saak waaroor die brief handel, moet duidelik gestel word.
          Die saak moet logies, objektief en beredeneerd, sonder om
           emosioneel betrokke te raak, gestel word.
          Skryf in eenvoudige, direkte taal.
          Gebruik ŉ formele register.
          Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet
           aandag geniet.
          Die formaat van die brief moet korrek wees:
            Die adres van die sender kom regs, boaan, in blokvorm.
            Daar word nie ŉ reël tussen die poskode en die datum oopgelaat
               nie.
            Die datum word voluit geskryf.
            ŉ Reël word tussen die adres van die sender en die ontvanger
               oopgelaat.
            Geen leestekens word in die adresse gebruik nie.
            Die brief aan die pers word altyd aan die redakteur gerig.
            Die doel van die brief word in hoofletters geskryf, OF dit kan in
               kleinletters geskryf en dan onderstreep word. Dit moet die
               essensie van die brief saamvat. Sluit af met ŉ treffende
               slotparagraaf.
            Die brief word afgesluit met “Die uwe” – geen leestekens word na
               “Die uwe” gebruik nie.
            Wanneer ŉ skuilnaam gebruik word, word dit eerste aangebring en
               dan die sender se regte naam en handtekening.
            Let op die streep wat onder die skuilnaam getrek word.                     [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                AFRIKAANS HUISTAAL V3                                       11

 2.5    KOERANTBERIG

        Hier moet die leerder berig lewer oor een van die opskrifte.

        Hou die volgende in gedagte:

           Feite moet kortliks en akkuraat weergegee word; ŉ akkurate
            opsomming sonder om die feite te verdraai.
           ŉ Subtitel kan ook gegee word.
           Die styl moet maklik verstaanbaar en interessant wees.
           Die artikel kan in paragrawe of in kolomme aangebied word.
           Direkte aanhalings kan gebruik word.
           Vermeld belangrike feite alreeds in die eerste paragraaf
            (Wie? Hoekom? Waar? Wanneer? Wat? Hoe?)
           In die inhoudsgedeelte word die vrae (Wie? Hoekom? Waar?
            Wanneer? Wat? Hoe?) uitgebrei; meer inligting word nou gegee.
           Paragrawe moet volgens die logiese verloop van die gebeure wees.
           Gebruik semi-formele of formele taal, register en styl.
           ŉ Objektiewe skryfstyl word deurgaans gebruik.
           Gepaste vorm: kan in kolomme of paragrawe aangebied word.
           Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet
            aandag geniet.                                                               [25]

 2.6    ONDERHOUD

        Dis die kommunikasie/gesprekvoering tussen die leerder en die
        matrikulant wat ŉ finalis is.

        Hou die volgende in gedagte:

           Die geskrewe onderhoud gaan oor die werklikheid.
           Die onderhoud word beplan deur vrae te vra.
           Die titel is ŉ goeie weerspieëling van die onderwerp.
           Vrae moet duidelik en kort wees.
           Relevante antwoorde moet verskaf word en moenie Ja/Nee of te lank
            wees nie.
           Skryf die name van die sprekers aan die linkerkant, gevolg deur die
            dubbelpunt.
           Elke nuwe spreekbeurt word op ŉ nuwe reël geskryf.
           Geen aanhalingstekens word gebruik nie.
           Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, geskryf.
           Die slotparagraaf vat die onderhoud saam.
           Die taal en styl moet by die onderwerp pas.
           Gebruik leestekens om emosie aan te dui.                                     [25]

                                                           TOTAAL AFDELING B:             50
                                                               GROOTTOTAAL:              100

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              AFRIKAANS HUISTAAL V3                               (SEPTEMBER 2014)

LET WEL:
   • Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
   • Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
   • Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ŉ hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
     toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
   • Struktuur word nie deur die verdeling in ŉ hoë en lae vlak beïnvloed nie.
     ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
      Kriteria                 Uitsonderlik                   Knap                          Gemiddeld                    Elementêr            Onvoldoende
 INHOUD EN                         27–30                      22–23                             15–17                        9–11                    3–5
 BEPLANNING               - Respons is               - Respons baie goed;           - Respons bevredigend             - Wisselvallige       - Respons heeltemal
                            uitsonderlik/treffend      getuig van vaardigheid -     - Idees redelik samehangend         samehang in           irrelevant
                            en bo verwagting.          Idees heeltemal                en oortuigend.                    respons.            - Idees deurmekaar
 (Respons en              - Idees is intelligent,      relevant, interessant en                                       - Idees onduidelik,     en nie op onderwerp
                                                                                    - Redelike organisasie en
 idees)                     volwasse en stem leser     lewer bewys van                                                  nie oorspronklik      gefokus nie
                                                                                      redelik samehangend,
 Organisering van           tot nadenke.               volwassenheid.                 insluitend inleiding, liggaam     nie                 - Vaag en herhalend
 idees vir                - Uitsonderlike            - Organisasie baie goed          en samevatting/slot             - Min bewys van       - Geen organisasie
 beplanning;                organisasie en             en samehangend,                                                  organisasie en        nie en is
 Bewustheid van             samehang, insluitend       insluitend inleiding,                                            samehang              onsamehangend
 doel, gehoor en            inleiding, liggaam en      liggaam en
 konteks                    samevatting/slot.          samevatting/slot
                                   24–26                      18–21                             12–14                        6–8                     0–2
 30 PUNTE                 - Respons uitmuntend,      - Respons goed; getuig         - Respons bevredigend,            - Respons is          - Geen poging
                            maar uitsonderlik          van vaardigheid -Idees         maar verval soms in               grootliks             aangewend om in
                            treffende eienskappe       relevant, interessant          onduidelikheid.                   irrelevant.           ooreenstemming met
                            van ŉ opstel ontbreek    - Organisasie goed en          - Idees redelik                   - Idees begin los       onderwerp te wees
                          - Idees intelligent en       samehangend,                   samehangend en                    staan en kan          nie.
                            volwasse                   insluitend inleiding,          oortuigend                        verwarrend          - Heeltemal irrelevant
                          - Knap organisasie en        liggaam en                   - ŉ Mate van organisasie            wees                  en ontoepaslik.
                            samehang, insluitend       samevatting/slot               en samehang, insluitend         - Skaars ŉ bewys      - Deurmekaar en geen
                            inleiding, liggaam en                                     inleiding, liggaam en             van organisasie       fokus nie.
                            samevatting/slot                                          samevatting/slot                  en samehang

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                 13

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)

          Kriteria               Uitsonderlik                       Knap                      Gemiddeld                  Elementêr              Onvoldoende
 TAAL, STYL EN                      14–15                          10–11                         6–7                        2–3                         0
 REDIGERING                - Toon, register, styl en     - Toon, styl, register en    - Toon, register, styl en   - Toon, register, styl en   - Taal
                             woordeskat hoogs              woordeskat baie gepas vir woordeskat gepas vir           woordeskat nie gepas        onverstaanbaar
                             gepas vir doel, gehoor        doel, gehoor en konteks      doel, gehoor en konteks     vir doel, gehoor en       - Toon, register, styl
 Toon, register, styl en     en konteks                  - Taalgebruik effektief en ŉ - Gepaste taalgebruik om      konteks nie.                en woordeskat
 woordeskat is geskik      - Taalgebruik getuig van        deurlopende gepaste toon betekenis oor te dra          - Taalgebruik baie            minder gepas vir
 vir doel/effek en           vertroue,                     word gebruik               - Toon is gepas               basies.                     doel, gehoor en
 konteks;                    indrukwekkend               - Grammatika en spelling     - Retoriese middele         - Toon en woordkeuse          konteks
 Woordkeuse;               - Toon retories treffend        grootliks foutvry.           gebruik om betekenis        skaars toepaslik.         - Woordeskat so
 Taalgebruik en              en effektief                - Baie goed gedoen             te versterk               - Baie beperkte               beperk dat dit
 konvensies,               - Grammatika en                                                                          woordeskat.                 onmoontlik is om
 punktuasie,                 spelling feitlik foutvry.                                                                                          sin te maak
 grammatika, spelling      - Knap gedaan
                                    12–13                           8–9                          4–5                        0–1
                           - Taalgebruik uitstekend      - Taalgebruik toepaslik en     - Voldoende               - Taalgebruik
 15 PUNTE                    en toon is retories           oor die algemeen effektief     taalgebruik, maar         onvoldoende
                             effektief                   - Toon gepas en effektief        teenstrydighede word    - Weinig indien enige
                           - Grammatika en               - Enkele foute in                opgemerk                  sinsverskeidenheid
                             spelling feitlik foutvry      grammatika en spelling       - Toon oor die            - Woordeskat baie
                           - Baie goed tot knap          - Goed gedoen                    algemeen gepas en         beperk
                             gedaan.                                                      beperkte gebruik van
                                                                                          retoriese middele
 STRUKTUUR                             5                              4                            3                          2                       0–1
                           - Uitstekende                 - Logiese ontwikkeling van     - Relevante detail        - Sommige punte geldig      - Noodsaaklike
 Kenmerke van teks;          ontwikkeling van              details                        ontwikkel               - Sinne en paragrawe          punte ontbreek
                             onderwerp                   - -Samehangend                 - Sinne en paragrawe        foutief                   - Sinne en
 Paragraafontwikkeling     - Uitsonderlike detail                                         goed gekonstrueer
                                                         - Sinne en paragrawe                                     - Opstel maak nog sin         paragrawe foutief
 en sinskonstruksie        - Sinne en paragrawe                                         - Opstel maak nog                                     - Opstel maak nie
                                                           logies en toon variasie
                             uitsonderlik                                                 effens sin.                                           sin nie
 5 PUNTE                     gekonstrueer
 VERSPREIDING VAN
 PUNTE                              40–50                          30–39                        20–29                      10–19                      0–9

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                  AFRIKAANS HUISTAAL V3                                (SEPTEMBER 2014)

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]

      Kriteria                  Uitsonderlik                     Knap                    Gemiddeld                   Elementêr                 Onvoldoende
 INHOUD,                           12–15                         9–11                      6–8                          4–5                        0–3
 BEPLANNING EN           -   Respons uitsonderlik, bo   - Respons baie goed        - Respons voldoende en      - Basiese respons toon      -   Respons toon geen
 FORMAAT                     verwagting.                  en demonstreer             toon voldoende kennis       geringe kennis van            kennis van
                         -   Idees intelligent en         goeie kennis van           van kenmerke van die        kenmerke van die              kenmerke van die
                             volwasse.                    kenmerke van die           soort teks                  soort teks                    soort teks nie.
 Respons en idees;
                       -     Grondige kennis van          soort teks               - Nie heeltemal gefokus     - Aanduiding van            -   Betekenis
 Organisering van            kenmerke van die soort     - Behou fokus – geen         nie – enkele afwykings      fokus, maar met               onduidelik met groot
 idees vir beplanning;       teks.                        afwyking nie             - -Redelike samehang in       afwykings                     afwyking.
 Doel, gehoor,         -     Skryfwerk behou fokus      - Samehang in                inhoud en idees.          - Inhoud en idees nie       -   Geen samehang in
 kenmerke/konvensies -       Samehang in inhoud           inhoud en idees;         - Sommige detail              altyd samehangend             idees en inhoud nie.
 en konteks                  en idees.                    baie goed uitgebrei        ondersteun die              nie                       -   -Baie min detail
                         -   Idees behoorlik              met detail wat die         onderwerp                 - Min detail                    ondersteun die
 15 PUNTE                    uitgebrei met detail         onderwerp                - Formaat oorwegend           ondersteun die                onderwerp.
                             wat die onderwerp            ondersteun                 gepas, maar met             onderwerp.                -   Nodige reëls van
                             ondersteun.                - Gepaste formaat            enkele foute              - Nodige reëls van              formaat nie
                         -   Gepaste en akkurate          met onbeduidende                                       formaat vaagweg               toegepas nie.
                             formaat.                     foute                                                  toegepas
                                                                                                               - Kritiese foute begaan
 TAAL, STYL EN                       8–10                         6–7                        4–5                         2–3                         0–1
 REDIGERING              -   Toon, register, styl en    -   Toon, register, styl   - Toon, register, styl en   - Toon, register, styl en   - Toon, register, styl
                             woordeskat hoogs               en woordeskat baie       woordeskat is geskik        woordeskat minder           en woordeskat stem
 Toon, register, styl,       geskik vir doel, gehoor        geskik vir doel,         vir doel, gehoor en         geskik vir doel,            nie ooreen met
 doel/effek, gehoor en       en konteks                     gehoor en konteks -      konteks                     gehoor en konteks           doel, gehoor en
 konteks;                -   Grammatika akkuraat en         Grammatika oor die     - Enkele                    - Grammatika                  konteks nie
 Taalgebruik en              goed gekonstrueer              algemeen korrek en       grammatikafoute -           onakkuraat met etlike     - Besaai met foute en
                         -   Feitlik foutloos               goed gekonstrueer.       Voldoende woordeskat        foute                       verward
 konvensies;                                            -   Baie goeie             - Foute belemmer nie        - Basiese woordeskat        - Woordeskat nie
 Woordkeuse;                                                woordeskat               betekenis nie             - Betekenis belemmer          geskik vir doel nie
 Punktuasie en                                          -   Oorwegend                                                                      - Betekenis ernstig
 spelling                                                   foutloos                                                                         belemmer

 10 PUNTE
 VERSPREIDING
                                    20–25                        15–19                      10–14                        5–9                         0–4
 VAN PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [AFR HL P1 MEMO SEPT 2014](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-memo-sept-2014/bbfe9de8-2bdb-4146-ab69-d47ecda78419) — Afrikaans HL · Memo · 2014 · Afr
- [AFRHL P2 GR12 MEMO SEPT2014](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-memo-sept2014/d4d84046-ae19-4a6a-bd56-563c640d92c3) — Afrikaans HL · Memo · 2014
- [Afrikaans HL P3 Nov 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2014-memo/a22acc7a-3707-44f3-a7bf-f967d2dcec55) — Afrikaans HL · Memo · 2014 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr-12-memo-sept2020/f9a99ac3-5b21-4159-aca7-7737a23ab5b0) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRHL P3 GR12 MEMO SEPT2017](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-gr12-memo-sept2017/c89bbf29-4adb-4221-8a3e-abe41449274c) — Afrikaans HL · Memo · 2017

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
