# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2015 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2015, 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr12-sept2015-memo/e5202895-9e64-4b89-89dc-be2cf19d5130
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr12-sept2015-memo/e5202895-9e64-4b89-89dc-be2cf19d5130)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2015

                 AFRIKAANS HUISTAAL V3
                     MEMORANDUM

PUNTE:   100

                 Hierdie memorandum bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                           AFRIKAANS HUISTAAL V3

 ANALISE VAN VRAESTEL

 AFDELING A          OPSTEL
 1.1                 Verhalend/Beskrywend
 1.2                 Argumenterend/Beredenerend
 1.3                 Verhalend/Bespiegelend/Beskrywend
 1.4                 Bespiegelend/Verhalend
 1.5                 Verhalend/Beskrywend/Bespiegelend
 1.6                 Verhalend/Beskrywend/Bespiegelend/Beredenerend/
                     Argumenterend

 AFDELING B          LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE
 2.1                 Klagtebrief
 2.2                 Informele verslag
 2.3                 Agenda en Notule
 2.4                 Informele toespraak
 2.5                 Dekbrief en CV
 2.6                 Informele Brief aan die Pers

 ONTLEDING VAN VRAESTEL 3

 DENKVLAK VAN DIE SKRYFSTUK

 VLAK 1:    3 PUNTE
 VLAK 2:    4–6 PUNTE
 VLAK 3:    7–9 PUNTE

                      VLAK 1                VLAK 2                    VLAK 3
 O: Onderwerp         Kandidaat se eie      Kandidaat se eie en       Kandidaat en
                      persoonlike en        onmiddellike              die wye wêreld
                      alledaagse            gemeenskap en
                      leefwêreld            omgewing
 A: Aanbieding        Baie hulp; riglyne,   Minder hulp; minder       Net die
                      woordeskat in         riglyne, minder           onderwerp,
                      tekste,               woordeskat in tekste,     min leiding
                      antwoordblad, ens.    uitdagender
                                            antwoordblad
 U: Uitdaging         Skryf net woorde      Skryfstukke wat hoër      Moeiliker
                                            skryfvaardighede vereis   skryfvorme

Kopiereg voorbehou                                                                     Bla

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                                     AFRIKAANS HUISTAAL V3

AFDELING A: KREATIEWE TEKSTE (OPSTEL)

VRAAG      OPSTEL                              O A       U   TOTAAL    DENKVLAK
1.1        Verhalend/Beskrywend                1 1       1      3          1
1.2        Argumenterend/Beredenerend          3 2       3      8          3
1.3        Verhalend/Bespiegelend/
           Beskrywend                          3   1     2      2              2
1.4        Bespiegelend/Verhalend              1   1     1      3              1
1.5        Verhalend/Beskrywend/
           Bespiegelend                        3   3     2      8              3
1.6        Verhalend/Beskrywend/
           Bespiegelend/
           Beredenerend/Argumenterend          3   3     3      9              3

AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE

VRAAG       LANGER TRANSAKSIONELE              O A       U   TOTAAL    DENKVLAK
            TEKSTE
2.1         Klagtebrief                        1   1     1      3              1
2.2         Informele verslag                  2   2     2      6              2
2.3         Agenda en Notule                   2   2     2      6              2
2.4         Toespraak                          2   2     3      7              3
2.5         Dekbrief en CV                     3   3     3      9              3
2.6         Informele Brief aan die Pers       1   1     1      3              1

Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter
wille van eenvoud en eenvormigheid.

SIMBOOL                  BESKRYWING                    VERDUIDELIKING
0                        Sirkel                        Punktuasiefout
                         Dubbel strepie onder ŉ        Spelfout
                         woord
                         Lang streep onder ŉ           Foutiewe woordgebruik
                         woord
                         Sirkel met pyltjie            Woordorde

/\                       Weglaatteken                  Woord weggelaat
T                        Hoofletter T in kantlyn       Tye verwar
H                        Dubbele hh                    Herhaling van gedagtes
VR                       Vraestel                      Dele saamgeflans met woorde
                                                       in vraestel gebruik
?                        Vraagteken                    Baie verwarrend/sukkel om te
                                                       verstaan wat leerder skryf
[                        Enkel hakie                   Nuwe paragraaf
E                        Letter “e” bo woord           Engelse woord gebruik

Kopiereg voorbehou

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                          AFRIKAANS HUISTAAL V3

ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

AFDELING A: AFRIKAANS HUISTAAL KREATIEWE TEKS (OPSTEL)

AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerders mag
slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf en hy/sy mag enige tipe opstel,
toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale
poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die
eerste opstel nagesien.

NASIENRIGLYNE:

Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:

Inhoud:                                            I = K6 – 21
Taal, styl en redigering:                          T = K4 – 8
Struktuur:                                         S = K5 – 3

Skryf dan die totaal van die opstel aan die
regterkant (onder die opstel).                           32

Dra die getal uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees) langs die vraagnommer bo links.

DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

   Inleiding:       Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekend
                     gestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te
                     wees.
   Liggaam:         Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik
                     die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter
                     ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die
                     skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van
                     die hoofgedagte.
   Slot:            Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer
                     se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van ŉ
                     verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot
                     die skryfstuk saam, terwyl ŉ argumenterende, beredenerende
                     en verklarende opstel se slot die skrywer se finale
                     standpunt/mening weerspieël.

Kopiereg voorbehou                                                                     Bla

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                                 AFRIKAANS HUISTAAL V3

VRAAG 1

RIGLYNE

Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande
memorandum) mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige
tipe opstel aan, soos byvoorbeeld:

1.1     Alles val uitmekaar: Die onderwerp leen hom toe tot ŉ verhalende opstel
        waarin die leerder vertel van iets wat aanvanklik goed uitgewerk het,
        maar om een of ander rede anders verloop het. Dit kan ook ŉ
        beskrywende opstel wees indien iemand se moeilike ervaring beskryf
        word. Die fokus val dan op die beskrywing. Leerders sou ook kon
        bespiegel/redeneer/argumenteer of alles uitmekaar val onder moeilike
        omstandighede.                                                              [50]

1.2     Ek voel my selfoon in my sak vibreer ...
        Leerders kan hierdie onderwerp op ŉ negatiewe of positiewe vlak
        interpreteer waarin hy/sy ŉ moeilike keuse moes maak. Hier kan dit
        verhalend, beskrywend, argumenterend, beredenerend of selfs
        bespiegelend wees.                                                          [50]

1.3     Jy sal presteer: Die leerder behoort standpunt in te neem en die stelling
        aan die hand van sinvolle argumente te bewys. Hierdie onderwerp leen
        hom egter ook toe tot ander interpretasies waar die leerder byvoorbeeld
        die negatiewe kant aanbied. Indien die leerder beide kante van die saak
        stel, sal die skryfstuk beredenerend aangebied word. Die leerder kan ook
        in ŉ beskrywende opstel sy persoonlike prestasies beskryf wat hy/sy op
        haar/sy eie bereik het of onder druk van die ouers.                         [50]

1.4     Eenvoud is die vreugde van die lewe: Leerders kan hierdie onderwerp
        gebruik om eenvoudige dinge in die lewe te beskryf wat vreugde aan
        hom/haar verskaf. Terugskouend besef hy/sy dat dit eintlik die
        eenvoudige dinge in die lewe is wat tel. Hierdie onderwerp leen hom tot ŉ
        bespiegelende opstel waar die leerder bespiegel oor of die eenvoudige
        dinge werklik saak maak. Hy/Sy kan ook verhalend skryf waarin hy/sy
        aandui hoe hy/sy tot insig gekom het dat dit wel die eenvoudige dinge is
        wat saak maak. Hy/Sy kan ook argumenteer dat eenvoudige dinge wel in
        die lewe saak maak.                                                         [50]

1.5     Dit het my lewe onuitwisbaar aangeraak: Hierdie onderwerp leen hom
        uitstekend tot ŉ verhalende opstel. Leerders kan hierdie onderwerp wyd
        interpreteer, op ŉ positiewe of negatiewe vlak. Die leerder moet fokus op
        dit wat sy lewe positief of negatief aangeraak het en die verandering wat
        in sy/haar lewe plaasgevind het.                                            [50]

Kopiereg voorbehou

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                            AFRIKAANS HUISTAAL V3

1.6     1.6.1        Kind by die water met boot: Oop onderwerp. Die leerder kan
                     enige deel van die prikkel in die opstel gebruik, naamlik die kind,
                     water of die boot. Hierdie prikkel kan tot verskillende inhoude en
                     tipes opstelle lei.                                                   [50]

        1.6.2        Man met geld wat waai: Oop onderwerp. Die prikkel kan tot
                     verskillende inhoude en tipes opstelle lei. Die leerder kan enige
                     deel van die prikkel in die opstel gebruik, naamlik die geld of die
                     persoon wat gelukkig is.                                              [50]

        1.6.3        Persoon met kop in grond: Oop onderwerp. Die prikkel kan
                     tot verskillende inhoude en tipes opstelle lei. Verhalend en
                     beskrywend kan handel oor ŉ persoon wat iets aangevang het
                     en nie mense in die oë kan kyk nie of voel asof die aarde
                     hom/haar moet insluk. Die fokus moet wees op die negatiewe.           [50]

Kopiereg voorbehou                                                                                Bla

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                                   AFRIKAANS HUISTAAL V3

TIPES OPSTELLE:

VERHALENDE OPSTEL

Dit is ŉ interessante vertelling van ŉ storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

Hou die volgende in gedagte:

   Dit gaan oor iets wat gebeur het en vertel word (ŉ storie/gebeurtenis).
   ŉ Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
   Die verlede tyd word gewoonlik gebruik, maar die teenwoordige tyd kan
    gebruik word om ŉ gevoel van die hede te skep.
   Die inhoud is boeiend, interessant, dit oortuig en ontwikkel logies; dus is die
    inhoud samehangend.
   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
   Karakterisering oortuig en die atmosfeer/agtergrond is geslaagd.
   ŉ Kort, treffende inleiding wat die leser boei.
   Die slot moet ongewoon, interessant en onvoorspelbaar wees.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.

BESKRYWENDE OPSTEL

Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te
beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.

Hou die volgende in gedagte:

   Waarnemings met al vyf sintuie en ŉ goeie woordeskat word vereis.
   Insig, begrip, ŉ eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net
    die opnoem van waarnemings).
   Tekste kan varieer van meer realisties na ŉ verdieping in die aanbieding.
   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ŉ oorspronklike wyse
    aangewend.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.

Kopiereg voorbehou

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                         AFRIKAANS HUISTAAL V3

BEREDENERENDE OPSTEL

Dis objektief en probeer om ŉ gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ŉ
argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp
onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer
mag tot ŉ spesifieke gevolgtrekking kom aan die einde van die opstel, maar die
argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik
ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.
Hou die volgende in gedagte:
   Die opstel handel oor ŉ onderwerp waaroor alreeds in die inleiding standpunt
    ingeneem word.
   BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
   Die inhoud moet oortuig en ontwikkel logies en helder.
   ŉ Gevolgtrekking word in die slotparagraaf bereik wat aansluit by die inleiding.
   Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.
BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg, deurdink ŉ idee/lewensverhaal en gee sy/haar emosionele
reaksies en gevoelens weer. Bespiegel oor ŉ droom of wense.
Hou die volgende in gedagte:
   Die probleem, situasie, saak of onderwerp word omskryf.
   Die onderwerp word bepeins en oordink.
   Verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
   ŉ Eie logiese en sistematiese mening word gevorm.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.
ARGUMENTERENDE/BETOGENDE OPSTEL

Die skrywer het ŉ spesifieke mening/opinie en argumenteer daaroor om sy/haar
standpunt te motiveer. Dit is ŉ subjektiewe opstel.
Hou die volgende in gedagte:
   Dit is subjektief en definitiewe opinies moet gestel word.
   ŉ Eie mening word op ŉ baie oorspronklike wyse en treffende manier gegee.
   ŉ Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
   Daar moet op argumente vir/teen die standpunt gekonsentreer word.
   ŉ Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
   Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie krutaal nie, kan gebruik word.
   Daar moet ŉ duidelike en oortuigende slot wees.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.

                                                           TOTAAL AFDELING A:          50

Kopiereg voorbehou                                                                          Bla

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                                  AFRIKAANS HUISTAAL V3

AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE

AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste
moet nagesien word. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die
eerste teks nagesien.

NASIENRIGLYNE:

Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:

Inhoud, beplanning en formaat                                           I = K5 – 10
Taal, styl en redigering                                                T = K5 – 6
                                                                                 16

Skryf dan die totaal se punt van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).
Dra die getal uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (die begin van die
afdeling).

VRAAG 2

2.1     KLAGTEBRIEF

        Die brief word aan die firma gerig om ongelukkigheid uit te spreek oor die
        energiedrankie wat gekoop is.

        Hou die volgende in gedagte:

           Die rede vir die skryf van die brief word gegee.
           Die brief is gewoonlik kort en bondig.
           Die formaat van die brief moet korrek wees.
           Die adres van die sender kom regs boaan in blokvorm.
           Daar word nie ŉ reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
           Die datum word voluit geskryf: 19 September 2015.
           Die adres van die ontvanger word links in blokvorm geskryf.
           Geen leestekens word in die adresse gebruik nie.
           ŉ Reël word tussen die adresse oopgelaat.
           ŉ Reël word tussen die adres van die ontvanger en die aanhef
            oopgelaat.
           Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in
            kleinletters geskryf en dan onderstreep word. Dit moet die essensie
            van die brief saamvat.
           Geen leestekens word na “Die uwe” gebruik nie.
           Die brief word onderteken deur die persoon wat die korrespondensie
            rig.

Kopiereg voorbehou

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                      AFRIKAANS HUISTAAL V3

          Korrespondente kan ook hul noemname en vanne gee.
          Die hoedanigheid van die sender word onder die handtekening
           uitgeskryf, indien ter sake.
          Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet
           aandag geniet.                                                          [25]

2.2     INFORMELE VERSLAG

        Verslag word vir die skoolkoerant gegee oor die kunstefees wat op die
        skoolgronde gehou is.

        Hou die volgende in gedagte:

          Dink na oor ŉ titel, inleiding (agtergrond, doel en omvang), die
           inhoudsgedeelte (Wie? Hoekom? Waar? Wanneer? Wat? Hoe?),
           samevatting/slot, aanbevelings, verwysings en aanhangsels.
          Beplan, versamel en organiseer inligting; skryf oor feite.
          Gebruik semi-formele of formele taal, register en styl.
          Paragrawe moet volgens die logiese verloop van die gebeure wees.
          Gebruik:
            teenwoordige tyd (behalwe vir historiese verslae);
            selfstandige naamwoorde;
            die derdepersoon;
            feitelike beskrywing;
            tegniese woorde en frases; en
            formele, onpersoonlike taal.
          Gepaste vorm: kan in kolomme of paragrawe aangebied word.
          Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet
           aandag geniet.                                                          [25]

Kopiereg voorbehou                                                                        Bla

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                                  AFRIKAANS HUISTAAL V3

2.3     AGENDA EN NOTULE

        ŉ Agenda of sakelys word voor ŉ vergadering opgestel. Dit stel mense in
        kennis van wat bespreek gaan word sodat die verrigtinge ordelik kan
        verloop en mense hulle daarvoor kan voorberei.

        ŉ Notule is die verkorte, geskrewe verslag van alle besprekings op ŉ
        vergadering.

        Die agenda én die notule moet handel oor die kultuurdag wat by die skool
        gaan plaasvind.

        Hou die volgende in gedagte:

           Die naam van die komitee en datum van die voorgenome vergadering
            moet boaan die agenda verskyn.
           Die agenda begin altyd met die opening en verwelkoming, die lees van
            die vorige notule en dan enige sake voortspruitend uit die vorige
            notule.
           Die agenda moet altyd ruimte laat vir enige ander punte wat lede wil
            opper, daarom is daar ŉ punt wat Algemeen genoem word.
           Agendas bevat ook gewoonlik Datum van die volgende vergadering en
            alle agendas se laaste punt is Afsluiting.
           Die notule sluit direk aan by die agenda omdat dit ŉ verslag is van wat
            by die spesifieke vergadering gebeur het.
           Dit moet ŉ lid, wat nie teenwoordig was nie, ŉ idee gee van wat by die
            vergadering gebeur het.
           Alle besluite moet genotuleer word.
           In ŉ geskrewe notule word die verskillende opskrifte onderstreep.
           Die notule word altyd in die teenwoordige tyd geskryf.
           Gebruik kort sinne.
           Die notule stem puntsgewys met die agenda ooreen.
           Taal en styl is formeel.
           Die naam van die komitee, datum van die vergadering en plek van die
            byeenkoms word boaan die notule geskryf.
           Elke notule bevat ŉ opening en verwelkoming, ŉ lys
            verteenwoordigers, ŉ lys afwesiges, die notule van die vorige
            vergadering wat gelees en goedgekeur moet word en dan sake uit die
            vorige notule.
           Die notule moet deur die voorsitter en die sekretaris/sekretaresse
            onderteken word.                                                          [25]

Kopiereg voorbehou

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                                           AFRIKAANS HUISTAAL V3

 VOORBEELD
 Agenda van ŉ vergadering van die Kultuurkomitee wat op Donderdag, 18 Julie
 2015 om 14h00 in die skoolsaal gehou sal word.

                                    AGENDA
 1.  Opening en verwelkoming
 2.  Bywoning en verskonings
 3.  Notule van die vorige vergadering
 4.  Sake uit die notule
     4.1 Kultuurgroepe per graad
     4.2 Kulturele aktiwiteite
 5. Nuwe sake
     5.1 Kaartjies en bemarking
     5.2 Kosstalletjies
     5.3 Samewerking van ouers, Beheerliggaam en personeel
 6. Algemeen
 7. Datum van volgende vergadering
 8. Afsluiting
 JK Botha                                              PK Johannes
 J Botha                                               PK Johannes
 Voorsitter                                            Sekretaresse

 NOTULE

 Notule van ŉ vergadering van die Kultuurkomitee wat op Donderdag, 18 Julie
 2015 om 14h00 in die skoolsaal gehou is.

 1. Opening en verwelkoming:
    Die voorsitter verklaar die vergadering geopen en heet alle lede
    welkom.

 2. Bywoning en verskonings:
    Noem die titel, voorletters en vanne van lede teenwoordig en van dié wat
    verskoning gemaak het.

 3. Notule van die vorige vergadering:
    Die notule van die vergadering word gelees, goedgekeur en onderteken.

 4. Sake uit die notule:
    Sake uit die vorige notule word bespreek.

 5. Nuwe sake:
    5.1 Kaartjies en bemarking
    .......................................................................................................
    5.2 Kosstalletjies
    .......................................................................................................
    5.3 Samewerking van ouers, Beheerliggaam en personeel
    .......................................................................................................

Kopiereg voorbehou                                                                                            Bla

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                                    AFRIKAANS HUISTAAL V3

6. Algemeen:
   Ander belangrike sake wat tydens voorhou van agenda genoem is, word nou
   bespreek.

7. Datum van volgende vergadering:

8. Afsluiting:
   Die tyd waarop die vergadering verdaag, word hier genoem.

JK Botha                                                        PK Johannes
J Botha                                                         PK Johannes
Voorsitter                                                      Sekretaresse

2.4     TOESPRAAK

            Die toespraak word voor die tyd voorberei en gelewer om die gehoor
             te oortuig, in te lig, geluk te wens of te bedank. In hierdie toespraak
             moet die graad 7 leerders aangemoedig word om die hoërskool te
             kies.
            ŉ Interessante inleiding is belangrik om die gehoor se aandag te trek.
            Openingsin is belangrik, bv. Geagte graad 7’s.
            Elke paragraaf handel oor ŉ nuwe feit.
            Inhoud is logies en georden.
            Onderwerp, taal, styl en register moet by die gehoor pas.
            Interessante voorbeelde, staaltjies en grappie maak die toespraak
             lewendig.
            Gebruik kort sinne met eenvoudige idees.                                  [25]

2.5     DEKBRIEF EN CV

            ŉ Dekbrief vergesel die CV.
            In ŉ dekbrief stel jy jouself bekend en verduidelik kortliks waarom jy
             aansoek doen.
            Rig die brief, indien moontlik, aan ŉ spesifieke persoon.
            Skryf in die teenwoordige tyd.
            Skryf nugter, saaklik en op die punt af.
            Die taal, styl, toon en register is formeel.
            Die formaat van die brief moet korrek wees.
            Die adres van die sender kom regs bo in blokvorm.
            Die datum word voluit geskryf.
            Die adres van die ontvanger kom links in blokvorm.
            ŉ Reël word tussen die adresse oopgelaat.
            ŉ Reël word tussen die adres van die ontvanger en die aanhef
             oopgelaat.
            Die doel van die brief word onderstreep of in hoofletters geskryf.
            Eindig die brief op ŉ positiewe toon en gebruik ŉ formele slot.
            Geen leestekens word na “Die uwe” gebruik nie.
            Die aansoeker onderteken die brief.

Kopiereg voorbehou

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                       AFRIKAANS HUISTAAL V3

           Die aansoeker se naam en van volg na die handtekening.
           ŉ CV bevat besonderhede oor ŉ persoon se loopbaan, kwalifikasies
            en prestasies.
           Die inhoud moet logies, kort en bondig, en volgens ŉ patroon wees,
            bv. persoonlike besonderhede, kwalifikasies, leierskap,
            werkondervinding en verwysings.
           ŉ CV word puntsgewys geskryf.
           Die styl, register en taalgebruik moet objektief en formeel wees.     [25]

2.6     INFORMELE BRIEF AAN DIE PERS

        In hierdie brief aan die pers moet die leerder sy mening lug oor die
        tatoeëring van geliefdes se name op ŉ persoon se liggaam.

        Hou die volgende in gedagte:

           Die briefskrywer moet ŉ definitiewe standpunt inneem.
           Die saak waaroor die brief handel, moet duidelik gestel word.
           Die saak moet logies, objektief en beredeneerd, sonder om
            emosioneel betrokke te raak, gestel word.
           Skryf in eenvoudige, direkte taal.
           Gebruik ’n informele register.
           Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet
            aandag geniet.
           Die formaat van die brief moet korrek wees.
           Die adres van die sender kom regs bo in blokvorm.
           Die datum word voluit geskryf.
           Die adres van die ontvanger kom links in blokvorm.
           ŉ Reël word tussen die adresse oopgelaat.
           ŉ Reël word tussen die adres van die ontvanger en die aanhef
            oopgelaat.
           Die doel van die brief word onderstreep of in hoofletters geskryf.
           Geen leestekens word na “Die uwe” gebruik nie.
           Die brief word afgesluit met die sender se handtekening.
           Daarna volg die sender se voorletter en van.
           Wanneer ŉ skuilnaam gebruik word, word dit eerste aangebring en
            dan die sender se regte naam en handtekening.
           Let op die streep wat onder die skuilnaam getrek word.                [25]

                                                          TOTAAL AFDELING B:       50
                                                              GROOTTOTAAL:        100

Kopiereg voorbehou                                                                       Bla

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                                   AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                     15

LET WEL:
       •   Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
       •   Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
       •   Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ŉ hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met
           die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
         • Struktuur word nie deur die verdeling in ŉ hoë en lae vlak beïnvloed nie.
       ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
      Kriteria                 Uitsonderlik                    Knap                       Gemiddeld                    Elementêr            Onvoldoende
INHOUD EN                          27–30                       22–23                          15–17                        9–11                    3–5
BEPLANNING                - Respons is               - Respons baie goed;         - Respons bevredigend             - Wisselvallige       - Respons heeltemal
                            uitsonderlik/treffend      getuig van vaardigheid     - Idees redelik samehangend         samehang in           irrelevant.
                            en bo verwagting.        - Idees heeltemal              en oortuigend.                    respons.            - Idees deurmekaar
(Respons en idees)        - Idees is intelligent,      relevant, interessant en                                     - Idees onduidelik,     en nie op onderwerp
                                                                                  - Redelike organisasie en
Organisering van            volwasse en stem leser     lewer bewys van                                                nie oorspronklik      gefokus nie.
                                                                                    redelik samehangend,
idees vir beplanning;       tot nadenke.               volwassenheid.               insluitend inleiding, liggaam     nie.                - Vaag en herhalend.
Bewustheid van            - Uitsonderlike            - Organisasie baie goed        en samevatting/slot.            - Min bewys van       - Geen organisasie
doel, gehoor en             organisasie en             en samehangend,                                                organisasie en        nie en is
konteks                     samehang, insluitend       insluitend inleiding,                                          samehang.             onsamehangend.
                            inleiding, liggaam en      liggaam en
                            samevatting/slot.          samevatting/slot
30 PUNTE
                                   24–26                       18–21                          12–14                        6–8                     0–2
                          - Respons uitmuntend,      - Respons goed; getuig       - Respons bevredigend,            - Respons is          - Geen poging
                            maar uitsonderlik          van vaardigheid              maar verval soms in               grootliks             aangewend om in
                            treffende eienskappe     - -Idees relevant,             onduidelikheid.                   irrelevant.           ooreenstemming met
                            van ŉ opstel ontbreek.     interessant.               - Idees redelik                   - Idees begin los       onderwerp te wees
                          - Idees intelligent en     - Organisasie goed en          samehangend en                    staan en kan          nie.
                            volwasse.                  samehangend,                 oortuigend.                       verwarrend          - Heeltemal irrelevant
                          - Knap organisasie en        insluitend inleiding,      - ŉ Mate van organisasie            wees                  en ontoepaslik.
                            samehang, insluitend       liggaam en                   en samehang, insluitend         - Skaars ŉ bewys      - Deurmekaar en geen
                            inleiding, liggaam en      samevatting/slot.            inleiding, liggaam en             van organisasie       fokus nie.
                            samevatting/slot.                                       samevatting/slot.                 en samehang.

Kopiereg voorbehou                                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                       AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                      (EC/SEPTEMBER 2015)

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)

        Kriteria                 Uitsonderlik                       Knap                      Gemiddeld                    Elementêr               Onvoldoende
TAAL, STYL EN                       14–15                          10–11                          6–7                         2–3                          0
REDIGERING                 - Toon, register, styl en     - Toon, styl, register en      - Toon, register, styl en   - Toon, register, styl en   - Taal
                             woordeskat hoogs              woordeskat baie gepas vir      woordeskat gepas vir        woordeskat nie gepas        onverstaanbaar.
                             gepas vir doel, gehoor        doel, gehoor en konteks.       doel, gehoor en             vir doel, gehoor en       - Toon, register, styl
Toon, register, styl en      en konteks.                 - Taalgebruik effektief en ŉ     konteks.                    konteks nie.                en woordeskat
woordeskat is geskik vir   - Taalgebruik getuig van        deurlopende gepaste toon     - Gepaste taalgebruik       - Taalgebruik baie            minder gepas vir
doel/effek en konteks;       vertroue,                     word gebruik.                  om betekenis oor te         basies.                     doel, gehoor en
Woordkeuse;                  indrukwekkend.              - Grammatika en spelling         dra.                      - Toon en woordkeuse          konteks.
Taalgebruik en             - Toon retories treffend        grootliks foutvry.           - Toon is gepas.              skaars toepaslik.         - Woordeskat so
konvensies, punktuasie,      en effektief.               - Baie goed gedoen.            - Retoriese middele         - Baie beperkte               beperk dat dit
grammatika, spelling       - Grammatika en                                                gebruik om betekenis        woordeskat.                 onmoontlik is om
                             spelling feitlik foutvry.                                    te versterk.                                            sin te maak.
                           - Knap gedaan.
15 PUNTE                            12–13                            8–9                          4–5                         0–1
                           - Taalgebruik uitstekend      - Taalgebruik toepaslik en     - Voldoende                 - Taalgebruik
                             en toon is retories           oor die algemeen               taalgebruik, maar           onvoldoende.
                             effektief.                    effektief.                     teenstrydighede word      - Weinig indien enige
                           - Grammatika en               - Toon gepas en effektief.       opgemerk.                   sinsverskeidenheid.
                             spelling feitlik foutvry.   - Enkele foute in              - Toon oor die              - Woordeskat baie
                           - Baie goed tot knap            grammatika en spelling.        algemeen gepas en           beperk.
                             gedaan.                     - Goed gedoen.                   beperkte gebruik van
                                                                                          retoriese middele.
STRUKTUUR                              5                              4                             3                           2                         0–1
                           - Uitstekende                 - Logiese ontwikkeling van     - Relevante detail          - Sommige punte geldig.     - Noodsaaklike
Kenmerke van teks;           ontwikkeling van              details.                       ontwikkel.                - Sinne en paragrawe          punte ontbreek.
                             onderwerp.                  - -Samehangend.                - Sinne en paragrawe          foutief.                  - Sinne en
Paragraafontwikkeling      - Uitsonderlike detail.                                        goed gekonstrueer.
                                                         - Sinne en paragrawe                                       - Opstel maak nog sin.        paragrawe foutief.
en sinskonstruksie         - Sinne en paragrawe                                         - Opstel maak nog                                       - Opstel maak nie
                                                           logies en toon variasie.
                             uitsonderlik                                                 effens sin.                                             sin nie.
5 PUNTE                      gekonstrueer.
VERSPREIDING VAN
PUNTE                               40–50                          30–39                         20–29                       10–19                        0–9

Kopiereg voorbehou                                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                                          AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                     17
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]

     Kriteria                   Uitsonderlik                     Knap                    Gemiddeld                   Elementêr                 Onvoldoende
INHOUD,                            12–15                         9–11                      6–8                          4–5                        0–3
BEPLANNING EN            -   Respons uitsonderlik, bo   - Respons baie goed        - Respons voldoende en      - Basiese respons toon      -   Respons toon geen
FORMAAT                      verwagting.                  en demonstreer             toon voldoende kennis       geringe kennis van            kennis van
                         -   Idees intelligent en         goeie kennis van           van kenmerke van die        kenmerke van die              kenmerke van die
                             volwasse.                    kenmerke van die           soort teks.                 soort teks.                   soort teks nie.
Respons en idees;
                         -   Grondige kennis van          soort teks.              - Nie heeltemal gefokus     - Aanduiding van            -   Betekenis
Organisering van             kenmerke van die soort     - Behou fokus – geen         nie – enkele afwykings.     fokus, maar met               onduidelik met groot
idees vir beplanning;        teks.                        afwyking nie.            - Redelike samehang in        afwykings.                    afwyking.
Doel, gehoor,            -   Skryfwerk behou fokus      - Samehang in                inhoud en idees.          - Inhoud en idees nie       -   Geen samehang in
kenmerke/konvensies      -   Samehang in inhoud           inhoud en idees;         - Sommige detail              altyd samehangend             idees en inhoud nie.
en konteks                   en idees.                    baie goed uitgebrei        ondersteun die              nie.                      -   -Baie min detail
                         -   Idees behoorlik              met detail wat die         onderwerp.                - Min detail                    ondersteun die
15 PUNTE                     uitgebrei met detail         onderwerp                - Formaat oorwegend           ondersteun die                onderwerp.
                             wat die onderwerp            ondersteun.                gepas, maar met             onderwerp.                -   Nodige reëls van
                             ondersteun.                - Gepaste formaat            enkele foute.             - Nodige reëls van              formaat nie
                         -   Gepaste en akkurate          met onbeduidende                                       formaat vaagweg               toegepas nie.
                             formaat.                     foute.                                                 toegepas.
                                                                                                               - Kritiese foute begaan.
TAAL, STYL EN                        8–10                         6–7                         4–5                        2–3                         0–1
REDIGERING               -   Toon, register, styl en    -   Toon, register, styl   - Toon, register, styl en   - Toon, register, styl en   - Toon, register, styl
                             woordeskat hoogs               en woordeskat baie       woordeskat is geskik        woordeskat minder           en woordeskat stem
Toon, register, styl,        geskik vir doel, gehoor        geskik vir doel,         vir doel, gehoor en         geskik vir doel,            nie ooreen met
doel/effek, gehoor en        en konteks.                    gehoor en konteks.       konteks.                    gehoor en konteks.          doel, gehoor en
konteks;                 -   Grammatika akkuraat en     -   Grammatika oor die     - Enkele                    - Grammatika                  konteks nie.
Taalgebruik en               goed gekonstrueer.             algemeen korrek en       grammatikafoute.            onakkuraat met etlike     - Besaai met foute en
                         -   Feitlik foutloos.              goed gekonstrueer.     - -Voldoende                  foute.                      verward.
konvensies;                                             -   Baie goeie               woordeskat.               - Basiese woordeskat.       - Woordeskat nie
Woordkeuse;                                                 woordeskat.            - Foute belemmer nie        - Betekenis belemmer.         geskik vir doel nie.
Punktuasie en spelling                                  -   Oorwegend                betekenis nie.                                        - Betekenis ernstig
                                                            foutloos.                                                                        belemmer.
10 PUNTE
VERSPREIDING VAN
                                    20–25                        15–19                      10–14                        5–9                         0–4
PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFR HL P3 GR12 SEPT2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr12-sept2015-qp/0b9d2a84-fde5-433c-8a89-1d4ca3c1e03e) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P3 June July 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-june-july-2015-memo/bf8c35d0-d11d-4de1-b157-00c447f077fb) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2015-memo/52b78479-1bf7-40f2-9439-b5b527824bc5) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr-12-memo-sept2020/f9a99ac3-5b21-4159-aca7-7737a23ab5b0) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRHL P3 GR12 MEMO SEPT2017](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-gr12-memo-sept2017/c89bbf29-4adb-4221-8a3e-abe41449274c) — Afrikaans HL · Memo · 2017

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
