# Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2015 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015, 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr12-sept2015-qp/0b9d2a84-fde5-433c-8a89-1d4ca3c1e03e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr12-sept2015-qp/0b9d2a84-fde5-433c-8a89-1d4ca3c1e03e)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2015

                  AFRIKAANS HUISTAAL V3

PUNTE:   100

TYD:     2½ uur

                              *AFRHL3*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                      (EC/SEPTEMBER 2015)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS:

        AFDELING A: Opstel                                                50 punte
        AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste               (25 x 2)   50 punte

        Jy word sterk aanbeveel om 80 minute aan AFDELING A en 70 minute
        aan AFDELING B te bestee.

 2.     Beantwoord EEN vraag uit AFDELING A.

 3.     Beantwoord TWEE vrae uit AFDELING B.

 4.     Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

 5.     Jy moet jou werk beplan (bv. ŉ breinkaart/diagram/vloeidiagram/
        kernwoorde, ens.), proeflees en redigeer. Die beplanning moet VOOR
        die finale produk gedoen word.

 6.     Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Jou beplanning moet
        netjies deurgehaal word, as jy jou finale weergawe oorgeskryf het.

 7.     Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in
        hierdie vraestel gebruik is.

 8.     Voorsien elke skryfstuk van ŉ gepaste titel/opskrif.

        LET WEL:      Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem as die
                      woorde getel word NIE.

 9.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)           AFRIKAANS HUISTAAL V3                                         3

AFDELING A: KREATIEWE TEKSTE (OPSTEL)

VRAAG 1

Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ŉ OPSTEL van 400–450 woorde.

1.1    Alles val uitmekaar.                                                        [50]

                                         OF

1.2
       Ek voel my selfoon in my sak vibreer en ek weet dat
       uitstel verby is en ek nóú ‘n antwoord sal moet gee.                        [50]

                                         OF

1.3    JY SAL PRESTEER!
       Het jongmense vandag die dryfkrag om bo uit te kom, of word hulle deur
       hul entoesiastiese ouers gedruk?                                            [50]

                                         OF

1.4    Eenvoud is die vreugde van die lewe.

       Dit gee en neem wat daar is.                [Koos du Plessis]               [50]

                                         OF

1.5
       Dit het my lewe onuitwisbaar aangeraak.                                     [50]

                                         OF

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           AFRIKAANS HUISTAAL V3                  (EC/SEPTEMBER 2015)

1.6    1.6.1

                                              [Bron: www.crystalgraphics.com]   [50]

                                    OF

       1.6.2

                                                [Bron: www.gettyimages.com]     [50]

                                         OF

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)         AFRIKAANS HUISTAAL V3                                     5

       1.6.3

                                                            [Bron: Internet]   [50]

                                                    TOTAAL AFDELING A:          50

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/SEPTEMBER 2015)

 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

 VRAAG 2

 Kies TWEE van die volgende opdragte en skryf tekste van 180–200 woorde elk.

 2.1    KLAGTEBRIEF

        Jy is ŉ sportfanatikus wat ŉ nuwe energiedrankie in ŉ sporttydskrif bestel
        het. Nadat jy dit op die proef gestel het, was jy baie teleurgesteld
        aangesien die energiedrankie glad nie aan die verwagtinge voldoen het
        nie.

        Skryf ŉ KLAGTEBRIEF aan die firma waarin jy jou ontevredenheid
        uitspreek.                                                                     [25]

                                           OF

 2.2    INFORMELE VERSLAG

        Jou skool het onlangs hul eie kunstefees op die skoolgronde gehou.

        Skryf ŉ INFORMELE VERSLAG vir die skoolkoerant waarin jy oor die
        verloop van die kunstefees verslag lewer.                                      [25]

                                           OF

 2.3    AGENDA EN NOTULE

        Jy is sekretaresse van jou skool se kultuurkomitee wat ŉ kultuurdag
        beplan.

        Skryf nou die AGENDA, sowel as ŉ NOTULE van hierdie vergadering.               [25]

                                           OF

 2.4    INFORMELE TOESPRAAK

        Jy is gevra om tydens saalopening ŉ groep graad 7-leerders by ŉ
        laerskool toe te spreek, waarin jy hulle aanmoedig om graad 8 by jou
        hoërskool te begin.

        Skryf die TOESPRAAK neer.                                                      [25]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)               AFRIKAANS HUISTAAL V3                                              7

 2.5    DEKBRIEF EN CV

        Jy stel belang in die pos as vertaler wat in die onderstaande advertensie
        geadverteer word.

        Skryf nou ŉ DEKBRIEF en ŉ CV vir die pos.

                        Nuus

        Taalsub/Vertaler
        Son
        Port Elizabeth
        Permanent

        Verantwoordelikhede
        *   Redigeer en proeflees kopie, met genoegsame kennis om kopie op ŉ sinvolle
            wyse te sny.
        *   Korrigeer korrektheid van feite, spelling en grammatika.
        *   Skryf byskrifte, opskrifte en flapteks wat aanloklik sowel as taalkundig en
            feitelik korrek is.
        *   Vertaal kopie, en maak seker dat dit taalkundig en feitelik korrek is.
        *   Maak seker dat kopie die publikasie se spesifieke styl volg wat grammatika,
            taalgebruik en voorkeurspelwyse betref.
        *   Bly ingelig oor en implementeer die jongste taalreëls soos in die taalstylgids
            vervat.

         Vereistes vir die pos
        * Drie jaar toepaslike akademiese kwalifikasie
        * Kode 8-rybewys
        * Minstens drie jaar toepaslike ervaring en bewese taalvaardigheid
        * Moet in staat wees om doeltreffend onder druk te funksioneer
        * Moet uitstekend in spanverband kan werk
        * ’n Sterk sin vir akkuraatheid en korrektheid is onmisbaar. Daarby moet hy/sy
            bereid wees om ŉ vyfdag-werkweek wat strek van Maandag tot Vrydag en
            elke tweede Sondag, asook sekere vakansiedae, te werk.

        Stuur u aansoek en CV na Me. A. Potgieter, Posbus 1800, Port Elizabeth, 6060.        [25]

                                               OF

 2.6    INFORMELE BRIEF AAN DIE PERS

        Deesdae verskyn daar al hoe meer berigte in koerante en tydskrifte oor
        mense wat hulle geliefdes se naam op hul liggame tatoeëer.

        Reageer hierop in ŉ INFORMELE BRIEF aan die pers.                                    [25]

                                                               TOTAAL AFDELING B: 50
                                                                   GROOTTOTAAL: 100

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [AFR HL P1 GR12 QP SEPT 2015](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr12-qp-sept-2015/6b16bd4c-c416-4e2b-83f0-7b3253c4e204) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2022/635d4025-2ec6-4a06-a793-dc0f35254a58) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2021/ff108b78-d3ed-481e-bcc0-ecd7d096a8be) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2018/32d2c07a-21b1-4b79-b92f-17522a2bfc63) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRHL P3 S16 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-s16-qp-afr/9e735f20-0c93-4839-aa87-46f07b783fce) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
