# Afrikaans HL Grade 9 Paper 3 November EC 2019 Memo

> Grade 9 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the November EC 2019, 8 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr9-memo-nov2019-final/4b99243c-f0c4-47ad-a407-bc32b130a3e1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 9
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: November EC
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 9 Paper 3 November EC 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr9-memo-nov2019-final/4b99243c-f0c4-47ad-a407-bc32b130a3e1)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 9 · November EC · 2019. Memorandum, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          SENIOR FASE

                               GRAAD 9

                      NOVEMBER 2019

               AFRIKAANS HUISTAAL V3
                   NASIENRIGLYN

PUNTE:   30

                 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 8 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
     2                             AFRIKAANS HUISTAAL V3                           (EC/NOVEMBER 2019)

Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter wille van eenvoud
en eenvormigheid.

          SIMBOOL                    BESKRYWING                       VERDUIDELIKING
0                              Sirkel                        Punktuasiefout
________                       Dubbelstrepie onder ŉ         Spelfout
________                       woord

_________________              Lang streep onder ŉ woord Foutiewe woordgebruik

                               Sirkel met pyltjie            Woordorde

/\                             Weglaatteken                  Woord weggelaat
T                              Hoofletter T in kantlyn       Tye verwar
H                              Dubbele hh                    Herhaling van gedagtes
VR                             Vraestel                      Dele saamgeflans uit vraestel
?                              Vraagteken                    Baie verwarrend/sukkel om te verstaan
                                                             wat leerder skryf
[                              Enkel hakie                   Nuwe paragraaf
E                              Letter “e” bo woord           Engelse woord gebruik

ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

AFDELING A: OPSTEL

AFDELING A word volgens die rubriek uit 20 geassesseer. Die leerder mag slegs oor EEN
onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die
onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die
finale poging is, word die eerste opstel nagesien.

NASIENRIGLYNE

Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud:                                         I = KL = 12
Taal, styl en redigering:                      T = KL = 6
Struktuur:                                      S=G= 2
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant 14
(onder die opstel).
Dra die punt uit 20 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees).

DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit behoort
treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte bevat.
Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die
skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
standpunt insluit. In die geval van ŉ verhalende, beskrywende opstel vat die slot die skryfstuk
saam.

     Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                 AFRIKAANS HUISTAAL V3                                          3

VRAAG 1

Riglyne

Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyne) mag nie as
bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld:

1.1       Ek is jammer oor alles, Alice!

          Indien die leerder die opstel as ’n verhalende skryfstuk aanbied, sal die fokus
          terugskouend op dit wees waaroor daar spyt is. In ŉ beskrywende opstel sal die
          leerder op gevoelens ten opsigte van dit wat skeefgeloop het, fokus.                        [20]

1.2       Die vreemde busbestuurder …

          Die opstel sal hoofsaaklik beskrywend aangebied word. Die kandidaat sal fokus
          op die vreemdheid van die busbestuurder. Hierdie onderwerp leen hom ook tot
          ŉ verhalende opstel, veral waar die kandidaat ‘n storie oor sy vreemdheid vertel.           [20]

1.3       Opwindende gebeurtenis

          Die onderwerp leen hom suiwer tot ŉ beskrywende opstel, Die kandidaat moet al
          vyf die sintuie in die beskrywing gebruik.                                                  [20]

1.4       Slagoffer van boeliery

          Die leerder kan die opstel as ŉ beskrywende opstel aanbied en ̓n beskrywing van
          die emosies wat hy/sy ervaar het, gee. Of hy/sy kan ook die boelie beskryf.
          Hierdie onderwerp leen hom ook tot ŉ verhalende opstel waar die leerder sy/haar
          verhaal vertel.                                                                             [20]

1.5       ŉ Dag in die skoene van ̓n onderwyser

          ŉ Beskrywende opstel kan die dag van die onderwyser beskryf. Indien ŉ
          verhalende opstel aangebied word, sal die fokus op die gebeure val wat die
          onderwyser beleef.                                                                          [20]

1.6       1.6.1      Seuntjie met draadkar

                     Indien die opstel as ŉ verhalende skryfstuk aangebied word, sal die fokus
                     op die speel met die draadkar val. By ŉ beskrywende inhoud kan die
                     kandidaat die seun en sy draadkar beskryf en/of die gevoelens wat
                     daardeur opgeroep word. Die seun/draadkar kan selfs ook die spreker
                     wees.                                                                            [20]

          1.6.2      Ma en dogter

                     Hierdie prikkel leen hom tot verskeie interpretasies. Die kandidaat kan ’n
                     verhalende opstel oor ŉ gesprek/argument tussen ’n ma en dogter skryf.
                     ŉ Beskrywende opstel kan die handelinge of gebeure wat deel van die
                     oorsaak van die argument is/die argument self beskryf.                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 AFRIKAANS HUISTAAL V3                          (EC/NOVEMBER 2019)

         1.6.3       Rugby
                     Die kandidaat kan ŉ verhalende opstel aanbied oor ŉ rugbywedstryd. Die
                     opstel kan beskrywend aangebied word wanneer die kandidaat die
                     wedstryd beskryf.                                                            [20]

                                                                    TOTAAL AFDELING A:                 20

SOORT OPSTELLE

VERHALENDE OPSTEL
Dit is ’n interessante vertelling van ’n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede).
Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

Hou die volgende in gedagte:

   Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (ŉ storie of gebeurtenis).
   ŉ Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
   Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.
   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
   ŉ Treffende inleiding boei die leser en ŉ verrassende slot rond die inhoud af.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.
   Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf
wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat
beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.

Hou die volgende in gedagte:
 Waarnemings met al vyf sintuie en ŉ goeie woordeskat word vereis.
 Insig, begrip, ŉ eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die
   opnoem van waarnemings).
 Tekste kan varieer van meer realisties tot ŉ verdieping in die aanbieding.
 Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
 Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
 Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
 Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
 Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
   geniet.
 Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
   konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
 Stylfigure kan gebruik word.

                                                                    TOTAAL AFDELING A:                 20

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                           5

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKS

AFDELING B word volgens die rubriek uit 10 geassesseer. Slegs EEN teks word
nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks
nagesien.

NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat:                                            I=K=6
Taal, styl en redigering:                                                 T= G = 4
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).     10
Dra dan die punt uit 10 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).

VRAAG 2

2.1    VRIENDSKAPLIKE/INFORMELE BRIEF

       Die kandidaat skryf aan ŉ vriend/-in waarin hy/sy die geheim deel EN ook
       raad vra hoe om die situasie te hanteer.

       Hou die volgende in gedagte:

           Gebruik informele taal, register en styl.
           Die skrywer moet die geheim met die vriend/in deel.
           Die skrywer moet ook raad vra hoe om die situasie te hanteer.
           Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.
           Skryf logies en volgens ŉ spesifieke doel.
           Daar moet ŉ inleiding, liggaam en slot wees.
           Die adres en datum moet boaan verskyn.
           Na die skrywer se adres volg ŉ informele aanhef.
           Sluit die brief informeel/semiformeel af, gevolg deur die skrywer se
            naam.                                                                           [10]

2.2    INSTRUKSIES

       Instruksies verduidelik die hoe die troeteldier stapsgewys versorg moet word.
       Verskaf ook die stappe hoe om te maak wanneer die troeteldier verlang.

       Hou die volgende in gedagte:

           Verduidelik stap-vir-stap hoe om die troeteldier te versorg.
           Verduidelik ook stap-vir-stap hoe jy hom gaan laat ophou verlang.
           Elke reël van die instruksie begin met ’n werkwoord.                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              AFRIKAANS HUISTAAL V3                           (EC/NOVEMBER 2019)

2.3    FORMELE VERSLAG

       Die kandidaat skryf ’n ooggetuieverslag aan die polisie.

       Hou die volgende in gedagte:

           Die verslag word in die eerste persoon gedoen. (Toe ek om 13:30 daar
            aankom, het ek gesien ...)
           Dit wat beskryf word, moet in fyn detail gedoen word.
           Feite moet gegee word.
           Die ooggetuie moet dit wat hy-/sy gesien het, weergee.
           Die verslag word saaklik geskryf.
           Emosioneel gelaaide woorde is ontoepaslik.
           Taal en styl moet by die formele verslag pas.
           Paragrawe moet volgens die logiese verloop van die gebeure wees.
              Paragraaf 1: Persoonlike inligting (Volle name, identiteitsnommer,
                               adres en kontaknommer.)
               Paragraaf 2: Besonderhede van gebeure: (datum, tyd, plek)
               Paragraaf 3: Uitbreiding van besonderhede.
               Paragraaf 4: Samevatting of gevolgtrekking.
              Die verslag word laastens onderteken en van ’n datum voorsien.
              Dit is kort en bondig.                                                       [10]

2.4    DAGBOEKINSKRYWING

       Dagboekinskrywings is aantekeninge in ̓n dagboek van dinge wat gebeur het,
       of van ervarings wat opgedoen is, of van gevoelens wat ervaar is, wat mens nie
       wil vergeet nie. Die kandidaat maak TWEE dagboekinskrywings: een oor die
       dag waarop hy/sy gevra is vir ‘n dans/fliek en een op die dag daarna.

       Hou die volgende in gedagte:

           Daar hoef nie met “Liewe Dagboek” begin te word nie.
           Die dag en datum word boaan geskryf.
           Dagboekinskrywings word soos ’n opstel in paragrawe geskryf.
           Skryf altyd in die eerste persoon.
           Skryf in die verlede tyd oor dinge wat in die verlede tyd plaasgevind het.
           Gebruik woorde soos “vandag”, “gister” en “môre.”
           Gevoelens wat nou ondervind word, kan in die teenwoordige tyd geskryf
            word.
           Gebruik adjektiewe, leestekens, en hoofletters om oortuigend te skryf.
           Vrae en wense is ’n doeltreffende manier om gevoelens oor te dra.               [10]

                                                              TOTAAL AFDELING B:             10
                                                                  GROOTTOTAAL:               30

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2019)                                                   AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                                 7

                                           ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KREATIEWE TEKS (OPSTEL) – 20 PUNTE
                               Uitsonderlik                    Knap                      Gemiddeld                      Elementêr                  Onvoldoende
                                    12–10                       9–8                            7–5                          4–3                           2–0
 INHOUD EN                - Respons is uitsonderlik - Respons is goed en       - Respons is redelik en taamlik - Respons is swak en          - Respons is uiters swak en
 BEPLANNING                 en baie oorspronklik.     oorspronklik.              oorspronklik.                     onoorspronklik.             onoorspronklik.
                          - Idees is uitgebreid en  - Idees is interessant en  - Idees is redelik interessant en - Idees is onduidelik en    - Idees is deurmekaar en
                            stem die leser tot        relevant.                  relevant.                         nie heeltemal relevant      nie relevant nie.
 Organisering van idees     nadenke.                - Goeie beplanning lei tot - ŉ Mate van beplanning lei tot     nie.                      - Geen bewyse van
 vir beplanning;          - Goeie beplanning lei      die aanbieding van ŉ       die aanbieding van‘n redelike - Min bewyse van                beplanning lei tot die
 Bewustheid van doel,       tot die aanbieding van    knap opstel.               opstel.                           beplanning lei tot die      aanbieding van ŉ power
 gehoor en konteks.         ŉ goeie tot briljante   - Opstel is samehangend    - Opstel is redelik same-           aanbieding van ŉ swak       opstel.
                            opstel.                 - Inleiding, liggaam en      hangend.                          opstel.                   - Opstel is onsamehang-
                          - Goeie samehang.           slot.                    - Inleiding, liggaam en slot.     - Opstel is onsamehang-       end.
 12 PUNTE                 - Inleiding, liggaam en                                                                  end.                      - Paragrafering ontbreek.
                            slot.                                                                                - Paragrafering
                                                                                                                   ontbreek.
                                      6–5                          4                            3                             2                            1–0
 TAAL, STYL EN            - Toon, styl en woorde-   - Toon, styl en woorde-    - Toon, styl en woordeskat is     - Toon, styl en woorde-     - Toon, styl en woordeskat
 REDIGERING                 skat is uitsonderlik.     skat is baie gepas.        gepas.                            skat is minder gepas.       is nie gepas nie.
                          - Woordkeuse is gevor-    - Woordkeuse is gepas by - Woordkeuse is redelik gepas       - Woordkeuse is beperk.     - Woordkeuse is nie geskik
 Toon, styl en              derd en uitgebrei.        die teks.                  by die teks.                    - Taalgebruik en punktu-      nie.
 woordeskat is geskik;    - Taalgebruik en          - Taalgebruik en punktu-   - Taalgebruik en punktuasie is      asie is vol foute.        - Taalgebruik en punktu-
 Woordkeuse;                punktuasie word           asie is meestal korrek.    eenvoudig.                      - Geen gepaste                asie is uiters swak.
 Taalgebruik en             effektief gebruik.      - Soms word gepaste        - Weinig gepaste figuurlike taal    figuurlike taalgebruik.   - Figuurlike taal ontbreek.
 konvensies,              - Gebruik gepaste           figuurlike taal gebruik.   gebruik.                        - Grammatika en             - Grammatika en spelling
 Punktuasie,                figuurlike taal.        - Grammatika en spelling   - Grammatika en spelling het        spelling wemel van die      feitlik onverstaanbaar.
 Grammatika,              - Grammatika en             is meestal foutvry.        foute.                            foute.
 Spelling                   spelling is feitlik
 6 PUNTE                    foutvry.
                                       2                         1½                             1                             ½                          0
                                                                                                                                                                               Downloaded from hlayiso.com

 STRUKTUUR                - Uitstekende ontwikke- - Logiese ontwikkeling van - Relevante ontwikkeling.           - Onderwerp nie deur-       - Onderwerp misgetas.
                            ling van onderwerp.       onderwerp.               - Sinne en paragrawe is plek-       gaans aangespreek         - Geen samehang.
 2 PUNTE                  - Wisselende sins- en     - Wisselende sins- en        plek foutief, maar opstel         nie.                      - Opstel maak nie sin nie.
                            paragraaflengtes.         paragraaflengtes.          maak nog sin.                   - Basiese konstruksie
                                                                                                                   van sinne en
                                                                                                                   paragrawe.

### Page 8

8                                                            AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                (EC/NOVEMBER 2019)

                                      ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – 10 PUNTE
                                Uitsonderlik                   Knap                  Gemiddeld                Elementêr                             Onvoldoende
                                      6–5                      4½–4                     3½–3                     2½–2                                     1½–0
 INHOUD,                   - Respons is uitsonderlik - Respons is goed en      - Respons is redelik en - Respons is swak en                   - Respons is uiters swak en
 BEPLANNING EN               en baie oorspronklik.     oorspronklik.             taamlik oorspronklik.   onoorspronklik.                        onoorspronklik.
 FORMAAT                   - Idees is uitgebreid en  - Idees is interessant en - Idees is redelik      - Idees is onduidelik en               - Idees is deurmekaar en
                             stem die leser tot        relevant.                 interessant en          nie heeltemal relevant                 nie relevant nie.
 Organisering van idees      nadenke.                - Redelike kennis van       relevant.               nie.                                 - Geen bewyse van die
 vir beplanning;           - Goeie kennis van die      die kenmerke van die    - ŉ Mate van kennis.    - Min kennis. van die                    kenmerke van die soort
 Bewustheid van doel,        kenmerke van die          soort teks.               van die kenmerke van    kenmerke van die                       teks nie.
 gehoor, konteks en          soort teks.             - Goeie samehang.           die soort teks.         soort teks.                          - Geen samehamg nie.
 kenmerke.                 - Baie goeie samehang. - Behou fokus – geen af- - Redelike samehang.        - Nie altyd                            - Groot afwykings.
                           - Idees behoorlik uitge-    wyking nie.             - Nie heeltemal gefokus   samehangend nie.
 6 PUNTE                     brei met detail wat die                             nie – enkele afwyking - Nie heeltemal gefokus
                             onderwerp steun.                                    nie.                    nie – enkele afwyking
                                                                                                         nie.
                                       4                       3½–3                     2½–2                     1½–1                                    ½–0

 TAAL, STYL EN             - Toon, styl en woorde-     - Toon, styl en woorde-      - Toon, styl en woorde-      - Toon, styl en woorde-      - Toon, styl en woordeskat
 REDIGERING                  skat is uitsonderlik.       skat is baie gepas.          skat is gepas.               skat is minder gepas .       is nie gepas nie.
                           - Woordkeuse is gevor-      - Woordkeuse is gepas        - Woordkeuse is redelik      - Woordkeuse is beperk.      - Woordkeuse is nie geskik
 Toon,styl en woordeskat     derd en uitgebrei.          by die teks.                 gepas by die teks.         - Taalgebruik en punktu-       nie.
 is geskik;                - Taalgebruik en punktu-    - Taalgebruik en punktu-     - Taalgebruik en punktu-       asie is vol foute.         - Taalgebruik en punktu-
 Woordkeuse;                 asie word effektief ge-     asie is meestal korrek.      asie is eenvoudig.         - Geen gepaste                 asie is uiters swak.
 Taalgebruik en              bruik.                    - Soms word gepaste          - Weinig gepaste               figuurlike taal gebruik.   - Figuurlike taal ontbreek.
 konvensies,               - Gebruik gepaste             figuurlike taal gebruik.     figuurlike taal gebruik.   - Grammatika en              - Grammatika en spelling
 Punktuasie,                 figuurlike taal           - Grammatika en              - Grammatika en                spelling wemel van die       feitlik onverstaanbaar.
 Spelling                  - Grammatika en               spelling is meestal          spelling het foute.          foute.
                             spelling is feitlik         foutvry.
 4 PUNTE                     foutvry.
                                                                                                                                                                            Downloaded from hlayiso.com

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [AFR HL P3 GR9 QP NOV2019 Final D](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr9-qp-nov2019-final-d/3e531e69-1328-435c-8850-8f5adc0a04cb) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR9 MEMO NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr9-memo-nov2018/3bfcedf7-9180-41f2-b7db-079829fa0e89) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [AFRHL P3 GR9 NOV2017 MEMO FINAL](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-gr9-nov2017-memo-final/2f975cfb-078b-4aad-9c70-40c375c03932) — Afrikaans HL · Memo · 2017
- [AFRHL P3 GR9 NOV2016 MEMO FINAL](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-gr9-nov2016-memo-final/7a835eda-902d-422f-810c-15654c05ed9f) — Afrikaans HL · Memo · 2016
- [AFR HL P3 GR9 NOV2014 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr9-nov2014-memo/6b1d1bdc-f036-45e5-b1db-689982152329) — Afrikaans HL · Memo · 2014 · Afr
- [AFR HL P2 GR9 QP NOV2019 Final D](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-qp-nov2019-final-d/2b55fa78-6667-4cc7-b837-ddd46df19eeb) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 9 Afrikaans HL

- [CAPS SP HOME AFRIKAANS GR 7-9 web](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-home-afrikaans-gr-7-9-web/adabb4d3-1fb8-4825-a189-492d2a06c071) — CAPS · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/57f32853-152b-4ab1-ad5b-9bc8b118c11f) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/9504f0ad-d64b-4bf2-b62f-50bb73174e75) — QP · 2026 · Afr
- [Afrikaans HL Test](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-test/5b589ff6-d200-4ffb-a54f-99c66ebc6b95) — QP · 2023 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL Test](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-test/269c40e7-6e0c-45f3-b89d-36b552d77cae) — QP · 2022 · Afr
- [Afr HL P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-qp/27c7a315-b8ea-4616-be77-964cb8a0c2fe) — QP · 2018 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
