# Afrikaans HL Grade 9 Paper 3 November EC 2014 Memo

> Grade 9 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the November EC 2014, 8 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr9-nov2014-memo/6b1d1bdc-f036-45e5-b1db-689982152329
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 9
- Document type: Memorandum
- Year: 2014
- Exam period: November EC
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 9 Paper 3 November EC 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr9-nov2014-memo/6b1d1bdc-f036-45e5-b1db-689982152329)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 9 · November EC · 2014. Memorandum, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         SENIOR FASE

                          GRAAD 9

                    NOVEMBER 2014

                AFRIKAANS HUISTAAL V3
                    MEMORANDUM

PUNTE:   60

                  Hierdie memorandum bestaan uit 8 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                            (NOVEMBER 2014)

AFDELING A: SKRYFWERK

VRAAG 1: OPSTELLE

Die vraag word uit 20 geassesseer. Die leerder mag slegs oor EEN onderwerp
of prikkel skryf en hy/sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe sy/hy die
onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit
onduidelik is watter een die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.

NASIENRIGLYNE

Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

BYVOORBEELD

IBF – K4 = 6
TSR – K2 = 3
TOT.     =9

Dui dan die totale punt van die opstel onder die opstel aan.
Dra die totaal uit 20 oor na die BEGIN van die vraag.

LET WEL: Indien die punt 9½ sou wees, dra dit dan as 10 oor.

RIGLYNE

Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. Die leerder bied die soort opstel aan volgens die
voorskrifte.

SOORTE OPSTELLE:

VERHALENDE OPSTEL

Dit is ŉ interessante vertelling van ŉ storie of gebeurtenis (gewoonlik uit die
verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

Hou die volgende in gedagte:
 Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word – dus ŉ storie of
   gebeurtenis.
 ŉ Sterk storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
 Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
 Die verlede tyd word gebruik, maar die teenwoordige tyd kan ook gebruik
   word om ŉ gevoel van die hede te skep.
 Die inleidingsparagraaf moet boeiend wees.
 Die verhaal kan uit eie ervaring geskryf word, of dit kan fiktief wees.
 ŉ Verrassende slot.
 Beskrywende elemente moet gebruik word.
 Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
   geniet.                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                 AFRIKAANS HUISTAAL V3                                           3

BESKRYWENDE OPSTEL

Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dit is moeilik om iets te
beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.

Hou die volgende in gedagte:
  Waarneming met al vyf sintuie (sig, klank, gehoor, smaak en aanraking) en
   ŉ goeie woordeskat word vereis.
  Skep dus ŉ prentjie in woorde.
  Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
  Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
  Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ŉ oorspronklike wyse
   aangewend.
  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
   geniet.                                                                              [40]

ARGUMENTERENDE OPSTEL

Die skrywer het ŉ spesifieke mening/opinie daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer. Die skrywer se mening moet deurgaans duidelik wees. Dit is ŉ
subjektiewe (eensydig) opstel waarin die skrywer probeer om die leser te oortuig
om sy/haar perspektief te deel.

Hou die volgende in gedagte:
  Begin met die skrywer se standpunt oor die onderwerp op ŉ oorspronklike
   en treffende wyse.
  Gee ŉ verskeidenheid argumente ter ondersteuning en uitbouing van ŉ
   standpunt.
  Fokus op punte vir of teen ŉ stelling.
  Druk subjektiewe en sterk menings uit.
  Gebruik ŉ verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke.
  Gebruik gevoelstaal wat emosioneel kan wees, maar nie kru taal nie.
  Sluit af met ŉ sterk slot, duidelike en oortuigende stelling wat die skrywer se
   mening reflekteer.
  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
   geniet.                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              AFRIKAANS HUISTAAL V3                      (NOVEMBER 2014)

BEREDENERENDE OPSTEL

Dit is objektief en probeer ŉ gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ŉ
argument gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder
bespreking en bied teenstellende menings, onpartydig aan. Die skrywer mag tot
ŉ spesifieke gevolgtrekking kom aan die einde van die opstel, maar die
argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd wees.

Hou die volgende in gedagte:
  Die opstel handel oor ŉ onderwerp waaroor reeds standpunt ingeneem word
   tydens die inleiding.
  BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
  ŉ Gevolgtrekking wat aansluit by die inleiding word in die slotparagraaf
   bereik.
  Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
  Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
   geniet.                                                                        [40]

                                                       TOTAAL AFDELING A:           40

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                AFRIKAANS HUISTAAL V3                                            5

 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

 VRAAG 2

 Hier moet die formaat oorwegend korrek wees.
 Die opdrag moet uitgevoer word.
 Die vraag word uit 10 geassesseer word verwerk na 20.

 NASIENRIGLYNE:

 Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

 BYVOORBEELD

 IBF – K5 = 4
 TSR – K3 = 2
 TOT.       6 x 2 = 12

 Dui dan die totale punt vir die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks) aan.
 Dra die totaal uit 20 oor na die BEGIN van die vraag.

 LET WEL: Indien die punt 6½ sou wees, dra dan die punt as 7 oor.

 DAGBOEKINSKRYWING

    Dagboekinskrywings is aantekeninge in ŉ dagboek van dinge wat gebeur het,
     of van ervarings wat opgedoen is, of van gevoelens wat ervaar is, wat mens
     nie wil vergeet nie.
    Dit word geskryf vanuit die skrywer se perspektief; die
     eerstepersoonsvertelling is meer gepas.
    Die taalkeuse is eenvoudig en tot die punt.
    Die toon kan bepaal word deur die aard van die inskrywing.                           [20]

 E-pos

    Die e-posadres van die ontvanger.
    Die e-posadres van die sender.
    Die onderwerp waaroor die e-pos handel.
    Geen komma na die aanhef nie.
    Die boodskap.
    Laat ŉ reël oop na elke paragraaf.
    Geen leestekens in die slot nie                                                      [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 AFRIKAANS HUISTAAL V3                      (NOVEMBER 2014)

 DIALOOG

       Dit is ŉ verslag van spreekbeurte tussen twee of meer mense in die orde
        waarin die gesprek gevoer word.
       Die name van die sprekers moet aan die linkerkant geskryf word.
       Gebruik ŉ dubbelpunt na die naam van elke spreker.
       Begin elke spreekbeurt op ŉ volgende reël.
       Sub-newetekste moet tussen hakies, direk voor die spreker se woorde
        geskryf word.                                                                  [20]

                                                       TOTAAL AFDELING B:              20
                                                            GROOTTOTAAL:               60
                                                  VERWERKTE TOTAAL (60 2)              30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                            AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                            7
 AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL HUISTAAL: (20 x 2)

 VRAAG 1

    Prestasie-              Kode 7                    Kode 6                   Kode 5                   Kode 4                  Kode 3                    Kode 2                    Kode 1
   aanduiders
                        Uitmuntende               Verdienstelike            Beduidende                Voldoende             Matige prestasie          Basies prestasie          Ontoereikende
    20 punte               prestasie                 prestasie                prestasie                prestasie                                                                    prestasie

                          80 – 100%                  70 – 79%                 60 – 69%                 50 – 59%                 40 – 49%                 30 – 39%                  0 – 29%
                            10 – 12                  8½ – 9½                   7½ – 8                    6–7                     5 – 5½                    4 – 4½                   1 – 3½
 Inhoud en           Uitgebreide,              Baie goeie kennis        Redelike kennis         Voldoende kennis       Matige kennis van        Elementêre kennis        Geen kennis van
 beplanning           gespesialiseerde           van formaat van           van vereistes van        van vereistes van       vereistes van teks.       van vereistes van         vereistes van teks.
                      kennis van vereistes       teks.                     teks.                    teks.                   Respons op                teks. Respons op         Toon geen tekens
 12 punte             van teks                  Toon breë                Toon ’n algemene        Toon enkele             geskrewe teks             geskrewe teks             van bewustheid
                     Toon grondige              bewustheid van            bewustheid van           tekens van              toon beperkte             toon beperkte             van wyer konteks
                      bewustheid van wyer        wyer konteks in           wyer konteks in          bewustheid van          fokus.                    fokus.                    in skryfwerk
                      konteks in skryfwerk.      skryfwerk.                skryfwerk.               wyer konteks in        Toon beperkte            Toon beperkte            Skryfwerk wyk van
                     Skryf gedissiplineerd     Skryf                    Skryfwerk behou          skryfwerk               tekens van                tekens van                onderwerp af,
                      –behou fokus, geen         gedissiplineerd –         fokus, min              Skryfwerk wyk van       bewustheid van            bewustheid van            betekenis plek-plek
                      afwykings van              behou fokus, geen         afwykings van            onderwerp af,           wyer konteks in           wyer konteks in           onduidelik.
                                                                                                                            skryfwerk                 skryfwerk
                      formaat.                   afwykings van             formaat.                 maar dit belemmer                                                          Inhoud en idees
                     Inhoud en idees            formaat.                 Inhoud en idees          nie algehele           Skryfwerk wyk van        Skryfwerk wyk van         nie koherent, baie
                      algeheel koherent en      Inhoud en idees           koherent en              betekenis               onderwerp af,             onderwerp af,             min details
                      hoogs uitgebreid, alle     koherent en baie          uitgebreid, meeste      Inhoud en idees         betekenis plek-           betekenis plek-           ondersteun
                      details onder- steun       goed uitgebreid,          details ondersteun       voldoende               plek vaag                 plek onduidelik.          onderwerp.
                      onderwerp.                 alle details onder-       onderwerp                koherent,              Idees en inhoud          Inhoud en idees          Beplanning en/of
                     Bewyse van                 steun onderwerp          Bewyse van               sommige details         matig koherent,           nie altyd koherent,       eerste poging
                      beplanning en/of          Bewyse van                beplanning en/of         ondersteun onder-       sommige details           baie min details          onvoldoende.
                                                                                                    werp.                   ondersteun                onder- steun
                      eerste poging lei tot      beplanning en/of          eerste poging lei                                                                                   Swak aanbieding.
                      feitlike foutlose,         eerste poging lei         tot goeie, gepaste      Bewyse van              onderwerp.                onderwerp
                      gepaste aanbieding.        tot goed                  aanbieding.              beplanning en/of       Bewyse van               Onvoldoende vir
                                                                                                                                                                               Formaat van teks
                                                                                                                                                                                nie
                     Formaat hoogs              saamgestelde,            Nodige reëls vir         eerste poging lei       beplanning en/of          Huistaalvlak t.s.v.
                                                                                                                                                                                toegepas/ontoereik
                      geskik/uitmuntend.         gepaste                   formaat van teks         tot bevredigende,       eerste poging lei         beplanning en/of
                                                                                                                                                                                end.
                                                 aanbieding.               toegepas/verdiens        gepaste                 tot matige,               eerste poging,
                                                Nodige reëls vir          telik.                   aanbieding              gepaste en                swak aanbieding.
                                                 formaat van teks                                  Vereistes van           koherente                Het vae idee van
                                                 baie goed                                          formaat voldoende       aanbieding.               formaat van teks –
                                                 toegepas/verdienst                                 toegepas               Het matige idee           kritiese, nalatige
                                                 elik.                                                                      van formaat van           foute/elementêr.
                                                                                                                            teks – sommige
                                                                                                                            kritiese, nalatige
                                                                                                                            foute.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                         AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                (NOVEMBER 2014)

 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE: (10 x 2)

 VRAAG 2

                         6½ – 8                    5½ – 6                      5                    4 – 4½                       3½                      2½ – 3                      0–2
 Taal. styl en      Grammatikaal            Baie goed                 Goed saamgestel       Samestelling              Samestellig             Swak saamgestel           Swak saamgestel
 redigering          akkuraat en              saamgestel en              en lees maklik.        voldoende, foute           basies. Verskeie         en moeilik om te           en baie moeilik om
                     briljant                 akkuraat.                 Woordeskat             belemmer nie               foute.                   volg.                      te volg.
 8 punte             saamgestel.             Woordeskat baie            geskik vir doel,       vloei van teks.           Woordeskat              Woordeskat                Woordeskat
                    Woordeskat               geskik vir doel,           gehoor en             Woordeskat                 beperk en nie baie       benodig                    benodig ernstige
                     hoogs geskik vir         gehoor en opdrag           inhoud.                voldoende vir              geskik vir doel,         remediëring en is          remediëring en is
                     doel, gehoor en          (inhoud)                  Styl, toon,            doel, gehoor en            gehoor en inhoud.        nie geskik vir doel,       nie geskik vir doel,
                     opdrag (inhoud)         Geskikte styl, toon,       register meestal       inhoud.                   Styl, toon en            gehoor en inhoud.          gehoor en inhoud
                    Styl, toon, register     register vir               geskik.               Styl, toon, register       register pas nie        Styl, toon en             Styl, toon en
                     hoogs geskik.            vereistes van teks.       Meestal foutvry        redelik geskik.            altyd by                 register nie               register kom nie
                    Feitlik foutvry na      Grootliks foutvry na       na proeflees en       ’n Paar foute na           onderwerp nie.           geskik.                    met onderwerp
                     proeflees en             proeflees en               redigering.            proeflees en              Verskeie foute na       Besaai met foute           ooreen.
                     redigering.              redigering.               Lengte korrek.         redigering.                proeflees en             na proeflees en           Besaai met foute
                    Lengte korrek           Lengte korrek.                                   Lengte amper               redigering.              redigering.                en verwar leser na
                                                                                                korrek.                   Lengte – te             Lengte – te                proeflees.
                                                                                                                           lank/kort.               lank/kort. -              Lengte ver te
                                                                                                                                                                               lank/kort.

                             4                       3½                        3                       2½                         2                        1½                          1
 Taal. styl en      Grammatikaal            Baie goed                 Goed saamgestel       Samestelling              Samestellig             Swak saamgestel           Swak saamgestel
 redigering          akkuraat en              saamgestel en              en lees maklik.        voldoende, foute           basies. Verskeie         en moeilik om te           en baie moeilik om
                     briljant                 akkuraat.                 Woordeskat             belemmer nie               foute.                   volg.                      te volg.
 4 punte             saamgestel.             Woordeskat baie            geskik vir doel,       vloei van teks.           Woordeskat              Woordeskat                Woordeskat
                    Woordeskat               geskik vir doel,           gehoor en             Woordeskat                 beperk en nie baie       benodig                    benodig ernstige
                     hoogs geskik vir         gehoor en opdrag           inhoud.                voldoende vir              geskik vir doel,         remediëring en is          remediëring en is
                     doel, gehoor en          (inhoud)                  Styl, toon,            doel, gehoor en            gehoor en inhoud.        nie geskik vir doel,       nie geskik vir doel,
                     opdrag (inhoud)         Geskikte styl, toon,       register meestal       inhoud.                   Styl, toon en            gehoor en inhoud.          gehoor en inhoud
                    Styl, toon, register     register vir               geskik.               Styl, toon, register       register pas nie        Styl, toon en             Styl, toon en
                     hoogs geskik.            vereistes van teks.       Meestal foutvry        redelik geskik.            altyd by                 register nie               register kom nie
                    Feitlik foutvry na      Grootliks foutvry na       na proeflees en       ’n Paar foute na           onderwerp nie.           geskik.                    met onderwerp
                     proeflees en             proeflees en               redigering.            proeflees en              Verskeie foute na       Besaai met foute           ooreen.
                     redigering.              redigering.               Lengte korrek.         redigering.                proeflees en             na proeflees en           Besaai met foute
                    Lengte korrek           Lengte korrek.                                   Lengte amper               redigering.              redigering.                en verwar leser na
                                                                                                korrek.                   Lengte – te             Lengte – te                proeflees.
                                                                                                                           lank/kort.               lank/kort. -              Lengte ver te
                                                                                                                                                                               lank/kort.

Kopiereg voorbehou                                                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFR HL P3 GR9 NOV2014 QP FINAL](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr9-nov2014-qp-final/3976be0a-861e-4692-bd26-8969ed66985e) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [AFR HL P2 GR9 NOV2014 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-nov2014-memo/1cd07598-892a-4bb3-b71e-3eecb0e989e6) — Afrikaans HL · Memo · 2014 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR9 MEMO NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr9-memo-nov2018/3bfcedf7-9180-41f2-b7db-079829fa0e89) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [AFRHL P3 GR9 NOV2017 MEMO FINAL](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-gr9-nov2017-memo-final/2f975cfb-078b-4aad-9c70-40c375c03932) — Afrikaans HL · Memo · 2017
- [AFRHL P3 GR9 NOV2016 MEMO FINAL](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-gr9-nov2016-memo-final/7a835eda-902d-422f-810c-15654c05ed9f) — Afrikaans HL · Memo · 2016
- [AFR HL P2 GR9 NOV2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-nov2014-qp/cce0af3c-0e8d-4ec3-be66-1af4d81a17b6) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 9 Afrikaans HL

- [CAPS SP HOME AFRIKAANS GR 7-9 web](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-home-afrikaans-gr-7-9-web/adabb4d3-1fb8-4825-a189-492d2a06c071) — CAPS · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/57f32853-152b-4ab1-ad5b-9bc8b118c11f) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/9504f0ad-d64b-4bf2-b62f-50bb73174e75) — QP · 2026 · Afr
- [Afrikaans HL Test](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-test/5b589ff6-d200-4ffb-a54f-99c66ebc6b95) — QP · 2023 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL Test](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-test/269c40e7-6e0c-45f3-b89d-36b552d77cae) — QP · 2022 · Afr
- [AFR HL P2 GR9 QP NOV2019 Final D](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-qp-nov2019-final-d/2b55fa78-6667-4cc7-b837-ddd46df19eeb) — QP · 2019 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
