# Mathematics Grade 9 November EC 2010 Question Paper (Afr)

> Grade 9 Mathematics question paper from the November EC 2010 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-ht-gr-9-nov-2010/187f1dc6-297b-4f5c-8afc-5fcd4abf96b5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematics
- Grade: Grade 9
- Document type: Question paper
- Year: 2010
- Exam period: November EC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Mathematics](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/mathematics) › [Mathematics Grade 9 November EC 2010 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/afr-ht-gr-9-nov-2010/187f1dc6-297b-4f5c-8afc-5fcd4abf96b5)

## About this document

Mathematics · Grade 9 · November EC · 2010. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

               Province of the
               EASTERN CAPE
               EDUCATION

                             SENIOR FASE

                                 GRAAD 9

                          NOVEMBER 2010

                    AFRIKAANS HUISTAAL

                     TAAL EN SKRYFWERK

PUNTE: 100

TYD: 2½ uur

                      Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    AFRIKAANS HUISTAAL                   (NOVEMBER 2010)

ALGEMENE INLIGTING

     Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings

     AFDELING A:          Leesbegrip         (20 punte)
     AFDELING B:          Opsomming          (10 punte)
     AFDELING C:          Poësie/Gedig       (10 punte)
     AFDELING D:          Taal in konteks    (20 punte)
     AFDELING E:          Skryfwerk          (40 punte)

1.   Beantwoord AL die vrae

2.   Lees die instruksies by AL die vrae versigtig deur.

3.   Begin elke afdeling op ŉ NUWE bladsy.

4.   Nommer elke antwoord presies soos wat die vrae op die vraestel genommer is.

5.   Laat ŉ reёl tussen die antwoorde oop.

6.   Skryf netjies met blou of swart ink.

7.   Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010)                        AFRIKAANS HUISTAAL                                    3

 AFDELING A:          LEESBEGRIP

 VRAAG 1:         RUBRIEK

 Lees die onderstaande rubriek en beantwoord die daaropvolgende vrae:

 Vincent Arthur Kennard deur Teresa Coetzee

 1. Vincent is ŉ vurige aktivis vir die beskerming en voortbestaan van wolwe. Hy is die
    stigter van die Suid-Afrikaanse tak van The Wolf Army, maar het ook al ŉ boek of twee
    geskryf, skilder graag en is ŉ rekenmeester.

 2. Wat is dit met jou en die wolwe?
    Wolwe is eenvoudig fantastiese diere. Suid-Afrika het ongeveer 300 wolwe en die
    teling van wolfhonde neem daagliks toe. Ek het al verskeie wolwe ingeneem; hulle is
    nie honde nie … En as jy ŉ wolf of half-wolf in jou lewe inneem, verander jou idée oor
    die verhouding tussen mens en dier vir altyd. ŉ Aanhaling wat baie waar is, is dié van
    Henry Beston: “Wolwe is nie ons broers nie; hulle is ook nie ons ondergeskiktes nie.
    Hulle is eerder ŉ ander tipe nasie; vasgevang net soos ons in die komplekse web van
    tyd en lewe.”

 3. Wat wil jy regkry met jou army?
    Ek het The Wolf Army gestig om mense aan te spoor om van wolwe te leer en om teen
    die jag van wolwe te betoog. Binne vier maande het die ledetal tot byna 8 000 gegroei.
    The Wolf Army het verlede jaar twee protesoptogte georganiseer, een in Stockholm in
    Swede en een in Londen. Ons beplan ook een in Amerika waar die probleem van jag
    op wolwe hoogty vier.

 4. Jy het al ŉ boek gepubliseer …
    Ek het al vier boeke geskryf waarvan twee in die vorm van een boek, The Wolf
    Chronicles, uitgegee is. Dis ŉ fantasie oor weerwolwe en wolwe en dit beeld die storie
    oor die ewige stryd tussen die mens en die natuur uit. Ek het nog twee eg-Suid-
    Afrikaanse verhale ook geskryf en soek nog ŉ uitgewer om my laaste boek te
    publiseer.

 5. Jou lewensfilosofie?
    Dit is om dit wat jy begin het, klaar te maak, al vat dit jou ŉ leeftyd.

 6. Wat maak jou gelukkig?
    Om in my ateljee te wees, met ŉ glasie rooiwyn, Puccini of Nightwish oor die radio, my
    wolwe by my en ŉ skilderkwas in my hand.

 7. Wat maak jou kwaad?
    Naweek-skieters wat sê hulle jag en spog dat hulle verantwoordelik is en dink dat ons
    nog so baie diere oor het. O ja, en quadbikes. Ek is mal oor motorfietse, maar daai
    vierwielspeelgoed vir grootmense dryf my tot raserny.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    AFRIKAANS HUISTAAL                           (NOVEMBER 2010)

8. Is jy ŉ “bunnyhugger”?
   Ek glo nie. Ja, ek hug my wolwe, my katte en ek is seker ek sal ŉ bunny ook hug, maar
   ŉ bunnyhugger is ŉ woord wat naweek-skieters en sogenaamde jagters uitgedink het
   om mense met ŉ liefde vir diere te verkleineer.

      Ek sou veel eerder my seun leer om klein diertjies te troetel as om hulle met ŉ .303 te
      skiet. Vir te veel mense is meelewing ŉ vloekwoord, terwyl dit ŉ belangrike deel van
      menswees behoort te wees. En nie net sover dit mense aangaan nie. Realisme en die
      waarheid is my grootste kompas in die lewe. Wanneer mense daardie skille van
      selfleuens afskil om die werklike “jy” te ontbloot, is baie mense vreesbevange oor die
      resultaat.
                                                        [Uit: My Tyd, Rapport: 1 Augustus 2010]

1.1     Skryf twee beroepe neer wat deur Vincent Arthur beoefen word.                          (2)

1.2     Die stigting van The Wolf Army.

        1.2.1    Skryf EEN doelstelling/oogmerk van die The Wolf Army neer.                    (1)

        1.2.2    Is The Wolf Army slegs ŉ Suid-Afrikaanse organisasie? Antwoord
                 slegs JA of NEE.                                                              (1)

1.3     Die teling van wolwe het toegeneem.

        1.3.1    Is die bostaande stelling WAAR of ONWAAR?                                     (1)

        1.3.2    Motiveer jou antwoord met ŉ bewys uit die teks.                               (1)

1.4     “Realisme en waarheid is my grootste kompas in die lewe.”

        Voltooi: Die woord “kompas” word (letterlik/figuurlik) in die teks gebruik.            (1)

1.5     Word die woord “bunnyhuggers” positief of negatief in die teks gebruik?

        Motiveer jou antwoord deur ŉ aanhaling uit die teks.                                   (2)

1.6     Haal ŉ ander woord uit paragraaf 7 aan wat min of meer dieselfde betekenis
        as “quadbikes” het.                                                                    (1)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010)                       AFRIKAANS HUISTAAL                                                  5

 1.7    Kies die korrekte antwoord en skryf net die vraagnommer en die korrekte letter
        neer.

        “…waar die probleem van jag op wolwe hoogty vier.”
        Die uitdrukking “hoogty vier” beteken:
        A.        Jag vind veral in hoë gebiede plaas
        B.        Jag vind baie gereeld hier plaas
        C.        Jag vind tydens sekere getye plaas                                                        (1)

 1.8    Dink jy dat baie mense teen die jag van wolwe gekant is? Motiveer jou
        antwoord.                                                                                       (2)
                                                                                                       [13]
 VRAAG 2

                                                 Dit word osoon genoem, en behalwe vir die o-stap-
                                                 filtrasieproses waardeur ons water gesuiwer word, is dit
                                                 juis dit wat Oasis Water van ander water onderskei.
                                                 Osoon is ŉ “oorversadigde” vorm van suurstof. Dit word
                                                 ingespruit in elke druppel Oasis Water en stimuleer die
                                                 vorming van anti-oksidante, verbeter bloedsomloop en
                                                 reguleer die immuunstelsel.

                                                 Met meer as 100 franchises landwyd, waarom stel jy nie
                                                 die skoon, vars smaak van Oasis Water vandag op die
                                                 proef nie?

                                                 Vir jou naaste verskaffer of as jy nog inligting omtrent
                                                 ander produkte van die Oasis Watermaatskappy verlang,
                                                 besoek www.oasiswater.co.za of skakel 0861 762 747

 2.1    Wat is die “IETS” wat in die water is?                                                              (1)
 2.2    Noem TWEE voordele van die “IETS”.                                                                  (2)
 2.3    Noem EEN tegniek wat gebruik word om die “IETS” en “IN DIE WATER” uit te
        laat staan.                                                                                         (1)
 2.4    Daar is verskillende maniere hoe die verskaffer van die produk gekontak kan
        word. Skryf slegs EEN manier neer.                                                                  (1)
 2.5    Skryf in woorde: “80c/l”                                                                            (1)
 2.6    Wie het die advertensie geplaas?                                                                    (1)
                                                                                                            [7]
                                                                    TOTAAL AFDELING A:                      20

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                      AFRIKAANS HUISTAAL                              (NOVEMBER 2010)

AFDELING B:           OPSOMMING

VRAAG 3:       RUBRIEK

Lees die onderstaande berig uit die Jong Burger (30 Oktober 1995) aandagtig deur en voer
dan die opdrag uit.

VERDUIDELIK IN SEWE SINNE HOE LEERLINGE SE STREWE NA GEWILDHEID
HULLE KAN BENADEEL.

       Skryf jou SEWE sinne puntsgewys onder mekaar neer.
       Jy moet een sin oor elke feit skryf.
       Skryf sover moontlik in jou eie woorde.
       Jou opsomming mag nie meer as 80 woorde wees nie.
       Dui die getal woorde aan die einde van jou opsomming aan.
       Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 80 woorde skryf of as jy nie die getal woorde
        aandui nie.

Slaggate van die in-groep

Het jy al dikwels die gewilder leerlinge by jou skool beny en gewens dat jy deel van hul “in-
groepie” kan wees? As die antwoord ja is, lees gerus verder, want om deel van die “in-groepie” te
wees, het sy nadele.

Volgens ŉ kindersielkundige met wie Jong Burger gesels het, beland talle jong mense in hul
strewe om deel van die gewilde “in-groep” te wees in die verkeerde sirkels.
Van die probleme waarmee hulle gekonfronteer word, is dat hulle vriende maak met mense – nie
omdat hulle van die betrokke mens hou nie – maar omdat hulle voel hulle moet.

Talle bevind hulle weer in ongemaklike situasies met lede van die teenoorgestelde geslag, maar
om aanvaar te word, gaan hulle dikwels teen hul sin saam met die groep.
Sommige se skoolwerk ly daaronder. Omdat die ander lede van die groep skoolwerk as minder
belangrik ag, neem die nuwe lede ook daardie houding in.

Onder die kermende geneul van groepsdruk is sekere groeplede ook meer geneig om
byvoorbeeld met alkohol en dwelms te eksperimenteer.

Lede van die “in-groep” aan die verkeerde kant van die lyn kan mekaar só beïnvloed dat hulle ŉ
persoonlikheidsverandering ondergaan en dikwels twee verskillende mense kan wees – die
publieke persoonlikheid en die werklike persoonlikheid.

Om in te voel, wil die leerlinge ook ŉ kas duur klere – wat nes die res van die groep sŉ lyk – hê.
Omdat die ouers dit nie kan bekostig nie, veroorsaak dit konflik tussen ouer en kind. In die
meeste gevalle moet nuwe lede selfs al hul sakgeld op die groep spandeer ten einde
aanvaarbaar te wees. Hulle besef nie dat geld nie vriendskap kan koop nie.

                                           Verwerk en aangepas uit: Die Burger, 30 Oktober 1995

                                                                   TOTAAL AFDELING B:                10

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010)                       AFRIKAANS HUISTAAL                                   7
 AFDELING C:          POËSIE/GEDIG         (Ongesiene gedig)
 VRAAG 4
 Lees die onderstaande gedig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
        SLAAP         deur D.F. Malherbe
 1.     Wat is die slaap ŉ wondersoete ding!
 2.     Sag op haar bloue oë daal die vaak
 3.     soos maneskyn diep waterkuile raak
 4.     om daar te droom in silwer skemering.
 5.     Vir laas beef oor haar lippe ŉ fluistering:
 6.     “Nag, Pappie.” Ek merk hoe langsaam hy genaak,
 7.     wat drome soet tot werklikhede maak:
 8.     in vaderarms rus my lieweling.
 9.     Sluit so my oë, God, wanneer vir my
 10.    u Engel wenk ter laaste, lange rus
 11.    en ek van wilde woeling hier moet skei;
 12.    dat my dan stille drome huis toe sus
 13.    en sterke Hand deur duisternisse lei.
 14.    Sluit so my oë, God, as ek gaan rus.
 4.1    Wie is die spreker in die gedig? Motiveer jou antwoord met ŉ aanhaling uit die
        teks.                                                                             (2)
 4.2    Voltooi die onderstaande sin deur die korrekte antwoord te kies. Skryf slegs
        die vraagnommer en die korrekte letter (A – C) neer.
        Die hoofgedagte in versreëls 1 – 8 is ŉ beskrywing van hoe die spreker se dogter ...
        A.        na die maanskyn kyk.
        B.        aan die slaap raak.
        C.        oor die maanskyn droom.                                                 (1)
 4.3    Kies die korrekte antwoord:
        Die beeldspraakvorm wat in versreëls 2 en 3 voorkom, is ŉ ...
        A.        metafoor.
        B.        vergelyking.
        C.        personifikasie.                                                         (1)
 4.4    Daar kom ŉ duidelike verandering/wending in die gedig. Skryf die eerste
        VIER woorde neer waarmee hierdie verandering ingelei word.                        (1)
 4.5    Na watter soort “rus” word daar in versreëls 10 en 14 verwys?                     (1)
 4.6    Skryf die rymskema van die eerste vier versreëls neer en benoem ook die
        tipe rymskema.                                                                    (2)
 4.7    Wat is die funksie van die uitroepteken in versreël 1?                            (1)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 AFRIKAANS HUISTAAL                          (NOVEMBER 2010)

4.8   Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en jou antwoord
      neer.
             “en ek van wilde woeling hier moet skei”
      Die klankverskynsel wat in die bostaande versreël voorkom, is ŉ voorbeeld
      van (alliterasie/assonansie/paarrym).                                               (1)
                                                            TOTAAL AFDELING C:            10
AFDELING D:        TAAL IN KONTEKS
VRAAG 5
Lees die onderstaande teks deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
Koebaai Citi, viva die Vivo
1.    Volkswagen Suid-Afrika het vir die tweede keer in 25 jaar goedkeuring van sy
      moedermaatskappy verkry om ŉ unieke model vir Suid-Afrikaners te
      vervaardig.
2.    Die Polo Vivo mag effens duurder wees as die Citi, sy voorganger in die
      intreemark, maar die verwagting is dat dit steeds belangstelling sal wek –
      baie mense slyp al klaar hul tande vir die nuweling en kan nie wag dat hy sy
      opwagting maak nie.
3.    Geskoei op dieselfde sakemodel as die Citi, is die Vivo hoofsaaklik die ou
      model Polo met ŉ paar kostebesparings hier en daar.
4.    Dis ŉ Suid-Afrikaans vervaardigde motor wat deur Suid-Afrikaners vir die
      plaaslike mark ontwikkel is.
5.    En soos met die Citi, is dit onwaarskynlik dat die Vivo se “dop” enigsins gaan
      verander. Wat jy nou sien is wat jy waarskynlik reeds oor ŉ paar jaar gaan
      kry.
6.    Die ou Polo, waarop die Vivo geskoei is, is intussen deur ŉ nuwe Polo
      vervang en mnr. David Powels, besturende direkteur van Volkswagen, glo
      die nuwe Polo sal ondanks die goedkoper prys van die Vivo, skoonskip
      maak wat verkope betref.
7.    Powel voorspel dat mense na die motor as slegs Vivo sal verwys, terwyl Polo
      die Polo sal bly. Die Vivo-eienaar sal meer pryssensitief wees en goeie
      waarde vir geld soek, terwyl die Polo-koper weer ŉ heel ander profiel gaan
      hê.
8.    Powel sê dat dis onwaarskynlik dat die bekendmaking van die Vivo ŉ groot
      impak op die nuwe of die ou Polo se herverkoopwaarde sal hê. Die vraag is,
      het jy al ooit ŉ Polo besit? As die antwoord nee is, is die kans goed dat jy ŉ
      Vivo gaan verkies. Baie sal seker die mode volg.
9.    Mnr. Mike Von Hone van Transunion sê dat gebruikte Polos se verkope het
      vinnig gegroei in Duitsland verlede jaar. Hy sê dit gaan moeilik vir die nuwe
      Vivo wees om die Polo te klop.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010)                          AFRIKAANS HUISTAAL                                9

 5.1    Die onderstaande woorde is albei verkeerd gespel. Korrigeer dit soos
        aangedui tussen hakies.

        5.1.1 Polos (paragraaf 9)
              (Verbeter deur korrekte skryfteken.)                                        (1)

        5.1.2 Mnr. Mike Von Hone (paragraaf 9)

                  (Verbeter deur korrekte hoofletters.)                                   (1)

 5.2    Verklaar die betekenis van die idiomatiese uitdrukking in paragraaf 6:

        “skoonskip maak wat verkope betref”.                                              (1)

 5.3    Kyk na die woord “voorganger” in paragraaf 2.

        5.3.1       Dis die afgeleide persoonsnaam van die woord voorgaan. Skryf nou
                    die afgeleide persoonsnaam van die woord “motor” in paragraaf 4
                    neer.                                                                 (1)

        5.3.2       Gee ook die antoniem(woord met die teenoorgestelde betekenis)
                    van die woord “voorganger”.                                           (1)

 5.4    Gee die meervoud van die woord “mark” in paragraaf 4.                             (1)

 5.5    Bring die ontbrekende leesteken in die onderstaande sin aan:

        Wat jy nou sien is wat jy waarskynlik reeds oor ŉ paar jaar gaan kry.             (1)

 5.6    “… glo die nuwe Polo sal ondanks die goedkoper prys van die Vivo,
        skoonskip maak wat verkope betref.

        Skryf die onderstreepte woord met die korrekte aksentteken sodat die woord
        beklemtoon kan word.                                                              (1)

 5.7    “Die vraag is, het jy al ooit ŉ Polo besit?”

        Verander die onderstreepte gedeelte in die ontkennende vorm. Begin die sin
        soos volg:

        Het jy …                                                                          (1)

 5.8    Skryf die vergrotende trap van die woord “goed” in paragraaf 8 neer.              (1)

 5.9    Die woordorde in die onderstaande sin is nie korrek nie. Korrigeer dit deur die
        sin korrek oor te skryf.

        Mnr. Mike Von Hone van Transunion sê dat gebruikte Polos se verkope het
        vinnig gegroei in Duitsland verlede jaar.                                         (2)

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                  AFRIKAANS HUISTAAL                        (NOVEMBER 2010)

5.10   Lees die onderstaande grappie wat in die Rapport verskyn het deur en
       beantwoord dan die vrae wat volg:

       5.10.1   Benoem die onderstreepte sinsdele
                (voorwerp/gesegde/onderwerp/bywoordelike en byvoeglike
                bepalings):

                Ek het haar regtig nie geknyp nie.                                        (2)

       5.10.2   Skryf die onderstaande sin oor in die lydende vorm:

                Ek het haar regtig nie geknyp nie.                                        (2)

       5.10.3   Skryf die volgende sin oor in die indirekte rede:

                “Toe maar,” sê sy vrou, “ek weet jy het nie.”                             (2)

       5.10.4   Watter woordsoort is “gedagtes” in die tweede sin?                        (1)

       5.10.5   Gee die antoniem (teenoorgestelde betekenis) van die woord
                “blondine”.                                                               (1)

                                                              TOTAAL AFDELING D:          20

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010)                       AFRIKAANS HUISTAAL                                 11

 AFDELING E:                                              SKRYFWERK

 1.     Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ŉ OPSTEL van 250 – 300
        woorde.

 2.     Jy moet jou werk BEPLAN, REDIGEER en jou skryfstuk PROEFLEES. Die
        beplanning moet voor die skryfstuk gedoen word.

 3.     Dui jou beplanning duidelik aan met die woord BEPLANNING sodat daar nie
        verwarring kan ontstaan tussen jou beplanning en finale skryfstuk nie.

 4.     Nommer die skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 5.     Voorsien die skryfstuk van ŉ gepaste titel/opskrif.

        LET WEL: Die titel/opskrif word nie in aanmerking geneem as die woorde
                 getel word nie.

 6.     Skryf netjies en leesbaar.

 VRAAG 6

 6.1    Skryf ŉ opstel waarin jy vertel hoedat jou geheue jou in die steek gelaat het
        en jou in ŉ lelike verleentheid geplaas het.

                                                                                        [40]

                                              OF

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  AFRIKAANS HUISTAAL                         (NOVEMBER 2010)

6.2   Skryf ŉ opstel waarin jy vertel van een van jou ouers se onkunde ten opsigte
      van die nuwe tegnologiese toestelle. Hierdie toestel kan enige iets wees bv.
      ŉ selfoon, mikrogolfoond ens.

                                                                                         [40]

                                           OF

6.3   dis mos iets om oor te jubel !!!                                                   [40]

                                           OF

6.4   Daar sal ek graag wil woon …                                                       [40]

                                           OF

6.5   Gebruik die volgende visuele prikkel en besluit self wat die tema van jou
      opstel moet wees.

      ONTHOU!!! Die opstel moet oor iets handel wat jy in die prentjie sien.

                                                                                         [40]

                                                            TOTAAL AFDELING E:             40

                                                                  GROOTTOTAAL:            100

## Related documents

- [Afr EAT Gr 9 Nov 2010](https://www.hlayiso.com/library/afr-eat-gr-9-nov-2010/6e164d30-f19e-486c-93e6-33bf963a8a21) — Mathematics · QP · 2010 · Afr
- [English FAL Gr 9 Nov 2010](https://www.hlayiso.com/library/english-fal-gr-9-nov-2010/85a93eda-ab9c-4574-9430-c1ef5f3151f7) — Mathematics · QP · 2010 · Eng
- [ERRATA-memo-MATHEMATICS GRADE 9-final2](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-mathematics-2010-november-ec-memorandum/e869ab21-e687-4cea-9eaa-ebddab1f798e) — Mathematics · Memo · 2010
- [Gr 9 MEMOAfr MATH-Kanes](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-mathematics-2010-november-ec-memorandum/9bba34e8-ed16-475b-b706-972e4ef81edf) — Mathematics · Memo · 2010
- [MATHS QP GR9 NOV2019 EngD](https://www.hlayiso.com/library/maths-qp-gr9-nov2019-engd/c0f3caac-f681-4ede-8844-1f50c9eb56c4) — Mathematics · QP · 2019
- [MATHS QP GR9 NOV 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-qp-gr9-nov-2018-afrikaans/ea699aa0-0905-4006-a56f-199d25fa05dc) — Mathematics · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 9 Mathematics

- [CAPS SP MATHEMATICS GR 7-9](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-mathematics-gr-7-9/ff259c2b-5f3b-46f9-ae34-66dd08358bbe) — CAPS · Eng
- [Grade 9 Mathematics P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-mathematics-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2/5fbec12a-33f0-47a8-bdc2-65573d99d0db) — Memo · 2026 · Eng
- [FS Maths Grade 9 MOCK November 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-maths-grade-9-mock-november-2025-p2-and-memo/411ff601-2320-4073-a074-74427663bad7) — QP + Memo · 2025
- [KZN Zululand Maths Grade 9 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-zululand-maths-grade-9-march-2025-qp-and-memo/a5d0e368-52a3-4816-b3aa-3597ee4f5a9f) — QP + Memo · 2025
- [Maths Grade 9 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/maths-grade-9-june-2025-qp-and-memo/1c92dc3a-8522-46ea-9bc2-251685906fd8) — QP + Memo · 2025
- [Grade 9 formal test 2024 memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-formal-test-2024-memo/46db1a9d-b9d3-4f68-b6a9-2931fa2f8fc3) — Memo · 2024

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
