# Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2016 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2016, 7 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-ht-p1-memo/651fcdb0-5dcb-4e6c-a31b-2bcef5af52e9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afr-ht-p1-memo/651fcdb0-5dcb-4e6c-a31b-2bcef5af52e9)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Memorandum, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                        GRAAD 12

                   SEPTEMBER 2016

              AFRIKAANS HUISTAAL V1
                  MEMORANDUM

PUNTE:   70

              Hierdie memorandum bestaan uit 7 bladsye.

### Page 2

2                                      AFRIKAANS HUISTAAL V1                      (EC/SEPTEMBER 2016)

AFDELING A:              LEESBEGRIP

VRAAG 1

Nasien van die leesbegrip:

      Spelfoute in een-woord-antwoorde word by Huistaal gepenaliseer.
      Spel- en taalfoute in langer antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die fokus op
      begrip is.
      FEIT/MENING en ŉ punt vir die rede/motivering/aanhaling.
      Vir vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
      aanhalingstekens ontbreek nie.
      Waar een-woord-antwoorde gevra word en die kandidaat ŉ volsin gee, is dit korrek mits
      die korrekte woord onderstreep word of op een of ander wyse uitgelig word.
      Wanneer twee, drie of vier feite/punte vereis word en die kandidaat gee ŉ hele reeks,
      word slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
      Indien die kandidaat woorde uit ŉ ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel
      verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die
      vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde
      woord in die antwoord vereis word, word dit aanvaar.
      Aanvaar dialektiese variasies.
      Vir meervoudigekeuse-vrae word BEIDE die letter aanvaar EN die korrekte antwoord
      wat ten volle uitgeskryf is.

Vraag     Antwoord                                                                                 Punt
1.1       Afgerig dui op papegaai-leerwerk. Met ander woorde die onderwyser leer die
          leerders die antwoorde op die vrae wat gevra gaan word.
          Onderrig dui op leerders wat leer wat hoëvlakvaardighede benodig.
          (Enige antwoord wat duidelik die verskil tussen die twee woord-betekenisse aandui)
          Beide moet aangedui word vir een punt.                                                    (1)
1.2       Deur leerders aanhoudend te toets, sal nie die onderwysprobleme in Suid-Afrika laat
          verdwyn nie.
                                                      EN
          dus sal dit nie baat om leerders af te rig vir ŉ toets/eksamen en te hoop dat die
          onderwysprobleme sal verdwyn nie.                                                         (2)
1.3       Sadou sê dat dit te duur gaan kos (veral omdat daar nog skole is sonder basiese
          geriewe.)                                                                                 (1)
1.4       Assessering is daarop gemik om leerders se lees- en syfervaardighede op die regte
          vlak vir hul ouderdomsgroep te kry/om onderrig te verbeter/om kurrikulum en leer-
          omstandighede te verbeter/waardevolle data vir remediërende aksies in te samel/of
          leerders na die volgende graad kan vorder.                      (Enige 3 van bogenoemde) (3)
1.5       Nee, ek stem nie saam nie.
          Slegs 11% van graad 9-leerders het verlede jaar die Wiskundevraestel van ANA’s
          geslaag.
                                                      OF
          Ja, met eie motivering.                                                                   (1)

    Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2016)                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                                         3

 1.6      Daar is groot probleme in die stelsel wat kundiges bekommerd het.                           (1)
 1.7      Nee, sy siening is nie bevooroordeeld nie aangesien dit op navorsing
          geskoei/gebaseer is                                                                         (1)
 1.8      Toetse word elke jaar verskillend opgestel √/wat dit onmoontlik maak om geldige
          afleidings/of tussen verskillende graadgroepe en jare te maak. √                            (2)
 1.9      Feit
          “Navorsing wêreldwyd dui dit aan.”                                                          (2)
 1.10     Meer leerders kan tersiêre onderwys bereik, √/maar die kwaliteit voornemende
          studente neem af/skiet te kort. √/Navorsings-, ontledings-, skryfvaardighede en
          eksperimentering neem af. √                                                                 (3)
 1.11     Ja, ek stem saam, want onderwysers is onder geweldige druk oor slaagsyfers van
          gestandaardiseerde toetse.
                                                    OF
          Nee, ek dink onderwysers is swak opgelei/doen nie genoeg moeite met die leerders
          nie.                                                                                        (1)
 1.12     Australië se stelsel berus op minder toetse. √
          Hulle steun op dit wat leerders kan doen eerder as “punte” behaal in toetse. √

          Brittanje se onderwysstandaaarde het geweldig agteruitgegaan as gevolg van hul
          obsessie met toetsing √ en die klem op voorbereiding vir toetse. √                          (4)
 1.13     Finland plaas die klem op die leerder wat ondersteun word/die onderwyser se rol is
          prominent en word bemagtig en erken./
          Hulle lewer toppresteerders in internasionale toetse./
          Hulle fokus op kreatiewe denke, wetenskap en tegnologie.                 (Enige 2)          (2)
 1.14     Voortdurende toetsing verseker nie beter resultate nie.                                     (1)

 TEKS 2: SPOTPRENT
 1.15  Dit beklemtoon die sogenaamde “prestasie” - eerste van die laaste sewe!”                       (1)
 1.16  Gewoonlik kry die top-presteerders pryse, √ terwyl dit hier die teenoorgestelde is: die
       sewe laastes/swakste presteerders word hier beloon. √                                          (2)
 1.17  Die spotprent lewer kommentaar op die feit dat S.A. se onderwysstandaard so swak
       is/terwyl Teks 1 die feite beklemtoon deur die nodige navorsing en probleme deeglik
       uit te lig.                                                                                    (2)

                                                                     TOTAAL AFDELING A:               30

   Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

4                                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                      (EC/SEPTEMBER 2016)

AFDELING B:              OPSOMMING

VRAAG 2

Nasien van die opsomming:

     Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van ŉ opskrif/titel te
     voorsien nie.
     Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne kan skryf.
     Kandidate moet die opsomming in die vereiste formaat aanbied./Opsommings in die verkeerde
     formaat word geassesseer, maar leerders verloor 1 punt vir aanbieding in die verkeerde
     formaat.
     Slegs feite wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
     Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie, word die eerste
     opsomming nagesien.
     Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.

     Punte word soos volg toegeken vir HT:
     o 7 punte vir 7 feite
     o 3 punte vir taal

     Verspreiding van punte vir taal:
     o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe.
     o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe.
     o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe.

     Penaliseer soos volg:
       Indien die opsomming te lank is, word daar slegs 5 ekstra woorde toegelaat. Die res van
       die opsomming word geïgnoreer.
       Indien die opsomming te kort is, maar dit bevat al die vereiste inligting, word die kandidaat
       nie gepenaliseer nie.

LET WEL:        Kandidate mag nie afkortings gebruik in hul opsommings nie, maar indien dit in
                die opsomming voorkom, word elke afkorting getel volgens die getal woorde
                wat dit voorstel.

Antwoord: Die volgende feite MOET in PARAGRAAFVORM aangebied word.

    Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2016)                      AFRIKAANS HUISTAAL V1                                       5

Aanhalings uit die teks:                        Eie woorde:

    Oogkundiges beveel ondersoeke elke            Laat ondersoek jou oë deur ŉ oogkundige
    twee jaar aan.                                minstens elke twee jaar.

    Eet dus gereeld groen blaargroentes.          Sorg dat jy gereeld voedingstowwe soos
                                                  omega 3-vetsure, ens. inneem.

    Rook verhoog jou kanse om katarakte,          Moenie rook nie, want dit kan jou oë
    skade aan die optiese senuwee en              beskadig.
    makulêre degenerasie te kry.

    Goeie sonbrille help jou oë teen die          Dra ŉ goeie sonbril om jou oë te beskerm.
    skadelike ultravioletstrale van die son
    beskerm.

    As jy sport beoefen waarin jou oë kan         Beskerm jou oë as jy gevaarlike sport
    seerkry of in ’n plek werk waar skadelike     beoefen of as jy met skadelike stowwe
    stowwe in jou oë kan beland, moet jy ’n       werk.
    beskermende bril dra.

    As jy te lank na jou rekenaarskerm            Vermy lig op jou rekenaarskerm of kry ŉ
    staar, .... Probeer lig op jou skerm          spesiale skerm.
    vermy of gebruik ŉ spesiale skerm.

    Knip jou oë meer gereeld as dit droog         Knip jou oë gereeld as dit droog voel.
    voel.
                                                                                (65 woorde)

Besoek elke twee jaar ŉ oogkundige vir ŉ goeie ondersoek. Jy moet beslis omega-3 vetsure
inneem en ook nie rook nie. As jy sport beoefen, beskerm jou oë met ŉ goeie bril teen
skadelike stowwe. Vermy lig op jou rekenaarskerm en knip jou oë gereeld om droogheid te
voorkom.

                                                                    TOTAAL AFDELING B:               10

   Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

6                                          AFRIKAANS HUISTAAL V1                      (EC/SEPTEMBER 2016)

    AFDELING C:            TAAL

    Nasien van hierdie afdeling:

          Spelling:
              Een-woord-antwoorde word verkeerd gemerk as die spelling verkeerd is.
              In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die fout in die
              taalstruktuur getoets word.
              Waar ŉ afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
           Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word soos in
           die instruksie aangedui.
           Waar direkte en indirekte rede en punktuasie getoets word, mag ½ punte toegeken
           word.

    VRAAG 3: ADVERTENSIE

    Vraag Antwoord                                                                                      Punt
    3.1       Dié of DIE                                                                                 (1)
    3.2       Puin
              Die rommel en stene na ŉ aardbewing word puin genoem en dui die krag van die
              natuur aan./Die huis is in puin gelê na die aardbewing.                                       (1)
    3.3       Skoolverlaters/voornemende studente/entrepreneurs                                             (1)
    3.4       Voete spring/gee ŉ tree na drome/sluit aan by “net ŉ tree weg”                                (1)
    3.5       Die net waarin ek die vis wil vang, is stukkend./
              Sy het ŉ net om haar hare netjies te hou./
              Die net van leuens span al stywer om hom./
              Slaan die bal oor die net.                                                                    (1)
    3.6       Weë                                                                                           (1)
    3.7       (Om te) kom                                                                                   (1)
    3.8       Mening
              Drome is nie bewysbaar nie.                                                                   (1)
    3.9       Ly
              Ly aan ŉ gebroke hart/siekte.                                                                 (1)
    3.10      Verskillende lettergroottes/donker gedrukte woorde maak die woorde maklik
              leesbaar/beklemtoon die advertensie.                                                       (1)
                                                                                                        [10]

     Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2016)                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                                       7

 VRAAG 4: STROKIES

 Vraag Antwoord                                                                              Punt
 4.1   Ma, ek het (vreeslik/gister/moontlik/dalk) aangejaag.
       Of ander soortgelyke antwoorde van die kandidaat.                                         (1)
 4.2   Oorgang/gedagte onvoltooid                                                                (1)
 4.3   benodig                                                                                   (1)
 4.4   Wel, ...                                                                                  (1)
 4.5   Sy (ma) vra of hy met haar kredietkaart huiswerk op die internet gekoop het./
       Sy (ma)/Die ma vra het hy huiswerk ... gekoop.                                            (1)
 4.6   kul/fop/verneuk/skelm/korrup                                                              (1)
 4.7   Sy is ontsteld/geskok/verstom/kwaad/heftig/ontstoke.                                      (1)
 4.8   Hy het verwag dat hy beter punte sou behaal aangesien hy sy huiswerk van die
       internet af gedoen het./
       ...hy betaal het daarvoor.                                                                (1)
 4.9   Vertroueling                                                                              (1)
 4.10 Hy is vertrou en was nie die vertroue waardig nie /
       Hy is die skelm en kan dus nie vertrou word nie./
       Sy ouers voel hulle kan hom nie meer vertrou na sy bekentenis nie.                     (1)
                                                                                             [10]

 VRAAG 5: RUBRIEK

 Vraag Antwoord                                                                              Punt
 5.1   Uniforme voorkoms/tarief/reëling/salarisskaal/optrede                                  (1)
 5.2   Europeërs/Europeane                                                                    (1)
 5.3   Kersboom                                                                               (1)
 5.4   sestienjarige                                                                          (1)
 5.5   Modefoute/modebelaglikhede/modeblapse/dom modekeuses                                   (1)
 5.6   tittewytende                                                                           (1)
 5.7   Konnotatief√
       Ouers sal nie werklik waansinnig, “mal” raak nie. √                                       (2)
 5.8   Saamgestelde sin √
       Meer as 1 gesegde kom voor √/ OF
       Daar is ŉ hoofsin sowel as ŉ bysin √                                                   (2)
                                                                                             [10]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:              30
                                                                     GROOTTOTAAL:                70

   Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [Afr HT P1](https://www.hlayiso.com/library/afr-ht-p1/1dd0eb5c-863e-4c01-b203-984c13b8b5b9) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [AFRHL P2 GR12 MEMO SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-memo-sept2016/8657ec72-28f4-469c-8606-6601e803e286) — Afrikaans HL · Memo · 2016
- [AFRHL P3 S16 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-s16-memo-afr/bd248ba7-1913-473f-bbee-f0a53bd4790f) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2016-memo/f5c157e4-66bd-4457-8073-3afef745981a) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2016-memo/ec5253b7-0b0a-4d47-8896-0899c013fb83) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [AFRHL P1 MEMO SEPT2017](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-memo-sept2017/12a4ae65-a5fc-4fbd-9c41-7e87a5659a99) — Afrikaans HL · Memo · 2017

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
