# Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016, 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afr-ht-p1/1dd0eb5c-863e-4c01-b203-984c13b8b5b9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-ht-p1/1dd0eb5c-863e-4c01-b203-984c13b8b5b9)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2016

                 AFRIKAANS HUISTAAL V1

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                             *AFRHL1*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

2                                        AFRIKAANS HUISTAAL V1              (EC/SEPTEMBER 2016)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

       AFDELING A: LEESBEGRIP                 (30)
       AFDELING B: OPSOMMING                  (10)
       AFDELING C: TAAL                       (30)

2.     Lees ALLE instruksies noukeurig deur.

3.     Beantwoord AL die vrae.

4.     Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.     Trek ŉ streep na elke afdeling.

6.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

7.     Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

8.     Skryf netjies en leesbaar.

9.     Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

    Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2016)                        AFRIKAANS HUISTAAL V1                                          3

 AFDELING A:              LEESBEGRIP

 VRAAG 1

 Lees en kyk na die onderstaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg.

 TEKS 1: ARTIKEL

                                 Afgerig of onderrig?
 Voortdurende toetsing is nie die oplossing vir Suid-Afrika se onderwysprobleme nie, skryf
 Michael le Cordeur.

 1      Daar heers ŉ vurige debat oor die Departement van Basiese Onderwys se jaarlikse
        nasionale assesseringstoetse (ANA’s). Vanjaar is alle leerders van gr.1 tot gr.9
        veronderstel om die toetse te skryf.

 2      Volgens die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (SADOU) gaan dit
        minstens 200 miljoen rand kos. SADOU meen dat as in gedagte gehou word dat
        sommige skole nog puttoilette het, is dit ŉ vermorsing van geld. Die toetse is uiteindelik
        uitgestel.

 3      Die ANA-toetse is in 2011 begin as ŉ strategie van dié departement om teen 2014
        minstens 60% van die land se leerders se lees- en syfervaardighede op die regte peil
        vir hul ouderdomsgroep te kry. SADOU (en ander vakbonde) meen dat die toetse net
        elke drie jaar afgelê moet word. “Ons wil nie die toetse heeltemal afskaf nie, maar dit is
        nie nodig om dit elke jaar te skryf nie. Gebruik daardie geld om onderwysers op te lei,”
        is SADOU se mening.

 4      Assessering vorm ŉ integrale deel van onderrig en leer. Dis nie net ŉ manier om
        leerders se prestasie te meet nie. Die uiteindelike doel van assessering is die
        verbetering van onderrig, die kurrikulum en die omstandighede waaronder leerders
        moet leer. Assessering bied ook waardevolle data wat as basis dien vir remediërende
        aksies, terwyl dit ook gebruik word om te besluit of dit in leerders se belang is om hulle
        terug te hou of hulle na die volgende graad te bevorder.

 5      Assessering is sinoniem met doeltreffende onderrig - is dit ŉ gegewe in Suid-Afrika?
        Minder as 11% van die gr.9-leerders het verlede jaar die Wiskundevraestel van die
        ANA’s geslaag.

 6      Navorsers erken ruiterlik dat die ANA-uitslae geen sin maak nie. “Hoewel die resultate
        van die toetse waardevolle data gee, is daar baie slaggate in die stelsel wat ons
        bekommerd maak,” het prof. H. Venkatakrishnan van die Universiteit van die
        Witwatersrand gesê. “Die ANA-toetse bied nie vir ons die insigte wat ons nodig het om
        probleme in die onderwysstelsel op te los nie,” was prof. S. van der Berg van die
        Universiteit Stellenbosch se mening. Die vernaamste probleem is die standaardisering
        van die toetse. Toetse word jaarliks verskillend opgestel en daarom is dit onmoontlik
        om geldige afleidings tussen graadgroepe en oor verskillende jare te maak.

     Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

4                                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                         (EC/SEPTEMBER 2016)

7      Deur skole te dwing om hul geletterdheidsyfer te verhoog, het baie meer leerders
       hoërskool en selfs tersiêre onderwys bereik. Maar navorsing wêreldwyd dui daarop dat
       die jaarlikse gestandaardiseerde toetse tot ŉ afname in kreatiwiteit, innovasie en
       individualiteit by leerders gelei het. Dit beklemtoon slegs die vaardighede benodig vir
       toetse soos meervoudige vrae, ten koste van navorsings-, ontledings-,
       skryfvaardighede en eksperimentering wat juis nodig is om groot denkers, goeie leiers,
       briljante universiteitstudente en gewaardeerde werknemers te kweek.

8      Toetse en punte in ons skole het ŉ obsessie geword. Nie alles wat die moeite werd is
       om te onderrig, hoef altyd gemeet te word nie. Hoe meet jy die opoffering van ŉ
       onderwyser wat in ŉ diverse klaskamer kop bo water moet hou? Gestandaardiseerde
       toetse diskrimineer teenoor die meeste skole wat daagliks worstel om kop bo water te
       hou. Skole, distrikte en onderwysers is onder druk van die Onderwysdepartement om
       hul slaagsyfer in gestandaardiseerde toetse te verhoog omdat Suid-Afrikaanse leerders
       byna heel laaste in die ry staan. Dus word onderwysers gedwing om “die toets te
       onderrig”.

9      In Australië is die stelsel aangepas sodat dit minder toetse behels. Die stelsel steun op
       wat leerders in staat is om te doen eerder as die “punte” wat in toetse behaal is. In
       Brittanje het onderwysstandaarde met rasse skrede agteruitgegaan weens die Britte se
       obsessie met toetsing. Leerders is dikwels net besig met uitgewerkte memoranda wat
       hulle vir toetse voorberei.

10     Finland het vandag die suksesvolste onderwysstelsel in die wêreld. Finse leerders is
       gereeld onder die toppresteerders in internasionale toetse. Alle leerders ontvang
       daagliks ŉ gratis maaltyd, gratis gesondheidsorg, vervoer, leermateriaal en berading by
       die skool om ŉ omgewing te skep wat bevorderlik is vir leer. Die fokus is op wetenskap,
       tegnologie, innovasie en kreatiewe denke. Die Finse stelsel belê in die kapasiteit van
       hul skole en hul onderwysers. Die onderwyser is die kern van die opvoeding. Dus is die
       bemagtiging en erkenning van hul rol as professionele opvoedkundiges die spil
       waarom alles draai – en die vernaamste rede vir die Finse sukses.

11     Die oplossing vir Suid-Afrika se onderwysprobleem lê myns insiens nie by meer toetse
       en eksamens nie. As ons aanvaar onderwysers is die sleutel tot ŉ suksesvolle
       onderwysstelsel, moet ons alles in ons vermoëns doen om hul doeltreffendheid te
       verhoog. Ons moet onderwysers intensief oplei, en heroplei en hulle die geleentheid
       gee om hul vaardighede deur middel van studieverlof en beurse te verbeter.

12     Ons behoort leerders slegs aan die einde van elke fase te toets: in die grade 3, 6 en 9.
       Dit bied die departement en distrikskantore twee jaar tussen elke fase om die uitslae te
       ontleed en gepaste intervensieprogramme te ontwerp en in werking te stel voordat die
       leerders weer getoets word.

13     Om voortdurend die varkie te weeg, laat hom nie groei nie. Hy benodig ook gesonde
       voeding.

14     As ons leerders toets net ter wille van toetsing, gaan hulle nie vorder nie – hulle
       benodig ook gebalanseerde onderrig.
                                                       [Aangepas uit: Die Burger, 17 September 2015]

    Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2016)                       AFRIKAANS HUISTAAL V1                                           5

 1.1      Na aanleiding van die leesstuk, verduidelik die teenstrydigheid in die opskrif.                 (1)

 1.2      Wat is die implikasie van die subopskrif EN verduidelik hoe dit aansluit by die titel.          (2)

 1.3      Noem die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie se kritiek op die jaarlikse
          assesseringstoetse.                                                                             (1)

 1.4      Waarom word assessering as noodsaaklik geag?                                                    (3)

 1.5      Herlees die eerste sin van paragraaf 5. Stem jy saam? Motiveer jou antwoord.                    (1)

 1.6      Verduidelik die uitdrukking in die tweede sin van paragraaf 6.                                  (1)

 1.7      Kan prof. Venkatakrishnan se siening in paragraaf 6 as bevooroordeeld beskou
          word? Motiveer jou antwoord.                                                                    (1)

 1.8      Verduidelik die oorsaak van die kritiek jeens hierdie toetse.                                   (2)

 1.9      Jaarlikse gestandaardiseerde toetse lei tot ŉ afname in kreatiwiteit by leerders. Is dit
          ŉ feit of ŉ mening? Motiveer jou standpunt.                                                     (2)

 1.10     Watter afleiding kan jy maak uit paragraaf 7 oor die toename in kwaliteit van
          universiteitstudente en noem wat benodig word om briljante universiteitstudente te
          wees.                                                                                           (3)

 1.11     Stem jy saam met die skrywer se standpunte in paragraaf 8? Motiveer kortliks.                   (1)

 1.12     Vergelyk Australië en Brittanje se onderwysstelsels met mekaar.                                 (4)

 1.13     Wat veroorsaak dat Finland se onderwysstelsel só suksesvol is?                                  (2)

 1.14     Verduidelik die betekenis van paragraaf 13.                                                     (1)

                                                    EN

   Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

6                                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                   (EC/SEPTEMBER 2016)

TEKS 2: SPOTPRENT

            Die volgende woorde verskyn in die spotprent:

            SA HET 8ste UIT 14 AFRIKA-LANDE GEKOM IN ŉ STUDIE OOR DIE GEHALTE VAN
            ONDERWYS IN LAERSKOLE.

            BAIE GELUK! JY STAAN EERSTE... UIT DIE LAASTE SEWE.

            WELKOM BY PRYSAAND

1.15      Waarom word daar vetgedrukte woorde in die spraakborrel gebruik?                          (1)

1.16      Verduidelik die ironie in die woorde van die prys-aankondiger.                            (2)

1.17      Op watter wyse sluit die spotprent se inhoud by Teks 1 aan?                               (2)

                                                                      TOTAAL AFDELING A:            30

    Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2016)                      AFRIKAANS HUISTAAL V1                                            7

 AFDELING B:            OPSOMMING

 VRAAG 2

      Lees die onderstaande teks en maak ŉ opsomming van sewe wenke wat jy kan doen om
      jou oë te beskerm.
      Jou opsomming moet in jou eie woorde in ŉ duidelike, sinvolle paragraaf aangebied word en
      mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
      Moenie jou opsomming ŉ titel gee nie.
      Dui die getal woorde wat jy gebruik het, aan.

                                      FOKUS OP JOU OË

 Jou oë is so uniek soos jy en het hul eie “vingerafdruk”.

 As jy eers jou sig verloor, kan dit dalk nooit weer herstel nie. Goeie visie verseker beter
 lewensgehalte. Hoe vroeër ŉ probleem gediagnoseer word, hoe beter is die kanse vir
 suksesvolle behandeling.

 Oogkundiges beveel ondersoeke elke twee jaar aan. In sommige gevalle word mense
 aangeraai om hul oë meer gereeld te laat ondersoek. Daar word gekyk na jou oë se
 algehele gesondheid, beserings, abnormaliteite en vroeë tekens van oogkwale.
 Oogkundiges toets ook of jou oë as ŉ span saamwerk.

 Voedingstowwe soos omega 3-vetsure, luteïen, sink en vitamien C en E help om
 ouderdomverwante oogprobleme te stuit. Eet dus gereeld groen blaargroentes soos spinasie
 en kool. Salm, tuna en olierige vis, sowel as eiers, neute, sitrusvrugte en ander proteïene
 word ook aanbeveel. Volg ŉ gebalanseerde dieet wat jou gewig beheer sodat jy nie siektes
 kry wat met vetsug verband hou soos diabetes nie.

 Rook verhoog jou kanse om katarakte, skade aan die optiese senuwee en makulêre
 degenerasie te kry.

 Goeie sonbrille help jou oë teen die skadelike ultravioletstrale van die son te beskerm. Kies
 sonbrille wat 99-100% van UVA- sowel as UVB-strale blokkeer. ŉ Bril wat effens om die
 gesig vou, keer ook skade van die kant af. As jy sport beoefen waarin jou oë kan seerkry of
 in ŉ plek werk waar skadelike stowwe in jou oë kan beland, moet jy ŉ beskermende bril dra.

 As jy te lank na jou rekenaarskerm staar, kan dit jou oë strem en dowwe sig veroorsaak. Jy
 sukkel om ver te fokus, jou oë kan uitdroog en jy kan kopsere en pyn in die nek en skouers
 ondervind. Maak seker jou bril of kontaklense is vir rekenaargebruik aangepas. Probeer lig
 op jou skerm vermy of gebruik ŉ spesiale skerm wat dit verminder.

 Kry ŉ gemaklike stoel en sit met jou voete plat op die vloer. Om droë oë te voorkom, behoort
 jy jou oë meer gereeld te knip en te ontspan. Knip jou oë meer gereeld as dit droog voel.
 Ontspan jou oë vir elke 20 minute deur vir 20 sekondes ver te fokus. Staan gereeld op en
 rus. As jy dít alles getrou nakom, sal jy die “wortel ŉ dag laat jou oë lag”-mite nek inslaan.
                                                        [Aangepas uit: Vrouekeur, 25 September 2015]

                                                                        TOTAAL AFDELING B:                10

   Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

8                                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                     (EC/SEPTEMBER 2016)

AFDELING C:              TAAL

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Bestudeer die advertensie en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                                  1

                                                                                  2

                                                                                  3
                                                                                  4
                                                                                  5
                                                                                  6
                                                                                  7

                                                                                  8
                                                                                  9

                                                                                  10

                                                                                  11

                                                                                  12
                                                                                  13
                                                                                  14
                                                                                  15

Die volgende woorde verskyn in die advertensie:
1 Hierdie voete 2 verstaan dat pyn 3 maar net 4 ŉ klein 5 deeltjie is 6 in die sprong na
7 die sterre. 8 Na daar 9 waar drome 10 net ŉ tree 11 weg is.
12 Waarheen jou drome 13 jou ook al mag lei, 14 ons sal jou help 15 om daar uit te kom.

    Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2016)                       AFRIKAANS HUISTAAL V1                                          9

 3.1      Vervang die aanwysende voornaamwoord in reël 1 met ŉ ander woord sodat dit
          steeds dieselfde betekenis sal oordra.                                                         (1)

 3.2      Verduidelik hoe die onderstreepte woord in reël 2 verander indien dit oorrond word.            (1)

 3.3      Wie is die teikenmark van hierdie advertensie?                                                 (1)

 3.4      Hoe sluit die visuele voorstelling by die inhoud van die teks aan?                             (1)

 3.5      Gebruik die onderstreepte bywoord in reël 10 as ŉ selfstandige naamwoord en
          gebruik dit in ŉ verklarende sin.                                                              (1)

 3.6      Gee die meervoudsvorm van die onderstreepte woord in reël 11.                                  (1)

 3.7      Skryf die infinitiewe vorm uit reël 12–15 neer.                                                (1)

 3.8      Waarheen jou drome jou ook al mag lei, ons sal jou help om daar uit te kom.
          Hoekom is die stelling ŉ mening?                                                               (1)

 3.9      Gebruik die homofoon van lei in reël 13 en skryf dit in ŉ duidelik verklarende sin.            (1)

 3.10     Gee ŉ rede waarom die gebruik van die lettertipe van hierdie advertensie
          funksioneel is.                                                                             (1)
                                                                                                     [10]

   Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

10                                                AFRIKAANS HUISTAAL V1                                    (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 4: STROKIES

Die onderstaande vrae is op die strokies gebaseer:

                    1                                  2                                         3
     Ma, ek het                          Onthou Ma verlede maand
     aangejaag…                                                                        Wel ek het soort van ŉ
                                         toe ek so ŉ klomp huiswerk                 wonder-rekenaar aangewend.
                               O?                gehad het…
                 …dalk

                                                           … en ek gesê het ek                         Vertel my
                                                           gaan ‘n wonderwerk                           meer…
                                                           nodig hê om klaar te
                                                                   kry?

                    4                                  5                                         6
                                                Jeremy, dis                          En ek het
         Jy het met my kredietkaart
                                              soooo verkeerd!                        net ŉ C+        Het ek dom
      huiswerk op die internet gekoop?
                                                                                      gekry.          genoem?
                                                             Dis kroek! Dis
                                                           diefstal en uiters
                                                                 dom!

                    7                                  8                                         9
           Hier is dit...              Ek kan nie glo die webwerf waar ek my            Niemand      Dis presies
     onsdoenjouhuiswerk.com                 huiswerk gekoop het, het julle              kan meer     wat ons nou
                                    kredietkaartbesonderhede gesteel en bedrog           vertrou      net gedink
                    Goeiste!                    daarmee gepleeg nie!                    word nie.        het.

                                                                                [Uit: Die Burger, 28 Oktober 2013]

     Kopiereg voorbehou                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2016)                       AFRIKAANS HUISTAAL V1                                    11

 4.1      Brei die gesegde van die eerste sin in raampie 1 uit deur ŉ bywoordelike bepaling te
          gebruik. Skryf slegs die bywoordelike bepaling neer.                                          (1)

 4.2      Wat is die funksie van die ellips in die eerste sin in raampie 2?                             (1)

 4.3      Vorm ŉ werkwoord van “nodig” in raampie 2.                                                    (1)

 4.4      Voeg die ontbrekende leesteken in die eerste sin in raampie 3 in.                             (1)

 4.5      Herskryf die sin in raampie 4 na die indirekte rede.                                          (1)

 4.6      Gee ŉ suiwer Afrikaanse woord vir die woord “kroek” in raampie 5.                             (1)

 4.7      Wat kan jy uit die spreker se lyftaal in raampie 5 oor haar emosies aflei?                    (1)

 4.8      Kyk na raampie 6 en lees dit weer. Watter implisiete boodskap word deur die seun
          oorgedra?                                                                                     (1)

 4.9      Verander die woord “vertrou” in raampie 9 na ŉ persoonsnaam.                                  (1)

 4.10     Verklaar die ironie in raampie 9.                                                          (1)
                                                                                                    [10]

   Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

12                                      AFRIKAANS HUISTAAL V1                       (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 5: RUBRIEK
Beantwoord die vrae wat op die teks gebaseer is.

                                        Ode aan ŉ uniform
1          Een van die lekkerste dinge van kinders grootmaak in Europa, het ek tot taamlik
           onlangs gedink, is dat hulle nooit ŉ skooluniform hoef te dra nie. Ek was op my dae
           in vyf verskillende skole, met vyf verskillende uniforms, en ek het elkeen van daardie
           uniforms op ŉ verskillende manier gehaat.
2          Noudat my sestienjarige seun elke oggend voor skool die badkamer beset om sy lyf
           soos ŉ kersboom te versier smag ek soms na die goeie, ou skooluniforms van my
           jeugjare. Die lewe is soveel makliker as jy elke oggend wéét wat jy moet aantrek.
3          Uniforms bespaar tyd, beskerm jou teen modeflaters en moedig gesonde
           gesinsverhoudinge aan. (Ongelooflik hoe beduiweld die res van die gesin kan word
           as die badkamerspieël elke oggend deur ŉ ‘tittewytende” tiener oorgeneem word!)
           En dan praat ons nie eens van die geld wat gespaar word nie. Elke Suid-Afrikaanse
           ouer weet hoe duur skooluniforms kan wees, maar kinders wat nie skooluniforms
           dra nie, word elke dag meer onbekostigbaar vir ouers.
4          Ons kinders het ŉ obsessie met handelsmerke wat enige ouer tot waansin of
           bankrotskap (of soms albei) kan dryf. As jy my vra, is dit absurd om
           klerevervaardigers ten duurste te betaal net sodat jy ŉ lopende reklamebord vir hul
           produkte kan word – maar my tienerseun, vra nie my mening nie. Al wat hy vra, is
           meer sakgeld sodat hy die nuwe Nike-skoene kan koop wat almal dié maand op die
           skoolterrein móét dra.
5          Wie sou ooit kon voorspel dat ek nostalgies sou raak oor die eenvormigheid van ŉ
           uniform?
                                                                   [Aangepas uit: Sarie – Junie 2008]

5.1        Verander die woordsoortlikheid van die onderstreepte woord in die opskrif na ŉ
           byvoeglike naamwoord en gebruik dit in ŉ sin.                                                  (1)
5.2        Wat word die inwoners van Europa (paragraaf 1) genoem?                                         (1)
5.3        Korrigeer die spelfout wat in paragraaf 2 voorkom. Verbeter die fout deur slegs die
           korrekte woord neer te skryf.                                                                  (1)
5.4        Skryf die eerste voorbeeld van ŉ samestellende afleiding in paragraaf 2 neer.                  (1)
5.5        Wat beteken die onderstreepte woord in paragraaf 3?                                            (1)
5.6        Skryf ŉ voorbeeld van volksetimologie uit paragraaf 3 neer.                                    (1)
5.7        Word die woord waansin in paragraaf 4 denotatief of konnotatief gebruik? Motiveer
           jou antwoord.                                                                                  (2)
5.8        Is die sin in paragraaf 5 enkelvoudig, veelvoudig of saamgesteld?
           Verstrek ŉ rede vir jou antwoord.                                                             (2)
                                                                                                        [10]
                                                                         TOTAAL AFDELING B:               30
                                                                             GROOTTOTAAL:                 70

     Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRHL P2 GR12 QP SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2016/736087b6-138d-43dd-8f26-f107ef5a887e) — Afrikaans HL · QP · 2016
- [AFRHL P3 S16 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-s16-qp-afr/9e735f20-0c93-4839-aa87-46f07b783fce) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2016/59a8c6fd-f198-43a4-87af-9f576b583cc4) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2016/e869ab9c-69d1-47c4-b2b7-6c2c5fecf6f1) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 QP SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-qp-sept2020/54595e79-3d93-4ae2-b134-974b78fd2965) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
