# Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012, 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrfal-gr12-p1-qp-sep-2012/796d6ed3-aeda-4bb3-a0dc-fa4480e4e2e5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-gr12-p1-qp-sep-2012/796d6ed3-aeda-4bb3-a0dc-fa4480e4e2e5)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 Province of the
                 EASTERN CAPE
                 EDUCATION

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2012

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

PUNTE:   80

TYD:     2 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                 (SEPTEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

     AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP (VRAAG 1, 2 en 3)                (30)
     AFDELING B: OPSOMMING (VRAAG 4)                                 (10)
     AFDELING C: TAAL (VRAAG 5, 6 en 7)                              (40)

2.   Lees ALLE instruksies versigtig deur.

3.   Beantwoord AL die vrae.

4.   Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.   Trek ŉ streep dwarsoor die bladsy na elke afdeling.

6.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

7.   Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

8.   Skenk veral aandag aan spelling en sinskonstruksie.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                        3

 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP

 VRAAG 1: LESERS SE BRIEWE

 Lees die volgende drie briewe wat deur lesers aan Huisgenoot geskryf is en
 beantwoord die vrae wat daarop gebaseer is.

 LESERSVORM
 Wat word van Afrikaans?

 Vandag voel ek sommer baie ontsteld. Ek is ‟n trotse Afrikaanssprekende, maar
 dit lyk vir my asof Afrikaans al meer afgeskeep word. Afrikaans is die tweede
 grootste taal in Suid-Afrika. Oral waar ek kom, moet ek Engels praat. Klim ek op
 ‟n vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, word daar Engels en ja, selfs Duits
 gepraat. Afrikaanssprekendes moet tevrede wees met een Afrikaanse woordjie
 aan die einde van die vlug: “Tot siens.” Dit maak my kwaad. Dit lyk asof daar
 doelbewus daaraan gewerk word om Afrikaans uit die pad te kry. Is daar nog
 plek vir Afrikaans in ons land?

 SHAWN RICHARDS: E-POS
                                       [Verwerk uit: Huisgenoot, 24 Februarie 2010]

 Afrikaans is nie die tweede grootste taal in die land nie. Daar bly sowat vyftig
 miljoen mense in Suid-Afrika. Omtrent 70% van hierdie mense praat ‟n Afrika-
 taal. Hoe kan Afrikaans dan die tweede grootste taal wees? Waarom moet ons
 in ‟n land dan waar die meeste mense nie Afrikaans praat nie, spesiaal probeer
 om Afrikaans aan die lewe te hou? Die waarheid, Shawn, is dat Afrikaans gaan
 uitsterf. Daar is niks wat die handjievol van ons wat dit eksklusief in Suid-Afrika
 praat, daaraan kan doen nie. Daar is nie meer plek vir Afrikaans as ‟n amptelike
 taal in ons land nie.
 RITZ: E-POS

 Ek wil net vir Shawn vra: Is Afrikaans werklik die tweede grootste taal in Suid-
 Afrika?
 Natuurlik is daar nog plek vir Afrikaans. Selfs president Jacob Zuma het verlede
 week Afrikaans gepraat toe hy in parlement gepraat het. Ek dink net dit is tyd dat
 mense wat Afrikaans praat, moet ophou kla dat Afrikaans afgeskeep word.
 Solank ons Afrikaans bly praat, sal ons kinders en kleinkinders die taal leer. Dit
 beteken dat Afrikaans nie in my of Shawn se leeftyd sal uitsterf nie.
 CHERYL FRANCIS: E-POS

 Ek stem heeltemal saam met Shawn. Dit is asof ‟n mens oral dieselfde boodskap
 kry: “Afrikaans is nie meer welkom nie.” Ek het dit ondervind met Purity-babakos.
 Daar is Engels en twee Afrikatale op hul produkte. Geen woord Afrikaans nie.
 Toe ek Purity kontak, was die antwoord: “Daar is nie genoeg plek vir Afrikaans op
 hul produkte nie.”
 Dit is dus asof hulle duidelik ‟n boodskap wil uitstuur dat Afrikaans nie tel nie. Wat
 gaan ons doen?
 ONTSTOKE: E-POS
                                             [Verwerk uit: Huisgenoot, 3 Maart 2010]

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                   (SEPTEMBER 2012)

VRAE

1.1    Watter sin voltooi die volgende sin korrek.
       Skryf net die vraagnommer en die korrekte letter (A – D) neer.

       Shawn Richards skryf dat “selfs Duits” deur die Suid-Afrikaanse Lugdiens
       gebruik word.

       Hiermee wil hy beklemtoon dat ...

       A       min mense in Suid-Afrika praat Afrikaans.
       B       meer mense in ons land moet leer om Duits te praat.
       C       Afrikaans afgeskeep word.
       D       Duits ‟n belangrike taal is.                                           (1)

1.2    Hoekom is Shawn ontevrede met Suid-Afrikaanse Lugdiens?                        (1)

1.3    Watter gebeurtenis het die skrywer van die derde brief laat besef dat daar
       nog plek vir Afrikaans is? Haal net EEN SIN as jou antwoord aan.               (1)

1.4    Volgens die skrywer van die derde brief, wat is die belangrikste ding wat
       moet gebeur om te keer dat Afrikaans verdwyn?                                  (1)

1.5    Met watter gevoel van Shawn stem “Ontstoke” (skrywer van die laaste
       brief) saam?                                                                   (1)

1.6    Hoe het Purity op die briefskrywer se klag gereageer?                          (1)

1.7    Vergelyk Ritz en Cheryl se briewe.

       1.7.1     Hoe verskil die gevoelens van die twee skrywers oor die toekoms
                 van Afrikaans?                                                       (2)

       1.7.2     Waarmee stem die twee skrywers saam?                                 (1)

1.8    Volgens die skrywer van die tweede brief is daar mense wat Afrikaans in
       ‟n paar Afrikalande praat.

       1.8.1     Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                  (1)

       1.8.2     Haal EEN WOORD aan om jou antwoord in VRAAG 1.9.1 te
                 bewys.                                                               (1)

1.9    Die skrywer van die tweede brief sê dat Afrikaans gaan uitsterf.

       1.9.1     Is die onderstreepte woorde ‟n FEIT of ‟n MENING?                    (1)

       1.9.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.10.1.                               (1)

1.10   Hoe weet jy dat al die skrywers toegang tot ‟n rekenaar het?                   (1)
                                                                                     [14]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                      5

 VRAAG 2: RESENSIE

 Lees die volgende resensie uit Die Burger en beantwoord dan die vrae wat
 daarop gebaseer is.

 ROLPRENT: GREEN LANTERN
           Ryan Reynolds

 1. Ek is ‟n groot aanhanger van Green Lantern. Ek koop elke maand die
    strokiesboeke en dra my T-hemp met trots. Ek het darem die streep getrek
    by Green Lantern-beddegoed en -onderklere.

 2. Green Lantern is lekker springmielievermaak, maar gaan Marvel nog nie van
    sy troon skuif nie. DC volg hier die standaard-superheldstorie en die fliek kort
    iets wat hom bo die gemiddelde laat uitstyg. Iron Man en Thor het ‟n nuwe
    standaard gestel wanneer dit by superheldflieks kom.

 3. Ryan Reynolds speel Hal Jordan, ‟n toetsvlieënier wat sy eie kop volg. Een
    aand word hy deur ‟n energieborrel opgeraap en geneem na waar ‟n
    ruimteskip neergestort het. ‟n Sterwende ruimtewese vertel Jordan “die ring”
    het hom gekies omdat hy vreesloos kan wees, en Jordan is nou lid van die
    Green Lantern Core. Hulle kan die ring gebruik om aan enige gedagte ‟n
    fisieke vorm te gee. Hy leer die ring gebruik en wys hy het die potensiaal om
    die beste te wees.

 4. As ‟n aanhanger dink ek die strokiesboek se intrige is nogal getrou na die
    silwerdoek gebring. Die fliek kort daardie “vonk” wat Thor beter maak, maar
    dit is steeds groot pret om na te kyk. Reynolds is ‟n goeie superheld, die
    rekenaareffekte is goed en Peter Saarsgaard is grillerig genoeg as die skurk,
    Hector Hammond.

 5. Ek het die fliek regtig geniet, dalk omdat ek die karakters ken, maar ek kan dit
    aanbeveel vir almal wat op soek is na ŉ ligte, prettige superheldfliek. Al ken
    jy die karakters nie goed genoeg om beddegoed te regverdig nie.

                                                                 MORNè SCHAPP

                                           [Verwerk uit: Die Burger, 23 Junie 2011]

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                  AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                    (SEPTEMBER 2012)

VRAE:

2.1 Haal DRIE AGTEREENVOLGENDE WOORDE aan wat daarop dui dat die
    resensie-skrywer baie van Green Lantern hou.                                        (1)

2.2 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en die letter
    (A – D) neer.

     Ek het darem die streep getrek by Green Lantern-beddegoed en -onder-
     klere beteken dat ...

     A       die skrywer gestreepte beddegoed en onderklere gekoop het.
     B       die skrywer nie die beddegoed en onderklere gekoop het nie.
     C       die skrywer die beddegoed en onderklere snaaks gevind het.
     D       die skrywer baie van die beddegoed en onderklere gehou het.                (1)

2.3 Green Lantern is net so goed soos Marvel se rolprente.

     2.3.1     Is die stelling WAAR of ONWAAR?                                          (1)

     2.3.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.3.1 deur ‟n sinsdeel uit die teks
               aan te haal.                                                             (1)

2.4 Kies die antwoorde uit KOLOM B wat die beste pas met die karakters in
    KOLOM A. Skryf net die vraagnommer en die KORREKTE letter (A – D)
    neer.

     KOLOM A                                     KOLOM B

     2.4.1     Hector Hammond                    A    aanhanger

     2.4.2     Ryan Reynolds                     B    oorlede

     2.4.3     Ruimtewese                        C    vreesloos

                                                 D    Peter Saarsgaard                  (3)

2.5 Haal EEN WOORD uit paragraaf 3 aan wat daarop dui dat ‟n ramp
    plaasgevind het.                                                                    (1)

2.6 Die skrywer sê dat hy die fliek regtig geniet het. (par. 5)

     Wat is miskien die rede hiervoor?                                                  (1)

2.7 “Al ken jy die karakters nie goed genoeg om beddegoed te regverdig nie.”
    (par. 5)

     Wat bedoel die skrywer hiermee?                                                   (1)
                                                                                      [10]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                                 7

 VRAAG 3: ADVENTENSIE

 Lees die volgende advertensie aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat
 daarop gebaseer is.

 NEEM DIE
   EISH UIT

            tax{eish}ion
                        Uitspraak: {aysh of eesh}
                        -tw.
                        {Oorsprong: Suid-Afrikaanse spreektaal, sleng}
                        1. ‟n Uitroep van verwarring, verstomming en verbystering,
                            gewoonlik gebruik wanneer jy al jou belastingdokumente
                            probeer uitpluis.
                    bankrekeninge, mediese-fonds, IRP 5, ens... ens...eish!!!

               Belastingseisoen is hier.
               Eish! Ons verstaan dat dit ingewikkeld kan wees om al jou belasting-
               ingdokumente uit te pluis. Besoek net jou naaste SARS-tak met jou
               belastingsertifikate, ID, bewys van bankbesonderhede en woonadres
               adres en ons sal die eish uit tax-eish-ion neem deur dit alles te doen.
                                                                     SARS
                                                                      Tot jou diens.

                                                              [Verwerk uit: Beeld, 7 September 2011]

 VRAE:

3.1    Gee ‟n suiwer Afrikaans woord vir “tax”.                                                        (1)

3.2    SARS trek ‟n persentasie van alle werkers wat meer as R60 000 verdien af.

       3.2.1       Dink jy dat dit reg is dat SARS geld van werkers aftrek?
                   Skryf net JA of NEE in jou antwoordeboek.

       3.2.2       Gee ‟n rede vir jou antwoord.                                                       (1)

3.3    In watter land gebruik die mense gewoonlik die uitroep, “eish”?                                 (1)

3.4    Die advertensie sê dat ‟n mens gewoonlik hierdie uitroep gebruik wanneer jy
       al jou belastingdokumente probeer uitpluis.

       Wat is die rede hiervoor?                                                                       (1)

3.5    Hoe sal SARS jou help om die “eish” uit “tax„eish‟ion” te neem?                                 (1)

3.6    Watter WOORD sê vir die leser dat dit nie maklik is om al jou belasting-
       dokumente uit te pluis nie?                                                                     (1)
                                                                                                       [6]
                                                                    TOTAAL AFDELING A:                 30

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                         (SEPTEMBER 2012)

AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 4: Hoe om iemand oor te wen
   Som die wenke oor hoe om iemand oor te wen in SEWE sinne op.
   Skryf die wenke in volsinne neer.
   Skryf die sinne puntsgewys onder mekaar neer.
   Laat ‟n reël tussen die sinne oop.
   Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
   Dui die KORREKTE GETAL woorde aan die einde van die opsomming aan.

                             Hoe om mense oor te wen

1. Om mense oor te wen is nie so moeilik as wat sommige mense dink nie. Dit is
   basies so eenvoudig as om te kies om vriendelik met ander te wees! Met amper
   geen moeite kan selfs die moeilikste mens maklik vriende maak deur net ŉ paar
   eenvoudige riglyne te volg.

2. Die meeste mense wil voel dat hulle waardeer en op prys gestel word. Een van
   die beste maniere om mense te kry om van jou te hou en jou geselskap te geniet
   is om na hulle te luister en belangstelling te toon in wat hulle sê. Respekteer hulle
   sienswyses en opinies.

3. Knoop ŉ gesprek aan wanneer jy iemand vir die eerste keer ontmoet deur jouself
   voor te stel en vrae te vra wat jou in staat sal stel om die persoon beter te leer
   ken. Dit sal die gesprek laat vloei en jy sal uiteindelik ŉ onderwerp vind wat julle
   gemeen het, en waaroor julle kan gesels.

4. Soek sterkpunte en goeie kwaliteite in mense wat onseker van hulself is. Moet
   nooit swakhede beklemtoon, soos om iemand verdedigend, dom of laf te noem
   nie. Dit is vernederend en niemand wil verneder word nie. Prys mense eerder en
   laat hulle goed oor hulself voel.

5. As jy voel dat jy iemand moet teregwys om hulle op een of ander manier te help,
   doen dit in 'n private plek en doen dit op ŉ positiewe manier, en so hoflik, en
   sensitief as moontlik. Om in ander se probleme belang te stel wys dat jy omgee.

6. Vind mense se doelstellings en mikpunte uit. Moedig hulle aan en help hulle om
   hul ambisies te vervul. As jy mense behandel soos wat jy behandel wil word, sal
   jy heel waarskynlik hul vriendskap wen. Maar as jy nie bereid is om ander te help
   nie, kan jy nie verwag dat hulle jou gaan help nie.

7. Moet nooit iemand afbreek of agter hul rug skinder nie – hulle vind dit die meeste
   van die tyd uit. Praat altyd positief van mense. As jy nie van iemand hou nie, is
   dit beter om eerder niks oor hulle te sê as om op ŉ negatiewe manier oor hulle te
   praat nie.
8. Al hierdie pogings om ander oor te wen moet opreg wees. Wees warm en opreg,
   en leer uit jou foute om nie moontlike teleurstelling by ander te veroorsaak nie.
   Werk daaraan om jou sosiale vaardighede te verbeter en jy sal verseker
   betekenisvolle en langdurige verhoudings ontwikkel.
                                  [Verwerk en bygewerk uit: My Loopbaan, Internet Artikel]
                                                                TOTAAL AFDELING B:            10

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                         9

 AFDELING C: TAAL

 VRAAG 5: STROKIESPRENT

 Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.

                                                  [Spotprent uit: Beeld, 18 Julie 2011]

 5.1    Gee ‟n sinoniem vir die woord tussen hakies.
        Nelson Mandela is een van ons land se (oud-presidente).                           (1)

 5.2    Vorm ‟n samestelling van die woorde tussen hakies.
        Sy (stam+naam) is Madiba.                                                         (1)

 5.3    Kies die woord met die KORREKTE spelling.
        Hy (vier/vuur) sy verjaarsdag in die Transkei.                                    (1)

 5.4    Gee die woorde tussen hakies voluit.
        Dit is sy (93ste) verjaarsdag.                                                    (1)

 5.5    Gee die korrekte vorm van die vetgedrukte woord.
        Alle Suid-Afrika hoop dat hy sy honderdtal sal sien.                              (1)

 5.6    Rangskik die volgende groep woorde tussen hakies in die korrekte volgorde.
        Skryf die hele sin uit.
        Mandela is (met liefde) (dwarsoor die wêreld) (altyd) oorlaai.                    (1)

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                   (SEPTEMBER 2012)

5.7    Skryf die intensiewe vorm van die vetgedrukte woord.
       Mandela is ‟n beroemde vegter vir mense se regte.                               (1)

5.8    Gee die KORREKTE vorm van die woorde tussen hakies.

       Hy was die (eers) president van ons demokratiese land.                          (1)

5.9    Verbind die volgende sinne.
       Begin soos aangedui.

       Daar is baie kerse op die koek.
       Hy gebruik ‟n brandblusser om die kerse dood te blaas.

       Omdat ...                                                                       (2)

5.10   Gee die verkleinwoord van die vetgedrukte woord.

       Daar is 93 kerse op sy verjaarsdagkoek.                                         (1)

5.11   Skryf die teenoorgestelde/antoniem van die woord tussen hakies.

       Madiba besoek (selde) sy geboorteplek in die Transkei.                          (1)

5.12   Voltooi die volgende vergelyking deur die ontbrekende woord in te vul.

       Madiba was so trots soos ‟n ____ toe hy die veranderinge in ons jonger
       geslag gesien het.                                                              (1)

5.13   Skryf die volgende sin oor in die indirekte rede.

       Gracia vra vir Madiba: “Gaan jy die kerse doodblaas?”                           (2)

5.14   Skryf die volgende sin oor in die toekomende tyd.

       Al die mense wens Madiba geluk.                                                 (1)

5.15   Skryf die volgende sin oor in die passiewe/lydende vorm.

       Gracia steek al die kerse aan.                                                  (1)

5.16   Gee die KORREKTE vorm van die woord tussen hakies.

       Die (aftree) president geniet sy lewe in Qunu.                                 (1)
                                                                                     [18]

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                          11

 VRAAG 6: STROKIESPRENT

 Die taalvrae wat volg is op die strokiesprent hieronder gebaseer.

 MEESTER                                                              Danie Cronjè

                                     [Spotprent uit: Proscan, Internet, 1 September 2010]

 6.1    Gee die KORREKTE vorm van die vetgedrukte woord.

        Vandag is die onderwyser kwaad as gister.                                           (1)

 6.2    Verbind die twee sinne met die voegwoorde tussen hakies.

        Neelsie het nie vir sy toets geleer nie.
        Hy het baie swak in die toets gevaar. (dus)                                         (1)

 6.3    Verander die stelsin in ‟n vraagsin. Die vetgedrukte woorde is die antwoord.

        Neelsie het nie weer sy huiswerk gedoen nie.                                        (1)

 6.4    Kies die KORREKTE voorsetsel.

        Die onderwyser rig sy vinger (na/vir/op) Neelsie.                                   (1)

 6.5    Skryf die onderwyser se woorde oor in die verlede tyd. (Raampie 3)

        Jy kan bly wees ek is in ‟n goeie bui.                                              (2)

 6.6    Skryf die volgende sin oor in die indirekte rede.

        Meneer sê aan Neelsie: “Jy het nie weer vir jou toets geleer nie.”
        Begin so: Meneer sê aan Neelsie dat ...                                             (2)

 6.7    Skryf die bevel oor in die ontkennende vorm.

        Maak asseblief jou boek toe!                                                        (2)

 6.8    Gee die teenoorgestelde geslag van die vetgedrukte woord.

        Die onderwyser is smoorkwaad vir die leerder.                                       (1)

 6.9    Skryf die sin oor in die teenwoordige tyd.

        Die onderwyser het Neelsie aangeraai om vir sy toets te leer.                       (1)

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                  (SEPTEMBER 2012)

6.10   Skryf die sin oor in die bedrywende/aktiewe vorm.

       Neelsie is deur die onderwyser geskel.

       Begin so: Die onderwyser ...                                                (1)

6.11   Skryf die sin in die direkte rede.

       Meneer sê vir Neelsie dat hy sy ouers gaan bel.                             (2)

6.12   Watter aanduiding is daar in die onderwyser se liggaamstaal wat wys dat
       hy sy humeur verloor het?                                                   (1)
                                                                                  [16]

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                        13

 VRAAG 7: GRAPPIE

 Die taalvrae wat volg, is op die grappie hieronder gebaseer.

 Daar is ‟n leestekenfout in hierdie grappie wat jy in die vraag gaan regstel.

 Waar is jou broer?
 “Wat het van jou broer geword” vra die een krokodil aan die ander.
 “Ek het hom lanklaas gesien.”
 “O, hy reis die hele wêreld deur. Hy‟s deesdae ŉ reistas.”

                                                 [Verwerk uit: Kort Grappies, Internet]

 7.1    Skryf die eerste sin oor en vul die ontbrekende leesteken in.
        “Wat het van jou broer geword” vra die een krokodil aan die ander.                (1)

 7.2    Gee die meervoud van die vetgedrukte woord.
        Die reistas is peperduur.                                                         (1)

 7.3    Skryf die sin oor as ‟n bevelsin.
        Hy reis deur die hele wêreld.                                                     (1)

 7.4    Skryf die volgende sin oor.
        Begin soos aangedui.

        Die een krokodil is trots op sy broer.

        Die een krokodil hoef ...                                                         (1)

 7.5    Skryf oor in die indirekte rede.

        Hy sê: “Ek het hom lanklaas gesien.”                                              (1)

 7.6    Skryf oor in die ontkennende vorm/negatief.

        My broer reis die hele wêreld deur.                                               (1)
                                                                                          [6]

                                                            TOTAAL AFDELING C:            40

                                                                   GROOTTOTAAL:           80

## Related documents

- [AFRFAL GR12 P1 MEMO SEP 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-gr12-p1-memo-sep-2012/b3ac1d72-6a6e-4b09-b6b2-ba44b62d1052) — Afrikaans FAL · Memo · 2012
- [NSC 2012 Afrikaans FAL P1 Nov 2012](https://www.hlayiso.com/library/nsc-2012-afrikaans-fal-p1-nov-2012/e8af00e3-e471-4554-a408-05270a9ae292) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2012/a7470d38-1c5d-4d4a-afc4-58191568e736) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [AFR FAL P1 QP SEP 2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p1-qp-sep-2018/45844a5e-44ca-4806-9ccf-50a3b521ae52) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [AFRFAL P1 GR12 QP SEPT 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-qp-sept-2017/bed91df2-5796-4828-8362-beb7d6cedac1) — Afrikaans FAL · QP · 2017
- [AFRFAL P1 GR12 QP AFR SEP 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-qp-afr-sep-2014/b057f18a-d603-4117-badb-7f671468e421) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
